# Life Sciences Grade 12 Eastern Cape Mock 2013 Question Paper

> Grade 12 Life Sciences question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2013, 15 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/lewenswet-v1-qp/dd4ce86f-2a35-4cbf-8d1b-543b343ce2d2
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2013
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 Eastern Cape Mock 2013 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/lewenswet-v1-qp/dd4ce86f-2a35-4cbf-8d1b-543b343ce2d2)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2013. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                  Province of the
                  EASTERN CAPE
                  EDUCATION

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2013

                LEWENSWETENSKAPPE V1

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                             *LFSCA1*

                    Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                           LEWENSWETENSKAPPE V1                               (SEPTEMBER 2013)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies versigtig voor die beantwoording van die vrae.

1.    Beantwoord ALLE vrae.

2.    Skryf AL die antwoorde in jou ANTWOORDEBOEK.

3.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die
      vraestel gebruik is.

4.    Verskaf jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag.

5.    Doen ALLE diagramme in potlood en die byskrifte in blou of swart ink.

6.    Teken diagramme en vloeidiagramme slegs wanneer jy versoek word om dit te
      doen.

7.    Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
      NIE.

8.    MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

9.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik.

10.   Skryf netjies en leesbaar.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                     LEWENSWETENSKAPPE V1                               3

AFDELING A

VRAAG 1

1.1    Verskeie moontlikhede word as antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies
       die korrekte antwoord en skryf slegs die letter ( A–D ) langs die vraagnommer
       ( 1.1.1–1.1.10 ) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.

       1.1.1       Watter EEN van die volgende stellings beskryf ’n verskil tussen ŉ
                   chromosoom en ŉ geen die beste?

                   A    ŉ Geen is een deel van ŉ chromosoom en ŉ chromosoom kan
                        baie gene dra
                   B    ŉ Chromosoom en ŉ geen is identies
                   C    ŉ Chromosoom bevat al die DNA van ŉ mens; terwyl ŉ geen ŉ
                        enkele onderdeel van daardie DNA is
                   D    ŉ Geen is groter as ŉ chromosoom

       1.1.2       Ten einde die volgende nukleotied ŉ monomeer van DNA te maak
                   moet jy ... vervang.

                   A    deoksiribose suiker met ribose suiker
                   B    fosfaat met fosfor
                   C    urasiel met timien
                   D    deoksiribose suiker met ŉ heksose suiker

       1.1.3       Wetenskaplikes het die liggaam van ŉ wollerige mammoet in die
                   bevrore grond van Siberië herwin. Die DNA volgorde van die
                   wollerige mammoet het baie met die DNA van die Afrika-olifant
                   ooreengestem. Watter EEN van die volgende gevolgtrekkings word
                   die beste deur die inligting ondersteun?

                   A    Afrika-olifante het direk vanaf die wollerige mammoet
                        geëvolueer
                   B    Die wollerige mammoet en die Afrika-olifant het dieselfde
                        voorvader
                   C    Die wollerige mammoet het dieselfde aantal chromosome as die
                        Afrika-olifant
                   D    Die wollerige mammoet en die Afrika-olifant moet as dieselfde
                        spesie geklassifiseer word

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                       LEWENSWETENSKAPPE V1                             (SEPTEMBER 2013)

    1.1.4   Lamarck se teorie van evolusie is verwerp omdat hy verkeerdelik
            voorgestel het dat …

            A    die natuur die beste aangepaste organismes selekteer om te
                 oorleef.
            B    die verworwe eienskappe oorerf word.
            C    die kameelperde die enigste organismes is wat daartoe in staat
                 is om verworwe eienskappe oor te erf.
            D    die organismes die vermoë het om die verworwe eienskappe
                 aan te pas volgens die veranderinge in die omgewing.

    1.1.5   Variasie wat natuurlike seleksie beheer word nie deur ... veroorsaak
            nie.

            A    mutasie
            B    fossiellering
            C    toevallige bevrugting
            D    lukrake rangskikking van chromosome tydens meiose

    1.1.6   Een van die volgende is nie ŉ voorbeeld van ŉ reproduktiewe
            isoleringsmeganisme, wat verhoed dat twee spesies lewendige,
            vrugbare nageslag produseer nie.

            A    Habitat isolering
            B    Gedrag isolering
            C    Basterkrag isolering
            D    Meganiese isolering

    1.1.7   Die onderstaande diagram toon die oorerwing van hemofilie in ŉ
            familie [XH – normale bloed (dominante geen); Xh–resessiewe geen
            wat hemofilie veroorsaak].

