# Information Technology Grade 12 P2 NSC November 2020 QP

> Grade 12 Information Technology Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2020 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/it-p2-nov-2020-afr/d14fba44-4326-4591-ab96-46b72db2baf1
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/information-technology) › [Information Technology Grade 12 P2 NSC November 2020 QP](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-nov-2020-afr/d14fba44-4326-4591-ab96-46b72db2baf1)

## About this document

Information Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2020. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                            SENIOR SERTIFIKAAT/
                       NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                                       INFT.2

                            INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2

                                   NOVEMBER 2020

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.

                     MIDDAGSESSIE

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                       2                        DBE/November 2020
                                           SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit SES afdelings:

          AFDELING A: Kortvrae                                       (15)
          AFDELING B: Stelseltegnologieë                             (25)
          AFDELING C: Kommunikasie- en Netwerktegnologieë            (30)
          AFDELING D: Data- en Inligtingbestuur                      (20)
          AFDELING E: Oplossingsontwikkeling                         (20)
          AFDELING F: Geïntegreerde Scenario                         (40)

2.        Lees AL die vrae sorgvuldig deur.

3.        Beantwoord AL die vrae.

4.         Die puntetoekenning gee oor die algemeen 'n aanduiding van die getal feite/
           redes wat vereis word.

5.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

6.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                           3                         DBE/November 2020
                                               SS/NSS

AFDELING A: KORTVRAE

VRAAG 1

1.1       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
          Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
          (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.6 D.

           1.1.1      'n Persoon wat 'n organisasie se huidige rekenaarstelsels en
                      -prosedures bestudeer en dan inligtingstelseloplossings ontwerp om
                      die organisasie te help om meer doeltreffend te funksioneer, is 'n …

                      A    stelselontleder.
                      B    databasisontleder.
                      C    stelseladministrateur.
                      D    programmeerder.                                                         (1)

          1.1.2       'n Toestel wat gebruik kan word om baie verskillende randtoestelle
                      ('peripheral devices') met 'n enkele koppeling te verbind, staan as 'n
                      USB-… bekend.

                      A    passtuk ('adapter')
                      B    flitsaandrywer ('flash drive')
                      C    spil ('hub')
                      D    poort                                                                   (1)

          1.1.3       Die proses om nuwe patrone in data te ontdek deur gesofistikeerde
                      sagteware te gebruik, staan as ... bekend.

                      A    datapakhuising ('data warehousing')
                      B    inligtingsverwerking
                      C    groot data ('big data')
                      D    data-ontginning ('data mining')                                         (1)

          1.1.4       Die volgende naam van 'n veranderlike is NIE in Delphi geldig NIE:

                      A    _dSalaris
                      B    dSalaris
                      C    1dSalaris
                      D    salaris1                                                                (1)

          1.1.5       Bepaal die waarde van y wat as 'n heelgetal verklaar is as die
                      volgende Delphi-stelling uitgevoer word:

                      y := ceil(25.0/6) + 30 mod 6 – round(15.0/4);

                      A    3
                      B    2
                      C    6
                      D    1                                                                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                           4                            DBE/November 2020
                                               SS/NSS

1.2       Kies 'n term uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
          slegs die letter (A–R) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.10) in die
          ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.11 S.

                              KOLOM A                                     KOLOM B
          1.2.1       'n Tegniek waar twee of meer             A   digitale kloof
                      skywe deur 'n spesiale beheerder             ('digital divide')
                      saam gegroepeer word om die
                      moontlike verlies aan data te            B   ergonomiese sekuriteit
                      minimaliseer                                 ('ergonomic security')

