# Life Sciences Grade 11 Eastern Cape November 2025 QP (Afr)

> Grade 11 Life Sciences question paper from the Eastern Cape November Exam 2025 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-gr11-qp-nov2025-afrikaans-2-watermark/06b74e7f-2b60-466c-b6f3-5daac44e39cb
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: Eastern Cape November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/life-sciences) › [Life Sciences Grade 11 Eastern Cape November 2025 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-gr11-qp-nov2025-afrikaans-2-watermark/06b74e7f-2b60-466c-b6f3-5daac44e39cb)

## About this document

Life Sciences · Grade 11 · Eastern Cape November Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                             GRAAD 11

                        NOVEMBER 2025

                  LEWENSWETENSKAPPE V1

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

       Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 2

2                               LEWENSWETENSKAPPE V1                         (EC/NOVEMBER 2025)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.    Beantwoord AL die vrae.

2.    Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.

3.    Begin ELKE vraag boaan ŉ NUWE bladsy.

4.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
      gebruik is.

5.    Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan.

6.    Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink.

7.    Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme SLEGS wanneer dit gevra word.

8.    Die diagramme in hierdie vraestel word NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE.

9.    MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

10. Jy moet ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik, waar
    nodig.

11.   Alle berekeninge moet tot TWEE desimale plekke afgerond word.

12. Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 3

(EC/NOVEMBER 2025)                  LEWENSWETENSKAPPE V1                                    3

AFDELING A

VRAAG 1

1.1   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies
      die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot
      1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.

      1.1.1   Die struktuur wat verhoed dat die voedselbolus die tragea binnedring,
              wanneer dit gesluk word:

              A      Epiglottis
              B      Tong
              C      Glottis
              D      Tande

      1.1.2   ŉ Funksie van die nier:

              A      CO2 homeostase
              B      Afbreek van galpigmente
              C      Bloed pH homeostase
              D      Deaminasie

      1.1.3   Die deel van die spysverteringskanaal waar die villus aangetref word:

              A      Slukderm
              B      Dikderm
              C      Maag
              D      Dunderm

      1.1.4   Faktor(e) wat die opname van suurstof in die menslike liggaam
              bevorder:

              A      Lug wat ingeasem word, het minder suurstof as lug wat
                     uitgeasem word
              B      Alveoli met dik wande vir suurstofberging en ŉ groot oppervlakte
              C      Daar is min alveoli in elke long
              D      Die konsentrasie suurstof in die bloed is laer as in die alveoli

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 4

4                            LEWENSWETENSKAPPE V1                         (EC/NOVEMBER 2025)

     1.1.5   ŉ Dwarssnit van ŉ tweesaadlobbige blaar word hieronder getoon.

                                                   Epidermis

                                                                X

             Watter tipe sel word verwag om by laag X gevind te word?

                     A           B             C               D
                     N

     1.1.6   Die tabel hieronder toon die samestelling van vier lugmonsters.

               LUGMONSTER               O2%             CO2%              N2%
                   P                     21              0,04              78
                   Q                     16              4,04              78
                   R                      4              0,40              39
                   S                     20              4,00              39

             Watter lugmonster verteenwoordig geïnspireerde (ingeasemde) lug en
             watter lugmonster verteenwoordig uitgeasemde lug?

                     GEÏNSPIREERDE LUG             UITGEASEMDE LUG
                A            S                            R
                B            P                            S
                C            P                            Q
                D            Q                            S

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 5

(EC/NOVEMBER 2025)                   LEWENSWETENSKAPPE V1                                       5

     1.1.7    Stowwe wat tydens buis-/tubulêre afskeiding uit die bloed verwyder
              word.

              A      Water, natriumione en hormone
              B      Glukose en natriumione
              C      Onverteerde kos en kreatien
              D      Hormone, ureum en kreatien

     1.1.8      Die korrekte pad wat urien deur die uitskeidingstelsel neem

                A    Nier → uretra → blaas → ureter
                B    Nier → ureter → blaas → uretra
                C    Blaas → nier → ureter → uretra
                D    Ureter → nier → uretra → blaas

     1.1.9      Osmoregulering is die manier waarop die liggaam die hoeveelheid
                water en soute wat dit bevat, beheer.

                Beskou die tabel hieronder. Wat sal waarskynlik op ŉ koue dag in die
                liggaam gebeur wanneer ŉ persoon baie water drink?

