# Information Technology Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2015 QP

> Grade 12 Information Technology Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2015 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/it-qp-p2-gr12-sept2015-afr/2b8fa040-80ac-4446-9596-017d5b97f038
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/information-technology) › [Information Technology Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2015 QP](https://www.hlayiso.com/library/it-qp-p2-gr12-sept2015-afr/2b8fa040-80ac-4446-9596-017d5b97f038)

## About this document

Information Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2015. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                             GRAAD 12

                     SEPTEMBER 2015

               INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                           *INFTDM2*

                 Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                              INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2               (EC/SEPTEMBER 2015)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.   Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae:

      AFDELING A:       Meervoudigekeuse-vrae                              (10)
      AFDELING B:       Stelseltegnologieë                                 (20)
      AFDELING C:       Kommunikasie en Netwerktegnologieë                 (30)
      AFDELING D:       Data- en Inligtingsbestuur                         (25)
      AFDELING E:       Oplossingsontwikkeling                             (25)
      AFDELING F:       Geïntegreerde Scenario                             (40)

 2.   Beantwoord AL die vrae.

 3.   Lees AL die vrae deeglik deur.

 4.   Die puntetoekenning dien oor die algemeen as ŉ aanduiding van die aantal
      feite/redes wat benodig word.

 5.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik word.

 6.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)             INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                    3

 AFDELING A: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

 VRAAG 1

 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies
 die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
 (1.1–1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer.

 1.1    Die gebruik van iemand anders se Internetkonneksie sonder om daarvoor
        te betaal word ook ... genoem.

        A     piggybacking
        B     diefstal
        C     agtervolging (‘stalking’)
        D     roofkopiëring (‘piracy’)                                                  (1)

 1.2    ŉ Rekenaarstelsel wat ontwerp is om inligting vanaf ŉ wye reeks bronne
        te versamel, dit te analiseer en dit as ŉ opsomming of in grafiese formaat
        te vertoon sodat dit besluitneming kan ondersteun, word ook … genoem.

        A     DBMS
        B     SQL
        C     DSS
        D     DMS                                                                       (1)

 1.3    Vastetoestand-skyfaandrywers (solid state drives (SSDs’) gebruik ŉ
        spesiale soort … geheue.

        A     elektriese
        B     meganiese
        C     magnetiese
        D     elektroniese                                                              (1)

 1.4    ŉ Klein stukkie programmatuur wat ontwikkel is om ŉ spesifieke fout in ŉ
        program reg te maak, word ŉ … genoem.

        A     regstelling (‘patch’)
        B     bugger
        C     toolkit
        D     doc                                                                       (1)

 1.5    Volwaardige kliënte (‘Fat clients’) …

        A     gebruik hul plaaslike hardeskywe om meeste van hul toepassings
              aan te dryf.
        B     het laer apparatuurspesifikasies.
        C     is byna heeltemal afhanklik van ŉ bediener om hul toepassings uit te
              voer.
        D     is kragtige rekenaars.                                                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                              INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                     (EC/SEPTEMBER 2015)

 1.6    ŉ Intranet is ŉ …

        A    netwerkbedryfstelsel.
        B    netwerkliasseringstelsel.
        C    privaat maatskappy netwerk.
        D    globale netwerk.                                                            (1)

 1.7    Tussentydse databuffering (‘spooling’) beteken om …

        A    ŉ onderbrekingsversoek na die drukker te stuur.
        B    ŉ printlêer na ’n lêer op die hardeskyf te stuur.
        C    bladsye tussen virtuele geheue en die hardeskyf te ruil.
        D    bladsye in omgekeerde volgorde te druk.                                     (1)

 1.8    ŉ Waardeparameter …

        A    het ŉ ‘var’ voor.
        B    ontvang inligting wat via argumente na die metode gestuur word.
        C    bepaal die grootste waarde.
        D    word net in prosedures gebruik.                                             (1)

 1.9    Programme wat waarde en eienskappe tot die sisteem bydra, spesifiek in
        terme van instandhouding en sekuriteit, word … genoem.

