# Life Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2014 QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2014 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/lfsc-p1-gr12-qp-afr-sept2014/b55da6fc-0c70-41af-b2dc-0c10fc059000
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2014
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2014 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/lfsc-p1-gr12-qp-afr-sept2014/b55da6fc-0c70-41af-b2dc-0c10fc059000)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2014. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      NASIONALE
                  SENIOR SERTIFIKAAT

                             GRAAD 12

                  SEPTEMBER 2014

               LEWENSWETENSKAPPE V1

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                            *LFSCA1*

                  Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                               LEWENSWETENSKAPPE V1                       (SEPTEMBER 2014)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat die vrae beantwoord
word.

1.     Beantwoord AL die vrae.

2.     Skryf AL die antwoorde in jou ANTWOORDEBOEK.

3.     Begin die antwoord op ELKE vraag boaan ŉ NUWE bladsy.

4.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
       hierdie vraestel gebruik is.

5.     Bied jou antwoorde aan volgens die instruksies van elke vraag.

6.     ALLE tekeninge moet in potlood wees en die byskrifte in blou of swart ink.

7.     Teken diagramme en vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.

8.     Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal
       geteken NIE.

9.     MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

10.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en ŉ passer
       gebruik waar nodig.

11.    Skryf netjies en leesbaar.

12.    Rond alle berekeninge af tot twee desimale na die komma.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                           LEWENSWETENSKAPPE V1                                   3

AFDELING A

VRAAG 1

1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
       Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
       vraagnommer (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
       1.1.11 D.

       1.1.1       Watter EEN van die volgende is ŉ metode van voortplanting waar eiers
                   inwendig bevrug en binne die vroulike liggaam gehou word, maar die
                   ontwikkelende embrio voedingstowwe vanuit die dooier, kry en nie van
                   die ma nie?

                   A       Vivipari
                   B       Ovipari
                   C       Ovovivipari
                   D       Tweedeling

       1.1.2       Die funksie van die allantoïs in ŉ amniotiese eier is om ...

                   A       suurstof vir die ontwikkelende embrio te produseer.
                   B       die afvalprodukte wat deur die embrio geproduseer word, te stoor.
                   C       te dien as voedsel vir die embrio.
                   D       te dien as ŉ skokabsorbeerder om moontlike meganiese
                           beserings te voorkom.

       1.1.3       Watter EEN van die volgende vloeistowwe word uit die baarmoeder net
                   voor geboorte vrygestel?

                   A       Urine vanaf die baba
                   B       Amniotiese vloeistof
                   C       Plasentale vloeistof
                   D       Chorioniese vloeistof

       1.1.4       Die volgende stellings beskryf die funksies van die plasenta:

                   (i)   Dien as ŉ aanhegting vir die embrio aan die moeder
                   (ii)  Verantwoordelik vir die diffusie van opgeloste voedingstowwe
                         vanaf die moeder na die fetus
                   (iii) Verantwoordelik vir die diffusie van afvalstowwe vanaf die moeder
                         na die fetus
                   (iv) Verantwoordelik vir die diffusie van suurstof vanaf die moeder na
                         die fetus.

                   Watter EEN van die volgende kombinasies is ŉ korrekte beskrywing
                   van die funksies van die plasenta?

                   A       (i), (ii) en (iii)
                   B       Slegs (ii)
                   C       (i), (ii) en (iv)
                   D       (ii) en (iii)
Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                   LEWENSWETENSKAPPE V1                              (SEPTEMBER 2014)

      1.1.5    Watter EEN van die onderstaande probleme is nie ŉ direkte oorsaak
               van stortingsterreine en grondvulterreine in ŉ gebied nie?

               A      Onbeheerde teling van siekte-draende diere soos rotte en vlieë
               B      Toename in die voorkoms van velkanker en kleurblindheid onder
                      kinders
               C      Vrystelling van kweekhuisgasse soos metaan en koolstofdioksied
                      as gevolg van oormatige ontbinding
               D      Vrystelling van stof en onaangename reuke

      1.1.6    Watter EEN van die volgende endokriene kliere het tot die gebrekkige
               fisiologiese toestand hieronder gelei?

                   [Jyoti Amge, Die wêreld se kortste vrou (62,8 cm) Lauched Guinnes World Records
                              2014. www.huffingtonpost.com/2013/09/11jyoti-amge_n_3907742- html]

               A      Bynier
               B      Ovarium
               C      Pituïtêre klier
               D      Pankreas

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                   LEWENSWETENSKAPPE V1                                      5

       1.1.7       Die onderstaande diagram dui ŉ proses aan wat tydens meiose
                   plaasvind. Watter EEN van die volgende illustrasies verteenwoordig
                   die korrekte eindproduk van die selproses soos aangedui in
                   FIGUUR 1?

