# Information Technology Grade 12 P2 2024 QP (Afr)

> Grade 12 Information Technology Paper 2 question paper from the Eastern Cape Prelim Exam 2024 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/it-p2-qp-gr12-sept-2024-afr/9016098b-e233-49f4-b1dc-f0838363c6af
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: Eastern Cape Prelim Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/information-technology) › [Information Technology Grade 12 P2 2024 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-qp-gr12-sept-2024-afr/9016098b-e233-49f4-b1dc-f0838363c6af)

## About this document

Information Technology · Grade 12 · Eastern Cape Prelim Exam · 2024. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIORSERTIFIKAAT

                               GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2024

                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                    Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

                   Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                              INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                  (EC/SEPTEMBER 2024)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit SES afdelings:

      AFDELING A: Kortvrae                                       (15)
      AFDELING B: Stelseltegnologieë                             (25)
      AFDELING C: Kommunikasie- en Netwerktegnologieë            (24)
      AFDELING D: Data- en Inligtingsbestuur                     (26)
      AFDELING E: Oplossingontwikkeling                          (25)
      AFDELING F: Geïntegreerde Scenario                         (35)

2.    Lees AL die vrae sorgvuldig deur.

3.    Beantwoord AL die vrae.

4.    Die puntetoekenning gee oor die algemeen ŉ aanduiding van die getal
      feite/redes wat vereis word.

5.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

6.    Beantwoord VRAAG 4.5.1 en 5.3.6 op die aangehegde ANTWOORDBLAD.

7.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                   INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                      3

AFDELING A: KORTVRAE

VRAAG 1

1.1    Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
       woord/term langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.10).

       1.1.1     ŉ Identiteitsdiefstal-bedrogspul waar die gebruiker outomaties na ŉ
                 ander vals webwerf herlei word, selfs al is die korrekte URL ingevoer. (1)

       1.1.2     ŉ Kategorie van sagteware wat spesifiek ontwerp is om verskeie
                 take en funksies vir gebruikers te verrig.                                  (1)

       1.1.3     ŉ Deel van ŉ lêernaam wat die tipe lêer op ŉ unieke wyse identifiseer.      (1)

       1.1.4     Dit verwys na die hoeveelheid data wat van een punt na ŉ ander in ŉ
                 gegewe tyd oorgedra kan word.                                               (1)

       1.1.5     ŉ Standaardtaal wat gebruik word om data navrae in ŉ databasis te
                 doen asook om data te manipuleer.                                           (1)

       1.1.6     ŉ Eweknie (‘peer-to-peer’) -protokol wat gebruik word om groot lêers
                 oor die internet op en af te laai.                                          (1)

       1.1.7     ŉ Strategie wat gebruik word om ŉ hoër plasing in die soekenjin te
                 verkry.                                                                     (1)

       1.1.8     ŉ Tegniek waar sekere internetdienste voorkeur gegee word, terwyl
                 ander laer prioriteit kry, sodat werkverrigting vir meer kritieke dienste
                 gehandhaaf word.                                                            (1)

       1.1.9     ŉ Algemene protokol wat deur e-pos kliënte gebruik word om e-pos
                 van die posbediener te verkry.                                              (1)

       1.1.10    ŉ Databasisontwerp-tegniek wat data-oortolligheid en enige probleme
                 wat deur onreëlmatighede veroorsaak word, verminder.                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2               (EC/SEPTEMBER 2024)

1.2 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
    Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
    (1.2.1 tot 1.2.5), byvoorbeeld 1.2.6 D.

