# Life Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2012 QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2012 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/lfsc-p1-s11-qp-afr/d82376fd-01b7-4b00-8ee4-3e484805ba78
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2012
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2012 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/lfsc-p1-s11-qp-afr/d82376fd-01b7-4b00-8ee4-3e484805ba78)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2012. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                  Province of the
                  EASTERN CAPE
                  EDUCATION

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2012

                LEWENSWETENSKAPPE V1

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                              *LFSCA1*

                   Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                              LEWENSWETENSKAPPE V1                      (SEPTEMBER 2012)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende inligting versigtig voordat jy die vrae beantwoord .

1.    Beantwoord AL die vrae.

2.    Skryf AL die antwoorde in jou ANTWOORDEBOEK.

3.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel
      gebruik is.

4.    Verskaf jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag.

5.    Teken ALLE diagramme in potlood en doen die byskrifte in blou of swart ink.

6.    Teken slegs diagramme en vloeidiagramme wanneer so versoek word.

7.    Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken nie.

8.    MOENIE grafiekpapier gebruik nie.

9.    Jy mag ŉ nieprogrameerbare sakrekenaar, passer en gradeboog gebruik.

10.   Skryf netjies en leesbaar.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)               LEWENSWETENSKAPPE V1                                        3

 AFDELING A

 VRAAG 1

 1.1    Verskeie moontlikhede word as antwoorde vir die volgende vrae gegee.
        Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) teenoor die
        vraagnommer (1.1.1 – 1.1.9) in die ANTWOORDEBOEK neer,
        byvoorbeeld 1.1.11 D.

        1.1.1      Die volgende stamboom toon dat …

                   A    ŉ dogter slegs hemofilie oorerf indien sy beide resessiewe
                        gene vir die toestand oorerf.
                   B    dogters nooit die toestand sal oorerf nie.
                   C    alle seuns altyd die toestand oorerf.
                   D    dogters nooit draers van die toestand kan wees nie.          (2)

        1.1.2      Die grootste getal nageslag in die meeste bevolkings word deur
                   die organismes wat ... geproduseer.

                   A    altyd die sterkste is
                   B    gewoonlik die beste aangepas is
                   C    gewoonlik die grootste is
                   D    die intelligentste is                                        (2)

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                          LEWENSWETENSKAPPE V1                     (SEPTEMBER 2012)

    1.1.3   Vinke op die Galapogas-eilande is verskillend, maar naverwant
            en vertoon ooreenstemmende fisiese/strukturele eienskappe.
            Dit ondersteun die gevolgtrekking dat hierdie voëls …

            A    die vermoë het om lukraak te kruisteel.
            B    vanaf ŉ gemeenskaplike voorouer ontstaan het.
            C    dieselfde nis op dieselfde eiland okkupeer.
            D    eienskappe deur gebruik of onbruik verwerf het.              (2)

    1.1.4   Die onderstaande diagram toon die evolusionêre roetes van 9
            verskillende spesies.

                       D        E       G       H          I

                            C               F

                                    B

                                            A

            Watter TWEE organismes is die naaste verwant?

            A    D en E
            B    D en G
            C    G en I
            D    I en E                                                       (2)

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)                LEWENSWETENSKAPPE V1                                        5

        1.1.5      Die volgende menslike kariotipe bevat …

                   A    46 gonosome.
                   B    ŉ paar gonosome.
                   C    46 outosome.
                   D    ŉ paar outosome                                               (2)

        1.1.6      Watter EEN van die volgende eienskappe is nie korrek met
                   betrekking tot primate nie?

                   A    Binokulêre en stereoskopiese visie
                   B    Duime wat in dieselfde rigting as vingers funksioneer
                   C    Hande wat naels in plaas van kloue het
                   D    Verlengde versorging van die nageslag                         (2)

        1.1.7      Kreationistiese teorieë kan nie as wetenskaplike teorieë aanvaar
                   word nie, omdat hulle …

                   A    op geloof eerder as bewyse gebaseer is.
                   B    mites en stories is wat gebruik word om die oorsprong van
                        lewe te verduidelik.
                   C    van nageslag tot nageslag deur indoktrinasie oorgedra
                        word.
                   D    nie waarneembaar, meetbaar en toetsbaar is nie.               (2)

        1.1.8      Die liggaam van die wollerige oer-olifant (mammoth) is vir
                   miljoene jare gepreseveer omdat dit …

                   A    in teerputte vasgevang was.
                   B    versteen het.
                   C    in modder en ys bevries was.
                   D    dit in barnsteen vasgelê was.                                 (2)

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                            LEWENSWETENSKAPPE V1                       (SEPTEMBER 2012)

      1.1.9    In die 19de-eeu het die peperkleurige motte in Manchester,
               Engeland, gedurende die industrialisasie toegeneem omdat die
               swart rook van die fabrieke as loog op die boomstamme en
               omliggende geboue versamel het.

