# Information Technology Grade 11 P1 2016 QP (Afr)

> Grade 11 Information Technology Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2016 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/it-qp-p1-gr11-afr-nov2016/6ba2e8ce-f3e5-459a-aa7b-f14d6633e32d
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/information-technology) › [Information Technology Grade 11 P1 2016 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/it-qp-p1-gr11-afr-nov2016/6ba2e8ce-f3e5-459a-aa7b-f14d6633e32d)

## About this document

Information Technology · Grade 11 · Eastern Cape November · 2016. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                       NASIONALE
                   SENIOR SERTIFIKAAT

                          GRAAD 11

                     NOVEMBER 2016

               INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                            *IINFTA*

                 Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                             INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                   (EC/NOVEMBER 2016)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae. Kandidate moet AL vier vrae
    beantwoord.

 2. Hierdie eksamen duur drie uur. As gevolg van die aard van hierdie eksamen,
    is dit belangrik om daarop te let dat jy nie toegelaat sal word om die
    eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te verlaat nie.

 3. Beantwoord in elke vraag slegs wat gevra is. Byvoorbeeld, indien die vraag nie
    datavalidering vereis nie, sal geen punte vir datavalidering toegeken word nie.

 4. Jou programme moet so gekodeer word dat dit met enige data sal werk en nie
    net met die voorbeelddata wat voorsien is of enige data-uittreksels wat in die
    vraestel verskyn nie.

 5. Roetines soos soek, sorteer en seleksie moet vanuit eerste beginsels ontwikkel
    word. Jy mag NIE die ingeboude funksies van ŉ programmeringstaal vir enige
    van hierdie roetines gebruik NIE.

 6. Stoor jou werk gereeld.

 7. Die lêers wat jy benodig om hierdie vraestel te voltooi, is aan jou gegee. Die
    lêers word in die vorm van ŉ uitvoerbare lêer wat met ŉ wagwoord beskerm is,
    verskaf.

     Doen die volgende:
         Dubbelkliek op die uitvoerbare lêer wat met ŉ wagwoord beskerm is.
         Klik op die ‘extract’-knoppie.
         Sleutel die volgende wagwoord in: Cycling*#&

     Lys van lêers wat in die lêergids DataNov2016AFR voorsien is, nadat dit
     onttrek is:

     Vraag 1:           Vraag 2:             Vraag 3:            Vraag 4:

     Vraag1P.dpr        Vraag2P.dpr          Vraag3P.dpr         Vraag4P.dpr
     Vraag1P.res        Vraag2P.res          Vraag3P.res         Vraag4P.res
     Vraag1U.dfm        Vraag2U.dfm          Vraag3U.dfm         Vraag4U.dfm
     Vraag1U.pas        Vraag2U.pas          Vraag3U.pas         Vraag4U.pas
                        timetrial.txt                            Fietsry.mdb

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)                INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                      3

SCENARIO

Fietsry is op die oomblik een van die mees vinnigste groeiende sportsoorte. Daar word al
hoe meer resies gehou, waaraan die fietsryers kan deelneem, in pad- of bergfietsry. Baie
toeristebestemmings het nou selfs ŉ 5 km bergfietsroete vir die fietsry-entoesias. Fietsry
is nie net vir die fiksstes nie, maar ŉ sport waaraan almal kan deelneem, ongeag van
ouderdom en fiksheid.

VRAAG 1: ALGEMENE PROGRAMMERINGSVAARDIGHEDE

Verskeie aspekte rakende fietsry word bespreek in hierdie vraag.

ŉ Voorbeeld van die GGK word hieronder gegee:

Voltooi die kode vir elke afdeling van VRAAG 1 soos beskryf in VRAAG 1.1 tot
VRAAG 1.4.

1.1    Fietsryers word in twee kategorieë verdeel, naamlik: Junior en Senior. Die
       kategorieë word bepaal op hul ouderdom. As die fietsryer 18 jaar of jonger is
       dan is hul in die Junior kategorie en as hul ouer as 18 is, is hul in die Senior
       kategorie.

       Skryf kode wat die gebruiker sal vra om hul name en geboortedatum in te tik.
       Vertoon die kategorie, in die teksarea, gebaseer op hul ouderdom.

       LET WEL: Die geboortedatum moet in die volgende formaat ingetik word:
                JJJJ/MM/DD.