     1.2.1   CSV is ŉ akroniem vir …

             A       Comma Separated Volume
             B       Comma Separated Values
             C       Common Separated Values
             D       Comma Saturated Values                                              (1)

     1.2.2   Die instansiëring van ŉ klas in OOP word ŉ … genoem.

             A       attribuut
             B       metode
             C       objek
             D       datatipe                                                            (1)

     1.2.3   Beskou die onderstaande skikkingverklaring:
                  var myArray: array[0..6] of Integer;

             Die korrekte kode om die derde element in die bogenoemde skikking te
             kry, is:

             A       myArray[3]
             B       Array[3]
             C       myArray[2]
             D       myArray{2}                                                          (1)

     1.2.4   Watter tegnologie maak dit moontlik dat SaaS-verskaffers; ŉ enkele
             weergawe van hul sagteware aan baie kliënte kan voorsien?

              A      Virtualisasie
              B      Blokkeerketting (‘Blockchain’)
              C      Masjientaal
              D      Aangepaste Werklikheid (‘Augmented Reality’)                        (1)

     1.2.5   Bestudeer die volgende stelling:

                      iValue := CEIL(15/4) + 22 DIV 4 MOD 3;

             Die waarde van iValue is …

              A      26
              B      6
              C      5
              D      4                                                                   (1)

                                                            TOTAAL AFDELING A:           15

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

                             Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                   INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                              5

AFDELING B: STELSELTEGNOLOGIEË

VRAAG 2

2.1 ŉ Sentrale Verwerkingseenheid (SVE) speel ŉ belangrike rol in die
    werkverrigting van ŉ rekenaar.

     2.1.1    Noem die sok wat die SVE aan moederbord koppel.                           (1)

     2.1.2    Definieer multiverwerking.                                                (2)

     2.1.3    Noem die VIER stappe van die masjiensiklus.                               (4)

2.2 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs WAAR of
    ONWAAR langs die vraagnommers (2.2.1 tot 2.2.4) in die ANTWOORDBOEK.

     2.2.1    Konvergensie is ŉ tendens waar aparte tegnologieë en funksies van baie
              toestelle in ŉ enkel multi-funksionele toestel gekombineer word.          (1)

     2.2.2    ŉ Kern is ŉ enkele volledige werkende ETG-stroombaan
              (‘RAM circuit’).                                                          (1)

     2.2.3    ŉ Interpreteerder is sagteware wat programmeringsinstruksies na
              uitvoerbare lêers vertaal.                                                (1)

     2.2.4    Die BIOS word op ŉ nie-vlugtige LAG-skyfie (‘ROM’ chip) op die
              rekenaar se moederbord gestoor.                                           (1)

2.3 Kasberging bied voordele aan gebruikers, netwerkstelsels en besighede.

     2.3.1    Verduidelik kortliks wat kasberging is.                                   (2)

     2.3.2    Noem en verduidelik DRIE tipes/vorme van kasberging.                      (6)

2.4 Besighede raak al hoe meer afhanklik van wolkgebaseerde hulpbronne.

     2.4.1    Verduidelik kortliks wat wolkrekenarisering is.                           (1)

     2.4.2    Gee TWEE voordele van wolkrekenarisering.                                 (2)

2.5 ŉ Goeie rugsteunstrategie is belangrik om jou teen dataverlies te beskerm.

     Gee DRIE riglyne wat jy kan oorweeg wanneer jy ŉ rugsteunstrategie ontwerp.        (3)

                                                                TOTAAL AFDELING B:      25

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                               INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                     (EC/SEPTEMBER 2024)

AFDELING C: KOMMUNIKASIE- EN NETWERKTEGNOLOGIEË

VRAAG 3

3.1   Die internet en tegnologieë verander baie vining; en dit het die leefwyse van
      waarmee mense en hoe hulle besigheid doen verander.

      3.1.1    Onderskei tussen die terme Internet en Wêreldwye Web.                        (2)

      3.1.2    Verduidelik wat semantiese web beteken.                                      (2)

3.2   ŉ Skool se ‘gaming-klub’ het besluit om ŉ tydelike eweknie (‘peer-to-peer’)
      LAN op te stel wat aan die skool se kliënt-bediener- (‘client-server’) netwerk
      gekoppel gaan word.

