# Life Orientation Grade 12 Life Orientation 2021 QP (Afr)

> Grade 12 Life Orientation question paper from the Life Orientation 2021 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-gr-12-examination-guideline-2021-afr/87665638-aad7-433f-9259-36905efe6608
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Orientation
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: Life Orientation
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Orientation](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-orientation) › [Life Orientation Grade 12 Life Orientation 2021 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-gr-12-examination-guideline-2021-afr/87665638-aad7-433f-9259-36905efe6608)

## About this document

Life Orientation · Grade 12 · Life Orientation · 2021. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                       LEWENSORIËNTERING

                        EKSAMENRIGLYNE

                                  GRAAD 12

                                       2021

                        Hierdie riglyne bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                          2                              DBE/2021
                                     Eksamenriglyne

INHOUDSOPGAWE
                                                                       Bladsy

1.     INLEIDING                                                         3

2.     ASSESSERING IN GRAAD 12                                           4
       2.1  Formaat van eksterne Algemene Assesseringstaak (AAT)         4
       2.2  Uiteensetting van die eksamen                                5
       2.3  Kognitiewe vlakke                                            6
       2.4  Taksonomie van denkvaardighede                               7

3.     DIEPTE/OMVANG VAN INHOUD                                          8

4.     PUNTETOEKENNING                                                   9

5.     INHOUDS- EN KONTEKSRIGLYNE                                        10

6.     HULPBRONNE                                                        11

7.     NASIENRIGLYNE                                                     11

8.     SLOT                                                              12

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                               3                                           DBE/2021
                                           Eksamenriglyne

1.     INLEIDING

Die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) vir Lewensoriëntering beskryf die aard en
doel van die vak Lewensoriëntering. Dit gee leiding aan die filosofie wat die basis is van die onderrig
en assessering van die vak in graad 12.

Die doel van hierdie Eksamenriglyne is om:

    Duidelikheid te gee oor die diepte en omvang van die inhoud wat in die graad 12 Nasionale
     Seniorsertifikaat(NSS)-eksamen in Lewensoriëntering geassesseer gaan word.
    Bystand te verleen aan onderwysers om leerders doelmatig vir die eksamens voor te berei.

Hierdie dokument gee aandag aan die finale graad 12 eksterne eksamens. Dit behandel op geen
vlak die skoolgebaseerde assessering (SGA) nie.

Hierdie Eksamenriglyne moet gelees word saam met:

    Die Nasionale Kurrikulumstelling (NKS) se Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring
     (KABV): Lewensoriëntering
    Die Nasionale Protokol vir Assessering: 'n Addendum tot die beleidsdokument, die Nasionale
     Senior Sertifikaat: 'n Kwalifikasie op Vlak 4 op die Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR)
     rakende die Nasionale Protokol vir Assessering (Graad R–12)
    Nasionale beleid met betrekking tot die program- en promosievereistes van die Nasionale
     Kurrikulumstelling, Graad R–12

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                                4                                       DBE/2021
                                            Eksamenriglyne

2.        ASSESSERING IN GRAAD 12

2.1       Formaat van die eksterne Algemene Assesseringstaak (AAT)

     Die eksterne Algemene Assesseringstaak sal bestaan uit 'n 100 punt-vraestel van ten minste
      2½ uur.

     Alle onderwerpe en subonderwerpe in die graad 12-KABV sal geassesseer word, wat 10% van
      die inhoud vir graad 10 en 11 kan insluit. Die inhoud vir graad 10 en 11 sal ook as basiese
      onderliggende kennis beskou word.

     Die eksamen sal volledig aandag gee aan die inhoud, kennis en vaardighede wat in Kwartaal 1
      tot 4 in graad 12 gedek is.

     Verskeie soorte vrae sal ingesluit word en dit sal hoofsaaklik fokus op die toepassing van
      kennis op 'n geïntegreerde wyse.

     Die vraestel kan ook inhoud insluit wat op Liggaamlike Opvoeding betrekking het.

     Hierdie vraestel word in DRIE afdelings ingedeel:

      o    AFDELING A en B is VERPLIGTEND.
      o    AFDELING A bestaan uit drie of meer verskillende soorte vrae wat kort antwoorde en
           verduidelikings vereis.
      o    AFDELING B bestaan uit twee 20 punt-vrae waarop leerders direkte antwoorde moet
           verskaf.
      o    AFDELING C bestaan uit drie 20 punt-vrae waarvan leerders TWEE vrae moet
           beantwoord.

