# Life Orientation Grade 9 November EC 2013 Question Paper

> Grade 9 Life Orientation question paper from the November EC 2013, 11 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/lewensorientering-gr9-2013-qp-afr/7461c31a-321b-4f99-b2eb-6784c962de08
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Orientation
- Grade: Grade 9
- Document type: Question paper
- Year: 2013
- Exam period: November EC
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 9](https://www.hlayiso.com/library/grade-9) › [Life Orientation](https://www.hlayiso.com/library/grade-9/life-orientation) › [Life Orientation Grade 9 November EC 2013 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/lewensorientering-gr9-2013-qp-afr/7461c31a-321b-4f99-b2eb-6784c962de08)

## About this document

Life Orientation · Grade 9 · November EC · 2013. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                       SENIOR FASE

                            GRAAD 9

                   NOVEMBER 2013

                 LEWENSORIËNTERING

PUNTE:   100

TYD:     2 uur

                  Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                  LEWENSORIËNTERING                   (NOVEMBER 2013)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die instruksies noukeurig voordat die vrae beantwoord word.

1.    Beantwoord AL die vrae.

2.    Moenie die nommers van die vrae verander nie.

3.    Skryf netjies en leesbaar.

4.    In meervoudigekeuse-vrae skryf SLEGS die korrekte letter neer.

5.    Laat ŉ reël oop aan die einde van elke vraag.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                     LEWENSORIËNTERING                                    3

 AFDELING A

 VRAAG 1

 Kies die mees geskikte antwoord uit die gegewe antwoorde. Skryf slegs die
 korrekte letter (A–D) langs die toepaslike nommer (1.1–1.5) neer,
 byvoorbeeld 1.6 A.

 1.1     Die toestand van oormatig oorgewig wees, staan as ... bekend.

         A        bulimia
         B        onaktiwiteit
         C        diabetes
         D        vetsug                                                               (1)

 1.2     Die beste voedselkeuse om gesond te bly is ...

         A        voedsel wat van ŉ restaurant gekoop word.
         B        tuisgegroeide en voorbereide voedsel.
         C        verwerkte voedsel.
         D        voedsel wat baie suiker bevat en vetterig is.                        (1)

 1.3     Watter van die volgende sal jy nie doen nie as jou vriend dwelms
         misbruik?

         A        Jou bekommernisse met hom/haar deel.
         B        Praat oor die onmiddellike, mediumtermyn, en langtermyn-effek
                  van dwelmmisbruik.
         C        Terugstaan uit die vriendskap, indien dit nie meer goed is vir jou
                  nie.
         D        Help om die misbruik te bedek om dit sodoende vir ander weg te
                  steek.                                                               (1)

 1.4     Een van die volgende aksies dui aan dat ŉ mens nie jou gesondheid na
         waarde ag nie:

         A        Eet gesond
         B        Vermy dwelms en alkohol
         C        Doen genoeg oefening
         D        Drink te veel alkohol                                                (1)

 1.5     Elke jaar op 24 September vier alle Suid-Afrikaners ...

         A        Menseregtedag.
         B        Jeugdag.
         C        Erfenisdag.
         D        Vryheidsdag.                                                         (1)
                                                                                       [5]

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                              LEWENSORIËNTERING                            (NOVEMBER 2013)

VRAAG 2

Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs die
korrekte antwoord langs die nommer (2.1–2.5) van die vraag, byvoorbeeld
2.6 VALS.

