# Information Technology Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP

> Grade 12 Information Technology Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2022 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans/3392f845-8547-4e23-b73c-910c59ca4b2b
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/information-technology) › [Information Technology Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans/3392f845-8547-4e23-b73c-910c59ca4b2b)

## About this document

Information Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                              GRAAD 12

                     SEPTEMBER 2022

                INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2

PUNTE: 150

TYD:   3 uur

                   Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2         (EC/SEPTEMBER 2022)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Hierdie vraestel bestaan uit SES afdelings:

     AFDELING A: Kortvrae                                        (15)
     AFDELING B: Stelseltegnologieë                              (24)
     AFDELING C: Kommunikasie- en Netwerktegnologieë             (29)
     AFDELING D: Data- en Inligtingsbestuur                      (23)
     AFDELING E: Oplossingsontwikkeling                          (24)
     AFDELING F: Geïntegreerde Scenario                          (35)

2.   Lees AL die vrae noukeurig deur.

3.   Beantwoord AL die vrae.

4.   Die puntetoekenning gee oor die algemeen ŉ aanduiding van die getal
     feite/redes wat vereis word.

5.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik is.

6.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)               INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                   3

AFDELING A: KORTVRAE

VRAAG 1

1.1    Gee die korrekte rekenaarterm vir elk van die volgende beskrywings. Skryf
       slegs die term langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.10) in die
       ANTWOORDEBOEK neer.

       1.1.1     Die kombinasie van verwante velde in ŉ tabel                              (1)

       1.1.2     Die proses om tabelle, sleutels, velde en verwantskappe te
                 spesifiseer en te definieer om ŉ effektiewe databasis te skep             (1)

       1.1.3     Die gleuf wat gebruik word om die SVE te koppel                           (1)

       1.1.4     ŉ Persoon wat rekenaars gebruik om ongemagtigde toegang tot data
                 te verkry                                                                 (1)

       1.1.5     Stelselsagteware wat gebruikers help om hul rekenaars te ontleed, op
                 te stel, monitor of te help onderhou                                     (1)

       1.1.6     ŉ Rekenaartoestel wat aan ŉ netwerk verbind is, word gewoonlik na,
                 as ŉ … verwys                                                            (1)

       1.1.7     Die konsep dat meer en meer toestelle en voorwerpe aan die internet
                 gekoppel is met die vermoë om te kommunikeer en intelligente
                 besluite te neem                                                          (1)

       1.1.8     Bergingsarea vir alle lopende programme en data wat deur die
                 rekenaartoestel verwerk word                                              (1)

       1.1.9     ŉ Beeld, videostuk/-greep of teks wat tipies/gewoonlik humoristies/
                 snaaks van aard is en wat vinnig deur die internetgebruikers
                 gekopieer en versprei word                                                (1)

       1.1.10    … is ŉ geslote private netwerk wat gebruik word om inligting op ŉ
                 private netwerk te deel                                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                  INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                (EC/SEPTEMBER 2022)

1.2    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
       Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
       (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.6 D.

       1.2.1   ŉ Instansie van ŉ klas word … genoem.

               A      objek-georiënteerde programmering
               B      ŉ objek
               C      ŉ veranderlike
               D      reikwydte                                                           (1)

       1.2.2   ŉ Metodenaam gevolg deur parameters:

               A      Metode-oorlading (‘Method overloading’)
               B      Gedrag (‘Behaviour’)
               C      ‘Method signature’
               D      Argumente                                                           (1)

       1.2.3   Die tyd wat ŉ skyfstasie neem om die area op die skyf op te spoor
               waar die data wat gelees moet word gestoor word, word … genoem.

               A      opvangtyd
               B      soektyd
               C      verwerktyd
               D      reaksietyd                                                          (1)

       1.2.4   Die algemene term wat na mense verwys wat hul rekenaars gebruik
               om gevorderde take te doen:

               A      Tuisgebruikers
               B      ‘Small office’ gebruikers
               C      Spelers (‘Gamers’)
               D      Kraggebruikers                                                      (1)

       1.2.5   Die verlies van seinsterkte oor ŉ afstand word … genoem.

               A      ‘crosstalk’
               B      ‘electromagnetic interference (EMI)’
               C      verswakking (‘attenuation’)
               D      netwerkonderbreking                                                 (1)
                                                             TOTAAL AFDELING A:           15

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)               INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                 5