          1.2.2       'n Veld in 'n databasistabel wat         C   vreemde sleutel
                      gebruik kan word om rekords te               ('foreign key')
                      identifiseer, maar nie in die tabel as
                      'n primêre sleutel gebruik word nie      D   rugrytransmissie
                                                                   ('piggybacking')
          1.2.3       Sekuriteit wat op die identifikasie
                      van 'n persoon se unieke fisieke         E   RAID
                      eienskappe gebaseer is
                                                               F   digitale era
          1.2.4       'n Enkripsieprotokol wat data wat
                                                               G   skyfskoonmaak
                      oor die internet gestuur word,
                                                                   ('disk clean-up')
                      enkodeer
                                                               H   nutssagteware
          1.2.5       Die gaping tussen mense wat
                                                                   ('utility software')
                      toegang tot rekenaars en
                      tegnologie het en mense wat dit nie      I   saamgestelde sleutel
                      het nie                                      ('composite key')
          1.2.6       Die herorganisering van lêers op 'n      J   terugrol ('rollback')
                      hardeskyf wat toegang tot die lêers
                      vinniger maak                            K   HTOP ('HTTP')

          1.2.7       Sagteware wat die bedryfstelsel in       L   BSL ('SSL')
                      staat stel om met hardeware-
                      toestelle te kommunikeer                 M   LOP ('FTP')

          1.2.8       Die protokol wat gebruik word om         N   interpreteerder
                      groot lêers oor 'n afstand tussen
                      rekenaars met 'n internetverbinding      O   skyfdefragmentering
                      oor te dra                                   ('disk defragmentation')

          1.2.9       'n Bewerking wat 'n databasis-           P   biometrika ('biometrics')
                      transaksie omkeer en die data na
                                                               Q   drywers ('drivers')
                      sy vorige toestand herstel
                                                               R   alternatiewe sleutel
          1.2.10      Programme wat deel van stelsel-
                                                                   ('alternate key')
                      sagteware is en vir instandhouding
                      en administratiewe take gebruik
                      word
                                                                                          (10 x 1)     (10)

                                                                    TOTAAL AFDELING A:                 15
Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                        5                         DBE/November 2020
                                            SS/NSS

AFDELING B: STELSELTEGNOLOGIEË

VRAAG 2

 SCENARIO

 Die eienaar van 'n invoer/uitvoer-onderneming wat in die beginstadium is, vra jou
 raad oor 'n aantal IT-verwante kwessies.

2.1       Die rekenaartegnikus wat die rekenaars wat in die kantoor gebruik gaan word,
          aanmekaar sal sit, stel voor dat elke rekenaar 'n vastetoestandaandrywer
          ('solid-state drive') en 'n hardeskyf moet hê.

          2.1.1      Noem EEN voordeel wat           'n   vastetoestandaandrywer    bo    'n
                     konvensionele hardeskyf het.                                                (1)

          2.1.2      Noem EEN nadeel van 'n vastetoestandaandrywer 'n vergelyking met
                     'n konvensionele hardeskyf.                                                 (1)

2.2       Elk van die kantoorrekenaars sal met 8 GG ('GB')-ETG ('RAM') en Windows 10
          as bedryfstelsel toegerus wees.

          2.2.1      ETG word as vlugtige ('volatile') geheue beskou. Wat beteken vlugtig
                     in hierdie konteks?                                                         (1)

          2.2.2      Die eienaar het gehoor dat sommige rekenaars slegs 4 GG-ETG kan
                     gebruik. Hy is bekommerd dat hy vir hardeware sal betaal wat nie
                     gebruik sal word nie.

                     Verduidelik waarom hierdie kantoorrekenaars in staat sal wees om al
                     8 GG-ETG te kan gebruik.                                                    (1)

          2.2.3      Die rekenaartegnikus moet begin om die kantoorrekenaars se
                     bedryfstelsels te installeer.

                     (a)   Dui aan of die hardeskyfaandrywer of die vastetoestand-
                           aandrywer die beste opsie sou wees om die bedryfstelsel op te
                           installeer.                                                           (1)

                     (b)   Gee TWEE redes hoekom jy die aandrywer in jou antwoord op
                           VRAAG 2.2.3(a) aanbeveel.                                             (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                           6                            DBE/November 2020
                                               SS/NSS

2.3       Die onderneming se rekenaars sal op Microsoft Windows 10 uitvoer ('run'),
          maar daar is toepassings wat die eienaar wil gebruik wat slegs op MacOS kan
          uitvoer.

