# Life Orientation Grade 9 November EC 2016 QP (Afr)

> Grade 9 Life Orientation question paper from the November EC 2016 (Afrikaans), 9 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-qp-gr9-nov-2015-afr/a30293d4-0629-4212-aeca-186443a80310
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Orientation
- Grade: Grade 9
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: November EC
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 9](https://www.hlayiso.com/library/grade-9) › [Life Orientation](https://www.hlayiso.com/library/grade-9/life-orientation) › [Life Orientation Grade 9 November EC 2016 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-qp-gr9-nov-2015-afr/a30293d4-0629-4212-aeca-186443a80310)

## About this document

Life Orientation · Grade 9 · November EC · 2016. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                          SENIOR FASE

                           GRAAD 9

                     NOVEMBER 2016

                 LEWENSORIËNTERING

PUNTE:   70

TYD:     2 uur

                            *9LEWEN*

                   Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                     LEWENSORIËNTERING                   (EC/NOVEMBER 2016)

 INSTRUKSIES AAN KANDIDATE

 1.    Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

 2.    Laat ŉ reël aan die einde van ELKE afdeling oop.

 3.    Nommer jou vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
       gebruik word.

 4.    Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

       AFDELING A: 25 punte                  (Verpligtend)
       AFDELING B: 25 punte                  (Verpligtend)
       AFDELING C: 20 punte                  (Kies slegs TWEE vrae)

 5.    Beantwoord AFDELING C in volsinne en paragrawe. Die vrae in hierdie
       afdeling toets jou vermoë om jou kennis en vaardighede toe te pas.

 6.    Skryf netjies duidelik en leesbaar.

 7.    Gebruik ŉ blou of swart pen.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)                      LEWENSORIËNTERING                                       3

 AFDELING A (VERPLIGTEND)

 VRAAG 1

 1.1    VIER moontlike antwoorde word vir elk van die volgende vrae/stellings verskaf.
        Kies die korrekte antwoord en skryf die letter (A–D) langs die vraagnommer
        (1.1.1–1.1.10) in jou ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.

        1.1.1        Watter EEN van die volgende middels word mees algemeen onder
                     tieners gebruik?

                     A    Alkohol
                     B    Tabak
                     C    Sampioene
                     D    Krokodil                                                           (1)

        1.1.2        Die volgende is NIE ŉ plek van tersiêre opleiding NIE:

                     A    VOO-kollege
                     B    Tegniese Universiteit
                     C    Universiteit
                     D    Hoërskool                                                          (1)

        1.1.3        Xenofobie kan gedefinieer word as …

                     A    ŉ weersin in vreemdelinge.
                     B    die vrees om jou werk te verloor.
                     C    weersin of vrees vir mense van ander lande.
                     D    vrees vir skare.                                                   (1)

        1.1.4        Die proses om dispute tussen mense of groepe op te los deur hulle
                     na ŉ derde party te verwys.

                     A    Werkplekforum
                     B    Vrede bevordering
                     C    Arbitrasie
                     D    Versoening                                                         (1)

        1.1.5        ŉ Voorbeeld van ŉ loopbaan wat nie Wiskunde vereis nie is ...

                     A    ingenieurswese.
                     B    apteekwese.
                     C    joernalistiek.
                     D    geoktrooieerde rekenmeester.                                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                   LEWENSORIËNTERING                       (EC/NOVEMBER 2016)

      1.1.6     Nasionale Vrouedag word elke jaar op ... gevier.

                A     27 April
                B     21 Maart
                C     9 Augustus
                D     16 Junie                                                            (1)

      1.1.7     Die Nasionale Studente Finansiële Hulpskema (NSFAS) …

                A     is ŉ vereiste vir universiteitstoelating.
                B     word toegeken op grond van meriete aan studente met
                      uitstaande talent en prestasie in sport.
                C     bied studielenings aan studente met akademiese potensiaal,
                      maar wat finansieel behoeftig is.
                D     bied studente lenings teen ŉ baie hoë rentekoers aan.               (1)