            Wat is die genotipe van familielid 3?

            A    XHXh
            B    XHXH
            C    XhXh
            D    XhY

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                     LEWENSWETENSKAPPE V1                               5

        1.1.8      Die voordeel van kloning is dat dit ...

                   A    die variasie in ŉ bevolking sal verminder.
                   B    geneties identiese individue met gewenste eienskappe
                        produseer.
                   C    die nageslag in staat sal stel om onder enige ongunstige
                        toestande te oorleef.
                   D    die enigste wetenskaplike tegniek is wat deur alle religieuse
                        gelowe en denominasies aanvaar word.

        1.1.9      1, 2, 3 en 4 in die onderstaande diagram verteenwoordig ŉ paar
                   chromosome. Die korrekte interpretasie van die diagram is dat ...
                   verteenwoordig.

                   A      2 ŉ homosigoot
                   B      1 ŉ heterosigoot
                   C      4 ŉ outosoom
                   D      3 ŉ homoloë paar chromosome

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                         LEWENSWETENSKAPPE V1                            (SEPTEMBER 2013)

      1.1.10   ŉ Kruising tussen ŉ wit kat en ŉ swart kat produseer ŉ kat met
               swart vlekke. Hierdie voorbeeld illustreer …

               A    onvolledige dominansie.
               B    ko-dominansie.
               C    volledige dominansie.
               D    gedeeltelike dominansie                               (10 x 2)   (20)

1.2   Verskaf die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
      Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1–1.2.7) in die
      ANTWOORDEBOEK neer.

      1.2.1    Die vorming van twee of meer spesies as gevolg van die skeiding
               van die oorspronklike spesie in verskillende groepe deur ŉ
               geografiese (fisiese) skeiding

      1.2.2    Die proses wat organismes met die gewenste eienskappe in staat
               stel om te oorleef en reproduseer terwyl organismes met
               ongewenste eienskappe sterf

      1.2.3    Chromosome wat die geslag van individue bepaal

      1.2.4    Die fisiese voorkoms van ŉ organisme

      1.2.5    Die proses wat die invoeging van ŉ diploïede kern van ŉ
               embrioniese somatiese sel in die onbevrugte eiersel, wat dan in die
               uterus wand ingeplant word, behels

      1.2.6    Die punt waar chromatiede van ŉ homoloë chromosoom tydens die
               eerste profase van meiose oorkruis

      1.2.7    Oorerwing waartydens ŉ bepaalde eienskap vanweë die interaksie
               van baie gene ontstaan                                  (7 x 1)        (7)

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                    LEWENSWETENSKAPPE V1                                    7

 1.3    Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I slegs op A, slegs op B, op
        beide en B, of op geen van die items in KOLOM II van toepassing is.
        Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geen langs die vraagnommer
        (1.3.1–1.3.7) in die ANTWOORDEBOEK NEER.

                           KOLOM I                             KOLOM II
        1.3.1      Verskillende vorme van ŉ geen      A   Allele
                   wat op dieselfde lokus op ŉ paar
                   homoloë chromosome voorkom         B   Antikodon
        1.3.2      Die proses waartydens diere en     A   Natuurlike seleksie
                   plante geselekteer en toegelaat
                   word om met ander                  B   Kunsmatige seleksie
                   geselekteerde diere of plante te
                   teel om verlangde eienskappe
                   vir die mens te produseer
        1.3.3      Die getal, vorm en rangskikking    A   Kariotipe
                   van al die chromosome in die
                   kern van ŉ somatiese sel           B   Genoom
        1.3.4      Die proses waartydens DNA          A   Puntmutasie
                   homself kopieer
                                                      B   Raamverskuiwings-
                                                          mutasie
        1.3.5      Die streek waar chromatiede        A   Sentromeer
                   bymekaar gehou word
                                                      B   Sentriool
        1.3.6      ŉ Sel wat slegs een stel           A   Diploïed
                   chromosome bevat
                                                      B   Haploïed
        1.3.7      ŉ Spesifieke patroon van           A   DNS/DNA profilering
                   strepies wat ŉ unieke volgorde
                   van nukleotiede, wat soos ŉ        B   DNS/DNA replikasie
                   strepieskode lyk,
                   verteenwoordig

                                                                                (7 x 2)   (14)

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                            LEWENSWETENSKAPPE V1                           (SEPTEMBER 2013)

1.4   Die onderstaande diagram verteenwoordig die meiotiese verdeling van twee
      verskillende selle. Beide selle A en B ondergaan ŉ abnormale verskynsel en
      lei onderskeidelik tot die ontstaan van manlike en vroulike gamete.