        A    drywers
        B    netskanse (‘firewalls’)
        C    anti-virus programmatuur
        D    nutsprogramme                                                               (1)

 1.10   RSS …

        A    laai klank- en videolêers op jou toestel af sodat jy later daarna kan
             kyk.
        B    laai enige nuwe inhoud outomaties af, sonder dat die gebruiker
             nodig het om op hierdie webtuistes in te teken.
        C    versamel data en instruksies vanaf die geheue.
        D    verhoed jou om e-posse te ontvang.                                          (1)

                                                           TOTAAL AFDELING A:            10

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)           INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                      5

 AFDELING B: STELSELTEGNOLOGIEË

 VRAAG 2

 2.1    Rekenaars is uit baie dele saamgestel.

        2.1.1    Wat is die term wat gebruik word om bogenoemde tipe ontwerp te
                 beskryf?                                                               (1)

        2.1.2    Noem TWEE redes waarom dit makliker is vir rekenaars om uit
                 baie dele te bestaan, eerder as om een funksionerende geheel te
                 wees.                                                                  (2)

        2.1.3    Waar sal jy ’n nuwe SVE aan die moederbord koppel?                     (1)

 2.2    Die SVE doen byna al die werk in ŉ rekenaar.

        2.2.1    Lys die VIER stappe van die masjiensiklus.                             (4)

        2.2.2    Daar is TWEE faktore van die SVE wat die werksverrigting van
                 die rekenaar kan beïnvloed. Hierdie faktore is spoed en die kern.
                 Beskryf elkeen kortliks.                                               (4)

        2.2.3    Die twee hoofkategorieë van verwerkers is 32-bit en 64-bit.
                 Behalwe spoed, noem EEN ander groot verskil tussen 32-bit
                 verwerkers en 64-bit verwerkers.                                       (1)

        2.2.4    Meeste SVE’s het deesdae superskalaar argitektuur. Wat
                 beteken superskalaar?                                                  (2)

        2.2.5    Wanneer ŉ SVE beskryf word as ‘Quad Core’, watter tipe
                 verwerkingstegniek word gebruik wat nie by ŉ enkelverwerker
                 gebruik kan word nie?                                                  (1)

 2.3    Software as a service (SaaS) het meer algemeen geword.

        2.3.1    Verduidelik kortliks die konsep van SaaS.                              (2)

        2.3.2    Differensieer tussen wolk (‘cloud’)-gebaseerde toepassings en
                 aflaaibare toepassings as twee verskillende vorms van SaaS.            (2)

                                                             TOTAAL AFDELING B:         20

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                               INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                   (EC/SEPTEMBER 2015)

 AFDELING C: KOMMUNIKASIE- EN NETWERKTEGNOLOGIEË

 VRAAG 3

 3.1 Die lewe sonder Internet is ondenkbaar. Om Internetkonneksie te
     bewerkstellig benodig jy ŉ rekenaar of enige ander Internettoeganklike
     toestel, ŉ Internet-diensverskaffer (IDV / ISP Internet service provider),
     Internetkonneksie en programmatuur.

      3.1.1    Definieer die term Internet.                                              (2)

      3.1.2    Beskryf wat ŉ IDV (ISP) is.                                               (2)

 3.2 Daar is TWEE hoofmetodes om aan die Internet te koppel, naamlik deur
     bekabeling met ADSL en koordloos deur van sellulêre tegnologie gebruik te
     maak.

      3.2.1    Gee TWEE voordele vir die gebruik van ADSL teenoor sellulêre
               konneksies.                                                               (2)

      3.2.2    ŉ Modem en ŉ roteerder word geassosieer met Internetkonneksies.
               Differensieer tussen hierdie twee toestelle.                              (2)

      3.2.3    Het jy nodig om ŉ aparte modem en roteerder te koop wanneer jy
               ŉhuisnetwerk opstel? Verskaf ŉ rede vir jou antwoord.                     (1)

      3.2.4    WiMax is ŉ opgradering op WiFi. Behalwe vir die verhoogde spoed,
               hoe het WiMax teenoor WiFi verbeter?                                      (1)

