# Life Sciences Grade 12 Eastern Cape Mock 2017 Question Paper

> Grade 12 Life Sciences question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2017, 16 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1/91725201-d440-4531-b6ec-671b3458882c
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 Eastern Cape Mock 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1/91725201-d440-4531-b6ec-671b3458882c)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2017. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                          GRAAD 12

                     SEPTEMBER 2017

               LEWENSWETENSKAPPE V1

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                  Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

                                  *LFSCA1*

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                              LEWENSWETENSKAPPE V1                      (EC/SEPTEMBER 2017)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat die vrae beantwoord word.

 1.     Beantwoord AL die vrae.

 2.     Skryf AL die antwoorde in jou ANTWOORDEBOEK.

 3.     Begin ELKE vraag boaan ŉ NUWE bladsy.

 4.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik word.

 5.     Bied jou antwoorde aan volgens die instruksies van elke vraag.

 6.     ALLE sketse moet in potlood gemaak word en die byskrifte in blou of swart ink.

 7.     Teken diagramme, vloeidiagramme of tabelle SLEGS wanneer dit gevra word.

 8.     Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
        NIE.

 9.     MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

 10.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik
        waar nodig.

 11.    Skryf netjies en leesbaar.

 12.    Rond alle berekenings af tot twee desimale syfers na die komma.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                   LEWENSWETENSKAPPE V1                                   3

 AFDELING A

 VRAAG 1

 1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae verskaf.
        Skryf die vraagnommer (1.1.1–1.1.10) neer en kies die antwoord deur die
        korrekte letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.10) in die
        ANTWOORDEBOEK te skryf, byvoorbeeld 1.1.11 D.

        1.1.1    Voor kopulasie word die manlike sperm tydelik in die ... gestoor.

                 A     seminale vesikels
                 B     skrotum
                 C     prostaatklier
                 D     epididimis

        1.1.2    ŉ Toename in die groei van alge as gevolg van te veel voedingstowwe
                 in die water staan as ... bekend.

                 A     bleiking
                 B     eutrofikasie
                 C     ionisasie
                 D     loging

        1.1.3    Die fotoreseptore wat deur dowwe lig gestimuleer word:

                 A     Lens en stafies
                 B     Stafies en keëltjies
                 C     Slegs keëltjies
                 D     Slegs stafies

        1.1.4    Die gemiddelde tydsduur van swangerskap by die mens (van
                 bevrugting tot geboorte) is ...

                 A     280 dae.
                 B     310 dae.
                 C     20 dae.
                 D     210 dae.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                               LEWENSWETENSKAPPE V1                      (EC/SEPTEMBER 2017)

                VRAAG 1.1.5 EN VRAAG 1.1.6 VERWYS NA DIE DIAGRAM
                HIERONDER. DIE DIAGRAM STEL DIE MENSLIKE BREIN EN ŉ
                GEDEELTE VAN DIE RUGMURG VOOR.

                                                                                1

                          4                                                     2
                       Pons
                                                                                3

        1.1.5   Watter deel van die brein word geassosieer met balans en die
                koördinasie van spierbeweging?

                A     1
                B     2
                C     3
                D     4

        1.1.6   Watter deel beheer asemhalingstempo en hartklop?

                A     1
                B     2
                C     3
                D     4

        1.1.7   Tydens die ontwikkeling van die embrio is die funksie van die
                amnion om …

                A     as reserwe voedsel te dien.
                B     oorsprong aan die plasenta te gee.
                C     te voorkom dat die ontwikkelende fetus rondbeweeg.
                D     die vloeistof wat die embrio teen beserings beskerm, te omsluit.

        1.1.8   Watter EEN van die volgende kenmerke van geneties gemodifiseerde
                gewasse het die potensiaal om voedselsekuriteit te verbeter?

                GM-gewasse …

                A     verhoog die aantal uitheemse plantspesies.
                B     verhoog opbrengs.
                C     verhoog die afhanklikheid van plaagdoders.
                D     verminder genetiese diversiteit.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                  LEWENSWETENSKAPPE V1                                    5

        1.1.9    Ouers sal dikwels vir hul kinders sê om NIE direk in die son te staar
                 nie, al is dit selfs net vir ŉ paar minute, want …

                 A     helder lig veroorsaak skade aan die retina.
                 B     die helder lig sal die lens beskadig.
                 C     dit droog die watervog uit.
                 D     die ligenergie verander na hitte-energie in die oog.

