# Information Technology Grade 11 P1 2013 QP (Afr)

> Grade 11 Information Technology Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2013 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/it-paper-1-gr11-nov2013-qp-afr/b52b8a79-6a41-4d13-80fa-cb639f81951c
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2013
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/information-technology) › [Information Technology Grade 11 P1 2013 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/it-paper-1-gr11-nov2013-qp-afr/b52b8a79-6a41-4d13-80fa-cb639f81951c)

## About this document

Information Technology · Grade 11 · Eastern Cape November · 2013. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                     NASIONALE
                 SENIOR SERTIFIKAAT

                         GRAAD 11

                 NOVEMBER 2013

          INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                 Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                            INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                           (NOVEMBER 2013)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Die duur van hierdie eksamen is drie uur. As gevolg van die aard van hierdie
     eksamen is dit belangrik om kennis te neem dat jy NIE toegelaat sal word om
     die eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te verlaat NIE.

2.   Jy het die onderstaande lys lêers nodig om die vrae te beantwoord. Dit sal op
     ŉ CD aan jou verskaf word OF die toesighouer/onderwyser sal vir jou sê waar
     om dit op die hardeskyf van die werkstasie wat jy gebruik, te vind OF in watter
     netwerklêergids (‘network folder’) dit is:

     VRAAG 1
     Vraag1_U.pas
     Vraag1_P.dpr
     Vraag1_U.dfm

     VRAAG 2
     Biblioteek.mdb
     Vraag2_U.pas
     Vraag2_U.dfm
     Vraag2_P.dpr

     VRAAG 3
     Boeke.txt
     Vraag3_U.pas
     Vraag3_U.dfm
     Vraag3_P.dpr

     VRAAG 4
     Vraag4_U.pas
     Vraag4_P.dpr
     Vraag4_U.dfm

3.   Stoor jou werk met gereëlde tussenposes as ŉ voorsorgmaatreël teen
     kragonderbrekings.

4.   Lees AL die vrae aandagtig deur. Moenie meer doen as wat die vrae vereis
     nie.

5.   Gedurende die eksamen mag jy gebruik maak van die handleidings wat
     oorspronklik saam met die apparatuur en programmatuur verskaf is. Jy mag
     ook die HELP-funksies van die programmatuur gebruik. Jy mag NIE enige
     ander hulpbronmateriaal gebruik NIE.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                  INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                           3

 SCENARIO

 ŉ Biblioteek is ŉ belangrike bron van inligting, al is rekenaars en tegnologie so
 bekombaar. Daar is verskeie tipe boeke beskikbaar in ŉ biblioteek, soos fiksie,
 naslaanboeke asook tydskrifte en sommige biblioteke het selfs video’s/CD’s/DVD’s.

 VRAAG 1: DELPHI PROGRAMMERING

 Alle leerders mag gebruik maak van die rekenaars in die biblioteek vir navorsingdoeleindes.
 Hulle mag vir ŉ sekere aantal minute werk; afhangende van hul graad. Leerders sal met ŉ
 eenmalige gebruikernaam (‘username’) en wagwoord verskaf word.

 Maak die Vraag1_U.pas en Vraag1_P.dpr lêers oop en voltooi die program.

 Die leerders moet hul naam en van intik sowel as hul graad selekteer. Hulle moet ook aandui
 of hul aan ŉ taak werk. Indien dit die geval is, kan hul verniet hul werk druk; anders moet hul
 R0,40 per bladsy betaal, as hulle ander werk wil druk.

 Om die gebruikernaam te skep moet hul van en voorletters gebruik word.
 Die wagwoord is ŉ ewekansige gegeneerde getal tussen 1 en 1 000 000.

 Die toegelate tyd op die rekenaar hang af van die graad waarin die leerder is.
 Gr 8 en Gr 9: 15 minute; Gr 10: 20 minute; Gr 11: 25 minute en Gr 12: 30 minute.

