# Information Technology Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 QP

> Grade 12 Information Technology Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2025 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-qp-afr-sep-2025-watermark/569cc299-ae7c-4635-9514-cf03f9242ebc
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/information-technology) › [Information Technology Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 QP](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-qp-afr-sep-2025-watermark/569cc299-ae7c-4635-9514-cf03f9242ebc)

## About this document

Information Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                              GRAAD 12

                       SEPTEMBER 2025

                  INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2

PUNTE: 150

TYD:      3 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

       Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 2

2                                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                 (EC/SEPTEMBER 2025)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Hierdie vraestel bestaan uit SES afdelings:

     AFDELING A: Kortvrae                                          (15)
     AFDELING B: Stelseltegnologieë                                (25)
     AFDELING C: Kommunikasie- en Netwerktegnologieë               (24)
     AFDELING D: Data- en Inligtingsbestuur                        (26)
     AFDELING E: Oplossingsontwikkeling                            (24)
     AFDELING F: Geïntegreerde Scenario                            (36)

2.   Lees AL die vrae sorgvuldig deur.

3.   Beantwoord AL die vrae.

4.   Die puntetoekenning gee oor die algemeen ŉ aanduiding van die getal feite/redes
     wat vereis word.

5.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik is.

6.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2025)                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                      3

 AFDELING A: KORTVRAE

 VRAAG 1

 1.1   Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywing. Skryf slegs die
       woord/term langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDBOEK
       neer.

       1.1.1     ŉ Toestel wat dataverkeer tussen verskillende netwerke beheer en die
                 beste pad bepaal vir datapakkies om van die bron na die bestemming
                 te reis.                                                                   (1)

       1.1.2     Die tipe geheue op ŉ grafikakaart wat tydelik beelddata stoor wat deur
                 die GVE (‘GPU’) verwerk word.                                              (1)

       1.1.3     ŉ Tegnologie wat die bedryfstelsel toelaat om ŉ toestel wat by die
                 rekenaar ingeprop is te identifiseer en outomaties die drywer vir die
                 toestel installeer.                                                        (1)

       1.1.4     ŉ Hardewaretoestel wat rekenaartoestelle aan ŉ sentrale punt koppel en
                 die data in die netwerk na die regte bestemming stuur sodat
                 kommunikasie kan plaasvind.                                                (1)

       1.1.5     ŉ Rekord wat gemaak word om tred te hou wie veranderinge aan ŉ
                 databasis gemaak het en wanneer daardie veranderinge gemaak is.            (1)

       1.1.6     Elektroniese gemorspos wat jy via e-kommunikasie soos e-pos of SMS
                 ontvang.                                                                   (1)

       1.1.7     Die maksimum hoeveelheid data wat in ŉ netwerk van een punt na die
                 ander oor ŉ sekere tydperk oorgedra kan word.                              (1)

       1.1.8     Versameling onverwerkte en ongeorganiseerde feite.                         (1)

       1.1.9     Nutssagteware wat kwaadwillge sagteware van ŉ rekenaar opspoor en
                 verwyder.                                                                  (1)

       1.1.10    Fouttoestand waar daar nie genoeg bisse in die geheue beskikbaar is
                 om ŉ heelgetalwaarde akkuraat voor te stel nie.                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief
       Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 4

4                                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                   (EC/SEPTEMBER 2025)

1.2 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies
    die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.2.1 tot
    1.2.5) neer, byvoorbeeld 1.2.6 D.

     1.2.1   Watter een van die volgende beskryf enkapsulering die beste?

             A       Enkapsulering gee direkte toegang tot die objek se attribute.
             B       Enkapsulering is om toegang na die metodes van die objek te
                     beperk.
             C       Enkapsulering vereis dat alle data moet publiek (‘public’) wees
             D       Enkapsulering gaan oor die beperking van direkte toegang na die
                     velde van ŉ objek.                                                     (1)

     1.2.2   ŉ Diagrammatiese of simboliese visuele voorstelling wat die volgorde
             van stappe, wat benodig word om ŉ probleem op te los.

