# Information Technology Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 QP

> Grade 12 Information Technology Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2020 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-qp-sept2020-afrikaans/bce79554-ac5b-49c0-8c46-7d49632baa53
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/information-technology) › [Information Technology Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 QP](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-qp-sept2020-afrikaans/bce79554-ac5b-49c0-8c46-7d49632baa53)

## About this document

Information Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2020

                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                   Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                              INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2               (EC/SEPTEMBER 2020)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.    Hierdie vraestel bestaan uit SES afdelings:

       AFDELING A:     Kortvrae                                       (15)
       AFDELING B:     Stelseltegnologieë                             (23)
       AFDELING C:     Kommunikasietegnologie en Netwerktegnologie    (28)
       AFDELING D:     Data- en Inligtingsbestuur                     (24)
       AFDELING E:     Oplossingsontwikkeling                         (24)
       AFDELING F:     Geïntegreerde Scenario                         (36)

 2.    Lees AL die vrae noukeurig deur.

 3.    Beantwoord AL die vrae.

 4.    Die puntetoekenning gee oor die algemeen ŉ aanduiding van die getal
       feite/redes wat vereis word.

 5.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
       vraestel gebruik is.

 6.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                   INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                               3

 AFDELING A: KORTVRAE

 VRAAG 1

 1.1   Gee die korrekte rekenaarterm vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs
       die term langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK
       neer.

       1.1.1     ŉ Metode in objek-oriënteerde programmering wat gebruik word om ŉ
                 objek in geheue te skep                                                   (1)

       1.1.2     Die kombinasie van meer as een veld om 'n rekord uniek te identifiseer    (1)

       1.1.3     ŉ Stel elektriese paaie wat op die moederbord geëts is, wat gebruik
                 word om data tussen verskillende dele van die rekenaar oor te dra         (1)

       1.1.4     Die gaping tussen mense wat toegang het tot rekenaars en tegnologie
                 en mense wat nie toegang het nie                                          (1)

       1.1.5     Programme wat deel uitmaak van die stelselsagteware en onderhoud
                 en administratiewe take                                                   (1)

       1.1.6     Totale hoeveelheid data wat binne ŉ gegewe tydperk van een punt na
                 ŉ ander oorgedra kan word                                                 (1)

       1.1.7     Die tipe misdaad wanneer iemand jou besonderhede steel om voor te
                 gee dat die persoon jy is                                                 (1)

       1.1.8     ŉ Enkele werkende SVE-stroombaan                                          (1)

       1.1.9     Kontraktering van spesialisondernemings om aspekte van jou eie
                 onderneming, wat noodsaaklik vir behoorlike funksionering is, maar
                 wat nie binne jou kundigheidsgebied val nie, te bestuur                   (1)

       1.1.10    ŉ Webtoepassing wat ontwerp is om die funksies en eienskappe van
                 ŉ tradisionele rekenaartoepassing te lewer                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                (EC/SEPTEMBER 2020)

 1.2   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
       Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
       (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.6 D.

       1.2.1   Die omskakeling van die heksadesimale getal A13 na ŉ desimale getal
               is …

               A      2579.
               B      2560.
               C      2563.
               D      2576.                                                              (1)

       1.2.2   Wat sal die waarde van iNum wees as die volgende stelling uitgevoer
               word?

               iNum := 7 + 5 * 9 div 3 – sqrt(49);

               A      -7
               B      6
               C      15
               D      9                                                                  (1)

       1.2.3   Sagteware wat programmeringsinstruksies na masjienkode een reël
               op ŉ slag vertaal, word … genoem.

               A      kompileerders
               B      kodering
               C      interpreteerders
               D      vertalers                                                          (1)

       1.2.4   … verwys na besighede wat groepe lae-inkomste werkers gebruik, wat
               herhaaldelik op skakels moet klik, om hoë webverkeer te vervals.

               A      ‘Mediated searches’
               B      Klikplase (‘Clickfarms’)
               C      ‘Context-ware searches’
               D      ‘Customised searching’                                             (1)

       1.2.5   ŉ Reeks van een of meer karakters wat die grens tussen afsonderlike
               streke in gewone teks aandui, word … genoem.