2.1   Seksuele teistering is wanneer jy aan iemand op ŉ seksuele manier raak
      sonder sy/haar toestemming.                                                     (1)

2.2   Internskap is wanneer jy ŉ tydperk werk op ŉ plek teen minimale betaling
      om meer oor die werk te leer.                                                   (1)

2.3   Arm mense is die enigste mense wat deur MIV/Vigs geraak word.                   (1)

2.4   Groepsdruk vind plaas wanneer ŉ persoon gedwing word om iets te doen
      deur iemand anders wat dieselfde ouderdom is as hy/sy.                          (1)

2.5   Mense wat alleenlik sorghumbier drink kan nie alkoholiste word nie.             (1)
                                                                                      [5]

VRAAG 3

Pas die term in KOLOM A by die korrekte verduideliking in KOLOM B. Skryf
slegs die nommer (3.1–3.5) van die woord in KOLOM A en die korrekte letter
van die verduideliking/beskrywing in KOLOM B langs mekaar neer, byvoorbeeld
3.6 A.

      KOLOM A                                 KOLOM B
3.1   Studiebeurs       A    Afwissel of bestaan uit verskillende elemente.

3.2   Alkoholmisbruik   B    ŉ Program wat help om ŉ persoon se misbruik
                             van dwelms te stop

3.3   Diversiteit       C    ŉ Toekenning aan ŉ student op grond van
                             uitsonderlike akademiese vermoë

3.4   Rehabilitasie     D    Ontwerp op ŉ skild wat deur ŉ land as sy eie
                             spesiale simbool gebruik word

3.5   Nasionale         E    Verlaag ŉ mens se fiksheidsvlak
      landswapen
                                                                            (5 x 1)   [5]

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                  LEWENSORIËNTERING                                        5

 VRAAG 4

 Voltooi die gedeelte hieronder deur die korrekte woord(e) te gebruik uit die
 teksblokkie hieronder. Skryf SLEGS die vereiste woord(e) langs die toepaslike
 nommer (4.1–4.10).

 diversiteit, omgaan, lugleegte, kopskuif, geskiedenis, verskille, beter,
 geloof, ignoreer, nasie

 Ubuntu is die (4.1 ...) dat ons as mense mekaar nodig het: Ek is menslik deur
 my erkenning van ŉ ander persoon se menslikheid. Dit is die oortuiging dat ons
 menslik is net omdat ons (4.2 ...) met ander mense. As ons die res van die
 mensdom (4.3 ...) en probeer om te leef in ŉ (4.4 ...), sou ons minder menslik
 wees. Dit is hierdie (4.5 ...) wat Suid-Afrika gedra het deur hul hele (4.6 ...).
 Almal weet dat SA ŉ multikulturele (4.7 ...) is. Behalwe dit, het die (4.8 ...) van
 kulture, veroorsaak dat Suid-Afrikaners na ŉ samelewing streef wat hom beywer
 vir ŉ (4.9 ...) lewe vir almal. Dit is normaal dat daar (4.10 ...) tussen mense is,
 maar as Suid-Afrikaners moet ons nie vergeet dat ons een nasie is nie. (10 x 1)       [10]

                                                           TOTAAL AFDELING A:           25

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                              LEWENSORIËNTERING                                 (NOVEMBER 2013)

AFDELING B

VRAAG 5

Lees die onderstaande stuk en beantwoord die vrae wat daarop volg.

                            TUBERKULOSE (TB)

Tuberkulose (TB) is ŉ siekte wat veroorsaak word deur kieme wat van mens tot
mens deur die lug versprei word. Tuberkulose tas gewoonlik die longe aan,
maar dit kan ook ander dele van die liggaam, soos die brein, niere of die rug
aantas. In die meeste gevalle is tuberkulose behandelbaar, maar mense met TB
kan sterf as hulle nie behoorlike behandeling kry nie. Die algemene simptome
van TB sluit gevoelens van siek wees, gewigsverlies, hoes, borspyne of die hoes
van bloed in. Daar is ŉ entstof om TB te verhoed beskikbaar. Dit word Bacille
Calmette-Gurin (BCG) genoem. Dit word gebruik in baie lande om ernstige
vorme van TB in kinders te voorkom. Daar is ŉ ander tipe van tuberkulose
bekend as veelvuldige-middel-weerstandige tuberkulose (MDR-TB)

Hierdie tuberkulose is bestand teen ten minste twee van die beste anti-tering-
middels, Isoniasied en Rifampisien. MDR-TB kan voorkom word deur die
voorkoming van blootstelling aan MDR-TB pasiënte. As ŉ persoon dink dat hy
blootgestel was aan iemand met tuberkulose, moet hy/sy ŉ dokter of die
plaaslike gesondheidsdepartement skakel.

