# Information Technology Grade 11 P2 2015 QP (Afr)

> Grade 11 Information Technology Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2015 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/it-p2-qp-gr11-nov-2015-afr/bb990fb5-5758-4d08-96e4-1948c199b2c7
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/information-technology) › [Information Technology Grade 11 P2 2015 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-qp-gr11-nov-2015-afr/bb990fb5-5758-4d08-96e4-1948c199b2c7)

## About this document

Information Technology · Grade 11 · Eastern Cape November · 2015. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                             GRAAD 11

                       NOVEMBER 2015

                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                               *IINFTA*

                   Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                              INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                   (EC/NOVEMBER 2015)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.     Hierdie vraestel bestaan uit SES afdelings:

        AFDELING A: Meervoudigekeuse-vrae                         (10)
        AFDELING B: Stelseltegnologie                             (20)
        AFDELING C: Kommunikasie- en netwerktegnologieë           (30)
        AFDELING D: Data- en inligtingsbestuur                    (27)
        AFDELING E: Oplossingsontwikkeling                        (23)
        AFDELING F: Geïntegreerde scenario                        (40)

 2.     Lees AL die vrae deeglik deur.

 3.     Beantwoord AL die vrae.

 4.     Die puntetoekenning dien oor die algemeen as ŉ aanduiding van die
        aantal feite/redes wat benodig word.

 5.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik word.

 6.     Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)             INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                         3

 AFDELING A: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

 VRAAG 1

 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies
 die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
 (1.1–1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer.

 1.1    Hierdie tegnologie konfigureer outomaties ŉ toestel voor dit gebruik kan
        word.

        A     Kasberging (‘Caching’)
        B     ‘Hot swappable’
        C     ‘Daisy chaining’
        D     ‘Inprop-en-speel’ (‘Plug-and-Play’)                                        (1)

 1.2    Die tegnologie soos ŉ retina aftaster word … genoem.

        A     inteligente aftasting
        B     biometrika
        C     retinika
        D     oogaftaster                                                                (1)

 1.3    Die poging waar mense ŉ e-pos gebruik om iemand te oorreed om
        sekuriteitsverwante inligting uit te gee word … genoem.

        A     strikroof (‘phishing’)
        B     skimkaping (‘pharming’)
        C     bedrog (‘scamming’)
        D     snuffel (‘snooping’)                                                       (1)

 1.4    ŉ Versameling programme wat ontwerp is om ŉ rekenaar te infiltreer om
        administrateursregte te bekom om die beheer van die besmette rekenaar
        oor te neem.

        A     Skimverklikker (Rootkit)
        B     Trojans
        C     AdminBug
        D     Kwaadwillige programmatuur (‘Malware’)                                     (1)

 1.5    Kunsmatige intelligensie is ...

        A     die simulasie van menslike besluitnemingsprosesse deur ŉ
              rekenaarsisteem, geprogrammeer om op toevoer vanaf sensors te
              reageer.
        B     wanneer mense dink hulle is slim, maar hulle het eintlik ŉ lae IK.
        C     die proses waar sekere roetine kantoorprosesse sonder die hulp van
              mense uitgevoer word.
        D     die uitvoer van fisiese take, gewoonlik herhalende of gevaarlike take
              deur gerekenariseerde masjiene beheer.                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                              INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                  (EC/NOVEMBER 2015)

 1.6    Bereken die antwoord van:
          2 – 30 + 3 * (20 DIV 3)

        A    166
        B    -150
        C    46
        D    -10                                                                     (1)

 1.7    Waarmee word die ikoon hieronder geassosieer?

        A    Tiger-eye
        B    Spec Savers
        C    Nvidia
        D    RSS                                                                     (1)

 1.8    Watter EEN van die volgende terme hoort NIE by die ander NIE?

        A    Android
        B    iOS
        C    Windows RT
        D    Linux                                                                   (1)

 1.9    ŉ … neem ŉ hele program en vertaal dit na masjienkode.

