# Life Orientation Grade 12 NSC November 2019 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Life Orientation memorandum from the NSC November Exam 2019 (Afrikaans), 21 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-september-2019-memo-afr/4ed7f6a8-948b-4b16-8aae-498316795dfa
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Orientation
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2019
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 21

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Orientation](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-orientation) › [Life Orientation Grade 12 NSC November 2019 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-september-2019-memo-afr/4ed7f6a8-948b-4b16-8aae-498316795dfa)

## About this document

Life Orientation · Grade 12 · NSC November Exam · 2019. Memorandum, 21 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                               LEWENSORIËNTERING

                         ALGEMENE ASSESSERINGSTAAK

                                 2 SEPTEMBER 2019

                                   NASIENRIGLYNE

PUNTE: 80

                      Hierdie nasienriglyne bestaan uit 21 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                             2                            DBE/September 2019
                         NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne

BELANGRIKE NOTA AAN ALLE NASIENERS:

Die frase 'of enige ander relevante antwoord' moet soos volg nagesien word:

         Die leerders se antwoord MOET daarop dui dat hulle die vraag beantwoord het.
         Die antwoorde MOET VERBAND HOU met die antwoorde in die nasienriglyne.

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1         1.1.1    B    ()
            1.1.2    C    ()
            1.1.3    A    ()
            1.1.4    C    ()
            1.1.5    B    ()                                                                     (5)

1.2       1.2.1       Rondte-oefeninge/hindernisbane ()

          1.2.2       Die Grondwet/Die Handves van Menseregte/Die Universele
                      Verklaring van Menseregte ()

          1.2.3       Olimpiese Spele ()

          1.2.4       Plaaslike regering/munisipaliteite ()

          1.2.5       Verbale studiestyl ()                                                      (5)

1.3       1.3.1       Identifiseer TWEE demokratiese regte wat                 gedurende
.                     gewelddadige protesaksie geskend kan word.

                      Punte moet as volg toegeken word:
                      EEN punt () vir elk van die TWEE antwoorde.

                      Mense se...
                        fisiese veiligheid/reg tot lewe/gesondheid/menswaardigheid
                         mag in gedrang kom/bedreig word. ()
                        reg tot vryheid van beweging/assosiasie mag geskend
                         word.()
                        eiendom mag beskadig word. ()
                        reg tot toegang tot fasiliteite soos publieke vervoer/instansies/
                         geboue/die werksplek mag beperk word. ()
                        vryheid tot politieke keuses/opinies mag op inbreuk gemaak
                         word. ()
                        Enige ander TWEE relevante antwoorde vir EEN punt elk.
                                                                                      (2x1)       (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                             3                            DBE/September 2019
                         NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne

        1.3.2         Verduidelik TWEE swak studiegewoontes wat effektiewe
                      studie kan bemoeilik.

                      Punte moet as volg toegeken word:
                      TWEE punte () vir elke antwoord wat goed verduidelik is.

                      Swak studiegewoontes kan die volgende insluit:
                        Die maklikste inhoud eerste leer; () wat kan veroorsaak dat jy
                         te veel tyd daaraan spandeer met te min tyd/energie oor om
                         die meer uitdagende werk te doen/jaag deur die moeiliker
                         werk.()
                        Nie die betekenis van konsepte verstaan/verstaan wat jy leer
                         nie; () wat kan veroorsaak dat jy sukkel om inligting te
                         memoriseer/inligting maklik vergeet. ()
                        Studeer in harde geraas/waar jou aandag afgelei word/in 'n
                         deurmekaar omgewing, () wat kan veroorsaak dat jou
                         gedagtes dwaal/konsentrasievermoë geaffekteer word. ()
                        Laat op bly om te studeer/studie tot die laaste minuut uitstel,()
                         wat kan veroorsaak dat jy 'n klomp werk inprop met geen tyd
                         oor om behoorlike hersiening te doen nie. ()
                        Studeer wanneer jy moeg/honger is/televisie kyk/gesels op
                         sosiale media () wat jou vermoë om slegs op jou studies te
                         fokus, kan affekteer. ()
                        Slegs op sekere onderwerpe fokus () wat kan verhoed dat jy
                         vrae kan beantwoord oor onderwerpe wat jy nie geleer het
                         nie.()
                        Leer soos 'n papegaai () wat jou vermoë om konsepte en
                         relevante inhoud ten volle te verstaan, kan beperk. ()
                        Enige ander TWEE relevante antwoorde vir TWEE punte elk.
                                                                                     (2x2)        (4)

        1.3.3(a)      Verduidelik EEN beperking tot die reg tot vryheid van
                      uitdrukking wat van toepassing kan wees op strokiesprente
                      wanneer daar oor korrupte amptenare verslag gedoen word.

                      Punte moet as volg toegeken word:
                      TWEE punte () vir 'n antwoord wat goed verduidelik is.

                      'n Strokiesprent soos die een in die vraestel behoort nie…
                         enige iets persoonlik/oor die private lewens van die
                          karakters/persone wat in die strokiesprent voorgestel word, te
                          vertoon nie () aangesien dit hul reputasie kan ruïneer.()
                         op vals inligting gebaseer te wees oor die persoon wat
                          nageboots word in die strokiesprent nie () aangesien die
                          media gedagvaar kan word. ()
                         skinderstories oor/kwaad teenoor persone in die
                          simulasies/verpersoonlikings aan te moedig/ondersteun/uit te
                          lok nie () aangesien dit haat/geweld teenoor hulle mag
                          aanhits. ()

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                             4                            DBE/September 2019
                         NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne

                        enige onbehoorlike/aanstootlike/kru beelde/grafika van enige
                         persoon wat in die sketse verteenwoordig word, te illustreer
                         nie() aangesien dit beledigend kan wees vir die persoon se
                         persoonlike gelaatstrekke/ras/geslag/geloof/etnisiteit.
                        enige vorm van verbale/fisiese misbruik te demonstreer
                         teenoor die persoon wat nageboots word in die sketse nie ()
                         aangesien dit mense mag aanmoedig om die wet in eie hande
                         te neem. ()
                        enige politieke figuur te veroordeel sonder om die informasie te
                         verifieer nie () aangesien die persoon 'n maklike teiken/
                         slagoffer/prooi van die publiek kan word. ()
                        Enige ander TWEE relevante antwoorde vir EEN punt elk.
                                                                                    (1x2)        (2)

        1.3.3(b)      Bespreek hoe die spotprent oor korrupsie hierbo kan help om
                      die rol van die media in 'n demokratiese samelewing te vervul.
                      Punte moet as volg toegeken word:
                      TWEE punte () vir 'n antwoord wat goed verduidelik is.