                                        [Uittreksel vrylik vertaal uit www.msf.org/mdrtb]

5.1   Noem enige TWEE menslike organe wat vir TB vatbaar is.                                 (2)

5.2   Wat is Bacille Calmette-Gurin (BCG) soos in die bostaande uittreksel
      genoem?                                                                                (1)

5.3   Hoe kan TB behandel word? Noem enige TWEE maniere.                                     (2)

5.4   Noem enige TWEE algemene simptome van TB soos in die bostaande
      uittreksel genoem word.                                                                (2)

5.5   5.5.1   Wat is MDR-TB?                                                                 (1)

      5.5.2   Hoekom word daar na MDR-TB as weerstandbiedend teen anti-
              teringmiddels verwys?                                                          (2)
                                                                                            [10]

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                   LEWENSORIËNTERING                                                7

 VRAAG 6

 Lees die onderstaande scenario en beantwoord die vrae wat daarop gebaseer
 is.

 ŉ Studie van seksuele verhoudings onder tieners in die Oos-Kaap het getoon
 dat 60% van die tieners fisies aangerand is deur hulle metgeselle. Geweld is
 gebruik deur seuns om ‘reëls’ van die verhouding neer te lê, veral wanneer ŉ
 meisie die verhouding wil beëindig of weier om seks te hê. Dit gebeur ook
 wanneer hy dink sy spioeneer op hom. Een seun het gesê hy het sy meisie
 geslaan omdat sy vir haar vriende gesê het hy is ŉ slegte soener. Nog ŉ seun
 het gesê hy het sy eks-meisie geslaan, want sy het aan sy nuwe meisie gesê
 “hy is nie mooi nie en nie die regte man vir meisies nie”. Sy het dit uit jaloesie
 gesê.

                            [Aangepas en vrylik vertaal uit ŉ Mediese Navorsingsraad verslag]

 6.1    Hoe het die tieners in die bogenoemde verslag hul woede uitgedruk?                       (2)

 6.2    Noem DRIE maniere uit die uittreksel wat toon dat hierdie tieners nie
        emosioneel volwasse genoeg is om hul woede te hanteer nie.                               (3)

 6.3    Stel ŉ geskikte manier voor waarvolgens die tieners hul woede kan
        hanteer/beheer.                                                                          (2)

 6.4    Watter tipe verhouding is in die uittreksel uitgelig?                                    (1)

 6.5    Die Mediese Navorsingsraad het 8 000 tieners ondervra sodat hulle
        hierdie verslag kon saamstel. Sestig persent (60%) het gereageer op die
        navorsing soos genoem in die uittreksel. Wat is sestig persent van
        agtduisend tieners? Wys jou berekeninge.                                                 (2)
                                                                                                [10]

 VRAAG 7

 Lees die onderstaande gevallestudie en beantwoord die vrae wat daarop
 gebaseer is.

 Cindy en Stefan gaan vir ŉ maand uit. Stefan neem Cindy uit om by ŉ
 kitskoswinkel te eet. Cindy is opgewonde om uit te gaan. Haar ma het haar
 altyd verbied om kitskos te eet. Toe Cindy ŉ blikkie Coke wou bestel, bestel
 Stefan vir haar bier. Stefan oortuig Cindy dat selfs al het sy is nie 18 nie, bier
 goed sal wees vir haar aangesien almal om hulle drink en rook. Cindy wou nie
 kinderagtig wees of hom in die verleentheid stel nie. Die twee het gedans en
 gelag. Na ete, het hulle die eetplek verlaat in Stefan se motor. Op pad huis toe
 het Stefan stilgehou naby ŉ verlate land en het seks van haar geëis.
                                              [Uittreksel uit Yebo Lewensoriëntering Graad 9]

