# Life Orientation Grade 12 NSC November 2019 QP (Afr)

> Grade 12 Life Orientation question paper from the NSC November Exam 2019 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-september-2019-afr/80e5b2b4-9baa-4a12-84f8-dce5fa2d6007
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Orientation
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Orientation](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-orientation) › [Life Orientation Grade 12 NSC November 2019 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-september-2019-afr/80e5b2b4-9baa-4a12-84f8-dce5fa2d6007)

## About this document

Life Orientation · Grade 12 · NSC November Exam · 2019. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                              LEWENSORIËNTERING

                        ALGEMENE ASSESSERINGSTAAK

                                2 SEPTEMBER 2019

PUNTE: 80

TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                            2                   DBE/September 2019
                               NSS – Algemene Assesseringstaak

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings, naamlik AFDELING A,
         AFDELING B en AFDELING C.

2.       Die vrae in AFDELING A en AFDELING B is VERPLIGTEND.

3.       Beantwoord enige TWEE vrae in AFDELING C.

4.       Lees AL die vrae aandagtig deur.

5.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

6.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                              3                          DBE/September 2019
                                 NSS – Algemene Assesseringstaak

AFDELING A (VERPLIGTEND)

Beantwoord AL die vrae in hierdie afdeling.

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.6 D.

         1.1.1       'n Manier om selfgeldend en ferm met ander te kommunikeer,
                     beteken om ...

                     A   te aanvaar wat ander sê om te vermy om van hulle te verskil.
                     B   jou opinie op 'n brawe en bedagsame manier aan ander te stel.
                     C   daarop aan te dring dat jou idees en opinies deur ander aanvaar
                         word.
                     D   saam te stem om konflik te vermy om die vrede met ander te
                         bewaar.

         1.1.2       Twee tipes oefeninge wat 'n mens se spierkrag en uithouvermoë kan
                     bevorder, kan … insluit.

                     A   sit-en-strektoetse en skouerstrekke
                     B   hardloop-op-een-plek- en 'n 12-minute-hardlooptoets
                     C   halwe opsit-oefeninge ('half-curl-up exercises') en knie-opstote
                     D   leun-en-reik- en syplank-oefeninge ('side-plank exercises')

         1.1.3       Om 'n omgewingsverantwoordelike burger te wees, beteken dat jy ...

                     A   produkte koop wat minimale verpakking vereis waar moontlik.
                     B   jou omgewing skoonmaak deur in ander gebiede van plastiek
                         ontslae te raak.
                     C   plastieksakke koop om kruideniersware en ander huishoudelike
                         items in te dra.
                     D   die gebruik van plastiekstrooitjies in restaurante en skool-
                         snoepies ondersteun.

         1.1.4       Volgens arbeidsregulasies vereis die volgende situasie regstelling in
                     die werkplek:

                     A   'n Werker wat vier ure oortyd per dag werk
                     B   Vier maande kraamverlof vir werkende vroue
                     C   'n Werker wat veertig ure per week werk
                     D   Monitor werkers se oproepe gedurende werksure

         1.1.5       Die woord 'analiseer' in 'n eksameninstruksie beteken om ...

                     A   items langs mekaar te plaas om die ooreenkomste en verskille
                         te sien.
                     B   'n idee op te breek en elke deel te ontleed en te ondersoek.
                     C   'n reeks dele, redes of kenmerke afsonderlik te verskaf.
                     D   te bespreek, voorbeelde te gee, punte vir en teen te noem.
                                                                                    (5 x 1)       (5)
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                              4                          DBE/September 2019
                                 NSS – Algemene Assesseringstaak

1.2      Gee EEN woord/term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs
         die woord/term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.2.1       Spesifieke fisiese aktiwiteite wat by verskillende stasies gedoen
                     word, elk met 'n stel instruksies in 'n gemerkte gebied                      (1)

         1.2.2       'n Dokument wat die demokratiese waardes van menswaardigheid,
                     gelykheid en vryheid bekragtig                                               (1)

         1.2.3       'n Internasionale gebeurtenis wat elke vier jaar plaasvind waar atlete
                     in 'n verskeidenheid sportaktiwiteite kompeteer                              (1)

         1.2.4       Die regeringsvlak wat regulasies oor straathandel maak                       (1)

         1.2.5       'n Studiestyl waar leerders hardop lees, feite opsê, werk met ander
                     bespreek en geheueleer gebruik                                               (1)

1.3      Beantwoord die volgende vrae deur die antwoord langs die vraagnommers
         (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK te skryf. Skryf jou antwoorde in
         volsinne.

