# Information Technology Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2013 QP

> Grade 12 Information Technology Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2013 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-qp-afr/da30c802-ddae-4471-997b-1f8759486bab
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2013
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/information-technology) › [Information Technology Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2013 QP](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-qp-afr/da30c802-ddae-4471-997b-1f8759486bab)

## About this document

Information Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2013. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                   Province of the
                  EASTERN CAPE
                  EDUCATION

                           NASIONALE
                       SENIOR SERTIFIKAAT

                             GRAAD 12

                       SEPTEMBER 2013

                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2

PUNTE:   180

TYD:     3 uur

                             *INFDM2*

                    Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                           INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                     (SEPTEMBER 2013)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings wat as volg onderverdeel is:

     AFDELING A:      Meervoudigekeuse-vrae en pas die kolomme             (10)
     AFDELING B:      Apparatuur en programmatuur                          (54)
     AFDELING C:      Toepassings en implikasies                           (23)
     AFDELING D:      Programmering en ontwikkeling van
                      programmatuur                                        (29)
     AFDELING E:      Geïntegreerde scenario                               (54)

2.   Beantwoord AL die vrae.

3.   Lees AL die vrae aandagtig deur.

4.   Die puntetoekenning gee oor die algemeen ŉ aanduiding van die
     hoeveelheid feite/redes wat benodig word.

5.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
     hierdie vraestel gebruik word.

6.   Skryf netjies en leesbaar.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                      3

 AFDELING A: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE EN PAS DIE KOLOMME
             BYMEKAAR

 VRAAG 1
 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies
 die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1 – 1.10) in
 die antwoordeboek neer.
 1.1      ’n Aanbevole manier om ’n selfoon met ander toestelle te verbind (soos
          handvrye toestelle, ander selfone ens.) is ...

          A        infrarooi.
          B        ŉ USB kabel.
          C        802.11g koordloos (wireless).
          D        Bluetooth.                                                                (1)

 1.2      Die konneksie op die moederbord tussen die SVE en die LSG (RAM) staan
          bekend as …
          A        CLI.
          B        PCI.
          C        USB.
          D        FSB.                                                                      (1)

 1.3      Die North Bridge is ...
          A        ŉ stel kapasitors wat die stroom wat deur die moederbord getrek
                   word, verminder.
          B        ŉ skyfiestel (Chipset) op die moederbord wat aan vinniger
                   komponente op die moederbord koppel.
          C        ŉ tipe Dynamic LSG (RAM).
          D        ŉ skakel tussen die SVE en die sleutelbord.                               (1)
 1.4      Wat doen die volgende kode wanneer dit uitgevoer word?

          Var
          sString1, sString2, sString3, sString4: string;
          Begin
            sString1 := edtText1.text;
            sString2 := edtText2.text;
            sString3 := edtText3.text;
            sString4 := edtText4.text;
            edtText1.text := ‘sString4’;
            edtText2.text := ‘sString3’;
            edtText3.text := ‘sString2’;
            edtText4.text := ‘sString1’;
          end;

          A        Die kode ruil getalle en woorde om.
          B        Die kode doen niks. Daar is ’n sintaksfout.
          C        Die kode ruil die teks in die edits om.
          D        Die kode plaas die teks ‘sString4’ in edtText1, ‘sString3’ in edtText2,
                   ens.                                                                      (1)

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                             INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                     (SEPTEMBER 2013)

1.5    ŉ Soekenjin…

       A      word outomaties gelaai wanneer jy ŉ internet deurblaaier (Internet
              browser) aktiveer.
       B      kan gebruik word om e-posse te stuur en te ontvang.
       C      is programmatuur wat die gebruiker in staat stel om webtuistes
              met betrekking tot ’n navorsingsonderwerp te vind.
       D      is deurblaaier (browser) programmatuur wat alle bestaande
              URL’le op die Internet, wat met ŉ gegewe beskrywing
              ooreenstem, allokeer.                                                  (1)

1.6    Die voorkeurmetode om fisies groot hoeveelhede data daagliks rond te
       dra, is deur die gebruik van ŉ …

       A      floppy disk.
       B      magnetiese skyf (tape).
       C      eksterne hardeskyf.
       D      DVD-ROM.                                                               (1)

1.7    Geheue, in vergelyking met berging, is …

       A      vinniger en kleiner.
       B      stadiger en groter.
       C      vinniger en groter.
       D      geen verskil, want dit is dieselfde ding.                              (1)

1.8    ŉ Voorbeeld van ŉ slimfoon:

       A      ŉ Handtoestel wat e-posse kan ontvang.
       B      Wanneer Skype op ŉ netwerk PC gebruik word.
       C      ŉ Selfoon wat internet konnektiwiteit het en ŉ GUI voorsien.
       D      Een wat rekord hou van alle inkomende en uitgaande oproepe.            (1)

1.9    ŉ Firewire poort is/word ...