 7.1    Wie, dink jy, moet verantwoordelikheid neem vir die feit dat Cindy alkohol
        gedrink het?                                                                             (1)

 7.2    Motiveer jou antwoord in VRAAG 7.1.                                                      (2)

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                   LEWENSORIËNTERING                                (NOVEMBER 2013)

7.3       Hoekom het Cindy se ma haar verbied om kitskos te eet?                                (2)

7.4       Waarom was Cindy so opgewonde toe Stefan haar vir ete genooi het?                     (2)

7.5       Een van die volgende faktore het Cindy en Stefan beïnvloed om kitskos
          te kies toe hulle gaan uiteet het: Kies die korrekte EEN en skryf slegs die
          letter (A–D) langs die nommer van die vraag neer.

          A       Politieke faktore
          B       Sosiale faktore
          C       Ekologiese faktore
          D       Kulturele faktore                                                             (1)

7.6       7.6.1   Dink jy plekke wat kos en alkoholiese drankies voorsien, dra by
                  tot die probleem van tiener-alkoholisme?                                      (1)

          7.6.2   Verduidelik jou antwoord in VRAAG 7.6.1.                                      (2)

7.7       Verduidelik op watter manier Stefan Cindy se lewe in gevaar gestel het
          toe hy haar huis toe geneem het.                                                      (2)

7.8       Verduidelik hoekom Stefan manhaftig gevoel het om seks van haar te hê
          eis.                                                                                  (2)
                                                                                               [15]

VRAAG 8

Lees die uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

                            DOOD VAN DIE MOEDERTAAL

    Elke Dinsdag en Donderdagmiddag gaan *Thandi Mfikili vir moedertaal-lesse.
    Sy is ŉ 16-jarige meisie met helder oë wat Engels praat met ŉ ‘Model C’-aksent
    en is “cool” (uitgespreek ‘kewl’) oor die meeste dinge, behalwe taallesse. Die
    taal wat sy aanleer is isiXhosa. “Ek bedoel, hoekom het ek dit nodig?” het sy
    met ŉ dikmond gesê. “As dit nie vir my ma was nie, sou ek nie gepla gewees
    het nie.” Thandi se ma voel sterk daaroor dat haar dogter haar moedertaal
    moet aanleer. Sy maak stellings soos die volgende: “In skole, word Engels te
    vroeg die medium van onderrig. As gevolg hiervan het ons leerders geen
    inheemse taalagtergrond nie, want hulle het nie ŉ deeglike grondslag in hul
    moedertaal nie.” Thandi se ma voel dat kinders veeltalig moet wees.

*Nie haar regte naam
                                                 [Verkorte uittreksel uit Oxford LO graad 9]

8.1       Waarom geniet Thandi die aanleer van Engels eerder as isiXhosa?                       (2)

8.2       Waarom voel Thandi se ma sterk daaroor dat kinders eers
          moedertaalonderrig moet kry voordat hulle ŉ ander taal aanleer?                       (2)

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                 LEWENSORIËNTERING                                                  9

 8.3    Thandi se ma glo dat Suid-Afrikaners veeltalig moet wees.

        Wat beteken dit om veeltalig te wees?                                                (2)

 8.4    Noem enige DRIE maniere waarop veeltaligheid kan help om begrip van
        ander kulture onder Suid-Afrikaners te bevorder.                                     (6)
                                                                                            [12]

 VRAAG 9

 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae.

                             NGIBONGA KAKHULU!

