# Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2014 QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2014 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/lfsc-p2-gr12-sept2014-qp-afr/235e47c5-27d4-4cb7-abe2-f895239c5daa
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2014
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2014 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/lfsc-p2-gr12-sept2014-qp-afr/235e47c5-27d4-4cb7-abe2-f895239c5daa)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2014. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                     NASIONALE
                 SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                  SEPTEMBER 2014

          LEWENSWETENSKAPPE V2

PUNTE:     150

TYD:       2½ uur

                           *LFSCA2*

                 Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                               LEWENSWETENSKAPPE V2                       (SEPTEMBER 2014)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur voordat die vrae beantwoord word.

 1.     Beantwoord AL die vrae.

 2.     Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK neer.

 3.     Begin die antwoorde vir ELKE vraag boaan ŉ NUWE bladsy.

 4.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik word.

 5.     Indien antwoorde NIE volgens die instruksies van elke vraag aangebied
        word NIE, sal kandidate punte verbeur.

 6.     Maak ALLE sketse met potlood en byskrifte met blou of swart ink.

 7.     Teken diagramme en vloeidiagramme SLEGS wanneer dit gevra word.

 8.     Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
        NIE.

 9.     Jy mag NIE grafiekpapier gebruik NIE.

 10.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik.

 11.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                       LEWENSWETENSKAPPE V2                                  3

 AFDELING A

 VRAAG 1

 1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
        Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
        vraagnommer (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
        1.1.11 D.

        1.1.1      Die enigste verskil tussen die DNS/DNA van ŉ lid van ŉ spesie en ŉ
                   ander lid van dieselfde spesie is die …

                   A       volgorde waarin die stikstofbasisse voorkom.
                   B       soort verbindings tussen die stikstofbasisse.
                   C       soort stikstofbasisse teenwoordig.
                   D       aantal stringe.

        1.1.2      Translasie van ŉ bRNS/bRNA-molekuul met 48 nukleotiede
                   produseer ŉ polipeptied van …

                   A        3 aminosure.
                   B       12 aminosure.
                   C       16 aminosure.
                   D       48 aminosure.

        1.1.3      ŉ Verwagtende moeder word deur haar genetiese raadgewer
                   ingelig dat haar baba ŉ gelyke kans het om bloedgroep A of
                   bloedgroep AB te wees. Dit beteken dat die genotipe van die vrou
                   en haar man … moet wees.

                   A       IAIA en IBi
                   B       IAIB en IBi
                   C       IAi en IBIB
                   D       IAIB en IAi

        1.1.4      Die volgende vorm deel van Darwin se waarnemings waarop sy
                   teorie van natuurlike seleksie gebaseer was:

                   (i)     Groot getal nakomelinge word geproduseer
                   (ii)    Verworwe kenmerke word oorgeërf
                   (iii)   Nakomelinge toon ŉ groot mate van variasie
                   (iv)    ŉ Struktuur word beter ontwikkeld wanneer dit meer gereeld
                           gebruik word
                   (v)     Van die groot getal nakomelinge wat geproduseer word sal
                           slegs ŉ klein hoeveelheid oorleef

                   A       (i) en (ii)
                   B       (i), (iii) en (v)
                   C       (i), (ii) en (iii)
                   D       (ii) en (iv)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                              LEWENSWETENSKAPPE V2                        (SEPTEMBER 2014)

       1.1.5     Die diagram hieronder verteenwoordig slegs ŉ klein deel van ŉ
                 DNA/DNS-molekuul, waar die vier stikstofbasisse deur die letters A
                 (Adenien), T (Timien), G (Guanien) en S (Sitosien) verteenwoordig
                 word.

                 Watter van die volgende (A, B, C of D) verskaf die ontbrekende
                 inligting van boks X in die diagram hieronder?

       1.1.6     Charles Darwin het … voorgestel.

                 A    ŉ meganisme vir evolusie
                 B    die wet van oorerflikheid van verworwe kenmerke
                 C    die wet van gebruik en onbruik
                 D    die wet van segregasie

       1.1.7     Gedurende watter EEN van die volgende stadiums sal replikasie
                 van DNS/DNA plaasvind?

                 A    Interfase
                 B    Profase 1
                 C    Telofase 1
                 D    Telofase 2

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                       LEWENSWETENSKAPPE V2                                      5

        1.1.8      ŉ DNS/DNA-nukleotied bestaan uit ŉ …

                   A       ribose-suiker, vier stikstofbasisse en ŉ fosfaatgroep.
                   B       fosfaatgroep en ŉ stikstofbasis.
                   C       deoksiribose-suiker en vier stikstofbasisse.
                   D       deoksiribose-suiker, ŉ stikstofbasis en ŉ fosfaatgroep.