             A       Algoritme
             B       Vloeidiagram
             C       Pseudokode
             D       Programmering                                                          (1)

     1.2.3   Bestudeer die volgende stelling:

             rResult:= Floor (10.4) +6/2*4/(19 DIV 4)

             Die waarde van rResult is …

             A       11
             B       14
             C       13
             D       10                                                                     (1)

     1.2.4   Die proses van opdatering van die vasteware op ŉ toestel, soos ŉ
             slimfoon of tablet.

              A      ‘Jailbreaking’
              B      ‘Refreshing’
              C      ‘Flooding’
              D      ‘Flashing the ROM’                                                     (1)

     1.2.5    ŉ Toestand waar ŉ stelsel te veel tyd spandeer om data tussen ETG en
              skyfberging te ruil in plaas daarvan om take doeltreffend uit te voer, wat
              tot ŉ drastiese afname in werkverrigting lei.

              A      Sparteling (‘Thrashing’)
              B      Rekenaarfaling (‘Crashing’)
              C      Aftyd (‘Downtime’)
              D      Toegangstyd (‘Access time’)                                            (1)

                                                               TOTAAL AFDELING A:           15

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2025)                  INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                        5

AFDELING B: STELSELTEGNOLOGIEË

VRAAG 2

2.1    Skyfskoonmaak (‘Disk clean-up’) is ŉ instandhouding nutsprogram in Windows.

       Noem DRIE funksies van die skyfskoonmaak-nutsprogram.                                   (3)

2.2    Sommige gespesialiseerde toestelle, byvoorbeeld mediese toestelle gebruik
       nogsteeds ‘VGA’, maar die meeste is al vervang met ‘HDMI’.

       Noem TWEE voordele van ‘HDMI’ in vergelyking met ‘VGA’.                                 (2)

2.3    Verduidelik kortliks die verskil tussen POST en selflaai (‘booting’).                   (2)

2.4    Stelselsagteware word gereeld met regstellings en dienspakkette opdateer.

       2.4.1     Noem TWEE voordele van die opdatering van sagteware.                          (2)

       2.4.2     Onderskei tussen ŉ regstelling (‘patch’) en ŉ dienspakket (‘service
                 pack’).                                                                       (2)

2.5    Bespreek TWEE redes vir die saampersing van lȇers en lêergidse.                         (2)

2.6    Baie besighede maak staat op bergingsoplossings soos wolkberging om hul
       data meer doeltreffend te bestuur.

       2.6.1     Verduidelik wat wolkberging is.                                               (2)

       2.6.2     Noem TWEE voordele van wolkberging.                                           (2)

2.7    Hoë-vlak tale word vertaal na masjienkode deur interpredeers of kompileerders.

       2.7.1 Tabuleer DRIE verskille tussen kompileerders en interpreteerders.                 (3)

       2.7.2 Noem TWEE voorbeelde van programmeringstale wat interpreteers
             gebruik om die kode te vertaal.                                                   (2)

       2.7.3 Beskryf die rol wat TPK (‘APF’) in hoë-vlak programmeringstale speel.             (1)

       2.7.4 Noem TWEE voordele van hoë-vlak programmeringstale in vergelyking
             met lae-vlak programmeringstale.                                                  (2)

                                                                  TOTAAL AFDELING B:           25

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 6

6                                INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                        (EC/SEPTEMBER 2025)

AFDELING C: KOMMUNIKASIE- EN NETWERKTEGNOLOGIEË

VRAAG 3

3.1   Tabuleer TWEE verskille tussen veseloptiese kabels en onafgeskermde
      draadpaar kabels.                                                                           (2)

3.2   Besighede gebruik WLANs en ekstranette om besigheid met hul kliënte te doen.

      3.2.1    Noem TWEE voordele van ŉ WLAN.                                                     (2)

      3.2.2    Noem TWEE nadele om aan ŉ netwerk deur Wi-Fi te gebruik, te verbind.               (2)

      3.2.3    Gee TWEE maniere hoe toegang tot ŉ ekstranet beheer kan word.                      (2)

3.3   Wanneer ŉ netwerk vir ŉ organisasie of maatskappy ontwerp word, is dit belangrik om
      die twee netwerkontwerpe te verstaan.

      3.3.1    Onderskei tussen dun kliёnte (‘thin clients’) en vet kliёnte (‘fat clients’).      (2)

      3.3.2    Gee TWEE voordele van dun kliёnte.                                                 (2)

      3.3.3    ŉ Bediener is ŉ rekenaar wat netwerkhulpbronne verskaf.