               Watter EEN van die volgende stellings is verkeerd ten opsigte
               van mikro-evolusie wat in die motbevolking plaas gevind het?

               A    Die wit motte was die minste vir oorlewing aangepas
                    omdat hulle maklik deur voëls raakgesien is as hulle op
                    die donker agtergrond gesit het.
               B    Die swart motte was goed aangepas om te oorleef omdat
                    hulle nie maklik deur die voëls raakgesien is as hulle op
                    die donker agtergrond gesit het nie.
               C    Natuurlike seleksie bevoordeel altyd die organisme wat die
                    swakste aangepas is.
               D    Die natuur kies altyd die organisme wat die beste
                    aangepas is om te oorleef.                                    (2)

1.2   Voorsien die korrekte BIOLOGIESE TERM vir elk van die volgende
      beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.6)
      in die ANTWOORDEBOEK neer.

      1.2.1    Die oorsprong van ŉ nuwe spesie tydens evolusie                    (1)

      1.2.2    Die ontstaan van ŉ nuwe spesie vanweë geografiese isolasie         (1)

      1.2.3    Die spesie waaraan alle mense behoort                              (1)

      1.2.4    ŉ Gepunte gesig vanweë ŉ uitstaande kakebeen en neus               (1)

      1.2.5    Die naam van ŉ 3,2 miljoenjaar-oue fossiel wat in 1974 deur
               Donald Johansen, Yves Coppan en Tim White in Etiopië ontdek
               is                                                                 (1)

      1.2.6    ŉ Groep wat slegs primate met menslike eienskappe insluit          (1)

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)                LEWENSWETENSKAPPE V1                                        7

 1.3    Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I op slegs A, slegs B, beide A
        en B of op geen van die items in KOLOM II van toepassing is. Skryf
        slegs A, slegs B, beide A en B of geen langs die vraagnommer
        (1.3.1 – 1.3.8) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                             KOLOM I                          KOLOM II
        1.3.1      Die proses waardeur             A   Konvergente evolusie
                   organismes wat nie na-
                   verwant is nie onafhanklik
                                                   B   Divergente evolusie
                   ooreenstemmende
                   eienskappe verkry
        1.3.2      Alle lewende wesens is deur     A   Lamarck se teorie
                   ŉ Opperwese geskape             B   Darwin se teorie
        1.3.3      Die diversiteit van lewe wat    A   Kreatisionistiese teorie
                   op die aarde bestaan kon
                   slegs ontstaan het omdat        B   Intelligente ontwerpteorie
                   elkeen intelligent ontwerp is
        1.3.4      Die DNA van die Y-              A   Om die manlike lyn van
                   chromosoom word gebruik             ons voorvaders te bepaal
                                                   B   Om die vroulike lyn van
                                                       ons voorvaders te bepaal
        1.3.5      Sekelselanemie                  A   ŉ Genetiese siekte waar
                                                       rooibloedselle misvorm
                                                       word
                                                   B   Nie ŉ geslagsgekoppelde
                                                       afwyking nie
        1.3.6      In staat om gereedskap te       A   Australopithecus
                   maak en te gebruik                  afarensis
                                                   B   Sahelanthropus
                                                       tchadensis
        1.3.7      Foramen magnum aan die          A   ŉ Tweevoetige dier
                   agterkant van die skedel
                                                   B   ŉ Viervoetige dier
                   geposisioneer
        1.3.8      Gemiddelde breingrootte         A   Homo habilis
                   1 200    – 1 800                B   Homo erectus
                                                                             (8x2)   (16)

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                           LEWENSWETENSKAPPE V1                       (SEPTEMBER 2012)

1.4   Die onderstaande diagram verteenwoordig ŉ spesifieke tipe spesiasie wat
      in Malawi-meer voorkom. ŉ Groot verskeidenheid van verskillende
      spesies van pragtige helderkleurige Cichlid-visse word jaarliks ontdek.
      Bestudeer die diagram en beantwoord die daaropvolgende vrae.