                   A    (i)
                   B    (ii)
                   C    (iii)
                   D    (iv)

       1.1.8       Watter EEN van die volgende oorerflike defekte kan voorkom
                   wanneer ŉ gameet met 24 chromosome met ŉ gameet met 23
                   chromosome versmelt?

                   A    Hemofilie
                   B    Down-sindroom
                   C    Kleurblindheid
                   D    Albinisme

       1.1.9       ŉ Proses verantwoordelik vir die produsering van spermatosoa deur
                   die kiemepiteel van die testis staan as ... bekend.

                   A    oögenese
                   B    ovulasie
                   C    spermatogenese
                   D    bevrugting

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                LEWENSWETENSKAPPE V1                         (SEPTEMBER 2014)

       1.1.10    Die homeostatiese funksie van die vel is hoofsaaklik dié van ...

                 A    osmoregulering.
                 B    suur-basis regulering.
                 C    termoregulering.
                 D    regulering van die suikervlak.                           (10 x 2)     (20)

1.2    Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf
       slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.6) in die
       ANTWOORDEBOEK neer.

       1.2.1     Die bloedvat wat suurstofryke bloed na die fetus vervoer

       1.2.2     Die tydperk waartydens die embrio in die baarmoeder ontwikkel tot
                 die tyd van geboorte

       1.2.3     ŉ Afwyking wat voor kom wanneer ŉ persoon se immuunstelsel die
                 miëlienskede wat die akson omsluit, aanval en vernietig

       1.2.4     Drie maand oue menslike embrio

       1.2.5     Die membraan wat vingeragtige voue vorm wat in die
                 baarmoederwand ingroei

       1.2.6     Organismes wat ŉ gebied beset waar hulle nie natuurlik aangetref
                 word nie en waar hulle die inheemse spesies van daardie gebied
                 oorheers                                                    (6 x 1)         (6)

1.3    Dui aan of elk van die stellings in KOLOM І op SLEGS A, SLEGS B, BEIDE
       A en B of GEENEEN van die items in KOLOM ІІ van toepassing is. Skryf
       SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A en B of GEENEEN langs die vraagnommer
       (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.7 SLEGS B

                          KOLOM І                                    KOLOM ІІ
       1.3.1    Die ontwikkeling in voëls waar die     A   Vroegselfstandige
                kleintjies kort na geboorte kan            ontwikkeling
                beweeg                                 B   Altrisiële ontwikkeling
       1.3.2    Plek waar bevrugting by die mens       A   Serviks
                plaasvind                              B   Fallopiusbuis
       1.3.3    Die selle in mans wat                  A   Stamselle
                testosteroon afskei                    B   Sertoli selle
       1.3.4    Toegang tot kos, op ŉ gereelde         A   Voedselsekerheid
                basis, om sodoende ŉ gesonde           B   Voedselmonster
                lewe te verseker
       1.3.5    Dele van ŉ spermsel                    A   Akrosoom
                                                       B   Stert
       1.3.6    Verlaging in die gehalte van           A   Mynbou
                water                                  B   Indringerplante
                                                                                (6 x 2)     (12)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                  LEWENSWETENSKAPPE V1                                        7

1.4    Die onderstaande diagramme verteenwoordig twee stadiums van meiose.
       Bestudeer die diagramme en beantwoord die vrae wat volg.

       1.4.1       Identifiseer stadiums A en B onderskeidelik.                               (2)

       1.4.2       In watter stadium (A of B) vind die werklike vermindering van die
                   aantal chromosome plaas?                                                   (1)

       1.4.3       Noem TWEE prosesse in dogterselle wat aanleiding gee tot
                   genetiese variasie.                                                        (2)

       1.4.4       Noem die aantal haploïede gamete wat uit een diploïede sel
                   geproduseer sal word.                                                      (1)

       1.4.5       Noem die aantal chromosome wat in elke gameet gevind sal word,
                   wanneer die bostaande sel meiose voltooi.                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                              LEWENSWETENSKAPPE V1                         (SEPTEMBER 2014)

1.5   Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg.