               Noem TWEE hulpbronne wat deur ŉ bediener gedeel word.                              (2)

3.4   Maatskappye gebruik VoIP om kommunikasiekostes te verminder.

      3.4.1    Skryf die akroniem VoIP uit.                                                       (1)

      3.4.2    Verduidelik kortliks wat VoIP is.                                                  (1)

      3.4.3    Noem TWEE nadele van VoIP.                                                         (2)

3.5   Noem TWEE voordele van webgebaseerde eposadresse.                                           (2)

3.6   Netiket kan misverstande en konflik vermy.

      3.6.1    Verduidelik kortliks wat netiket is.                                               (1)

      3.6.2    Noem DRIE netiket reëls wat gebruikers moet volg.                                  (3)

                                                                    TOTAAL AFDELING C:            24

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2025)                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                        7

AFDELING D: DATA- EN INLIGTINGSBESTUUR

VRAAG 4

ŉ Maatskappy wat spysenieringstoerusting aan besighede verskaf, moet hul
besigheidsdatabasis herontwerp omdat die oorspronklike ontwikkelaar ŉ swak
ontwerpte stelsel geskep het wat nie reg werk nie.

Die databasis het tans TWEE tabelle soos hieronder getoon:

tblClient:

tblStock:

4.1    Die ItemCode-veld is die primêre sleutelveld in die tblStock tabel. Verduidelik
       wat met die term primêre sleutel bedoel word.                                          (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 8

8                              INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                       (EC/SEPTEMBER 2025)

4.2   Identifiseer die oortollige veld in tblStock en motiveer waarom dit as oortollig
      beskou word.                                                                            (2)

4.3   Die tblClient tabel is nie genormaliseer nie sal tot onreëlmatighede lei.

      4.3.1    Verduidelik wat bedoel word met normalisering van ŉ databasis.                 (2)

      4.3.2    Gee DRIE redes waarom die tabel nie genormaliseer is nie.                      (3)

      4.3.3    Verduidelik wat met die term onreëlmatigheid bedoel word.                      (1)

      4.3.4    Noem en beskryf TWEE onreëlmatighede wat kan voorkom wanneer die
               tblClient tabel gebruik word.                                                  (4)

4.4   Die Order Date in die tblClient tabel vereis dat dit gevalideer moet word wanneer
      dit ingesleutel word. Noem en verduidelik EEN tipe valideringstegniek wat op
      hierdie veld uitgevoer moet word.                                                       (2)

4.5   ŉ Relasionele databasis verseker referensiële integriteit.

      4.5.1    Definieer ŉ relasionele databasis.                                             (2)

      4.5.2    Noem EEN funksie van referensiële integriteit.                                 (1)

4.6   Die databasis moet weer herontwerp word om onreëlmatighede te voorkom. ŉ
      Derde tabel, tblOrders, moet by die ontwerp van die databasis bygevoeg word.

      Teken ŉ diagram om die drie tabelle te toon asook die verwantskappe tussen
      die tabelle.

      Skenk aandag aan die volgende:
      • Dui die naam van elke tabel duidelik aan
      • Teken die tabelle en toon slegs die veldname
      • Baseer jou ontwerp op die oorspronklike tabelle wat op die vorige bladsy
        getoon is
      • Dui die primêre en vreemde sleutels in elke tabel aan
      • Dui die verwantskappe tussen die tabelle aan                                          (7)

                                                                   TOTAAL AFDELING D:         26

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2025)                  INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                          9

AFDELING E: OPLOSSINGSONTWIKKELING

VRAAG 5

5.1    Noem die DRIE algemene tipes foute in programmering.                                    (3)

5.2    Bestudeer die volgende kode-segment om vanaf ŉ lêer te lees:

       AssignFile(sFile, 'staff.txt');
       Reset(sFile);
       While not eof(sFile) do
       Begin
          Readln(sFile, sStaff);
          redOutput.Lines.Add(sStaff);
       End;
       CloseFile(sFile);

       5.2.1    Verduidelik die doel van die AssignFile-stelling.                              (2)

       5.2.2    Skryf die Delphi-kode om die veranderlike, sFile, te verklaar.                 (1)

       5.2.3    Motiveer hoekom ŉ voorwaardelike lus NIE met ŉ onvoorwaardelike lus
                vervang kan word NIE.                                               (1)

       5.2.4    Beskryf die effek om Reset(sFile) met Append(sFile) in die gegewe
                kode te vervang.                                                               (1)