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                                  5                                        DBE/2021
                                              Eksamenriglyne

2.2       Uiteensetting van die eksamen

Die uiteensetting hieronder sal by die opstel van die Lewensoriëntering-vraestelle gevolg word.

      AFDELING A: 20 PUNTE               AFDELING B: 40 PUNTE              AFDELING C: 40 PUNTE
           Al die vrae is                     Al die vrae is                  Leerders sal TWEE
          VERPLIGTEND.                       VERPLIGTEND.                       20 punt-vrae uit
                                                                              DRIE beantwoord.
     'n Kort bron kan gebruik          Leerders sal TWEE 20 punt-       Vrae sal hoofsaaklik op die
      word om sommige van die            vrae beantwoord. Kort oop-        toepassing van kennis en
      vrae in konteks te plaas.          einde-vrae kan wees:              vaardighede fokus.
     Die vrae moet 'n kombinasie        o Scenario-gebaseerd             'n Kort teks/diagram/data/
      van DRIE of meer tipes vrae        o Brongebaseerd                   grafieke/strokiesprente kan
      uit die lys hieronder insluit:     o Gevallestudie                   as 'n stimulus verskaf word.
       o Meervoudigekeuse-vrae           o Strokiesprent                  Daar sal van leerders
       o Eenwoord-antwoorde              o Illustrasie                     verwag word om die
           (maak 'n lys, noem,           o Grafiek                         volgende te doen:
           verskaf, gee)                                                    o Verduidelik/ondersoek/
       o Definisies                     Vrae moet kennis-                      analiseer/evalueer/
       o Kort verduidelikings            gebaseerd wees uit inligting           bespreek 'n onderwerp
           (waarom, hoe, beskryf,        wat leerders uit die                   krities
           verduidelik, bespreek)        Lewensoriëntering-inhoud in        o Neem besluite en gee
     Vrae moet begrip en feitelike      die VOO-band verkry het.               raad
      kennis toets.                     Leerders moet kennis en            o Maak aanbevelings
     Antwoorde moet kort en             vaardighede wat uit die            o Maak gevolgtrekkings
      direk wees.                        Lewensoriëntering-inhoud           o Los probleme op
     Puntetoekenning vir die vrae       verwerf is, toon, aanbied en     Leerders moet antwoorde
      moet van 1–2 punte strek.          toepas.                           verskaf deur die uitgebreide
                                        Puntetoekenning vir vrae in       skryf van beskrywende
                                         hierdie afdeling kan van          paragrawe of kort opstelle.
                                         2–4 punte in totaal per vraag    Puntetoekenning vir subvrae
                                         strek.                            in hierdie afdeling kan van
                                                                           4–8 punte in totaal per vraag
                                                                           strek.

LET WEL:        Indien daar van leerders verwag word om 'n kort opstel te skryf, moet die struktuur
                van die opstel 'n inleiding, uitbreiding/liggaam en slot insluit, gebaseer op die
                spesifieke sleutelkonsepte in die vraag.

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                                6                                         DBE/2021
                                            Eksamenriglyne

2.3      Kognitiewe vlakke

Die voorgestelde gewigswaarde van die kognitiewe vlakke vir die vraestel is soos volg:

        GEWIGSWAARDE                       KOGNITIEWE VLAK              BLOOM SE TAKSONOMIE
                                                Laer orde                        Vlak 1 & 2
                30%
                                               Middel-orde                       Vlak 3 & 4
                40%
                                                Hoër orde                        Vlak 5 & 6
                30%

                                  MOEILIKHEIDSGRAAD VAN VRAE
     In Bloom se taksonomie kan dieselfde aksie-/werkwoord, bv. 'verduidelik', 'beskryf', 'vergelyk',
      afwisselend in verskillende kognitiewe vlakke gebruik word.
     Die samestelling van die vraag sal aandui of dit 'n laer-, middel- of hoërorde-vraag is.
     Verder moet daarop gelet word dat die moeilikheidgraad van 'n vraag binne elke kognitiewe
      vlak kan wissel van maklik na gemiddeld na moeilik omdat dit die denkprosesse wat vereis
      word, weerspieël.
      o Byvoorbeeld, alhoewel 'noem' op die laagste vlak van Bloom se taksonomie is, kan dit 'n
          dieper begrip en toepassing van kennis vir 'n spesifieke vraag vereis en nie slegs die
          herroep van kennis nie.
      o Dieselfde kan op 'evalueer' van toepassing wees, wat op die hoogste vlak van Bloom se
          taksonomie is, waar die vereiste denkproses minder ingewikkeld vir een spesifieke vraag
          kan wees, maar meer ingewikkeld vir die volgende vraag.