      3.2.1    Tabuleer TWEE verskille tussen ŉ kliënt-bedienernetwerk en ŉ
               eweknie LAN.                                                                 (4)

      3.2.2    Die mees algemeenste kommunikasiemedium wat in ŉ gekabelde
               netwerk gebruik word, is ŉ UTP-kabel.

               Noem en beskryf DRIE swakhede van UTP-kabels.                                (3)

      3.2.3    Noem TWEE funksies van ŉ netwerkskakelaar (network switch).                  (2)

      3.2.4    Onderskei tussen ŉ bediener en ŉ werkstasie.                                 (2)

      3.2.5    Die ‘gaming-klub’ wil graag ŉ WiFi netwerk op stel.

               Gee die naam van die additionele netwerktoestel wat gekoop moet om
               die LAN na ŉ ‘WLAN’ toe te verander.                                         (1)

3.3   Noem DRIE nadele van ŉ kabellose rekenaarnetwerk.                                     (3)

3.4   Verduidelik die doel van ŉ roeteerder (‘router’).                                     (2)

3.5   Onderskei tussen ŉ HAN en ŉ PAN.                                                      (2)

3.6   Wat noem ons die vorm van bedrog, wanneer ŉ groot groep lae-inkomste
      werkers betaal word om op advertensieskakels te klik om die verkeer na ŉ
      webwerf kunsmatig te verhoog?                                                         (1)

                                                              TOTAAL AFDELING C:            24

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                   INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                              7

SECTION D: DATA- EN INLIGTINGSBESTUUR

VRAAG 4

4.1 Goeie databasisontwerp is belangrik vir betroubare en akkurate data.

     4.1.1    Verduidelik kortliks wat ŉ databasis onreëlmatigheid is.                    (1)

     4.1.2    Noem DRIE tipe onreëlmatighede wat in ŉ swak ontwerpte databasis
              gevind kan word.                                                            (3)

4.2 Identifiseer DRIE probleme met die ontwerp van die volgende databasistabel.

               Veldnaam             Datatipe                 Beskrywing
       Naam                        Short Text    Naam van eienaar
       Van                         Short Text    Van van eienaar
       Adres                       Short Text    Straatadres, Area en Poskode
       Voertuig Registrasie Nr 1   Short Text    Eerste voertuig registrasienommer
       Voertuig Registrasie Nr 2   Short Text    Tweede voertuig registrasienommer
       Voertuig Registrasie Nr 3   Short Text    Derde voertuig registrasienommer         (3)

4.3 Die gebruik van RFID-tegnologie word al hoe meer gewild in databestuur.

     4.3.1    Gee TWEE voorbeelde van hoe RFID in besighede gebruik kan word.             (2)

     4.3.2    Noem DRIE voordele van RFID-tegnologie in vergelyking met
              strepieskode (‘barcode’) tegnologie.                                        (3)

4.4 Sosiale media maatskappye gebruik data-ontginning vir verskeie redes.

     4.4.1    Definieer data-ontginning (‘data mining’).                                  (3)

     4.4.2    Verduidelik hoe data-ontginning op sosiale media webwerwe gebruik
              kan word, byvoorbeeld Facebook.                                             (2)

     4.4.3    Bespreek TWEE risiko’s betrokke by sosiale media-data-ontginning.           (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                               INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                      (EC/SEPTEMBER 2024)

4.5 Intelligente toestelle word al hoe meer gewild. ŉ Databasis word gebruik om die
    intelligente toestelle in twee tabelle, tblGadgets en tblManufacturers, te stoor.