      1.4.1   Watter tipe spesiasie word in die bostaande diagram getoon?        (1)

      1.4.2   Verduidelik die tipe spesiasie wat in VRAAG 1.4.1 genoem word      (3)

      1.4.3   Alhoewel die nuwe visse wat deur evolusie ontstaan het in
              dieselfde meer leef, kan hulle nie met ander naverwante spesies
              kruisteel nie. Verskaf ŉ rede of meganisme wat verhoed dat
              hulle met ander cichlid-visse kan kruisteel.                       (1)

      1.4.4   Noem VYF voorbeelde van die meganisme wat jy in
              VRAAG 1.4.3 genoem het, wat verhoed dat evoluerende
              spesies met mekaar kan kruisteel.                                  (5)

                                                      TOTAAL AFDELING A:          50

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)                LEWENSWETENSKAPPE V1                                        9

 AFDELING B

 VRAAG 2

 2.1    Bestudeer die onderstaande koerantberig en beantwoord die
        daaropvolgende vrae.

                X-straal toon bene op slangfossiel
        ULTRASKERP 3-D x-strale van ŉ 95 miljoenjaar-ou fossiel wat in Libanon
        gekry is het lig gewerp op die evolusie van slange vanaf geleedpotige
        akkedisse.

        Franse wetenskaplikes het gister gesê dat die 50 cm fossiel van
        Eopodophis desouensi ŉ klein agterbeentjie, wat aan die dier se pelvis
        geheg is, toon.

        Dit was onder die liggaam verberg en het slegs danksy die nuwe tegniek
        sigbaar geword.

        Hierdie bevinding versterk die teorieë dat slange vanaf akkedisse
        evolueer het, maar hulle hul bene al minder benodig het - en hulle
        uiteindelik heeltemal verloor het - nadat hulle in habitatte gekom het waar
        kruip en gly hulle bevoordeel het.

        Die nuwe beeld toon dat E. desouensi op hierdie punt in die Kryttydperk
        die tussenweg-fase in die verandering was.

                              [Bron: Daily Dispatch-koerant, 10 Februarie 2011]

        2.1.1      Watter wetenskaplike naam is aan die fossiel wat in Libanon
                   uitgegrawe is gegee?                                               (1)

        2.1.2      Wat was die geskatte ouderdom van die fossiel?                     (1)

        2.1.3      Watter tegniek is aangewend om die ouderdom van die fossiel te
                   bepaal?                                                            (1)

        2.1.4      Noem die periode waartydens die oorgang vanaf akkedisse na
                   slange moontlik kon plaasgevind het.                               (1)

        2.1.5      Watter bewyse word verskaf om die evolusie van akkedisse na
                   slange te staaf?                                                   (1)

        2.1.6      Watter tegniek is aangewend om bewyse te bekom?                    (1)

        2.1.7      Verduidelik kortliks Lamarck se teorie van evolusie deur van die
                   bostaande nuusartikel gebruik te maak.                             (3)

        2.1.8      Waarom is Lamarck se teorie verwerp?                               (3)

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                           LEWENSWETENSKAPPE V1                        (SEPTEMBER 2012)

2.2   Lees die onderstaande paragraaf en beantwoord die daaropvolgende vrae.

      Besigheidsontwikkeling
      SA produseer meer GM-gewasse

      Michael Appel

      28 Februarie 2008

      Sedert die aanvaarding van “Bio Tech”-gewasse in 1996, het die
      hoeveelheid geneties gemodifiseerde gewasse, byvoorbeeld mielies,
      sojabone en katoen, wat in terme van hektare aangeplant is, tot 1,8
      miljoen hektaar toegeneem.

      Die president van Agri-SA, Mnr Lourie Bosman het Woensdag gesê, “Wit
      GM-mielies beslaan ŉ totaal van 1,04 miljoen hektaar, ŉ toename van
      48% oor die tydperk van 2006/07, wat ŉ markaandeel van 62% behels”.
      “Geelmielies het vanaf 528 000 hektaar tot 567 000 hektaar verhoog, ŉ
      toename van 7%”.

      GM-gewasse word gemanipuleer om omgewingsfaktore soos droogte te
      weerstaan. Sekere sade bevat ŉ dominante geen wat hulle ŉ weerstand
      teen onkruiddoders gee wat boere in staat stel om onkruiddoders, wat nie
      hulle gewasse sal affekteer nie, te gebruik.

      Bosman het gesê: “Agri-SA is positief oor die geneties gemodifiseerde
      gewasse en is entoesiasties oor die bydrae wat hulle in die toekoms ten
      opsigte van verhoogde produksie kan maak.”.

      Die mees populêre GM-eienskap in Suid-Afrika was die Bt-Insekweer-
      standbiedende mielies, waarvan 1,1 miljoen hektaar geplant is. Dit word
      gevolg deur die RR onkruiddoder weerstandbiedende mielies waarvan
      373 000 hektaar geplant is. Die verkope van sade met beide Bt en RR
      eienskappe het in 2007 begin en 80 000 hektaar is tot op hede geplant.

