# Life Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2013 QP

> Grade 11 Life Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2013 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/lfsc-p2-gr11-nov13-qp-afr/7b5a3583-3166-4ae2-9fe8-2f1b9b41d236
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2013
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/life-sciences) › [Life Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2013 QP](https://www.hlayiso.com/library/lfsc-p2-gr11-nov13-qp-afr/7b5a3583-3166-4ae2-9fe8-2f1b9b41d236)

## About this document

Life Sciences · Grade 11 · Eastern Cape November · 2013. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      NASIONALE
                  SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 11

                   NOVEMBER 2013

          LEWENSWETENSKAPPE V2

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                  Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                             LEWENSWETENSKAPPE V2                       (NOVEMBER 2013)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur voordat die vrae beantwoord word.

1.    Beantwoord AL die vrae.

2.    Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK neer.

3.    Begin die antwoorde vir ELKE vraag boaan ŉ NUWE bladsy.

4.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik word.

5.    Indien antwoorde NIE volgens die instruksies van elke vraag beantwoord
      word NIE, sal kandidate punte verbeur.

6.    Maak alle sketse met potlood en byskrifte met blou of swart ink.

7.    Teken diagramme en vloeidiagramme SLEGS wanneer dit gevra word.

8.    Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
      NIE.

9.    Jy mag NIE grafiekpapier gebruik NIE.

10.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik.

11.   Skryf netjies en leesbaar.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                       LEWENSWETENSKAPPE V2                            3

 AFDELING A

 VRAAG 1

 1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
        Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
        vraagnommer (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer,
        byvoorbeeld 1.1.11 D.

        1.1.1     Bakterieë is ...

                  A       eensellig en sonder ŉ selkern.
                  B       eensellig en parasities in plante en diere.
                  C       mikroskopiese plante met ŉ saprofitiese voedingswyse.
                  D       eensellig met ŉ selkern en parasities in plante en diere.

        1.1.2     Virusse het ŉ ...

                  A       nukleïensuurkern en proteïenomhulsel.
                  B       DNA-bevattende kern en ŉ vetomhulsel.
                  C       nukleïensuurkern en ŉ plasmamembraan.
                  D       DNA-kern en ŉ proteïenomhulsel.

        1.1.3     Die volgende is ŉ lys wat virusse beskryf:

                  (i)     Speel ŉ belangrike rol as ontbinders
                  (ii)    Is die hoofpatogene in die mens
                  (iii)   Is parasities
                  (iv)    Vermeerder binne-in gasheerselle

                  Watter van die volgende is van biologiese belang in virusse?

                  A       (i); (ii) en (iii)
                  B       (ii); (iii) en (iv)
                  C       (i); (iii) en (iv)
                  D       (ii) en (iv)

        1.1.4     Briofiete is terrestriële plante met GEEN ...

                  A       sellulose.
                  B       risoïede.
                  C       vaatweefsel.
                  D       sporofiet-fase.

        1.1.5     Blare wat sporangieë dra word … genoem.

                  A       sporofille
                  B       sori
                  C       keëls
                  D       sporogoniums

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                          LEWENSWETENSKAPPE V2                        (NOVEMBER 2013)

    1.1.6    Die oorsake van aardverwarming kan geklassifiseer word as:

             A    ŉ Biofisiese kwessie
             B    ŉ Politieke kwessie
             C    ŉ Sosio-ekonomiese kwessie
             D    Al die bogenoemde

    1.1.7    Die hoeveelheid en gehalte van die water word onderhou deur ...

             A    die bou van verskeie damme langs die strome van ŉ
                  opvangsgebied.
             B    skoonmaak van vleilande langs strome in die opvanggebied.
             C    herbebossing van die opvanggebied met inheemse bome.
             D    sny van kanale om water uit vleilande na strome en riviere te
                  herlei.

    1.1.8    ŉ Watermonster geneem vanuit ŉ stroom onthul die
             teenwoordigheid van die volgende ongewerweldes: bloedsuiers,
             rot-stert maaiers, bloedwurms, en naaldekoker larwes. Dit dui
             daarop dat die stroom ... is.

             A    skoon en sonder besoedellende stowwe
             B    geskik vir menslike gebruik stroomaf
             C    erg besoedel
             D    besoedel

    1.1.9    ŉ Saad en ŉ spoor verskil ten opsigte daarvan dat:

             A    Spore diploïed en sade haploïed is
             B    Spore dehidrasie kan weerstaan terwyl sade nie
             C    Spore gamete is terwyl sade aan nuwe plante oorsprong gee
             D    Spore slegs eensellig kan wees

    1.1.10   Triploblastiese diere wat nie ŉ deurlopende spysverteringskanaal
             en seloom het nie:

             A    Cnidaria
             B    Platwurms
             C    Annelida
             D    Arthropoda                                            (10 x 2)    (20)

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                 LEWENSWETENSKAPPE V2                                    5

 1.2    Gee die korrekte BIOLOGIESE TERM vir elk van die volgende beskrywings.
        Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.10) in die
        ANTWOORDEBOEK neer.