        1.1.10 Een van die funksies van die hormoon, progesteroon, is om …

                 A     die uteruswand vir die inplanting van die embrio voor te berei.
                 B     die ontwikkeling van die follikels te versnel.
                 C     die vorming van die corpus luteum te veroorsaak.
                 D     die afskeiding van sweet te stimuleer.                    (10 × 2) (20)

 1.2    Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf
        slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.10) in die
        ANTWOORDEBOEK neer.

        1.2.1    ŉ Proses waardeur ŉ DNA-molekuul ŉ kopie van homself maak

        1.2.2    Die struktuur in die kop van ŉ spermsel wat ensieme bevat wat die
                 membraan rondom die eiersel afbreek

        1.2.3    Die verdeling van die sitoplasma tydens die proses van meiose

        1.2.4    ŉ Verandering in die interne of eksterne omgewing wat deur ŉ reseptor
                 waargeneem word en in ŉ impuls omgeskakel word

        1.2.5    Die herplant van bome en struike in ŉ woud

        1.2.6    Die hormoon wat vir die ontwikkeling van sekondêre geslagskenmerke
                 by mans verantwoordelik is

        1.2.7    ŉ Rotslaag van die aarde wat water bevat

        1.2.8    Strukture, wat slegs in dierselle en laer plantselle aangetref word, wat
                 die spoel tydens seldeling vorm

        1.2.9    Die proses waartydens ŉ gebied/streek progressief droër en droër word

        1.2.10 Die deel van die senuweestelsel wat uit kraniale- en spinale senuwees
               bestaan                                                        (10 × 1) (10)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                               LEWENSWETENSKAPPE V1                          (EC/SEPTEMBER 2017)

 1.3    Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A,
        SLEGS B, BEIDE A en B of GEENEEN van die items in KOLOM II. Skryf
        Slegs A, Slegs B, Beide A en B of Geeneen langs die vraagnommer
        (1.3.1–1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                              KOLOM І                                KOLOM ІІ
        1.3.1   ŉ Voortplantingsmetode waar die               A   ovoviviparie
                kleintjies met ŉ naelstring verbind word en
                                                              B   viviparie
                binne-in die moeder se liggaam ontwikkel
        1.3.2   Kleintjies is hulpeloos by geboorte of        A   prekosiale
                wanneer hulle uitbroei en benodig                 ontwikkeling
                ouerlike sorg vir ŉ tydperk                   B   altrisiële ontwikkeling
        1.3.3   Bevrugting waar die teenwoordigheid van       A   inwendige bevrugting
                water noodsaaklik is om plaas te vind         B   uitwendige bevrugting
                                                                                   (3 × 2)      (6)

 1.4    Bestudeer die onderstaande diagram van ŉ seldelingsproses en beantwoord die
        vrae:

                                             F                      E

                      A    B                  C                     D

        1.4.1   Noem:

                (a)   Die tipe seldeling (mitose of meiose) waartydens hierdie proses
                      plaasvind                                                                 (1)
                (b)   Die proses wat by C plaasvind                                             (1)
                (c)   Die fase waartydens die proses in VRAAG 1.4.1(b) genoem,
                      plaasvind                                                                 (1)
                (d)   Die struktuur wat die twee chromatiede aanmekaar heg                      (1)
                (e)   Die streek wat F gemerk is                                                (1)
                (f)   Die fase wat die fase wat in die diagramme hierbo voorgestel
                      word, opvolg                                                              (1)

        1.4.2   Identifiseer EEN waarneembare kenmerk wat aandui                          dat
                chromosoompaar A en B hierbo as homoloog beskou kan word.                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                  LEWENSWETENSKAPPE V1                                    7

 1.5    Die foto hieronder is een van ŉ stortingsterrein. Beantwoord die vrae wat volg:

        1.5.1    Watter tipe stortingsterrein word deur die foto aangetoon?                  (1)

        1.5.2    Noem ŉ nuttige gas wat van hierdie tipe stortterrein verkry kan word.       (1)

        1.5.3    Gee EEN gebruik van die gas wat in VRAAG 1.5.2 genoem word.                 (1)

        1.5.4    Gee die naam van die proses waar die produkte van hierdie
                 stortingsterrein versamel word om weer gebruik te word.                     (1)

