# Life Sciences Grade 12 Eastern Cape Mock 2012 QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2012 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/lfsc-v2-gr12-sep2012-qp-afr/6efa732f-c004-471e-bddd-512d3771aff4
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2012
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 Eastern Cape Mock 2012 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/lfsc-v2-gr12-sep2012-qp-afr/6efa732f-c004-471e-bddd-512d3771aff4)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2012. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                  Province of the
                  EASTERN CAPE
                  EDUCATION

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2012

                LEWENSWETENSKAPPE V2

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                   Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                          LEWENSWETENSKAPPE                            (SEPTEMBER 2012)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur voordat die vrae beantwoord word.

1.   Beantwoord AL die vrae.

2.   Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK neer.

3.   Begin die antwoorde vir elke VRAAG boaan ŉ NUWE bladsy.

4.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik word.

5.   As jou antwoorde NIE volgens die instruksies van elke vraag aangebied
     word NIE, sal kandidate punte verloor.

6.   Maak ALLE sketse met potlood en byskrifte met blou of swart ink.

7.   Teken diagramme en vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.

8.   Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
     NIE.

9.   Jy mag NIE grafiekpapier gebruik NIE.

10. Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik.

11. Skryf netjies en leesbaar.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)                  LEWENSWETENSKAPPE V2                                 3

 AFDELING A

 VRAAG 1

 1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
        Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die
        vraagnommer (1.1.1 – 1.1.9) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
        1.1.10 D.

        1.1.1      ŉ Organisme waarin of waarop ŉ ander organisme lewe en dien as
                   voedsel.

                   A    Gasheer
                   B    Prooi
                   C    Roofdier
                   D    Produseerder

        1.1.2      In die onderstaande diagram word die neurotransmitters voorgestel
                   deur letter …

                   A    Z
                   B    X
                   C    W
                   D    Y

        1.1.3      Die voordeel van ŉ refleksboog op reaksie van ŉ pynlike stimulus,
                   is dat dit die reaksietyd verminder deur die … te omseil.

                   A    motoriese senuwees
                   B    brein
                   C    sensoriese senuwees
                   D    rugmurg

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                        LEWENSWETENSKAPPE                           (SEPTEMBER 2012)

    1.1.4   In die skets is daar perdeby papies vasgeheg aan die ruspe wat
            sal uitbroei en dan die ruspe eet. Hierdie verhouding is ŉ
            voorbeeld van …

            A   mutualisme
            B   kommensalisme
            C   parasitisme
            D   geslagtelike seleksie

    1.1.5   Hierdie saam leef verhouding van ŉ verskeidenheid van Warbler
            (Fluiter/Sanger) spesie word genoem ....

            A   bron verdeling
            B   mededingende uitsluiting
            C   predasie
            D   mutualisme

    1.1.6   Die tempo waarteen nuwe individue tot 'n bevolking deur middel
            van voortplanting bygevoeg word.

            A   nataliteit
            B   mortaliteit
            C   immigrasie
            D   emigrasie

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)                  LEWENSWETENSKAPPE V2                                         5

        1.1.7      Die fase tydens 'n logistiese groeivorm waar die bevolking stadig
                   groei soos dit aanpas by die plek waar dit leef.

                   A    Logaritmiese fase
                   B    Ewewigsfase
                   C    Sloerfase
                   D    Sterfte fase

        1.1.8      Om die bevolkingsdigtheid van Monarch skoenlappers, wat 'n
                   spesifieke park beset, te bepaal, is 100 skoenlappers gevang,
                   gemerk met 'n klein kolletjie op 'n vlerk, en dan vrygelaat. Die
                   volgende dag is 'n ander 100 skoenlappers gevang insluitend 20
                   van die gemerkte skoenlappers. ŉ Mens sou die bevolking korrek
                   skat as…

                   A    100
                   B    200
                   C    20
                   D    500

        1.1.9      Dravermoë …

                   A     verskil tussen die verskillende spesies, maar verskil nie binne
                        'n gegewe spesie nie.
                   B     word altyd binne ŉ bevolking geraak
                   C     bly konstant in alle omgewings.
                   D     word altyd deur hulpbron tekorte gemeet                  (9 x 2)   (18)

 1.2    Gee die korrekte BIOLOGIESE TERM vir elk van die volgende
        beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.9)
        in die ANTWOORDEBOEK neer.

        1.2.1      Die klierweefsel wat die binnekant van die baarmoeder uitvoer.

        1.2.2      ŉ Dier wat plante eet.

        1.2.3      ŉ Dier wat ander diere jag, vang en doodmaak.

        1.2.4      Die proses wat plaasvind wanneer ŉ vroulike en ŉ manlike gameet
                   saam smelt om ŉ sigoot te vorm.

