# Information Technology Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2019 QP

> Grade 12 Information Technology Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2019 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-qp-sept2019-afrikaans/b2e2aa10-af09-41b5-afdf-f2d3dc00c0ba
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/information-technology) › [Information Technology Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2019 QP](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-qp-sept2019-afrikaans/b2e2aa10-af09-41b5-afdf-f2d3dc00c0ba)

## About this document

Information Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2019 · Afrikaans. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                       SENIOR SERTIFIKAAT

                              GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2019

                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                                *INFTA2*

                   Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

### Page 2

2                               INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2           (EC/SEPTEMBER 2019)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit SES afdelings:

      AFDELING A: Kortvrae                                               (15)
      AFDELING B: Stelseltegnologieë                                     (23)
      AFDELING C: Kommunikasietegnologie en Netwerktegnologie            (25)
      AFDELING D: Data-en Inligtingsbestuur                              (22)
      AFDELING E: Oplossingsontwikkeling                                 (26)
      AFDELING F: Geïntegreerde Scenario                                 (39)

2.    Lees AL die vrae noukeurig deur.

3.    Beantwoord AL die vrae.

4.    Die puntetoekenning gee oor die algemeen ŉ aanduiding van die getal
      feite/redes wat vereis word.

5.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

6.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2019)         INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                 3

AFDELING A: KORTVRAE

VRAAG 1

1.1     Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
        woord/term langs die vraagnommers (1.1.1–1.1.10) in die
        ANTWOORDEBOEK neer.

       1.1.1      ŉ Rekord wat gehou word van al die veranderinge wat aan ŉ
                  databasis gemaak is, asook wie die verandering gemaak het           (1)

       1.1.2      ŉ Metode in objek-geörienteerde programmering wat die objek in
                  die geheue verwyder (clear)                                         (1)

       1.1.3      ŉ Toestel wat op die arm gedra word wat addisionele
                  verwerkingskrag, sensors bevat asook met ŉ slimfoon, tablet of
                  rekenaar kan koppel                                                 (1)

       1.1.4      Die verrigting van fisiese take, in baie gevalle repetisie of
                  gevaarlike take, deur rekenaar beheerde masjiene in plaas van
                  mense                                                               (1)

       1.1.5      Sagteware wat programmeringsinstruksies wat in hoë-vlak taal
                  geskryf is, na ŉ lêer vertaal met ŉ “.exe”-uitbreiding wat as ŉ
                  aparte entiteit uitgevoer kan word                                 (1)

       1.1.6      ŉ Eweknieprotokol wat gebruik word om groot lêers oor ŉ
                  netwerk, soos die Internet, te versend                             (1)

       1.1.7      Die konsep dat meer en meer toestelle en voorwerpe aan die
                  Internet kan koppel, met die vermoë om met die ander toestelle
                  en voorwerpe te kommunikeer en dan intelligente besluite te
                  neem gebaseer op die toevoer wat ontvang is                         (1)

       1.1.8      Sagtewarestelsel wat elke dag se besigheidsaktiwiteite stoor en
                  prosesseer                                                          (1)

       1.1.9      Inisiatief om tegnologie in ŉ omgewingsvriendelike manier te
                  ontwerp, gebruik en weg te gooi                                     (1)

       1.1.10     Aanlyn-seminare waar deelnemers in afgeleë gebiede kan wees
                  en deur die aanlyn konferensietegnologieë te gebruik kan deel-
                  neem                                                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

4                               INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2              (EC/SEPTEMBER 2019)

1.2   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
      Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
      (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.6.

      1.2.1    ŉ Algoritme is …

               A     ŉ stel instruksies wat in ŉ rekenaartaal geskryf is, wat ŉ
                     probleem sal op los.
               B     ŉ volgorde van logiese stappe wat ŉ probleem sal oplos.
               C     die bronkode van ŉ rekenaarprogram wat ŉ probleem sal oplos.
               D     ŉ volgorde van planne van die ontwikkeling en verkoop van ŉ
                     rekenaarprogram.                                                  (1)

      1.2.2    Wat sal die waarde van iAntwoord wees wanneer die volgende reël
               uitgevoer word?

               iAntwoord := 3 + 5 * 9 div 3 – sqr(3);

