# Life Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2015 QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2015 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/lfsc-p1-gr12-qp-afr-sept2015-lw/034ed7aa-1f47-401a-9004-698ea31e80c1
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2015 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/lfsc-p1-gr12-qp-afr-sept2015-lw/034ed7aa-1f47-401a-9004-698ea31e80c1)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2015. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                             GRAAD 12

                     SEPTEMBER 2015

                  LEWENSWETENSKAPPE V1

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                      Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                               LEWENSWETENSKAPPE V1                     (EC/SEPTEMBER 2015)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat die vrae beantwoord word.

1.      Beantwoord AL die vrae.

2.      Skryf AL die antwoorde in jou ANTWOORDEBOEK.

3.      Begin die antwoorde van ELKE vraag boaan ŉ NUWE bladsy.

4.      Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
        hierdie vraestel gebruik is.

5.      Bied jou antwoorde aan volgens die instruksies van elke vraag.

6.      ALLE sketse moet met potlood gemaak word en die byskrifte met blou of
        swart ink.

7.      Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra
        word.

8.      Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal
        geteken NIE.

9.      MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

10.     Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer
        gebruik waar nodig.

11.     Skryf netjies en leesbaar.

12.     Rond alle berekenings af tot twee desimale na die koma.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2015)                       LEWENSWETENSKAPPE V1                                 3

AFDELING A

VRAAG 1

1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies
       die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
       (1.1.1–1.1.10 ) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.

       1.1.1    Die voortplantingstrategie waar die embrio binne die eier ontwikkel en
                deur die eierdop beskerm word, is …

                A        oviparie.
                B        viviparie.
                C        ovoviviparie.
                D        ovulasie.

       1.1.2    ŉ Nadeel van eksterne bevrugting is dat …

                A        fisiese kontak tussen die manlike en vroulike individue altyd nodig
                         is.
                B        hofmakery nodig is om ovulasie in die vroulike maat teweeg te bring.
                C        die eiers in water of ŉ klam omgewing moet bly om ontwatering te
                         voorkom.
                D        bevrugting van eiers slegs gedurende die nag plaasvind.

       1.1.3    Watter EEN van die volgende strukture is verantwoordelik vir die tydelike
                berging van sperms?

                A        Vas deferens
                B        Epididimus
                C        Seminale vesikel
                D        Testis

       1.1.4    Die volgende is funksies wat deur sommige strukture in die vroulike
                voortplantingstelsel tydens swangerskap uitgevoer word.

                (i)      Dien as ŉ aanhegting van die fetus aan die moeder.
                (ii)     Beheer die optimum temperatuur vir die groei en ontwikkeling van
                         die fetus.
                (iii)    Laat die diffusie van gedeoksigineerde bloed met stikstofbevattende
                         afval vanaf die embrio na die moeder se bloed toe.
                (iv)     Laat die diffusie van geoksigineerde bloed met opgeloste
                         voedingstowwe vanaf die moeder se bloed na die embrio toe.

                Watter EEN van die volgende kombinasies is die funksies wat deur die
                plasenta verrig word?

                A        Slegs (i), (ii) en (iii)
                B        Slegs (i), (ii) en (iv)
                C        Slegs (i), (iii) en (iv)
                D        Slegs (ii), (iii) en (iv)

 Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                               LEWENSWETENSKAPPE V1                       (EC/SEPTEMBER 2015)

      1.1.5    Watter EEN van die volgende kan die chromosoomgetal in ŉ
               somatiese sel van ŉ individu in ŉ spesie voorstel?

               A     33
               B     24
               C     19
               D     51

      1.1.6    Die gespesialiseerde selle van die testes wat die manlike hormoon
               afskei is …

               A     Sertoli-selle.
               B     akrosome.
               C     Leydigselle.
               D     seminale vesikels.

       1.1.7   ŉ Ondersoek is gedoen om die konsentrasie van E. coli bakterieë in ŉ
               rioolbesmette rivier te bepaal.

               Die uitslag van die ondersoek word hieronder gegee:

               Persentasie riool/100 mℓ             10        18         25        30
               Persentasie E. coli/100 mℓ           20        34         45        55

               Die afleiding wat gemaak kan word is dat …

               A     die persentasie E. coli toeneem met ŉ toename in die
                     persentasie van riool in die water.
               B     ŉ toename in persentasie van riool geen effek het op die
                     persentasie van E. coli in die water nie.
               C     ŉ hoë persentasie riool die konsentrasie van E. coli verminder.
               D     ŉ hoë persentasie van E. coli die persentasie van riool in die
                     water verminder.

