# Life Sciences Grade 11 Eastern Cape November 2012 QP (Afr)

> Grade 11 Life Sciences question paper from the Eastern Cape November 2012 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/lfsc-v1-qp-afr-nov-2012/33699aaf-39da-4947-9fb0-c05a4f0a5d82
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2012
- Exam period: Eastern Cape November
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/life-sciences) › [Life Sciences Grade 11 Eastern Cape November 2012 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/lfsc-v1-qp-afr-nov-2012/33699aaf-39da-4947-9fb0-c05a4f0a5d82)

## About this document

Life Sciences · Grade 11 · Eastern Cape November · 2012. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                  Province of the
                  EASTERN CAPE
                  EDUCATION

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 11

                       NOVEMBER 2012

                LEWENSWETENSKAPPE V1

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                            *LFSCA1*

                    Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                          LEWENSWETENSKAPPE V1                               (NOVEMBER 2012)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies versigtig voor die beantwoording van die vrae.

1.    Beantwoord ALLE vrae.

2.    Skryf AL die antwoorde in jou ANTWOORDEBOEK.

3.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die
      vraestel gebruik is.

4.    Verskaf jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag.

5.    Doen ALLE diagramme in potlood en die byskrifte in blou of swart ink.

6.    Teken diagramme en vloeidiagramme slegs wanneer jy versoek word om dit te
      doen.

7.    Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
      NIE.

8.    Moenie grafiekpapier gebruik nie.

9.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik.

10.   Skryf netjies en leesbaar.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012)                    LEWENSWETENSKAPPE V1                                     3

 AFDELING A

 VRAAG 1

 1.1   Verskeie moontlikhede word as antwoorde vir die volgende vrae gegee.
       Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die
       vraagnommers (1.1.1 – 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer,
       byvoorbeeld 1.1.11 D.

       1.1.1      Watter van die volgende is ŉ funksie van die menslike skelet?

                  A    Produseer hormone.
                  B    Bring gasse in die liggaam in.
                  C    Verwyder afval uit die liggaam.
                  D    Voorsiening van ŉ plek vir die produksie van bloedselle.

       1.1.2      Die ontwikkeling van eko-toerisme en die volhoubare gebruik van
                  ons sensitiewe omgewing moet deur ŉ voorgeskrewe beginsels
                  beheer word. Watter EEN van die volgende is nie ŉ voorgeskrewe
                  beginsel vir toeroperateurs, bestuurders en toeriste nie?

                  A    Minimaliseer die impak op die omgewing.
                  B    Ontwikkel omgewings- en kulturele bewustheid en respek vir
                       die plaaslike bevolking.
                  C    Verskaf maksimum finansiële voordele vir toeroperateurs en
                       moedig die plaaslike bevolking aan om as vrywilligers by die
                       ekologiese sensitiewe plekke op te tree.
                  D    Verskaf positiewe ervarings vir beide besoekers en gashere.

       1.1.3      Vir elke kilometer wat ŉ motor ry, word gemiddeld 3 liter
                  stikstofoksied en 20 liter koolstofmonoksied en lood geproduseer.
                  Daar is egter ŉ jaarlikse toename in die getal motors in ons strate en
                  gevolglik die vrystelling van giftige gasse. Die vrystellingsvlakke kan
                  verlaag word deur ...

                  A    van openbare vervoer gebruik te maak.
                  B    motors as ŉ weeldeartikel te klassifiseer en groter verkoops-
                       belasting op motors te hef.
                  C    die belasting op petrol en diesel te verdubbel.
                  D    gratis gasmaskers aan voetgangers te voorsien.

       1.1.4      Afvalproduksie kan verminder word deur ...

                  A    herverpakte produkte te koop.
                  B    deur daagliks weggooibare borde, koppies en eetgerei te koop.
                  C    jou eie mandjie of herbruikbare plastieksakke na ŉ
                       inkopiesentrum te neem.
                  D    sleg die een kant van die papier vir afdrukke in die kantoor en
                       by die skool te gebruik.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                       LEWENSWETENSKAPPE V1                              (NOVEMBER 2012)