        1.1.9      ŉ Moeder het bloedgroep AB en ŉ pa het bloedgroep B. Hulle het
                   drie kinders van hul eie en ŉ aangenome kind. Die bloedgroepe
                   van die kinders word in die tabel hieronder aangetoon.

                                  Kinders                         Bloedgroepe
                                  Simanele                             A
                                   Thusini                             B
                                   Philani                            AB
                                   Ncube                               O

                   Watter kind is die aangenome kind?

                   A       Simanele
                   B       Philani
                   C       Thusini
                   D       Ncube

        1.1.10     Watter van die volgende word gesien as ŉ bron van variasie vir
                   evolusie?

                   (i)     Mutasie
                   (ii)    Afstammeling deur modifikasie
                   (iii)   Meiose
                   (iv)    Ewekansige bevrugting

                   A       (i) en (ii)
                   B       (i), (iii) en (iv)
                   C       (ii), (iii) en (iv)
                   D       (i), (ii) en (iii)                                        (10 x 2)   (20)

 1.2    Gee die korrekte BIOLOGIESE TERM vir elk van die volgende
        beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.10)
        in die ANTWOORDEBOEK neer.

        1.2.1      Die vorm van die gedraaide DNS/DNA-stringe

        1.2.2      Die fase van proteïensintese wanneer inligting gekopieër word
                   vanaf DNS/DNA na bRNS/RNA

        1.2.3      Die verbinding tussen twee stikstofbasisse

        1.2.4      Die proses waar nuwe DNS/DNA vanuit bestaande DNS/DNA
                   gemaak word

        1.2.5      ŉ Soort nukleïensuur waarop die antikodon vir proteïensintese
                   voorkom
Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                               LEWENSWETENSKAPPE V2                         (SEPTEMBER 2014)

       1.2.6     Chromosoomtoestand van ŉ sel wat slegs ŉ enkele stel
                 chromosome bevat

       1.2.7     Alternatiewe vorm van ŉ geen wat op ooreenstemmende posisies
                 van ŉ homoloë chromosoom voorkom en dieselfde kenmerk
                 beïnvloed

       1.2.8     Teorie wat voorstel dat evolusie nie altyd teen ŉ bestendige tempo
                 voorkom nie, maar in ŉ skielike vlaag na lang tydperke van geen
                 verandering

       1.2.9     Vorming van ŉ nuwe spesie wanneer fisiese versperring ŉ
                 bevolking verdeel

       1.2.10    Die gebruik van tegnologie om die genetiese struktuur van ŉ
                 organisme te verander                                                    (10)

 1.3   Dui aan of elk van die stellings in KOLOM Ι van toepassing is op SLEGS A,
       SLEGS B, BEIDE A en B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie.
       Skryf SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A en B of GEENEEN langs die
       vraagnommer in die ANTWOORDEBOEK neer.

                               KOLOM Ι                             KOLOM ΙΙ
       1.3.1     Die “vader van genetika”                 A:    Charles Darwin
                                                          B:    Rosalind Franklin
       1.3.2     Chromosome wat die geslag van ŉ          A:    Gonosome
                 organisme bepaal                         B:    Outosome
       1.3.3     Voorbeeld(e) van reproduktiewe           A:    Teling gedurende
                 isolasie-meganismes                            verskillende tye van
                                                                die jaar
                                                          B:    Onvrugbare
                                                                nakomelinge
       1.3.4     Die alleel wat slegs sy fenotipiese      A:    Resessief
                 kenmerke kan toon wanneer dit in ŉ       B:    Dominant
                 homosigotiese toestand is
       1.3.5     ŉ Skielike verandering in die volgorde   A:    Kloning
                 van die stikstofbasisse van DNS/DNA      B:    Mutasie
       1.3.6     Fossielbewyse gevind in Etiopië          A:    Ardipithecus spp
                                                          B:    Australopithecus
                                                                boisei
       1.3.7     Behels die beginsel van segregasie       A:    Monohibried
                                                          B:    Dihibried
       1.3.8     Die wetenskaplike(s) wat eerste die      A:    James Watson
                 struktuur van DNS/DNA voorgestel         B:    Francis Crick
                 het
       1.3.9     Organismes het ŉ ingebore drang om       A:    Darwin
                 te verander                              B:    Lamarck
       1.3.10    Stikstofbasisse wat in beide RNS/RNA     A:    Adenien
                 en DNS/DNA aangetref word                B:    Urasiel
                                                                               (10 x 2)   (20)

                                                               TOTAAL AFDELING A:           50
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                  LEWENSWETENSKAPPE V2                                       7

 AFDELING B

 VRAAG 2

 2.1    Die diagram hieronder verteenwoordig ŉ diersel gedurende meiose.
        Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae wat daarop volg.