     4.5.1   Beantwoord hierdie vraag op die ANTWOORDBLAD op bladsy 13.

             Jy is gevra om ŉ databasis met verwantskappe te ontwerp. Die
             onderstaande tabelontwerp is onvolledig.
                     tblManufacturers                      tblGadgets
                       ManufacturerID                       DeviceID
                       ManufacturerName                     DeviceName
                       ContactNumber                        Category
                       OnlineSupport                        OperatingSystem
                                                            Price
                                                            NumInStock
                                                            ProducerID

             (a)     Identifiseer die primêre sleutel in elke tabel. Skryf PK langs die
                     korrekte veldnaam.                                                             (2)
             (b)     Identifiseer ŉ vreemde sleutel (‘foreign key’). Skryf FK langs die
                     korrekte veldnaam.                                                             (1)
             (c)     Toon hoe die 2 tabelle gekoppel moet word en dui die tipe
                     verwantskap wat tussen die tabelle bestaan, aan.                               (2)

     4.5.2   Identifiseer die datatipe van die volgende velde:
             (a)     Price                                                                          (1)
             (b)     OnlineSupport                                                                  (1)
                                                                   TOTAAL AFDELING D:               26

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

                             Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                     INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                               9

AFDELING E: OPLOSSINGSONTWIKKELING

VRAAG 5

5.1 Die gebruikmaking van defensiewe programmering kan help om logiese foute in
    programme te voorkom.

     5.1.1    Verduidelik wat bedoel word met die term logiese fout.                         (2)

     5.1.2    Verduidelik wat bedoel word met defensiewe programmering.                      (1)

5.2 Verduidelik hoekom die binêre soekalgoritme nie in die volgende skikking, in sy
    huidige toestand, gebruik kan word nie:

                                            arrGetalle
                          1    2        3    4     5      6   7    8
                         13    56      78    23   48     89   76   98                        (1)

5.3 Bestudeer die Delphi-kode hieronder en beantwoord vrae 5.3.1 tot 5.3.6.

     begin
         iBeginWaarde := BeginWaarde.Value;
         iEindWaarde := EindWaarde.Value;
     {1} iSom := 0;
     {2} for iLus := iBeginWaarde to iEindWaarde do
     {3} iSom := iSom + iLus;
     {4} lblSom.Caption := 'Die som is ' + IntToStr(iSom);
     {5} lblTeller.Caption := 'Die lus is '+____+ 'kere uitgevoer.';
     end;

     5.3.1    Identifiseer die Delphi-komponent wat gebruik word, in die bogenoemde
              kode, om die toevoer te verkry.                                                (1)

     5.3.2    Skryf ŉ alternatiewe reël van Delphi-kode wat dieselfde as die kode in reël
              3 sal doen.                                                                    (2)

     5.3.3    Skryf die reëlnommer van die kode wat die volgende implementeer:

              (a)     Inisialisering                                                         (1)

              (b)     ‘Typecasting’                                                          (1)

     5.3.4    Voltooi die ontbrekende kode in rëel 5 wat moet vertoon hoeveel keer die
              lus uitgevoer is.                                                              (2)

     5.3.5    Herskryf reël 2 as ŉ kondisionele lus.                                         (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

                              Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2              (EC/SEPTEMBER 2024)

     5.3.6   Beantwoord hierdie vraag op die ANTWOORDBLAD op bladsy 13.

             Gebruik die gegewe kode en voltooi die naspeurtabel stapsgewys.
             iBeginWaarde = 4 en iEindWaarde = 6.

               Stap       Reëlnr        iLus       iSom      Afvoer
                1
                2
                3
                 .
                 .
                 .                                                                       (4)

5.4 Die volgende UML (‘Unified Modelling Language’)-klasdiagram verteenwoordig
    ŉ TSmartSwitch-klas.

                          TSmartSwitch
      - fSwitchID – String
      - fDevice – String
      - fPowerUsage – String
      - fSwitchStatus – Boolean
      + Constructor Create (sSwitchID, sDevice : String;
                             iPowerUsage:Integer;
                             bSwitchStatus:Boolean)
      + GetSwitchID : String
      + ComputeEnergyUsed : Real
      + SetSwitchStatus
      + toString : String
      + DetermineSwitchStatus : String