       Voorbeeld van afvoer:

                                                                                           (8)
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                           INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                        (EC/NOVEMBER 2016)

1.2   Elke fietsryer moet resiesfooie betaal. As hulle ŉ lid is van ‘Cycling SA’, dan
      kry hulle 10% afslag. As hulle aan ŉ klub behoort kwalifiseer hulle vir ŉ ekstra
      6%.
      Skryf kode om die gebruiker in te lig hoeveel, indien enige, afslag hulle op hul
      reisfooie kan verwag.
      Voorbeeld van afvoer as klublid-merkblokkie gekies is:

      Voorbeeld van afvoer as klublid- en CSA-merkblokkie gekies is:

      Voorbeeld van afvoer as niks gekies is nie:

                                                                                          (6)

1.3   Resiesnommers word aan fietsryers toegeken. Die resiesnommer bestaan uit
      die voorletters van die naam van die resies, byvoorbeeld Bay to Beach sal
      dan BtB wees, asook ŉ ewekansige getal tussen 1000 en 9999 (insluitend).
      Skryf kode om die reisnommer van die fietsryers te bepaal afhangende van
      die resies waaraan hulle deelneem.
      Voorbeeld van afvoer (afvoer sal verskil as gevolg van die ewekansige
      getalle):

                                                                                          (9)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)               INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                      5

1.4    Vir elke resies moet ŉ sekere bedrag aan CSA oorbetaal word. Die bedrag
       bestaan uit die verpligte bedrag van R150, ŉ provinsiale fooi wat deur die
       provinsies bepaal word en ŉ daglisensie van R35 as die fietsryer nie ŉ lid van
       CSA is nie (ingesleutel in VRAAG 1.2). As die fietsryer vir toekomstige resies
       gekeur wil word, dan moet ŉ ‘domestic racing licence’ van R350 betaal word.

       Provinsiale Fooie:

       Gauteng-Sentraal            R75
       Gauteng-Noord               R50
       KwaZulu Natal               R50
       Vrystaat                    R75
       Oos-Kaap                    R50
       Noordwes                    R75
       Noord-Kaap                  R50
       Limpopo                     R50
       Mpumalanga                  R25
       Wes-Kaap                    R50

      Voorbeeld van afvoer as Oos-Kaap gekies is en ‘Domestic Racing Licence’
      nie gekies is nie:

      Voorbeeld van afvoer as Oos-Kaap en ‘Domestic Racing Licence’ gekies is:

                                                                                        (13)

         Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die
          programlêer in.
         Stoor die program.
         ŉ Drukstuk van die kode mag vereis word.
                                                                                        [36]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                            INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                        (EC/NOVEMBER 2016)

VRAAG 2

Fietsryers is baie kompeterend en probeer altyd om hul vorige tye te verbeter. Hulle
maak van spesiale sagteware gebruik wat rekord hou van hul spoed vir die hele
afstand, sodat hulle dit later kan analiseer.

Die tekslêer, timetrial.txt, bevat ŉ aantal reëls (maksimum aantal reëls is 50).

Elke reël bestaan uit die fietsryer se van, naam, tyd vir eerste rondte en tyd vir
tweede rondte. Die tyd word in minute gegee.

Formaat van elke reël in die tekslêer:

            <van>#<naam>#<eerste rondte tyd>#<tweede rondte tyd>

2.1 Wanneer die program uitgevoer word (FormCreate), moet die inhoud van die
    tekslêer in TWEE skikkings, arrNaam and arrGemiddeld, gestoor word.

     arrNaam moet die naam en van van die fietsryer bevat en arrGemiddeld
     moet die gemiddelde tyd van die twee rondtes stoor.                                  (21)

2.2 Wanneer die gebruiker die Vertoon Inligting knoppie kliek, moet die
    fietsryers se name vertoon word; asook hoeveel fietsryers daar is.

     Voorbeeld van afvoer:

                                                                                           (5)

2.3 Skryf kode vir die Top 3 knoppie wat die naam EN gemiddeld van die DRIE
    vinnigste fietsryers sal vertoon. Die vinnigste fietsryer se inligting moet eerste
    vertoon word.

     Skryf die inligting van die Top 3 fietsryers na ŉ tekslêer met die naam top3.txt.
     Dit moet in die volgende formaat wees:

       <posisie>#<naam>#<gemiddeld afgerond na twee desimale plekke>

     Vertoon die Top 3, netjies in kolomme, in die afvoerarea.