               A      ‘separator’
               B      grenssimbool (‘delimiter’)
               C      ‘limiter’
               D      groepering (‘grouping’)                                            (1)
                                                           TOTAAL AFDELING A:            15

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                     INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                5

 AFDELING B: STELSELTEGNOLOGIEË

 VRAAG 2

 Die realiteit is dat daar nie ŉ enkele spesifikasie bestaan wat die spoed of
 werkverrigting van ŉ rekenaartoestel bepaal nie. Inteendeel, dit is ŉ aantal
 verskillende komponente en spesifikasies wat die algehele werkverrigting van die
 masjien bepaal.

 2.1 In vandag se moderne tyd het mobiliteit en draagbaarheid die norm wat
     tegnologie betref geword.

       2.1.1    Mobiele tegnologie word deur gemaklike toegang, gebruikerservaring,
                die behoefte, die begeerte om altyd aan en altyd gekoppel te wees,
                aangedryf.

                (a)    Wat beteken die konsep altyd aan in terme van tegnologie?              (1)

                (b)    Gee TWEE toestelle wat die altyd aan tegnologie gebruik.               (2)

                (c)    Hoekom is altyd aan ŉ voordeel in mobiele toestelle?                   (1)

       2.1.2    As jy verskeie toestelle moes rond dra, maak nie saak hoe kragtig hulle
                is nie, sou jy geïrriteerd en gefrustreerd raak omdat jy oorlaai is met
                toestelle en vergeet om die toestel wat jy benodig, saam te neem.

                (a)     Verduidelik kortliks die konsep drabare (‘wearable’) tegnologie.      (1)

                (b)     Gee TWEE voorbeelde van drabare toestelle.                            (2)

 2.2 Dinge is geneig om te verval en oor te gaan in chaos as jy dit net aan hulself
     oorlaat ‒ dit geld ook vir rekenaartoestelle en data. Die eenvoudige antwoord
     op hierdie probleem is dat ons ons rekenaartoerusting moet bestuur.

       2.2.1    Verduidelik kortliks in eenvoudige terme waarom dit belangrik is om
                rekenaars te bestuur.                                                         (1)

       2.2.2    Noem die DRIE belangrike faktore wat rekenaarbestuur aandryf of
                beïnvloed.                                                                    (3)

       2.2.3    Noem DRIE dinge wat jy vinnig en ekonomies kan doen, om ŉ stelsel
                te herbou indien die hardeskyf gefaal (‘crash’) het.                          (3)

       2.2.4    Dit is noodsaaklik om ŉ netskans te hê wanneer die Internet gebruik
                word.

                Verduidelik wat ŉ netskans is en die funksie wat dit verrig.                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                              INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                 (EC/SEPTEMBER 2020)

 2.3   Bestudeer die volgende boodskap en beantwoord die vrae wat volg.

       2.3.1   Wat beteken dit as ons sê ŉ skyf is gefragmenteer?                        (1)

       2.3.2   Waarom beïnvloed ŉ fragmenteerde skyf ŉ rekenaar se spoed?                (1)

       2.3.3   Verduidelik die konsep skyfdefragmentering.                               (1)

 2.4   Daar is baie veldtogte wat deur banke en die regering gedoen word oor
       verskillende metodes om bedrogspulle (‘scams’) en kwaadwillige sagteware
       (‘malware’) te hanteer.

       2.4.1   Gee TWEE algemene wenke rakende die gebruik van antivirus-
               sagteware.                                                                (2)

       2.4.2   Noem TWEE items of punte wat in ŉ goeie wagwoordbeleid moet
               ingesluit word, behalwe om gereeld wagwoorde te verander.                 (2)

                                                             TOTAAL AFDELING B:          23

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                     INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                 7

 AFDELING C: KOMMUNIKASIE EN NETWERKTEGNOLOGIE

 VRAAG 3

 Die koppeling van toestelle aan ŉ netwerk het 'n nuwe dimensie in die gebruik van
 rekenaars en tegnologie gebring.

 3.1 Die opstel van ŉ netwerk dek ŉ wye verskeidenheid konsepte ‒ van die besluit
     van watter hardeware en sagteware om te koop, tot die beplanning en
     implementering van gebruikersregte en toestemmings.

