# Life Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2012 QP

> Grade 11 Life Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2012 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/lfsc-p2-n12-qp-afr/26998dfc-096b-47db-a87b-b2dcbe941645
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2012
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/life-sciences) › [Life Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2012 QP](https://www.hlayiso.com/library/lfsc-p2-n12-qp-afr/26998dfc-096b-47db-a87b-b2dcbe941645)

## About this document

Life Sciences · Grade 11 · Eastern Cape November · 2012. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                  Province of the
                  EASTERN CAPE
                  EDUCATION

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 11

                       NOVEMBER 2012

                LEWENSWETENSKAPPE V2

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                              *LFSCA2*

                   Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                             LEWENSWETENSKAPPE V2                       (NOVEMBER 2012)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur voordat die vrae beantwoord word.

1.    Beantwoord AL die vrae.

2.    Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK neer.

3.    Begin die antwoorde vir elke VRAAG boaan ŉ NUWE bladsy.

4.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik word.

5.    Indien antwoorde NIE volgens die instruksies van elke vraag aangebied
      word nie sal kandidate punte verbeur.

6.    Maak ALLE sketse met potlood en byskrifte met blou of swart ink.

7.    Teken diagramme en vloeidiagramme SLEGS wanneer dit gevra word.

8.    Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
      NIE.

9.    Jy mag NIE grafiekpapier gebruik NIE.

10.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik.

11.   Skryf netjies en leesbaar.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012)                 LEWENSWETENSKAPPE V2                                   3

 AFDELING A

 VRAAG 1

 1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
        Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die
        vraagnommer (1.1.1 – 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
        1.1.11 D.

        1.1.1     Watter van die volgende is NIE van toepassing op virusse nie?

                  A   Hulle is lewende selle wat parasiete is.
                  B   Hulle veroorsaak siektes.
                  C   Hulle is die eenvoudigste bekende organismes.
                  D   Hulle besit die vermoë om voort te plant.

        VRAE 1.1.2 en 1.1.3 is van toepassing op die onderstaande diagram.

        1.1.2     Die funksie van deel genommer A is …

                  A   beweging.
                  B   voeding.
                  C   voortplanting.
                  D   die berging van voedsel.

        1.1.3     Die sigbare eienskap wat dit vir ons moontlik maak om bakterieë te
                  klassifiseer as prokariote is die …

                  A   selwand.
                  B   afwesigheid van ŉ ware selkern.
                  C   granules vir opberging.
                  D   flagellum.

        1.1.4     Bakterieë is patogene omdat hulle …

                  A   prokariotiese organismes is.
                  B   in ŉ simbioties verhouding in die dunderm van soogdiere lewe.
                  C   siektes veroorsaak.
                  D   op dooie organismes voed.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                             LEWENSWETENSKAPPE V2                     (NOVEMBER 2012)

    1.1.5    Die selwande van meeste fungi bestaan hoofsaaklik uit …

             A   chitien.
             B   sellulose.
             C   pektien.
             D   lignien.

    1.1.6    Watter van die volgende vluglose voëls het van ŉ gemeenskaplike
             voorouer op Gondwanaland ontstaan?

             A   Volstruis en Rhea
             B   Emoe en Moa
             C   Volstruis en Emoe
             D   Rhea en Moa

    1.1.7    ŉ Jellievis behoort tot die filum Cnidaria omdat dit …

             A   ŉ eksoskelet van chitien besit.
             B   ŉ vloeistof gevulde seloom het wat as ŉ hidrostatiese skelet
                 dien.
             C   ŉ vloeistof gevulde spysverteringstelsel en mesoglea het wat ŉ
                 hidrostatiese skelet vorm.
             D   geen skelet het.

    1.1.8

             Die diagram hierbo dui aan …

             A   spesies A is ŉ gemeenskaplike voorouer van spesies M, N, O
                 en P.
             B   spesies N en O is die mees naasverwante spesies bekend.
             C   spesies C is die mees onlangse, gemeenskaplike voorouer
                 van spesies O en P.
             D   spesies B is die mees gemeenskaplike voorouer van spesies
                 M en N.

    1.1.9    ŉ Kenmerk van die Chordata is dat hulle …

             A   geen seloom bevat nie.
             B   melkkliere besit.
             C   diploblasties is.
             D   bilateraal simmetries is.