        1.2.1     Die vegetatiewe deel van ŉ swam

        1.2.2     Die bakterieë soort wat bolvormig is

        1.2.3     ŉ Verhouding tussen twee organismes wat saamleef tot voordeel
                  van een of albei organismes

        1.2.4     Die konsentrasie van sinsorgane aan die anterior kant van ŉ dier
                  se liggaam wat tot die vorming van ŉ kop lei

        1.2.5     Medisyne wat veg teen infeksies wat deur bakterieë veroorsaak
                  word

        1.2.6     ŉ Vloeistof gevulde holte wat met mesoderm uitgevoer is

        1.2.7     Plekke waar sade gestoor word om te help om biodiversiteit te
                  bewaar

        1.2.8     Die verdeling van die liggaam van ŉ dier in ŉ reeks van soortgelyke
                  eenhede

        1.2.9     Die bergingsweefsel wat in die embriosak gevind word

        1.2.10    Diere wat aan ŉ substraat vasgeheg is                      (10 x 1)   (10)

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                              LEWENSWETENSKAPPE V2                        (NOVEMBER 2013)

1.3     Dui aan of elk van die stellings in KOLOM Ι van toepassing is op SLEGS A,
        SLEGS B, BEIDE A en B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie.
        Skryf SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A en B of GEENEEN langs die
        vraagnommer in die ANTWOORDEBOEK neer.

                            KOLOM Ι                               KOLOM ΙΙ
        1.3.1    ŉ Afdeling van die plante met ŉ          A     Gimnosperme
                 vaskulêre-stelsel, sade, en geen blomme B      Angiosperme
        1.3.2    Die doel van blomme                      A     Lok bestuiwers
                                                          B     Vorm vrugte
        1.3.3    Tree as ontbinders op                    A     Lintwurms
                                                          B     Slakke
        1.3.4    ŉ Liggaamsplan met twee lae selle        A     Triploblasties
                                                          B     Diploblasties
        1.3.5    Hierdie laag is verantwoordelik vir die  A     Mesoderm
                 ontwikkeling van organe                  B     Endoderm
        1.3.6    ŉ Produk, wat tydens die maak van bier   A     Alkohol
                 gevorm word                              B     Koolstofdioksied
        1.3.7    Baie van hulle is parasiete en het dus ŉ A     Platyhelminthes
                 negatiewe invloed op landbou             B     Annelida
        1.3.8    Die hoogs aangepaste blomblare, wat      A     Vrugblare
                 die stamper van die blom vorm            B     Kroonblare
        1.3.9    Die begin van die groei van die saad     A     Bestuiwing
                                                          B     Ontkieming
        1.3.10   Die buitenste laag van die saadknop      A     Blombodem
                                                          B     Mikropilum
                                                                            (10 x 2)    (20)

                                                          TOTAAL AFDELING A:            50
    •

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                 LEWENSWETENSKAPPE V2                                   7

 AFDELING B

 VRAAG 2

 2.1    Bestudeer die grafiek hieronder wat die liggaam se reaksie op inenting deur
        ŉ inspuiting en ŉ versterkingsinspuiting toon. Beantwoord die vrae wat volg.

        2.1.1     Noem TWEE algemene maniere hoe entstowwe toegedien word.             (2)

        2.1.2     Wat in die inenting stimuleer die liggaam om teenliggaampies te
                  vorm?                                                                (1)

        2.1.3     Watter selle in die immuunstelsel produseer die teenliggaampies?     (1)

        2.1.4     Wat het met die teenliggaamvlak na die eerste inspuiting gebeur?     (2)

        2.1.5     Wat het met die teenliggaamvlak na die tweede inspuiting gebeur?     (2)

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                             LEWENSWETENSKAPPE V2                          (NOVEMBER 2013)

2.2   Die volgende tabel toon hoe effektief Na-Blootstellingsprofilakse (PEP)-
      dwelms is as dit na verskillende periodes van blootstelling aan die MI-virus
      geneem word. Bestudeer die tabel en beantwoord die vrae wat volg.