      1.1.8     Watter EEN van die volgende is NIE ŉ tipe doel NIE?

                A     Onrealisties
                B     Langtermyn
                C     Korttermyn
                D     Mediumtermyn                                                        (1)

      1.1.9     Watter van die volgende stellings oor konflik is ONWAAR?

                A     Om vir die ander persoon sy of haar sin te gee sal waarskynlik
                      die konflik oplos.
                B     Om jou sin te probeer kry sal nie die konflik oplos nie.
                C     Om die konflik te vermy of te ignoreer sal dit net erger maak.
                D     Die beste is om kan te kies, ten gunste van een party.              (1)

      1.1.10    Jy kan jouself teen geweld beskerm deur ...

                A     na die naaste veilige plek te hardloop.
                B     om hulp te roep.
                C     alkohol en dwelms te vermy.
                D     Al die bogenoemde                                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)                       LEWENSORIËNTERING                                            5

 1.2    Voltooi die sin deur die korrekte woord uit die onderstaande lys te kies.

                Isoleer;   intimideer;     weerhou;      eiewaarde;       verneder

        Emosionele mishandeling word gedefinieer as enige gedrag wat ŉ slagoffer
        bedreig of (1.2.1)…, dit ondermyn die slagoffer se (1.2.2)… of beheer die
        slagoffer se vryheid. Dit kan insluit om ŉ persoon privaat of in die openbaar te
        (1.2.3)…, te beheer wat die slagoffer kan en nie kan doen nie, inligting van die
        slagoffer te (1.2.4) …, doelbewus iets te doen wat die slagoffer skaam maak
        of hom of haar van ander mense te (1.2.5) ….                              (5 x 1) (5)

 1.3    Kies die beskrywing in KOLOM B wat pas by die term in KOLOM A. Skryf
        slegs die nommer (1.3.1–1.3.5) en die ooreenstemmende (A–E), bv. 1.3.6 F.

              KOLOM A                                      KOLOM B
               TERM                                    BESKRYWING
        1.3.1 Aanspreeklik         A     Dieselfde wette is te alle tye op mense van
                                         toepassing

        1.3.2   Beroepsgerigte     B     Volledig verantwoordelik

        1.3.3   Risiko             C     Spesifieke vakke en punte wat jy nodig het om
                                         toelating tot ŉ kursus te kry

        1.3.4   Toelatings-        D     Die moontlikheid dat iets sleg kan gebeur
                vereiste

        1.3.5   Oppergesag         E     Hou verband met vaardighede en kennis wat jy
                van die gereg            nodig het om ŉ bepaalde werk te doen
                                                                                (5 x 1) (5)

 1.4    Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is.
        1.4.1   Doeltreffende tydsbestuur sal jou help om nie belangrike sperdatum te
                mis nie.                                                                        (1)
        1.4.2   Werkers het die reg op regverdige arbeidspraktyke, om vakbonde te
                vorm en by aan te sluit en om deel te neem aan
                vakbondbedrywighede en stakings.                                                (1)
        1.4.3   VOO-kolleges is bedoel vir leerders wat leerprobleme ervaar.                    (1)

        1.4.4   Geloof is nie ŉ persoonlike keuse nie, die regering dikteer dit (skryf
                voor).                                                                          (1)
        1.4.5   MIV/Vigs kan slegs deur seks opgedoen word.                                     (1)
                                                                    TOTAAL AFDELING A:          25

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                        LEWENSORIËNTERING                             (EC/NOVEMBER 2016)

 AFDELING B (VERPLIGTEND)

 VRAAG 2

 “Onveilige of ongesonde seks kan ŉ paar onwelkome gevolge hê. Tieners loop die
 risiko om seksueel oordraagbare infeksies op te doen wat hul gesondheid negatief kan
 beïnvloed, sowel as ŉ ongewenste swangerskap”.