                      Die strokiesprent kan...
                        die publiek toelaat om op 'n komiese wyse deel te hê aan die
                          identifisering van oortreders () en aangesien kwessies
                          openlik hanteer word op die manier, word oortreders direk oor
                          hul aksies gekonfronteer. ()
                        ongrondwetlike aksies deur witboordjie-oortreders op 'n
                          vermaaklike manier aan die publieke oog voorstel/
                          bewusmaking skep () en sodoende druk op die owerhede,
                          soos die Zondo Kommissie van Ondersoek, plaas om die
                          skuldige partye tot verantwoording te roep/verantwoordelik te
                          hou vir hul misdade/oortredings.()
                        die publiek op 'n humoristiese manier opvoed () deur
                          bewusmaking op die wyse te skep oor werklike kwessies wat
                          alle landsburgers affekteer. ()
                        mense toelaat om dit te geniet terwyl hulle in kwessies van
                          publieke belang deel () en op die manier word meer mense
                          betrek by die tipe van mediaverslaggewing/bewus gemaak van
                          kwessies wat die publiek raak. ()
                        mense betrek wat gemakliker voel om op die wyse betrokke te
                          raak by kontroversiële kwessies wat die publiek raak () so
                          meer mense kan interaksie hê/betrokke wees in die bespreking
                          van publieke kwessies in die manier hoe hierdie komplekse
                          inligting voorgestel word. ()
                        innoverende/kreatiewe dinkskrums inspireer vir oplossing tot
                          kwessies van nasionale/internasionale belang () aangesien
                          dit 'n hoogs visuele instrument is wat die aandag van mense
                          regdeur die wêreld aantrek. ()
                        Enige ander relevante antwoord vir TWEE punte.
                                                                                    (1x2)        (2)

                                                                   TOTAAL AFDELING A:            20
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                           5                            DBE/September 2019
                       NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne

AFDELING B (VERPLIGTEND)

1.       In hierdie afdeling moet kandidate se antwoorde sover moontlik in volsinne
         geskryf word. Vir 'n 3- of 4-punt vraag moet 4, 3, 2, 1 of 0 (nul) punte dus
         toegeken word, afhangend van die vlak van die antwoord gegee.

2.       Let daarop dat vir elke kategorie van die kandidate se antwoorde, moet daar
         onderskei word tussen uitstekende, goeie, bevredigende en swak antwoorde.

VRAAG 2

2.1      Noem DRIE maniere waarop skole sosiale entrepreneurskap kan
         bevorder as 'n lewensvatbare opsie om werkloosheid teen te werk.

         Punte moet as volg toegeken word:
         EEN punt elk () vir elk van die DRIE antwoorde.

          Skole kan…
             leerders betrek by gemeenskapsprojekte wat sosiale kwessies
                aanspreek. ()
             opedae organiseer in samewerking met gemeenskapsgebaseerde
                organisasies wat op sosiale dienste fokus, waarby leerders betrokke
                kan raak. ()
             leerders inspireer om vrywillige diens na skool/naweke/gedurende
                vakansies in die gemeenskap te doen. ()
             moedig skaduwerk aan by plaaslike sosiale entrepreneurs. ()
             plaaslike sosiale entrepreneurs nooi om gassprekers te wees. ()
             nou saamwerk met sleutelorganisasies in die gemeenskap sodat
                leerders makliker toegang kan hê om saam met daardie organisasies
                te werk. ()
             betrek ouers by loopbaandae/vergaderings om bewusmaking te skep
                oor die lewensvatbaarheid van sosiale entrepreneurskap. ()
             Enige ander DRIE relevante antwoorde vir EEN punt elk.             (3x1)         (3)

2.2      Beskryf EEN finansiële uitdaging wat jong entrepreneurs aanvanklik
         mag teëkom en dui aan hoe hulle hierdie uitdaging kan hanteer.

         Punte moet as volg toegeken word:
         EEN punt () vir die uitdaging en EEN punt () vir hoe om dit te hanteer.

         Jong entrepreneurs sal moontlik…
             hul eie geld /fondse moet gebruik om die dienste/besigheid te
               begin; () hulle kan …(enige EEN van die volgende)
               - deeltydse/gemeenskaps-/informele werk doen om geld te spaar vir
                   die hulpbronne wat hulle mag benodig. ()
               - aansoek doen vir befondsing van organisasies (bv. Nasionale
                   Jeugontwikkelingsagentskap, NJOA) wat jong opkomende
                   entrepreneurs help. ()
               - werk met wat hulle het in plaas van skuld maak. ()
               - finansiële hulp van familie en vriende soek. ()

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                            6                            DBE/September 2019
                        NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne

               nie in staat wees om huur te betaal vir 'n perseel nie, () maar hulle
                kan iets kies om te doen wat aanvanklik nie 'n stabiele perseel vereis
                nie. ()
               nie sekuriteitsmeganismes kan bekostig om hul perseel/produkte van
                moontlike kriminele aktiwiteite in die gemeenskap te beskerm nie, ()
                maar hulle kan werklose familielede/vriende kry om te help om
                aktiwiteite in en rondom die eiendom te monitor/netwerk met
                besighede in die omgewing om ondersteuning te bied. ()
               met familie/vriende/gemeenskapslede moet deel wat gratis
                dienste/besigheid op krediet wil doen, () maar hulle moet ferm wees
                en 'n besigheidsmentaliteit moet ontwikkel om hul besighede in stand
                te hou. ()
               nie oor die vaardighede beskik om hul inkomste/profit en uitgawes te
                bestuur nie, () maar hulle kan ervare mense in die gemeenskap
                nader om hulle op te lei in finansiële bestuur. ()
               nie die sekerheid van 'n stabiele inkomste hê nie, () maar hulle kan
                altyd vooruit beplan om te verseker dat hul finansies die tydperke met
                laer inkomste dek. ()
               nie in staat wees om helpers aan te stel aangesien hulle geen fondse
                mag hê om hulle te betaal nie, () maar hulle kan vrywilligers vra om
                hulle te help.()
               Enige ander relevante antwoord vir TWEE punte.                    (1+1)         (2)

2.3      Bespreek hoe dit as 'n geleentheid gebruik kan word om jongmense in
         jou gemeenskap te bemagtig as jy 'n entrepreneur word.

         Punte moet as volg toegeken word:
         TWEE punte () vir 'n antwoord wat goed verduidelik is.