          2.3.1      Stel 'n moontlik tegnologie voor wat gebruik kan word om beide
                     bedryfstelsels te laat uitvoer sonder om die hardeskyf te segmenteer
                     ('partition').                                                                   (1)

          2.3.2      Iemand het aanbeveel dat die nuutste dienspakket ('service pack') vir
                     die Windows-bedryfstelsel geïnstalleer moet word.

                     Verduidelik kortliks wat 'n dienspakket is.                                      (2)

2.4       VB.NET is 'n hoëvlakprogrammeringtaal.

          2.4.1      Definieer 'n hoëvlakprogrammeringtaal.                                           (1)

          2.4.2      Interpreteerders en kompileerders ('compilers') word gebruik om 'n
                     hoëvlaktaal na masjienkode 'te vertaal'.

                     (a)    Verduidelik die verskil tussen interpreteerders en kompileerders
                            deur die verskil te noem in die benadering wat hulle volg
                            wanneer hulle kode 'vertaal'.                                             (2)

                     (b)    Verduidelik die verskil tussen interpreteerders en kompileerders
                            deur die manier te noem waarop elkeen terugvoer gee en die
                            resultaat aanbied.                                                        (2)

                     (c)    Gebruik Delphi 'n interpreteerder of 'n kompileerder?                     (1)

          2.4.3      'n TPK ('API') word gebruik wanneer daar in 'n hoëvlak-
                     programmeringstaal gekodeer word. Wat is die funksie van 'n TPK?                 (2)

2.5       As gevolg van modulêre ontwerp het die nuutste tafelrekenaars baie gleufies
          en koppelings wat dit moontlik maak om rekenaarkomponente by te voeg.

          Noem die gleuf of koppeling             wat   gebruik    word   om    die   volgende
          modules/komponente by te voeg:

          2.5.1      ETG ('RAM')                                                                      (1)

          2.5.2      DVD-aandrywer                                                                    (1)

          2.5.3      Grafikakaart                                                                     (1)

2.6       Moederborde dra op enige gegewe oomblik reusehoeveelhede data tussen
          verskillende komponente oor.

          Verduidelik hoe die stelselklok met die koördinering van die oordrag van data
          op 'n moederbord help.                                                                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                            7                            DBE/November 2020
                                                SS/NSS

2.7       Beskou die diagram hieronder wat 'n proses wat deur die SVE ('CPU')
          uitgevoer word, illustreer:

                                                Kry instruksies
                                                vanaf geheue

                                   Stoor data terug            Dekodeer die
                                    na die geheue               instruksies

                                                    Voer die
                                                 instruksies uit

          2.7.1      Wat word die proses hierbo genoem?                                                (1)

          2.7.2      Die SVE ('CPU') en die ETG ('RAM') kommunikeer met mekaar deur
                     middel van 'n direkte pad/verbinding op die moederbord.

                     Benoem hierdie direkte pad/verbinding.                                            (1)

                                                                          TOTAAL AFDELING B:           25

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                         8                          DBE/November 2020
                                             SS/NSS

AFDELING C: KOMMUNIKASIE- EN NETWERKTEGNOLOGIEË

VRAAG 3

3.1       Wi-Fi, UTP-kabels en veseloptiese kabels is netwerkmedia wat in ag geneem
          moet word wanneer netwerke opgestel word. Veseloptiese kabels het 'n
          groter bandwydte, maar kan duur wees.