        1.5.5    Noem EEN van die afvalkomponente wat nie deur natuurlike metodes
                 ontbind kan word nie.                                                       (1)

        1.5.6    Gee die gesamentlike naam van die gasse wat aardverwarming
                 veroorsaak.                                                                 (1)

        1.5.7    Identifiseer ŉ gesondheidsrisiko wat swak bestuur van hierdie
                 stortingsterrein op die gemeenskap, wat daar naby woon, kan hê.             (1)

                                                             TOTAAL AFDELING A:              50

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                              LEWENSWETENSKAPPE V1                    (EC/SEPTEMBER 2017)

 AFDELING B

 VRAAG 2

 2.1    Die diagram toon twee oë (X en Y) wat op voorwerpe (voorgestel deur pyle) op
        verskillende afstande van die oog gefokus is. Voorwerpe A en C was 3 meter
        van die oog af. Voorwerpe B en D was 8 meter van die oog af.

        LW: Die diagramme is nie volgens skaal geteken nie

                                                  Voorwerp A        Voorwerp B

                                                  3 m weg           8 m weg
                       Oog X                      vanaf die         vanaf die
                                                    oog               oog

                                                Voorwerp C         Voorwerp D

                       Oog Y

        2.1.1   Skryf SLEGS die LETTER van die voorwerp neer:

                (a)   Waarop Oog Y gefokus is                                            (1)

                (b)   Waarop Oog X gefokus is                                            (1)

        2.1.2   (a)   Noem die ooggebrek wat die gevolg is van die onvermoë van
                      Oog Y om op Voorwerp D te fokus.                                   (1)

                (b)   Noem die tipe lens wat gebruik word om die defek wat in
                      VRAAG 2.1.2(a) genoem word, reg te stel.                           (1)

        2.1.3   Noem en beskryf die proses wat Oog Y toelaat om ŉ duidelike beeld op
                die retina te vorm.                                                      (5)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                 LEWENSWETENSKAPPE V1                                    9

 2.2    Die onderstaande diagram toon ŉ sekere gedeelte van die menslike
        spysverteringskanaal.

                        Lewer

                                                              Pankreas

        Die bloedglukosevlak word binne ŉ speling van 70–110 mg per 100 mℓ bloed
        in ŉ normale persoon gereguleer. As dit vir ŉ lang tydperk bo hierdie vlak styg,
        kan die persoon diabetes mellitus hê.

        2.2.1    Noem die chemiese stof wat deur die pankreas afgeskei word wat sal
                 verseker dat die glukosevlak in ŉ gesonde persoon nie hoër as 110 mg
                 per 100 mℓ bloed sal styg nie.                                             (1)

        2.2.2    Verduidelik hoe die wanfunksionering van die pankreas die handhawing
                 van die korrekte glukosevlakke in die bloed sal affekteer.                 (3)

        2.2.3    Verduidelik die moontlike negatiewe invloed op die liggaamselle indien
                 die glukosevlak vir ŉ lang tyd hoër as 110 mg per 100 mℓ bloed is.         (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                LEWENSWETENSKAPPE V1                     (EC/SEPTEMBER 2017)

 2.3    ŉ Graad 12-leerder het ŉ ondersoek uitgevoer om die effek van lig op die groei
        van plantstingels te bepaal. Die leerder het die plante wat gebruik was in drie
        groepe soos volg verdeel:

        Groep A       Die punt van die stingel was ongeskonde.
        Groep B       Die punt van die stingel is verwyder.
        Groep C       Die punt van die stingel is bedek met ŉ kappie wat nie lig deurlaat
                      nie.

        Die diagram in elke groep (A, B en C) hieronder toon elke stingel aan die begin
        van die ondersoek en langsaan elk, dieselfde stingel aan die einde van die
        ondersoek.

        Die pyltjies dui die rigting aan waaraan elkeen van die stingels A, B en C
        blootgestel.