        2.1.1      Hoeveel homoloë paar chromosome is in die kern in bostaande
                   diagram teenwoordig?                                                      (1)

        2.1.2      Identifiseer die fase wat plaasvind.                                      (1)

        2.1.3      Noem die proses wat in bostaande diagram plaasvind wat nommers
                   3 en 4 behels.                                                            (1)

 2.2    Die eerste 7 stikstofbasisdrietal wat deel vorm van die geenkodering van een
        string van die hemoglobienproteïen waaruit rooibloedliggaampies in die
        mens bestaan, word hieronder aangetoon. Bestudeer die tabel en
        beantwoord die vrae wat volg.

        DNS/DNA
                           SAS      GTG       GAS         TGA   GGA   STS        STS
        Templaat
        Basis-drietal
                             1        2         3          4     5      6          7
        nommers

        2.2.1      Hoeveel van die volgende word voor gekodeer in die DNS/DNA-
                   templaat volgorde hierbo?

                   (a)   Stikstofbasisse                                                     (1)
                   (b)   Verskillende soorte o-RNS-molekules wat benodig word om
                         die polipeptied van die deel van DNS/DNA te vorm                    (1)
                   (c)   Aminosure                                                           (1)

        2.2.2      Skryf neer die b-RNS/RNA volgorde van die basisdrietalle
                   genommer 4, 5 en 6 in bostaande tabel.                                    (3)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                LEWENSWETENSKAPPE V2                       (SEPTEMBER 2014)

       2.2.3     Deur die tabel hieronder te gebruik, bepaal die aminosuurvolgorde
                 wat deur basis-drietalle genommer 4, 5 en 6 gekodeer word.

                      Antikodons op o-RNS/RNA            Aminosure waarvoor
                     wat vir die aminosuur kodeer          gekodeer word
                                  SUS                        Glutamien
                                  GUS                         Histidien
                                  GGA                          Prolien
                                  GAS                         Leosien
                                  UGA                        Threonien
                                  SAS                          Valien                      (3)

       2.2.4     Indien die T in die 6de basis-drietal in die DNS/DNA-templaat hierbo
                 na A verander, skryf die nuwe aminosuur neer waarvoor hierdie 6de
                 drietal nou sal voor kodeer. (Gebruik die tabel hierbo.)                  (1)

 2.3   Die tabel hieronder toon hoe die risiko om ŉ kind met Downsindroom te hê
       verander soos die moeder se ouderdom verander. Bestudeer die tabel en
       beantwoord die vrae wat volg.

        Ouderdom van moeder           Risiko om ŉ kind met Downsindroom te hê
                20                                    1 uit 1 500
                25                                    1 uit 1 300
                30                                     1 uit 900
                35                                     1 uit 350
                40                                     1 uit 100
                45                                     1 uit 30

       2.3.1     Meld die verhouding tussen die ouderdom van die moeder en die
                 risiko om ŉ kind met Downsindroom te hê.                                  (2)

       2.3.2     Hoeveel keer groter is die risiko om ŉ kind met Downsindroom te hê
                 wanneer die moeder 40 is in vergelyking met wanneer sy 30 jaar
                 oud is?                                                                   (2)

       2.3.3     Waarom staan Downsindroom ook as Trisomie-21 bekend?                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                 LEWENSWETENSKAPPE V2                                        9

 2.4    Die diagram hieronder verteenwoordig die skedel van twee organismes; ŉ
        moderne mens en ŉ gorilla. Bestudeer die diagramme wat volgens skaal
        geteken is en beantwoord die vrae wat volg.

        2.4.1      Watter diagram (A of B), verteenwoordig die skedel van ŉ gorilla?         (1)

        2.4.2      Watter organisme (A of B), is bipedaal vir die grootste deel van sy
                   volwasse lewe?                                                            (1)

        2.4.3      Verduidelik DRIE moontlike voordele wat bipedalisme
                   (tweevoetigheid) vir ŉ organisme inhou.                                   (6)

        2.4.4      Noem die wetenskaplike wat die teorie van evolusie deur natuurlike
                   seleksie ontwikkel het.                                                   (1)

        2.4.5      Verduidelik hoe die wetenskaplike, genoem in VRAAG 2.4.4, die
                   ontstaan van lang nekke in kameelperde sou verduidelik het.               (7)

 2.5    Die diagram hieronder toon ŉ filogenetiese stamboom nadat wetenskaplikes
        die mitochondriale DNS/DNA van mense en dié van moderne ape
        geanaliseer het. Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae wat volg.