        A    Interpreteerder
        B    Rekenaar
        C    Kompileerder
        D    Programmeerder                                                          (1)

 1.10   Watter EEN van die volgende is NIE waar NIE?

        A    ŉ Videokaart kan meer as een waaier het om dit koel te hou.
        B    ŉ Videokaart se werk is om beelde te genereer wat op die monitor
             vertoon word.
        C    Sonder ŉ aparte videokaart, moet die SVE (‘CPU’) die werk van die
             videokaart doen.
        D    Alle rekenaars kom uit met ŉ aparte videokaart.                         (1)

                                                         TOTAAL AFDELING A:           10

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)               INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                       5

 AFDELING B: STELSELTEGNOLOGIEË

 VRAAG 2

 2.1    Die moederbord is ŉ groot stroombaanbord met ŉ aantal gleuwe, kon-
        neksiepunte en verskillende komponente wat duidelik sigbaar daarop is.

        2.1.1    Een van hierdie konneksiepunte op jou moederbord is ŉ SATA
                 (SGTA)-konneksiepunt. Wat sal daaraan gekoppel word?                    (1)

        2.1.2    Met verwysing na die moederbord, wat is ŉ bus?                          (2)

        2.1.3    Waar sal jy die SVE aan die moederbord koppel?                          (1)

 2.2    Die SVE en die ETG (RAM) is twee van die belangrikste komponente in ŉ
        rekenaar.
        2.2.1 ŉ Punt-tot-punt-konneksie tussen hierdie twee komponente is
              beskikbaar op die moederbord. Wat beteken dit?                             (1)

        2.2.2 Hierdie twee komponente kan nie een optimaal sonder die ander
              een funksioneer nie. Waarom sal dit so wees?                               (2)

        2.2.3 Lys die VIER stappe wat deur die SVE in die masjiensiklus
              uitgevoer word.                                                            (4)

        2.2.4 Jy opgradeer jou ETG (RAM) na 8 GB ETG (RAM). Die rekenaar
              sien net 4 GB ETG (RAM) raak. Dit is korrek geïnstalleer en die
              ETG (RAM) is nie foutief nie. Wat kan die probleem wees?                   (1)

 2.3    Jy benodig meer geheue en besluit om van virtuele geheue gebruik te
        maak.
        2.3.1        Wat is virtuele geheue?                                             (2)

        2.3.2        Hoe maak die rekenaar van virtuele geheue gebruik?                  (2)

 2.4    Kyk na die onderstaande skermafdruk en beantwoord die vrae wat daarop
        volg.

        2.4.1        Wat is firmware?                                                    (1)

        2.4.2        Lys TWEE redes hoekom jy jou fimware sal wil opgradeer.             (2)

        2.4.3        Waarna verwys partisie?                                             (1)

                                                           TOTAAL AFDELING B:            20

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                  INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                    (EC/NOVEMBER 2015)

 AFDELING C: KOMMUNIKASIE- EN NETWERKTEGNOLOGIEË

 VRAAG 3
 Bestudeer die volgende voorstellings van ŉ netwerk (van Google images) en
 beantwoord die vrae.

 3.1    Definieer ŉ netwerk.                                                                (3)
 3.2    In die voorstelling word daar aangedui dat die netwerk gebruik word om ŉ
        drukker (printer) te deel (apparatuur) en vir Internet. Lys DRIE ander
        redes vir die gebruik van ŉ netwerk.                                                (3)
 3.3    Behalwe vir kommunikasie, wat is die funksie van ŉ NKK (Netwerkkoppel-
        vlakkaart/NIC)?                                                                     (2)
 3.4    ŉ Stertopologie word in die voorstelling van ŉ netwerk gebruik.
        3.4.1        Definieer die term topologie.                                          (1)
        3.4.2        Verduidelik hoekom die stertopologie oor die algemeen ŉ
                     populêre keuse is.                                                     (2)
 3.5    Bekabeling is deel van ŉ netwerk. UTP en optiese veselkabels is die
        twee hooftipes kabels.
        3.5.1        Differensieer tussen hierdie twee tipes kabels deur te beskryf
                     hoe data oor die kabels oorgedra word.                                 (2)
        3.5.2        Watter kabel word meestal in hierdie tipe netwerk gebruik?             (1)