      1.4.1   Identifiseer die fenomeen wat in sel A en sel B voorgestel word.         (1)

      1.4.2   In watter organisme (plante of diere) vind hierdie fenomeen
              normaalweg plaas?                                                        (1)

      1.4.3   As wat staan hierdie fenomeen algemeen bekend?                           (1)

      1.4.4   Wat sal die onderskeidelike chromosoomgetal wees in die:

              (a)   manlike gameet                                                     (1)

              (b)   vroulike gameet                                                    (1)

              (c)   sigoot                                                             (1)

      1.4.5   Wat was die chromosoomgetal van A en B in die bostaande diagram
              voor die aanvang van die meiotiese verdeling?                            (1)

      1.4.6   Noem TWEE redes waarom die fenomeen, soos in bostaande
              diagram vertoon, vir planttelers baie belangrik is.                      (2)

                                                            TOTAAL AFDELING A:          50

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                     LEWENSWETENSKAPPE V1                       9

AFDELING B

VRAAG 2

2.1    Die onderstaande diagram verteenwoordig ŉ metaboliese proses wat in ŉ
       lewende sel plaasvind. Bestudeer die diagram en beantwoord die
       daaropvolgende vrae.

       2.1.1       Benoem die proses wat in bostaande diagram plaasvind.       (1)

       2.1.2       Identifiseer die volgende op die bostaande diagram:

                   (a)   Organel X                                             (1)

                   (b)   Organel Y                                             (1)

                   (c)   Proses 1                                              (1)

                   (d)   Proses 2                                              (1)

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                         LEWENSWETENSKAPPE V1                              (SEPTEMBER 2013)

     2.1.3   Noem die:

             (a)   eindproduk van die metaboliese proses wat in VRAAG 2.1.1
                   genoem is.                                                           (1)

             (b)   monomere waarvan die komplekse molekule in VRAAG 2.1.3
                   (a), genoem, gevorm word.                                            (1)

             (c)   verbinding wat die monomere in die eindproduk verbind.               (1)

     2.1.4   Skryf, van links na regs, die korrekte basisvolgorde van die:

             (a)   die kodon wat 4 gemerk is                                            (3)

             (b)   die anti-kodon wat 8 gemerk is                                       (3)

     2.1.5   Hoeveel stikstofbasiseenhede vorm deel van die kodon?                      (1)

     2.1.6   Die onderstaande tabel toon die basisdrietalle van DNS/DNA en die
             aminosure waarvoor elkeen kodeer.

             Benoem die aminosure P, Q en R, onderskeidelik met verwysing na
             die diagram in VRAAG 2.1 en die onderstaande tabel.

                   Basisdrietalle van DNA        Aminosuur waarvoor gekodeer
                                                             word
                           AGT                          Serien
                           CCG                          Glisien
                           TGT                          Threonien
                           GTA                          Histidien
                           CAA                          Valien
                           TCC                          Arginien
                           ACA                          Sistien                         (3)

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                     LEWENSWETENSKAPPE V1                                  11

2.2    Bestudeer die onderstaande koerantartikel en beantwoord die
       daaropvolgende vrae.

                   Openbare ondersoek na drievoudige
                             vrugbaarheid
       BRITTANJE het gister ŉ openbare bespreking geloods om vas te stel of die
       kontroversiële “drie ouer” vrugbaarheidbehandeling vir families, wat hoop om
       die oordrag van ongeneeslike siektes te verhoed, beskikbaar moet wees.

       Die tegniek het as drie-ouer in vitro bevrugting (IVF) bekend geraak, want die
       nageslag sal gene van ŉ moeder, ŉ vader en van ŉ vroulike skenker, bevat.

       Die tegnieke is ontwerp om families met mitochondriale siektes – ongeneeslik
       oorgeërfde toestande van die maternale lyne, wat ongeveer een kind uit 6 500
       wêreldwyd affekteer, te help.