LET WEL: Verwys na vorige eksamenvraestelle en nasienriglyne vir voorbeelde.

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                                    7                                           DBE/2021
                                                Eksamenriglyne

2.4            Taksonomie van denkvaardighede

Die tabel hieronder verskaf die ses kategorieë in Bloom se taksonomie, die kognitiewe vereistes
wat vereis word en voorbeelde van die aksie-/werkwoorde wat daarmee verband hou.

                                  VLAKKE VAN KOGNITIEWE VEREISTES
                Kategorie                Definisie                             *Aksiewoorde
                              Vermoë om inligting, feite,         Vertel, resiteer, lys, memoriseer, kies,
              Kennis          begrippe en basiese konsepte        onthou, definieer, vind, gee, pas,
              Vlak 1          wat voorheen geleer is, te          herroep, herhaal, noem, uiteensit

Laer orde
                              onthou
                              Toon 'n basiese begrip van feite    Gee voorbeelde, verduidelik, som op,
                              en idees                            toon, definieer, beskryf, bespreek,
              Begrip
                              Verduidelik of herformuleer in      identifiseer, interpreteer, lei af,
              Vlak 2
                              ander woorde; gee beskrywers        vergelyk, kontrasteer, demonstreer,
                                                                  klassifiseer, omskryf
                              Gebruik inligting in 'n nuwe of     Demonstreer, pas toe, gebruik, lei,
              Toepassing      ander situasie/manier deur          teken, rangskik, illustreer, spoor op,

Middel-orde
              Vlak 3          kennis wat in een situasie geleer   konstrueer, los op, beplan
                              is, op 'n ander toe te pas
                              Ondersoek en verdeel inligting in   Ondersoek, klassifiseer, kategoriseer,
              Analise         dele en verstaan hoe dele met       vergelyk, los op, verbind, vors na,
              Vlak 4          die geheel verband hou              kontrasteer, onderskei, lewer verslag
                              Verstaan motiewe of oorsake         oor, sorteer, debatteer
                              Beoordeel die waarde van iets       Beoordeel, evalueer, gee mening of
                              met betrekking tot kriteria en      standpunt, prioritiseer, beveel aan,
                              motiveer die oordeel                kritiseer, bespreek, vergelyk, verdedig,
              Evaluering
                              Lewer en verdedig menings deur      assesseer, bekragtig, verklaar, besluit,
              Vlak 5
                              uitsprake te maak oor inligting,    skat, voorspel, gradeer, kies,

Hoër orde
                              geldigheid van idees of die         ondersteun, regverdig, argumenteer,
                              kwaliteit van iets                  som op, waarom dink jy
                              Hervorm individuele dele om 'n      Ontwerp; skep; beplan; beveel aan;
                              nuwe geheel te vorm                 maak 'n hipotese; konstrueer; voorspel,
              Skepping/
                                                                  herrangskik dele; verbeel; genereer;
              Sintese
                                                                  stel saam; verbeter; voorspel;
              Vlak 6
                                                                  formuleer; hersien/herskryf; ondersoek;
                                                                  ontwikkel

* Sommige van die aksiewoorde is omruilbaar afhangend van die aard van die vraag.

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                               8                                        DBE/2021
                                           Eksamenriglyne

3.     DIEPTE/OMVANG VAN DIE INHOUD

Die diepte van die inhoud verwys na die mate waartoe daar op 'n onderwerp gefokus is en dit
ondersoek word. Dit help om die diepte van die leerproses te bevorder namate leerders hul kennis
van die inhoud ontwikkel. Dit help ook om die toepaslike inhoud aan die leerder se werklike
lewenservarings te verbind.