 3.3 Wanneer ŉ soekengin soos Google gebruik word, gebeur dit dat
     advertensies wat verskyn altyd van toepassing op jou voorkeure is. Hoe is
     dit moontlik?                                                                       (2)

 3.4 Die web het gegroei van ŉ 1.0 weergawe tot ŉ 2.0 weergawe en sal volledig
     na Web 3.0 groei.

      3.4.1    Web 1.0 is deur statiese webblaaie gekenmerk. Wat word bedoel
               met die term ‘statiese’ in hierdie konteks?                               (1)

      3.4.2    Behalwe vir statiese webblaaie, wat was die groot skuif van Web 1.0
               na Web 2.0?                                                               (1)

      3.4.3    Web 3.0 word gereeld na verwys as die ‘semantiese web’. Die
               semantiese web is ŉ web vir die toekoms wat rekenaars sal toelaat
               om outomatiese soektogte vir inligting te maak. Hoe sal webblaaie
               aangepas moet wees om dit te fasiliteer of toe te laat om te groei?       (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)            INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                         7

3.5    Vandag word meeste rekenaartoestelle aan een of ander netwerk gekoppel,
       van ŉ Persoonlike Area Netwerk (PAN) tot Wye Area Netwerke (WAN).

       3.5.1    Verduidelik wat ŉ Persoonlike Area Netwerk (PAN) is deur te verwys
                na die kenmerke daarvan.                                                    (2)

       3.5.2    Verduidelik kortliks wat ŉ Virtuele Privaatnetwerk (VPN) is.                (3)

       3.5.3    In plaas daarvan om ŉ VPN te gebruik, noem EEN ander metode
                wat jy kan gebruik om dieselfde resultate te kry as wat jy deur ŉ
                VPN sou kry.                                                                (1)

       3.5.4    Watter tipe netwerk sal dit wees as al die rekenaars by jou skool
                (rekenaarlaboratoriums, klasse en die kantoor) met mekaar verbind
                sou wees?                                                                   (1)

3.6    BitTorrent is ŉ peer-to-peer- of eweknie-protokol.

       3.6.1    Gee TWEE voordele van die gebruik van BitTorrent.                           (2)

       3.6.2    Gee TWEE risiko’s vir die gebruik van BitTorrent.                           (2)

       3.6.3    Definieer ŉ protokol in ŉ netwerk.                                          (1)

       3.6.4    Noem die protokol wat vir kommunikasie oor ŉ netwerk of die
                Internet gebruik word.                                                      (1)

       3.6.5    Watter protokol sal gebruik word vir die stuur van lêers tussen
                verafgeleë rekenaars wat Internetkonneksie het?                             (1)

                                                             TOTAAL AFDELING C:             30

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                              INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                   (EC/SEPTEMBER 2015)

 AFDELING D: DATA- EN INLIGTINGSBESTUUR

 VRAAG 4

 4.1    ŉ Databasisbestuurstelsel (‘database management system – DBMS’) is
        programmatuur wat jou in staat stel om met elektroniese databasisse te
        werk.

        4.1.1   Lys die TWEE kategorieë waarin DBMS-programmatuur val.                  (2)

        4.1.2   Wat is ŉ verspreide databasis?                                          (2)

        4.1.3   Gee ŉ voorbeeld van waar ŉ verspreide databasis belangrik
                word.                                                                   (1)

 4.2    Bestudeer die uittreksel hieronder wat uit ŉ databasis vasgevang is met
        data oor diere wat na verskillende wildreservate gestuur word en
        beantwoord die vrae wat volg.

        4.2.1   Watter TWEE onreëlmatighede bestaan in hierdie tabel?
                Motiveer jou antwoorde.                                                 (4)

        4.2.2   Watter veld sal jy as oortollig beskou? Motiveer jou antwoord.          (2)

        4.2.3   Die tabel moet genormaliseer word.

                (a)    Verskaf TWEE reëls vir normalisasie na die eerste
                       normaalvorm.                                                     (2)

                (b)    Normaliseer die tabel en verdeel dit in DRIE tabelle. Alle
                       oorspronklike velde moet in die tabelle voorkom. Jy mag
                       nog velde byvoeg indien nodig. Dui die volgende duidelik
                       aan waar moontlik:
                       - Primêre sleutel(s)
                       - Vreemde sleutel(s)
                       - Verwantskappe tussen die tabelle                               (7)