                                                                                     Eensydige lig
                                                       Kappie

        Begin Einde                   Begin Einde          Begin Einde
                A                           B                     C

        2.3.1   Noem die afhanklike veranderlike in hierdie ondersoek.                               (1)

        2.3.2   Watter planthormoon word in hierdie eksperiment ondersoek?                           (1)

        2.3.3   Noem TWEE faktore wat tydens hierdie ondersoek konstant gehou
                moet word.                                                                           (2)

        2.3.4   Verduidelik die resultate waargeneem in:

                (a)     ondersoek A                                                                  (3)

                (b)     ondersoek C                                                                  (3)

        2.3.5   Noem TWEE maniere waarop die leerder die betroubaarheid van
                hierdie ondersoek kon verbeter.                                                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                   LEWENSWETENSKAPPE V1                                   11

 2.4    Die onderstaande diagram toon ŉ refleksaksie.

                                                           A       B

                        E

                                                       D               C

        2.4.1    Identifiseer dele:

                 (a)   A                                                                      (1)

                 (b)   E                                                                      (1)

        2.4.2    Noem EEN funksie van elk van die dele:

                 (a)   B                                                                      (1)

                 (b)   C                                                                      (1)

        2.4.3    Verduidelik hoekom die brein nie aanvanklik betrokke is by ŉ
                 refleksaksie soos hierbo getoon nie.                                         (3)

        2.4.4    Verduidelik wat die effek sal wees op die aksie wat in die diagram hierbo
                 getoon word, indien ŉ persoon aan veelvuldige sklerose ly.                   (2)

                 Verduidelik die effek op die liggaam indien die deel gemerk D
        2.4.5
                 gesny/beskadig word.                                                         (4)
                                                                                             [40]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                             LEWENSWETENSKAPPE V1                   (EC/SEPTEMBER 2017)

 VRAAG 3

 3.1    Die onderstaande diagram toon die ontwikkeling van ŉ eiersel in ŉ vroulike
        ovarium. 2n en n verwys na die chromosoomgetal (2n is diploïed en n is
        haploïed).

                                                            A

                                                                      1

                                              2n

                                                                 n

                                                                       B

                                          2

        3.1.1   Noem die prosesse wat plaasvind by:

                (a)   A                                                                   (1)

                (b)   B                                                                   (1)

        3.1.2   Verduidelik die effek op die ovariale siklus wat hierbo getoon word
                indien ŉ voorbehoedmiddel wat progesteroon bevat, ingespuit word
                voordat die siklus begin.                                                 (3)

        3.1.3   Beskryf die veranderinge wat plaasvind, onder die invloed van
                hormone, vanaf 1 tot 2 op die diagram.                                    (6)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                  LEWENSWETENSKAPPE V1                                 13

 3.2    Rekords van menslike vrugbaarheid vir die tydperk 1941 tot 1990 het
        veranderinge in die spermtelling van normale mans getoon. Die tabel hieronder
        toon ŉ opsomming van die veranderende persentasies van mans met ŉ hoë of
        lae spermtelling oor ŉ tydperk van 50 jaar.

                                      MANS MET ŉ HOË             MANS MET ŉ LAE
             TYDSPERIODE
                                     SPERMTELLING (%)           SPERMTELLING (%)
                1941–1950                   50                         4
                1951–1960                   45                         5
                1961–1970                   28                         11
                1971–1980                   21                         14
                1981–1990                   15                         18

        3.2.1    Gedurende watter tydperk was daar:

                 (a)   Die hoogste persentasie mans met ŉ lae spermtelling                  (1)

                 (b)   Die laagste persentasie mans met ŉ hoë spermtelling                  (1)

        3.2.2    Bereken die persentasie-toename van mans met lae spermtellings
                 vanaf 1971 tot 1990.                                                       (2)

        3.2.3    Teken ŉ staafgrafiek om die persentasies van mans met ŉ hoë
                 spermtelling te toon vir die tydperk wat in die tabel aangedui word.       (6)

 3.3    Die diagram hieronder toon die lengtesnit van ŉ menslike oor.

                                                                 B
                                     A

                                         C

        3.3.1    Gee die letter van die deel wat ekstra druk/vibrasies in die koglea
                 absorbeer.                                                                 (1)