 3.6    ADSL word as Internetkonneksie gebruik. Noem TWEE voordele
        verbonde aan die gebruik van ŉ toegewyde lyn soos ADSL teenoor ŉ
        draagbare konneksie.                                                                (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)           INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                         7

 3.7    Onderskei tussen ŉ roteerder en ŉ skakel (switch).                             (2)

 3.8    Verduidelik kortliks die funksie van ŉ modem in datakommunikasie.              (2)

 3.9    ŉ Belangrike deel van ŉ netwerk is ŉ netskans (‘firewall’). Noem TWEE
        maniere hoe ŉ netskans (‘firewall’) jou rekenaar beskerm.                      (2)

 3.10   Die manier waarop inligting in ŉ netwerk beheer word, klassifiseer LAN’s
        in twee formate. Watter soort LAN-formaat word in hierdie prent
        voorgestel?                                                                    (1)

 3.11   Protokol is nodig om datatransmissie oor ŉ netwerk of die Internet
        moontlik te maak. Verduidelik kortliks waar elk van die volgende gebruik
        sal word.

        3.11.1       SMTP                                                              (1)

        3.11.2       POP3                                                              (1)

 3.12   SSL is ŉ protokol wat gebruik word om die sekuriteit van kommunikasie
        en transaksies oor die Internet te verseker. Beskryf kortliks hoe SSL
        werk.                                                                          (3)

 3.13   Gee TWEE verskille tussen ŉ normale werkstasie en ŉ bediener.                  (2)

                                                         TOTAAL AFDELING C:            30

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                   INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                     (EC/NOVEMBER 2015)

 AFDELING D: DATA- EN INLIGTINGSBESTUUR

 VRAAG 4

 4.1 Verduidelik die verskil tussen data en inligting. Maak gebruik van
     voorbeelde as deel van jou antwoord.                                                    (3)

 4.2 Waarna verwys die huidigheid van data?                                                  (1)

 4.3 Verduidelik kortliks die verskil tussen data warehousing en data mining.                (2)

 4.4 ŉ Databasis kan beskryf word as ŉ versameling van data of feite oor ŉ
     sekere onderwerp.

      4.4.1          Lys DRIE voordele van die gebruik van databasissagteware.               (3)

      4.4.2          Tabuleer TWEE van die hoof verskille tussen die funksionering
                     van ŉ tafelblad-databasis teenoor ŉ bediener DBMS.                      (4)

      4.4.3          ŉ Verspreide databasis is baie meer kompleks om te bestuur as
                     ŉ databasis wat op ŉ enkele rekenaar gestoor is. Lys TWEE
                     probleme wat by ŉ verspreide databasis kan voorkom.                     (2)

 4.5 Die onderstaande tabelle word gebruik vir leerders wat vir die IT-Expo
     inskryf. Die tabelname word boaan vertoon, gevolg deur die velde binne
     elke tabel.

      sID                                                          tblExpo
      sNaam                                                        eID
      sSkool                                                       eNaam
      sSkoolNommer                                                 eTipe
      sSkoolEpos
      sGraad
      sGeslag
      ExpoID
      sID

      4.5.1          Wat is die doel van ŉ primêre sleutel in ŉ tabel?                       (1)

      4.5.2          Identifiseer die primêre sleutel in elk van die tabelle.                (2)

      4.5.3          Met verwysing na verwantskappe in ŉ databasis, wat is ŉ
                     vreemde sleutel?                                                        (2)