               A     -7
               B     6
               C     7
               D     9                                                                 (1)

      1.2.3    ŉ Lêer met ŉ .dll uitbreiding …

               A     skep direkte verbindings na LAN bedieners.
               B     is ŉ dinamiesebinding-programmateeklêer.
               C     word gebruik om kommunikasie met randtoestelle te verskaf.
               D     is die bronkode vir ŉ databasisbestuurstelsel.                    (1)

      1.2.4    Die doelbewuste onderbreking van toegang tot ŉ Internetdiens soos
               die Web of e-pos, deur die netwerk te oorlaai met baie versoeke,
               staan as ... bekend.

               A     zombie
               B     gekskeerdery (virus hoax)
               C     trojaanse perd
               D     diensontsegging-aanval                                            (1)

      1.2.5    Die konsep om data en prosedures in ŉ enkele objek te verpak om te
               vermy dat dit buite die objek gebruik kan word, word ... genoem.

               A     objekkode
               B     enkapsulasie
               C     ŉ objekprogram
               D     ŉ beheerstruktuur                                                 (1)

                                                            TOTAAL AFDELING A:             15

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2019)            INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                   5

AFDELING B: STELSELTEGNOLOGIEË

VRAAG 2

Jou oom het besluit om ŉ klein besigheid te begin. Hy wil ŉ rekenaarwinkel en ŉ
Internetkafee bestuur.

2.1   Jou oom dink daaraan om ŉ notaboek (‘notebook’) te gebruik om die
      besigheid te bestuur.

      2.1.1    Die notaboek wat hy ingedagte het bevat ŉ 2.16 GHz verwerker
               met 2 MB kasgeheue en 1TB HDD.

               (a)    Beskryf kortliks waarom die gebruik van kasgeheue in ŉ
                      verwerker die stelsel se werkverrigting verbeter.                  (2)

               (b)    Waarom is dit nie moontlik om die 2 MB kasgeheue in die
                      SVE van die notaboek op te gradeer nie?                            (1)

               (c)    Gee TWEE redes waarom ŉ notaboek met ŉ VTA ('SSD') ŉ
                      beter opsie sal wees as een wat ŉ konvensionele HDD
                      bevat.                                                             (2)

      2.1.2    Die notaboekrekenaar         word   met   Windows   10   Enterprise
               bedryfstelsel uitgereik.

               (a)    Die beheer van kasgeheue en netwerk vermoëns is van die
                      funksies van ŉ beheerstelsel.

                      Noem TWEE ander primêre funksies van ŉ beheerstelsel.              (2)

               (b)    Behalwe vir Windows bedryfstelsel(s), is daar ŉ reeks ander
                      bedryfstelsels.

                      Noem kortliks vir watter toepassingsareas elk van die
                      volgende bedryfstelsels hoofsaaklik ontwerp is:

                      (i)    Android                                                     (1)

                      (ii)   Linux Ubuntu                                                (1)

2.2   Stelselsagteware bestaan uit nutssagteware.

      2.2.1    Verduidelik die algemene doel van nutssagteware.                          (1)

      2.2.2    Noem EEN tipe nutssagteware wat gebruik word om te verhoed
               dat ander vensters verskyn, terwyl jy op die Internet rondblaai.          (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

6                             INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2               (EC/SEPTEMBER 2019)

2.3   Een van die nuwe (‘buzzwords’) woorde in rekenaarverwerking is wolk.

      2.3.1   Wat het ŉ mens nodig om wolkrekenarisering te kan gebruik?            (1)

      2.3.2   Onderskei tussen wolkrekenarisering en ŉ lokale toepassing
              ('local application').                                                (2)

      2.3.3   Gee DRIE algemene voordele van wolkrekenarisering.                    (3)

      2.3.4   Daar is baie vorme van sagteware as ŉ diens.

              Noem en beskryf kortliks DRIE toepassings van sagteware as ŉ
              diens.                                                                (6)

                                                        TOTAAL AFDELING B:          23

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2019)          INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                     7

AFDELING C: KOMMUNIKASIETEGNOLOGIEË EN NETWERKTEGNOLOGIEË

VRAAG 3

3.1    Netwerking het baie voordele in ŉ besigheidsituasie en daar is ook
       uitdagings met betrekking tot die skep en beheer van ŉ netwerk.