         1.3.1       Identifiseer TWEE demokratiese regte wat gedurende gewelddadige
                     protesaksie geskend kan word.                            (2 x 1)             (2)

         1.3.2       Verduidelik TWEE swak studiegewoontes wat doeltreffende studie
                     kan bemoeilik.                                         (2 x 2)               (4)

         1.3.3       Bestudeer die spotprent op die volgende bladsy en beantwoord die
                     vrae wat volg.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                               5                                DBE/September 2019
                                  NSS – Algemene Assesseringstaak

             GEVANG!!

              Z
              O
              N                                         KORRUP???
              D
              O
              -
              K
              O
              M
              M
              I
              S
              S
              I
              E

           VAN ONDERSOEK

                            [Aangepas uit www.dailymaverick.co.za. Toegang op 21 April 2019 verkry.]

                     (a)    Verduidelik EEN beperking tot die reg tot vryheid van
                            uitdrukking wat van toepassing op spotprente soos hierbo kan
                            wees wanneer daar oor korrupte amptenare verslag gedoen
                            word.                                                 (1 x 2)                 (2)

                      (b)   Bespreek hoe die spotprent oor korrupsie hierbo kan help om
                            die rol van die media in 'n demokratiese samelewing te
                            vervul.                                              (1 x 2)                  (2)

                                                                       TOTAAL AFDELING A:                 20

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                                  6                              DBE/September 2019
                                     NSS – Algemene Assesseringstaak

AFDELING B (VERPLIGTEND)

Beantwoord AL die vrae in hierdie afdeling. Skryf jou antwoorde in volsinne.

VRAAG 2

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                 GELEENTHEDE OM WERKLOOSHEID TEEN TE WERK
                 Jeug-entrepreneurskap en relevante werksvaardighede …

Daar is onlangs dwarsoor die provinsies werkswinkels gehou om sosiale
entrepreneurskap onder die jeug aan te moedig as 'n lewensvatbare opsie om
werkloosheid teen te werk.

Hulle het opleiding en inligting oor die veranderende wêreld van werk ontvang, hoe om
hulle talente te identifiseer en die eienskappe te ontwikkel wat vereis kan word om die
arbeidsmark te betree.
                              [Aangepas uit www.news.nwu.ac.za. Toegang op 12 Januarie 2019 verkry.]

2.1      Noem DRIE maniere waarop skole sosiale entrepreneurskap as 'n
         lewensvatbare opsie kan bevorder om werkloosheid teen te werk. (3 x 1)                           (3)

2.2      Beskryf EEN finansiële uitdaging wat jong entrepreneurs aanvanklik mag
         teëkom en dui aan hoe hulle hierdie uitdaging kan hanteer.      (1 + 1)                          (2)

2.3      Bespreek hoe dit as 'n geleentheid gebruik kan word om jongmense in jou
         gemeenskap te bemagtig as jy 'n entrepreneur word.              (1 x 2)                          (2)

2.4      Stel TWEE maniere voor waarop jy sosiale media as 'n platform kan gebruik
         om jou kanse te bevorder om 'n werk te kry. Motiveer ELKE antwoord. (2 x 2)                      (4)

2.5      Assesseer waarom ELK van die volgende eienskappe belangrik is vir 'n jong
         werker wat die arbeidsmark betree:

         2.5.1       Passie                                                                 (1 x 2)       (2)

         2.5.2       Kreatiwiteit                                                           (1 x 2)       (2)
                                                                                                          [15]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                           7                              DBE/September 2019
                              NSS – Algemene Assesseringstaak

VRAAG 3

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

           DIE KREET VAN SLAGOFFERS VAN GESLAGSONGELYKHEID

Geslagsongelykheid bestaan steeds in Suid-Afrika.