    1.1.5   Toename in die bevolking asook verstedeliking het tot ŉ dramatiese
            toename in die volume afval wat deur stede gegenereer word gelei.
            Huidiglik word baie munisipaliteite van swak afvalbestuur beskuldig
            vanweë ...
            A    droogte en ŉ tekort aan water om stede skoon te maak.
            B    ŉ tekort aan arbeid.
            C    oneffektiewe versamelmetodes as gevolg van ŉ tekort aan
                 fondse om die nodige masjinerie en voertuie te voorsien.
            D    ŉ nuwe inisiatief om sleutel verantwoordelikhede oor te dra en
                 met die publiek te deel.
    1.1.6   Watter EEN van die volgende stellings is verkeerd ten opsigte van
            bewaring?
            A    Beskerming van slegs die gewenste- en bruikbare organismes
                 en die uitwissing van die res van die organismes in ŉ
                 ekosisteem.
            B    Bestuur van die menslike aktiwiteite ten einde die voordele vir
                 die mens in die omliggende ekosisteem te maksimaliseer.
            C    Minimalisering van skade aan die ekosisteem en die
                 rehabilitasie van ekosisteme wat beskadig is.
            D    Verantwoordelik vir die ontwikkeling en implementering van
                 strategieë om biodiversiteit te verhoog.
    1.1.7   Die onderstaande spotprent beklemtoon die etiese dilemma ten
            opsigte van die produksie van biobrandstof as ŉ omgewings-
            vriendelike alternatiewe energiebron.

                 [Gebruik met toestemming van Mnr. Cuan Miles, Daily Dispatch]
            Die produksie van biobrandstof vanaf ŉ stapelvoedsel ...

            A     vernietig die landbou-industrie en maak die boere baie arm.
            B     sal die petroleumproduserende lande aanmoedig om hulle
                  produksie te verhoog en die brandstofprys te verlaag.
            C     sal die aanvraag vir biobrandstof en die aanvraag vir graan
                  verhoog en daarom sal die voedsel baie duur word en tot ŉ
                  akute tekort in die stapelvoedsel van gewone mense lei.
            D     sal tot ŉ toename in die vrystelling van koolstof lei.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012)                     LEWENSWETENSKAPPE V1                                    5

        1.1.8      By sekere mense produseer die liggaam te veel uriensuur. Die
                   uriensuur versamel in die vorm van kristalle in die gewrigte en
                   veroorsaak pyn. Hierdie toestand is bekend as ...
                   A    ragitis.
                   B    artritis.
                   C    jig (gout).
                   D    osteoporose.
        1.1.9      Die teenwoordigheid van EEN van die volgende koolhidrate is vir
                   die verdikking van die wande van die xileemvate verantwoordelik.
                   A    Chitien
                   B    Sellulose
                   C    Stysel
                   D    Lignien
        1.1.10     Spatare ontstaan in sekere mense as gevolg van ...
                   A    foutiewe bloedkapillêres.
                   B    swak halfmaanvormige kleppe in hulle are.
                   C    swak halfmaanvormige kleppe in hulle slagare.
                   D    foutiewe bikuspidale kleppe in die hart.                (10 x 2)   (20)
 1.2    Voorsien die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
        Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.9) in die
        ANTWOORDEBOEK NEER.

        1.2.1     Selle wat vir beenvorming verantwoordelik is

        1.2.2     Vloeistof wat gewrigte smeer

        1.2.3     Die proteïen wat deel van die matriks van kraakbeen vorm

        1.2.4     Die klep wat tussen die regter atrium en die regter ventrikel voorkom

        1.2.5     Die bloedvat wat geabsorbeerde voedingstowwe vanaf die dunderm
                  na die lewer vervoer.

        1.2.6     Die toestand wat as gevolg van ŉ skielike tekort aan suurstof in die
                  brein ontstaan

        1.2.7     Kanker van die witbloedselle of leukosiete

        1.2.8     Die druk in die bloedvate wanneer die hart saamtrek

        1.2.9     Vrystelling van druppels vloeistof vanaf die klein openinge
                  (hidatodes) op die blaarrante                                  (9 x 1)    (9)

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                         LEWENSWETENSKAPPE V1                             (NOVEMBER 2012)