       3.1.1    Noem en verduidelik kortliks DRIE verskillende toestemmings
                (‘permissions’) wat in ŉ netwerk gegee kan word.                               (3)

       3.1.2    Daar is twee hoofgroepe gebruikers in ŉ netwerk. Noem en verduidelik
                die TWEE hoofgroepe gebruikers in ŉ netwerk en die rol wat elke groep
                speel.                                                                         (4)

 3.2 BitTorrent is ŉ eweknie- (‘peer-to-peer’) protokol wat gebruik word om groot
     lêers oor ŉ netwerk, soos die Internet, oor te dra en te deel. Om ŉ BitTorrent te
     gebruik, moet kliëntsagteware geïnstalleer word.

       3.2.1    Gee TWEE voorbeelde van BitTorrent kliëntsagteware.                            (2)

       3.2.2    Verduidelik kortliks die begrip ‘seeders’ en beskryf die rol wat ‘seeders’
                in BitTorrent speel.                                                           (2)

 3.3 Afstandstoegang-tegnologie word in TWEE groepe verdeel.

       3.3.1    Noem en beskryf kortliks TWEE groepe van afstandstoegang-
                tegnologieë.                                                                   (4)

       3.3.2    Noem TWEE derdeparty-sagteware wat deur EEN van die groepe
                gebruik word.                                                                  (2)

 3.4 Toe die gebruik van die internet uitgebrei word om e-handel in te sluit, het
     anonimiteit ŉ groot probleem geword. Daar moes oplossings gevind word wat
     gebruikers in staat stel om ondernemings, banke, ens. te vertrou. Digitale
     sertifikate en digitale handtekeninge is die oplossings wat tans gebruik word.

       3.4.1    Verduidelik kortliks wat ŉ digitale handtekening is en die funksie wat dit
                verrig.                                                                        (2)

       3.4.2    Gee TWEE voorbeelde van Sertifikaatowerhede (‘Certificate
                Authorities’ (CAS)) wat getaak is om digitale sertifikate uit te reik.         (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                               INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2               (EC/SEPTEMBER 2020)

 3.5   Die gevolg van appifikasie is dat rondblaai en rondblaaiergebaseerde
       ontdekking van webwerwe afneem en soekenjins sukkel om geld te verdien.

       3.5.1   Verduidelik wat appifikasie is.                                        (1)

       3.5.2   Gee DRIE redes waarom die toeps so gewild op mobiele toestelle
               geword het.                                                            (3)

 3.6   Wat is die term wat gebruik word om die konsep te beskryf dat al hoe meer
       toestelle, voorwerpe aan die Internet gekoppel word, met die vermoë om met
       ander toestelle en voorwerpe te kommunikeer en om intelligente besluite te
       neem gebaseer op die insette wat ontvang is?                                   (1)

 3.7   Noem die TWEE modelle vir die stoor van webdata en beskryf kortliks die
       belangrikste verskil tussen hierdie twee modelle.                              (2)

                                                          TOTAAL AFDELING C:          28

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                     INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                               9

 AFDELING D: DATA- EN INLIGTINGSBESTUUR

 VRAAG 4

 Tradisioneel is data in lêerformate georganiseer. DBBS (‘DBMS’) was toe ŉ nuwe
 konsep, en al die navorsing is gedoen om die tekortkominge in die tradisionele styl
 van databestuur te oorkom.

 4.1 Verduidelik kortliks wat ŉ DBBS (‘DBMS’) is (die betekenis van die akroniem
     is nie nodig nie).                                                                      (1)

 4.2 Verduidelik kortliks die konsep transaksie.                                             (1)

 4.3 Onderskei tussen ‘Commit/Post’ en ‘Purge/Consolidate’.                                  (2)

 4.4 Data-oortolligheid behels twee konsepte. Verduidelik kortliks die twee
     konsepte.                                                                               (2)

 4.5 Parallelle-datastel is ŉ nuwe (‘buzzword’) woord wat met databasisse
     geassosieer word.

       4.5.1    Verduidelik wat ŉ parallelle-datastel is en waarvoor dit gebruik word.       (2)

       4.5.2    Gee die hoof nadeel van die toepassing van parallelle-datastelle.            (1)

       4.5.3    Waarom moet ŉ parallelle-datastel in ŉ aparte plek gestoor word?             (1)

 4.6 Onderskei tussen ‘overflow’ en ‘truncation’.                                            (2)

 4.7 ŉ Databasis tabel is ontwerp wat die inligting van al die flieks en studio’s bevat.