                         UREUM                  NIERBUISIE              URIENVOLUME
                      KONSENTRASIE          DEURLAATBAARHEID
                A         Laag                 Deurlaatbaar                    Hoog
                B         Hoog                Ondeurdringbaar                  Laag
                C         Laag                Ondeurdringbaar                  Laag
                D         Hoog                 Deurlaatbaar                    Hoog

     1.1.10     Die binnekant van die tragea (lugpyp) is met ŉ spesiale weefsel gevoer
                wat gesilieerde kolomepiteel genoem word. Hierdie weefsel het klein
                haaragtige strukture wat silia genoem word.

                Wat is die hooffunksie van die silia in die tragea (lugpyp)?

                A    Verhoog oppervlakte vir gaswisseling
                B    Help gasse om vinnig te beweeg omdat hulle naby bloedvate is
                C    Vang onsuiwerhede en patogene (skadelike) mikrobes (kieme)
                     vas
                D    Skei metaboliese afvalprodukte uit                    (10 x 2)          (20)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 6

6                              LEWENSWETENSKAPPE V1                            (EC/NOVEMBER 2025)

1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf
    slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
    ANTWOORDEBOEK neer.

     1.2.1    Proses om lug in te neem en dit uit die longe te verwyder

     1.2.2    Die hormoon wat help met die regulering van natriumione

     1.2.3    Groot, plat en oneweredige tande wat gebruik word om kos te maal en te
              verpletter

     1.2.4    Streek wat die neusholte met die larinks verbind en na die tragea en die
              slukderm lei

     1.2.5    Vrystelling van ŉ nuttige stof (ensieme, speeksel) uit selle of kliere

     1.2.6    Half-vloeibare massa van gedeeltelik-verteerde voedsel wat deur
              meganiese en chemiese spysverteringsprosesse van die maag gegaan
              het

     1.2.7    Gekronkelde gedeelte van die nefron tussen die lus van Henle en die
              versamelbuis

     1.2.8    Proses wat geen energie benodig om water uit ŉ gebied met hoë
              waterpotensiaal na ŉ gebied met lae waterpotensiaal te verskuif                    (8)

1.3 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM Ι van toepassing is op SLEGS A,
    SLEGS B, BEIDE A en B, of GEENEEN van die items in KOLOM ΙΙ nie. Skryf
    slegs A, slegs B, beide A en B, of GEENEEN langs die vraagnommers (1.3.1. tot
    1.3.4) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                             KOLOM I                               KOLOM II
      1.3.1    Deel(e) van die chloroplast waarin      A:   Tilakoïed
               chlorofil geleë is                      B:   Lamelle
      1.3.2    Sel(le) wat die oppervlak van die       A:   Saamgestelde
               villus uitmaak                               kolomvormig
                                                   B:       Beker
      1.3.3    Struktuur/strukture wat help om die A:       Sirkelvormige spier
               tragea oop te hou                   B:       Epiglottis
      1.3.4    ŉ Deel van die bloedsomloopstelsel A:        Gekronkelde buisies
               van die nier                        B:       Nierkelke
                                                                                       (4 x 2)   (8)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 7

(EC/NOVEMBER 2025)                    LEWENSWETENSKAPPE V1                                       7

1.4    ŉ Makroskopiese diagram van die nier word hieronder getoon.

               F                                                      A
                                                                      N

                                                                     B

                                                                     C

               E

                                                                     D

       1.4.1    Identifiseer die byskrif en noem die naam van die ...

                (a)   koppievormige struktuur wat die nierpapille omring en urien
                      versamel.                                                                 (2)

                (b)   deel wat lae vet (vetweefsel) het om die nier teen meganiese
                      besering te beskerm.                                                      (2)

                (c)   deel wat urien van die kelke versamel en dit in die ureter kanaliseer.    (2)

       1.4.2    Verduidelik waarom deel D donkerder rooi of bruin lyk in vergelyking met
                deel A.                                                                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 8

8                               LEWENSWETENSKAPPE V1                      (EC/NOVEMBER 2025)

1.5 Negatiewe terugvoermeganismes is noodsaaklike prosesse wat homeostase
    verseker. ŉ Eenvoudige negatiewe terugvoerlus met sy komponente word
    hieronder getoon.