          3.1.1      Netwerkbandwydte word in Mbps gemeet.

                     (a) Beskryf bandwydte in hierdie konteks.                                       (1)

                     (b) Skryf die afkorting Mbps uit.                                               (1)

          3.1.2      Behalwe vir 'n groter bandwydte en hoër spoed, noem TWEE ander
                     voordele van veseloptiese kabels teenoor UTP-kabels.                            (2)

          3.1.3      Gee TWEE redes waarom UTP-kabels soms eerder as Wi-Fi in 'n
                     kantooromgewing verkies word.                                                   (2)

          3.1.4      Definieer die term netwerkruggraat ('network backbone').                        (1)

          3.1.5      Daar word gesê dat 'n NKK ('NIC') 'n basiese maar noodsaaklike
                     stuk toerusting is om 'n netwerk op te stel.

                     Noem die funksie van 'n NKK.                                                    (1)

3.2       YouTube en Netflix is voorbeelde van VOD-dienste.

          Verduidelik wat 'n VOD-diens behels.                                                       (1)

3.3       AGB'e ('AUPs') omskryf die regte en verantwoordelikhede van gebruikers wat
          'n belangrike vereiste in netwerkomgewings is.

          3.3.1      Verduidelik waarom 'n organisasie besonderhede oor beperkings op
                     die installering van BitTorrent-toepassings by hulle AGB moet insluit.          (1)

          3.3.2      Noem die voorwaarde waaraan voldoen moet word om te verseker
                     dat die gebruik van BitTorrent wettig is.                                       (1)

3.4       Blogs word algemeen as 'n sosialemediahulpmiddel gebruik.

          Gee TWEE redes waarom inligting wat op blogs gepubliseer word,
          onakkuraat kan wees.                                                                       (2)

3.5       Die ontwerp van webblaaie kan staties of dinamies wees.

          Hoe verskil 'n dinamiese webblad van 'n statiese webblad uit 'n gebruiker se
          perspektief?                                                                               (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                           9                            DBE/November 2020
                                               SS/NSS

3.6       Digitale handtekeninge is algemeen in die wêreld van sake wat elektronies
          bedryf word.

          Wat is die doel van 'n digitale handtekening?                                                (1)

3.7       Webontwikkelaars gebruik 'n verskeidenheid tegnologieë, soos HTML, KSV
          ('CSS') en AJAX, om visueel indrukwekkende webtuistes te skep.

          3.7.1      Watter tipe sagteware op die kliënt se rekenaar word gebruik om
                     HTML-instruksies uit te voer?                                                     (1)

          3.7.2      Noem TWEE maniere waarop KSV('CSS')-lêers                        help   om
                     eenvormigheid oor verskeie webblaaie te handhaaf.                                 (2)

          3.7.3      Wat is die doel van AJAX in die konteks van webtuiste-ontwikkeling?               (2)

3.8       VDoS('DDoS')-aanvalle word tipies deur botnets uitgevoer.

          3.8.1      Definieer die term botnet.                                                        (2)

          3.8.2      Beskryf wat tydens 'n VDoS('DDoS')-aanval gebeur.                                 (3)

          3.8.3      Wat is 'n zombie die konteks van 'n botnet?                                       (1)

3.9       Kubermisdaad ('Cybercrime') is 'n algemene verskynsel in die moderne
          wêreld.

          3.9.1      Verduidelik kortliks wat 'n sleutelvaslegger ('keylogger') is.                    (1)

          3.9.2      Stel TWEE maniere van beveiliging voor wat rekenaargebruikers kan
                     gebruik om te voorkom dat hulle slagoffers van kubermisdaad word.                 (2)

                                                                     TOTAAL AFDELING C:                30

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                       10                         DBE/November 2020
                                            SS/NSS

AFDELING D: DATA- EN INLIGTINGBESTUUR

VRAAG 4

 SCENARIO

 Die invoer van plante kan gevaarlik wees omdat die plante moontlik indringers kan
 wees of siektes aan inheemse plante en ekosisteme kan oordra. 'n Streng
 toetsproses moet eers uitgevoer word voordat enige vreemde plant oor 'n land se
 grense geneem mag word.