      Proefaanplanting met droogteweerstandbiedende variëteite, ŉ eienskap
      wat in ander gewasse ook ingesluit is, is reeds in Suid-Afrika onderweg
      en die tegnologie sal teen 2011 kommersieel beskikbaar wees.

                                                               [Aangepas van
            http://www.southafrica.info/business/trends/newbusiness/gmmaize-
                                                                 280208.htm]

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)               LEWENSWETENSKAPPE V1                                   11

        2.2.1      Voorspel wat die toekomstige neiging ten opsigte van die
                   gebruik van geneties gemodifiseerde gewasse op Suid-
                   Afrikaanse plase sal wees - volgens die inligting in die
                   bostaande artikel.                                              (1)

        2.2.2      Noem VIER voordelige eienskappe wat volgens die artikel in
                   gewasse ingesluit kan word om Suid-Afrikaanse gewasse
                   kompeterend in die landbousektor te maak.                       (4)

        2.2.3      Noem DRIE geneties gemodifiseerde gewasse wat in die artikel
                   genoem word wat in Suid-Afrika aangeplant word.                 (3)

        2.2.4      Verskaf ŉ rede waarom hoë prioriteit aan die ontwikkeling van
                   droogteweerstandbiedende gewasse in Suid-Afrika gegee word.     (2)

        2.2.5      Noem enige VIER redes vir die teenkanting teen die
                   ingebruikneming van geneties gemodifiseerde-gewasse.            (4)

        2.2.6      Indien jy ŉ vrugte- en groenteverspreider was, watter DRIE
                   eienskappe sal jy graag in landbougewasse ingesluit wil hê?     (3)

        2.2.7      Watter openbare probleem kan aangespreek word deur alle
                   GM-voedsel in supermarkte te merk?                               (1)
                                                                                   [30]

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                          LEWENSWETENSKAPPE V1                         (SEPTEMBER 2012)

VRAAG 3

3.1   Die onderstaande diagram toon ŉ genetiese kruising tussen twee swart
      muise. Bestudeer die diagram en beantwoord die daaropvolgende vrae.
      Gebruik die letters B en b vir die alleel vir haarkleur.

      3.1.1   Verskaf die onderskeidelike genotipes van die manlike en
              vroulike ouers.                                                      (2)

      3.1.2   Watter persentasie van die F1-generasie is resessief? Toon jou
              berekeninge.                                                         (2)

      3.1.3   Wat is die fenotipiese verhouding van die F1-generasie?              (1)

      3.1.4   Toon die moontlike genotipes en fenotipes van ŉ kruising tussen
              die wit muis in die F1-generasie en die vroulike ouer in die P1-
              generasie deur van ŉ genetiese kruisingsdiagram gebruik te
              maak.                                                                (7)

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)                LEWENSWETENSKAPPE V1                                  13

 3.2    Die onderstaande diagram toon ŉ moderne tegniek om insulien te
        vervaardig. Bestudeer die diagram en beantwoord die daaropvolgende
        vrae.

        3.2.1      Noem die tegniek wat in die vervaardiging van insulien gebruik
                   word.                                                            (1)

        3.2.2      Identifiseer die deel wat A gemerk is.                           (1)

        3.2.3      Verskaf die name van die ensieme B en C.                         (2)

        3.2.4      Watter tipe seldeling vind by D plaas?                           (1)

        3.2.5      Noem enige TWEE voordele van die bostaande tegniek.              (2)

        3.2.6      Noem ŉ ander eensellige organisme wat in die bostaande proses
                   gebruik kan word.                                                (1)

        3.2.7      Verskaf EEN rede vir die gebruik van die eensellige organisme
                   wat in VRAAG 3.2.6 genoem is.                                    (1)

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                          LEWENSWETENSKAPPE V1                        (SEPTEMBER 2012)

3.3   Die onderstaande diagram verteenwoordig sekere fases van meiotiese
      deling in ŉ sekere plant. Bestudeer die diagram en beantwoord die
      daaropvolgende vrae.