 My naam is Nhlakanipho Colin Mkhize. Ek studeer tans vir ŉ BSc-graad, met
 Fisika en Chemie as my hoofvakke. “Universiteit was ŉ veraf droom vir my toe
 ek grootgeword het met ŉ enkelma”, het Nhlakanipho gesê. “Sy het gesukkel
 om my deur my primêre skool opleiding te kry. Gelukkig het ek ŉ beurs by
 Carter Hoërskool gekry, want ek het goed in my skoolwerk presteer. Maar selfs
 met die beurs, het die stryd voortgegaan. Toe ek in matriek was, het my LO-
 onderwyser vir my ŉ vorm gegee om aansoek te doen vir ŉ beurs. Ek was nie
 seker of ek enigiets sou kry nie. Maar toe is ek meegedeel dat ek ŉ studiebeurs
 toegeken is om te studeer by Rhodes-universiteit. Die geleentheid het my
 toegelaat om selfs groter te droom! Ek wil nou verder studeer om die hoogste
 kwalifikasie in Fisika en Chemie te behaal.”

                     [Aangepas uit http://careerwise.co.za/index.php?pg=success_c_mkhize]

 9.1   Noem TWEE tipes finansiële hulp wat Nhlakanipho ontvang het.                          (2)

 9.2   Verduidelik die verskil tussen die twee vorme van finansiële bystand soos
       in VRAAG 9.1 genoem.                                                                  (4)

 9.3   Waarom was universiteit ŉ veraf droom toe Nhlakanipho nog ŉ kind was?                 (2)
                                                                                             [8]

                                                             TOTAAL AFDELING B:              55

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                              LEWENSORIËNTERING                       (NOVEMBER 2013)

AFDELING C: FISIESE ONTWIKKELING EN BEWEGING

VRAAG 10

Lees die onderstaande gevallestudie en beantwoord die vrae wat daarop
gebaseer is.

                           AGGRESSIE IN SOKKER
Aggressie neem gewoonlik toe tydens baie belangrike wedstryde soos uitklop-
toernooie. As ŉ speler glo sy teenstander gaan by hom verby dribbel, takel hy
hom aggressief. Sommige spelers is selfs geïdentifiseer as ‘vuil spelers’
 as gevolg van hul swak gedrag. Dit is ook opgemerk dat as die spelers wat weg
van hul tuisveld speel, meer aggressief as die tuisspanne speel. Nog ŉ faktor
wat tot aggressiewe gedrag onder spelers kan lei, is wanneer die opposisie ŉ
groot voorsprong het. Wanneer spelers moeg is nadat hy vir negentig minute
gespeel het, verloor hulle hul humeur en speel aggressief.

10.1   Identifiseer enige TWEE faktore wat die onaanvaarbare gedrag onder
       spelers kan bevorder.                                                      (4)

10.2   Skryf neer enige TWEE faktore wat die onaanvaarbare gedrag onder
       toeskouers kan bevorder.                                                   (4)

10.3   Wat kan klubbestuurders doen om die negatiewe gedrag wat deur
       toeskouers veroorsaak word, te voorkom?                                    (2)

10.4   Hoeveel spelers is daar in die volgende sportkodes?

       10.4.1   Hokkiespan

       10.4.2   Rugbyspan

       10.4.3   Netbalspan                                                        (3)
                                                                                 [13]

VRAAG 11

Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

                              LIHLE SE STORIE

Ek is ŉ graad 9-leerder en ek voel asof ek nie weet hoe dit voel om gesond te
wees nie. Ek oefen skaars, want dit is vervelig om te oefen. Ek verkies om TV
te kyk of tyd saam met my vriende te spandeer. Ek is ŉ bietjie oorgewig en ek
weet ek moet beter eetgewoontes aanleer, maar ek hou van my hamburgers en
skyfies vir middagete elke dag. Ten minste rook of drink ek nie alkohol nie.