        4.2.4   Skryf ŉ SQL-stelling neer om die Naam, Prys, Geboortedatum en
                Park te vertoon van al die Olifante in die tblDiere tabel, in
                alfabetiese volgorde volgens Naam gesorteer.                            (3)
        4.2.5   Dumbo gaan dood. Skryf ŉ SQL-stelling om Dumbo uit tblDiere
                te skrap.                                                               (2)

                                                         TOTAAL AFDELING D:             25

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)           INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                    9

AFDELING E: OPLOSSINGSONTWIKKELING

VRAAG 5

5.1     Die volgende is ŉ voorbeeld van ŉ GUI wat ontwerp is om ŉ pasiënt se BMI
        te bereken. Bestudeer die ontwerp en beantwoord die vrae wat daarop
        volg.

        5.1.1     Lys VIER maniere waarop die uitlegontwerp en gebruikers-
                  vriendelikheid verbeter kan word.                                   (4)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                             INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                 (EC/SEPTEMBER 2015)

        5.1.2   Met uitvoer van die program, kom die volgende foutboodskap
                voor.

                (a)    Waarom het hierdie foutboodskap voorgekom?                     (1)

                (b)    Lys EEN voorsorgmaatreël wat jy tydens die programmering
                       van die program kan neem om so ŉ boodskap te voorkom.          (1)

 5.2    Bestudeer die algoritme hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

           Reël
            1        Nommer1  7
            2        Nommer2  19
            3        As Nommer1 > Nommer2 dan
            4        As Nommer1 MOD Nommer2 = 0
            5        Dan Vertoon
            6        Anders Vertoon Fout
            7        As Nommer2 > Nommer1 dan
            8        As Nommer2 MOD Nommer1 = 0
            9        Dan Vertoon
            10       Anders Vertoon Fout

        5.2.1   Wat is die doel van hierdie programmeerkode?                          (2)

        5.2.2   Skep gepaste boodskappe om in reëls 5 EN 6 te vertoon.                (2)

        5.2.3   Noem die datatipe wat is vir Nommer1 en Nommer2 gebruik.              (1)

        5.2.4   As die waarde van Nommer2 verander word na 0, watter soort
                fout sal voorkom?                                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)            INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                   11

5.3     Jy moet ŉ toepassing ontwerp wat die radius van ŉ sirkel sal lees en dan
        die omtrek en die area van die sirkel sal vertoon. Die toepassing moet
        van ŉ klas gebruik maak wat die radius as eienskap (‘attribute’) sal
        ontvang en metodes sal hê om die omtrek en area te bereken.

        5.3.1     Deur van ŉ geparametriseerde konstruktor gebruik te maak,
                  teken ŉ klasdiagram om die bogenoemde probleem op te los.            (3)

        5.3.2     Wat is doel van ŉ geparametiseerde konstruktor?                      (2)

        5.3.3     Wat is die verskil tussen ŉ privaatmetode en ŉ publieke metode?      (2)

        5.3.4     Skryf ŉ roepstelling neer om ŉ objek van die geheue te verwyder
                  wanneer die program nie meer die objek nodig het nie.                (2)

5.4     Gee ŉ voorbeeld van ŉ onvoorwaardelike lus-struktuur.                          (1)

5.5     Bestudeer die volgende pseudokode en beantwoord die vraag wat volg.

            Reël
            1. Plek  gebruiker toevoer
            2. Begin lus vanaf Plek tot by NomElemente – 1
            3. ArrName[lus_waarde]  ArrName[lus_waarde + 1]
            4. NomElemente  NomElemente – 1

        Aanvaar die oorspronklike skikking is as volg gevul:

        arrName
        Roeltin Jason          Daniel     Reuben      Quintus   Wian      Jandré
           [1]     [2]           [3]        [4]         [5]       [6]       [7]

        Aanvaar die toevoer van die gebruiker is 3.