       A      stadiger as ŉ USB1-poort.
       B      gewoonlik gebruik om ŉ drukker aan ’n PC te koppel.
       C      die beste geskik vir video kommunikasie.
       D      normaalweg gebruik om die BIOS met die SVE te koppel.                  (1)

1.10   ŉ PDA is ŉ ...

       A      handtoestel met ŉ bedryfstelsel en toepassings wat nuttig is vir ŉ
              mobiele kantoorwerker.
       B      vroeë selfoon.
       C      baie kragtige rekenaar.
       D      tipe databasis programmatuur.                                          (1)

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)              INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                 5

1.11     Pas KOLOM A met die korrekte antwoord in KOLOM B. Skryf slegs die
         vraagnommer en die ooreenstemmende letter in KOLOM B in jou
         antwoordeboek neer.

                     KOLOM A                            KOLOM B
         1.11.1    NTFS                    A    Gradeer gereeld op
         1.11.2    Anti-virus              B    Grafiese koppelvlak vir ’n
                   programmatuur                toepassing
         1.11.3    HSDPA                   C    Waarde vir die maatskappy, bo
                                                en behalwe fisiese bates
         1.11.4    DLL                     D    Asymmetric Digital Subscriber
                                                Line
         1.11.5    Multitaakverwerking     E    Dynamic Link Library
         1.11.6    ADSL (ADHL)             F    Asynchronous Digital
                                                Subscriber Line
         1.11.7    Sekuriteitsbedreiging   G    Windows lêersisteem
         1.11.8    SQL                     H    Prosesseringstipe
         1.11.9    GUI                     I    Driver Link Library
         1.11.10   Intellektuele eiendom   J    Hoë-spoed selfoon
                                                Internetverbindingsmetode
                                           K    Spyware
                                           L    Databasisse
                                                                         (10 x 1)   (10)

                                                        TOTAAL AFDELING A:           20

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                              INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                      (SEPTEMBER 2013)

SCENARIO

Jy is in diens van ŉ groot lekkergoed- en sjokoladefabriek. As ŉ uitreik, bied jou
IT-span jul dienste aan plaaslike skole en NGO’s aan.

AFDELING B: APPARATUUR EN PROGRAMMATUUR

VRAAG 2

2.1 Jy is besig om ŉ NGO te help om hul kantoorrekenaars op te stel en hulle
    benodig ’n bietjie inligting.

     2.1.1    Die bestuurder van die NGO het gehoor van apparatuur en
              programmatuur en vra jou vir ŉ verduideliking van hierdie terme.
              Beskryf apparatuur en programmatuur en gee TWEE voorbeelde
              van elk.                                                                   (6)

     As gevolg van sy stabiliteit en multitaakverwerkingsvermoë, stel jy aan die
     NGO bestuurder voor dat die Ubuntu Linux bedryfstelsel op al die rekenaars
     gelaai moet word.

     2.1.2     Wat is ’n bedryfstelsel?                                                  (3)

     2.1.3     Behalwe vir die stabiliteit, noem nog ŉ voordeel van die Ubuntu
               Linux bedryfstelsel.                                                      (1)

     2.1.4     Verduidelik die term multitaakverwerking.                                 (2)

     2.1.5     Verduidelik wat multithreading is.                                        (3)

     2.1.6     Gee ŉ praktiese voorbeeld van multithreading wat plaasvind
               wanneer die rekenaar gebruik word.                                        (1)

     Jy stel die opstel van ’n Wi-Fi warmkol (hotspot) in die NGO se raadsaal
     voor.

     2.1.7     Wat is Wi-Fi?                                                             (2)

     2.1.8     Gee VIER voordele en VIER nadele van Wi-Fi.                               (8)

     Een van die personeellede by die NGO stel voor dat die rekenaars Firewire
     poorte moet hê om die geheuestokkies (flash drives) te koppel.

     2.1.9     Lewer krities kommentaar op bogenoemde stelling.                          (3)

     ŉ Stelling is gemaak dat Windows en Linux albei Plug-and-Play ondersteun
     en daarom sal addisionele apparatuur nie drywerprogramme benodig nie.