       5.2.5    Waarom sal daar geen afvoer wees as Reset(sFile) in die gegewe
                kode met Rewrite(sFile) vervang word?                                          (1)

5.3    Jy word gevra om ŉ algoritme te skryf om ŉ ewekansige onewe getal tussen 45
       en 75 (beide ingesluit), te vertoon:

       5.3.1    Definieer ŉ algoritme.                                                         (1)

       5.3.2    Noem EEN instrument/diagram wat gebruik kan word om ŉ algoritme
                voor te stel.                                                                  (1)

       5.3.3    Voltooi die volgende stelling om die ewekansige getal tussen 45 en 75
                (beide ingesluit), te skep:

                iRandom := …………                                                                (1)

       5.3.4    Skryf ŉ If-stelling om te toets of die veranderlike, iRandom, ŉ onewe
                getal is.                                                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 10

10                              INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                        (EC/SEPTEMBER 2025)

5.4   Bestudeer die UML-klasdiagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                              TInspection
       - fFarmName : String
       + fInspectionDate : String
       - fFarmSize : Real
       - fLocustStage : Boolean
       + Constructor Create (sFarmName, sLocustStage,
                       sInspection: String; rFarmSize:Real)
       + GetFarmName : String
       + SetDate (sInspection : String)
       + DetermineDuration : Real
       + TreatmentRequired (rInfectedSize:Real) : String
       + toString : String

      5.4.1    Onderskei tussen ŉ toegangsmetode en ŉ wysigingsmetode.                          (2)

      5.4.2    Waarna verwys die positiewe teken (+) en die negatiewe teken (-) in die
               UML-diagram?                                                            (2)

      5.4.3    Analiseer krities die volgende verklaring in die klasdiagram:
               + fInspectionDate: String                                                        (1)

      5.4.4    Identifiseer TWEE hulpmetodes wat in die klasdiagram gegee word.                 (2)

      5.4.5    Gee ŉ voorbeeld van ŉ toegangsmetode van die klasdiagram.                        (1)

      5.4.6    Gee ŉ voorbeeld van ŉ funksie met parameters van die metodes wat in
               die klasdiagram gelys word.                                         (1)

5.5   Jy is belas om sagteware te ontwikkel wat mense sal toelaat om sitplekke vir ŉ
      fliek te bespreek. Die bioskoop het 26 rye, elk bevat 40 sitplekke.

      5.5.1    Stel ŉ gepaste datastruktuur voor waarin die sitplekbesprekings gestoor
               kan word.                                                               (1)

      5.5.2    Stel ŉ gepaste GGK-komponent voor om die sitplekbesprekings in die
               Delphi program, te vertoon.                                        (1)

                                                                    TOTAL SECTION D:            24

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 11

(EC/SEPTEMBER 2025)                  INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                           11

AFDELING F: GEÏNTEGREERDE SCENARIO

VRAAG 6

Die vinnige vooruitgang van Kunsmatige Intelligensie en kantooroutomatisering
verander die gig-ekonomie, terwyl dit ook tot die digitale kloof bydra. Soos besighede
op kripto-geldeenhede vir transaksies staatmaak, neem kommer toe oor digitale
voetspore en GIGO.

6.1    Die digitale kloof (‘digital divide’) beïnvloed digitale burgerskap.

       6.1.1    Onderskei tussen digitale kloof en digitale burger (‘citizen’).                  (2)

       6.1.2    Verduidelik hoe die digitale kloof digitale gemeenskap beïnvloed.                (2)

6.2    ŉ Beduidende hoeveelheid van wêreldwye maatskappye rapporteer die gebruik
       van Kunsmatige Intelligensie in hul besighede.