       4.7.1    Die tabel is nie genormaliseer nie. Wat is die algemene doel van
                normalisering in ŉ databasis?                                                (1)

       4.7.2    Normaliseer die bogenoemde tabel (Movies). Dui die primêre sleutels
                en vreemde sleutels vir elke tabel aan. Skep die verwantskap tussen
                die tabelle.                                                                 (7)

       4.7.3    Gebruik die tabelle in VRAAG 4.7.2 om ŉ ER-diagram te ontwerp en
                toon die verwantskap wat tussen die entiteite bestaan.                       (4)

                                                               TOTAAL AFDELING D:            24

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                              INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                    (EC/SEPTEMBER 2020)

 AFDELING E: OPLOSSINGSONTWIKKELING

 VRAAG 5

 ŉ Algemene probleemoplossingsmetode onder programmeerders is om ŉ groot
 probleem in ŉ reeks kleiner probleme op te deel en dan elk van die kleiner probleme
 op te los.

 5.1 Rekenaars kan egter nie foute maak nie. Foute word deur mense gemaak. Die
     gebruiker van die program voer verkeerde of ongeldige data in, óf die
     programmeerder het nie programme met ingeboude maatreëls geskryf om
     ongeldige handelinge te hanteer nie, of die regte logika is nie toegepas tydens
     die skryf van die programmeringskode nie.

      5.1.1    Wat word die programmeringsinstrument waarmee die programmeerder
               kan kontroleer hoe 'n program reageer op abnormale of foutiewe data en
               die program toelaat om voort te gaan deur 'n kode in te bou om die fout
               op te los, genoem?                                                      (1)

      5.1.2    Wat is ŉ ander naam vir ŉ fout in programmering?                            (1)

      5.1.3    Definieer die konsep ‘step-and-watch’ in programmering.                     (2)

      5.1.4    Wat word ŉ instrument wat gebruik word om logiese foute te identifiseer,
               deur stap vir stap deur die program te werk en die uitslae van elke stap
               in ŉ tabel neer te skryf, genoem?                                           (1)

 5.2 Alle programmeringstale het strukture beskikbaar om data te stoor.

      5.2.1    Verduidelik wat ŉ datastruktuur is en gee TWEE voorbeelde van
               datastrukture.                                                              (3)

      5.2.2    Watter voorbeeld van datastrukture in VRAAG 5.2.1 word as ŉ tydelike
               datastruktuur geklassifiseer?                                               (1)

      5.2.3    Skryf die afvoer van die volgende programstellings neer:

               Var
               Name, sLine : string;
               Long, iPos : integer;
               sLine := ‘I just LOVE Delphi’;

               (a)     Long := Length(sLine);                                              (1)

               (b)     iPos := POS(‘O’, sLine);                                            (1)

               (c)     Name := COPY(sLine, 1, iPos-1);                                     (1)

               (d)     DELETE (sLine, 1, iPos);                                            (1)

               (e)     INSERT(‘XTRA’, sLine, 2);                                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                   INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                               11

 5.3   UML is ontwerp om met die beplanning en ontwerp van klasse en objekte te
       help. Dit is ŉ kragtige en ingewikkelde instrument. ŉ Klasdiagram is een van
       die UML-instrumente wat in drie afdelings verdeel word (klasnaamafdeling,
       attribuutafdeling en metodesafdeling).

       5.3.1 Verduidelik die doel van ŉ konstruktor in klasse en objekte.                   (2)

       5.3.2 Om ŉ objek uit die geheue te verwyder, moet die volgende
             sleutelwoorde gebruik word:

                ObjectName.___________ OF ObjectName.___________.                           (2)

 5.4   Bestudeer die volgende kode en beantwoord die vrae wat volg.

       procedure TForm1.btnKryWaardesClick(Sender: TObject);
       var
         Waarde1, Waarde2, Waarde3, Waarde4, Waarde5 : integer;
       begin
        1 Waarde1 := 9;
        2 redOutput.Lines.Add('Oplossing');
        3 Waarde2 := StrToInt(InputBox('Kry Waarde','Tik ‘n heelgetal in.',''));
        4 Waarde3 := StrToInt(InputBox(Kry Waarde’,'Tik ‘n heelgetal in.',''));
        5 Waarde5 := Waarde1 - (Waarde2 - Waarde3) DIV 2;
        6 Waarde4 := 4 * Waarde2;
        7 Waarde2 := Waarde4 + Waarde5;
        8 Waarde3 := Waarde2 MOD 3;
        9 Waarde1 := (Waarde5 DIV 2) + (Waarde3 * Waarde3);
        10 redOutput.Lines.Add(IntToStr(Waarde1));
        11 redOutput.Lines.Add(IntToStr(Waarde2));
       end;

       Kopieer die naspeurtabel hieronder in jou ANTWOORDEBOEK en voltooi dit
       om die afvoer te bepaal. Aanvaar dat 12 en 6 onderskeidelik as Waarde2 en
       Waarde3 in die toevoerboks ingesleutel is.