11.1   Jy weet dat ŉ gesonde lewenstyl belangrik is dus:

       Gee Lihle ten minste DRIE idees om hom te motiveer om ŉ gesonde
       leefstyl te leef.                                                          (3)

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                    LEWENSORIËNTERING                                   11

 11.2   Verwys na die formule hieronder en beantwoord die vraag.

        Lihle weeg 54 kg en is 1,63 meter lank. Gebruik die tabel en bereken sy
        BMI en dui die kategorie waarbinne hy val, aan.

        BMI staan vir (liggaamsmassa-indeks of gewig/lengte verhouding)

                                        gewig in kilogram
        d.w.s.           BMI =
                                 hoogte in meter   hoogte in meter

        BMI                                         Gewig status
        Onder 18,5                                  Ondergewig
        18,5 – 24,9                                 Normaal
        25,0 – 29,9                                 Oorgewig
        30,0 en bokant                              Versigtig                         (4)
                                                                                      [7]

                                                                 TOTAAL AFDELING C:    20
                                                                     GROOTTOTAAL:     100

## Related documents

- [LIFE ORIENTATION-GR9 2013-MEMO-ENG](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-gr9-2013-memo-eng/02214ed2-cedb-4ca4-997d-5f9c5cf1e0e0) — Life Orientation · Memo · 2013 · Eng
- [LEWENSTORIENTERING GR9 2013-MEMO AFR](https://www.hlayiso.com/library/lewenstorientering-gr9-2013-memo-afr/973cb196-a9ed-4358-87f5-e9affb1d59dd) — Life Orientation · Memo · 2013 · Afr
- [LIFE ORIENTATION-GR9 2012-QP-AFR](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-gr9-2012-qp-afr/9e9da08a-2560-4502-b44e-67195e9b7c67) — Life Orientation · QP · 2012 · Afr
- [LIFE ORIENTATION-GR9 2012-QP-ENG](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-gr9-2012-qp-eng/3442a128-c54f-4dd1-8ff6-b06656fa1fc8) — Life Orientation · QP · 2012 · Eng
- [Gr9 LIFO P1 N11 QP Afr](https://www.hlayiso.com/library/gr9-lifo-p1-n11-qp-afr/6d9c6a57-c4ef-4ac8-8749-2b3e45dc65f4) — Life Orientation · QP · 2011 · Afr
- [Gr9 LIFO P1 N11 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr9-lifo-p1-n11-qp-eng/61fa9575-1da7-495e-bbe7-d137a1adc949) — Life Orientation · QP · 2011 · Eng

## More from Grade 9 Life Orientation

- [Grade 9 Life Orientation November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-life-orientation-2026-november-mock-exam-memorandum/fdbfb11c-c3e5-4e7a-85b0-f0f01dbd157d) — Memo · 2026
- [LIFE ORIENTATION MEMO GR9 NOV 2015 AFR](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-memo-gr9-nov-2015-afr/fba8fc4e-114a-46a2-a350-51bf52af41c0) — Memo · 2016 · Afr
- [LIFE ORIENTATION MEMO GR9 NOV 2015 ENG](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-memo-gr9-nov-2015-eng/29d096ae-e233-48cb-9813-25f8fa21ef2d) — Memo · 2016 · Eng
- [LO GR 9 MEMO NOV2014 AFR](https://www.hlayiso.com/library/lo-gr-9-memo-nov2014-afr/7921762c-59c3-43c4-9d2c-976a4b7b5057) — Memo · 2014 · Afr
- [LO GR 9 MEMO NOV2014 ENG](https://www.hlayiso.com/library/lo-gr-9-memo-nov2014-eng/ca2fd025-1771-4a95-a2dd-7b3f8d1e369f) — Memo · 2014 · Eng
- [LIFE ORIENTATION-GR9 2012-MEMO-ENG](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-gr9-2012-memo-eng/a65523b0-08f2-4ddf-85e5-ff366459a1e3) — Memo · 2012 · Eng

## Collection

- [Grade 9 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-9/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