    1.1.10   Die vluglose voël, die rhea, kan in … aangetref word.

             A   Afrika
             B   Suid-Amerika
             C   Australië
             D   Nieu-Seeland                                           (10x2)     (20)

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012)                 LEWENSWETENSKAPPE V2                                        5

 1.2    Gee die korrekte BIOLOGIESE TERM vir elk van die volgende beskrywings.
        Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.9) in die
        ANTWOORDEBOEK neer.

        1.2.1     Die vermoë om teenliggaampies te produseer om siektes te beveg.

        1.2.2     ŉ Plantliggaam wat nie in ware wortels, stingels en blare
                  gedifferensieer kan word nie.

        1.2.3     Organismes met ŉ ware selkern.

        1.2.4     Die vegetatiewe deel van ŉ fungus.

        1.2.5     Eensellige organismes wat kan voorkom as ŉ kokkus, skroef of
                  bacillus-vorm.

        1.2.6     Die graad van ŉ verskeidenheid van organismes in ŉ bepaalde
                  gebied.

        1.2.7     ŉ Organisme wat ŉ siekte dra sonder om deur die siekte
                  geaffekteer te word.

        1.2.8     Die parasitiese protozoa wat malaria veroorsaak.

        1.2.9     Die struktuur met ŉ nukleïensuur kern en ŉ proteïenomhulsel. (9x1)       (9)

 1.3    aan of elk van die stellings in KOLOM Ι van toepassing is op SLEGS A,
        SLEGS B, BEIDE A en B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie. Skryf
        slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer (1.3.1 –
        1.3.8) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                                 KOLOM Ι                            KOLOM ΙΙ
        1.3.1     Aanwesigheid van ŉ proteïenkapsule        A   Virusse
                  en ŉ goed-gestruktureerde nukleus         B   Bakterieë
        1.3.2     ŉ Siekte wat deur bakterieë veroorsaak    A   Cholera
                  word                                      B   Malaria
        1.3.3     Die erdwurm se liggaam bestaan uit …      A   Drie liggaamslae
                                                            B   Segmente
        1.3.4     Plante met naakte sade                    A   Pterofiete
                                                            B   Briofiete
        1.3.5     ŉ Vloeistof gevulde liggaamsholte wat     A   Spysverteringskanaal
                  in sommige diere gevind word              B   Seloom
        1.3.6     Die soort skelet wat ontstaan wanneer     A   Endoskelet
                  spiere teen vloeistowwe in die            B   Hidrostatiese skelet
                  liggaamsholte werk
        1.3.7     Struktuur wat gevorm word wanneer         A   Protallus
                  die spore van ŉ mosplant ontkiem          B   Sporangium
        1.3.8     ŉ Soort ongeslagtelike voortplanting      A   Binêre splitsing
                  waar ŉ enkel sel in twee verdeel          B   Meiose
                                                                                   (8x2)   (16)

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                            LEWENSWETENSKAPPE V2                        (NOVEMBER 2012)

1.4   Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

      1.4.1   In watter jaar was die hoogste aantal TB-gevalle aangemeld?            (1)

      1.4.2   Bereken die totale aantal TB-gevalle in 2003 en 2004.                  (1)

      1.4.3   Watter tendens word deur die data op die grafiek getoon?               (2)

      1.4.4   Stel EEN rede voor waarom hierdie tendens plaasvind.                   (1)

                                                         TOTAAL AFDELING A:           50

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012)                 LEWENSWETENSKAPPE V2                            7

 AFDELING B

 VRAAG 2

 2.1    Die diagram toon ŉ deel van die fungus se lewenssiklus. Bestudeer die
        diagram en beantwoord die vrae wat volg.

        2.1.1     Benoem die dele genommer A, B en C.                           (3)

        2.1.2     Gee TWEE maniere hoe fungi kan voortplant.                    (2)

        2.1.3     Gee DRIE redes waarom fungi biologies belangrik is.           (3)

        2.1.4     Gee TWEE voorbeelde van swamsiekte in plante.                 (2)

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                             LEWENSWETENSKAPPE V2                          (NOVEMBER 2012)

2.2   ŉ Groot aantal sojaboontjie sade (ŉ peulplant) is gedoop in ŉ oplossing van
      stikstofbindende bakterieë en is dan gegroei in sand waar stikstof-
      bevattende verbindings ontbreek. Bondels van plante was met tussenposes
      verwyder en die stikstofinhoud van die nodules (knoppies) en die res van die
      plant is afsonderlik bepaal. Die resultate word in die grafiek wat volg
      aangetoon.