 Voltooi die kode vir die ‘Registreer’ knoppie om soortgelyke uitvoer te verskaf:

       Tik jou naam en van in as kommentaar in die eerste reël van die lêer.
       Stoor die eenheid.
       Maak ŉ drukstuk van die kode, indien nodig.                                        [23]

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                  INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                           (NOVEMBER 2013)

VRAAG 2: DELPHI PROGRAMMERING EN DATABASIS

Die databasis, Biblioteek.mdb, wat data verwant aan hierdie onderwerp bevat, kan in
die lêer Vraag 2 gevind word.

Die tblboeke-tabel bevat inligting oor die verskillende boeke in die biblioteek. Die
tabel het die volgende velde:

Die onderstaande tabel is ŉ voorbeeld van die data in die tblboeke-tabel.

Jy is ook voorsien van ŉ onvolledige Delphi-program met ŉ eenheid met die naam
Vraag2_U en ŉ projek Vraag2_P in die lêergids Vraag 2. Maak die onvolledige
program oop.

         Die program moet in staat wees om met die databasis genoem Biblioteek.mdb
          te verbind.
         Wanneer jy VRAAG 2.1 doen, en vind dat die verbinding nie plaasvind nie,
          gebruik die volgende stappe om verbinding met die databasis te laat plaasvind.
         Kliek op die ADOTable-komponent genoem adobib.
         Kliek op die ‘Ellipse’-knoppie (drie kolletjies) regs van die ‘ConnectionString’-
           eienskap in die ‘Object Inspector’.
         Kliek op die ‘Build’-knoppie wat jou na die ‘Data Link Properties’-dialoogblokkie
           neem.
         Kies ‘Microsoft Jet 4.0 OLE DB Provider’ en kliek op ‘Next’.
         Die eerste opsie op die ‘Connection tabsheet’ laat jou toe om die
          Biblioteek.mdb-lêer te vind.
         Verwyder die gebruikersnaam Admin.
         Kliek op die ‘Test Connection’-knoppie.
         Kliek OK op elkeen van die oop dialoogvensters.
NOTA: As jy glad nie konnektiwiteit met die databasis kan bewerkstellig wanneer jy
die program uitvoer nie, moet jy nogtans die kode doen en dit inhandig om nagesien te
word.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                  INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                       5

 2.1     Voltooi die kode in die Hoeveel Boeke? Menu Opsie wat die aantal boeke in
         die biblioteek sal vertoon.

         Voorbeeld van afvoer:

                                                                                         (7)

 2.2     Voltooi die kode in die Persentasie Afr Boeke Menu Opsie wat die persentasie
         Afrikaanse boeke in die biblioteek sal bereken en vertoon.

         Voorbeeld van afvoer:

                                                                                        (10)

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                             INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                         (NOVEMBER 2013)

2.3   Voltooi die kode in die Boeke deur Skrywer? Menu Opsie om te bepaal
      hoeveel boeke van ŉ sekere skrywer in die biblioteek gevind kan word. Die
      SkrywerID moet met ŉ EditBox ingelees word.

      Voorbeeld van afvoer as SkrywerID 2354 (Wilbur Smith) ingetik word:

                                                                                        (9)

2.4   Voltooi die kode in die Publiseer > 2000 Menu Opsie om al die boeke in die
      biblioteek wat na 2000 gepubliseer is, te vertoon.

      Voorbeeld van afvoer:

                                                                                        (8)

     Tik jou naam en van in as kommentaar in die eerste reël van die lêer.
     Stoor die eenheid.
     Maak ŉ drukstuk van die kode, indien nodig.                                      [34]

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                  INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                     7

VRAAG 3: DELPHI-PROGRAMMERING

Hierdie vraag bevat verskeie opsies wat in ŉ biblioteek gebruik word. Alle inligting wat
benodig word is gestoor in ŉ skikking genaamd arrboeke.