       Die nuwe potensiële behandeling behels die tussenbeide tree in die
       bevrugtingsproses deur foutiewe mitochondriale DNA wat tot verskeie
       oorerflike toestande soos dodelike hartprobleme, lewerversaking,
       breinafwykings, blindheid en spierverswakking kan lei, te verwyder. Die
       tegniek sal hoofsaaklik mitochondria, wat as klein energiebatterye in die sel
       dien vervang, sodat ŉ baba nie foute van sy ma oorerf nie.

       Die Menslike Bevrugting en Embriologiese Gesag (MBEG) het gesê dat kritici
       mag bekommerd wees dat die modifisering van embrio’s, om siektes te
       voorkom, moontlik die eerste stappe is in die ontwikkeling van ontwerpers-
       babas, waarvan die genetiese samestelling van embrio’s gemodifiseer kan
       word ten einde sekere eienskappe soos lengte en haarkleur te verseker.

       [Vrylik vertaal en aangepas vanuit die Daily Dispatch-koerant, Dinsdag,
       18 Sept 2012]

       2.2.1       Noem die tegniek wat die potensiaal het om die oordrag van
                   ongeneeslike siektes te voorkom.                                        (1)

       2.2.2       Wat is die oorsaak van die ongeneeslike siektes wat in die paragraaf
                   genoem word?                                                            (1)

       2.2.3       Verskaf wêreldwye statistieke vir die getal lyers aan die
                   bogenoemde genetiese toestande                                          (1)

       2.2.4       Verduidelik kortliks hoe hierdie tegniek uitgevoer word.                (3)

       2.2.5       Noem enige DRIE voorbeelde van die siekte wat in die artikel
                   genoem word.                                                            (3)

       2.2.6       Verskaf enige DRIE reaksies indien jy gevra sou word om oor die
                   etiese aangeleenthede van hierdie navorsingprojek kommentaar te
                   lewer.                                                                  (3)
                                                                                          [30]

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                        LEWENSWETENSKAPPE V1                            (SEPTEMBER 2013)

VRAAG 3

3.1   Die onderstaande diagram toon die progressie van die menslike evolusie.
      Bestudeer die diagram A, B, C, D en E, wat Homo erectus, Homo sapiens,
      Astralopithecus, Homo habilis en Homo neanderthalensis, in geen volgorde
      genoem, verteenwoordig.

      3.1.1   Identifiseer elk van die bostaande hominide lede (A–E) korrek vanaf
              die bostaande lys.                                                      (5)

      3.1.2   Noem enige VYF ooreenstemmende eienskappe wat deur die lede
              in die bostaande diagram gedeel word.                                   (5)

      3.1.3   Noem die familie waaraan die bostaande groep behoort.                   (1)

      3.1.4   Noem enige DRIE eienskappe wat die organisme wat E gemerk is
              van die ander primate onderskei.                                        (3)

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                    LEWENSWETENSKAPPE V1                                13

3.2    Daar is verskillende alternatiewe oorsigte ten opsigte van die studie van
       wetenskap en evolusie. Die twee hoof alternatiewe is die wetenskaplike
       oorsig en die kreasionistiese oorsig.

       3.2.1       Onderskei tussen die wetenskaplike oorsig van ondersoek en die
                   kreasionistiese oorsig.                                              (4)

       3.2.2       Noem TWEE wyses waarop die betroubaarheid van resultate, wat
                   tydens ŉ wetenskaplike ondersoek verkry is, verbeter word?           (2)

       3.2.3       Verduidelik waarom die resultate van ŉ wetenskaplike ondersoek in
                   ŉ wetenskaplike joernaal gepubliseer word.                           (2)

       3.2.4       Wetenskaplikes baseer hulle teorieë oor evolusie op feite. Noem
                   enige DRIE ander studievelde wat bewyse lewer om die teorie van
                   evolusie te ondersteun.                                              (3)

3.3    ŉ Ondersoek is oor ŉ periode van 32 weke gedoen om die hipotese ten
       opsigte van die weerstand van muskiete teen die bespuiting met DDT te
       ondersoek. Die hipotese is verwerp op die basis van die resultate wat verkry
       is. Die resultate van die ondersoek word hieronder verskaf. Bestudeer die
       onderstaande grafiek en beantwoord die daaropvolgende vrae.