       1.1.8   Skade aan die hipotalamus van die brein kan die homeostatiese
               funksie van die nier beïnvloed, omdat …

               A     bloedvloei na die nier toeneem.
               B     vlakke van glukose drasties afneem.
               C     sellulêre metabolisme verhoog.
               D     die hipofise nie in staat sal wees om ADH vry te stel nie.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                LEWENSWETENSKAPPE V1                                     5

       1.1.9     Watter EEN van die volgende hormone word in oormaat saam met
                 adrenale afskeiding in die situasie soos hieronder geïllustreer
                 vrygestel?

                                                         [Bron: www.StrangeDangers.com]

                 A     Insulien
                 B     Testosteroon
                 C     Tiroksien
                 D     Anti-diuretiese hormoon/ADH

       1.1.10    Oorkruising tydens meiose vind tussen die ... plaas.

                 A     chromatiede van dieselfde chromosoom
                 B     chromatiede van nie-identiese chromosome
                 C     chromatiede van homoloë chromosome
                 D     chromatied en sentromeer                              (10 x 2)     (20)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                              LEWENSWETENSKAPPE V1                      (EC/SEPTEMBER 2015)

1.2    Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf
       slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.6) in die
       ANTWOORDEBOEK neer.

       1.2.1    Die grootste bykomende klier in mans wat ŉ vloeistof afskei wat
                beweging van die spermatosoa bevorder en dit van voedingstowwe
                voorsien

       1.2.2    Die vroulike voortplantingstruktuur waarin sperms geplaas word
                tydens kopulasie

       1.2.3    ŉ Siekte van die sentrale senuweestelsel by die mens wat tot
                geheueverlies lei

       1.2.4    Die manlike voortplantingstruktuur wat die optimum temperatuur vir
                die ontwikkeling van sperms beheer

       1.2.5    Struktuur in die spermatosoa wat ŉ ensiem afskei

       1.2.6    ŉ Toename in die voedingstowwe van waterbronne soos mere,
                riviere en damme as gevolg van kunsmis wat daarin beland
                                                                         (6 x 1)           (6)

1.3    Dui aan of elk van die stellings in KOLOM І van toepassing is op SLEGS A,
       SLEGS B , BEIDE A en B of GEENEEN van die items in KOLOM ІІ nie.
       Skryf SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A en B of GEENEEN langs die
       vraagnommer (1.3.1–1.3.7 ) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
       1.3.8 SLEGS B.

                          KOLOM І                              KOLOM ІІ
       1.3.1    Die tipe ontwikkeling in voëls waar   A:   Prekosiële ontwikkeling
                die nageslag by geboorte nie in
                                                      B:   Altrisiële ontwikkeling
                staat is om te beweeg of hulself te
                voed nie
       1.3.2    Die produksie van eierselle deur      A:   Oögenese
                meiose                                B:   Ovulasie
       1.3.3    ŉ Hol bal selle waarin bevrugte       A:   Chorion
                ovum ontwikkel                        B:   Amnion
       1.3.4    Die aarde se hulpbronne wat           A:   Bogrond
                negatief deur oorbeweiding en         B:   Watertafel
                verwoestyning geraak word
       1.3.5    Die voortplantingstruktuur waar       A:   Testes
                meiose plaasvind                      B:   Ovaria
       1.3.6    Herhaaldelike groei van een soort     A:   Wisselbou
                gewas in dieselfde gebied             B:   Monokultuur
       1.3.7    Die struktuur wat susterchromatiede   A:   Sentromeer
                verbind                               B:   Sentriole
                                                                               (7 x 2)   (14)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                LEWENSWETENSKAPPE V1                                    7

1.4    Die onderstaande diagram toon twee dogterselle aan wat aan die einde van
       meiose I gevorm is.

       1.4.1     Noem die fout wat gelei het tot die ongelyke getal chromosome in sel
                 A en B.                                                                   (1)

       1.4.2     Tydens watter fase van meiose I het die fout, genoem in
                 VRAAG 1.4.1, plaasgevind?                                                 (1)

       1.4.3     Wat was die chromosoomgetal in die ouersel voor die aanvang van
                 die seldeling?                                                            (1)