      Tydperk van blootstelling (ure)      0        24        72       76         96

      Doeltreffendheid (%)                100       100       52        0         0

      2.2.1    Teken ŉ eenvoudige lyngrafiek om bostaande inligting aan te toon.          (7)

      2.2.2    Hoe effektief sal PEP dwelms wees as dit 48 uur na blootstelling
               aan MIV geneem word?                                                       (2)

      2.2.3    ŉ Skoolseun raak met sy kaal hande aan die bloed van ŉ beseerde
               rugbyspeler op ŉ Vrydagmiddag. Op advies van sy ouers het hy
               besluit om sy dokter te gaan sien, maar doen dit eers die volgende
               Dinsdag. Dink jy dat die dokter het hom PEP-dwelms sou gee?
               Gee ŉ rede vir jou antwoord.                                               (2)

2.3   Bestudeer die diagram wat drie diere verteenwoordig en beantwoord die
      vrae wat volg.

                 A                          B                          C

      2.3.1    Watter soort simmetrie het elkeen van die diere?                           (3)

      2.3.2    Verduidelik die voordele vir die diere (A en C) om hierdie soort
               simmetrie te hê.                                                           (3)

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                LEWENSWETENSKAPPE V2                                    9

 2.4    Lees die inligting oor renosterstroping en verwys na die grafiek om die vrae
        wat volg te beantwoord.

                        Renosterstropery steeds aan die toeneem

             Ekonomiese kragte dryf renosterstropery. Die aantal renosters wat
        onwettig doodgemaak was in Suid-Afrika gedurende die eerste 134 dae van
        2013 het ŉ verbysterende 313 bereik – net 20 minder as 2010 se dodetal
        van 333. Renosters word gestroop vir hul horings wat hoë pryse in Asië
        behaal – renosterhorings was in 2011 verkoop vir R400 000 per kilogram. In
        Asië word renosterhoring gebruik vir medisinale doeleindes. Die verbod op
        die handel in renosterhoring het nie gehelp nie, want die swartmark-prys van
        die horings het net toegeneem. Dit het gelei tot ŉ toename in die stropery.
        Soveel so dat die weermag in 2011 ingebring is om die stropery te beveg.
        Een manier om die renosters te beskerm sou wees om mense oor die ware
        medisinale waarde van renosterhoring op te voed. Dit is moeilik om mense
        se kulturele oortuigings te verander, aangesien hulle gewoonlik nie op
        wetenskaplike feite gebaseer is nie. So, die idee dat ŉ lewende renoster
        meer waardevol is as ŉ dooie renoster, is iets wat gebruik kan word om die
        renosters te beskerm. Renosterhoring word gemaak van keratien en is
        soortgelyk aan naels. Indien die horing afgesny word, sal dit weer begin
        groei.
                                           [Aangepas uit: www.rhino-economics.com]

 Grafiek 1

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                                        LEWENSWETENSKAPPE V2                        (NOVEMBER 2013)

                                                  Beraamde renosterbevolking in Suid-Afrika
                                                            vanaf 1993 tot 2010
                                        25000

              Totale aantal renosters
                                                                                       1940918780
                                                                                  18352
                                        20000                                16273
                                                                        15941
Grafiek 2                                                          13555
                                        15000
                                                               10796
                                                                                                    Wit renoster
                                        10000 6376 7095 7913

                                         5000                                                1916   Swart
                                                867   962 1043 1328 1384 1456 1512 1587 1678
                                                                                                    renoster
                                            0
                                             1993 1995 1997 2004 2005 2006 2007 2008 2009 2010
                                                                   Tyd (jare)

      2.4.1             Bereken die totale aantal renosters wat gestroop was in 2010 en
                        2011. Toon alle berekeninge.                                                                (4)

      2.4.2             Teken ŉ tabel om die bevolkings van swart en wit renosters in 1997
                        en 2010 te vergelyk.                                                                        (4)

      2.4.3             Beskryf die tendens van wit renostergetalle soos in grafiek 2
                        getoon. Verduidelik jou antwoord.                                                           (4)

      2.4.4             Wat kan gedoen word om renosters teen stropery te beskerm?
                        Stel DRIE maniere voor.                                                                     (3)
                                                                                                                   [40]

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                 LEWENSWETENSKAPPE V2                                  11

 VRAAG 3

 3.1    Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                            Kaapstad se stortingsterrein-krisis

           Ongeveer 6 000 ton afval word tans daagliks in die stad Kaapstad
        gegenereer. Vyf-en-vyftig persent van afval wat by die Raad se ses
        stortingsterreine beland, word direk ontvang van die industriële en
        kommersiële sektore, terwyl die huishoudelike afval van huishoudings vir
        ongeveer 30% van die afvalstroom verantwoordelik is.