        1.2.5      Die verhouding tussen twee organismes waar een of albei
                   bevoordeel word.

        1.2.6      Die aantal individue van dieselfde spesies wat ŉ spesifieke gebied
                   bewoon en wat in staat is om te kan kruisteel.

        1.2.7      Die metode wat gebruik word om die menslike bevolkingsgrootte te
                   bepaal.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                          LEWENSWETENSKAPPE                             (SEPTEMBER 2012)

      1.2.8   Die bakterieë en swamme wat dooie organiese materiaal afbreek
              en die verkrygende anorganiese materiaal gebruik as voedsel.

      1.2.9   Kompetisie tussen verskillende spesies vir dieselfde hulpbron.          (9)

1.3   Dui aan of elk van die stellings in KOLOM Ι van toepassing is op SLEGS A,
      SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie.
      Skryf SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN langs die
      vraagnommer in die ANTWOORDEBOEK neer.

                          KOLOM Ι                           KOLOM ΙΙ
      1.3.1   Verantwoordelik vir               A.    Gibberelliene
              selverlenging in jong stingels    B.    Ouksiene
      1.3.2   Die deel van die senuweestelsel   A.    Simpatiese
              wat onwillekeurige aktiwiteite          senuweestelsel
              van die liggaam beheer            B.    Parasimpatiese
                                                       senuweestelsel
      1.3.3   Uitwaartse beweging van           A.    Emigrasie
              individue uit ŉ bepaalde gebied   B.    Migrasie
      1.3.4   Area van die retina wat slegs     A.    Geelvlek
              stafies bevat                     B.    Blindekol
      1.3.5   Voorbeeld van sosiale             A.    Verdeling van arbeid in
              organisasie wat die kanse op             bye
              oorlewing verhoog                 B.    'n Trop sebras
      1.3.6   Briofiete verskil van die         A.    Homospore
              angiosperme, want hulle het       B.    Heterospore
      1.3.7   Die rol van ŉ spesie binne die    A.    Habitat
              struktuur en funksie van ŉ        B.    Nis
              ekosisteem
      1.3.8   ŉ Bosluis op die menslike vel     A.    Endoparasiet
                                                B.    Ektoparasiet
                                                                          (8 x 2)   (16)

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)                 LEWENSWETENSKAPPE V2                                   7

 1.4    Suksessie is 'n reeks van veranderinge in die omgewing wat voorkom in
        alle ekosisteme. In die diagram hieronder, het 'n ekosisteem deur vier
        fases gegaan. Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae wat volg.

        1.4.1      Skryf die letters van die damme in orde vanaf die jongste
                   (pioniers gemeenskap), tot die oudste (klimaks gemeenskap).        (4)

        1.4.2      Sommige amfibieë en kreef kan periodes van droogte weerstaan
                   deur hulself in die modder te begrawe. In watter dam(me) sou
                   hulle dit oorleef?                                                 (1)

        1.4.3      Swartbaars en Bluegill (vis tipes) maak hulle neste op sanderige
                   bodems. In watter dam sou jy hulle aantref?                        (1)

        1.4.4      Toon die bostaande diagramme, primêre- of sekondêre
                   suksessie aan?                                                     (1)

                                                           TOTAAL AFDELING A:         50

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                           LEWENSWETENSKAPPE                            (SEPTEMBER 2012)

AFDELING B

VRAAG 2

2.1   Die diagram toon ŉ gedeelte van die menslike vroulike voortplantingstelsel.
      Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae wat volg.

                    Diagram wat ŉ fetus in die baarmoeder voorstel

      2.1.1   Skryf slegs die NOMMER wat die volgende dele voorstel neer.

              (a)    die amnion                                                       (1)

              (b)    die chorion                                                      (1)

      2.1.2   Watter stof word in die spasie tussen die embrio en die deel
              genommer 3, gevind?                                                     (1)

      2.1.3   Gee TWEE funksies van die stof wat na verwys word in
              VRAAG 2.1.2.                                                            (2)

      2.1.4   Identifiseer die deel genommer 1.                                       (1)

      2.1.5   Gee TWEE funksies van die deel genommer 1.                              (2)

      2.1.6   Identifiseer die deel genommer 4.                                       (1)

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)                   LEWENSWETENSKAPPE V2                                  9

 2.2    Die diagram hieronder dui die posisie van die menslike endokriene kliere
        aan. Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae wat volg.