1.3   Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I van toepassing is op slegs A,
      slegs B, beide A en B of geeneen van die items in KOLOM II. Skryf
      slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommers
      (1.3.1 – 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                  KOLOM Ι                                KOLOM ΙΙ
      1.3.1   Die weefsel wat            A.    Xileem
              organiese voedsel in die
              plant vervoer              B.    Floëem
      1.3.2   Die opening aan die        A.    Orbitale holte
              basis van die skedel
              waardeur die               B.    Foramen magnum
              spinalekoord binnegaan
      1.3.3   Die tipe gewrig tussen     A.    Glygewrig
              die atlas en die aksis
                                         B.    Skarniergewrig
      1.3.4   Die vloeistof wat die      A.    Bloed
              liggaamselle omspoel
                                         B.    Weefselvloeistof
      1.3.5   Die weefsel wat alle       A.    Endoteel
              bloedvate uitvoer
                                         B.    Epiteel
      1.3.6   Die streek van die nier    A.    Korteks
              waarin die liggaampies
              van Malphigi geleë is      B.    Medulla
                                                                          (6 x 2)   (12)

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012)                     LEWENSWETENSKAPPE V1                               7

1.4    Die onderstaande diagramme toon VIER verskillende mediese prosedures wat
       uitgevoer word om sekere gesondheidprobleme op te los. Bestudeer die
       diagramme en beantwoord die daaropvolgende vrae.

       1.4.1      Benoem die mediese prosedures wat hierbo in elkeen van die
                  diagramme, genommer 1 tot 4, geïllustreer word.                      (4)

       1.4.2      Watter gesondheidsprobleme sal herstel word deur bogenoemde
                  mediese prosedures uit te voer? Skryf jou antwoorde langs die
                  ooreenstemmende diagramnommer neer.                                  (4)

       1.4.3      Die mediese prosedure wat in Diagram 3 uitgevoer word is nie ŉ
                  permanent oplossing vir die probleem nie. Wat sal die uiteindelike
                  prosedures wees om die probleem op te los?                           (1)

                                                                 TOTAAL AFDELING A:    50

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                          LEWENSWETENSKAPPE V1                                (NOVEMBER 2012)

AFDELING B

VRAAG 2

2.1   ŉ Leerling by Njokweni Hoërskool het ŉ eksperiment uitgevoer om te bepaal
      watter weefsel vir die vervoer van water in die plant verantwoordelik is. Hy het
      ŉ eksperiment soos in die onderstaande diagram getoon, opgestel. Drie ure
      later het hy ŉ dwarssnit deur die dele wat A en B gemerk is, gemaak en die
      weefsels noukeurig deur ŉ mikroskoop bestudeer. Diagram 1 en Diagram 2
      illustreer sy mikroskopiese waarneming.

      2.1.1   Formuleer ŉ toepaslike hipotese vir hierdie eksperiment.                      (1)

      2.1.2   Verskaf enige TWEE stappe waaraan daar tydens die beplanningsfase
              van hierdie eksperiment aandag gegee moet word.                               (2)

      2.1.3   Het die leerling ŉ monokotiele- of dikotiele plant vir die uitvoering van
              hierdie eksperiment gebruik? Verskaf TWEE waarneembare
              uitwendige eienskappe om jou antwoord te ondersteun.                          (3)

      2.1.4   Waarom is eosien in hierdie eksperiment gebruik?                              (1)

      2.1.5   Watter weefsels was verkleur?                                                 (1)

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012)                    LEWENSWETENSKAPPE V1                                 9

        2.1.6     Pas Diagram 1 en Diagram 2 korrek by die plantdele wat
                  onderskeidelik A en B gemerk is?                                     (2)

        2.1.7     Tabuleer enige DRIE waarneembare anatomiese verskille wat ŉ
                  dikotiele wortel van ŉ dikotiele stingel onderskei.                  (7)

        2.1.8     Wat was ŉ moontlike gevolgtrekking vir hierdie eksperiment?          (2)

 2.2    Bestudeer die onderstaande spotprent en beantwoord die daaropvolgende
        vrae.

                                     [Gebruik met toestemming van www.zapiro.com]

        2.2.1     Watter dier word in die spotprent deur die helikopter vervang?       (1)

        2.2.2     Noem die menslike aktiwiteit wat die voortbestaan van die dier wat
                  in VRAAG 2.2.1 genoem is, bedreig.                                   (1)

        2.2.3     Watter liggaamsdeel van die dier wat in VRAAG 2.2.1 genoem is
                  word as ŉ eksotiese seksstimulant beskou?                            (1)

        2.2.4     Noem, met verwysing na die spotprent, ŉ ander dier wat deur
                  dieselfde uitdaging vir oorlewing bedreig word.                      (1)

        2.2.5     Noem EEN verskil tussen uitdunning en die menslike aktiwiteit wat
                  in VRAAG 2.2.2 genoem word.                                          (1)

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                        LEWENSWETENSKAPPE V1                            (NOVEMBER 2012)

2.3   Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die daaropvolgende
      vrae.