'n Databasis word gebruik om versoeke te bestuur en op hoogte te bly van die aantal
plante wat in die land ingebring word. 'n Aansoek moet gerig en verwerk word elke
keer as 'n invoerder plante wil invoer.

Die databasis bevat twee tabelle wat soos volg ontwerp is:

Tabel: tblInvoerders

   Veldnaam               Datatipe           Beskrywing
   InvoerderID            Short Text (10)    'n ID om 'n invoerder-entiteit op unieke
                                             wyse te identifiseer
   InvoerderNaam          Short Text (40)    Naam van organisasie/persoon van die
                                             invoerder
   InvoerderLand          Short Text (40)    Plek/Land waarvandaan die invoerder
                                             kom
   DatumGeregisteer       Date/Time          Kort datum ('Short date') wat die datum
                                             aandui waarop die invoerder
                                             geregistreer is

Tabel: tblAansoeke

   Veldnaam               Datatipe           Beskrywing
   AansoekID              AutoNumber         'n ID om 'n aantekenrekord/-versoek om
                                             plante in te voer, op unieke wyse te
                                             identifiseer
   PlantNaam              Short Text (80)    Die wetenskaplike naam van die plant
                                             wat versoek word om ingevoer te word
   Hoeveelheid            Number             Die getal plante wat versoek word om
                                             ingevoer te word
   Goedgekeur             Number             0 dui aan dat die invoerversoek
                                             afgekeur is
                                             1 dui aan dat die invoerversoek
                                             goedgekeur is
   DatumOntvang           Date/Time          Die datum waarop die invoerversoek
                                             gedoen is/die rekord geskep is
   DatumVerwerk           Date/Time          Die datum waarop die invoerversoek
                                             goedgekeur of afgekeur is
   VerwerkTydsduur        Number             Die getal dae wat dit geneem het om die
                                             versoek te verwerk

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                         11                         DBE/November 2020
                                              SS/NSS

4.1     Die databasisontwerp is onvolledig. Primêre sleutels is nog nie geïdentifiseer
        nie en 'n verwantskap moet nog tussen die twee tabelle, tblInvoerders and
        tblAansoeke, geskep word.

        4.1.1     Noem TWEE spesifieke vereistes wat betrekking het op die inhoud van
                  'n primêre sleutel se veld.                                                      (2)

        4.1.2     'n Vreemdesleutel-veld moet geïdentifiseer word om 'n verwantskap
                  tussen die tabelle te skep.

                  (a)     Identifiseer 'n geskikte vreemde sleutel en gee die naam van veld
                          en die naam van die tabel wat die veld bevat.                            (2)

                  (b)     Noem die tipe verwantskap tussen die tabelle tblInvoerders en
                          tblAansoeke.                                                             (1)

        4.1.3     Noem die diagram wat gebruik word om die verwantskap tussen die
                  twee tabelle te illustreer.                                                      (1)

4.2     Stel 'n meer geskikte datatipe vir die Goedgekeur-veld in die tblAansoeke-
        tabel voor.                                                                                (1)

4.3     Verduidelik hoekom die VerwerkTydsduur-veld in die tblAansoeke-tabel
        oorbodig is.                                                                               (1)

4.4     Gedurende die betaweergawe-toets van die stelsel het die DBA opgemerk
        dat daar teenstrydighede in die vaslê van die name van lande in die
        InvoerderLand-veld is. Byvoorbeeld, Kanada se naam is op die volgende
        verskillende maniere vasgelê:

        KA
        Kanada
        Kannada

        4.4.1     Verduidelik wat met die term betaweergawe bedoel word.                           (1)

        4.4.2     Stel 'n manier voor waarop die stelsel aangepas kan word sodat die
                  naam van 'n land eenvormig in die InvoerderLand-veld vasgelê kan
                  word.                                                                            (1)

4.5     Om die kwaliteit van die data te verseker behels uitgebreide datavalidering en
        -verifiëring. Gebruik die veld Goedgekeur in die tblAansoeke-tabel om die
        volgende te verduidelik:

        4.5.1     Datavalidering                                                                   (2)

        4.5.2     Dataverifiëring                                                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                       12                          DBE/November 2020
                                            SS/NSS

4.6     Slegs gemagtigde persone behoort toegang te hê tot die databasisbediener
        ('server') wat die databasis huisves.