      1.5.1     Die wanfunksionering van watter endokriene klier lei tot diabetes
                mellitus?                                                                  (1)

      1.5.2     Die gebrek aan watter EEN van die hormone wat deur die
                endokriene klier genoem in VRAAG 1.5.1 afgeskei word,
                veroorsaak diabetes mellitus?                                              (1)

      1.5.3     Volgens die bostaande inligting, watter persentasie van Afrika mans
                wat 50 jaar oud is, het as gevolg van diabetes mellitus gesterf?           (1)

      1.5.4     Watter geslag het die hoogste sterftesyfer weens diabetes mellitus?        (1)

      1.5.5     Watter ouderdomsgroep het die hoogste sterftesyfer?                        (1)

                                                            TOTAAL AFDELING A:            50

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                   LEWENSWETENSKAPPE V1                                   9

AFDELING B

VRAAG 2

2.1    Die diagram hieronder toon die struktuur van die manlike voortplantingstelsel
       van die mens. Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae wat volg.

       2.1.1       Gee byskrifte vir A en C.                                              (2)

       2.1.2       Noem EEN funksie van die sekresie wat deur deel B geproduseer
                   word.                                                                  (1)

       2.1.3       Gee die letter van die deel wat:

                   (a)   Sperms vanaf die epididimus vervoer                              (1)

                   (b)   Die manlike geslagshormoon produseer                             (1)

       2.1.4       Noem die struktuur waar meiose plaasvind.                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                                                              LEWENSWETENSKAPPE V1                            (SEPTEMBER 2014)

2.2                                                Bestudeer die grafieke hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                           Vlakke van vroulike hormone tydens die menstruele siklus
                                                   90

     Vroulike hormoonvlakke in arbitrêre eenhede
                                                   80

                                                   70                                                                                   Estrogeen

                                                   60

                                                   50                                                                                   Progesteroon

                                                   40

                                                   30                                                                                   Luteiniserings
                                                                                                                                        hormoon
                                                   20

                                                   10

                                                   0
                                                        1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28
                                                                                          DAE

                                                   2.2.1       Gee ŉ rede waarom daar ŉ skerp toename in die produksie is van:

                                                               (a)   Estrogeen vanaf dag 9 tot 13                                              (1)

                                                               (b)   Luteïniseringshormoon vanaf dag 13 tot 14                                 (1)

                                                   2.2.2       Op watter dag het ovulasie plaasgevind?                                         (1)

                                                   2.2.3       Gee EEN rede vir jou antwoord in VRAAG 2.2.2, wat uit die
                                                               gegewe grafiek afgelei kan word.                                                (1)

                                                   2.2.4       Noem die struktuur in die ovarium wat die volgende produseer:

                                                               (a)   Estrogeen                                                                 (1)

                                                               (b)   Progesteroon                                                              (1)

                                                   2.2.5       Watter gevolgtrekking kan gemaak word as die vlak van
                                                               progesteroon:

                                                               (a)   hoog bly vanaf dag 20–28?                                                 (1)

                                                               (b)   daal soos in die grafiek hierbo aangedui?                                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                       LEWENSWETENSKAPPE V1                                  11

2.3    ŉ Eksperiment was uitgevoer om die deursnee van die pupil met die
       verandering in ligintensiteit te ondersoek. ŉ Elektriese lamp was op
       verskillende afstande vanaf die gesig van ŉ persoon geplaas, soos vertoon
       in die onderstaande diagram. Bestudeer die diagram en die tabel om die
       vrae te beantwoord.

       2.3.1       Formuleer ŉ moontlike hipotese aan die begin van die ondersoek.            (2)

       2.3.2       Watter TWEE faktore moet gedurende hierdie ondersoek konstant
                   gehou word?                                                                (2)

       2.3.3       Identifiseer die:

                   (a)   onafhanklike faktor                                                  (1)

                   (b)   afhanklike faktor                                                    (1)

       Die onderstaande tabel toon die deursnee van die pupil toe die lig op
       verskillende afstande vanaf die persoon se gesig geplaas was.

               Posisie van die lamp                  Deursnee van die pupil (mm)
                         1                                      1,2
                         2                                      1,8
                         3                                      2,4
                         4                                      3,0
                         5                                      3,6
                         6                                      4,2
                         7                                      4,8

       2.3.4       Op grond van die beskikbare inligting, sou jy die aanvanklike
                   hipotese aanvaar, of verwerp?                                              (1)

       2.3.5       Watter gevolgtrekking kan uit die beskikbare inligting afgelei word?       (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                             LEWENSWETENSKAPPE V1                        (SEPTEMBER 2014)

      2.3.6     Veronderstel die lamp is vanaf posisie 7 na posisie 2 verskuif.
                Beskryf die meganisme wat die verandering in die deursnee van
                die pupil veroorsaak het.                                                 (4)

      2.3.7     Noem die proses wat in VRAAG 2.3.6 beskryf is.                            (1)

      2.3.8     Teken ŉ staafgrafiek om die inligting wat tydens die ondersoek
                ingesamel is, voor te stel.                                               (8)

2.4   Definieer die volgende terme:

      2.4.1     Wisselbou                                                                 (2)

      2.4.2     Eutrofikasie                                                              (2)
                                                                                         [40]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                  LEWENSWETENSKAPPE V1                                     13

VRAAG 3

3.1    ŉ Eksperiment is deur ŉ leerder uitgevoer om die groeibeweging van plante
       in reaksie op eensydige ligstimulus te ondersoek.