        2.2.1      Identifiseer die dele gemerk A, B en C.                             (3)

        2.2.2      Skryf slegs die LETTER neer van die deel wat:

                   (a)   jodium benodig vir normale funksionering                      (1)

                   (b)   die vrystelling en funksies beheer van ander endokriene
                         kliere.                                                       (1)

        2.2.3      Beskryf die negatiewe terugkoppelings meganisme in die interaksie
                   tussen dele A en B.                                                 (4)

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                          LEWENSWETENSKAPPE                              (SEPTEMBER 2012)

2.3   Die volgende diagram toon die membraanagtige labirint van die inwendige
      oor. Bestudeer die diagram en beantwoord die volgende vrae.

      2.3.1   Verskaf byskrifte vir dele A tot F.                                       (6)

      2.3.2   Noem die stimulus wat tot 'n impuls omgesit word deur haarselle in
              elk van die volgende:

              (a)   deel gemerk B                                                       (1)

              (b)   deel gemerk C                                                       (1)

              (c)   deel gemerk E                                                       (1)

      2.3.3   Hoe word deel F beskerm?                                                  (1)

      2.3.4   Noem die streek van die brein wat impulse interpreteer wat
              voortspruit uit die:

              (a)   deel gemerk C.                                                      (1)

              (b)   deel gemerk E.                                                     (1)
                                                                                      [30]

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)                    LEWENSWETENSKAPPE V2                               11

 VRAAG 3

 3.1    Vir elke reproduktiewe strategie wat hieronder gelys word, beskryf hoe dit
        die suksesvolle voortplanting van die dier verhoog.

        3.1.1 Poue pronk met hul stertvere uitgewaaier (uitgesprei).                  (2)

        3.1.2 Akkedisse lê amniotiese eiers.                                          (2)

        3.1.3 ŉ Kabeljou lê 4 miljoen eiers per jaar.                                 (2)

        3.1.4 Seekastaiings in ŉ kolonie stel chemikalieë genoem feromoon in die
              omliggende water vry, wat veroorsaak dat die ander seekastaiings
              sperm en eiers vry stel.                                                (2)

        3.1.5 Walvisse voed en beskerm hul kleintjies vir 'n paar maande nadat
              hulle gebore is.                                                        (2)

 3.2    Die verhouding tussen twee spesies van miete, spesie A en spesie B was
        in 'n laboratorium-eksperiment ondersoek. Een van die spesie is ŉ
        herbivoor en die ander is 'n karnivoor wat op die ander spesies van miete
        voed. Die plantetende miete is geplaas in ŉ houer met baie voedsel. ŉ
        Paar dae later, was ŉ paar vleisetende miete by die houer gevoeg. Die
        getal van miete van elke spesie is elke week vir agt weke geskat. Die
        resultate van die eksperiment word in die volgende tabel gegee.

                   Tyd      Bevolking van Spesies A       Bevolking van Spesies B
                   (weke)
                   1        210                           100
                   2        920                           340
                   3        1 400                         1 250
                   4        750                           1 900
                   5        300                           950
                   6        170                           750
                   7        250                           360
                   8        580                           130

        3.2.1      Teken ŉ lyngrafiek van hierdie resultate. Plot beide grafieke op
                   dieselfde assestelsel.                                             (9)

        3.2.2      Gee EEN rede waarom Spesie A heel waarskynlik die prooi kon
                   gewees het en Spesie B die roofdier.                               (1)

        3.2.3      Voorspel wat sal gebeur met die getalle van beide bevolkings oor
                   die volgende twee maande.                                          (2)

        3.2.4      Voorspel wat sou gebeur het met die getalle van Spesie A as
                   Spesie B skielik moes verdwyn het.                                 (2)

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                                        LEWENSWETENSKAPPE                             (SEPTEMBER 2012)

3.3   Die grafiek hieronder toon die ekologiese voetspoor (hulpbron vraag per
      persoon) en die bio-kapasiteit (hulpbron aanbod per persoon) in Suid-Afrika
      sedert 1961. Bestudeer die grafiek en beantwoord die vrae wat volg.

              Globale hektaar per persoon

      3.3.1                                 Waarom dink jy het die bio-kapasiteit vir Suid-Afrika gefluktueer
                                            oor die jare?                                                            (1)

      3.3.2                                 Beskryf die tendens van die ekologiese voetspoor vir Suid-Afrika
                                            sedert 1961.                                                             (3)

      3.3.3                                 Wat dink jy kan die gevolg wees wanneer naburige lande ŉ hoër
                                            ekologiese voetspore het as hul bio-kapasitiete?                         (1)

      3.3.4                                 Vir hoe lank tot en met 1973 was die bio-kapasiteit hoër as die
                                            ekologiese voetspoor?                                                   (1)
                                                                                                                   [30]

                                                                                       TOTAAL AFDELING B:            60

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)                  LEWENSWETENSKAPPE V2                                     13

 AFDELING C

 VRAAG 4

 4.1    Lees die volgende artikel en beantwoord die vrae wat volg.

        'Uitgestorwe' water juffer (Damselfly) maak ŉ terugkeer.