        Stel enige TWEE fisiese maniere              voor   waarop    toegang    tot   die
        databasisbediener beperk kan word.                                                       (2)

4.7     Onafhanklikheid van data ('data independence') is 'n kenmerk van 'n goed
        ontwerpte databasis.

        4.7.1     Verduidelik die term onafhanklikheid van data.                                 (2)

        4.7.2     Een vlak van onafhanklikheid van data is fisiese onafhanklikheid.

                  Noem nog 'n vlak van onafhanklikheid van data.                                 (1)

        4.7.3     Gee TWEE belangrike redes vir die afdwing van onafhanklikheid van
                  data.                                                                          (2)

                                                                   TOTAAL AFDELING D:            20

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                       13                           DBE/November 2020
                                            SS/NSS

AFDELING E: OPLOSSINGSONTWIKKELING

VRAAG 5

5.1     Daar is baie tipes foute wat tydens die ontwikkeling van sagteware kan
        voorkom.

        5.1.1    Onderskei tussen 'n sintaksfout ('syntax error') en 'n looptydfout
                 ('runtime error').                                                               (2)

        5.1.2    Gee TWEE riglyne oor hoe 'n programmeerder bruikbare fout-
                 boodskappe kan saamstel.                                                         (2)

5.2     Verskeie soekalgoritmes is beskikbaar om gebruik te word, bv. binêre en liniêre
        soekalgoritmes.

        Wat is die voorvereiste vir 'n skikking om deursoek te word wanneer die binêre
        soekalgoritme gebruik word?                                                               (1)

5.3     'n Beginnerprogrammeerder was besig om 'n konsep te toets en het die
        volgende segment Delphi-kode geskryf:

        5.3.1    Die programmeerder het verwag dat die finale waarde van die
                 veranderlike S 15 moet wees, maar die dialoogblokkie ('dialog box') het
                 die waarde van die veranderlike S as 38319711 getoon.

                 Gee 'n moontlike rede vir hierdie onverwagse resultaat.                          (1)

        5.3.2    Stel TWEE maniere voor waarop die kode van die beginner-
                 programmeerder verbeter kan word om meer leesbaar te wees.                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                       14                         DBE/November 2020
                                            SS/NSS

5.4     Beskou die volgende vloeidiagram:

        Teken die volgende onvolledige naspeurtabel in jou ANTWOORDEBOEK oor.
        Voltooi die naspeurtabel deur die vloeidiagram wat hierbo vertoon word, stap vir
        stap na te speur.

         Blokno.          f1     f2         i           i < 3?     fn         Afvoer
         1                2
         2                       3
         3                                  1                                                    (6)

5.5     Skryf 'n alternatiewe reël Delphi-kode wat dieselfde effek as die volgende reël
        kode sal hê:
        i:= i+1;                                                                                 (1)

5.6     Beskou die volgende klasdiagram:
                                         TGebeurtenis
                - fPlek: String
                - fGebeutenisDatum: String
                - fKapasiteit: integer
                <<CONSTRUCTOR>>    Create(plek,    gebeurtenisDatum:
                String; kapasiteit: integer)
                + getPlek(): String
                + setPlek(plek)
                + getGebeurtenisDatum(): String
                + setGebeurtenisDatum (gebeurtenisDatum: TDate)
                + getKapasiteit(): String
                + setKapasiteit(kapasiteit: integer)
                + toString(): String

        5.6.1      Wat stel die plus(+)- en minus(-)-simbole onderskeidelik voor?                (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                         15                           DBE/November 2020
                                              SS/NSS