       Noem TWEE van hierdie uitdagings.                                                     (2)

3.2    Stertopologie is ŉ populêre keuse vir die opstelling van netwerke in
       besighede.

       3.2.1    Teken ŉ eenvoudige diagram om ŉ stertopologie te illustreer.                 (3)

       3.2.2    Noem TWEE voordele van die gebruik van ŉ stertopologie.                      (2)

3.3    Die tegnikus wil UTP-kabels om die rekenaars van die besigheid op te stel
       gebruik.

       3.3.1    Gee EEN voordeel van die gebruik van UTP-kabels.                             (1)

       3.3.2    Seinverswakking is een van die swakpunte van UTP-kabels.

                Noem TWEE ander swakpunte van UTP-kabels.                                    (2)

       3.3.3    As UTP-kabels oor lang afstande gebruik word, stel voor hoe die
                probleem van seinverswakking opgelos kan word, sonder om die
                kabels met veseloptiese kabels te vervang.                                   (1)

3.4    Dataversending word deur protokolle beheer.

       3.4.1    Watter protokol word vir veilige webtuistes gebruik?                         (1)

       3.4.2    Wat is die funksie van die VoIP?                                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

8                              INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                 (EC/SEPTEMBER 2019)

3.5   Bestudeer die voorstelling van ŉ netwerk hieronder wat deur ŉ klein besigheid
      gebruik kan word.

      3.5.1   Waarvoor staan VOD?                                                             (1)

      3.5.2   Wat is die naam van die fisiese ligging in ŉ publieke area waar
              gebruikers toegang tot Wi-Fi kan kry en hul mobiele toestelle kan
              gebruik om kabelloos met die Internet te verbind?                               (1)

      3.5.3   Wat is die funksie van ŉ IDV (‘ISP’)?                                           (1)

      3.5.4   Waarna verwys die simbool in die bostaande diagram, wat deur die
              pyltjie gemerk VRAAG 3.5.4, aangedui word?                                      (1)

3.6   Jou nefie was op ŉ webtuiste toe ŉ boodskap wat hom waarsku dat die
      webtuiste se digitale sertifikaat verval het, verskyn.

      3.6.1   Verduidelik kortliks wat ŉ digitale sertifikaat is en die funksie wat dit
              verrig.                                                                         (2)

      3.6.2   Gee EEN naam van ŉ derdeparty organisasie wat digitale sertifikate
              uitreik.                                                                        (1)

      3.6.3   Gee EEN verantwoordelikheid van ŉ derdeparty organisasie behalwe
              die uitreiking van digitale sertifikate.                                        (1)

      3.6.4   Noem VIER items wat tipies op ŉ digitale sertifikaat gevind word.               (4)

                                                              TOTAAL AFDELING C:              25

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2019)           INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                        9

AFDELING D: DATA- EN INLIGTINGSBESTUUR

VRAAG 4

ŉ Sentrale databasis is ontwerp om die inligting van die werkers en departement te
stoor.

4.1
             tblDepartement                            tblWerker
        Sleutel Veldnaam                     Sleutel     Veldnaam
                 DepartementID                           WerkerID
                 DeptNaam                                WerkerNaam
                                                         WerkerVan
                                                         Geslag
                                                         Permanent
                                                         Salaris

       4.1.1   In die tblWerkers-tabel word die Permanent-veld gebruik om die
               werkskategorie van die werker te bepaal.

               Noem die datatipe wat aan die Permanent-veld toegeken is.                         (1)

       4.1.2   Teken die twee tabelle in jou ANTWOORDEBOEK en beantwoord die
               volgende vrae.

               (a)    Identifiseer die primêre sleutelveld in albei tabelle. Skryf PK in
                      die eerste kolom in albei tabelle langs die primêre sleutelveld.           (2)

               (b)    Voeg ŉ veld wat die vreemde sleutelveld sal wees by. Voeg FK
                      langs die onlangse bygevoegde veld in kolom 1.                             (3)

               (c)    Skep ŉ verwantskap tussen die tabelle. Die verwantskap-tipe
                      moet aangedui word wanneer jy die tabelle verbind.                         (2)

4.2    ŉ Swak ontwerpte tabel of databasis kan onreëlmatighede veroorsaak.