       1.4.4     Wat sal die chromosoomgetal in sel A aan die einde van meiose II
                 wees?                                                                     (1)

       1.4.5     Wat sou die chromosoomgetal in elk van die dogterselle gewees het
                 indien die fout, genoem in VRAAG 1.4.1, nie plaasgevind het nie?          (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                 LEWENSWETENSKAPPE V1                    (EC/SEPTEMBER 2015)

1.5   Die diagram hieronder toon die interaksie van twee hormone, wat die
      bloedsuikervlakke beheer, aan.

      1.5.1     Identifiseer organe A en B.                                                (2)

      1.5.2     Watter hormoon word afgeskei wanneer die glukose-vlakke in die
                bloed ...

                (i)    verhoog?                                                            (1)

                (ii)   verminder?                                                          (1)

      1.5.3     Watter EEN van die organe (A of B) monitor die glukose-
                konsentrasie in die bloed?                                                 (1)

                                                          TOTAAL AFDELING A:               50

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                LEWENSWETENSKAPPE V1                                     9

AFDELING B

VRAAG 2

2.1    Die onderstaande grafiek toon die vlakke van twee vroulike hormone A en B
       aan wat tydens die menstruele siklus afgeskei word. Hormoon A word deur
       die pituïtêre klier en hormoon B deur die Graafse follikel afgeskei.

       2.1.1     Identifiseer hormone A en B.                                              (2)

       2.1.2     Op watter dag van die siklus kon ovulasie moontlik plaasgevind
                 het?                                                                      (1)

       2.1.3     Verskaf ŉ rede vir jou antwoord in VRAAG 2.1.2.                           (2)

       2.1.4     Watter EEN van die hormone (A of B) is vir die vorming van die
                 corpus luteum verantwoordelik?                                            (1)

       2.1.5     Verduidelik die gevolg indien die Graafse follikel nie hormoon B
                 afskei nie.                                                               (2)

       2.1.6     Noem EEN sekondêre seksuele eienskap wat by die vroupersoon
                 met die aanvang van puberteit ontwikkel.                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                              LEWENSWETENSKAPPE V1                       (EC/SEPTEMBER 2015)

2.2   ŉ Eksperiment is deur ŉ student uitgevoer om die effek van afstand op die
      dikte van die lens van die menslike oog te bepaal.

      •   Die student het aan die punt van ŉ houtlessenaar in ŉ goed verligte
          kamer gesit.
      •   ŉ 2 m-maatband was uitgestrek van die een punt van die lessenaar tot by
          die ander punt.
      •   Die student het een oog met ŉ oogklap bedek.
      •   ŉ Potlood was vir 10 sekondes voor die student se ontblote oog gehou.
      •   Die student het op die potlood gefokus totdat die student ŉ duidelike
          beeld kon sien en terselfdertyd was die dikte van die lens van die student
          se oog met ŉ optiese instrument gemeet.
      •   Die student het die vorige stap herhaal deur die potlood op verskillende
          afstande vanaf die student se oog te plaas.
      •   Die student het al die inligting aangeteken.

      2.2.1     Formuleer ŉ hipotese vir die ondersoek.                                       (2)

      2.2.2     Noem TWEE faktore wat tydens die ondersoek konstant gehou
                moes word.                                                                    (1)

      2.2.3     Noem EEN manier waarop die betroubaarheid van die ondersoek
                verbeter kan word.                                                            (2)

      2.2.4     Beskryf hoe die dikte van die lens sal verander soos die potlood
                verder vanaf die oog geplaas word.                                            (5)

      2.2.5     Indien hierdie persoon nie in staat is om die potlood te sien
                wanneer dit nader aan die oog geplaas word nie:

                (a)   Identifiseer die siekte waaraan die persoon ly.                         (1)

                (b)   Noem EEN manier waarop die siekte genoem in
                      VRAAG 2.2.5(a) behandel kan word.                                       (1)

      2.2.6     Gee die naam van die deel wat die hoeveelheid lig wat die oog
                binne kom beheer om duidelike visie te bevorder.                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                 LEWENSWETENSKAPPE V1                              11

2.3    Die onderstaande diagram verteenwoordig die struktuur van die menslike
       binne-oor.

       2.3.1    Identifiseer die reseptore A en B.                                     (2)

       2.3.2    Beskryf hoe balans en ewewig deur die menslike liggaam
                gehandhaaf word.                                                       (5)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                             LEWENSWETENSKAPPE V1                     (EC/SEPTEMBER 2015)

2.4   Bestudeer die onderstaande grafiek wat die persentasie koolstofdioksied
      konsentrasie in die atmosfeer tussen 2005 en 2015 aandui.