          Deur 'n entrepreneur te word, kan jou...
             in staat stel om jongmense te help om die nodige vaardighede op te
                 doen om ook entrepreneurs te word () wat weer vir hulle kan
                 aanmoedig om die vaardighede aan ander in die gemeenskap oor te
                 dra sodat elkeen een kan leer. ()
             die geleentheid bied om werk aan die werklose jongmense in jou
                 gemeenskap te bied () wat hulle kan help om in hul eie basiese
                 behoeftes te voorsien in plaas daarvan om op ander staat te maak/op
                 straat te bedel/hulle kwaliteit van lewe te bevorder. ()
             in staat stel om vir jongmense in jou gemeenskap die geleentheid te
                 bied om ervaring op te doen deur vrywillige werk () wat hulle meer
                 indiensneembaar kan maak/beter kan voorberei vir
                 werksgeleenthede.()
             die sosiale mag gee om 'n positiewe invloed op die gedrag van ander
                jongmense in jou gemeenskap te hê () sodat hulle ook die behoefte
                kan hê om werk vir hulleself te skep. ()
             help om as inspirasie vir jongmense in jou gemeenskap te dien ()
                sodat hulle dan werk wil soek/vir hulself wil opstaan/hul eie besigheid
                wil begin.()
             Enige ander relevante antwoord vir TWEE punte.                        (1x2)       (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                           7                            DBE/September 2019
                       NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne

2.4      Stel TWEE maniere voor waarop jy sosiale media as 'n platform kan
         gebruik om jou kanse te bevorder om 'n werk te kry. Motiveer ELKE
         antwoord.

         Punte moet as volg toegeken word:
         TWEE punte elk () vir TWEE antwoorde wat goed verduidelik is.

          Sosiale media platforms kan gebruik word om jou …
             te help om onmiddellik met vriende/familie in verbinding te tree wat jou
                met moontlike werk in jou studieveld kan verbind () wat daardeur vir
                jou vinniger resultate van moontlike werksgeleenthede kan gee. ()
             makliker bereikbaar te maak vir voornemende werkgewers ()
                aangesien meer en meer werkgewers hierdie platforms as 'n medium
                gebruik om geskikte kandidate vir 'n werk te vind. ()
             vaardighede/kennis/eienskappe onmiddellik aan maatskappye te bied
                () en sodoende kan jy vinniger reaksie van moontlike werkgewers
                kry. ()
             toegang tot waardevolle inligting van maatskappye te bied wat jy in jou
                onderhoude kan gebruik () wat jou in 'n beter posisie as ander
                kandidate kan plaas om die werk te kry. ()
             toegang gee tot webtuistes van besighede waar jy poste kan sien wat
                verwant is aan beroepe waarin jy belangstel, () wat jou kan verbind
                met werk wat by jou eienskappe pas.()
             opsies te bied om by netwerke van werksverwante groepe aan te sluit,
                bv. LinkedIn () wat 'n vinniger manier is vir voornemende werkgewers
                om jou op te spoor. ()
             'n geleentheid te bied om boodskappe vir al jou kontakte op sosiale
                media te plaas om hulle in te lig dat jy werk soek () en sodoende kan
                jy 'n groter netwerk van mense skep wat jou kan help om 'n werk te
                kry. ()
             te help om vinniger moontlike werksgeleenthede te kry () wat die tyd
                kan verkort wat jy spandeer om vir 'n gepaste werk te soek. ()
             Enige ander TWEE relevante antwoorde vir TWEE punte elk.           (2x2)         (4)
2.5      Assesseer waarom ELK van die volgende kenmerke belangrik is vir 'n
         jong werker wat die arbeidsmark betree:
         2.5.1 Passie
         2.5.2 Kreatiwiteit

         Punte moet as volg toegeken word:
         TWEE punte () vir 'n antwoord wat goed verduidelik is.

         Om passievol te wees as 'n jong werker (oor 'n spesifieke doel), …
            help jou met deursettingsvermoë/om aan te hou/om nie maklik in te
              gee vir die uitdagings wat jy in die werksplek mag ervaar nie () en jou
              daardeur in staat stel om komplekse probleme op te los wat mag
              opduik. ()
            gee jou die interne dryfkrag om te leer/groei/met jouself te
              kompeteer/enige projek te bemeester () wat jou kan help om nie net
              op eksterne faktore staat te maak om werksukses te verseker nie/op
              jou eie behoefte om sukses te behaal, staat te maak. ()
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                               8                             DBE/September 2019
                           NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne

                   gee jou normaalweg energie/wakker jou aan () wat jou dan die
                    innerlike dryfkrag gee om harder te probeer om sukses te behaal in
                    alles wat jy aanpak en alle verwagtinge te oorskry. ()
                   stel jou in staat om uit te styg bo jou kollegas/portuurs () om jou
                    doelwit te bereik om bevordering/beloon te word vir uitstaande
                    werk. ()
                   dryf jou om dinge te probeer wat so baie ander nie gewaag het/wil
                    waag nie () en daardeur risiko's te neem wat as onmoontlik/nie
                    werkbaar/nie bereikbaar beskou word. ()
                   gee jou die moed om aksie te neem ten spyte van jou vrese om
                    moontlik te misluk in 'n gegewe taak () omdat jy glo in dit wat jy doen
                    en dit motiveer jou om suksesvol te wees. ()
                   Enige ander relevante antwoord vir TWEE punte.                      (1x2)       (2)

                                                       EN

         Punte moet as volg toegeken word:
         TWEE punte () vir 'n antwoord wat goed verduidelik is.

         Om kreatief te wees as 'n jong werker help jou om …
            uit die boks te dink () en daardeur altyd innoverende oplossings vir
              werksverwante uitdagings vind waar ander dit moontlik nie sien nie.()
            verskillende denkpatrone/prosesse/roetines te ontwikkel () wat tot
              moontlike nuwe uitvindsels/idees/konsepte lei. ()
            nuwe maniere te vind om jouself van jou medewerkers te onderskei()
              wat jou in staat stel om dienste te ontwikkel/lewer wat uniek is aan
              kliënte. ()
            maklik aan te pas by 'n wêreld wat vinnig verander () en daardeur
              oplossings te vind vir 'n maatskappy se mees dringende kwessies
              terwyl ander op die probleme fokus. ()
            die ondenkbare te dink/die grense van hoe dinge normaalweg gedoen
              word, te oorskry () wat jou meer veelsydig/slimmer/vindingryk as
              ander werkers maak. ()
            verskillende idees te integreer/kombineer/saam te voeg () en
              daardeur oplossings te skep wat die behoefte van kliënte beter
              pas. ()
            Enige ander relevante antwoord vir TWEE punte.                      (1x2)              (2)
                                                                                                    [15]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                           9                            DBE/September 2019
                       NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne

VRAAG 3

3.1     Definieer die term geslagsongelykheid en noem TWEE negatiewe
        invloede wat dit in die werksplek mag hê.

        Punte moet as volg toegeken word:
        EEN punt () vir die definisie en EEN punt vir elke negatiewe uitwerking:

        Definisie:

        Geslagsongelykheid is…
           die verskillende rolle wat aan mans, vroue en ander geslagte in die
              samelewing gegee/toegeken word. ()
           verskillende aktiwiteite/optredes wat met mans, vroue en ander geslagte
              in die samelewing geassosieer word. ()
           magsverhoudinge tussen mans, vroue en ander geslagte waar mans as
              verhewe bo vroue en ander geslagte beskou word. ()
           die ongelykhede tussen mans, vroue en ander geslagte. ()
           Enige ander relevante antwoord vir EEN punt.                        (1)

                                                   EN

        Negatiewe invloede kan die volgende insluit:
           Sekere geslagte kan die geleentheid ontneem word om hul volle
              potensiaal te bereik. ()
           Sommige geslagte kan die vooruitsigte om hul loopbane te
              bou/loopbaandoelwitte te bereik, ontsê word. ()
           Dit mag 'n negatiewe werksomgewing/gedemotiveerde werkers tot
              gevolg hê. ()
           Geslagsongelykheid mag tot lae produktiwiteit in die werksplek lei.
           Maatskappye mag uitstekende werkers verloor wat voel dat daar teen
              hulle gediskrimineer word.
           Werkers mag seksuele teistering/afknouery in die werksplek ervaar. ()
           Maatskappy sal arbeidsgriewe op grond van geslagsongelykheid moet
              hanteer. ()
           Sommige maatskappye mag nie senior posisies aan vroue en ander
              geslagte toeken nie aangesien hulle swakker as mans beskou mag
              word. ()
           Vroue en ander geslagte mag van werk ontneem word wat as werk vir
              mans beskou word. ()
           Mans mag as meer aggressief as vroue en ander geslagte gesien
              word.()
           Enige ander TWEE relevante antwoorde vir EEN punt elk.              (2x1)          (3)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                           10                           DBE/September 2019
                       NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne

3.2     Verduidelik waarom vroue meer kwesbaar vir seksueel oordraagbare
        infeksies (SOI's) as gevolg van geslagsongelykheid mag wees.
        Punte moet as volg toegeken word:
        TWEE punte () vir 'n antwoord wat goed verduidelik is.
        Moontlike antwoorde:
           Daar word steeds 'n hoë verkragtingssyfer in die land gerapporteer ()
             wat tot gevolg het dat vroue steeds seksueel oordraagbare infeksies
             (SOI's) insluitende MIV en VIGS opdoen as gevolg van voortgesette
             seksuele geweld. ()
           Vroue wat mishandel word in verhoudings mag nie in staat wees om te
             onderhandel oor veiliger seks nie () en mag gevolglik aan
             leefstylsiektes soos seksueel oordraagbare infeksies blootgestel
             word.()
           Werklose, enkel ma's mag hul toevlug neem/wend tot onveilige seksuele
             aktiwiteite as 'n manier om vir hul families te voorsien. ()
           Jong meisies van arm families mag hulle wend tot verhoudings met ouer
             mans in ruil vir finansiële gewin () en daardeur hulself aan die risiko
             van onveilige aktiwiteite blootstel wat tot SOI's lei. ()
           Jong vroue mag onder druk geplaas word om seksuele verhoudings te
             hê om in te pas by hul portuur () en dit mag daartoe lei dat hulle in
             verhoudings betrokke raak met mans wat hulle seksueel mag
             misbruik.()
           Enige ander relevante antwoord vir TWEE punte.                         (1x2)       (2)

3.3     Bespreek EEN moontlike rede waarom mans neig om NIE gevalle van
        seksuele misbruik teenoor hulself aan te meld NIE.
        Punte moet as volg toegeken word:
        TWEE punte elk () vir TWEE antwoorde wat goed verduidelik is.
        Mans neig om nie seksuele misbruik teen hulself te rapporteer nie omdat…
           die samelewing van hulle verwag om die aanvaller en nie die slagoffer in
             seksuele verhoudings te wees nie () wat daartoe lei dat hulle skaam is
             om sulke gevalle te rapporteer. ()
           dit moeilik vir 'n man mag wees om te praat veral as die oortreder 'n
             man was () aangesien hy as te swak beskou mag word om homself
             teen 'n ander man te beskerm. ()
           die samelewing van mans verwag om altyd in beheer te wees van
             seksuele aktiwiteite () en mag die man daarom vrees om as magteloos
             bestempel/geëtiketteer te word. ()
           mans mag vrees om gespot te word deur die samelewing in die geval
             waar die oortreder 'n vrou is () aangesien hulle skaam mag voel omdat
             hulle deur 'n vrou oorweldig is. ()
           die slagoffer mag vrees dat sy eie seksualiteit bevraagteken mag word
             indien die oortreder 'n man was () aangesien hy daarvan beskuldig
             mag word dat hy die oortreder aanleiding gegee het. ()
           die samelewing mans as braaf/vreesloos/sterk/manlik beskou () en dit
             mag hom minderwaardig as 'n man laat voel. ()
           Enige ander relevante antwoord vir TWEE punte.                     (1x2)           (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                           11                           DBE/September 2019
                       NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne

3.4     Assesseer hoe seksuele afknouery op sosialemediaplatforms as 'n vorm
        van geslagsgebaseerde geweld beskou kan word.

        Punte moet as volg toegeken word:
        TWEE punte () vir 'n antwoord wat goed verduidelik is.