         6 ontkiemende hawersaailinge is in ŉ skoendosie met nat grond geplant.
         Die groeipunte van drie van die koleoptiele (punt van groeiende loot) was
          bedek met aluminiumfoelie en die ander drie is onbedek gelaat.
         ŉ Smal opening is aan die een kant van die skoendosie gesny om sonlig
          slegs vanaf een kant van die dosie in te laat.
         Die diagram hieronder toon die lengtesnit van die apparaat wat die
          resultaat van die eksperiment na ŉ week illustreer.

       Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

       3.1.1       Watter plantgroeibeweging is in bostaande eksperiment
                   ondersoek?                                                               (1)

       3.1.2       Definieer die wetenskaplike term genoem in VRAAG 3.1.1.                  (2)

       3.1.3       Wat is die doel van die donker dosie met slegs een opening, soos
                   in die diagram aangedui?                                                 (1)

       3.1.4       Watter planthormoon veroorsaak hierdie plantgroei-beweging?              (1)

       3.1.5       Verduidelik waarom die saailinge met onbedekte groeipunte na die
                   lig gebuig het.                                                          (5)

       3.1.6       Voorspel die rigting van groei as die groeipunte van die onbedekte
                   saailinge met aliminiumfoelie bedek word.                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                              LEWENSWETENSKAPPE V1                                    (SEPTEMBER 2014)

3.2   Die spotprent hieronder toon die lot van die renosterbevolking in Suid-Afrika
      aan. Bestudeer die spotprent en beantwoord die vrae wat volg.

                        [Mark Wiggett se spotprent gepubliseer in The Herald Newspaper. 25/09/2012]

      3.2.1     Wat is die hoofoorsaak vir die drastiese afname van die renoster-
                bevolking in Suid-Afrika?                                                              (1)

      3.2.2     Verduidelik die toekomstige kanse op oorlewing van die
                renosterbevolking in Suid-Afrika, soos in die spotprent uitgebeeld.                    (3)

      3.2.3     Watter liggaamsdeel van die renosters word deur die misdadigers
                geteiken?                                                                              (1)

      3.2.4     Stel TWEE maniere voor om die doodmaak van die renoster-
                bevolking in Suid-Afrika te stop.                                                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                                                     LEWENSWETENSKAPPE V1                                    15

Die grafiek hieronder toon die aantal renosters, wat deur die onwettige aktiwiteit
genoem in VRAAG 3.2.1, doodgemaak is. Bestudeer die grafiek en beantwoord die
vrae wat volg:

                                                 GETAL RENOSTERS DOODGEMAAK VANAF 2010 TOT JUNIE 2013

     GETAL RENOSTERS DEUR STROPERS DOODGEMAAK
                                                800

                                                700                                            668
                                                                                                           618
                                                600

                                                500                        448
                                                400       333
                                                300

                                                200

                                                100

                                                 0
                                                         2010             2011                 2012        2013
                                                                                 TYD IN JARE

                                       3.2.5          Bereken die persentasie-styging in die doodmaak van renosters in
                                                      Suid-Afrika vanaf 2011 tot 2012. (Toon alle berekeninge.)               (3)

                                       3.2.6          Meld die algemene neiging in die bostaande grafiek vanaf 2010-
                                                      2012.                                                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                                                            Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                              LEWENSWETENSKAPPE V1                               (SEPTEMBER 2014)

3.3    Die foto hieronder is geneem terwyl ŉ persoon deur ŉ seekoei in die natuur
       gejaag was. Bestudeer die foto en beantwoord die vrae wat volg.