 AFDELING B: STELSELTEGNOLOGIEË

 VRAAG 2

 2.1   Die bogenoemde prent toon ŉ hardeware-komponent wat in ŉ rekenaarboks
       gevind word.

       2.1.1    Noem die bogenoemde hardeware-komponent.                               (1)

       2.1.2    Noem TWEE funksies wat deur die bogenoemde hardeware-
                komponent uitgevoer word.                                              (2)

       2.1.3    Daar is lyne wat op die bogenoemde hardeware-komponent gevind
                word, wat busse genoem word.

                Wat is die doel van ŉ bus?                                             (1)

       2.1.4    Jou vriend stel voor dat jy die BTAS (‘BIOS’) van die komponent in
                die bostaande prent opgradeer sodat dit vinniger en kragtiger kan
                wees.

                Noem die VIER hooftake van die BTAS (‘BIOS’).                          (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                              INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                       (EC/SEPTEMBER 2022)

       2.1.5   Noem die gleuwe wat op die bogenoemde hardeware-komponent
               gevind word, wat gebruik word om die volgende hardeware
               komponente te verbind:

               (a)    Stoor                                                                (1)

               (b)    ETG (‘RAM’)                                                          (1)

       2.1.6   Verduidelik kortliks die term KMOH (‘CMOS’) (akroniem is nie nodig
               nie).                                                                       (1)

2.2    ETG (‘RAM’) is noodsaaklik vir die werking van ŉ rekenaar. Noem TWEE
       kenmerke van ETG (‘RAM’).                                                           (2)

2.3    Verduidelik kortliks die konsep ‘POST’ (akroniem is nie nodig nie).                 (1)

2.4    Skryf die akroniem ‘PnP’ voluit.                                                    (1)

2.5    Gee die funksie van ŉ stelselklok.                                                  (1)

2.6    Noem TWEE tipes/kategorieë van geheue en gee EEN voorbeeld van elk.                 (4)

2.7    Noem TWEE komponente wat data oordra deur ŉ punt-tot-punt-konneksie te
       gebruik.                                                                            (2)

2.8    Onderskei tussen die konsepte kompileerders en interpreteerders.                    (2)

                                                           TOTAAL AFDELING B:              24

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                       7

AFDELING C: KOMMUNIKASIE- EN NETWERKTEGNOLOGIEË

VRAAG 3

3.1 Om oorlading van inligting te vermy is moeilik in vandag se wêreld met meer as
    80 miljoen regstreekse webwerwe wat ten alle tye van die dag beskikbaar is.

     3.1.1    Onderskei tussen oorlading van inligting en digitale kloof (‘digital divide’).     (2)

     3.1.2    Skryf die akroniem ‘SEO’ voluit.                                                   (1)

     3.1.3    Noem TWEE aanwysers op die blaaier wat vir jou sê dat jy op ŉ
              beveiligde webwerf is.                                                             (2)

3.2 Daar is kommer oor ŉ gebrek aan sekuriteitsmaatreëls op maatskappye se
    webwerwe as gevolg van voortdurende kuberaanvalle deur rekenaar-
    misdadigers.

     3.2.1    Verduidelik kortliks BSL (akroniem is nie nodig nie).                              (1)

     3.2.2    Noem die doel van BSL.                                                             (1)

     3.2.3    Noem TWEE items/inligting wat BSL-sertifikate moet bevat.                          (2)

3.3 Soms hoef jy nie spesifieke sagteware op ŉ spesifieke rekenaar te laat loop nie,
    maar jy het toegang tot die lêers of ander hulpbronne op jou huis- of werknetwerk
    nodig.

     3.3.1    Verduidelik kortliks die term virtuele privaat netwerk.                            (1)

     3.3.2    Noem TWEE voordele vir die gebruik van VPN.                                        (2)

3.4 Die opstel van ŉ netwerk dek ŉ wye reeks konsepte van die keuse van óf die
    aankoop van hardeware, beplanning en implementering van gebruikersregte en
    toestemming.