        Teken die diagram wat ArrName voorstel in jou ANTWOORDEBOEK oor.
        Gebruik die gegewe algoritme en bogenoemde inligting om die diagram in
        te vul soos wat dit sal wees na uitvoer van die program.                       (3)

                                                           TOTAAL AFDELING E:          25

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                             INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                    (EC/SEPTEMBER 2015)

 AFDELING F: GEÏNTEGREERDE SCENARIO

 VRAAG 6

 Die uitvoerende komitee (prefekte) van jou skool wil ŉ klein netwerk met ŉ paar
 rekenaars by die skool opstel. Die gebruik daarvan sal grootliks wees om hul
 beplanning op te doen, data te deel en om die drukker te kan deel. Natuurlik sal
 hulle Internetkonneksie ook wil hê.
 Joshua, ook op die uitvoerende komitee, is ŉ IT-student. Hy neem die leiding in
 hierdie projek.

 6.1    Die uitleg van die netwerk is die eerste stap. Wat is die term wat gebruik
        word om die fisiese uitleg van ŉ netwerk te beskryf?                            (1)

 6.2    ŉ Koordlose konneksie is nie moontlik nie, so julle sal van kabels gebruik
        maak. Die twee opsies is UTP-kabels of optiese veselkabels.

        6.2.1   Noem TWEE kenmerke vir elk van die tipe kabels wat hierbo
                genoem is. (MOENIE na koste verwys nie.)                                (4)

        6.2.2   Watter EEN van hierdie twee tipes kabel sal jy aanbeveel moet
                die uitvoerende komitee gebruik?                                        (1)

        6.2.3   Analiseer die fisiese beperkings van die verskillende
                kommunikasiemedia. Lys dan TWEE fisiese beperkinge wat
                uitslag sal lewer om nie WiFi as kommunikasiemedia te gebruik
                nie.                                                                    (2)

 6.3    Behalwe vir die medium wat gebruik word om data oor te dra, is ŉNKK
        (netwerkkoppelvlakkaart/NIC/network interface controller) belangrik om ŉ
        netwerk op te stel.

        6.3.1   Verduidelik wat ’n NKK is deur na sy funksie te verwys.                 (2)

        6.3.2   Nie alle rekenaars het ŉ NKK nie. Lys TWEE maniere hoe hierdie
                probleem opgelos kan word.                                              (2)

 6.4    Die gebruik van e-pos vir kommunikasie tussen die komiteelede sal
        handig wees.

        6.4.1   Ongelukkig het nie alle lede van die komitee toegang tot hul eie e-
                posadresse nie. Onderskei tussen ’n webgebaseerde e-pos en ŉ
                IDV-gebaseerde e-pos.                                                   (2)

        6.4.2   Wanneer ŉ e-pos aan al die lede van die komitee deurgestuur
                word, moet jy die e-posadresse byvoeg deur Cc of Bcc te gebruik.
                Evalueer watter een die beste sal wees. Regverdig jou keuse.            (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)           INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                       13

6.5     Een van die grootste bedreigings vir ŉ rekenaarkamer soos hierdie, is die
        versprei van virusse.

        6.5.1    Definieer ŉ rekenaarvirus.                                           (2)

        6.5.2    Noem die term wat gebruik word om enige sagteware te beskryf
                 wat met negatiewe bedoelings geskryf is.                             (1)

        6.5.3    Skimkaping (‘Pharming’) is ŉ groot bedreiging wanneer dit by
                 Internetgebruik kom. Verduidelik kortliks wat Skimkaping
                 (‘Pharming’) is.                                                     (2)

        6.5.4    ŉ Goeie anti-virus program kan jou rekenaar teen meeste
                 dreigemente beskerm. Daar is egter sekere tipes bedreigings wat
                 nie deur die gebruik van anti-virussagteware gekeer kan word nie.
                 In sulke gevalle is ŉ netskans (‘firewall’) nodig. Wat is die doel
                 van ŉ netskans (‘firewall’) in terme van rekenaars?                  (2)

6.6     Een van die klagtes wat op die uitvoerende komitee se tafel beland het, is
        kuberafknouery (‘cyber bullying’). Joshua se IT-kennis word benodig.
        Verduidelik wat kuberafknouery is.                                            (1)

6.7     Leerders is mal oor sosiale netwerke en besef nie altyd wat se impak
        sosiale netwerke op hulle kan hê nie.