      4.5.4          Identifiseer die vreemde sleutel in die bostaande voorbeeld.            (1)

      4.5.5          Teken die bostaande tabelle in jou ANTWOORDEBOEK oor.
                     Skep ŉ verwantskap tussen die twee tabelle en dui aan watter
                     tipe verwantskap tussen die twee tabelle bestaan.                       (2)
      4.5.6          Die databasisontwerp is swak. Dit kan oorspoel in potensiële
                     probleme of foute wanneer jy aanpassings in die databasis wil
                     maak. Lys TWEE potensiële foute of probleme wat kan
                     voorkom.                                                                (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)               INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                        9

        4.5.7        Verdeel die twee tabelle in DRIE tabelle om sodoende die
                     probleme wat in VRAAG 4.5.6 gelys is, te voorkom.                    (2)
                                                            TOTAAL AFDELING D:            27

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                             INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                    (EC/NOVEMBER 2015)

 AFDELING E: OPLOSSINGSONTWIKKELING

 VRAAG 5

 5.1   Bestudeer die onderstaande algoritme wat in pseudokode geskryf is.

       Reël
       1. Totaal  0
       2. Lus_var  1 tot 10
       3. As lus_var MOD 2 = 0 dan
       4. Totaal  Totaal + Lus_var
       5. End lus
       6. Vertoon Totaal

       5.1.1    Noem die lus wat die beste keuse sal wees wanneer hierdie
                algoritme in Delphi geprogrammeer word.                                (1)

       5.1.2    Maak gebruik van die volgende opskrifte om ŉ naspeurtabel in jou
                ANTWOORDEBOEK te teken en te voltooi sodat die verandering
                van die inhoud van die veranderlikes gesien kan word wanneer die
                stappe van die algoritme uitgevoer word. Maak gebruik van soveel
                lyne as wat jy benodig.

                Reël Totaal Lus_var Lus_Var Lus_var Lus_var >              Vertoon
                                    MOD 2 MOD 2 10?
                                            = 0?
                                                                                       (4)

       5.1.3    Wat is die doel van hierdie program?                                   (2)

 5.2   Bestudeer die volgende voorbeeld van ŉ tekslêer wat die name van
       studente voorstel, gevolg deur die aantal kaartjies verkoop vir ŉ kunstefees
       wat by ŉ skool gehou word:

       ANDRIES, 43
       ETIENNE, 44
       COBUS, 53
       RUTH, 12
       DIHAN, 46
       SHANNON, 87
       ZAZA, 34
       CHAD, 56
       JAN HENDRIK, 35
       LARNESE, 75
       TANDO, 74
       MARIE-LOUISE, 34
       MICHAELA, 22
       BIANCA, 64

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)                INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                          11

        Oorweeg die volgende algoritme in Delphi programmeerkode wat die
        gemiddelde aantal kaartjies wat verkoop is bepaal.

        N0
        Maak die tekslêer oop
        Herhaal
          Lees lyn vanuit tekslêer
          Onttrek die numeriese waarde vanuit die lyn      //5.2.1
          Verander teks na ’n numeriese waarde en stoor in skikking arrNom
          Tot  Tot + arrNom[N]
          Gem Tot / N
          N  N+1
        Tot einde van tekslêer
        Vertoon die waarde van die gemiddeld

        5.2.1        Skryf ŉ algoritme neer wat gebruik kan word om die numeriese
                     waarde uit ŉ enkele lyn te kan onttrek.                                      (3)

        5.2.2        Skryf die verklaring van ŉ skikking neer.                                    (3)

        5.2.3        Wanneer hierdie algoritme geprogrammeer word, sal ŉ
                     uitvoerfout voorkom. Verduidelik waarom hierdie fout sal
                     voorkom en gee ŉ moontlike oplossing vir die probleem.                       (2)

        5.2.4        ŉ Logiese fout sal ook voorkom met die uitvoer van die
                     algoritme. Verduidelik waarom hierdie probleem sal voorkom en
                     gee ook ŉ moontlike oplossing vir die probleem.                              (2)

        5.2.5        Waarom sal die algoritme nie werk nie indien die tekslêer
                     bestaan, maar leeg is?                                                       (2)

 5.3    Bestudeer die volgende uittreksel van ŉ funksie wat ŉ stringwaarde
        ontvang om die aantal vokale in die string te tel. Die programmeerkode is
        in Delphi geskryf. Voltooi die verklaring vir die funksie.