     2.1.10    Verduidelik waarom hierdie stelling verkeerd is.                          (3)

     2.1.11    Verduidelik die term Plug-and-Play.                                       (3)

     2.1.12    In bogenoemde konteks, verduidelik wat ’n drywerprogram doen.             (3)

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)               INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                  7

 2.2    Na verskeie besprekings rondom kwessies rakende apparatuur en die
        netwerk, begin jy oor programmatuur wat by die NGO benodig word,
        gesels.

        2.2.1      Noem die TWEE breë kategorieë van programmatuur.                   (2)

 2.3    Elke rekenaar in die netwerk benodig ŉ bedryfstelsel. Jy het op Ubuntu
        Linux besluit. Die NGO se netwerkadministrateur is gemaklik in hierdie
        omgewing.

        2.3.1      Noem DRIE spesifieke funksies wat ŉ netwerkbedryfstelsel moet
                   doen.                                                              (3)

        2.3.2      Een bekommernis van dokumente op die netwerk, is
                   privaatheid. Bespreek TWEE pligte van die netwerk-
                   administrateur rakende sekuriteit.                                 (2)

        2.3.3      Lys DRIE ander pligte van die netwerkadministrateur.               (3)

 2.4    Die NGO moet van internetbankdienste gebruik kan maak in die
        organisasie. Een van die personeellede stel voor dat, as gevolg van die
        sekuriteitsrisiko’s verbonde aan hierdie transaksies, dit ŉ slegte idee is.

        2.4.1      Lewer krities kommentaar op hierdie stelling deur na EEN tipe
                   potensiële risiko te verwys.                                       (4)

        2.4.2      Beskryf TWEE maniere hoe die bank sekuriteit vir die kliënt kan
                   verbeter.                                                          (2)

                                                           TOTAAL AFDELING B:         54

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                            INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                     (SEPTEMBER 2013)

AFDELING C: TOEPASSINGS EN IMPLIKASIES

VRAAG 3

3.1   By een van die skole wat julle ondersteun, word jy gevra om ŉ bietjie
      opleiding te doen. Jy gee aan die leerders ’n opdrag om te voltooi. Jy
      verduidelik dat die leerders van rekenaaretiek bewus moet wees wanneer
      hulle die internet gebruik om navorsing vir hul projekte te doen.

      3.1.1    Wat is rekenaaretiek?                                                (2)

      3.1.2    Bespreek TWEE voorbeelde van onetiese internet gedrag.               (2)

3.2   Tegnologie word op groot skale by skole gebruik. Hulle is egter baie
      bewus van wat genoem word “the Digital Divide”.

      Wat is die “Digital Divide”? Verduidelik jou antwoord.                        (2)

3.3   Een van die personeellede by die skool kry kwotasies om van die ouer
      rekenaars in die laboratorium te vervang. Die verkoper bied aan om,
      indien sy dit sonder skywe kan voorsien, met R5 000 op die prys van die
      vyf rekenaars af te kom. Dink jy sy behoort hierdie aanbod aanvaar?
      Motiveer jou antwoord.                                                        (3)

3.4   Die skool wil rekenaars gebruik om oor die internet te kan koop en om
      rekeninge te kan betaal. Lys DRIE voordele vir die skool en DRIE
      voordele vir besighede in terme van hierdie benadering.                       (6)

3.5   Verduidelik die volgende terme:

      3.5.1    Gemorspos (Spam)                                                     (2)

      3.5.2    Strikroof (Phishing)                                                 (3)

      3.5.3    Kraker (Hacker)                                                      (3)

                                                        TOTAAL AFDELING C:           23

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                  9

 AFDELING D: PROGRAMMERING EN ONTWIKKELING VAN
             PROGRAMMATUUR

 VRAAG 4

 Deel van jou werk by die lekkergoedfabriek is om programmatuur rondom
 databasisse te ontwerp. Dit is ŉ area waaroor jy passievol is en baie
 ondervinding in het. Die werk sluit die ontwerp van databasisse en die skryf van
 Objek Georiënteerde Kode om die data te manipuleer in. Jy moet ook die data
 tussen verskillende stelsels manipuleer waarvoor jy tekslêers benodig om die
 data oor te dra.

 4.1    Jy moet ŉ program skryf om die data vanaf ŉ CSV lêer te lees, dit te
        herrangskik in ŉ ander volgorde en dit terug te skryf na ŉ nuwe CSV lêer
        wat in Access ingetrek kan word.