      3.3.1   Noem ŉ waarneembare kenmerkende eienskap van Metafase 1.            (1)

      3.3.2   Noem die proses wat in Profase 1 plaasvind en tot variasie in die
              nageslag lei.                                                       (1)

      3.3.3   Watter fout het in Anafase 1 plaasgevind?                           (1)

      3.3.4   Benoem die fout wat jy in VRAAG 3.3.3 beskryf het.                  (1)

      3.3.5   Wat sal die chromosoomgetal in A wees?                              (1)

      3.3.6   Wat word hierdie fenomeen in A genoem?                              (1)

      3.3.7   Noem enige TWEE voordele in plante van die fenomeen wat in
              VRAAG 3.3.6 genoem is.                                              (2)

      3.3.8   Wat is die waarde van hierdie proses in die evolusie van plante?     (1)
                                                                                  [30]

                                                      TOTAAL AFDELING B:          60

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)                LEWENSWETENSKAPPE V1                                    15

 AFDELING C

 VRAAG 4

 4.1    Die onderstaande tabel toon die resultate van ŉ eksperiment wat die effek
        van selektiewe teling (kunsmatige seleksie) vir die proteïeninhoud van
        melk by twee verskillende tipes melkkoeie ondersoek het.

                                     Persentasie proteïene-inhoud in die melk
                                          KOEI A                 KOEI B

         Getal generasie van
         kunsmatige seleksie
          (selektiewe teling)

                                      (Geselekteer vir hoë
                                       proteïene-inhoud)        Geselekteer vir lae
                                                                proteïene-inhoud)
                   Begin                       5                        5
                    10                         10                       7
                    20                         12                       8
                    30                         15                       8
                    40                         17                       6
                    50                         20                       4

        4.1.1      Verskaf ŉ moontlike hipotese vir die eksperiment.                  (2)

        4.1.2      Teken TWEE lyngrafieke op dieselfde assestelsel om die
                   resultate van die eksperiment te toon.                             (10)

        4.1.3      Wat is die persentasie-toename in die proteïeninhoud van die
                   melk van KOEI A vanaf generasie 10 tot 40?                         (1)

        4.1.4      Wat is die persentasieverskil in die proteïeninhoud van die melk
                   tussen KOEI A en KOEI B na 40 generasies van selektiewe
                   teling?                                                            (1)

        4.1.5      Tot watter mate het selektiewe teling die melk proteïeninhoud
                   van KOEI A beïnvloed?                                              (1)

        4.1.6      Watter moderne tegniek kan gebruik word om aantal koeie met ŉ
                   hoë proteïeninhoud in hulle melk oor ŉ kort tydsperiode te
                   verhoog?                                                           (1)

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                           LEWENSWETENSKAPPE V1                        (SEPTEMBER 2012)

4.2   Die resultate van ŉ laboratorium ondersoek toon die reaksie van ŉ
      bakterie bevolking op die gebruik van sekere antibiotika. Bestudeer die
      diagrammatiese voorstelling van die resultate van die eksperiment en
      beantwoord die daaropvolgende vrae.

          Bakteriese
          bevolking

      Behandeling met
        antibiotika

      Oorlewendes teel

      Nuwe bevolking
      van oorlewendes

      Verduidelik hoe die bostaande volgorde in die diagram natuurlike seleksie
      toon.                                                                        (4)
4.3   Skryf ŉ kort opstel waarin jy verduidelik hoe veranderinge in die
      DNA/DNS-volgorde tydens replikasie kan voorkom en hoe hierdie
      veranderinge die proteïensintese kan beïnvloed. Dui ook aan hoe hierdie
      veranderinge tot enige DRIE genetiese afwykings kan lei.                    (17)
                                                                       Sintese:    (3)
                                                       TOTAAL AFDELING C:          40

                                                             GROOTTOTAAL:          150

## Related documents

- [Life Sciences P1 Nov 2012 Version 1 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2012-version-1-eng/85605d81-57ce-4bb8-9be6-eaa17806c770) — Life Sciences · QP · 2012 · Eng
- [LIFE SCIENCES P1 GR12 QP SEPT2023 isiXhosa](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-gr12-qp-sept2023-isixhosa/4bfbd428-d580-44bb-9e04-f4e5ad0bda53) — Life Sciences · QP · 2023 · isiXhosa
- [LIFE SCIENCES P1 QP SEPT 2021 Xhosa D](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-qp-sept-2021-xhosa-d/bf73c123-831d-499a-9ecd-62ac37eff2bf) — Life Sciences · QP · 2021
- [LIFE SCIENCES P1 QP GR12 SEPT2021 English](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-qp-gr12-sept2021-english/51bdf0cb-548d-43fc-b083-c4f0f664b370) — Life Sciences · QP · 2021 · Eng
- [LIFE SCIENCES P1 QP SEPT2019 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-qp-sept2019-afrikaans-final/507e9f66-d103-4b88-8f92-e9436c3a40aa) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [LIFE SCIENCES P1 QP SEPT2019 English final](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-qp-sept2019-english-final/0aee37ba-cb6c-4703-8a28-3bd5d8231c5d) — Life Sciences · QP · 2019 · Eng

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