        Function {5.3}
        Var
         K : integer;
        Begin
         Result := 0;
          For K := 1 to length(sString) do
           If sString[K] in [‘A’, ‘E’, ‘I’, ‘O’, ‘U’] then result := result + 1;
        End;                                                                                      (4)

                                                                    TOTAAL AFDELING E:            23

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                     (EC/NOVEMBER 2015)

 AFDELING F: GEÏNTEGREERDE SCENARIO

 VRAAG 6

 Deur die Internet wat so algemeen gebruik word deesdae, het jy die wêreld aan
 jou vingerpunte. Jy en jou neef besluit om jul entrepreneursbesigheid na ŉ
 nuwe vlak te neem.

 6.1    In die proses om jul besigheid daar buite te kry, besef jy julle het ŉ
        webtuiste nodig. Julle staan voor die uitdaging om te kies tussen Web 1.0
        en Web 2.0.

        6.1.1        Gee die definisie vir ŉ webtuiste.                                      (2)

        6.1.2        Verduidelik die verskil tussen hierdie twee webweergawes deur
                     TWEE karaktereienskappe van elk te lys.                                 (4)

        6.1.3        Jy besluit dit sal ŉ besigheids- of bemarkingswebtuiste wees.
                     Lys DRIE ander tipe webtuistes.                                         (3)

 6.2    ŉ Vriend stel jou bekend aan KickStarter en stel voor julle maak gebruik
        van skarebefondsing (‘crowd-funding’) om jul besigheid van die grond af
        te kry. Verduidelik wat skarebefondsing (‘crowd-funding’) is.                        (2)

 6.3    Met jou neef wat nie in dieselfde dorp as jy bly nie, moet dit moontlik wees
        om met mekaar te kommunikeer. Jy besluit om FaceTime te gebruik.

        6.3.1        Noem die bedryfstelsel wat sal jy nodig het om FaceTime te kan
                     gebruik.                                                                (1)

        6.3.2        Watter protokol word gebruik om FaceTime moontlik te maak?              (1)

 6.4    Die stuur van groot lêers aan jou neef kan ŉ probleem wees. Jy het
        somtyds nodig om van saamgeperste lêers gebruik te maak. Jou keuse
        lê tussen verliesende- en nie-verliesende kompressie (lossy en lossless
        compression). In watter situasies sal dit die beste wees om elk van die
        twee kompressiemetodes te gebruik?                                                   (2)

 6.5    Jy gebruik meestal jou tablet.

        6.5.1        ŉ Tablet gebruik VTA (‘SSD’) vir berging. Tabuleer DRIE
                     vergelykbare verskille tussen ŉ VTA (‘SSD’) en ŉ HDD.                   (3)

        6.5.2        Dit wil voorkom asof die batterylewe van jou tablet baie kort is.
                     Lys DRIE dinge wat jy kan doen om die batterylewe te verleng.           (3)

        6.5.3        Jy verbind jou tablet, selfoon en rekenaar aan ŉ netwerk. Wat
                     noem ons hierdie tipe netwerk?                                          (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)               INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                      13

 6.6    Jou tablet en rekenaar maak gebruik van twee verskillende soorte
        bedryfstelsels.

        6.6.1        Lys DRIE funksies van ŉ bedryfstelsel.                                  (3)

        6.6.2        Van watter tegnologie kan jy gebruik maak om twee verskillende
                     soorte bedryfstelsels en sagteware op een rekenaar te
                     installeer?                                                             (1)

 6.7    Jou rekenaar het ŉ enkelkern SVE. Sê of die volgende
        verwerkingstegnieke sal kan plaasvind. Motiveer jou antwoorde.