 2.1    Noem ENIGE DRIE ongewenste gevolge van onveilige/ongesonde seksuele
        gedrag.                                                                                        (3)

 2.2    Gee TWEE redes waarom dit gevaarlik vir jong meisies is om swanger te raak.                    (2)

 2.3    Definieer wat ŉ seksueel oordraagbare infeksie (SOI) is.                                       (2)

 2.4    “Weerhouding is een van die beste maniere om die ongewenste resultate van
        ongesonde seksuele gedrag te vermy.”

        2.4.1    Wat is weerhouding?                                                                   (1)

        2.4.2    Wat beïnvloed jong mense om hulle van seks te weerhou?
                 Verduidelik.                                                                          (2)
                                                                                                      [10]

 VRAAG 3

 Lees die gevallestudie en beantwoord die vrae wat volg.

                     KHANYISILE MOKELE: OORBRUG DIE GAPING

 Wat Khanyisile Mokele as kind die meeste beïndruk het, was om te hoor dat haar
 oom ŉ brug oor ŉ snelweg ontwerp en gebou het. Dit het ook die weg vir haar
 ambisie gebaan. Vandag wil hierdie petit 18-jarige meisie ŉ siviele ingenieur word.

 “Ek wil my eie brug ontwerp!” sê sy met oortuiging. “Brûe bring die wêreld nader
 aanmekaar.” Sy het in ŉ familie groot geword waar opvoeding as die resep vir sukses
 beskou is. Met die ondersteuning en aanmoediging van haar ouers, was sy altyd
 gemotiveerd om goeie resultate te behaal. Wiskunde en Fisiese Wetenskappe is
 geen struikelblok vir Khanyisile nie. Terwyl sy ŉ natuurlike aanleg vir hierdie vakke
 het, werk sy ook hard daaraan deur middag- en Saterdagklasse te neem om seker te
 maak se behaal sukses.

 Khanyisile het by die Universiteit van Tegnologie in Tshwane aansoek gedoen om
 Siviele Ingenieurswese te studeer en sy is aanvaar hangende haar finale uitslae.

 [Bron: Aangepas uit http://www.unicef.org/southafrica/media_8926.html. Toegang op 26 April 2014
 verkry]

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)                        LEWENSORIËNTERING                                                7

  3.1 Wat het Khanyisile gemotiveer om ŉ siviele ingenieur te word?                                     (1)

  3.2 Wie is Khanyisile se rolmodelle? Gee ŉ rede waarom sy hulle gekies het.                           (3)

  3.3 Hoe verseker sy dat sy goed in Wiskunde en Fisiese Wetenskappe presteer?                          (1)

  3.4 Siviele Ingenieurswese is ŉ tradisioneel manlik gedomineerde loopbaan.
      Verduidelik.                                                                                      (1)

  3.5 Leerderskappe en internskappe gee gegradueerdes en matrikulante ŉ
      geleentheid om by die arbeidsmag aan te sluit en vaardighede te ontwikkel wat
      tot permanente indiensneming met beter loopbaan vooruitsigte kan lei.
      Onderskei tussen die twee.                                                                         (4)
                                                                                                        [10]

  VRAAG 4

  Lees die onderstaande artikel en beantwoord die vrae wat volg.

        HASHIM AMLA IS DIE PERFEKTE ROL MODEL: KRIEKET SUID-AFRIKA

  Krieket Suid-Afrika (KSA) het Sondag in ŉ media verklaring hulde aan Hashim Amla
  gebring vir sy dubbele prestasie – bereiking van die hoogste toetstelling deur ŉ Suid-
  Afrikaanse kolwer en die eer om die eerste driedubbel honderdtal op hierdie vlak vir
  die land te behaal.