       2.4.1   Bereken die persentasie toename in die CO2-konsentrasie vanaf
               2005 tot 2015. Toon ALLE bewerkings.                                       (3)

      2.4.2    Voorspel die vlak van CO2 in die jaar 2025 indien die huidige tendens
               voortgesit word.                                                           (2)

      2.4.3    Noem TWEE aktiwiteite wat ŉ toename in die konsentrasie van CO2
               in die atmosfeer veroorsaak.                                               (2)

      2.4.4    Beskryf hoe ŉ toename in die koolstofdioksiedkonsentrasie tot
               klimaatsverandering kan bydra.                                            (4)
                                                                                        [40]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                      LEWENSWETENSKAPPE V1                                        13

VRAAG 3

3.1    In 2011 het Suid-Afrika 59 miljoen ton algemene afval gegenereer. ŉ
       Beraamde 10% van alle afvalstowwe wat in Suid-Afrika gegenereer is, is in
       2011 herwin. Die oorblywende hoeveelheid is in grondvul-terreine gegooi.

       3.1.1     Bereken die beraamde hoeveelheid afval wat in 2011 in grondvul-
                 terreine gegooi is. Toon ALLE bewerkings.                                            (3)

       Die onderstaande grafiek toon die persentasie van elke komponent wat deel
       vorm van die afval wat in 2011 in Suid-Afrika gegenereer is.

                       Samestelling van algemene afval in 2011 gegenereer
                                                 Motorbande; 1%

                                       Metale; 13%

                            Glas; 4%

                                                                  Nie-herwinbare
                        Plastiek; 6%                              munisipale afval;
                                                                       35%

                       Papier; 8%

                                    Konstruksie en
                                    slopingsafval;
                                         20%
                                                           Organiese afval;
                                                                13%

                                                          [Aangepas uit: sawic.environment.gov.za]

       3.1.2     Met verwysing na die bostaande sirkelgrafiek, wat is die totale
                 persentasie-afval wat herwin kon word?                                               (2)

       3.1.3     Meld EEN manier waarop organiese afval tot ons voordeel
                 aangewend kan word.                                                                  (1)

       3.1.4     Gee TWEE redes waarom die storting van afval in woongebiede
                 streng deur munisipaliteite in Suid-Afrika verbied word.                             (2)

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                             LEWENSWETENSKAPPE V1                      (EC/SEPTEMBER 2015)

3.2   ŉ Ondersoek is gedoen om die effek van ŉ eksterne stimulus op
      plantgroeibeweging te bepaal.

      Die prosedure was soos volg:

      •   ŉ Glasfles is met ŉ dik laag kladpapier uitgevoer.
      •   Ongeveer 21 ontkiemende boontjiesade is tussen die glasfles en
          kladpapier geplaas sodat die wortelpunte en koleoptiele van elke saailing
          sigbaar is.
      •   Die saailinge is as volg gerangskik:
          • sewe saailinge met hul wortelpunte wat afwaarts wys
          • nog sewe met hul wortelpunte wat opwaarts wys
          • en die oorblywende saailinge met hul wortelpunte in ŉ horisontale
             rigting
      •   Die kante van die glasfles is met foelie bedek.
      •   Die groeireaksie van die wortelpunte is waargeneem.

      Die diagram hieronder toon die waarneming wat na ŉ week gemaak is. (Die
      diagram verteenwoordig nie al 21 saailinge nie.)

      3.2.1     Wat is die doel van die bostaande eksperiment?                            (1)

      3.2.2     Definieer die term tropisme.                                              (2)

      3.2.3     Verduidelik EEN stap wat gedoen is om die geldigheid van die
                eksperiment te verbeter.                                                  (2)

      3.2.4     Gee die naam van die planthormoon wat verantwoordelik is vir die
                groeireaksie wat ondersoek word.                                          (1)

      3.2.5     Beskryf die effek wat die eksterne stimulus op die wortelpunt het
                wat horisontaal geplaas is.                                               (5)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                LEWENSWETENSKAPPE V1                                  15

3.3    Die diagramme A en B verteenwoordig ŉ lengtesnit van die menslike vel wat
       aan verskillende omgewingstemperature blootgestel is.