        3.3.2    ŉ Chirurg plaas ŉ buis genaamd ŉ ‘grommet’ (dreineringspypie) in die
                 struktuur gemerk A. Sodra dit in posisie geplaas is, mag die kind nie
                 swem nie. Verduidelik hierdie opdrag (instruksie).                         (2)

        3.3.3    Verduidelik die betekenis van die posisies van die strukture gemerk B.     (3)

        3.3.4    Noem die buis wat die middeloor met die keel verbind en verduidelik
                 watter rol dit met betrekking tot druk in die oor speel.                   (2)
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                              LEWENSWETENSKAPPE V1                     (EC/SEPTEMBER 2017)

 3.4    Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae:

                      Omgewingsimpak van Suurmynwaterdreinering

        Piriet is ŉ mineraal bestaande uit yster en swawel wat in groot hoeveelhede in
        mynhope voorkom. Wanneer piriet aan suurstof en water blootgestel word,
        breek dit geleidelik af om swawelsuur te vorm. Die swawelsuur dreineer in die
        grondwater in en maak die grondwater suur.

        Volgens wet word daar van myne verwag om suurwater in reservoirs
        (opgaardamme) te pomp. In die reservoir meng die suurwater met kalksteen
        om die suurvlakke te verlaag. Dit word ŉ neutraliseringsproses genoem.

        In ouer goud- en steenkoolmyne, wat nie meer in produksie is nie, word die
        suurwater nie uitgepomp en geneutraliseer nie, maar hoop dit op in mynskagte
        en vloei uiteindelik uit om die omliggende waterweë en die grondwater te
        besoedel.

        3.4.1   Vanuit die uittreksel, noem die mineraal wat in mynhope voorkom en
                grondwater suur maak.                                                      (1)

        3.4.2   Vanuit die uittreksel, beskryf die vorming van suurwater in myne.          (2)

        3.4.3   Verduidelik die invloed van suurmynwaterdreinering op:

                (a)   Die infrastruktuur in ŉ nabygeleë dorp                               (2)

                (b)   Landbouproduksie op ŉ nabygeleë plaas                                (2)

        3.4.4   Verduidelik waarom verlate goud- en steenkoolmyne voedselkettings
                in poele/riviere/damme kan affekteer.                                      (4)
                                                                                          [40]
                                                               TOTAAL AFDELING B:          80

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)               LEWENSWETENSKAPPE V1                               15

 AFDELING C

 VRAAG 4

 ŉ Marathonatleet het slegs 1 liter water saam met hom geneem toe hy op ŉ warm dag
 aan ŉ wedloop deelgeneem het. Beskryf die veranderinge wat in sy liggaam plaasvind
 in ŉ poging om ŉ normale liggaamstemperatuur te handhaaf. Beskryf die rol van die
 hipotalamus in die regulering van die waterbalans in sy liggaam.
                                                                             Inhoud: (17)
                                                                            Sintese: (3)

 LET WEL: GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van tabelle of
          diagramme nie.

                                                          TOTAAL AFDELING C:           20
                                                              GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [LIFE SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-qp-sept2017-afrikaans/bf87cb58-23d4-4b06-adf5-25fd58ae662a) — Life Sciences · QP · 2017 · Afr
- [Life Sciences P2 Feb March 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-feb-march-2017-eng/7e62377f-2abd-4a09-be12-9a33dc3af21b) — Life Sciences · QP · 2017 · Eng
- [LIFE SCIENCES P1 GR12 QP SEPT2023 isiXhosa](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-gr12-qp-sept2023-isixhosa/4bfbd428-d580-44bb-9e04-f4e5ad0bda53) — Life Sciences · QP · 2023 · isiXhosa
- [LIFE SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-qp-sept2023-afrikaans/13d7c9c8-15ee-4ae8-9e7d-b86c6cb669b9) — Life Sciences · QP · 2023 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2022 English Final](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-qp-sept2022-english-final/48fd8634-2e51-4ca1-b7e3-df271e86c9ec) — Life Sciences · QP · 2022 · Eng
- [LIFE SCIENCES P1 QP SEPT 2021 Xhosa D](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-qp-sept-2021-xhosa-d/bf73c123-831d-499a-9ecd-62ac37eff2bf) — Life Sciences · QP · 2021

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