                         [www.dailymail.co.uk/news/article-1208479. Saterdag, 19 Oktober, 2013]

      3.3.1     Noem die hormoon wat die liggaam vrystel om die persoon te help om
                die gevaarlike situasie, soos getoon in die foto hierbo, te kan hanteer.           (1)

      3.3.2     Wat is die naam van die klier in die menslike liggaam wat
                verantwoordelik is vir die afskeiding van die hormoon in VRAAG 3.3.1
                genoem?                                                                            (1)

      3.3.3     Meld of die klier genoem in VRAAG 3.3.2, ŉ eksokriene of endokriene
                klier is.                                                                          (1)

      3.3.4     Verduidelik enige TWEE uitwerkings van die hormoon genoem in
                VRAAG 3.3.1 hierbo is.                                                             (4)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                   LEWENSWETENSKAPPE V1                                    17

3.4    Die diagram hieronder illustreer die homeostatiese beheer van die pituïtêre
       klier (hipofise) oor die funksionering van ŉ ander endokriene klier in die
       menslike liggaam. Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae wat volg.

       3.4.1       Deur middel van watter meganisme word homeostatiese beheer in
                   die bostaande proses teweeggebring?                                      (1)

       3.4.2       Gee byskrifte vir die volgende:

                   (a)   Klier genommer 1

                   (b)   Hormoon genommer 2

                   (c)   Hormoon genommer 3

                   (d)   Hormoon genommer 4                                    (4 x 1)      (4)

       3.4.3       Noem die voedingstof wat nodig is vir die behoorlike funksionering
                   van die deel genommer 1.                                                 (1)

       3.4.4       Watter fisiologiese defek kan toegeskryf word aan die afwesigheid
                   van die mineraal, genoem in VRAAG 3.4.3 in ons daaglikse dieet?          (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                              LEWENSWETENSKAPPE V1                       (SEPTEMBER 2014)

3.5   Bestudeer die grafiek wat die maandelikse gebruik van verskeie
      energiebronne om ŉ besigheid te bedryf, aantoon. Gebruik die inligting in die
      grafiek en die tabel om die totale koolstofvoetspoor van mnr. Calana te
      bereken.

                  MNR. CALANA SE MAANDELIKSE GEBRIUK VAN
                          VERSKEIE ENERGIEBRONNE
                           1 200 l

                                                                   Elektrisiteit
                                                                   Diesel
                                                                   Petrol
      8 000 l

                                                      1 500 kWh

      Vrystellingsfaktor vir elektrisiteit en ŉ paar fossielbrandstowwe

                      Energiebron                      Vrystellingsfaktor
      Elektrisiteit                          0,845 per kilowatt per uur (kWh)
      Petrol                                 2,68 per liter
      Diesel                                 2,35 per liter

      Gebruik die onderstaande formule om die koolstofvoetspoor van mnr. Calana
      te bereken.

      Hoeveelheid CO2 vrygestel in kg = Hoeveelheid energiebron gebruik per
      maand x Vrystellingsfaktor                                                         (4)
                                                                                        [40]

                                                              TOTAL SECTION B:            80

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)               LEWENSWETENSKAPPE V1                                       19

AFDELING C

VRAAG 4

Bespreek die funksie van die oor in gehoor en die handhawing van balans.

                                                                           Inhoud:       (17)
                                                                           Sintese:       (3)

LET WEL:      Geen punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van
              vloeidiagramme of diagramme nie.

                                                         TOTAAL AFDELING C:                20
                                                             GROOTTOTAAL:                 150

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

## Related documents

- [LIFE SCIENCES P1 GR12 QP SEPT2023 isiXhosa](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-gr12-qp-sept2023-isixhosa/4bfbd428-d580-44bb-9e04-f4e5ad0bda53) — Life Sciences · QP · 2023 · isiXhosa
- [LIFE SCIENCES P1 QP SEPT 2021 Xhosa D](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-qp-sept-2021-xhosa-d/bf73c123-831d-499a-9ecd-62ac37eff2bf) — Life Sciences · QP · 2021
- [LIFE SCIENCES P1 QP GR12 SEPT2021 English](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-qp-gr12-sept2021-english/51bdf0cb-548d-43fc-b083-c4f0f664b370) — Life Sciences · QP · 2021 · Eng
- [LIFE SCIENCES P1 QP SEPT2019 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-qp-sept2019-afrikaans-final/507e9f66-d103-4b88-8f92-e9436c3a40aa) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [LIFE SCIENCES P1 QP SEPT2019 English final](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-qp-sept2019-english-final/0aee37ba-cb6c-4703-8a28-3bd5d8231c5d) — Life Sciences · QP · 2019 · Eng
- [LFSC P2 GR12 SEPT2014 MEMO ENG](https://www.hlayiso.com/library/lfsc-p2-gr12-sept2014-memo-eng/d86729d1-6d3b-4b93-8c3b-a41c76d8a773) — Life Sciences · Memo · 2014 · Eng

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