      2.3.1   Wat is die neiging ten opsigte van die aarde se lugtemperatuur soos
              dit in die bostaande grafiek waargeneem kan word?                      (1)

      2.3.2   As wat staan hierdie fenomeen bekend?                                  (1)

      2.3.3   Verskaf TWEE moontlike redes vir die bostaande fenomeen se
              voorkoms.                                                              (2)

      2.3.4   Noem enige TWEE uitwerkings van hierdie fenomeen.                      (2)
                                                                                    [30]

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012)                    LEWENSWETENSKAPPE V1                                  11

 VRAAG 3

 3.1    Bestudeer die onderstaande diagram en beantwoord die daaropvolgende
        vrae.

                              [Bron: British Journal of Diabetes and Vascular Disease]

        3.1.1     Watter bevolkingsgroep is meer as enige ander etniese groep, wat
                  in die bostaande ondersoek bestudeer is, aan hartsiektes
                  onderhewig?                                                            (1)

        3.1.2     Noem enige TWEE moontlike risiko faktore wat tot hartsiektes
                  bydra.                                                                 (2)

        3.1.3     Watter bevolkingsgroep toon volgens die ondersoek die laagste
                  sterftesyfer vanweë hartsiektes?                                       (1)

        3.1.4     Noem die hartspier wat tydens kardiale infarksie beskadig en
                  disfunksioneel raak. Verskaf ŉ moontlike rede vir jou antwoord.        (2)

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                        LEWENSWETENSKAPPE V1                               (NOVEMBER 2012)

3.2   Bestudeer die volgende koerant-uittreksel oor waterkwaliteit in Port Alfred en
      beantwoord die onderstaande vrae.

      Die oormatige groei van alge in ŉ Port Alfredse opgaardam het tot ŉ
      muwwe, modderige reuk in die water gelei. Volgens deskundiges het
      seisoenale temperatuursveranderinge veroorsaak dat die alge verrot en ŉ
      slegte reuk afgee.

      STINKENDE OORTREDER: Slym groen monster van die dieptes,
      Christiaan, ‘Hulk’, van der Merwe, 21, skeer die gek met verrottende alge
      wat in die Port Alfred opgaardam verkry is.
                                 [Daily Dispatch Nuus, Dinsdag, November 8, 2011]

      3.2.1   Noem die term wat gewoonlik vir die beskrywing van oormatig alg
              groei in ŉ dam gebruik word.                                              (1)

      3.2.2   Watter proses is vir die fenomeen, wat in VRAAG 3.2.1 genoem
              word, verantwoordelik?                                                    (1)

      3.2.3   Noem:

              (a)   enige TWEE moontlike oorsake en                                     (2)

              (b)   DRIE gevolge van die proses wat in VRAAG 3.2.2 genoem
                    word.                                                               (3)

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012)                     LEWENSWETENSKAPPE V1                                13

 3.3    Die volgende diagram verteenwoordig die menslike bekkengordel.
        Bestudeer die diagram en beantwoord die onderstaande vrae.

        3.3.1     Benoem dele A en D.                                                   (2)

        3.3.2     Watter tipe gewrig word by die dele, wat onderskeidelik B en C
                  gemerk is, gevind?                                                    (2)

        3.3.3     Verskaf EEN verskil tussen die gewrig by C en die
                  ooreenstemmende gewrig by die pektorale gordel.                       (1)

        3.3.4     By baie middeljarige en ouer vroue raak die deel wat A gemerk is
                  geleidelik poreus en bros.

                  (a)   Benoem die toestand.                                            (1)

                  (b)   Verskaf ŉ moontlike rede vir die fisiese agteruitgang van die
                        been.                                                           (1)

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                        LEWENSWETENSKAPPE V1                             (NOVEMBER 2012)

3.4   Bestudeer die volgende koerantartikel en beantwoord die onderstaande
      vrae.

                                 Staat stoot mens uit

       Buitelandse maatskappy maak wins uit tradisionele “muti” medisyne

                                    deur Ray Hartle

      Die Suid-Afrikaanse regering word daarvan beskuldig dat hulle ŉ
      gemeenskap van Alice tot voordeel van ŉ Duitse maatskappy geïgnoreer het
      deur voort te gaan met die oes en bemarking van plante.