       Noem die DRIE algemene tipes onreëlmatighede wat kan plaasvind en
       verduidelik die probleem wat elkeen veroorsaak.                                           (3)

4.3    Data-integriteit is ŉ algemene term wat met databasis ontwerp en bedryf
       geassosieer word.

       4.3.1   Differensieer tussen fisiese integriteit en logiese integriteit.                  (2)

       4.3.2   Gee TWEE hardeware skemas of toestelle wat kan help om die
               fisiese integriteit van data te verseker.                                         (2)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 10

10                             INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2              (EC/SEPTEMBER 2019)

4.4   Data-onafhanklikheid is ŉ ander term wat met databasisbestuurstelsels
      geassosieer word.

      4.4.1   Noem TWEE hoofvlakke hoe data-onafhanklikheid verkry kan word.        (2)

      4.4.2   Gee DRIE hoofvoordele of doelwitte van data-onafhanklikheid.          (3)

4.5   Onderskei tussen terugrol (‘rollback’) en rekordsluiting.                     (2)

                                                           TOTAAL AFDELING D:       22

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/SEPTEMBER 2019)             INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                  11

AFDELING E: OPLOSSINGSONTWIKKELING

VRAAG 5

5.1    Die volgende is ŉ voorbeeld van ŉ GGK wat pasiëntinligting verkry.
       Bestudeer die ontwerp en beantwoord die vrae wat volg.

       Noem TWEE maniere hoe die ontwerpuitleg en gebruikersvriendelikheid
       verbeter kan word.                                                                     (2)

5.2    Verskeie foute kan tydens programmering en uitvoer van ŉ program
       plaasvind.

       5.2.1     Identifiseer die tipe fout vir elk van die volgende prosesse hieronder.      (3)

                       Tipe                    FOUT                     Foutboodskap
                       fout
                      (a) …   Geen kommapunt aan einde van              ('Missing
                              instruksie                                semicolon')
                      (b) …   Die voorraadbedrag is foutief bereken.    Geen
                              Die formule is:                           foutboodskap
                              StockAmount = quantity – ItemPrice
                      (c) …   ŉ Veranderlike word as ŉ heelgetal        ('Data-type
                              verklaar sodat die aantal items gestoor   mismatch')
                              kan word. Wanneer die program
                              uitgevoer word, tik die gebruiker ŉ
                              woord in, plaas van ŉ getal in.

        5.2.2    Verduidelik wat dit beteken as ŉ program ontfout ('debugging') word.         (2)

5.3    Verduidelik die doel van die volgende kodesegmente:

        5.3.1    AssignFile(txtFile, ‘Payroll.txt’);                                          (2)

        5.3.2    Reset(txtFile);                                                              (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

12                              INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2               (EC/SEPTEMBER 2019)

5.4   Skikking het indekse.

      5.4.1 Onderskei tussen skikking en indeks.                                        (2)

      5.4.2 Gee ŉ ander naam vir ŉ indeks.                                              (1)

5.5   Bestudeer die onderstaande klasdiagram en beantwoord die vrae wat volg.

                                    objWerknemers
                    ATTRIBUTE                          METODES
           Naam: String                       Constructor Create()
           Van: string                        SetVerhoging
           Voorletters: string                SetJaarEinde
           JareInDiens: Integer               GetJareInDiens
           JaarlikseSalaris: real             GetJaarlikseSalaris
                                              GetMaandelikseSalaris
                                              toAfvoerString

      5.5.1 Wat beteken dit om ŉ objek te instansieer? Wat is die naam van die
            metode wat gebruik word om die objek te instansieer?                        (3)

      5.5.2 Verduidelik die doel van die Hulpmetode (‘Auxiliary’ metode) en gee
            EEN voorbeeld uit die klasdiagram.                                          (2)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/SEPTEMBER 2019)        INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                              13

5.6    Ondersoek die volgende kode en beantwoord die vrae wat volg.

       var
        iCount, iNumber : Integer;
       begin
        for iCount := 1 to 5 do                    {1}
         begin
            iNumber := iCount * iCount;            {2}
            redOut.Lines.Add(IntToStr(iNumber));   {3}
         end; //for
       end;

       Reëlnommers word in krulhakies aangedui. Teken die naspeurtabel hieronder
       in jou ANTWOORDEBOEK en voltooi dit om die afvoer te bepaal.