Die volgende VOORBEELDE kan as 'n riglyn gebruik word wanneer die diepte van die inhoud
behandel word:

             *Definisie van konsepte    Oorsake                  Gevolge
             Impak                      Effek/Invloed            Waarde
             Belangrikheid              Doel                     Redes
             Faktore                    Oplossings               Praktiese strategieë
             Resultaat/Uitkomste        Motief                   Bewyse
             Voordele                   Voorspel                 Onderskei
             Vergelyk                   Aksies                   Gevolgtrekking
             Afkeur                     Projekteer               Funksies
             Verskil                    Prioriteite              Keuses
             Adviseer                   Intervensies             Goedkeur
             Ooreenkomste               Konneksie tussen         Besluite

VOORBEELDE:

Klasbesprekings oor 'n onderwerp en subonderwerp, soos 'Menslike faktore wat slegte
gesondheid veroorsaak: bydraende faktore: ongesonde seksuele gedrag', sou byvoorbeeld
insluit:

1.   Die    definisie        van elke sleutelkonsep, bv. slegte gesondheid, onveilige seksuele
     gedrag

2.   Bespreek           redes       waarom hierdie tipe gedrag steeds onder die jeug voorkom.

3.   Assesseer die       negatiewe gevolge              van ongesonde seksuele gedrag op die lewe
     van 'n jong persoon.

*LET WEL:
   Konseptuele leer word beskou as die basiese kennis wat leerders benodig om 'n dieper begrip
    en kennis van die vakinhoud te bevorder sodat hulle beter in staat kan wees om dit wat hulle
    geleer het, oor te dra en op nuwe situasies toe te pas.
   Onderwysers moet na die eksamenvraestelle en nasienriglyne vir 2017–2020 verwys vir
    meer voorbeelde en leiding EN hierdie vraestelle en nasienriglyne gebruik as 'n
    onderrig-instrument om inhoud meer effektief te onderrig.

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                                     9                                               DBE/2021
                                                 Eksamenriglyne

4.        PUNTETOEKENNING

      Dit is belangrik om die puntetoekenning tussen hakies te bestudeer voordat 'n vraag
       beantwoord word, om te bepaal hoe punte toegepas sal word.

      Die puntetoekenning is ook 'n aanduiding van die formaat, diepte/omvang en lengte van die
       antwoord wat vereis word:

                               UITEENSETTING VAN PUNTETOEKENNING

                 Die eerste getal is die
               beperkende getal wat die
             vereiste aantal feite/stellings/
                     opinies aandui.
                                                                                 (2 x 1) of (3 x 2)

      (1 x 2) of (2 x 3)                                                 Die tweede getal dui die
                                                                       PUNT aan ten opsigte van die
                                                                        DIEPTE/OMVANG van die
                                                                        antwoord wat vereis word.

            Hierdie puntetoekenning
             dui TWEE instruksies
              binne een vraag aan.
                                                                                (1 + 2)

                                                                   Hierdie puntetoekenning dui aan:
       (2 x 3)                                                     ste punt
                                                                  1        feit/stelling/opinie ()
                                                                   de punt
                                                                  2        motivering ()
                                                                   de punt
                                                                  3        resultaat/uitkoms ()
    Hierdie puntetoekenning kan die volgende
    aandui:                                                       dit wil sê, vir ELK van die antwoorde
                                .
    1ste punt feit/stelling/opinie ()
    2de punt uitbreiding/verduideliking ()
    3de punt motivering ()
    4de punt resultaat/uitkoms ()
    wanneer krities bespreek word.
                                                                                              (1 x 4)

                             OF                             * Voorbeeld: Evalueer/Bespreek krities die
                                                             implikasies van gratis hoër onderwys vir alle
    Evalueer, wat die positiewe en negatiewe moet
    insluit:                                                 voornemende studente.               (2 x 4)
    1ste punt vir die 1ste feit/stelling/opinie ()         * LET WEL: Leerders MOET ook geleer
                                                             word hoe om 'n vraag op te breek/
    2de punt motivering ()
                                                             analiseer sodat hulle die vrae verstaan en
    3de punt vir die 2de feit/stelling/opinie ()            doeltreffend kan beantwoord.
    4de punt motivering ()
.

Kopiereg voorbehou                                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                              10                                        DBE/2021
                                          Eksamenriglyne

5.     Inhouds- en konteksriglyne

Die oorsig van onderwerpe hieronder word in die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring
(KABV) verskaf om onderwysers te help om leerders voor te berei op die fundamentele kennis
en konsepte wat nodig is vir die graad 12 Algemene Assesseringstaak. Verwys ook na die
Jaarlikse Onderrigplan (JOP) vir ALLE onderwerpe, subonderwerpe en inhoud wat per kwartaal
behandel moet word.