      Die Duitse maatskappy Schwabe Pharmaceuticals, verdien tot R800-miljoen
      per jaar met die verkope van medisyne wat van die plant Pelargonium
      sidoides of umckaoabo vir homeopatiese verbruikers in Europa onttrek
      word.

      Pelargonium is histories deur Suid-Afrikaanse gemeenskappe vir algemene
      hoes, verkoue, respiratoriese infeksies, TB, en verskeie ander bakteriese-,
      virale- en parasitiese infeksies gebruik. Plaaslike mense kan ŉ
      hoesmengsel maak deur ŉ stukkie plantwortel te week en dit dan pap te
      druk in ŉ glas water. Hierdie mengsel word dan twee maal per dag gedrink
      totdat die hoes op hou.

      Die maatskappy Schwabe betaal Suid-Afrikaanse verskaffers van
      pelargonium omtrent 8c vir genoeg van die plant om 100 mℓ van die
      medisyne te maak, terwyl plaaslike oesversamelaars selfs minder as dit kry.
      Die maatskappy maak tot R116 wins op elke bottel.

      Ironies is die maatskappy deur die post-apartheidsregering toegelaat om
      pelargonium plante in die Seymour en Balfour areas onder die Ciskei Natuur
      Bewaringswet te versamel. Die verkope van die medisyne het oor die
      afgelope ses jaar met 100% toegeneem met die toenemende oes van die
      wilde plante in die Oos-Kaap.

      Volgens die African Centre for Bio-Safety, ŉ Johannesburg gebaseerde
      organisasie, is meer as 70% van die Suid-Afrikaanse bevolking van
      inheemse plante vir hulle gesondheidsbehoeftes afhanklik.

      In Grahamstad is 14 000 hektaar grond volgens ŉ verslag, van ŉ provinsiale
      bewaringsbeampte in 2009, van Pelargonium gestroop deur onwettige en
      nie-volhoubare oes van die wilde plante.

      Die beampte het rapporteer dat meer as 330 miljoen plante oor ŉ periode
      van agt jaar uitgehaal is.

      [Aangepas/vryelik vertaal en aangepas van ŉ artikel wat op 4 Oktober
      2011 in die Daily Dispatch koerant gepubliseer is.]

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012)                    LEWENSWETENSKAPPE V1                                     15

        3.4.1     Verskaf die wetenskaplike naam van die inheemse plant met
                  medisinale eienskappe.                                                     (1)

        3.4.2     Noem enige TWEE menslike siektes wat effektief met die medisyne
                  behandel kan word.                                                         (2)

        3.4.3     Watter deel van die plant word algemeen vir behandeling gebruik?           (1)

        3.4.4     Buitelandse multinasionale maatskappye is geneig om landelike
                  gemeenskappe te misbruik om groot wins te maak. Verskaf bewyse
                  van uitbuiting van inheemse kennis en hulpbronne om wins te maak
                  vanuit die bostaande artikel.                                              (2)

        3.4.5     Onbeheerde misbruik van medisinale plante kan binne ŉ kort
                  periode tot die uitwissing van hierdie plante lei. Hierdie moontlikheid
                  kan ŉ realiteit in die Oos-Kaap word. Ondersteun hierdie stelling
                  deur toepaslike feite uit die bostaande artikel neer te skryf.             (2)

        3.4.6     Verskaf TWEE voorstelle vir die volhoubare gebruik van medisinale
                  plante in Suid-Afrika.                                                     (2)
                                                                                            [30]

                                                                TOTAAL AFDELING B:           60

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                         LEWENSWETENSKAPPE V1                              (NOVEMBER 2012)

AFDELING C

VRAAG 4

4.1 ŉ Verslag deur die Omgewingsbeskermings Eenheid (VSA) toon ŉ
    samestelling van munisipale vaste afval voor hersirkulering.