        6.7.1    Die lewe van ŉ sosiale ingenieur word by die minuut makliker.
                 Wat is ŉ sosiale ingenieur?                                          (2)

        6.7.2    Die gebruik van sosiale netwerke kan tydrowend wees. Lys enige
                 DRIE praktiese maniere waarop jy die aantal steurnisse wat deur
                 sosiale netwerke in jou daaglikse lewe plaasvind, kan verminder.     (3)

6.8     Sommige van die leerders is nie gemaklik met die gebruik van rekenaars
        nie of het nie rekenaars by die huis nie, terwyl ander baie gemaklik is en
        werk al van ŉ baie jong ouderdom op rekenaars. Wat word hierdie
        ‘gaping’ genoem?                                                              (1)

6.9     Joshua stel die gebruik van aanlynstoor voor, wat onder wolk-
        rekenarisering (‘cloud computing’) val. Lys TWEE nadele van wolk-
        rekenarisering (‘cloud computing’).                                           (2)

6.10    Daar is effense verwarring tussen die terme virtualisasie en virtuele
        geheue. Los die verwarring op deur hierdie twee terme te definieer.           (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                   (EC/SEPTEMBER 2015)

6.11    Die tesourier van die uitvoerende komitee moet Internetbankbetalings
        maak.

        6.11.1       Lys TWEE voordele van die gebruik van Internetbankdienste.           (2)

        6.11.2       Dit is belangrik dat die persoon ŉ veilige webtuiste kan herken.
                     Lys TWEE maniere om ŉ veilige webtuiste te identifiseer.             (2)

6.12    Verduidelik hoe kasberging die verwerkingspoed van die verwerker
        vermeerder.                                                                       (2)

                                                             TOTAAL AFDELING F:           40
                                                                 GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

## Related documents

- [IT P2 MEMO GR12 SEPT2015 (ENG)](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-memo-gr12-sept2015-eng/ede4321e-b5a0-403e-a86f-4199fa522997) — Information Technology · Memo · 2015 · Eng
- [IT P1 QP GR12 SEPT 2015 ENG](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-qp-gr12-sept-2015-eng/aa653eab-47a5-41ab-9ad0-d4627c152fdf) — Information Technology · QP · 2015 · Eng
- [IT P1 QP GR12 SEPT 2015 AFR](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-qp-gr12-sept-2015-afr/ff5603f5-d1d6-4ef5-abb9-c755da166c17) — Information Technology · QP · 2015 · Afr
- [Information Technology P2 Nov 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p2-nov-2015-eng-1/053b6720-3be0-4739-8737-7f0b610b5f60) — Information Technology · QP · 2015 · Eng
- [IT P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans/3392f845-8547-4e23-b73c-910c59ca4b2b) — Information Technology · QP · 2022 · Afr
- [IT P2 GR12 QP SEPT2022 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-qp-sept2022-english/59a4dc5f-1ee1-44b9-b838-76b7e9322abb) — Information Technology · QP · 2022 · Eng

## More from Grade 12 Information Technology

- [Information Technology P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/information-technology-p1-may-june-2025-mg-eng/109c2e1d-bc20-46d3-ac02-c08c05ad9c78) — Memo · 2025 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept-2024-english/8994aed2-83ec-413e-b7dc-b0d0b93b82f4) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P2 MEMO GR12 SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-memo-gr12-sept-2024-english/4d74acb4-cb8b-4fd3-874f-4801fbcb8f44) — Memo · 2024 · Eng
- [IT P1 MEMO GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr12-sept2023-afrikaans/7ffdb7c3-1881-43da-8d8a-96ea3ff87451) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-afrikaans/88ad2758-42f6-43df-a80a-288b5f4cff9f) — Memo · 2023 · Afr
- [IT P2 GR12 MEMO SEPT2023 English](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr12-memo-sept2023-english/41fa8299-d258-40e9-8c8b-a3ce984eef54) — Memo · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