     3.4.1    Verduidelik kortliks wat ŉ netwerkkommunikasiekanaal is.                           (1)

     3.4.2    Noem TWEE kategorieë van netwerk kommunikasiekanaal/media en
              gee EEN voorbeeld van elk.                                                         (4)

     3.4.3    Noem TWEE funksies van ŉ netwerkkoppelvlakkaart/(‘NIC’).                           (2)

     3.4.4    Verduidelik die verskil tussen ŉ skakeltoestel (‘switch’) en ŉ roeteerder.         (2)

3.5 Verduidelik kortliks die konsep bandwydte.                                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                              INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                (EC/SEPTEMBER 2022)

3.6   Maatskappye besit privaat netwerke wat gebruik word om netwerkhulpbronne
      uit te ruil.

      3.6.1    Noem TWEE netwerkhulpbronne wat maatskappye in ŉ netwerk deel.         (2)

      3.6.2    Noem die verskil tussen ekstranet en intranet.                         (2)

3.7   Outomatiese enkripsie is iets wat gebeur sonder dat jy bewustelik kies om
      sagteware te gebruik om data te enkripteer.

      Noem DRIE plekke waar outomatiese enkripsie gebruik word.                       (3)

                                                            TOTAAL AFDELING C:        29

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                  9

AFDELING D: DATA- EN INLIGTINGSBESTUUR

VRAAG 4

4.1    Die inligting wat data genereer is ŉ belangrike bate. Mense neem daagliks
       besluite deur alle soorte inligting te gebruik wat digitaal gestoor word.

       4.1.1    Onderskei tussen data en inligting.                                       (2)

       4.1.2    Verduidelik wat ŉ databasis is.                                           (1)

4.2    Datavalidering word deur ŉ programmeerder geskep.

       4.2.1    Verduidelik kortliks wat datavalidering is.                               (1)

       4.2.2    Noem TWEE geldigheidskontroles/tegnieke wat gebruik word om
                datavalidering uit te voer.                                               (2)

4.3    Databasisontwikkelaars moet by databasisontwerpreëls hou om foute in
       databasisse uit te skakel.

       4.3.1    ŉ Fout wat in ŉ databasis gevind word, word … genoem.                     (1)

       4.3.2    Onderskei tussen data-oortolligheid en data-integriteit.                  (2)

4.4    Dit is krities vir groot korporasies om veilige, vinnige en maklike toegang tot
       betroubare data te het.

           tblEmployees                                  tblHoursLog
          EmployeeID                                   LogID
          FirstName                                    EmpID
          LastName                                     Date
          HourlyRate                                   HoursWorked
          JobTitle
          FirstAidTraining

       4.4.1    Identifiseer die primêre sleutel in albei tabelle (tblEmployees en
                tblHoursLog).                                                             (2)

       4.4.2    Noem die tabel wat die vreemde sleutel bevat en noem die vreemde
                sleutel-veld.                                                             (2)

       4.4.3    Noem die datatipe vir die veld FirstAidTraining.                          (1)

       4.4.4    Herteken die tabelle in jou ANTWOORDEBOEK.
                Teken ŉ ERD entiteit-verwantskap-diagram (‘ERD’) en maak gebruik
                van die gepaste simbole.                                                  (4)

       4.4.5    Wat is ŉ ander naam van ŉ tabel in ŉ databasis?                           (1)

       4.4.6    ŉ Stel van meer as een primêre sleutel wat elke rekord in ŉ tabel as
                uniek identifiseer word, word ŉ … genoem.                                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                             INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                  (EC/SEPTEMBER 2022)

4.5   Noem TWEE rolle/verantwoordelikhede van ŉ databasisanaliseerder.                (2)

4.6   Verduidelik kortliks die konsep ‘logging’ in ŉ databasis.                       (1)

                                                              TOTAAL AFDELING D:       23

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                               11

AFDELING E: OPLOSSINGSONTWIKKELING

VRAAG 5

5.1   Onderskei tussen fisiese lêernaam en logiese lêernaam.                              (2)

5.2   Noem die uitbreiding van ŉ tekslêer se lêernaam.                                    (1)

5.3   Verduidelik kortliks die volgende programsegmente:

      5.3.1 Append(tPayrollReport);                                                       (1)

      5.3.2 Writeln(tPayrollReport, ‘Report Date:’+’ ‘+DateToStr(Date()) :15);            (1)

      5.3.3 Rewrite(tPayrollReport);                                                      (1)

      5.3.4 Reset(tPayrollReport);                                                        (1)

5.4   ŉ Reeks stappe wat die programmeerder volg om ŉ probleem op te los, word …
      genoem.                                                                             (1)