     5.4.1   Lys ŉ metode wat gebruik word om ŉ objek te instansieer.                    (1)

     5.4.2   Gee ŉ voorbeeld van elk van die volgede metodes in die gegewe
             klasdiagram:

             (a)     Toegangsmetode (‘Accessor’)                                         (1)

             (b)     Wysigingsmetode (‘Mutator’)                                         (1)

     5.4.3   Wat is die doel van die toString-metode wat in die klasdiagram aangedui
             word?                                                                       (1)

     5.4.4   Wat stel die onderskeie minus (-) en plus (+) simbole in ŉ klasdiagram
             voor?                                                                       (2)

                                                              TOTAAL AFDELING D:         25

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                   INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                11

AFDELING F: GEÏNTEGREERDE SCENARIO

VRAAG 6

ŉ Nuwe winkelsentrum is in die stad gebou. Die projekbestuurders en ontwikkelaars
wil Inligting en Kommunikasie Tegnologieë in baie areas van die sentrum insluit.

6.1 Plekgebaseerde rekenaarverwerking (‘Location-based computing’) bied beide
    voordele en nadele vir die gebruikers en besighede in die sentrum aan.

     6.1.1    Bespreek TWEE maniere hoe plekgebaseerde rekenaarverwerking
              gebruik kan word om die inkopie-ervaring binne die sentrum, te
              verbeter.                                                                    (2)

     6.1.2    Gee TWEE nadele of risiko’s wat met plekgebaseerde datainsameling
              geassossieer word.                                                           (2)

6.2 Die projekbestuurder maak gebruik van ŉ Wiki om projekmateriaal en inligting te
    sentraliseer.

     Noem TWEE uitdagings/nadele van die gebruik van Wiki’s.                               (2)

6.3 Projekbestuur maak dikwels gebruik van verspreide rekenarisering.

     Verduidelik kortliks die konsep verspreide rekenaarverwerking.                        (2)

6.4 Die ontwikkelaars maak van ŉ intranet gebruik om toegang te verkry tot interne
    databasisse en om saam aan projekte te werk.

     6.4.1    Verduidelik wat ŉ intranet is.                                               (1)

     6.4.2    Sommige spanlede kla oor inligtingoorlading (‘information overload’).

              Verduidelik wat inligtingoorlading is.                                       (1)

     6.4.3    Die Internet van Dinge is ŉ moontlike oplossing vir inligtingoorlading.
                                                                                           (2)
              Verduidelik kortliks wat die Internet van Dinge is.

6.5 Sommige spanlede het ge-‘cyberslack’.

     6.5.1    Verduidelik wat ‘cyberslacking’ beteken.                                     (2)

     6.5.2    Stel TWEE maatreëls voor wat die spanlede kan volg om die tyd wat
              hulle op sosiale media spandeer, te beperk.                                  (2)

     6.5.3    Mense verwar dikwels die terme, sosiale netwerking (social networking)
              en sosiale manipulasie (‘social engineering’).

              Onderskei tussen sosiale netwerking en sosiale manipulasie.                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                              INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                     (EC/SEPTEMBER 2024)

6.6   Die projekbestuurder maak van blokkeerketting (‘blockchain’)-tegnologie
      gebruik.

      6.6.1    Definieer die konsep blokkeerketting (‘blockchain’)-tegnologie.              (2)

      6.6.2    Publiekesleutel-enkripsie (‘public key encryption’) speel ŉ belangrike
               rol in blokkeerketting-tegnologie.

               Verduidelik kortliks wat die publiekesleutel-enkripsie proses behels.        (2)

6.7   Die warmkolle (‘hotspots’) in die sentrum word gereeld deur besigheidsmense
      gebruik om aan hul maatskappy se VPN te koppel.