             2010 Totale vaste munisipale afvalproduksie. (deur materiaal)
             250 miljoen ton (Voor hersirkulasie)

                  Afval-item                         Persentasie van afval
     Tuinafval                                               13,4
     Voedselafval                                            13,9
     Papier en karton                                        28,5
     Plastiek                                                12,4
     Metaal                                                  9,0
     Rubber, leer en tekstiel                                8,4
     Hout                                                    6,4
     Glas                                                    4,6
     Ander                                                   3,4

     4.1.1    Bestudeer die bostaande inligting en teken ŉ sirkelgrafiek wat die
              inligting verteenwoordig. Toon al jou berekeninge.                      (12)

     4.1.2    Noem DRIE nie-bioafbreekbare items van die bostaande tabel.              (3)

     4.1.3    Watter proses kan gebruik word om items soos tuinafval,
              voedselafval en hout na bruikbare neweprodukte vir gewasverbouing
              te verander?                                                             (1)

     4.1.4    Noem enige VIER gevolge van swak huishoudelike afvalbestuur.             (4)

4.2 Skryf ŉ kort opstel waarin jy die homeostatiese funksionering van die nefron
    verduidelik in ŉ geval waar ŉ persoon aan dehidrasie lei.
     L.W. Geen vloeidiagram kan as ŉ opstel aanvaar word nie.                         (17)

                                                                          (Sintese)    (3)

                                                           TOTAAL AFDELING C:           40

                                                                 GROOTTOTAAL:         150

## Related documents

- [LFSC-P1-QP-ENG-NOV 2012](https://www.hlayiso.com/library/lfsc-p1-qp-eng-nov-2012/1f6e4c3f-d05e-45b6-93e7-608a3d094686) — Life Sciences · QP · 2012 · Eng
- [LFSC P2 N12 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/lfsc-p2-n12-qp-eng/bb2dbc6b-791e-4bee-8ed1-a469fb93256f) — Life Sciences · QP · 2012 · Eng
- [LFSC P2 N12 MEMO Afr](https://www.hlayiso.com/library/lfsc-p2-n12-memo-afr/6cdd78bc-2138-4296-8258-4e4784d697b7) — Life Sciences · Memo · 2012 · Afr
- [LFSC P2 N12 MEMO Eng](https://www.hlayiso.com/library/lfsc-p2-n12-memo-eng/3fa7f3eb-343c-4c3b-a19a-8fa85f8b27ea) — Life Sciences · Memo · 2012 · Eng
- [LIFE SCIENCES P1 QP GR11 NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-qp-gr11-nov2022-afrikaans/28f8e037-0338-4732-a6d2-f84e1691873e) — Life Sciences · QP · 2022 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 GR11 QP NOV 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr11-qp-nov-2022-afrikaans/1dc5c137-1205-4c5f-93eb-bd628fbe2fcf) — Life Sciences · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 11 Life Sciences

- [Gr 11 Life Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-life-sci-atp-2023-24/4ab88214-8173-4f6e-98ea-ab509ada756b) — ATP
- [LEWENSWETENSKAPPE V1 GR11 MEMO NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-gr11-memo-nov2025-afrikaans-watermark/1bdf579b-8063-4dc2-a5bd-522094c45c65) — Memo · 2025 · Afr
- [LIFE SCIENCES P1 GR11 MEMO NOV2025 English watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-gr11-memo-nov2025-english-watermark/595fffde-81ad-4f4d-be06-d944b73bcfd5) — Memo · 2025 · Eng
- [KZN Life Sciences Grade 11 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-life-sciences-grade-11-june-2025-qp-and-memo/31a59d87-a46a-4536-91d0-2fe1264e946a) — QP + Memo · 2025
- [EC Life Sciences Grade 11 June 2024 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-life-sciences-grade-11-june-2024-qp-and-memo/68ed48c4-d02f-4f7f-97fb-736190106d11) — QP + Memo · 2024
- [LIFE SCIENCES P2 GR 11 MEMO NOV2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-life-sciences-2024-eastern-cape-november-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/1768e181-1a1b-418d-890f-2e94f97be7f3) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