        6.7.1        Multitaakverwerking                                                     (2)

        6.7.2        Multiverwerking                                                         (2)

 6.8    Met ŉ besigheid is rugsteun en die maak van argief uiters belangrik.

        6.8.1        Verduidelik die verskil tussen rugsteun en argief deur gepaste
                     voorbeelde in elke geval te gebruik.                                    (2)

        6.8.2        Jy stel die gebruik van aanlynstoor-leêrsinkronisering voor. Wat
                     is aanlynstoor-leêrsinkronisering?                                      (2)

 6.9    Jy besluit om van PayPal gebruik te maak as ŉ aanlyn betaalmetode vir
        kliënte.

        6.9.1        In watte land/lande sal jy van PayPal gebruik kan maak?                 (1)

        6.9.2        Lys TWEE sekuriteitskenmerke wat teenwoordig moet wees op
                     die webtuiste wanneer iets soos PayPal gebruik word.                    (2)

        6.9.3        Wanneer jy met PayPal betaal, word jou finansiële inligting nooit
                     met die verkoper gedeel nie. Enkripsie word gebruik om dit te
                     verseker. Wat is enkripsie?                                             (1)

        6.9.4        Met die opstel van betalings word jy deurmekaar tussen
                     datavalidasie en dataverifikasie. Verduidelik die verskil tussen
                     datavalidasie en dataverifikasie met verwysing na ŉ gepaste
                     voorbeeld.                                                              (2)

                                                              TOTAAL AFDELING F:            40
                                                                  GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

## Related documents

- [IT QP P2 GR11 NOV 2015 (ENG)](https://www.hlayiso.com/library/it-qp-p2-gr11-nov-2015-eng/21e7f486-4aff-4856-83b2-01116f1d86f0) — Information Technology · QP · 2015 · Eng
- [IT P2 MEMO GR11 NOV 2015 (ENG)](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-memo-gr11-nov-2015-eng/c68dc6c8-b2b9-4674-b572-2b1c71693b3e) — Information Technology · Memo · 2015 · Eng
- [IT P2 MEMO GR11 NOV 2015 AFR](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-memo-gr11-nov-2015-afr/02cf2b96-efc4-4756-b1a5-4b94b6a6eb1c) — Information Technology · Memo · 2015 · Afr
- [IT P1 GR11 NOV2015 AFR QP](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr11-nov2015-afr-qp/6c2f94fe-dc46-48b3-83c5-67dff19d97b2) — Information Technology · QP · 2015 · Afr
- [IT-P2-GR11 QP-Afr-NOV2020 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr11-qp-afr-nov2020-afr-d/4c2ae40a-2d69-4f5a-bb35-23756c348dca) — Information Technology · QP · 2020 · Afr
- [IT-P2-GR11 QP-Afr-NOV-2020](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr11-qp-afr-nov-2020/5d30d452-2376-4ec3-b036-6286e3f3889e) — Information Technology · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 11 Information Technology

- [Grade 11 Information Technology P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-information-technology-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1/726303a4-959e-4bd2-851f-8e5359d8ca7b) — Memo · 2026 · Eng
- [Gr 11 Info Tech ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-info-tech-atp-2023-24/67fc595c-646e-4c38-9951-fe5fe3a113a7) — ATP
- [IT P1 MEMO GR11 NOV 2022 ENG](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr11-nov-2022-eng/463c896e-3593-418e-ae29-9566ee4c04d7) — Memo · 2022 · Eng
- [IT P1 MEMO GR11 NOV 2022 AFR](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr11-nov-2022-afr/bb1a49a4-65e0-428e-9303-788c58ca7b60) — Memo · 2022 · Afr
- [IT P2 GR11 MEMO NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr11-memo-nov2022-afrikaans/f5015e15-ffe2-4923-9427-07b7a1a37ae1) — Memo · 2022 · Afr
- [IT P1 MEMO GR11 NOV 2022 AFR](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-information-technology-2022-exemplar-november-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/02cbecc3-c4be-49dd-986d-125a0173594d) — Memo · 2022 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