      2.2.1    Wat is die hoeveelheid stikstof in mg per eenheid droë-massa in
               die boontjie plant, insluitend die nodules op dag 120?                    (2)

      2.2.2    Stel ŉ verduideliking vir die toename in die stikstofinhoud van die
               soja-boontjie plant voor.                                                 (3)

      2.2.3    Watter soort verhouding kom voor tussen die bakterieë en soja-
               boontjie plant? Waarom is dit nie ŉ voorbeeld van kommensialisme
               nie?                                                                      (3)

      2.2.4    Verduidelik hoe die stikstofinhoud van die plant kan bydra tot die
               stikstofinhoud van die atmosfeer.                                         (3)

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012)                 LEWENSWETENSKAPPE V2                                     9

 2.3    Leerders wou die effek van verskillende antibiotika op die groei van ŉ sekere
        bakteriese spesies ondersoek. Hulle stel voedings-agar plate op en plaas
        steriele skywe met drie verskillende antibiotika op elk van die plate.
        Bestudeer die diagram en beantwoord die volgende vrae.

        2.3.1     Wat is ŉ antibiotikum?                                                (2)

        2.3.2     Wat is die funksie van die agarplate?                                 (1)

        2.3.3     Noem EEN voorsorgmaatreël wat die leerders sou geneem het om
                  te verseker dat hulle resultate geldig is.                            (1)

        2.3.4     Watter faktore sou deur die leerders tydens die ondersoek konstant
                  gehou word?                                                           (2)

        2.3.5     Gebruik die inligting in die diagram om die resultate van die
                  ondersoek te beskryf.                                                  (3)
                                                                                        [30]

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                           LEWENSWETENSKAPPE V2                       (NOVEMBER 2012)

VRAAG 3

3.1   Bestudeer die diagramme wat verskillende plante illustreer en beantwoord
      die vrae wat volg.

      3.1.1   Identifiseer die groepe waaraan elk van bogenoemde plante
              behoort.                                                               (4)

      3.1.2   Watter van die vier groepe wat in VRAAG 3.1.1 geïdentifiseer …

              (a)   is afhanklik van water vir bevrugting?                           (2)

              (b)   produseer sade vir voortplanting?                                (2)

      3.1.3   Noem DRIE soortgelyke strukturele aanpassings van die protallus
              in varings en die gametofietgenerasie in mosse, wat maak dat hulle
              swak aangepas is vir ŉ terrestriële lewe.                              (3)

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012)                  LEWENSWETENSKAPPE V2                                 11

 3.2    Die diagram hieronder toon ŉ filogenetiese boom van verskillende diere.
        Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae wat volg.

        3.2.1     Watter groep was, volgens hierdie filogenetiese boom, die
                  voorouers van die diereryk?                                         (1)

        3.2.2     Hoeveel diere-filums word op hierdie boom aangetoon?                (1)

        3.2.3     Die eerste groot skeuring in die diereryk was in radiale- en
                  bilaterale simmetrie:

                  (a)   Watter filum vorm nie deel van hierdie splitsing nie?         (1)

                  (b)   Watter filum het radiale simmetrie?                           (1)

        3.2.4     Die tweede split is diere met ŉ seloom en diere sonder ŉ
                  liggaamsholte:

                  (a)   Watter filum het nie ŉ liggaamsholte nie?                     (1)

                  (b)   Watter filum het ŉ pseudo-seloom? Dit beteken dat dit nie ŉ
                        ware liggaamsholte het nie.                                   (1)

        3.2.5     Vanaf die diagram identifiseer DRIE filums wat ŉ ware
                  liggaamsholte asook bilaterale simmetrie het.                       (3)

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                            LEWENSWETENSKAPPE V2                          (NOVEMBER 2012)

3.3   Lees die volgende uittreksel oor elf visvang en beantwoord die vrae wat
      volg.

      Agteruitgang van die Suid-Afrikaanse Elf (Shad) vis:

      Bewaarders dui daarop dat die groottes van die elf skole het kleiner geword
      wat daarop dui dat hulle bevolkingsgroottes afgeneem het. Hulle sê ook
      waar elf so groot as 120 cm gereeld gevang was in die verlede, voorbeelde
      van sulke groottes nou selde te vind is. Hulle beweer dat die afname in
      getalle en groottes van individuele monsters die gevolg is van oor-visvang.
      Die grootte en saklimiete, verkoopregulasies en geslote seisoen is alles
      bedoel om hierdie oorbenutting te voorkom. Daarbenewens, help die geslote
      seisoen (wat ooreenstem met die elf se teelseisoen) die vis om aan te teel.