         Reël    Waarde1    Waarde2     Waarde3      Waarde4     Waarde5     Afvoer
         1
         2
         3

                                                                              (12 ÷ 2)      (6)

                                                             TOTAAL AFDELING E:             24

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                               INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                     (EC/SEPTEMBER 2020)

 AFDELING F: GEÏNTEGREERDE SCENARIO

 VRAAG 6

 IKT het die manier waarop mense media gebruik om sosiaal te kommunikeer,
 verander. IKT het die werkplek verander in terme van indiensnemingspraktyke en
 die fisiese aard van die ruimte.

 6.1 Elektroniese toestelle word toenemend slim en veelsydig, sekuriteitskameras
     wat voorheen rou videodata verskaf het, kan nou ook data ontleed. Dit stel jou
     in staat om jou produkreeks te verander.

      6.1.1    Elke menslike aktiwiteit het ŉ impak, groot of klein, op die omgewing.
               Redelikerwys beteken dit dat IKT ook ŉ impak op die omgewing het.

               (a)    Verduidelik die term e-rommel.                                       (1)

               (b)    Noem DRIE tipiese voorbeelde van e-rommel.                           (3)

               (c)    Gee TWEE redes waarom e-rommel gevaarlik vir die omgewing
                      is.                                                                  (2)

               (d)    Wees verantwoordelik en herwin gebruikte toerusting.

                      Verduidelik kortliks wat in die herwinningsproses gebeur.            (1)

      6.1.2    Besparing van krag is nog ŉ manier om groenrekenarisering aan te
               moedig. Verduidelik kortliks die term groenrekenarisering (‘green
               computing’).                                                                (1)

 6.2 Rekenaarmisdadigers lyk altyd asof hul in misterie gehul is en met ŉ soort
     kuber-supermag bedek is. In films en op televisie is hulle in staat om
     ongelooflike dinge te doen met slegs 'n paar reëls kode of muisklikke en dit lyk
     asof hulle altyd een tree voor die wet is.

      6.2.1    (a)    Verduidelik wat ŉ spammer is.                                        (1)

               (b)    Verduidelik kortliks waarom spam eerder irriterend as ŉ probleem
                      beskou word.                                                         (1)

               (c)    Noem TWEE wenke wat toegepas kan word om spam te vermy.              (2)

      6.2.2    Kubermisdaad is enige misdaad wat gepleeg word deur IKT as ŉ
               instrument te gebruik. Noem DRIE voordele vir die misdadigers om IKT
               as ŉ instrument om misdaad te pleeg, te gebruik.                            (3)

      6.2.3    Wat gebruik kriminele om rekenaartoestelle te beheer om misdaad te
               pleeg?                                                                      (1)

      6.2.4    Wat is die naam van die rekenaar wat in ŉ netwerk oorgeneem word
               en gebruik word om misdaad te pleeg?                                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                   INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                               13

 6.3    Rekenaars is noodsaaklike instrumente vir die bestuur van projekte van
        nasionale en internasionale belang vir die owerheid, akademiese navorsing
        en sakeondernemings.

        6.3.1    Noem TWEE rekenaargebaseerde stelsels wat ons kan help om
                 ingeligte besluite te neem.                                                (2)

        6.3.2    Noem DRIE algemene toepassings van verspreide rekenaar-
                 verwerking.                                                                (3)

        6.3.3    Gee ŉ spesifieke voorbeeld van verspreide rekenaarverwerking in
                 praktyk.                                                                   (1)

 6.4    Konsentrasie is ŉ waardevolle bate. Jy het die vermoë om te fokus nodig as
        jy effektief wil werk, produktief moet wees en jou doelwitte wil bereik.