  “Hashim se bydrae tot Suid-Afrikaanse krieket strek veel verder as die lopies wat hy
  op die telbord plaas. Hy bly ŉ wonderlike rolmodel vir ons jeug met die nederigheid
  en waardigheid wat hy op die veld toon, sy volkome professionele en gefokusde
  benadering op die veld en die wyse waarop hy homself op en van die veld gedra.”

  [Bron: Aangepas uit: http://sports.ndtv.com/cricket/news/item/193967-hashim-amla-is-the-perfect-
  role-model-crik=cket-south-africa. Toegang op 14 September 2012 verkry]

  4.1     Verduidelik wat ŉ rolmodel is.                                                                (1)

  4.2     Watter eienskappe maak Hashim Amla ŉ goeie rolmodel?                                          (2)

  4.3     Noem enige individu wat jou rol model is en verduidelik wat jy bewonder
          omtrent hierdie persoon.                                                                      (2)
                                                                                                        [5]

                                                                        TOTAAL AFDELING B:               25

Kopiereg voorbehou                                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                    LEWENSORIËNTERING                        (EC/NOVEMBER 2016)

 AFDELING C

 KUESE-VRAE

 Beantwoord enige TWEE vrae uit hierdie afdeling.

 VRAAG 5

                     Gevolge en implikasies van tienerswangerskap

 Amanda, ŉ 15-jarige graad 9-leerder is ses maande swanger. Sy is opgewonde, want
 sy dink as sy ŉ baba het, sal mense haar meer soos ŉ volwassene behandel, en dat
 haar vriend haar nie sal los noudat sy swanger is nie. In elk geval sal die geld van die
 regeringstoelaag sorg dat sy uiteindelik ŉ bietjie kontant sal hê om nuwe klere te koop
 en te gaan fliek.

 Skryf ŉ paragraaf van ongeveer ŉ halwe bladsy waarin jy aan Amanda die gevolge
 en implikasies vir tienerouers verduidelik.                                                [10]

                                           OF

 VRAAG 6

                            ŉ Ma Verloor: Sterf weens Vigs

 Dit was 1997. Tasneem was 17 toe haar ma haar hieromtrent inlig. “Ek het alreeds
 geweet nog voordat sy dit gesê het,” sê Tasneem. “Sy was in die hospitaal met
 chroniese longontsteking en het al kleiner begin raak.” Haar ma was bang om
 Tasneem te vertel dat sy Vigs onder lede het. Ek het vir haar gesê: “Ek gee nie om
 nie. Ek sal jou steeds liefhê ongeag wat ookal jy aan my vertel.”

 Tasneem se ma is op die ouderdom van 43 jaar oorlede. Elke dag, onderwyl
 Tasneem die verlies van haar ma betreur, ontmoet sy pasiënte by haar kliniek en let
 op hoe haar vriende riskante besluite neem.

 “Elke dag is moeilik, ” sê sy met trane in haar oë. “ŉ Skeiding en ŉ eensaamheid. Ek
 het nog nooit sodanige verlies soos dit in my lewe ervaar nie. Ek het net gevoel dat
 die persoon wat my die meeste liefgehad het, weg was.”

 Pas jou kennis van smart toe om Tasneem te help besluit of haar emosionele reaksie
 op hierdie uitdagende situasie normaal is. Verduidelik die betekenis van smart en
 som die betrokke proses op.                                                                [10]

                                           OF

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)                  LEWENSORIËNTERING                                         9

 VRAAG 7

                       Hansie Cronje: – ŉ gevalle krieketheld

 Die naam Hansie Cronje word dikwels assosieer met een van die mees afskuwelike
 terme in krieket – “wedstrydknoeiery”. Elke keer wanneer daar
 ŉ verwysing is na Cronje, roep dit ingedagte die episode wat
 die hele spel in sy fondament geruk het. Hy het erken dat hy
 omkoopgeld van onwettige beroepswedders aanvaar het ten
 einde die uitslae van krieketwedstryde te beïnvloed. Cronje
 het voor Suid-Afrika se King-kommissie getuig wat korrupsie in
 krieket ondersoek het. Hy sê dat sy “Groot passie vir die spel
 en vir my spanmaat was geëwenaar deur ŉ ongelukkige liefde
 vir geld”.