Die skikking bevat die volgende inligting: titel; van, voorletters

3.1    Skryf kode vir die Skep Boekkode Menu Opsie wat die titel, in ŉ aparte skikking
       met die naam arrTitel sal stoor, asook die skrywer in ŉ aparte skikking met die
       naam arrSkrywer sal stoor. Die inligting wat gemanipuleer moet word is gestoor in
       die skikking arrBoeke.

       Die boekkode moet dan geskep word deur die eerste drie letters van die skrywer
       se van en die teller bymekaar te voeg. Die titel en die boekkode moet netjies in
       kolomme vertoon word met geskikte opskrifte.

                                                                                           (12)

3.2    Skryf kode vir die Sorteer volgens Skrywers Menu Opsie wat die boeke
       alfabeties volgens die skrywers se vanne sal sorteer. Vertoon die van, van die
       skrywer, asook die titels netjies in kolomme.

                                                                                           (13)

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                              INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                           (NOVEMBER 2013)

3.3   Skryf kode vir die Skep Wagwoord Menu Opsie wat die gebruiker sal vra om hul
      naam en van in kleinletters in te sleutel. Die wagwoord word dan soos volg
      geskep:
      Die eerste drie letters van die van (die tweede letter in hoofletters) + ewekansige
      getal tussen 0 en 9 + die eerste twee letters van die naam (die eerste letter in
      hoofletters) + ewekansige getal tussen 0 en 99 + #.
      Vertoon ŉ boodskap wat die wagwoord bevat. Die naam en wagwoord moet in ŉ
      skikking arrwagwoord, met metode omvang (‘method scope’), gestoor word.

      Voorbeeld:

                                                                                            (18)

3.4   Skryf kode vir die Boetes Menu Opsie wat die gebruiker sal vra om die datum wat
      die boek uitgeneem is, in te sleutel. Dit moet dan bereken of die boek laat is en
      indien die boek laat is, moet ŉ boete bereken word. As die verskil tussen die
      huidige datum en die datum wat die boek uitgeneem is, 14 dae of minder is, is daar
      geen boete nie. As die aantal dae tussen 14 en 21 (insluitend) is, dan is die boete
      R1,50 per dag wat die boek laat is. Indien die boek meer as 21 dae laat is, is die
      boete R2,50 per dag. Sodra die boete bereken is, moet die datum wat die boek
      uitgeneem is, datum wat die boek ingehandig is asook die boete vertoon word.

                                                                                            (24)

3.5   Skryf kode vir die Soek Menu Opsie wat sal kyk of die boek bestaan volgens die
      titel wat in die InputBox ingetik is. ŉ Gepaste boodskap moet vertoon word indien
      die boek gevind is, sowel as dit nie gevind is nie.

      Voorbeeld van afvoer:

                                                                                            (10)

     Tik jou naam en van in as kommentaar in die eerste reël van die lêer.
     Stoor die eenheid.
     Maak ŉ drukstuk van die kode, indien nodig.                                           [77]

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                  INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                         9

 VRAAG 4: DELPHI PROGRAMMERING

 Elke boek het ŉ unieke ISBN-nommer wat uit 13 syfers bestaan. Die dertiende syfer
 word gebruik om te toets of die ISBN geldig is of nie. Daar is ŉ berekening om te toets
 of die ISBN korrek is.

 Metode: (slegs die eerste 12 syfers word gebruik)
 Elke syfer van links na regs moet afwisselend met 1 of 3 vermenigvuldig word. Die
 produkte moet dan bymekaar getel word en deur 10 gedeel word om ŉ res tussen 0 en 9
 te gee. Die res moet dan van 10 afgetrek word om ŉ enkele syfer as antwoord te gee.
 As die antwoord dieselfde is as die 13de syfer, dan is die ISBN geldig.