        Line     iCount    iCount > 5?      iNumber      Output
                                                         redOut
           1          1

                                                                        (21 ÷ 3)     (7)

                                                         TOTAAL AFDELING D:          26

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 14

14                                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                        (EC/SEPTEMBER 2019)

AFDELING F: GEÏNTEGREERDE SCENARIO

VRAAG 6

ŉ Plaaslike gemeenskap se IKT (‘ICT’’)-opleidingsentrum bied ŉ verskeidenheid
IKT-kursusse vir die gemeenskap aan. Die uitbreiding van hul genetwerkte sentrum
het dit moontlik gemaak dat hulle nuwe tegnologieë en IKT beter kan gebruik.

6.1   Een van die studente het ŉ e-pos met die volgende e-pos adres na die
      opleidingsentrumbestuurder gestuur:

                                   icttrainingcentre@orico.co.za

      6.1.1   Noem die domeinnaam van die e-pos.                                                    (1)

      6.1.2   Noem die e-pos ontvangers hieronder wat nie aan ander bekend sal
              wees nie.                                                                             (1)

               FROM:   Mark Onio               CC:    Academy Susan; Megan Lue

               TO:     Green Lambard           Bcc    Classen Jim; Breeze Kelly

      6.1.3   Wat is die naam van die kwaadwillige sagteware (malware) wat ŉ
              e-pos naboots, sodat dit lyk asof die e-pos van ŉ ander bron afkom?                   (1)

6.2   Die IKT-sentrum het ŉ webtuiste waar studentewerk kan aflaai, betalings kan
      maak en akademiese-verwante inligting kan nagaan.

      6.2.1   Verduidelik kortliks wat BSL (‘SSL’) is.                                              (2)

      6.2.2   Outomatiese enkripsie is iets wat gebeur sonder dat jy bewustelik
              sagteware kies om data te enkripteer. Hierdie enkripsie kan in beide
              hardwaretoestelle en verskeie tipe sagteware ingebou word.

              Noem TWEE plekke waar outomatiese enkripsie gebruik word.                             (2)

6.3 Noem TWEE IT-verwante werke wat geskep gaan word wanneer netwerke
    opgestel en uitgebrei word.                                                                     (2)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 15

(EC/SEPTEMBER 2019)          INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                  15

6.4 Toegang tot die bedienerkamer moet gekontrolleer word. Die personeel
    gebruik biometrika om toegang tot die bedienerkamer te verkry.

      6.4.1    Verduidelik die term biometrika.                                            (1)

      6.4.2    Gee ŉ gepaste voorbeeld van biometrika wat in hierdie scenario
               gebruik kan word.                                                           (1)

      6.4.3    Daar was voorgestel dat ander personeellede RFID-etikette gebruik
               om toegang tot die navorsingsentrum te kry.

               Noem TWEE nadele van die gebruik van RFID-etikette in hierdie
               toepassing.                                                                 (2)

6.5 Daar is bekommernisse oor privaatheidkwessies met betrekking tot die
    gebruik van dreune (hommelteue) en verkeerkwessies ontstaan waar daar
    baie dreunaktiwiteite plaasvind.