Suid-Afrika se Minister van Vroue in die Presidensie sê dat die voortdurende
uitdagings van geslagsongelykheid steeds 'n reusebekommernis vir haar departement
is.

                             [Aangepas uit www.sabcnews.com. Toegang op 9 April 2019 verkry.]

3.1      Definieer die term geslagsongelykheid en noem TWEE negatiewe invloede
         wat dit in die werkplek kan hê.                                (1 + 2)                    (3)

3.2      Verduidelik waarom vroue meer kwesbaar vir seksueel oordraagbare
         infeksies (SOI's) as gevolg van geslagsongelykheid mag wees. (1 x 2)                      (2)

3.3      Bespreek EEN moontlike rede waarom daar 'n neiging is dat mans NIE
         gevalle van seksuele misbruik teenoor hulself aanmeld NIE.  (1 x 2)                       (2)

3.4      Assesseer hoe seksuele afknouery op sosialemediaplatforms as 'n vorm van
         geslagsgebaseerde geweld beskou kan word.                         (2 x 2)                 (4)

3.5      Stel TWEE ingrypingstrategieë voor wat die regering kan instel om die
         voortdurende uitdagings van geslagsongelykheid in die samelewing te
         voorkom. Motiveer ELKE antwoord.                                (2 x 2)                   (4)
                                                                                                   [15]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:                30

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                               8                                DBE/September 2019
                                  NSS – Algemene Assesseringstaak

AFDELING C

Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.

Jou antwoorde moet uit paragrawe bestaan. Punte sal SLEGS toegeken word vir
antwoorde wat in volsinne geskryf is.

VRAAG 4

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                     BESTEE MUNISIPALITEITE GELD BEHOORLIK?

Munisipaliteite is nie net vir basiese dienste verantwoordelik nie, maar hulle het ook 'n
sosiale verantwoordelikheid teenoor hulle plaaslike gemeenskappe. Onlangse
statistiek toon dat 92% van munisipaliteite in Suid-Afrika openbare fondse as gevolg
van bedrog en korrupsie wanbestuur.

Dit is belangrik dat burgers weet hoe munisipaliteite die geld bestee wat vir
gemeenskapsdienste toegeken is. Gemeenskappe behoort 'n sê te hê in hoe finansiële
en ander bronne binne die plaaslike regering bestee word.

      [Aangepas uit www.treasury.gov.za, 'Budget People's Guide'. Toegang in Februarie 2019 verkry.]

Skryf paragrawe oor die verantwoordelikhede van die verskillende regeringsvlakke.

Gebruik die volgende as 'n riglyn:

   Noem EEN sosiale verantwoordelikheid van munisipaliteite en verduidelik hoe
    wanbestuur van openbare fondse as gevolg van bedrog en korrupsie die sosiale
    ontwikkeling in gemeenskappe kan beïnvloed.                          (1 + 2)                          (3)

   Bespreek DRIE moontlike redes waarom die meeste munisipaliteite steeds
    openbare fondse wanbestuur, soos in die uittreksel hierbo genoem. (3 x 2)                             (6)

   Beveel TWEE praktiese maniere aan waarop plaaslike gemeenskappe kan help
    om die wanbestuur van openbare fondse deur munisipaliteite te voorkom. Vir
    ELKE aanbeveling dui ook aan hoe ELKE aksie kan help om wanbestuur te
    voorkom.                                                            (2 x 3)                           (6)
                                                                                                          [15]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                            9                              DBE/September 2019
                               NSS – Algemene Assesseringstaak

VRAAG 5

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                     VELDTOG OM MIDDELMISBRUIK UIT TE ROEI

Die Nasionale Departement van Maatskaplike Ontwikkeling onderneem 'n teen-
middelmisbruikveldtog in 'n poging om hierdie probleem in gemeenskappe uit te roei.
                                 [Aangepas uit SAnews.gov.za. Toegang op 26 April 2019 verkry.]

Skryf paragrawe oor die evaluering van veldtogte.