5.5   Bestudeer die volgende klasdiagram en beantwoord die volgende vrae.

                                        TEmployee
      −   EmpNo
      −   EmpSurname
      −   EmpName
      −   YearsInService
      −   YearlySalary
      +   Constructor Create (sEmpNo, sEmpSurname, sEmpName: String;
          iYearsInService: Integer);
      +   GiveRaise (rRaisePerc: Real);
      +   YearEnd;
      +   GetYearly: Real;
      +   CalcMonthlySalary: Real;
      +   toOutputString: String;

      5.5.1 Wat beteken die voorvoegsel T in die klasnaam TEmployee?                      (1)

      5.5.2 Noem die datatipe wat vir die veld, YearlySalary, gebruik kan word.           (1)

      5.5.3 Die metode wat gebruik word om die objek te skep en die eienskappe van
            die objek inisialiseer, word … genoem.                                        (1)

      5.5.4 Gee EEN voorbeeld van die volgende metodes wat in die klasdiagram
            gevind kan word:

              (a)      Hulpmetode                                                         (1)

              (b)      Wysigingsmetode                                                    (1)

              (c)      Toegangsmetode                                                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                               INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                    (EC/SEPTEMBER 2022)

5.6 Die groepering van attribute en metodes/gedrag van ŉ klas in een entiteit, word
    … genoem.                                                                                   (1)

5.7 Die naam van ŉ fout wat voorkom wanneer die algoritme wat gebruik is om die
    probleem op te los, verkeerd is en dus die verkeerde resultate lewer.                       (1)

5.8 ŉ Datatipe wat slegs twee moontlike waardes kan hê.                                         (1)

5.9 Bestudeer die volgende skikkingsdiagram wat studentepunte voorstel en
    beantwoord die vrae wat volg.

          60            70            40            80             90               59

     5.9.1     Die waardes of items wat in die bogenoemde skikkings gestoor is, word
               … genoem.                                                                        (1)

     5.9.2     Skryf kode/pseudokode om die konstante skikking met die naam
               arrStudentPunte te verklaar, deur die bogenoemde diagram (VRAAG 5.9)
               te gebruik.                                                                      (3)

     5.9.3     Skep ŉ subskrip om die studentepunt 70 te verkry.                                (1)

     5.9.4     Watter tipe datastruktuur is ŉ skikking (Permanent of Tydelik)?                  (1)

     5.9.5     Noem ŉ ander datastruktuur buiten skikkings.                                     (1)

                                                                TOTAAL AFDELING D:              24

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                  13

AFDELING F: GEÏNTEGREERDE SCENARIO

VRAAG 6

6.1     Dit is van kardinale belang dat gebruikers maatreëls tref om hul rekenaars
        en data teen verlies, skade en misbruik te beskerm. Organisasies moet
        verseker dat sensitiewe data en inligting soos kredietrekords, werknemer-
        en klantdata en aankoopinligting veilig is.

        6.1.1    Onderskei tussen ŉ ‘script kiddie’ en ŉ ‘cracker’.                         (2)

        6.1.2    Definieer die term kwaadwillige sagteware (‘malware’).                     (1)

        6.1.3    Noem DRIE maatreëls wat gebruik word om teen rekenaarmisdade,
                 dreigemente en rekenaarmisdadigers te beskerm.                             (3)

        6.1.4    Gee TWEE goeie wagwoordbeleide wat gevolg moet word wanneer
                 ŉ wagwoord geskep word.                                                    (2)

6.2     Biometriese toestelle bevestig ŉ persoon se identiteit deur persoonlike
        eienskappe in digitale kode te vertaal wat in die rekenaar vir verifikasie of
        identifikasie gestoor is.

        6.2.1    Noem TWEE voorbeelde van biometriese toestelle of stelsels.                (2)

        6.2.2    Gee TWEE nadele van biometriese stelsels.                                  (2)

6.3     Miljoene mense regoor die wêreld stuur en ontvang verskeie vorme van
        boodskappe.

        6.3.1    Verduidelik kortliks wat ŉ netwerkprotokol is.                             (1)

        6.3.2    Onderskei tussen EPOP (‘SMTP’) en ‘POP3’ (akronieme is nie nodig
                 nie).                                                                      (2)

        6.3.3    Noem ŉ netwerkprotokol wat gebruik word om groot lêers oor ŉ
                 netwerk te stuur.                                                          (1)

        6.3.4    Wat beteken Bcc wanneer ŉ e-pos geskryf word?                              (1)

6.4     Inkopies word ŉ virtuele ervaring. Deel van kleinhandel inkopies by ŉ
        winkelsentrum of kruidenierswinkel is die vermoë om deur gange te loop,
        etikette na te gaan en produkte langs mekaar te vergelyk. Aanlynkopers kan
        die inkopie-ervaring in ŉ driedimensionele omgewing ervaar, kompleet met
        rakke, tekens, oorhoofse beligting en buite-areas.