        2.5.1      Watter spesie is die naaste aan die sjimpansees verwant?                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                              LEWENSWETENSKAPPE V2                            (SEPTEMBER 2014)

       2.5.2     Hoe lank gelede het die gemeenskaplike voorouer van gorillas,
                 sjimpansees en die mens ontstaan?                                             (1)

       2.5.3     Watter spesie is die mees verlangste verwant aan die mens?                    (1)

       2.5.4     Verduidelik waarom die volgende verklaring NIE waar is NIE: “Die
                 mens het uit die sjimpansees ontstaan.”                                      (2)
                                                                                             [40]

 VRAAG 3

 3.1   In muise is die alleel vir rooi pelskleur (R) dominant oor die alleel vir grys
       pelskleur (r). Dit gebeur ook dat alle embrios, wat homosigoties vir die
       dominante faktor is, doodgaan voor geboorte. Indien ŉ kolonie van
       heterosigotiese muise kruisteel en 300 jong lewende muise produseer,
       hoeveel van hierdie nakomelinge sal dan rooi pelse en grys pelse hê?
       Gebruik ŉ genetiese diagram om aan te toon hoe jy by jou antwoord
       uitgekom het.                                                                           (7)

 3.2   Bloedgroepe by die mens word deur veelvuldige allele beheer. Daar is dus
       vier moontlike bloedgroepe: A, AB, B en O. Bestudeer die grafiek hieronder
       wat die persentasie van mense met verskillende bloedgroepe toon en
       beantwoord die vrae wat volg.

       3.2.1     Verduidelik wat bedoel word met veelvuldige allele.                           (2)

       3.2.2     Watter bloedgroep is die minste in voorkoms in die menslike
                 bevolking?                                                                    (1)

       3.2.3     Onlangse bevolkingstatistieke toon dat KwaZulu-Natal ŉ
                 bevolkingsgrootte van ongeveer 9,2 miljoen het. Bereken die aantal
                 mense wat bloedgroep O in KwaZulu-Natal sal hê.                               (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                   LEWENSWETENSKAPPE V2                                      11

 3.3 ŉ Mikro-organisme bevat ŉ geen wat ŉ insekgif produseer. Wetenskaplikes
     het hierdie geen wat die insekgif produseer in koringplante oorgeplaas. Dit
     maak dus geneties-gemanipuleerde (GM) koring.

       Die wetenskaplikes:
       * verbou koringplante met die insektegif-geen op landerye en in kweekhuise
       * verbou koringplante sonder die insektegif-geen op landerye en in
          kweekhuise
       * bereken die opbrengs van al die koringplante

       Die staafgrafiek toon die resultate.

       3.3.1       Wat was die opbrengs van die koring met die insektegif-geen wat in
                   die kweekhuise geproduseer was?                                             (1)

       3.3.2       Wat was die verskil in opbrengs tussen die koring met insektegif-geen
                   en die koring sonder die insektegif-geen wat in die kweekhuise
                   gekweek was? Toon al jou bewerkings.                                        (2)

       3.3.3       Watter advies sal jy aan ŉ boer gee ten opsigte van watter soort
                   koring om op landerye te kweek?                                             (1)

       3.3.4       Gee ŉ rede vir jou antwoord in VRAAG 3.3.3.                                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                 LEWENSWETENSKAPPE V2                      (SEPTEMBER 2014)

 3.4 Die stamboomdiagram hieronder volg die oorerwing van haemofilie in ŉ
     familie. Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae wat volg.

      3.4.1    Hoeveel familielede wat nie deur haemofilie geaffekteer is nie, is
               draers?                                                                      (2)

      3.4.2    Gebruik die moontlike alleel XH ; Xh en Y om die genotipe van elk van
               die volgende te bepaal:

               (a)    Individu 1                                                            (1)

               (b)    Individu 4                                                            (1)

      3.4.3    Verduidelik waarom hierdie afwyking meestal mans affekteer.                  (2)

      3.4.4    Individu 10 en sy vrou, wie ŉ draer is (nie in diagram aangetoon), het
               ŉ seun. Wat is die kanse dat hierdie seun haemofilie sal kry?                (2)

      3.4.5    Stel TWEE redes voor waarom individu 9 en sy maat genetiese
               berading moet ondergaan voordat hulle met ŉ gesin begin.                     (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                   LEWENSWETENSKAPPE V2                                    13

 3.5 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

       Maria het ŉ seun gekry terwyl sy met Sam uitgegaan het. Toe sy hom
       vertel, het hy gesê dat die kind nie syne is nie. Hy beskuldig Maria daarvan
       dat sy ŉ verhouding met sy vriend, Johnny, het. Maria het dit ontken, maar
       Sam wou haar nie glo nie. Maria het ŉ DNS/DNA-toets laat doen nadat die
       baba gebore was om die baba se DNS/DNA met die DNS van Sam, Johnny
       en haarself te vergelyk. Die DNS/DNA-vingerafdrukke toon die
       toetsresultate.