     Nadat die inligting in die tekslêer geskryf is, vertoon ŉ gepaste boodskap.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)            INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                7

      Voorbeeld van afvoer:

                                                                               (19)

         Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die
          programlêer in.
         Stoor die program.
         ŉ Drukstuk van die kode mag vereis word.
                                                                               [45]

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                             INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                         (EC/NOVEMBER 2016)

VRAAG 3

As ŉ mens ŉ fietsry-resies reël is daar baie beplanning en administrasie wat gedoen
moet word. Resiesnommers moet geskep word, mens moet seker maak dat die
fietsryers in die regte ouderdomsgroep ingeskryf is, T-hemde en medaljes moet
bestel word, ens.

3.1 Skryf ŉ funksie met die naam Ouderdom wat die identiteitsnommer van die
    fietsryer ontvang en die ouderdom van die fietsryer terugstuur. Die
    identiteitsnommer moet gebruik word om die ouderdom te bereken. Die
    eerste ses syfers van die identiteitsnommer verteenwoording JJMMDD. Die
    maand en dag kan geïgnoreer word.                                                       (9)

3.2 Skryf ŉ prosedure met die naam Geslag wat die identiteitsnommer ontvang
    en die geslag van die fietsryer (‘Manlik’ of ‘Vroulik’) terugstuur. As die 7de syfer
    van die identiteitsnommer minder as 5 is, is dit vroulik. As die 7 de syfer 5 of
    meer is, dan is die fietsryer ŉ man.                                                    (8)

3.3 Skryf ŉ prosedure met die naam Resiesnommer wat die kategorie van die
    fietsryer ontvang. Die resiesnommer bestaan uit die eerste 3 letters van die
    kategorie (in hoofletters) sowel as ŉ ewekansige getal tussen 1000 en 9999.
    Vertoon die resiesnommer in die gegewe afvoerarea.                                      (7)

3.4 Skryf kode vir die Bereken Resiesnommer knoppie wat die gebruiker sal vra
    om hul naam en identiteitsnommer in te sleutel. Die geslag moet dan bepaal
    word deur die geskikte metode te roep. Die kategorieë word bepaal deur die
    ouderdomme, soos hieronder gewys:

             OUDERDOM                                    KATEGORIE
         13–18 (albei insluitend)                          Junior
         19–39 (albei insluitend)                           Elite
         40–59 (albei insluitend)                         Veteraan
                  60 +                                    Meesters

     Vertoon die fietsryer se naam en geslag (op twee reëls) in die afvoerarea.
     Roep die Resiesnommer metode om die resiesnommer te bereken.
     Voorbeeld van afvoer:

                                                                                           (12)

        Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die
         programlêer in.
        Stoor die program.
        ŉ Drukstuk van die kode mag vereis word.
                                                                                           [36]
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)               INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                      9

VRAAG 4

Al die resies wat in die Oos-Kaap plaasvind, is gestoor in ŉ databasis
fietsry.mdb.

ŉ Uittreksel van die inligting wat in fietsry.mdb gestoor is, word hieronder gewys:

Die program moet in staat wees om met die databasis, fietsry.mdb, te verbind.
Wanneer jy VRAAG 4.1 doen, en vind dat die verbinding nie plaasvind nie,
gebruik die volgende stappe om verbinding te laat plaasvind:

   Kliek op die Adotable-komponent adocycling.
   Kliek op die ‘Ellipse’-knoppie (drie kolletjies) regs van die ‘ConnectionString’
    eienskap in die ‘Object Inspector’.
   Kliek op die ‘Build’-knoppie wat jou na die ‘Data Link Properties’-dialoogblokkie
    neem.
   Kies ‘Microsoft Jet 4.0 OLE DB Provider’ en kliek op ‘Next’.
   Die eerste opsie op die ‘Connection tab sheet’ laat jou toe om die fietsry.mdb-
    lêer te vind.
   Verwyder die gebruikersnaam Admin.
   Kliek op die ‘Test Connection’-knoppie.
   Kliek OK op elkeen van die oop dialoogvensters.
   Kies die korrekte tabel in die ‘TableName’ eienskap van die adofietsry
    komponent.
   Kliek op die ‘DataSource’ component.
   Maak seker dat die ‘DataSet’ eienskap verander is na adofietsry.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                           INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                    (EC/NOVEMBER 2016)

ŉ Onvolledige program is aan jou verskaf om die volgende vrae te beantwoord.
Voltooi die program.