    ONDERWERP                                           GRAAD 12
 1.  Selfontwikkeling        Lewensvaardighede wat nodig is om aan te pas by verandering as
     in die                   deel van deurlopende gesonde leefstylkeuses
     samelewing              Streshantering
                             Konflikoplossing
                             Menslike faktore wat slegte gesondheid veroorsaak
                             Plan van aksie vir lewenslange deelname aan 'n fisiese aktiwiteit

 2.    Sosiale en            Omgewings en dienste wat veiligheid en 'n gesonde leefwyse
       omgewings-             bevorder
       verantwoordelik-      Verantwoordelikhede op verskillende regeringsvlakke
       heid                  'n Persoonlike missiestelling vir die lewe

 3.    Demokrasie en         Verantwoordelike burgerskap
       menseregte            Die rol van die media in 'n demokratiese samelewing
                             Ideologieë, religieë en wêreldsienings met betrekking tot
                              ontspanning en fisiese aktiwiteit oor kulture en geslagte heen

 4.    Loopbane en           Verbintenis tot 'n besluit wat geneem is: vind gepaste betrekking-/
       loopbaan-              werk- of studiegeleenthede in verskeie bronne
       keuses                Redes vir en die impak van werkloosheid en innoverende
                              oplossings om werkloosheid teen te werk
                             Kernelemente van 'n werkskontrak
                             Verfyning van die portefeulje vir planne vir die lewe na skool

 5.    Studie-               Nabetragting van eie studie- en eksamenskryfvaardighede
       vaardighede           Belangrikheid van skoolgebaseerde assessering/die verwerwing
                              van die NSS
                             Strategieë om te volg om sukses in graad 12 te verseker

 6.    Liggaamlike           Bereiking van eie persoonlike fiksheids- en gesondheidsdoelwitte
       Opvoeding             Langtermynverbintenis aan tradisionele en/of uitheemse sport of
                              speelgrond en/of samelewing en/of inheemse speletjies vir
                              ontspanning en rekreasie
                             Veiligheidskwessies

                          *LET WEL: Liggaamlike Opvoeding kan vir 'n halfuur per week
                          of een uur tweeweekliks aangebied word, afhangend van die
                          rooster van die skool en dit sal in graad 12 formeel in Kwartaal 1
                          en 2 geassesseer word.

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                              11                                         DBE/2021
                                          Eksamenriglyne

6.     HULPBRONNE

    Die eerste en belangrikste hulpbron wat vir die beplanning en onderrig van die
     Lewensoriëntering-inhoud gebruik moet word, is die KABV-dokument saam met die
     gewysigde Jaarlikse Onderrigplan vir graad 12 en die Program van Assessering.
    Handboeke: Onderwyser word aangemoedig om die handboeke wat deur die DBE
     goedgekeur is en wat aan die vereistes van die KABV vir Lewensoriëntering (2011)
     voldoen, te gebruik.
    As gevolg van die doelwitte en die aard van Lewensoriëntering is dit belangrik om daarop
     te let dat 'n handboek slegs EEN van baie hulpbronne is wat gebruik moet word wanneer
     die vakinhoud in die klaskamer bemiddel word.
    Daarom moet onderwysers kontemporêre, lewensgetroue kwessies by die
     Lewensoriëntering-inhoud inwerk, deur die gebruik van die internet, die jongste koerant-
     en tydskrifartikels en ander relevante hulpbronne in die onderrig van die vak.