        4.1.1      Brei die akroniem CSV uit.                                          (1)

        4.1.2      Watter tipe lus sal jy gebruik om die data vanaf die tekslêer te
                   lees? Verduidelik jou keuse.                                        (3)

        4.1.3      Indien jy die data moet sorteer, watter tipe datastruktuur sal jy
                   benodig om die data in te lees?                                     (2)

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                            INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                        (SEPTEMBER 2013)

4.2   ŉ Vriend by die werk het ŉ B&B en probeer ŉ program skryf wat hom sal
      help met die spyseniering van middag- en aandetes vir gaste wat hierdie
      etes versoek. Middagete is om 13:00, terwyl aandete om 19:00 is. Die
      sluitingstyd vir besprekings is ŉ uur voor die etenstyd.

      Jou vriend het die volgende algoritme ontwerp:

         1. Maak die lêer oop
         2. Lees die eerste reël en ken dit toe aan Datum
         3. Herhaal tot die einde van die lêer
         4.    Lees die volgende lyn
         5.    Haal die naam en die tyd uit
         6.    As die tyd < = 12:00 dan
         7.     Voeg name by die middagetelys
         8.    As die tyd < = 18:00 dan
         9.     Voeg name by die aandetelys
         10. Einde van lus
         11. Maak die lêer toe

      Die toevoer lêer het die volgende formaat

              28/04/2013
              Jim,09:25
              Jane,09:26
              Suzanne,12:02
              Sipho,14:47
              Naledi,17:04

      Die bostaande data impliseer die eerste twee name vir middagete en die
      laaste drie vir aandete.

      4.2.1     Die algoritme lei tot ŉ logiese fout. Identifiseer die stelling wat
                hierdie fout veroorsaak en herskryf die stelling om hierdie fout uit
                te skakel.                                                              (4)

      4.2.2     Wat is die verskil tussen ŉ logiese fout en ŉ sintaksfout?              (4)

      4.2.3     Wat word die fout genoem waar die resultaat te groot is vir die
                datatipe om te kan hanteer?                                             (1)

4.3   In terme van Objek Georiënteerde Programmering, beskryf die volgende
      terme:

      4.3.1     Data abstraction                                                        (4)

      4.3.2     Enkapsulering (Encapsulation)                                           (2)

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)               INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                              11

 4.4    SQL word gebruik om data en tabelle in ŉ databasis te manipuleer.

        4.4.1      Brei die akroniem SQL uit.                                      (1)

        4.4.2      Skryf die SQL kode om al die velde in die LEKKERGOED tabel
                   te vertoon. Jy wil slegs die SJOKOLADE lekkergoed sien. Die
                   veld wat die lekkergoed tipes onderskei, is “LEKKERGOED-
                   TIPE”.                                                          (3)

        4.4.3      Skryf die algemene formaat vir die UPDATE opdrag in SQL
                   neer.                                                           (4)

                                                          TOTAAL AFDELING D:       29

 AFDELING E: GEÏNTEGREERDE SCENARIO

 VRAAG 5

 Jou interne netwerk word ondersoek. Veranderinge gaan gemaak word in hoe
 die huidige netwerk werk, die implimentering van programmatuur en sekuriteit.
 Hierdie is alles om rondreisende werkers die geleentheid te gee om terwyl hulle
 weg is, toegang tot hul dokumente en sisteme te verkry. Die plaaslike kantore
 het nodig om aan die sentrale fabriek gekoppel te word en die sentrale fabriek
 benodig om met al sy takke regoor die land gekoppel te wees.

 5.1    Die eerste prioriteit is om die konfigurasie vir die lokale netwerk te
        definieer. Jy besluit op UTP om die rekenaars te koppel en Wi-Max om
        sommige geboue te konnekteer.

        5.1.1      Waarvoor staan UTP?                                             (1)

        5.1.2      Wat is die maksimum aanbevole lengte vir ’n UTP kabel tussen
                   nodusse?                                                        (1)

        5.1.3      Beskryf Wi-Max.                                                 (2)

        5.1.4      Waarvoor sal Wi-Max handig wees in hierdie scenario?            (1)

        5.1.5      Wat sal ŉ alternatief tot koordloos (wireless) wees om geboue
                   met mekaar te koppel as die afstand tussen hulle, sê nou maar
                   500 m is? Motiveer jou antwoord.                                (2)

        5.1.6      Een van die nadele van Wi-Max is dat dit sonder toestemming
                   gebruik kan word indien die netwerk nie beveilig is nie.
                   Verduidelik kortliks hoe dit kan gebeur.                        (2)

 5.2    Moderne netwerke gebruik amper alleenlik die TCP/IP protokol suite.
        Daar is besluit dat TCP/IP op die lekkergoedfabriek se netwerk in ŉ ster
        topologie gebruik sal word.