 Skryf ŉ kort opstel wat die belangrikheid van sportetiek verduidelik. Fokus op die
 volgende kwessies:

  Wat is sportetiek?
  Wie moet hulself aan sportetiek onderhewig en deur watter aktiwiteite moet etiek
   toegepas word?
  Wat is regverdige spel? Gee ŉ voorbeeld van onregverdige spel in ŉ ander
   sportkode, bv. sokker.
  Verduidelik wat jy verstaan onder wedstrydknoeiery.
  Verduidelik die belangrikheid daarvan om ŉ gedragskode in sport te hê.                 [10]

                                                              TOTAAL AFDELING C:           20
                                                                  GROOTTOTAAL:             70

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

## Related documents

- [LIFE ORIENTATION MEMO GR9 NOV 2015 AFR](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-memo-gr9-nov-2015-afr/fba8fc4e-114a-46a2-a350-51bf52af41c0) — Life Orientation · Memo · 2016 · Afr
- [LIFE ORIENTATION MEMO GR9 NOV 2015 ENG](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-memo-gr9-nov-2015-eng/29d096ae-e233-48cb-9813-25f8fa21ef2d) — Life Orientation · Memo · 2016 · Eng
- [LIFE ORIENTATION-GR9 2012-QP-AFR](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-gr9-2012-qp-afr/9e9da08a-2560-4502-b44e-67195e9b7c67) — Life Orientation · QP · 2012 · Afr
- [LIFE ORIENTATION-GR9 2012-QP-ENG](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-gr9-2012-qp-eng/3442a128-c54f-4dd1-8ff6-b06656fa1fc8) — Life Orientation · QP · 2012 · Eng
- [Gr9 LIFO P1 N11 QP Afr](https://www.hlayiso.com/library/gr9-lifo-p1-n11-qp-afr/6d9c6a57-c4ef-4ac8-8749-2b3e45dc65f4) — Life Orientation · QP · 2011 · Afr
- [Gr9 LIFO P1 N11 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr9-lifo-p1-n11-qp-eng/61fa9575-1da7-495e-bbe7-d137a1adc949) — Life Orientation · QP · 2011 · Eng

## More from Grade 9 Life Orientation

- [Grade 9 Life Orientation November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-life-orientation-2026-november-mock-exam-memorandum/fdbfb11c-c3e5-4e7a-85b0-f0f01dbd157d) — Memo · 2026 · Eng
- [LO GR 9 MEMO NOV2014 AFR](https://www.hlayiso.com/library/lo-gr-9-memo-nov2014-afr/7921762c-59c3-43c4-9d2c-976a4b7b5057) — Memo · 2014 · Afr
- [LO GR 9 MEMO NOV2014 ENG](https://www.hlayiso.com/library/lo-gr-9-memo-nov2014-eng/ca2fd025-1771-4a95-a2dd-7b3f8d1e369f) — Memo · 2014 · Eng
- [LIFE ORIENTATION-GR9 2013-MEMO-ENG](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-gr9-2013-memo-eng/02214ed2-cedb-4ca4-997d-5f9c5cf1e0e0) — Memo · 2013 · Eng
- [LEWENSTORIENTERING GR9 2013-MEMO AFR](https://www.hlayiso.com/library/lewenstorientering-gr9-2013-memo-afr/973cb196-a9ed-4358-87f5-e9affb1d59dd) — Memo · 2013 · Afr
- [LIFE ORIENTATION-GR9 2012-MEMO-ENG](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-gr9-2012-memo-eng/a65523b0-08f2-4ddf-85e5-ff366459a1e3) — Memo · 2012 · Eng

## Collection

- [Grade 9 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-9/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