       3.3.1     Watter diagram (A of B) is aan warm omgewingstoestande
                 blootgestel?                                                              (1)

       3.3.2     Verskaf TWEE waarneembare redes vir jou antwoord in
                 VRAAG 3.3.1.                                                              (2)

       3.3.3     Gee die naam van die deel van die brein wat liggaamstemperatuur
                 reguleer.                                                                 (1)

       3.3.4     Verduidelik die rol van die sweetkliere om die liggaamstemperatuur te
                 reguleer na die drink van warm tee.                                       (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                              LEWENSWETENSKAPPE V1                        (EC/SEPTEMBER 2015)

3.4   Die onderstaande diagram toon die struktuur van ŉ menslike brein aan.

      3.4.1    Identifiseer deel A.                                                         (1)

      3.4.2    Indien die deel gemerk A-diagram tydens ŉ ongeluk beskadig word,
               verduidelik hoe:

               (a)   Die persoon in staat is om te sien, proe, praat, hoor en ŉ
                     normale hart- en asemhalingstempo te handhaaf                          (3)

               (b)   Die pituïtêre klier nog steeds in staat is om die aktiwiteite van
                     ander endokriene kliere in die liggaam te beheer                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)               LEWENSWETENSKAPPE V1                                 17

3.5    Bestudeer die diagram wat ŉ ontwikkelende fetus in die baarmoeder voorstel.

       3.5.1     Verduidelik TWEE redes waarom die fetus sal sterf indien deel B
                 beskadig word.                                                        (4)

       3.5.2     Verduidelik hoe die hormoon wat deur A afgeskei word, verhoed
                 dat ŉ tweede swangerskap tydens die ontwikkeling van die fetus
                 plaasvind.                                                            (3)
                                                                                      [40]

                                                           TOTAAL AFDELING B:          80

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                              LEWENSWETENSKAPPE V1                      (EC/SEPTEMBER 2015)

AFDELING C

VRAAG 4

ŉ Groot spinnekop het op die skoot van ŉ persoon wat ŉ boek onder ŉ boom
gelees het, geval. Die persoon het met ŉ groot gil uit die stoel geduik voordat die
persoon met ŉ hoë spoed na ŉ veiliger plek gehardloop het.

Verduidelik die term refleksaksie en beskryf hoe die refleksaksie funksioneer om
die persoon in staat te stel om vinnig te reageer. Verduidelik ook die rol wat
adrenalien gespeel het om die persoon vinnig te laat reageer, soos hierbo vermeld.

                                                                            Inhoud:       (17)
                                                                            Sintese:       (3)

LET WEL: GEEN PUNTE sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van
         vloeidiagramme, diagramme of tabelle nie.

                                                            TOTAAL AFDELING C:             20
                                                                GROOTTOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

## Related documents

- [Life Sciences P1 Nov 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2015-eng/7dd0fbbe-9034-4c26-b59e-2b3065a119d0) — Life Sciences · QP · 2015 · Eng
- [LIFE SCIENCES P1 GR12 QP SEPT2023 isiXhosa](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-gr12-qp-sept2023-isixhosa/4bfbd428-d580-44bb-9e04-f4e5ad0bda53) — Life Sciences · QP · 2023 · isiXhosa
- [LIFE SCIENCES P1 QP SEPT 2021 Xhosa D](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-qp-sept-2021-xhosa-d/bf73c123-831d-499a-9ecd-62ac37eff2bf) — Life Sciences · QP · 2021
- [LIFE SCIENCES P1 QP GR12 SEPT2021 English](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-qp-gr12-sept2021-english/51bdf0cb-548d-43fc-b083-c4f0f664b370) — Life Sciences · QP · 2021 · Eng
- [LIFE SCIENCES P1 QP SEPT2019 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-qp-sept2019-afrikaans-final/507e9f66-d103-4b88-8f92-e9436c3a40aa) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [LIFE SCIENCES P1 QP SEPT2019 English final](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-qp-sept2019-english-final/0aee37ba-cb6c-4703-8a28-3bd5d8231c5d) — Life Sciences · QP · 2019 · Eng

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