        5.2.1      Wat is ŉ protokol?                                              (2)

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                            INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                       (SEPTEMBER 2013)

      5.2.2    TCP/IP word beskou as ŉ protokol suite. Noem en beskryf
               DRIE protokolle in hierdie suite.                                       (6)

      5.2.3    Wat word met “netwerktopologie” bedoel?                                 (1)

      5.2.4    Teken EEN netwerktopologie en benoem die dele.                          (3)

5.3   Jy het besluit op die bediener se netwerkkonfigurasies om in die nuwe
      opset toe pas.

      5.3.1    Noem die TWEE bedienerkonfigurasies wat jy in ŉ netwerk kan
               gebruik.                                                                (2)

      5.3.2    Watter EEN sal jy voorstel om te gebruik? Gee ŉ rede vir jou
               keuse.                                                                  (2)

5.4   Jy gaan ŉ RAID apparatuur in die bediener gebruik.

      5.4.1    Met watter apparatuur substelsel werk RAID?                             (1)

      5.4.2    Jy besluit om vlak 1 RAID te gebruik. Beskryf hierdie
               konfigurasie.                                                           (3)

5.5   Die verwerker wat jy vir die bediener kies, is ŉ baie kragtige XEON
      verwerker met meervoudige kerns.

      5.5.1    Noem die VYF komponente waarin ’n SVE verdeel is.                       (5)

      5.5.2    Beskryf DRIE van die komponente wat in VRAAG 5.5.1 genoem
               is.                                                                     (3)

      5.5.3    Die SVE werk in ŉ siklus, wat die Masjiensiklus genoem word en
               uit vier stappe bestaan. Noem hierdie VIER stappe.                      (4)

      5.5.4    Beskryf die term multiverwerking.                                       (2)

5.6   Jy moet ŉ skakel op die internet opstel. ŉ Brandmuur (Firewall) is ook
      gekonfigureer.

      5.6.1    Wat is die funksie van ŉ brandmuur (firewall)?                          (3)

      5.6.2    Hoe kry ŉ brandmuur (firewall) dit reg? Verwys na die konsep
               ‘Poorte’ in jou antwoord.                                               (2)

5.7   Deel van jou sekuriteitsplan is effektiewe anti-virus strategieë.

      5.7.1    Beskryf ŉ rekenaarvirus in jou eie woorde.                              (3)

      5.7.2    Gee DRIE maniere hoe virusse tussen rekenaars oorgedra kan
               word.                                                                   (3)

                                                          TOTAAL AFDELING E:           54
                                                              GROOTTOTAAL:            180

## Related documents

- [IT P2 GR12 MEMO Afr](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-afr/f4ba34e5-b061-4b93-823a-cb33db2c7675) — Information Technology · Memo · 2013 · Afr
- [Gr12 INFT P1 QP AFR S13](https://www.hlayiso.com/library/gr12-inft-p1-qp-afr-s13/8204cf59-1d85-451d-b855-d05abfb8fa40) — Information Technology · QP · 2013 · Afr
- [Gr12 INFT P1 QP ENG S13](https://www.hlayiso.com/library/gr12-inft-p1-qp-eng-s13/501e0893-fed0-42d9-9741-f8303cd5620e) — Information Technology · QP · 2013 · Eng
- [Information Technology P2 Nov 2012 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2012-afr/5970ce6c-2c84-4430-8d8b-e9622da37bcf) — Information Technology · QP · 2013 · Afr
- [IT P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans/3392f845-8547-4e23-b73c-910c59ca4b2b) — Information Technology · QP · 2022 · Afr
- [IT P2 GR12 QP SEPT2022 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-qp-sept2022-english/59a4dc5f-1ee1-44b9-b838-76b7e9322abb) — Information Technology · QP · 2022 · Eng

## More from Grade 12 Information Technology

- [Information Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/109c2e1d-bc20-46d3-ac02-c08c05ad9c78) — Memo · 2025 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept-2024-english/8994aed2-83ec-413e-b7dc-b0d0b93b82f4) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P2 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-memo-gr12-sept-2024-english/4d74acb4-cb8b-4fd3-874f-4801fbcb8f44) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept2023-afrikaans/7ffdb7c3-1881-43da-8d8a-96ea3ff87451) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-afrikaans/88ad2758-42f6-43df-a80a-288b5f4cff9f) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-english/41fa8299-d258-40e9-8c8b-a3ce984eef54) — Memo · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