       3.5.1       Verduidelik waarom jy kan sê dat Maria die moeder van die baba is.      (2)

       3.5.2       Vanaf die DNS/DNA-vingerafdrukke, verduidelik wie jy dink die
                   vader van die baba is.                                                  (2)

       3.5.3       (a)   Noem nog ŉ manier hoe vaderskap bewys kan word.                   (1)

                   (b)   Meld waarom dit nie honderd present betroubaar is nie.            (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                      LEWENSWETENSKAPPE V2                        (SEPTEMBER 2014)

 3.6 Bestudeer die volgende diagram wat die uitwerking van DDT op ŉ bevolking
     van muskiete toon en beantwoord die vrae wat volg.

                         Voor plaagdoder-         Na plaagdoder-
                                                                                 Sleutel
                            toediening              toediening
                                                                             Weerstandige
                                                                             muskiet

        Eerste geslag
                                               Oorlewendes van
                                               eerste plaagdoder-
                                               toediening
                                                                             Vatbare
                                                                             muskiet

        Tweede geslag
                                                                             (deur DDT
                                                                             geaffekteer)

                                               Oorlewendes van
                                               tweede plaagdoder-
                                               toediening

      3.6.1             Beskryf die verhouding van fenotipies van die eerste geslag van
                        muskiete:

                        (a)   Voor plaagdodertoediening                                           (1)

                        (b)   Na plaagdodertoediening                                             (1)

      3.6.2             Verduidelik die resultaat van die eerste plaagdodertoediening.            (2)

      3.6.3             Waarom is daar baie muskiete wat meer bestand is in die tweede
                        geslag voor plaagdodertoediening?                                         (2)

      3.6.4             Verduidelik waarom daar nie meer vatbare muskiete in die tweede
                        geslag is nadat die plaagdoder toegedien was nie.                         (2)
                                                                                                 [40]

                                                                    TOTAAL AFDELING B:            80

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                LEWENSWETENSKAPPE V2                                      15

 AFDELING C

 VRAAG 4

 4.1 Daar word vermoed dat die moderne mens geleidelik ontwikkel het van
     aapagtige wesens oor miljoene jare deur spesiasie.

       Verduidelik hoe die verskille in die skedel en ander dele van die skelet van
       primitiewe aap-agtige wesens en moderne mense die idee dat die algemene
       neiging in menslike evolusie in die rigting na tweevoudigheid en ŉ
       verandering in die dieet van rou voedsel na gaar voedsel was.                     (17)
                                                                              Sintese     (3)

       LET WEL:       GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van
                      vloeidiagramme, tabelle of diagramme nie.

                                                            TOTAAL AFDELING C:            20
                                                                GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

## Related documents

- [LFSC P2 GR12 SEPT2014 MEMO ENG](https://www.hlayiso.com/library/lfsc-p2-gr12-sept2014-memo-eng/d86729d1-6d3b-4b93-8c3b-a41c76d8a773) — Life Sciences · Memo · 2014 · Eng
- [Life Sciences P2 Nov 2014 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-nov-2014-eng/aa52a105-471a-45ee-bc58-879c58456d93) — Life Sciences · QP · 2014 · Eng
- [LIFE SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-qp-sept2023-afrikaans/13d7c9c8-15ee-4ae8-9e7d-b86c6cb669b9) — Life Sciences · QP · 2023 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2022 English Final](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-qp-sept2022-english-final/48fd8634-2e51-4ca1-b7e3-df271e86c9ec) — Life Sciences · QP · 2022 · Eng
- [LIFE SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2021 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-qp-sept2021-afr-d/b7cdfe9c-5e90-4696-bc67-e8fca24f68fe) — Life Sciences · QP · 2021 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 QP GR12 SEPT2021 XHOSA D](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-qp-gr12-sept2021-xhosa-d/f43645b2-00fd-4ad4-bdbe-7bc3201c5a62) — Life Sciences · QP · 2021

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