        ŉ Totaal van 1,7 miljoen ton afval was in stortingsterreine in Kaapstad
        gedurende 2002 ontvang in vergelyking met die 1,6 miljoen ton in 2001 en
        die 1,5 miljoen ton in 2000. Dit is ŉ jaarlikse verhoging van sowat 7%.

        Ongeveer 80% van afval uit lae-inkomste huishoudings bestaan uit
        organiese afval in vergelyking met dié van gegoede voorstede, wat tipies
        ongeveer 60–70% van verpakkingsafval bevat. Van die totale hoeveelheid
        afval wat geproduseer word, word meer as 90% deur die stad Kaapstad
        gestort.

        Daar is ŉ dringende behoefte aan ŉ nuwe stortingsterrein soos die stad voor
        die sluiting van die meeste van sy huidige stortingsterreine staan.
        Skoonmaakkoste van rommel en storting oorskry R100 miljoen per jaar. Dit
        is geld wat aan veel meer belangriker kwessies in die stad bestee kan word,
        veral as die behuisingkrisis in ag geneem word.

                            [Aangepas vanuit: www.capetown.gov.za/en/SolidWaste]

        3.1.1     Bereken hoeveel ton huishoudelike afval per dag geproduseer
                  word. Toon alle berekeninge.                                         (3)

        3.1.2     Stortingsterreine is bekend daarvoor om besoedeling in die
                  omgewing te veroorsaak. Beskryf kortliks TWEE moontlike
                  maniere hoe dit kan gebeur.                                          (4)

        3.1.3     Noem EEN manier hoe laer inkomste huishoudings die
                  hoeveelheid afval wat hulle na stortingsterreine stuur, kan
                  verminder.                                                           (1)

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                           LEWENSWETENSKAPPE V2                         (NOVEMBER 2013)

3.2   Lees die volgende paragraaf en beantwoord die vrae wat volg.

                                 Hedendaagse plaag

            Ontbossing is die permanente vernietiging van inheemse woude en
      bosveld. Een van die redes vir ontbossing is die omskakeling van woude en
      boswêreld tot landbougrond om die groeiende getalle van mense te voed.
      Tans word ongeveer 12 miljoen hektaar woude jaarliks skoongemaak. Met
      die verlies aan beskermende dekking van plantegroei deur ontbossing, word
      meer grond verloor. Jaarlikse verliese aan grond in Suid-Afrika word geskat
      op 300–400 miljoen ton. Ons woude tree ook op as ŉ groot koolstof-stoor
      omdat koolstofdioksied (CO2) uit die atmosfeer geneem word. Huidiglik kom
      tot 20 persent van die globale koolstofvrystellings van ontbossing en die bos
      agteruitgang – meer as die totale uitlaatgasse van die globale vervoer-
      sektor.

      Ontbossing sal ook ŉ impak op die watersiklus hê, want bome is
      verantwoordelik om grondwater deur hul wortels op te neem en dit in die
      atmosfeer vry te stel (transpirasie). Byna al hierdie ontbossing vind in die
      klam woude en oop boswêreld van die trope (keerkringe) plaas. Teen
      hierdie koers, kan alle klam tropiese woude verlore gaan teen die jaar 2050.
                                            [Aangepas uit: www. botany.uwc.ac.za]

      3.2.1    Verduidelik hoe die verwydering van plante deur ontbossing lei tot
               ŉ toename in die konsentrasie van kweekhuise-gasse.                      (3)

      3.2.2    Verduidelik hoe ontbossing gronderosie verhoog.                          (3)

      3.2.3    Verduidelik hoe ontbossing die watersiklus beïnvloed.                    (3)

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                 LEWENSWETENSKAPPE V2                                   13

 3.3    Bestudeer die grafiek hieronder, wat die hoeveelheid osoonvermindering in
        die stratosfeer tussen 1982 en 1996 aantoon.