        5.6.2      Identifiseer TWEE foute in die klasdiagram wat verskaf is.                        (2)

        5.6.3      Identifiseer 'n hulp('auxiliary')-metode in die klasdiagram wat verskaf is.       (1)

                                                                    TOTAAL AFDELING E:               20

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                         16                         DBE/November 2020
                                              SS/NSS

AFDELING F: GEÏNTEGREERDE SCENARIO

VRAAG 6

'n Klein uitvoermaatskappy wat in voedselverwante produkte spesialiseer, oorweeg die
opgradering van hulle IKT('ICT')-stelsels. Jy is deel van 'n IT-maatskappy wat hulle met
raad bystaan.

6.1      Daar is baie faktore wat 'n rekenaar se werkverrigting kan beïnvloed.

         6.1.1       Gee TWEE redes waarom die gebruik van kasgeheue die SVE
                     ('CPU') in staat stel om take vinniger te verrig as wanneer ETG
                     ('RAM') gebruik word.                                                         (2)

         6.1.2       Noem TWEE ander fisiese aspekte van die SVE ('CPU') wat 'n direkte
                     invloed op die stelsel se werkverrigting het.                                 (2)

         6.1.3       Die beskikbare geheue ('memory') (ETG ('RAM')) het ook 'n invloed
                     op 'n rekenaar se werkverrigting. Daarom ken die bedryfstelsel
                     addisionele geheue toe as die beskikbare geheue beperk is.

                     (a)   Wat word die addisionele geheue wat deur die bedryfstelsel
                           toegeken word indien nodig, genoem?                                     (1)

                     (b)   Verduidelik hoe die bedryfstelsel die addisionele geheue gebruik
                           wanneer dit nodig is.                                                   (2)

6.2      Die maatskappy oorweeg dit om gratis sagteware te gebruik as 'n alternatief
         om lisensiekoste te spaar.

         Noem TWEE nadele van die gebruik van 'n oop en gratis bedryfstelsel, soos
         Linux, as 'n alternatief vir 'n bedryfstelsel soos Microsoft Windows.                     (2)

6.3      SaaS is 'n konsep wat met wolkrekenarisering verband hou, wat op sy beurt
         weer swaar op virtualiseringstegnologieë steun.

         6.3.1       Noem TWEE voordele wat met die gebruik van wolkrekenarisering
                     geassosieer word.                                                             (2)

         6.3.2       Noem TWEE virtualiseringstegnieke wat deur maatskappye gebruik
                     word, wat wolkdienste aanbied.                                                (2)

6.4      Bemarking en e-kommunikasie speel 'n groot rol in die maatskappy se
         daaglikse aktiwiteite.

         6.4.1       Noem TWEE voordele van die gebruik van webgebaseerde e-pos
                     eerder as 'n IDV('ISP')-gebaseerde e-pos.                                     (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                        17                        DBE/November 2020
                                             SS/NSS

         6.4.2       Die internet word gebruik om te soek na verskaffers van produkte om
                     uit te voer.

                     (a)   Verduidelik hoe 'n soekenjin doelgemaakte soek ('customised
                           searching') gebruik om soekresultate volgens 'n gebruiker se
                           profiel aan te pas.                                                  (2)

                     (b)   Verduidelik wat konteksbewuste ('context-aware') soektogte
                           behels.                                                              (1)

                     (c)   Hoe kan die onderneming uit konteksbewuste soektogte
                           voordeel trek?                                                       (1)

         6.4.3       Gee TWEE redes waarom die maatskappy in die ontwikkeling van 'n
                     mobiele toepassing behoort te belê indien 'n webtuiste reeds geskep
                     is.                                                                        (2)

6.5      Die onderneming gebruik tans 'n gesentraliseerde databasis. Hulle is
         aangeraai om na 'n verspreide databasisstelsel oor te skakel.