      6.7.1    Skryf die afkorting VPN uit.                                                 (1)

      6.7.2    Verduidelik kortliks wat ŉ VPN is.                                           (2)

      6.7.3    Verduidelik hoe ŉ VPN gereeld vir onwettige doeleindes gebruik
               word.                                                                        (1)

6.8   Projekbestuurvergaderings vind gereeld via Skype plaas.

      6.8.1    Skype gebruik enkripsie.

               Definieer enkripsie en verduidelik die doel daarvan.                         (2)

      6.8.2    Noem TWEE indikators wat deur ŉ webblaaier vertoon word wat
               aandui dat dit ŉ veilige webtuiste is.                                       (2)

6.9   Die ontwikkelaars waarsku gebruikers en besighede teen kubermisdaad
      (‘cybercrime’) en kuberbendes (‘cybergangs’).

      6.9.1    Verduidelik wat ŉ kuberbende (‘cybergang’) is.                               (1)

      6.9.2    Gee TWEE voorbeelde van kubermisdaad (‘cybercrime’).                         (2)

      6.9.3    Noem TWEE maniere hoe gebruikers en besighede hulself teen
               kubermisdaad kan beveilig.                                                   (2)

                                                              TOTAAL AFDELING F:            35
                                                                  GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
    (EC/SEPTEMBER 2024)                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                         13

ANTWOORDBLAD

HEG HIERDIE BLADSY AAN JOU ANTWOORDBOEK

NAAM VAN LEERLING:_______________________________________________________

AFDELING D: DATA- EN INLIGTINGBESTUUR

VRAAG 4

4.5.1

                  tblManufacturers                           tblGadgets
                     ManufacturerID                          DeviceID
                     ManufacturerName                        DeviceName
                                                             Category
                     ContactNumber
                                                             OperatingSystem
                     OnlineSupport
                                                             Price
                                                             NumInStock
                                                             ProducerID
AFDELING E: OPLOSSINGSONTWIKKELING

5.3.6     Stap      Reëlnr     iLus      iSom      Afvoer
            1
            2
            3
            4
            5
            6
            7
            8
            9
           10
           11
           12
           13
           14
           15

    Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

                               Hosted by www.ecexams.co.za.

## Related documents

- [IT P2 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-memo-gr12-sept-2024-english/4d74acb4-cb8b-4fd3-874f-4801fbcb8f44) — Information Technology · Memo · 2024 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept-2024-english/8994aed2-83ec-413e-b7dc-b0d0b93b82f4) — Information Technology · Memo · 2024 · Eng
- [IT P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans/3392f845-8547-4e23-b73c-910c59ca4b2b) — Information Technology · QP · 2022 · Afr
- [IT P2 GR12 QP SEPT2022 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-qp-sept2022-english/59a4dc5f-1ee1-44b9-b838-76b7e9322abb) — Information Technology · QP · 2022 · Eng
- [Information Technology P2 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-may-june-2021-eng-1/7454979b-cba2-4b39-a884-69e6b1c0f5c6) — Information Technology · QP · 2022 · Eng
- [Information Technology P2 May June 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-may-june-2021-afr-1/500d3219-d02f-4c1c-af0e-452a5fe87f3b) — Information Technology · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Information Technology

- [Information Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/109c2e1d-bc20-46d3-ac02-c08c05ad9c78) — Memo · 2025 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept2023-afrikaans/7ffdb7c3-1881-43da-8d8a-96ea3ff87451) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-afrikaans/88ad2758-42f6-43df-a80a-288b5f4cff9f) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-english/41fa8299-d258-40e9-8c8b-a3ce984eef54) — Memo · 2023 · Eng
- [Information Technology P1 May-June 2023 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2023-mg-eng/f868554b-8f4f-4370-aa4e-cfa745fc806d) — Memo · 2023 · Eng
- [IT P1 GR12 MEMO SEPT 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr12-memo-sept-2022-afrikaans/43cd69be-f0ac-46f4-9d4c-b2503fe09125) — Memo · 2022 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