      6.5.1    Beskryf kortliks die konsep rekenaardreun.                                  (1)

      6.5.2    Noem EEN voordeel van die gebruik van ŉ rekenaardreun.                      (1)

      6.5.3    Rekenaardreune word in die IKT-veld gebruik en maak ŉ
               betekenisvolle bydrae tot Big Data. Noem DRIE IKT-areas waar
               rekenaardreune gebruik word.                                                (3)

6.6 Die IKT-opleidingsentrum gebruik ŉ bestuurstelsel met ŉ verspreide
    databasisstelsel.

      6.6.1    Wat is ŉ verspreide databasis?                                              (2)

      6.6.2    Noem TWEE voordele as ŉ verspreide databasis gebruik word.                  (2)

6.7 Die mees bekendste voorbeeld van ŉ wiki is Wikipedia.

      6.7.1    Verduidelik wat ŉ wiki is.                                                  (1)

      6.7.2    Noem TWEE hoofvoordele van wiki’s.                                          (2)

      6.7.3    Gee TWEE redes waarom universiteite, kolleges en skole hul
               studente nie toelaat om Wikipedia as ŉ bron van inligting vir
               navorsingsprojekte te gebruik nie.                                          (2)

6.8 ŉ Soekenjin se doel is om inligting te vind. Verduidelik wat klikplase (‘click
    farms’) is.                                                                            (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

16                             INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                 (EC/SEPTEMBER 2019)

6.9    Die gemeenskap is bekommerd oor die kinders se blootstelling aan sosiale
       netwerke-webtuistes en kubermisdaad.

       6.9.1   Stel TWEE maniere voor hoe sosiale netwerke verantwoordelik
               gebruik kan word.                                                              (2)

       6.9.2   ŉ Algemene misdaad wat mense pleeg is om onbeveiligde Wi-Fi-
               Internetverbindings sonder toestemming te gebruik. Watter term
               word gebruik om hierdie misdaad te beskryf?                                    (1)

6.10 Baie maatskappye gebruik telependelary, selfs in IT-afdelings. Verduidelik
     wat telependelary is.                                                                    (2)

6.11 Sommige mense is onder die indruk dat ŉ virtuele kantoor slegs as ŉ idee en
     nie ŉ fisiese entiteit bestaan nie. Verduidelik wat ŉ virtuele kantoor in die IT-
     konteks is.                                                                              (2)

6.12 Dit is belangrik om op datum te wees met al die ontwikkelinge in IT en ons
     moet altyd ons sagteware opdateer. Noem DRIE voordele van opdateerde
     sagteware.                                                                               (3)

                                                             TOTAAL AFDELING F:                39
                                                                 GROOTTOTAAL:                 150

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

## Related documents

- [IT P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans/3392f845-8547-4e23-b73c-910c59ca4b2b) — Information Technology · QP · 2022 · Afr
- [IT P2 GR12 QP SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-qp-sept2020-afrikaans/bce79554-ac5b-49c0-8c46-7d49632baa53) — Information Technology · QP · 2020 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-afrikaans/88ad2758-42f6-43df-a80a-288b5f4cff9f) — Information Technology · Memo · 2023 · Afr
- [INFO TECH P2 GR12 MEMO SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/info-tech-p2-gr12-memo-sept2017-afrikaans/134bed6e-9b93-42cb-bc7b-bdb89503c63d) — Information Technology · Memo · 2017 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2019-eng/877ff3a3-efb1-4429-80be-3755a25eedb8) — Information Technology · Memo · 2019 · Eng
- [IT P1 GR12 QP SEPT 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-qp-sept-2022-afrikaans/f864e03f-add3-41d0-9b55-3110e7180172) — Information Technology · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Information Technology

- [IT P1 MEMO GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept2023-afrikaans/7ffdb7c3-1881-43da-8d8a-96ea3ff87451) — Memo · 2023 · Afr
- [Information Technology P1 May-June 2023 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2023-mg-eng/f868554b-8f4f-4370-aa4e-cfa745fc806d) — Memo · 2023 · Eng
- [IT P1 GR12 MEMO SEPT 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-memo-sept-2022-afrikaans/43cd69be-f0ac-46f4-9d4c-b2503fe09125) — Memo · 2022 · Afr
- [Information Technology P2 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-may-june-2021-eng-1/7454979b-cba2-4b39-a884-69e6b1c0f5c6) — QP · 2022 · Eng
- [Information Technology P2 May June 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-may-june-2021-afr-1/500d3219-d02f-4c1c-af0e-452a5fe87f3b) — QP · 2022 · Afr
- [Information Technology P1 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2022-eng/d4215e1a-a2c0-4200-94cf-50fa1b11f578) — QP · 2022 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