       3.3.1       Wat was die hipotese?                                                (2)

       3.3.2       Wat was die rede vir die verwerping van die hipotese?                (1)

       3.3.3       Watter gevolgtrekking kan van die grafiek, ten opsigte van die
                   vermoë van muskiete om die effek van DDT te weerstaan, gemaak
                   word?                                                                (2)
                                                                                       [30]

                                                              TOTAAL AFDELING B:        60

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                          LEWENSWETENSKAPPE V1                            (SEPTEMBER 2013)

AFDELING C

VRAAG 4

4.1   Die onderstaande diagram verteenwoordig die wêreldverspreiding van
      genetiese gemanipuleerde gewasse gedurende 2009–2010. Bestudeer die
      grafiek en beantwoord die daaropvolgende vrae.

      4.1.1   Watter land, wat aktief by die produksie van genetiese
              gemanipuleerde gewasse betrokke is, neem die leiding?                   (1)

      4.1.2   Wat is die algemene tendens ten opsigte van die produksie van
              geneties gemanipuleerde gewasse in die lande wat hierbo genoem
              word?                                                                   (1)

      4.1.3   Wat is die persentasie-toename in die grondgebruik vir die
              produksie van genetiese gemanipuleerde gewasse in Brasilië?
              Toon alle berekeninge.                                                  (3)

      4.1.4   Huidige studies toon dat die gebruik van onkruiddoders toegeneem
              het met die aanplanting van geneties gemanipuleerde gewasse. Dit
              maak die aansprake van biotegnologiese voorstaanders, dat
              geneties gemanipuleerde gewasse die gebruik van onkruiddoders
              verminder, vals. Noem enige EEN nadeel ten opsigte van die
              gebruik van onkruiddoderweerstandbiedende genetiese
              gemanipuleerde gewasse.                                                 (1)

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                   LEWENSWETENSKAPPE V1                                   15

      4.1.5    Teken ŉ sirkelgrafiek van die grondgebruik vir geneties
               gemanipuleerde gewasse in 2010 aan te toon, deur van die inligting
               in die bostaande grafiek gebruik te maak. Toon alle berekeninge.          (8)

4.2   Die onderstaande diagram toon ŉ genetiese kruising tussen hase. Die wit
      pelskleur is dominant oor die grys pelskleur. Bestudeer die diagram en
      beantwoord die daaropvolgende vrae. Gebruik die letters W (dominant) en
      w (resessief) vir die allele vir pelskleur.

      4.2.1   Gebruik ŉ genetiese kruising diagram om die moontlike genotipes
              en fenotipes van ŉ kruising tussen ŉ wit manlike haas in die (F1)
              generasie en ŉ wit wyfie ouer met ŉ genotipe wat dieselfde is as die
              van die wit wyfie wat in die (P1) generasie getoon word, aan te toon.      (6)

4.3   Skryf ŉ kort opstel om te verduidelik wat die “uit Afrika”-hipotese is en
      verskaf genetiese bewyse en fossielbewyse om hierdie hipotese te
      ondersteun.

                                                                             Inhoud:    (17)
                                                                             Sintese:    (3)

      NOTA:        Geen punte sal vir antwoorde in die vorm van ŉ vloeidiagram of
                   diagram toegeken word nie.

                                                            TOTAAL AFDELING C:           40
                                                                GROOTTOTAAL:            150

## Related documents

- [Gr12 LFSC P2 S13 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr12-lfsc-p2-s13-qp-eng/16f72da9-fb39-41cf-a478-707fa0b6b9df) — Life Sciences · QP · 2013 · Eng
- [LEWENSWET V1 MEMO](https://www.hlayiso.com/library/lewenswet-v1-memo/3850ca57-61f3-4812-a560-de20e0284fb7) — Life Sciences · Memo · 2013
- [Life Sciences P2 Feb-March 2013 Version 2 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-feb-march-2013-version-2-eng/7d4fd245-1073-4172-8973-11c298679339) — Life Sciences · QP · 2013 · Eng
- [LIFE SCIENCES P1 GR12 QP SEPT2023 isiXhosa](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-gr12-qp-sept2023-isixhosa/4bfbd428-d580-44bb-9e04-f4e5ad0bda53) — Life Sciences · QP · 2023 · isiXhosa
- [LIFE SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-qp-sept2023-afrikaans/13d7c9c8-15ee-4ae8-9e7d-b86c6cb669b9) — Life Sciences · QP · 2023 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2022 English Final](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-qp-sept2022-english-final/48fd8634-2e51-4ca1-b7e3-df271e86c9ec) — Life Sciences · QP · 2022 · Eng

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