4.1 Skryf kode vir die Resies in PE knoppie wat die resies wat in Port Elizabeth
    plaasvind se datum en naam sal vertoon. Die totale getal resies moet ook
    vertoon word.

     FILTERS MAG NIE GEBRUIK WORD NIE.

     Voorbeeld van afvoer:

                                                                                     (12)

4.2 Skryf kode vir die Pad vs. MTB knoppie wat die aantal Padresies en die aantal
    MTB-resies moet vertoon.

     Voorbeeld van afvoer:

                                                                                      (6)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)             INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1                                     11

4.3 Vind Resie knoppie: Die gebruiker gaan gevra word om die resiesnaam in tik.
    Die databasis moet dan deurgegaan word om te kyk of die resies in die rooster
    gevind kan word. As dit gevind is, moet die resiesnaam en waar dit plaasvind
    vertoon word. As dit nie gevind is nie, moet ŉ gepaste boodskap vertoon word.

      Voorbeeld van afvoer:

                                                                                       (7)

4.4 Skryf kode vir die ‘FormOnCreate EventHandler’ wat die e-posadres vir die
    Cape Argus Cycle Tour sal voltooi. Toe die tabel geskep was, was daar nie ŉ
    kontakpersoon nie. Die nuwe e-posadres is argus@capeargus.co.za.                   (4)

4.5 Die Cabbage Patch resie in Komga was gekanselleer weens slegte weer.
    Verwyder die rekord van die tabel. Vertoon ŉ boodskap nadat die resies
    verwyder is.                                                                       (4)

         Sleutel jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die
          programlêer in.
         Stoor die program.
         ŉ Drukstuk van die kode mag vereis word.
                                                                                     [33]

                                                                       TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

## Related documents

- [IT QP P1 GR11 ENG NOV2016](https://www.hlayiso.com/library/it-qp-p1-gr11-eng-nov2016/5e9c5b57-64ab-4c33-81d0-e2ed64b98787) — Information Technology · QP · 2016 · Eng
- [IT P1 MEMO GR11 NOV2016 ENG](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr11-nov2016-eng/10b3f308-3018-42c9-a743-51aeba25d948) — Information Technology · Memo · 2016 · Eng
- [IT P1 MEMO GR11 NOV 2016 AFRIKAANS](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr11-nov-2016-afrikaans/b7bff882-1173-460a-856b-d5b2953dc8aa) — Information Technology · Memo · 2016 · Afr
- [Gr11 INFT P2 N16 QP Afr](https://www.hlayiso.com/library/gr11-inft-p2-n16-qp-afr/b4c2c215-e27c-44e2-89b5-bb8488b9dfad) — Information Technology · QP · 2016 · Afr
- [Gr11 INFT P2 N16 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr11-inft-p2-n16-qp-eng/928c2370-ca8e-4a95-8052-d388653e24d1) — Information Technology · QP · 2016 · Eng
- [IT P1 QP GR11 NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-qp-gr11-nov2020-afrikaans/3004cfd1-3dc0-4c27-8e34-e7946b874eb4) — Information Technology · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 11 Information Technology

- [Grade 11 Information Technology P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-information-technology-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1/726303a4-959e-4bd2-851f-8e5359d8ca7b) — Memo · 2026 · Eng
- [Gr 11 Info Tech ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-info-tech-atp-2023-24/67fc595c-646e-4c38-9951-fe5fe3a113a7) — ATP
- [IT P1 MEMO GR11 NOV 2022 ENG](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr11-nov-2022-eng/463c896e-3593-418e-ae29-9566ee4c04d7) — Memo · 2022 · Eng
- [IT P1 MEMO GR11 NOV 2022 AFR](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr11-nov-2022-afr/bb1a49a4-65e0-428e-9303-788c58ca7b60) — Memo · 2022 · Afr
- [IT P2 GR11 MEMO NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr11-memo-nov2022-afrikaans/f5015e15-ffe2-4923-9427-07b7a1a37ae1) — Memo · 2022 · Afr
- [IT P1 MEMO GR11 NOV 2022 AFR](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-information-technology-2022-exemplar-november-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/02cbecc3-c4be-49dd-986d-125a0173594d) — Memo · 2022 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