        3.3.1     Lewer kommentaar oor die osoonvermindering gedurende die
                  tydperk 1982–1996.                                                    (4)

        3.3.2     Hoeveel van die osoon het vanuit die atmosfeer in 1990 verlore
                  gegaan?                                                               (1)

        3.3.3     Behalwe chloorfluoorkoolstowwe (CFK's), noem DRIE ander
                  kweekhuisgasse.                                                       (3)

        3.3.4     CFK’s kan vir 100 jaar in die atmosfeer bly. Wat is die implikasie
                  hiervan vir die osoonlaag?                                            (1)

        3.3.5     Gee DRIE moontlike redes vir die afname in osoonvermindering na
                  1994.                                                                 (3)

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                          LEWENSWETENSKAPPE V2                         (NOVEMBER 2013)

3.4   Bestudeer die diagram wat ŉ filogenetiese boom van vier plantspesies toon
      en beantwoord die vrae wat volg.

      3.4.1   Verskaf ŉ definisie van ŉ filogenetiese boom.                            (2)

      3.4.2   Dui aan of die volgende stellings waar of onwaar is. In elke geval
              gee ŉ rede vir jou antwoord.

              (a)   Die soliede sirkel genommer 3 verteenwoordig die
                    gemeenskaplike voorouer van die suikerbos, palm- en mielie-
                    plant.                                                             (2)

              (b)   Die suikerbos is nader verwant aan die denneboom as wat dit
                    is aan die mielieplant, want hulle is langs mekaar op die
                    filogenetiese boom geleë.                                          (2)

              (c)   Palmbome het ontstaan uit dennebome.                               (2)

              (d)   Suikerbos, palmbome en mielieplante is almal blomplante.           (2)

      3.4.3   Hoeveel miljoen jare gelede het die voorouer van die palm- en
              mielieplant van mekaar geskei?                                           (1)
                                                                                      [40]

                                                         TOTAAL AFDELING B:            80

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                LEWENSWETENSKAPPE V2                                    15

 AFDELING C

 VRAAG 4

 4.1    Eutrofikasie en suurmynwater-dreinering is twee van die belangrikste
        watergehalte probleme in Suid-Afrika. Skryf ŉ mini-opstel en beskryf wat dit
        is, wat dit veroorsaak en die uitwerking daarvan op die omgewing.
                                                                             Inhoud    (17)
                                                                             Sintese    (3)

        LET WEL:     GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm
                     van vloeidiagramme of diagramme nie.

                                                           TOTAAL AFDELING C:           20
                                                               GROOTTOTAAL:            150

## Related documents

- [LFSC P2 GR11 NOV2013-MEMO (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/lfsc-p2-gr11-nov2013-memo-afr/9af7e827-a70d-49e8-bc80-27fcfd2cf2ff) — Life Sciences · Memo · 2013 · Afr
- [LFSC GR11 NOV2013 QP (Eng)](https://www.hlayiso.com/library/lfsc-gr11-nov2013-qp-eng/583b954e-0b96-4adf-b8cf-99a3857368bf) — Life Sciences · QP · 2013 · Eng
- [LFSC-GR11 P1-NOV2013-QP-Eng](https://www.hlayiso.com/library/lfsc-gr11-p1-nov2013-qp-eng/a711c880-4930-4225-a302-a311e925f99e) — Life Sciences · QP · 2013 · Eng
- [Life Sciences P2 Grade 11 Exemplar 2013 Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-grade-11-exemplar-2013-afr/459e053f-5183-480c-8cec-8830632b7999) — Life Sciences · QP · 2013 · Afr
- [Life Sciences P2 Grade 11 Exemplar 2013 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-grade-11-exemplar-2013-eng/44b15832-6571-451a-af4f-fff87c48fa93) — Life Sciences · QP · 2013 · Eng
- [LIFE SCIENCES P2 GR11 QP NOV 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr11-qp-nov-2022-afrikaans/1dc5c137-1205-4c5f-93eb-bd628fbe2fcf) — Life Sciences · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 11 Life Sciences

- [Gr 11 Life Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-life-sci-atp-2023-24/4ab88214-8173-4f6e-98ea-ab509ada756b) — ATP
- [LEWENSWETENSKAPPE V1 GR11 MEMO NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-gr11-memo-nov2025-afrikaans-watermark/1bdf579b-8063-4dc2-a5bd-522094c45c65) — Memo · 2025 · Afr
- [LIFE SCIENCES P1 GR11 MEMO NOV2025 English watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-gr11-memo-nov2025-english-watermark/595fffde-81ad-4f4d-be06-d944b73bcfd5) — Memo · 2025 · Eng
- [KZN Life Sciences Grade 11 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-life-sciences-grade-11-june-2025-qp-and-memo/31a59d87-a46a-4536-91d0-2fe1264e946a) — QP + Memo · 2025
- [EC Life Sciences Grade 11 June 2024 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-life-sciences-grade-11-june-2024-qp-and-memo/68ed48c4-d02f-4f7f-97fb-736190106d11) — QP + Memo · 2024
- [LIFE SCIENCES P2 GR 11 MEMO NOV2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-life-sciences-2024-eastern-cape-november-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/1768e181-1a1b-418d-890f-2e94f97be7f3) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