Gebruik die volgende as 'n riglyn:

   Definieer die term veldtog en noem TWEE voordele vir die jeug wat aan teen-
    middelmisbruikveldtogte deelneem.                                   (1 + 2)                      (3)

   Bespreek DRIE bydraende faktore wat kan lei tot 'n verhoogde getal leerders wat
    middele in skole misbruik.                                              (3 x 2)                  (6)

   Beveel TWEE praktiese strategieë aan wat deur die Nasionale Departement van
    Maatskaplike Ontwikkeling geïmplementeer kan word om te verseker dat die
    veldtog doeltreffend is. Vir ELKE antwoord dui ook aan hoe ELKE strategie tot die
    sukses van die veldtog kan bydra.                                        (2 x 3)                 (6)
                                                                                                     [15]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                           10                                DBE/September 2019
                               NSS – Algemene Assesseringstaak

VRAAG 6

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

               WERKER DIEN VERVALSTE MEDIESE SERTIFIKATE IN

'n Werker by 'n bekende maatskappy het in die eerste kwartaal van 2019 siekteverlof
van 7 tot 9, 14 tot 17 en 21 tot 24 Januarie geneem. Die werkgewer het ontdek dat die
werker vervalste mediese sertifikate ingedien het.

                              [Aangepas uit www.talent360.co.za. Toegang op 7 April 2019 verkry.]

Skryf paragrawe oor die kernelemente van 'n werkskontrak.

Gebruik die volgende as 'n riglyn:

   Identifiseer die relevante Arbeidswet met betrekking tot siekteverlof in die scenario
    hierbo en gee TWEE redes hoekom werkers die regulasies oor die neem van
    verlof behoort te ken.                                                         (1 + 2)          (3)

   Hoe, dink jy, het die werkgewer tot die gevolgtrekking gekom dat die werker se
    mediese sertifikate in die scenario hierbo vervals was? Bespreek DRIE moontlike
    redes.                                                                  (3 x 2)                 (6)

   Beveel TWEE praktiese maniere aan waarop werkgewers werksetiek kan versterk
    om afwesigheid in die werkplek teen te werk. Vir ELKE antwoord dui ook aan hoe
    ELKE maatreël die werksetiek van werkers kan verbeter.                  (2 x 3)                 (6)
                                                                                                    [15]

                                                                    TOTAAL AFDELING C:              30
                                                                        GROOTTOTAAL:                80

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Life Orientation September 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-september-2019-eng/a1270b5e-62bf-41a1-ad53-16931f0f6473) — Life Orientation · QP · 2019 · Eng
- [Life Orientation October 2019 Memo Eng rewrite](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-october-2019-memo-eng-rewrite/9080e14f-31c0-4cc6-bd8d-c7ebb07089c2) — Life Orientation · Memo · 2019 · Eng
- [Life Orientation September 2019 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-september-2019-memo-afr/4ed7f6a8-948b-4b16-8aae-498316795dfa) — Life Orientation · Memo · 2019 · Afr
- [Life Orientation September 2019 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-september-2019-memo-eng/55085aef-0184-45ca-af52-34667ce6c138) — Life Orientation · Memo · 2019 · Eng
- [Life Orientation October 2019 Memo Afr rewrite](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-october-2019-memo-afr-rewrite/a0cc817c-b0bd-4524-8029-ef27c3e8d536) — Life Orientation · Memo · 2019 · Afr
- [Life Orientation September 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-september-2019-afr/0f992b6d-c128-489e-8a45-2c77654b690b) — Life Orientation · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Life Orientation

- [Gr 12 Teacher s Guide (moderated)](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-teacher-s-guide-moderated/edfad90f-26e9-4c9a-8675-fb4b70efa861) — Guide
- [Gr 12 LO ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-lo-atp-2023-24/589ac481-b8bd-47bf-8f5f-622e6c43559a) — ATP
- [Life Orientation Survival Kit](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-survival-kit/d44546d3-bbeb-4310-83d2-878410571d70) — Guide
- [Life Orientation September 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-life-orientation-2025-nsc-november-exam-memorandum/3eb9235f-a07f-4bed-bb32-8316c569d9a4) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Orientation September 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-life-orientation-2025-nsc-november-exam-memorandum/b8c3fc57-e7ff-493a-ba1a-3786633b3d49) — Memo · 2025 · Eng
- [Life Orientation September 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-life-orientation-2025-nsc-november-exam-question-paper/abe2aa0a-60a9-4cc2-ac95-868fd62f2f43) — QP · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