7.     NASIENRIGLYNE

    Die nasiener moet die vraestel versigtig deurlees en sleutelinstruksies in vrae
     onderstreep/omkring voordat nagesien word.
    Volg die nasienriglyne streng en gee krediet aan leerders wat goed beredeneerde en
     gemotiveerde antwoorde en standpunte wat die spesifieke vraag beantwoord, verskaf, en
     wat skakel met moontlike antwoorde in die nasienriglyne.
    Wanneer punte in AFDELING B en C toegeken word, moet leerders in volsinne antwoord.
    In die 3 of 4 punt-vrae moet en kan leerders 4, 3, 2 en 1 of 0 punt(e) verdien, afhangend
     van die graad van antwoorde wat gegee is.
    In alle antwoorde wat die leerders gee, moet onderskeid getref word tussen uitstekende,
     goeie, bevredigende en swak antwoorde.
    'n Regmerkie () moet geplaas word langs die feit waarvoor dit toegeken word om globale
     nasien te voorkom.
    'n Regmerkie () is gelyk aan een punt.
    Die puntetotaal vir onderafdelings moet aan die regterkant van die antwoordblad aangedui
     word.
    Die puntetotaal vir elke afdeling moet aan die linkerkant van die antwoordblad aangedui
     en omkring word.
    Die totale punt vir elke afdeling moet oorgedra word na die einde van die leerder se skrif
     en bymekaargetel word, bv.:

                                                     A 18
                                                     B 30
                                                     C 30
                                                Totaal = 78
    Die finale punt vir die vraestel moet oorgedra word na die voorblad.
    Die onderwysers wat verantwoordelik is vir nasien of moderering van skrifte, moet elke
     skrif wat hy/sy nagesien het, onderteken en dateer aangesien die nasiener en moderator
     aanspreeklik is vir navrae in verband met die uitkoms van punte wat toegeken is.
     Voorbeeld van punte wat na die voorblad oorgedra is:
     Naam van leerder: John Doe

                                          78
                                          100

    Die nasien van die Finale Eksamen van die NSS-Lewensoriëntering-AAT moet by 'n
     gesentraliseerde nasiensentrum gedoen word.
Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                            12                                        DBE/2021
                                        Eksamenriglyne

8.     SLOT

Hierdie Eksamenriglyne-dokument is bedoel om die assesseringsaspirasies wat in die KABV-
dokument voorgestaan word, te verwoord. Dit is derhalwe nie 'n plaasvervanger van die KABV-
dokument, wat onderwysers vir onderrig moet gebruik, nie.

Kwalitatiewe kurrikulum-dekking, soos uiteengesit in die KABV, kan nie oorbeklemtoon word nie.

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Life Orientation GR 12 Examination Guideline 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-gr-12-examination-guideline-2021-eng/ca702858-1631-4ebf-8970-419919fe3a89) — Life Orientation · QP · 2021 · Eng
- [Life Orientation September 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-september-2021-eng/5738c74f-dd01-42be-ad40-a8363bb51448) — Life Orientation · QP · 2021 · Eng
- [Life Orientation September 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-september-2021-afr/3ff93059-5e3b-43b3-9e3a-9a8d857c8a4c) — Life Orientation · QP · 2021 · Afr
- [2024 LO CAT Last Push Strategy 2024](https://www.hlayiso.com/library/2024-lo-cat-last-push-strategy-2024/30aeecd3-3c95-441b-b0e6-7d23261b60fe) — Life Orientation · QP · 2024
- [GDE Grade 12 Revision Pack - Life Orientation 12 June 2024](https://www.hlayiso.com/library/gde-grade-12-revision-pack-life-orientation-12-june-2024/a681cba3-646a-452f-9964-21940371ede6) — Life Orientation · QP · 2024
- [LO Gr 12 Content Recovery Guide 2020](https://www.hlayiso.com/library/lo-gr-12-content-recovery-guide-2020/ddf9dc43-949f-4af0-a013-a651fd03fc70) — Life Orientation · QP · 2020

## More from Grade 12 Life Orientation

- [Gr 12 Teacher s Guide (moderated)](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-teacher-s-guide-moderated/edfad90f-26e9-4c9a-8675-fb4b70efa861) — Guide
- [Gr 12 LO ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-lo-atp-2023-24/589ac481-b8bd-47bf-8f5f-622e6c43559a) — ATP
- [Life Orientation Survival Kit](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-survival-kit/d44546d3-bbeb-4310-83d2-878410571d70) — Guide
- [Life Orientation September 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-life-orientation-2025-nsc-november-exam-memorandum/3eb9235f-a07f-4bed-bb32-8316c569d9a4) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Orientation September 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-life-orientation-2025-nsc-november-exam-memorandum/b8c3fc57-e7ff-493a-ba1a-3786633b3d49) — Memo · 2025 · Eng
- [Life Orientation September 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-life-orientation-2025-nsc-november-exam-question-paper/abe2aa0a-60a9-4cc2-ac95-868fd62f2f43) — QP · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