                                      Stimulus

                Herstel
             Homeostase                                        Reseptor
             / Wanbalans

                                                     Beheer-
                          Effektor
                                                     sentrum

     1.5.1    Definieer die term homeostase.                                             (2)

     1.5.2    Koolstofdioksiedregulering is ŉ belangrike voorbeeld van ŉ negatiewe
              terugvoermeganisme.

              Wanneer die vlak van koolstofdioksied in die menslike liggaam te hoog
              word, watter deel van die liggaam dien as die:

              (a)    Reseptor                                                            (1)

              (b)    Effektor                                                            (2)

     1.5.3    Gee TWEE redes waarom dit belangrik is dat koolstofdioksiedvlakke in
              die bloed nie hoog bly nie.                                               (2)
                                                                                       [50]

                                                           TOTAAL AFDELING A:            50

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 9

(EC/NOVEMBER 2025)                  LEWENSWETENSKAPPE V1                                  9

AFDELING B

VRAAG 2

2.1 Bestudeer die organel hieronder wat in ŉ sel gevind word.

                                                                    A
                                                                    N
                                                                    B

     2.1.1    Identifiseer die organel hierbo getoon.                                    (1)

     2.1.2    Noem TWEE sigbare redes vir die antwoord op VRAAG 2.1.1 gegee.             (2)

     2.1.3    Behalwe vir hul liggings, tabuleer TWEE verskille tussen die prosesse
              wat by A en B plaasvind.                                                   (5)

     2.1.4    Noem TWEE biologiese belangrikhede van die proses wat binne die
              gegewe organel plaasvind.                                                  (2)

     2.1.5    Beskryf EEN sigbare strukturele kenmerk binne die organel wat dit
              geskik vir sy primêre funksie maak.                                        (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 10

10                              LEWENSWETENSKAPPE V1                            (EC/NOVEMBER 2025)

2.2 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

      KWEEKHUISE HELP OM KOS TE KWEEK, SELFS WANNEER DIE WEER
                           ONGUNSTIG IS

     In Rusland is winters baie koud en die tyd vir die verbouing van kos is kort.
     Kweekhuise bied ŉ veilige en warm ruimte die hele jaar vir die verbouing van
     groente, selfs wanneer dit buite -25 °C is. In plekke soos Siberië kan mense nou
     plaaslike groente kweek in plaas daarvan om dit van ander lande te koop.
     Russiese kweekhuise gebruik skoon energie van die son (sonkrag) en die aarde
     (geotermies). Kweekhuise help ook mense om werk te kry en plaaslike
     besighede te ondersteun.

     2.2.1   Noem EEN voordeel            van   kweekhuisstelsels    op   die    plaaslike
             gemeenskap.                                                                       (1)

     2.2.2   Verduidelik hoe Russiese kweekhuise energiedoeltreffend is.                       (2)

     2.2.3   Die beste temperatuur vir die kweek van plante in ŉ kweekhuis is 28 °C.
             Buite is die temperatuur −25 °C.

             (a)     Gee TWEE maniere om die temperatuur binne die kweekhuis
                     warm te hou wanneer dit baie koud buite is.                               (2)

             (b)     Bereken die persentasieverskil in temperatuur tussen buite
                     (−25 °C) en binne (28 °C) die kweekhuis.                                  (3)

     2.2.4   Kweekhuise gebruik UV-A- en UV-B-gloeilampe wanneer daar nie
             genoeg sonlig is nie.

             (a)     Bespreek kortliks die verwantskap tussen ligintensiteit en die
                     fotosintetiese tempo van plante.                                          (3)

             (b)     Verduidelik EEN beperkende faktor van ligintensiteit in plante.           (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 11

(EC/NOVEMBER 2025)                  LEWENSWETENSKAPPE V1                                 11

2.3 Selrespirasie is ŉ 3-fase proses waarin ATP gevorm word. ŉ Skematiese
    voorstelling van hierdie proses word hieronder gegee.

        Elektrone via
        NADH gedra                                          X
        word

             Proses A
             Proses A              Krebs-          Proses B
                                   siklus

                                                                  Y
                                                      ATP
                ATP                ATP

     2.3.1    Identifiseer:

              (a)    Proses A                                                            (1)

              (b)    Reaktant X                                                          (1)

              (c)    Produk Y                                                            (1)

     2.3.2    Is proses A ŉ anaboliese of kataboliese proses?
              Gee EEN rede vir die antwoord.                                             (2)

     2.3.3    Watter proses, A of B, produseer meer ATP?
              Gee ŉ rede vir die antwoord.                                               (2)

     2.3.4    Beskryf die gebeure van die Krebs-siklus.                                  (4)

     2.3.5    ŉ Atleet het oor spierkrampe gekla nadat hy vier en ŉ half uur lank ŉ
              marathon gehardloop het.