      Kushengelaars is dit eens dat die grootte en aantal elf afgeneem het, maar
      hulle sê dat die skade veroorsaak word deur kommersiële vissers wat met
      hul groot vistreilers, elf in groot getalle vang. Hulle sê dat selfs al is die
      meeste van die vis (ongeveer 70%) wat deur kushengelaars gevang word,
      elwe is, is dit "niks" in vergelyking met die kommersiële visserman se
      vangste nie. Hulle voel dat die regulasies onregverdig is, want hulle kwota
      van nie meer as vier vis per dag sal hulle lewensbestaan negatief beïnvloed.
                           Aangepas en vryelik vertaal vanuit:africanconservation.org

      3.3.1    Waarom benodig ŉ visserman ŉ visvanglisensie?                             (2)

      3.3.2    Wat is die limiet per visserman vir die vang van elf?                     (1)

      3.3.3    Verduidelik waarom sodanige perke opgelê moet word.                       (3)

      3.3.4    Watter boetes word opgelê aan vissermanne wat hulle nie by hul
               limiete hou nie?                                                          (1)

      3.3.5    Waarom word vissermanne nie toegelaat om vis wat onder ŉ
               sekere grootte is te vang nie?                                            (3)
                                                                                        [30]

                                                           TOTAAL AFDELING B:            60

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012)                    LEWENSWETENSKAPPE V2                                  13

 AFDELING C

 VRAAG 4

 4.1    Bestudeer die tabel van spesiesdiversiteit wat in die verskillende provinsies
        in Suid-Afrika aangetref word en beantwoord die vrae wat volg.

                           Plant- Soogdier-         Voël-      Reptiele-    Amfibia-
        Provinsie
                          spesies spesies          spesies     spesies      spesies
        Oos-Kaap           6 383        156          384          57            51

        Vrystaat           3 001         93          334          47            29

        Gauteng            2 826        125          326          53            25
        KwaZulu-
                           5 515        177          462          86            68
        Natal
        Limpopo            4 239        239          479          89            44

        Mpumalanga         4 593        160          464          82            48

        Noord-Kaap         4 916        139          302          53            29

        Noordwes           2 483        138          384          59            27

        Wes-Kaap           9 489        153          305          52            39

        4.1.1      Watter provinsie het die hoogste aantal soogdierspesies?              (1)

        4.1.2      Watter provinsie het die laagste aantal verskeidenheid van
                   spesies?                                                              (1)

        4.1.3      Watter DRIE gevolgtrekkings kan jy uit hierdie data aflei?            (3)

        4.1.4      Teken ŉ staafgrafiek van slegs die plantspesies vir elke provinsie.   (9)

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                            LEWENSWETENSKAPPE V2                          (NOVEMBER 2012)

4.2   Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

      Nuwe tegnologie lei tot die redding van die antieke
      broodbome.
      deur Stephen Bevan aangepas uit Cape Argus, 19 Maart 2008

      Natuurbewaringsamptenare gebruik mikroskyfies en DNA-tegnologie om die
      antieke broodbome, Suid-Afrika se skaars "lewende fossiele" te beskerm in
      die aangesig van ŉ vlaag diefstalle deur plantesmokkelaars wat dreig om
      uitsterwings te veroorsaak.

      Met hul lang stingels en palmagtige blare wat aanvanklik meer as 300
      miljoen jaar gelede ontstaan het, is broodbome die oudste saadplante op
      Aarde.

      Versamelaars in die VSA en Oos-Asië is bereid om tot R90 000 te betaal vir
      ŉ groot monster van ŉ seldsame spesies, wat ŉ florerende, maar onwettige
      handel in hierdie plante aanmoedig - hetsy uitgeruk uit die natuur, of
      geneem uit natuurreservate en botaniese tuine.

      Om dit te help teenwerk het bewaringsamptenare begin om mikroskyfie-
      transpondeerders in die stamme van hierdie plante in die nasionale
      versamelings in te plant, ten einde die "Groen Skerpioene" - die elite polisie-
      eenheid wat verantwoordelik is vir die handhawing van bewaringswette - te
      help om gesteelde monsters te identifiseer en om hul eienaars op te spoor.