        6.4.1    Verduidelik TWEE wenke wat jy kan toepas om sosiale
                 netwerkvorming, om jou konsentrasie te verbeter en meer produktief
                 te maak, te bestuur.                                                       (2)

        6.4.2    Byna al die sosiale netwerkvorming-instrumente, webwerwe en toeps
                 moedig jou aan om inligting te deel. Die probleem is dat jy
                 aangemoedig word om te deel, en jy word vertel van die voordele van
                 deel, maar word nie bewus gemaak van die negatiewe gevolge nie.

                 Noem TWEE dinge waarvan jy bewus moet wees voordat jy inligting
                 op die internet publiseer of deel.                                         (2)

 6.5    Mense ontdek steeds nuwe maniere om inligting uit databasisse te onttrek en
        nuwe maniere om data te stoor en te verwerk. Waarvoor staan TVS (‘TPS’)?            (1)

 6.6    Beskryf die konsep Sagteware as ŉ Diens.                                            (1)

 6.7    Outomatiese enkripsie is iets wat gebeur sonder dat jy bewustelik kies om die
        sagteware te gebruik om data te enkripteer. Noem TWEE plekke waar
        outomatiese enkripsie gebruik word.                                                 (2)

 6.8    Kuberkrakers kan data steel omdat hulle dit wil verkoop, óf self wil gebruik of
        iemand wil afpers. Verduidelik die konsep agterdeur (‘backdoor’) in terme van
        diefstal van data.                                                                  (1)

 6.9    Misdadigers plaas ŉ ‘skimmer’ en ŉ videokamera op ŉ OTM-masjien.
        Verduidelik die doel van die ‘skimmer’ en ŉ video-kamera in hierdie konteks.        (2)

 6.10   Die manier waarop ons optree en die dinge wat ons doen, verander die manier
        waarop die samelewing funksioneer. Wanneer misdaad ons gedrag en
        gewoontes verander, het dit ŉ stel gevolge vir die werking van ons
        samelewing.

        Noem TWEE gevolge of sosiale gevolge van kubermisdaad.                              (2)

                                                              TOTAAL AFDELING F:           36
                                                                  GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

## Related documents

- [INFORMATION TECHNOLOGY P1 GR 12 QP SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-gr-12-qp-sept2020-afrikaans/42a51949-5c87-4fbf-8055-7cc9e3aaa612) — Information Technology · QP · 2020 · Afr
- [INFORMATION TECHNOLOGY P1 GR 12 QP SEPT2020 Afrikaans .docx](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-gr-12-qp-sept2020-afrikaans-docx/bcca23dc-b552-4601-9d0b-00117508a14e) — Information Technology · QP · 2020 · Afr
- [IT P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans/3392f845-8547-4e23-b73c-910c59ca4b2b) — Information Technology · QP · 2022 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-afrikaans/88ad2758-42f6-43df-a80a-288b5f4cff9f) — Information Technology · Memo · 2023 · Afr
- [INFO TECH P2 GR12 MEMO SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/info-tech-p2-gr12-memo-sept2017-afrikaans/134bed6e-9b93-42cb-bc7b-bdb89503c63d) — Information Technology · Memo · 2017 · Afr
- [IT P1 GR12 QP SEPT 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-qp-sept-2022-afrikaans/f864e03f-add3-41d0-9b55-3110e7180172) — Information Technology · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Information Technology

- [IT P1 MEMO GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept2023-afrikaans/7ffdb7c3-1881-43da-8d8a-96ea3ff87451) — Memo · 2023 · Afr
- [Information Technology P1 May-June 2023 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2023-mg-eng/f868554b-8f4f-4370-aa4e-cfa745fc806d) — Memo · 2023 · Eng
- [IT P1 GR12 MEMO SEPT 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-memo-sept-2022-afrikaans/43cd69be-f0ac-46f4-9d4c-b2503fe09125) — Memo · 2022 · Afr
- [Information Technology P2 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-may-june-2021-eng-1/7454979b-cba2-4b39-a884-69e6b1c0f5c6) — QP · 2022 · Eng
- [Information Technology P2 May June 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-may-june-2021-afr-1/500d3219-d02f-4c1c-af0e-452a5fe87f3b) — QP · 2022 · Afr
- [Information Technology P1 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2022-eng/d4215e1a-a2c0-4200-94cf-50fa1b11f578) — QP · 2022 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