              Gebruik jou begrip van selrespirasie om te verduidelik waarom dit
              plaasgevind het.                                                           (3)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 12

12                           LEWENSWETENSKAPPE V1                          (EC/NOVEMBER 2025)

2.4 ŉ Wetenskaplike het ondersoek ingestel na hoe fotosintese en respirasie
    koolstofdioksiedvlakke in water beïnvloed. Die eksperiment het damkruid (ŉ
    plant) en ŉ damslak (ŉ dier) gebruik.

     Eksperimentele ontwerp:
     • Die apparaat is vir 5 dae in ŉ goed beligte kamer gelos.
     • Na 5 dae het die wetenskaplike die kokende buis heeltemal met swart papier
        bedek.
     • ŉ Data-opnemer is gebruik om koolstofdioksied (CO₂) vlakke elke dag vir
        15 dae, aan te teken.
     • Die resultate word in die tabel hieronder getoon.

                                                           KOOLSTOFDIOKSIED
                                               TYD IN
                                                            KONSENTRASIE IN
                                                DAE
                                                           ARBITRÊRE EENHEDE
                                                  0                5
                                                  1                5
                          Data-opnemer            2                5
                                                  3                5
                                                  4                5
                            Rubberprop            5                5
                                                  6               5,3
                                                  7               5,4
                                                  8               5,5
                            Damkruid              9               6,4
                                                 10               6,5
                            Damslak              11               6,5
                                                 12               6,6
                                                 13               6,8
                                                 14               7,1
                                                 15               7,4

     2.4.1   Identifiseer die afhanklike veranderlike van die ondersoek.                  (1)

     2.4.2   Noem ŉ geskikte kontrole vir die ondersoek.                                  (2)

     2.4.3   Verklaar die koolstofdioksiedkonsentrasie tussen dag 0 en dag 5.             (2)

     2.4.4   Stel ŉ rede voor waarom koolstofdioksiedkonsentrasie na dag 5
             toegeneem het.                                                               (2)

     2.4.5   Die slak het op dag 10 dood gegaan. Verduidelik waarom dit gebeur het.       (2)

     2.4.6   Noem ŉ geskikte gevolgtrekking vir die ondersoek.                           (2)
                                                                                        [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 13

(EC/NOVEMBER 2025)                    LEWENSWETENSKAPPE V1                                   13

VRAAG 3

3.1    Hieronder is ŉ diagram van sekere dele van die spysverteringstelsel.

                                                                              A
                                                                              N

                                                                               B
                     F

                                                                               C

                                                                              D

                     E

       3.1.1    Verskaf geskikte byskrifte vir:

                (a)      Buis A                                                              (1)

                (b)      Aar C                                                               (1)

       3.1.2    Verduidelik DRIE maniere waarop struktuur E vir sy funksie aangepas
                is.                                                                          (6)

       3.1.3    Onderskei tussen die fisiese en chemiese vertering wat gelyktydig in
                struktuur B plaasvind.                                                       (4)

       3.1.4    Verduidelik waarom vetabsorpsie steeds moontlik is, ten spyte daarvan
                dat struktuur F chirurgies verwyder is.                                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 14

14                            LEWENSWETENSKAPPE V1                         (EC/NOVEMBER 2025)

3.2   Die diagram hieronder toon een van die vyf fases van menslike voeding.

          Aminosuur             Peptied                Proteïen

      3.2.1    Op grond van die diagram hierbo, noem die fase van menslike voeding
               wat getoon word. Noem ook die ensiem wat verantwoordelik is vir die
               afbreek van proteïene gedurende hierdie fase.                              (2)

      3.2.2    Waar in die menslike liggaam sal die ensiem wat in VRAAG 3.2.1
               genoem word, geproduseer word?                                             (1)

      3.2.3    Gedurende watter fase van menslike voeding sal proteïene in die
               menslike liggaam gevorm word?                                              (1)

      3.2.4    Identifiseer en bespreek die finale fase van menslike voeding. Noem
               die betrokke struktuur/strukture en hul biologiese belangrikheid.          (3)

3.3   Brood word in die menslike mond gemastikeer.

      3.3.1    Verduidelik die belangrikheid van mastikasie in menslike voeding.          (2)

      3.3.2    Verduidelik waarom brood na ŉ kort tydjie in die mond soeter smaak.        (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 15