        6.4.1    Verduidelik kortliks die konsep e-handel.                                  (1)

        6.4.2    Gee enige TWEE voordele van e-handel.                                      (2)

        6.4.3    ŉ Mandjie word in e-handel gebruik. Wat is die doel van ŉ mandjie?         (1)

        6.4.4    Noem TWEE betalingsmetodes of opsies wat in e-handel gebruik
                 kan word om vir dienste te betaal.                                         (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                              INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                   (EC/SEPTEMBER 2022)

6.5   Die algemene konsensus is dat ŉ persoon ŉ tegnologie-oorladingsprobleem
      het wanneer hulle tegnologie negatief gebruik. Dit het ŉ impak op gesondheid,
      persoonlike lewe en professionele lewe.

      6.5.1    Noem TWEE algemene gesondheidsprobleme wat met gereelde
               gebruik van ŉ rekenaar verband hou.                                      (2)

      6.5.2    Verduidelik die term digitale kloof.                                     (1)

      6.5.3    Noem TWEE goue reëls of aanvaardingskode om te volg wanneer jy
               aan aanlynaktiwiteite deelneem.                                          (2)

      6.5.4    Verduidelik kortliks die konsep groenrekenarisering.                     (1)

      6.5.5    Die proses om produkte te ontwerp wat gebruikers nie by
               werkplekke en by die huis sal benadeel nie, word … genoem.               (1)

6.6   Toepassing (‘Appification’) van die web is nou ŉ baie gewilde neiging.

      6.6.1    Noem TWEE voordele of redes waarom webwerwe toepassings
               ontwikkel het, wat mense gebruik om met inligting op hul webwerwe
               te kommunikeer.                                                          (2)

      6.6.2    Noem TWEE gevolge/nadele van toepassing (‘appification’) op
               webwerfblaaiers en soekenjins.                                           (2)

6.7   Verduidelik hoe RIT (‘RIA’) werk.                                                 (1)

                                                           TOTAAL AFDELING F:           35
                                                               GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

## Related documents

- [IT P1 GR12 QP SEPT 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-qp-sept-2022-afrikaans/f864e03f-add3-41d0-9b55-3110e7180172) — Information Technology · QP · 2022 · Afr
- [IT P2 GR12 QP SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-qp-sept2020-afrikaans/bce79554-ac5b-49c0-8c46-7d49632baa53) — Information Technology · QP · 2020 · Afr
- [IT P1 GR12 MEMO SEPT 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-memo-sept-2022-afrikaans/43cd69be-f0ac-46f4-9d4c-b2503fe09125) — Information Technology · Memo · 2022 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-afrikaans/88ad2758-42f6-43df-a80a-288b5f4cff9f) — Information Technology · Memo · 2023 · Afr
- [INFO TECH P2 GR12 MEMO SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/info-tech-p2-gr12-memo-sept2017-afrikaans/134bed6e-9b93-42cb-bc7b-bdb89503c63d) — Information Technology · Memo · 2017 · Afr
- [INFORMATION TECHNOLOGY P1 GR 12 QP SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-gr-12-qp-sept2020-afrikaans/42a51949-5c87-4fbf-8055-7cc9e3aaa612) — Information Technology · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 12 Information Technology

- [IT P1 MEMO GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept2023-afrikaans/7ffdb7c3-1881-43da-8d8a-96ea3ff87451) — Memo · 2023 · Afr
- [Information Technology P1 May-June 2023 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2023-mg-eng/f868554b-8f4f-4370-aa4e-cfa745fc806d) — Memo · 2023 · Eng
- [Information Technology P2 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-may-june-2021-eng-1/7454979b-cba2-4b39-a884-69e6b1c0f5c6) — QP · 2022 · Eng
- [Information Technology P2 May June 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-may-june-2021-afr-1/500d3219-d02f-4c1c-af0e-452a5fe87f3b) — QP · 2022 · Afr
- [Information Technology P1 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-nov-2022-eng/d4215e1a-a2c0-4200-94cf-50fa1b11f578) — QP · 2022 · Eng
- [Information Technology P2 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2022-eng/822832f6-7a60-4201-99d7-28816084f46c) — QP · 2022 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