        ŉ Spesie van die water juffer, wat aanvaar was dat dit uitgesterf het, het ŉ
        dramatiese terugkeer gemaak na die verwydering van uitheemse bome
        onder die Werk vir Water-program. Die Ceres stroom water juffer,
        Metacnemis angusta, was nie sedert 1920 opgemerk nie.

        Die verwydering van indringerplante in vleilande het gelei tot ŉ byna
        onmiddellik herstel van endemiese spesies, insluitend die Ceres stroom
        water juffer. Sodra die indringers verwyder is, kan voldoende sonlig die
        sisteme binnedring, en bosse langs die stroomoewer word herstel.

                [Bron: African Wildlife Vol. 59 No.1 2005 - oorspronklik www.iol.co.za]

        4.1.1      Definieer die woorde uitgestorwe en endemiese.                         (2)

        4.1.2      Hoe het mense van die gemeenskap in Ceres in gegryp?                   (1)

        4.1.3      Waarom is dit belangrik om endemiese spesies te bewaar?                (1)

 4.2    Die frekwensie van die klank word gemeet in eenhede genaamd Hertz
        (Hz). James dink dat almal dieselfde gehoor het. Sandra stem nie saam
        met James. Sy dink dat mense verskillende mate van gehoor het omdat
        James dinge kan hoor wat sy nie kan hoor nie. Hulle besluit om na ŉ
        spesiale laboratorium te gaan om hul gehoor te toets. Die mense by die
        laboratorium meet die omvang van die geluide wat die twee leerders kan
        hoor. Die resultate word in die volgende tabel gegee.

                             Laagste frekwensie van        Hoogste frekwensie van
                                geluide gehoor                geluide gehoor
                   James                19 Hz                     20 300 Hz
                   Sandra               18 Hz                     20 100 Hz

        4.2.1      Skryf ŉ hipotese vir hierdie eksperiment.                              (2)

        4.2.2      Waarom dink Sandra dat mense verskillende mate van gehoor
                   het?                                                                   (2)

        4.2.3      Wat is die laagste frekwensie wat James kan hoor?                      (1)

        4.2.4      Wie kon die grootste verskeidenheid van klanke hoor? Verduidelik
                   jou antwoord.                                                          (3)

        4.2.5      Wat is die onafhanklike- en afhanklike veranderlikes in die tabel?     (2)

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                         LEWENSWETENSKAPPE                            (SEPTEMBER 2012)

      4.2.6   Vlermuise produseer klanke tussen 30 000 en 80 000 Hz. Kan
              James vlermuise hoor? Verduidelik jou antwoord.                        (3)

      4.2.7   Noem die DRIE strukture in die middeloor wat verantwoordelik is
              vir die versterking van die klank.                                     (3)

4.3   Verduidelik die homeostatiese beheer van die liggaamstemperatuur van
      die mens onder omgewingstoestande wat die vergroting van die bloedvate
      in die oppervlak van die vel veroorsaak.
                                                                       Inhoud      (17)
                                                                      Sintese       (3)

      LET WEL: GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van
               vloeidiagramme of diagramme nie.
                                                    TOTAAL AFDELING C:               40

                                                              GROOTTOTAAL:          150

## Related documents

- [Life Sciences P1 Nov 2012 Version 1 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2012-version-1-eng/85605d81-57ce-4bb8-9be6-eaa17806c770) — Life Sciences · QP · 2012 · Eng
- [Life Sciences P2 Feb-March 2012 Afr Version 2](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-feb-march-2012-afr-version-2/14d134e9-fba5-47bc-851d-966ce297c88b) — Life Sciences · QP · 2012 · Afr
- [Life Sciences P2 Feb-March 2012 Eng Version 1](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-feb-march-2012-eng-version-1/ed007fd2-2cd3-4524-9232-4058398d68d5) — Life Sciences · QP · 2012 · Eng
- [LIFE SCIENCES P1 GR12 QP SEPT2023 isiXhosa](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-gr12-qp-sept2023-isixhosa/4bfbd428-d580-44bb-9e04-f4e5ad0bda53) — Life Sciences · QP · 2023 · isiXhosa
- [LIFE SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-qp-sept2023-afrikaans/13d7c9c8-15ee-4ae8-9e7d-b86c6cb669b9) — Life Sciences · QP · 2023 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2022 English Final](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-qp-sept2022-english-final/48fd8634-2e51-4ca1-b7e3-df271e86c9ec) — Life Sciences · QP · 2022 · Eng

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