      Vir bykomende beskerming, het hulle ook die plante met ŉ gekodeerde DNA
      "verf" bespuit waar elke lot “verf” ŉ unieke kenmerkende eienskap bevat.

      Dr John Donaldson, voorsitter van die Wêreld Bewaringsunie se
      broodbome-spesialisgroep, het die volgende gesê: "In Suid-Afrika en
      Swaziland kan 60% van die afname in die bevolking van broodbome
      toegeskryf word aan die handel in wilde-versamelde plante." Hy waarsku:
      "Ons is op die punt van die uitsterwing van hierdie plante. Ons het baie
      seldsame plante wat tot minder as 100 individue in die natuur gedaal het.”

      4.2.1    Beskryf die kenmerkende eienskappe van ŉ broodboom.                       (2)

      4.2.2    Wie is die “Groen Skerpioene”?                                            (2)

      4.2.3    Watter metodes was ingestel om Suid-Afrika se broodbome te
               beskerm?                                                                  (2)

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012)                LEWENSWETENSKAPPE V2                                  15

 4.3    Voorste ledemate van soogdiere is gebou op dieselfde patroon, maar het
        verskillende funksies. Bestudeer die diagram van VYF soogdiere en skryf n
        mini-opstel waarin jy die verandering en funksies van hul voorste ledemate
        bespreek. Sluit in jou bespreking Charles Darwin se verduideliking vir die
        verskille in die struktuur van die voorste ledemate van die vyf soogdiere
        alhoewel hulle op dieselfde patroon gebou is.

                                                                         Inhoud      (17)
                                                                        Sintese       (3)
        LET WEL:     GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm
                     van vloeidiagramme of diagramme nie.

                                                           TOTAAL AFDELING C:        40

                                                                 GROOTTOTAAL:        150

## Related documents

- [LFSC P2 N12 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/lfsc-p2-n12-qp-eng/bb2dbc6b-791e-4bee-8ed1-a469fb93256f) — Life Sciences · QP · 2012 · Eng
- [LFSC P2 N12 MEMO Afr](https://www.hlayiso.com/library/lfsc-p2-n12-memo-afr/6cdd78bc-2138-4296-8258-4e4784d697b7) — Life Sciences · Memo · 2012 · Afr
- [LFSC P2 N12 MEMO Eng](https://www.hlayiso.com/library/lfsc-p2-n12-memo-eng/3fa7f3eb-343c-4c3b-a19a-8fa85f8b27ea) — Life Sciences · Memo · 2012 · Eng
- [LFSC-P1-QP-ENG-NOV 2012](https://www.hlayiso.com/library/lfsc-p1-qp-eng-nov-2012/1f6e4c3f-d05e-45b6-93e7-608a3d094686) — Life Sciences · QP · 2012 · Eng
- [LIFE SCIENCES P2 GR11 QP NOV 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr11-qp-nov-2022-afrikaans/1dc5c137-1205-4c5f-93eb-bd628fbe2fcf) — Life Sciences · QP · 2022 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 QP GR11 NOV2020ENG D](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-qp-gr11-nov2020eng-d/19d1d8df-c0d8-47f8-963c-b975379e9946) — Life Sciences · QP · 2020

## More from Grade 11 Life Sciences

- [Gr 11 Life Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-life-sci-atp-2023-24/4ab88214-8173-4f6e-98ea-ab509ada756b) — ATP
- [LEWENSWETENSKAPPE V1 GR11 MEMO NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-gr11-memo-nov2025-afrikaans-watermark/1bdf579b-8063-4dc2-a5bd-522094c45c65) — Memo · 2025 · Afr
- [LIFE SCIENCES P1 GR11 MEMO NOV2025 English watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-gr11-memo-nov2025-english-watermark/595fffde-81ad-4f4d-be06-d944b73bcfd5) — Memo · 2025 · Eng
- [KZN Life Sciences Grade 11 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-life-sciences-grade-11-june-2025-qp-and-memo/31a59d87-a46a-4536-91d0-2fe1264e946a) — QP + Memo · 2025
- [EC Life Sciences Grade 11 June 2024 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-life-sciences-grade-11-june-2024-qp-and-memo/68ed48c4-d02f-4f7f-97fb-736190106d11) — QP + Memo · 2024
- [LIFE SCIENCES P2 GR 11 MEMO NOV2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-life-sciences-2024-eastern-cape-november-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/1768e181-1a1b-418d-890f-2e94f97be7f3) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