 Voorbeeld: ISBN is 9780306406157
 9x1+7x3+8x1+0x3+3x1+0x3+6x1+4x3+0x1+6x3+1x1+5x3
 = 9 + 21 + 8 + 0 + 3 + 0 + 6 + 12 + 0 + 18 + 1 + 15
 = 93
 93 / 10 = 9 res 3
 10 – 3 = 7         *as die antwoord = 10 dan moet dit na ŉ 0 verander word*
 7 is dieselfde as die 13de syfer van die ISBN  ISBN korrek

 Voltooi die onvoltooide program om seker te maak dat die ISBN wat ingetik is, korrek is
 deur van die metode wat in die inleiding beskryf is, gebruik te maak. As die ISBN korrek
 is, vertoon dit in die geskikte ‘richedit’-komponent. Indien die ISBN verkeerd is, moet die
 ISBN in die geskikte ‘richedit’ vertoon word. Die verkeerde ISBN moet dan gekorrigeer
 word deur die foutiewe 13de syfer te vervang met die 13de syfer wat bereken is. Die
 korrekte ISBN moet dan onder die verkeerde ISBN vertoon word soos in die voorbeeld
 hieronder.

      Tik jou naam en van in as kommentaar in die eerste reël van die lêer.
      Stoor die eenheid.
      Maak ŉ drukstuk van die kode, indien nodig.                                             [16]

                                                                                 TOTAAL:       150

## Related documents

- [IT P1 GR11 NOV2013 QP (Eng)](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-gr11-nov2013-qp-eng/541c84c9-79a2-409a-a626-cb4433d4db80) — Information Technology · QP · 2013 · Eng
- [INFT-P2 GR11 NOV13 QP (Eng)](https://www.hlayiso.com/library/inft-p2-gr11-nov13-qp-eng/79176144-7925-452f-8ab1-5b73afaf8bf3) — Information Technology · QP · 2013 · Eng
- [INFT-P2 GR11 NOV13 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/inft-p2-gr11-nov13-qp-afr/d4755231-d447-4cf8-9d22-3e718148fe11) — Information Technology · QP · 2013 · Afr
- [IT P1 QP GR11 NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-qp-gr11-nov2020-afrikaans/3004cfd1-3dc0-4c27-8e34-e7946b874eb4) — Information Technology · QP · 2020 · Afr
- [IT P1 QP GR11 NOV2020 Afrikaans D](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-qp-gr11-nov2020-afrikaans-d/cca32e2f-eb44-4bc4-a2d6-e9767e9a0e4b) — Information Technology · QP · 2020 · Afr
- [IT P1 QP GR11 NOV2020 English D](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-qp-gr11-nov2020-english-d/7b2666c6-ba4e-471a-b82d-0e9cc054a7f3) — Information Technology · QP · 2020 · Eng

## More from Grade 11 Information Technology

- [Grade 11 Information Technology P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-information-technology-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1/726303a4-959e-4bd2-851f-8e5359d8ca7b) — Memo · 2026 · Eng
- [Gr 11 Info Tech ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-info-tech-atp-2023-24/67fc595c-646e-4c38-9951-fe5fe3a113a7) — ATP
- [IT P1 MEMO GR11 NOV 2022 ENG](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr11-nov-2022-eng/463c896e-3593-418e-ae29-9566ee4c04d7) — Memo · 2022 · Eng
- [IT P1 MEMO GR11 NOV 2022 AFR](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr11-nov-2022-afr/bb1a49a4-65e0-428e-9303-788c58ca7b60) — Memo · 2022 · Afr
- [IT P2 GR11 MEMO NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr11-memo-nov2022-afrikaans/f5015e15-ffe2-4923-9427-07b7a1a37ae1) — Memo · 2022 · Afr
- [IT P1 MEMO GR11 NOV 2022 AFR](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-information-technology-2022-exemplar-november-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/02cbecc3-c4be-49dd-986d-125a0173594d) — Memo · 2022 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