         Gee TWEE redes waarom jy sal aanbeveel dat hulle NIE na 'n verspreide
         databasisstelsel oorskakel NIE.                                                        (2)

6.6      'n Werknemer was besig om die stelselinstellings op sy/haar rekenaar te
         ondersoek en het op 'n skerm afgekom wat die volgende inligting vertoon:

         6.6.1     Hoekom is 'n VPN nuttig vir werknemers?                                      (2)

         6.6.2     Dui EEN opsie in die skermskoot hierbo aan wat met groen
                   rekenarisering verband hou.                                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2                          18                          DBE/November 2020
                                               SS/NSS

         6.6.3     Definieer die term mobiele warmkol ('mobile hotspot').                        (2)

         6.6.4     (a)    Verduidelik kortliks wat multitaakverwerking is.                       (2)

                   (b)    Hoe verskil multiverwerking van multitaakverwerking?                   (2)

         6.6.5     Verduidelik wat naby-deling ('nearby sharing') in hierdie konteks
                   behels.                                                                       (1)

6.7      As deel van die opgradering van hulle IKT('ICT)-stelsels oorweeg die
         maatskappy dit om hulle landlyn te kanselleer ten gunste van die gebruik van
         VoIP vir kommunikasie met hulle klante.

         Noem TWEE moontlike nadele daarvan om slegs op VoIP te vertrou om met
         klante te kommunikeer.                                                                  (2)

6.8      Die maatskappy moet dikwels voedsel in hulle industriële vrieskaste stoor
         totdat dit vir uitvoer verskeep kan word.

         Maak TWEE aanbevelings oor hoe Internet van Dinge(IvD)('Internet of
         Things/IoT')-tegnologie gebruik kan word om te verseker dat die maatskappy
         nie skade ly as gevolg van moontlike probleme om die temperature in hulle
         vrieskaste op optimale vlakke te hou nie.                                               (2)

6.9      Die maatskappy gebruik sekuriteitskentekens ('security badges')                met
         ingebedde RFID-etikette om toegang tot hulle perseel te beheer.

         6.9.1     Watter medium word deur RFID gebruik om objekte te identifiseer?              (1)

         6.9.2     Noem TWEE voordele van die gebruik van RFID eerder as
                   strepieskode ('bar code')-tegnologie.                                         (2)

                                                                    TOTAAL AFDELING F:           40
                                                                        GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [IT P2 Nov 2020 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-nov-2020-memo-afr/2ee707a9-42d6-4dd2-839d-9fe4f1661d4a) — Information Technology · Memo · 2020 · Afr
- [IT P1 Nov 2020 Afr](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-nov-2020-afr/379269e7-3731-4176-9d26-e4f9cf72c167) — Information Technology · QP · 2020 · Afr
- [IT P2 GR12 QP SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-qp-sept2020-afrikaans/bce79554-ac5b-49c0-8c46-7d49632baa53) — Information Technology · QP · 2020 · Afr
- [Information Technology P2 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2022-eng/822832f6-7a60-4201-99d7-28816084f46c) — Information Technology · QP · 2022 · Eng
- [Information Technology P2 Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2019-afr/7123ab7f-cc2d-49bc-92d0-39b6ac84715e) — Information Technology · QP · 2019 · Afr
- [Information Technology P2 Nov 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2018-afr/6497b497-5554-43a7-9de1-f30911edbe63) — Information Technology · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Information Technology

- [Information Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/109c2e1d-bc20-46d3-ac02-c08c05ad9c78) — Memo · 2025 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept-2024-english/8994aed2-83ec-413e-b7dc-b0d0b93b82f4) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P2 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-memo-gr12-sept-2024-english/4d74acb4-cb8b-4fd3-874f-4801fbcb8f44) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept2023-afrikaans/7ffdb7c3-1881-43da-8d8a-96ea3ff87451) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-afrikaans/88ad2758-42f6-43df-a80a-288b5f4cff9f) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-english/41fa8299-d258-40e9-8c8b-a3ce984eef54) — Memo · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