       6.2.1    Definieer Kunsmatige Intelligensie.                                              (1)

       6.2.2    Noem TWEE nadele van die gebruik van ChatGPT.                                    (2)

6.3    Verduidelik kortliks die konsep digitale voetspoor.                                       (1)

6.4    Die maatskappy het ŉ beleid wat desentralisering van arbeid aanmoedig.

       Gee DRIE nadele van desentralisering van arbeid.                                          (3)

6.5    Die kantooroutomatiseringbedryf ontwikkel teen ŉ kommerwekkende tempo.

       6.5.1    Verduidelik kortliks wat kantooroutomatisering is.                               (1)

       6.5.2    Noem TWEE voorbeelde van kantooroutomatisering.                                  (2)

       6.5.3    Gee DRIE voordele van robotte in werkplekke.                                     (3)

6.6    Inligting en Kommunikasie Tegnologie dra by tot die ontwikkeling van die gig-
       ekonomie.

       6.6.1    Definieer die gig-ekonomie.                                                      (1)

       6.6.2    Noem TWEE nadele van die gig-ekonomie.                                           (2)

6.7    Sommige maatskappye gebruik kripto-geldeenheid vir betalings.

       6.7.1    Noem EEN bekende kripto-geldeenheid wat besighede gebruik.                       (1)

       6.7.2    Noem EEN voordeel van kripto-geldeenheid.                                        (1)

       6.7.3    Bespreek EEN nadeel van kripto-geldeenheid.                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 12

12                             INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                    (EC/SEPTEMBER 2025)

6.8   Sommige werknemers ondervind stadige internetverbinding as gevolg van
      networksmoring en netwerkvorming.

      6.8.1    Onderskei tussen netwerksmoring (ŉetwork throttling’) en
               netwerkvorming (ŉetwork shaping’).                                         (2)

      6.8.2    Noem TWEE belangrike voordele van netwerkvorming in ŉ groot
               netwerk.                                                                   (2)

      6.8.3    Die werknemers gebruik e-pos vir interne kommunikasie.

               Verduidelik kortliks die rol van SMTP en POP3 in hierdie konteks.          (2)

6.9   Foute wat deur werknemers gemaak word dra tot GIGO by en dit kan tot
      dataverlies en skade aan die maatskappy se reputasie lei.

      6.9.1    Skryf die akroniem GIGO uit.                                               (1)

      6.9.2    Bespreek DRIE algemene menslike foute wat werknemers kan maak
               wat tot die verlies van data bydra.                                        (3)

      6.9.3    Noem DRIE maatreëls wat gevolg kan word om GIGO te voorkom.                (3)

                                                              TOTAAL AFDELING F:           36
                                                                  GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

## Related documents

- [IT P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans/3392f845-8547-4e23-b73c-910c59ca4b2b) — Information Technology · QP · 2022 · Afr
- [IT P2 GR12 QP SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-qp-sept2020-afrikaans/bce79554-ac5b-49c0-8c46-7d49632baa53) — Information Technology · QP · 2020 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-afrikaans/88ad2758-42f6-43df-a80a-288b5f4cff9f) — Information Technology · Memo · 2023 · Afr
- [INFO TECH P2 GR12 MEMO SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/info-tech-p2-gr12-memo-sept2017-afrikaans/134bed6e-9b93-42cb-bc7b-bdb89503c63d) — Information Technology · Memo · 2017 · Afr
- [INFORMATION TECHNOLOGY P1 GR 12 QP SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-gr-12-qp-sept2020-afrikaans/42a51949-5c87-4fbf-8055-7cc9e3aaa612) — Information Technology · QP · 2020 · Afr
- [INFORMATION TECHNOLOGY P1 GR 12 QP SEPT2020 Afrikaans .docx](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-gr-12-qp-sept2020-afrikaans-docx/bcca23dc-b552-4601-9d0b-00117508a14e) — Information Technology · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 12 Information Technology

- [IT P1 MEMO GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept2023-afrikaans/7ffdb7c3-1881-43da-8d8a-96ea3ff87451) — Memo · 2023 · Afr
- [Information Technology P1 May-June 2023 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2023-mg-eng/f868554b-8f4f-4370-aa4e-cfa745fc806d) — Memo · 2023 · Eng
- [IT P1 GR12 MEMO SEPT 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-memo-sept-2022-afrikaans/43cd69be-f0ac-46f4-9d4c-b2503fe09125) — Memo · 2022 · Afr
- [Information Technology P2 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-may-june-2021-eng-1/7454979b-cba2-4b39-a884-69e6b1c0f5c6) — QP · 2022 · Eng
- [Information Technology P2 May June 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-may-june-2021-afr-1/500d3219-d02f-4c1c-af0e-452a5fe87f3b) — QP · 2022 · Afr
- [Information Technology P1 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2022-eng/d4215e1a-a2c0-4200-94cf-50fa1b11f578) — QP · 2022 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