(EC/NOVEMBER 2025)                  LEWENSWETENSKAPPE V1                                    15

3.4    Die diagram hieronder toon ŉ alveolus, ŉ klein, hol, luggevulde sak wat in die
       longe geleë is.

                              A

       3.4.1    Identifiseer die tipe beweging wat deur A voorgestel word.                  (1)

       3.4.2    Identifiseer en beskryf TWEE sigbare kenmerke van die alveolus wat
                dit ŉ effektiewe gaswisselingsoppervlak maak.                               (4)

       3.4.3    Lys TWEE maniere waarop suurstof in die liggaam vervoer word.               (2)

       3.4.4    Beskryf hoe ŉ koeëlwond aan die bors effektiewe ventilasie van die
                longe kan beïnvloed.                                                        (5)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief
      Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 16

16                             LEWENSWETENSKAPPE V1                         (EC/NOVEMBER 2025)

3.5 Die diagram hieronder toon ŉ nefron.

                                              B
                     A
                                                                        C

                                                                     D

                                                                    E

                                    F

     3.5.1   Lys TWEE letters uit die nefrondiagram wat in die nierkorteks geleë is.       (2)

     3.5.2   Identifiseer en bespreek TWEE belangrike prosesse wat tussen
             netwerk F en die nierbuis plaasvind.                                          (4)

     3.5.3   Bartter-sindroom is ŉ seldsame genetiese afwyking wat ondoeltreffende
             herabsorpsie van natriumione veroorsaak, ten spyte van
             aldosteroonafskeiding. Natriumpompe is ook nie in staat om natrium
             aktief uit te pomp nie.

             (a)     Identifiseer en skryf die naam van die deel neer wat Bartter-
                     sindroom waarskynlik sal beïnvloed.                                   (2)

             (b)     Bespreek hoe Bartter-sindroom osmoregulering negatief sal
                     beïnvloed.                                                           (5)
                                                                                         [50]

                                                             TOTAAL AFDELING B:            50
                                                                 GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief
     Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

## Related documents

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 GR11 MEMO NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-gr11-memo-nov2025-afrikaans-watermark/1bdf579b-8063-4dc2-a5bd-522094c45c65) — Life Sciences · Memo · 2025 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 GR 11 MEMO NOV2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-life-sciences-2024-eastern-cape-november-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/1768e181-1a1b-418d-890f-2e94f97be7f3) — Life Sciences · Memo · 2024 · Afr
- [LIFE SCIENCES P1 MEMO GR11 NOV2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-memo-gr11-nov2023-afrikaans/85769031-3726-4a81-91d5-1b6af4517709) — Life Sciences · Memo · 2023 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 GR11 MEMO NOV 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr11-memo-nov-2023-afrikaans/ae8cb13c-71ab-498f-8593-036a6b0fb035) — Life Sciences · Memo · 2023 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 QP GR11 NOV2020 Afrikaans .docx](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-qp-gr11-nov2020-afrikaans-docx/6bfde4c0-705a-4366-b519-da158a210651) — Life Sciences · QP · 2020 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 QP GR11 NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-qp-gr11-nov2020-afrikaans/548b157e-3fe2-429d-945d-ed753014122b) — Life Sciences · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 11 Life Sciences

- [Gr 11 Life Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-life-sci-atp-2023-24/4ab88214-8173-4f6e-98ea-ab509ada756b) — ATP
- [KZN Life Sciences Grade 11 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-life-sciences-grade-11-june-2025-qp-and-memo/31a59d87-a46a-4536-91d0-2fe1264e946a) — QP + Memo · 2025
- [EC Life Sciences Grade 11 June 2024 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-life-sciences-grade-11-june-2024-qp-and-memo/68ed48c4-d02f-4f7f-97fb-736190106d11) — QP + Memo · 2024
- [KZN Life Sciences Grade 11 June 2024 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-life-sciences-grade-11-june-2024-qp-and-memo/16f6b3c9-ef72-40fd-8904-5ab062f8ed6e) — QP + Memo · 2024
- [Life Sciences Grade 11 March 2023 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-11-march-2023-qp-and-memo/fba019ce-d02a-4f9b-a4ee-24c91a5e035c) — QP + Memo · 2023
- [KZN Life Sciences Grade 11 September 2023 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-life-sciences-grade-11-september-2023-qp-and-memo/5cd8ebb9-a204-4f7c-87a1-46dc4d3347f7) — QP + Memo · 2023

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