        Moontlike antwoorde:
           Slagoffers mag, ongeag die tyd/plek, aanhoudend/gereeld aanlyn
             geteister word () en die teistering, hoewel vanaf 'n afstand, kan
             emosionele trauma vir die slagoffer tot gevolg hê. ()
           As gevolg van die algemene tendens om pornografiese foto's/video's op
             sosiale media te deel, mag wraaksugtige/verbitterde/jaloerse maats hul
             nie-onderdanige/opstandige maats boelie/afknou op sosiale media
             platforms () en daardeur dieselfde emosionele letsels veroorsaak wat
             deur ander vorme van geslagsgebaseerde geweld veroorsaak mag
             word. ()
           Sosiale media is 'n ongereguleerde platform waar kuber/media teistering
             net so aggressief soos fisiese geslagsgebaseerde geweld kan wees ()
             wat dit maklik kan maak vir die oortreders om die grense te oorskry in
             hul dreigemente/intimidasie/teistering op sosiale media platforms. ()
           Kuber/sosiale media teisteraars mag staatmaak op die feit dat hul
             slagoffers nie mag weet hoe om aanlyn teistering te rapporteer nie ()
             en daarom mag hulle die platform misbruik om die regte van onskuldige
             sosiale media gebruikers te skend. ()
           Kuber-/seksuele afknouery is 'n nuwe vorm van aggressie wat dieselfde
             is as misdaad wat in natuurlike omgewings voorkom, () so hulle
             gebruik dieselfde metodes van geweld op die platform om hul
             onvanpaste/misplaasde behoeftes te vervul. ()
           'n Ander kenmerk van kuber-/seksuele afknouery is dat dit verband hou
             met skendings wat van lyn af gebeur, () daarom word dit nie gesien as
             heeltemal losstaande van ander vorme van geweld nie. ()
           Mans/vroue mag ander mans/vroue slegmaak wat nie aandag skenk
             aan hulle op sosiale media nie () en dis 'n manier om ander oor 'n
             afstand, ander te boelie/af te knou om in te gee tot hul magsspeletjie.
             ()
           Enige ander TWEE relevante antwoorde vir TWEE punte elk.             (2x2)         (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                            12                           DBE/September 2019
                        NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne

3.5.    Beveel TWEE ingrypingstrategieë aan wat die regering kan voorstel om
        die voortdurende uitdagings van geslagsongelykheid in die samelewing
        te voorkom. Motiveer elke antwoord.

        Punte moet as volg toegeken word:
        TWEE punte elk () vir TWEE antwoorde wat goed verduidelik is.

        Die regering kan…

               opvoedkundige programme op 'n vroeë ouderdom instel oor die
                bevordering van respek in verhoudings en geslagsgelykheid vir jong
                seuns en dogters() as 'n manier om die waardes op 'n jong ouderdom
                aan te leer. ()
               bemagtigingsprogramme/-veldtogte vir jong meisies/seuns vanaf 'n
                vroeë ouderdom inisieer () as 'n manier om 'n kultuur van ekonomiese
                onafhanklikheid onder jong mans/vroue te bevorder. ()
               die wette versterk om die huis en publieke plekke veiliger te maak vir
                alle geslagte en ouderdomme () sodat die sekuriteit/veiligheid van alle
                geslagte in die land voorkeur mag kry bo enige iets anders. ()
               gelyke besluitnemingsmagte vir alle geslagte in die huis/verhoudings/
                publieke lewe ondersteun () en sodoende hul selfwaarde/-respek/ -
                beeld ophef sodat hulle met waardigheid in die samelewing behandel
                mag word. ()
               nie-regeringsorganisasies(NRO's)/nie-winsgewende organisasies
                (NWO's) befonds om gemeenskapsprogramme met alle geslagte te
                doen () en dit kan help om die voorkoming/beëindiging van geweld
                teen alle geslagte by die huis en in die samelewing te bespoedig.()
               gereelde bewusmakingsprogramme in die gedrukte en elektroniese
                media inisieer wat geslagsgelykheid beklemtoon () sodat die
                belangrikheid van die kwessie 'n konstante herinnering aan alle burgers
                mag wees. ()
               werkswinkels na skool/tydens vakansie vir alle jongmense
                ondersteun() in 'n poging om hulle op te voed oor die gevolge/effek
                van geslagsgeweld op slagoffers. ()
               Enige ander TWEE relevante antwoorde vir TWEE punte elk.           (2x2)        (4)
                                                                                                [15]

                                                                  TOTAAL AFDELING B:            30

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                           13                           DBE/September 2019
                       NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne

AFDELING C

Kandidate moet enige TWEE vrae in hierdie afdeling beantwoord. Indien die
kandidaat al drie vrae beantwoord, moet slegs die eerste TWEE antwoorde
nagesien word. Die oorblywende antwoord moet deurgehaal word en die volgende
afkorting moet daarby neergeskryf word: 'OGVV' (Oorskry getal vrae wat vereis
word).

VRAAG 4

Kandidaat se antwoord moet in paragrawe wees.

Noem EEN sosiale verantwoordelikheid van munisipaliteite en verduidelik hoe
wanbestuur van openbare fondse as gevolg van bedrog en korrupsie die sosiale
ontwikkeling in gemeenskappe kan beïnvloed.

Punte moet as volg toegeken word:
EEN punt () vir die sosiale verantwoordelikheid en TWEE punte () vir 'n antwoord
wat goed verduidelik is.

NOTA AAN ONDERWYSER:
   Die klem moet op sosiale dienste wees.
   GEEN PUNTE SAL TOEGEKEN WORD INDIEN 'N LEERDER NA BASIESE
     DIENSTE soos bv. water, elektrisiteit, sanitasie, ens. VERWYS NIE,

Moontlike sosiale verantwoordelikhede van munisipaliteite kan die volgende insluit:
 Bied intervensieprogramme/veldtogte/geleenthede aan om sosiale kwessies, soos
  bv. (enige EEN van die volgende) …….. aan te spreek.
      - armoede ()
      - vroue- en kindermishandeling ()
      - middelmisbruik/fisiese mishandeling ()
      - tuisversorgingsdienste/aktiwiteite vir die oues van dae/siekes ()
      - MIV en VIGS/tuberkulose (TB)/wanvoeding ()
      - bendebedrywighede/misdaad/skadelike/risikogedrag teenoor ander/self ()
      - geslagsgebaseerde geweld/afknouery ()
      - voorkoming van selfmoord ()
      - padveiligheid ()
      - veilige praktyke met betrekking tot manlike/vroulike besnyding/
          gesondheid()
 Bied befondsing aan vir opvoedkundige/intervensieprogramme om ouers/voogde te
  ondersteun, bv. ___ (een van die onderstaande) .()
      - die belangrikheid van vroeëkindontwikkeling/ouerskap/hoe om hul
          skoolgaande kinders te ondersteun. ()
      - vaardighede om familielede/vriende te ondersteun/verdra wat verslaaf is aan
          middele. ()
 Inisieer bewusmakingsprogramme tydens skoolvakansies vir die jeug oor hulle
  verantwoordelikheid teenoor die samelewing as 'n geheel, bv. vrywillige
  gemeenskapsdiens/hoe risikogedrag die samelewing as 'n geheel mag affekteer/
  verantwoordelike gebruik van sosiale media platforms/uitstel van
  seks/weerhouding/seksualiteit. ()
 Enige ander relevante antwoord vir EEN punt.                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                           14                           DBE/September 2019
                       NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne

                                           EN

Hoe die wanbestuur van publieke fondse, as gevolg van bedrog en korrupsie, sosiale
ontwikkeling kan affekteer:
    Die bestaande/huidige hoë vlak van sosiale ongelykheid in 'n gemeenskap sal
      nie uitgewis kan word nie () en dit mag die gaping tussen die bevoorregdes en
      die minderbevoorregdes/die gelyke verspreiding van sosiale mag/posisies selfs
      verder vergroot. ()
    Daar mag minder finansiële en ander bronne beskikbaar wees vir die lewering
      van sosiale dienste in die gemeenskap () wat sekere gemeenskapsgroepe
      verder kan verarm. ()
    Die sosiale probleme/kwessies in die gemeenskap mag vernalaat word () en
      dit mag lei tot die verdere agteruitgang van morele waardes in
      gemeenskappe.()
    Die sosio-ekonomiese situasie in gemeenskappe mag agteruitgaan/verswak ()
      wat die sosio-ekonomiese groei van die verskillende sosiale groepe kan
      strem.()
    Die verbetering van die lewens van voorheenbenadeelde groepe in die
      samelewing mag vernalaat word () wat daartoe kan lei dat hierdie uitgeworpe
      groepe verder van hul regte ontneem mag word. ()
    Enige ander relevante antwoord vir TWEE punte.                            (1x2)           (3)

Bespreek DRIE moontlike redes waarom die meeste munisipaliteite steeds
openbare fondse wanbestuur.

Punte moet as volg toegeken word:
TWEE punte elk () vir DRIE antwoorde wat goed verduidelik is.
Moontlike antwoorde:
Munisipaliteite mag steeds fondse wanbestuur as gevolg van…
   moontlike onvoldoende moniterings- en evalueringsprosesse deur provinsiale
      en nasionale regeringsstrukture () wat kan veroorsaak dat plaaslike
      regeringsamptenare nie omgee oor die behoorlike bestuur van finansies nie. ()
   werkers wat verantwoordelik is om die fondse te bestuur wat ongekwalifiseerd/
      onbevoeg is om die werk te doen () wat kan veroorsaak dat hulle nie die
      finansiële prosesse gehoorsaam wat gevolg moet word nie/in staat is om die
      beleide te implementeer nie. ()
   wanfunksionering/geen/swak leierskap binne plaaslike munisipale strukture wat
      dit onmoontlik maak om die skuldige partye tot verantwoording te roep ()
      gevolglik kan hulle nie verseker dat diegene wat nie die reëls van die finansiële
      prosesse volg nie, die gevolge van hul aksies dra nie. ()
   'n kultuur van begunstiging/nepotisme/baantjies vir boeties/partydigheid wat
      steeds binne munisipale strukture mag bestaan () en gevolglik faal diegene in
      gesag om publieke fondse te bestuur/beheer. ()
   die moontlikheid dat fluitjieblasers gedreig word met afdanking/die dood/
      aanranding/leed aan hul families () en op die manier verseker oortreders dat
      hulle nie blootgestel word nie. ()
   magsmisbruik deur diegene in bestuursposisies wat steeds mag bestaan ()
      aangesien bestuurders nie die korrekte protokol/prosedure wil volg om
      finansiële onreëlmatighede te hanteer nie omdat dit 'n swak refleksie op hulle as
      bestuurders mag wees. ()
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                           15                            DBE/September 2019
                       NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne

      regeringsbeleide oor finansiële prosesse wat nie gevolg word nie () as gevolg
       van politieke verteenwoordiging wat oortreders/ongekwalifiseerde amptenare in
       die posisies hou ten spyte van die feit dat hulle nie hul verantwoordelikhede
       nakom nie.()
      kollegas/fluitjieblasers wat omgekoop word () en gevolglik gaan die oortreders
       voort met die misbruik van fondse. ()
      Enige ander DRIE relevante antwoorde vir TWEE punte elk.                     (3x2)       (6)

Beveel TWEE praktiese maniere aan waarop plaaslike gemeenskappe kan help
om die wanbestuur van openbare fondse deur munisipaliteite te voorkom. Vir
ELKE aanbeveling dui ook aan hoe ELKE aksie kan help om wanbestuur te
voorkom.

Punte moet as volg toegeken word:
DRIE punte elk () vir TWEE antwoorde wat goed verduidelik is.

NOTA AAN ONDERWYSER:
   In hierdie vraag moet kandidate se antwoorde in vol sinne geskryf word.
     Dus, vir 'n 3-punt antwoord kan en behoort 3, 2, en 1 of 0 (nul) aan
     kandidate toegeken te word, afhangende wat die vlak van die antwoorde
     is.
   Om die volle drie punte toe te ken, moet kandidate 'n stelling gee, () die
     stelling motiveer () en 'n resultaat/uitkoms gee. ()

Gemeenskapslede kan…
   die kwartaalikse wyksvergaderings bywoon waar finansiële verslae bespreek
    word() en sodoende die geleentheid gebruik om insig te kry in die finansiële
    verslae () wat as bewyse/gronde kan dien om aksie te neem en die
    onverskillige maak van uitgawes te stop/beperk. ()
   hulself vergewis van die strukture binne die munisipaliteit () en sodoende
    hulself bemagtig om die gepaste prosedure te volg om die wanbestuur van
    fondse teen te werk () en op die manier verseker dat hulle weet hoe om te
    werke te gaan om gevalle van wanbestuur aan te meld. ()
   hul kommer/vrae oor vermoedelike misbruik van fondse aan munisipale
    bestuurders rig () en sodoende verseker dat bestuurders bewusgemaak word
    van sulke optrede () en dit mag verseker dat amptenare verantwoordelik
    gehou word om geld verantwoordelik te spandeer. ()
   petisies/appèlle by hul munisipale bestuurders indien () om die wanoptrede
    van oortreders aan te spreek () en dit mag verseker dat die finansiële
    beleide/munisipale wette ten alle tye toegepas word. ()
   oproepe maak/briewe skryf/munisipale amptenare besoek () om te versoek
    dat daar gekyk word na kwessies van wanbestuur/misbruik van publieke fondse
    waarvan hulle bewus sou word () en op die manier mag munisipale amptenare
    bewus wees van die publieke oog op enige wanoptrede rakende die bestuur
    van publieke fondse. ()
   vereis dat daar verteenwoordiging is van vrywillige gemeenskapslede op
    finansiële komitees wat vertroud is met finansiële sake () om deel te wees van
    die besluitnemingsprosesse rakende finansiële uitgawes () en op die manier
    kan dit hulle in staat stel om die behoorlike bestuur van publieke fondse te
    monitor. ()
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                           16                           DBE/September 2019
                       NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne

      jeugraadslede nomineer met 'n akademiese agtergrond van finansiële bestuur
       () wat in staat kan wees om vars en innoverende maniere te bied om die
       misbruik van publieke fondse teen te werk () en op die manier kan hulle
       oplossings bied om behoorlike finansiële bestuur binne die munisipale strukture
       te verseker. ()
      hul demokratiese reg as verantwoordelike burgers uitoefen () deur hul stem te
       laat hoor teen die onbehoorlike gebruik van publieke fondse () en dit mag
       strenger fiansiële beheer waarborg oor fondse wat toegeken is vir die lewering
       van dienste aan die plaaslike gemeenskap. ()
      Enige ander TWEE relevante antwoord vir DRIE punte elk.                    (2x3)        (6)
                                                                                               [15]

VRAAG 5

Kandidaat se antwoord moet in paragrawe wees.

Definieer die term veldtog en noem TWEE voordele vir die jeug wat aan teen-
middelmisbruikveldtogte deelneem.
Punte moet as volg toegeken word:
EEN punt () vir die definisie en EEN punt () vir die elke voordeel.

Definisie:

'n Veldtog is...
     'n reeks aksies vir of teen situasies met die doel om positiewe verandering
       teweeg te bring. ()
     aktiwiteite/georganiseerde aksies in 'n gemeenskap wat ten doel het om
       spesifieke doelwitte in die samelewing te bereik. ()
     beplande geleenthede waar mense oor 'n tydperk betrek word om 'n spesifieke
       uitkoms te bereik. ()
     Enige ander relevante antwoord vir EEN punt.                                (1)

                                           EN

Voordele:

Dit mag die jeug die geleentheid bied om...
     hul ervaring/idees oor die risiko's van middelmisbruik te deel. ()
     bewus te word van die negatiewe gevolge van middelmisbruik. ()
     as getuie te dien van die skadelike effek wat middelmisbruik mag hê op 'n
      persoon. ()
     die impak van middelmisbruik te verstaan vanuit hul portuur se
      perspektief/seining. ()
     'n platform vir ander jongmense te skep om oor kwessies te praat/kwessies te
      hanteer wat moeilik is om met hul ouers/familie/voogde te bespreek. ()
     'n lewende getuie te wees dat dit moontlik is om 'n mens se lewe te
      verander.()                                                                             (3)
     Enige ander TWEE relevante antwoorde vir EEN punt elk.                    (2x1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                           17                           DBE/September 2019
                       NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne

Bespreek DRIE bydraende faktore wat kan lei tot 'n verhoogde getal leerders wat
middele in skole misbruik.

Punte moet as volg toegeken word:
TWEE punte elk () vir DRIE antwoorde wat goed verduidelik is.

Moontlike antwoorde:
   Middele mag maklik bekombaar wees vir leerders in skole/dwelmbase mag
     handelaars binne die skool hê () wat tot die versoeking mag lei om
     dwelmgebruik te wil ervaar. ()
   Nie genoegsame monitering deur gesagsfigure op die skoolgronde nie () mag
     dit maklik maak vir leerders om toegang te hê en hierdie onwettige middele te
     begin gebruik. ()
   Die meeste skole het nie voorkomende maatreëls in plek nie () wat dit
     makliker maak vir handelaars om kwesbare leerders te bereik. ()
   Sommige skole mag nalaat om die effektiwiteit van die veiligheidsmaatreëls wat
     hulle reeds in plek het, gereeld te hersien () wat steeds ongemagtigde lede
     van die publiek toegang tot die skoolperseel mag gee. ()
   'n Tekort aan opvoeding oor die gevare van middelmisbruik in die meeste skole
     () mag daartoe lei dat leerders nie bewus is van die feite oor die saak nie. ()
   Akademiese/portuurdruk/persoonlike probleme () mag leerders dryf om
     middele te begin misbruik as 'n hanteringsstrategie. ()
   Te min ondersteuning van die skoolgemeenskap om leerders te beskerm teen
     gemeenskapslede wat die middele beskikbaar maak aan hierdie leerders ()
     mag bydra tot die styging in die aantal leerders wat aan hierdie onwettige
     aktiwiteite blootgestel word. ()
   Enige ander DRIE relevante antwoord vir TWEE punte elk.                       (3x2)        (6)

Beveel TWEE praktiese strategieë aan wat deur die Nasionale Departement van
Maatskaplike Ontwikkeling geïmplementeer kan word om te verseker dat die
veldtog doeltreffend is. Vir ELKE antwoord dui ook aan hoe ELKE strategie tot
die sukses van die veldtog kan bydra.

Punte moet as volg toegeken word:
DRIE punte elk () vir TWEE antwoorde wat goed verduidelik is.

NOTA AAN ONDERWYSER:
   In hierdie vraag moet kandidate se antwoorde in vol sinne geskryf word.
     Dus, vir 'n 3-punt antwoord kan en behoort 3, 2, en 1 of 0 (nul) aan
     kandidate toegeken te word, afhangende wat die vlak van die antwoorde
     is.
   Om die volle drie punte toe te ken, moet kandidate 'n stelling gee, () die
     stelling motiveer () en 'n resultaat/uitkoms gee. ()

Die Nasionale Departement van Maatskaplike Ontwikkelling kan…
    plaaslike koerante/pamflette/reklameborde/televisie/sosiale media platforms
      gebruik om die publiek in te lig/bewus te maak van veldtogte wat gehou gaan
      word in hul onmiddellike gemeenskap () om te verseker dat die boodskap
      versprei word () en op die manier kan die voornemende teikengroep bereik
      word. ()
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                            18                            DBE/September 2019
                        NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne

      behoorlike navorsing doen in die areas wat die veldtogte die meeste nodig het
       () om sodoende die mees gepaste programme te ontwikkel vir hierdie inisiatief
       in die spesifieke gemeenskap () en mag op die manier verseker dat die planne
       in die behoefte van die spesifieke gemeenskap voorsien. ()
      wys maatskaplike werkers toe aan skole/op kampusse/in spesifieke areas in die
       gemeenskap () om sodoende aandag te skenk aan die leerders/studente/
       jongmense/mense wat berading/advies nodig het terwyl die veldtog aan die
       gang is() en op die manier enige moontlike faktore wat teen hulle mag werk,
       uitskakel/elimineer en sodoende die sukses van die program verseker. ()
      ouers/familielede/vriende nooi om die vergaderings vir ondersteuningsgroepe
       by te woon () en gevolglik gemeenskapsbetrokkenheid uitbrei () wat kan lei
       tot 'n groter ondersteuningsbasis vir slagoffers en daardeur die sukses van die
       veldtog verseker. ()
      voortdurend met die gemeenskap skakel deur middel van sosiale netwerke ()
       wat 'n volhoubare medium gebruik kan word om die ingesteldheid teenoor die
       veldtog te verander () en dit mag 'n groter aantal mense beïnvloed/inspireer
       om aan die aktiwiteite van die veldtog deel te neem. ()
      die jeug mobiliseer om deel te wees van die beplanningsproses van die
       veldtog() wat weer hulle portuur mag beïnvloed om dieselfde te doen () en
       op die manier mag die jeug as teikengroep meer betrokke raak by die veldtog.
       ()
      kleiner inisiatiewe in al die geïdentifiseerde gemeenskappe begin () om die
       doelwitte van die veldtog te bevorder () en sekere aspekte van die programme
       mag op die manier meer effektief werk in kleiner groepe. ()
      bewusmaking van die veldtog skep by kerke/plekke van aanbidding/
       gemeenskapsgebaseerde organisasies, bv. huise van veiligheid, deur die
       verspreiding van pamflette/brosjures/gratis koerante/praatjies () sodat groter
       groepe mense makliker bereik kan word () en op die manier kan meer mense
       betrokke raak om op te staan teen middelmisbruik in hul gemeenskappe/te
       beveg.()
      programme wat teen middelmisbruik gemik is in opvoedkundige instellings
       uitrol() wat kan help om leerders/studente wat verslaaf is, te identifiseer en in
       rehabilitasieprogramme te plaas () en kan die veldtog suksesvol wees
       aangesien vroeë ontdekking en intervensie gedoen word. ()
      al die nodige inligting (datum/tyd/plek/doel) rakende die veldtog aan
       gemeenskappe verskaf () om sodoende te verseker dat almal die korrekte
       inligting ontvang () en op die manier diegene wat geraak word,/die relevante
       mense teiken om deel te neem in/wees van die veldtog. ()
      Enige ander TWEE relevante antwoorde vir DRIE punte elk.                      (2x3)       (6)
                                                                                                 [15]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                           19                           DBE/September 2019
                       NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne

VRAAG 6

Kandidaat se antwoord moet in paragrawe wees.

Identifiseer die relevante Arbeidswet met betrekking tot siekteverlof in die
scenario hierbo en gee TWEE redes hoekom werkers die regulasies oor die
neem van verlof behoort te ken.

Punte moet as volg toegeken word:
 EEN punt () vir die Arbeidswet en EEN punt ()() vir elke rede.

Arbeidswet:
    Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV), 75 van 1997 ()                     (1)

                                           EN

Werkers behoort die regulasies te ken sodat hulle kan weet…
   wat die reëls behels ten opsigte van die verskillende tipe verlof (bv. siekte-/
     jaarlikse/spesiale/kraamverlof). ()
   watter vereiste dokumente nodig is vir die verskillende tipe verlof wat geneem
     kan word. ()
   teen wanneer die relevante dokumente by die werkgewer ingedien moet
     word.()
   wat die reëls met betrekking tot die indien van mediese sertifikate vir
     siekteverlof is. ()
   hoe hulle salarisse geaffekteer mag word indien hulle die aantal dae wat
     toegeken is vir siekteverlof, uitgeput het. ()
   wat die gevolge kan wees, sou hulle enige van die regulasie met betrekking tot
     verlof verbreek. ()                                                                      (3)
   Enige ander TWEE relevante antwoorde vir EEN punt elk.                      (2x1)

Hoe dink jy het die werkgewer tot die gevolgtrekking gekom dat die werker se
mediese sertifikate in die bostaande scenario vervals was? Bespreek DRIE
moontlike redes.

Punte moet as volg toegeken word:
TWEE punte elk () vir DRIE antwoorde wat goed verduidelik is.

Moontlike antwoorde:
     Die werker kon met die datums/handskrif op die mediese sertifikaat gepeuter
        het () wat agterdog kon wek dat die sertifikate vervals was. ()
     Die werkgewer kon bewus wees van vorige wangedrag deur die werker ()
        wat tot nader ondersoek van die mediese sertifikate kon lei en gevolglik
        ontdek is dat die vervals is. ()
     Die werker kon mediese sertifikate ingedien het wat nie deur geregistreerde
        mediese praktisyns/praktisyns wat nie by die Professionele Gesondheidsraad
        van Suid-Afrika geregistreer is nie, uitgereik en onderteken is nie () wat dan
        kon impliseer/beteken dat die sertifikate nie eg was nie. ()

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                            20                            DBE/September 2019
                        NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne

         Daar kon 'n patroon van swak werksbywoning van die werker wees wat in die
          verlede vervalste sertifikate ingedien het () wat kom bevestig dat hy/sy 'n
          geskiedenis het van nie die maatskappy se beleide/prosedures volg nie, wat
          tot die werkgewer se gevolgtrekking gelei het dat hy/sy die mediese
          sertifikate kon vervals het. ()
         Die mediese sertifikate het dalk nie al die vereiste inligting van die mediese
          praktisyn aangedui nie () en kon daarom nie as geldig aanvaar word nie.()
         Die werkgewer kon algemene navrae gedoen het oor die werker se besoek
          aan die dokter () wat kon aandui dat die inligting op die mediese sertifikaat
          nie betroubaar was nie. ()
         Die werkgewer kon bewyse op sosiale media/by medewerkers kry dat die
          werklik eintlik by sosiale aktiwiteite betrokke was tydens die tydperk wat die
          werker kwansuis siek was () wat bevestig het dat die mediese sertifikate
          nie sy/haar ware mediese kondisie gereflekteer het nie. ()
         Die mediese sertifikate kon uitgereik gewees het deur 'n praktisyn wat
          bekend is vir die uitreiking van vervalste sertifikate () wat kommer kon wek
          dat die sertifikate nie wettig was nie.
         Enige ander DRIE relevante antwoorde vir TWEE punte elk.                    (3x2)       (6)

Beveel TWEE praktiese maniere aan waarop werkgewers werksetiek kan versterk
om afwesigheid in die werkplek teen te werk. Vir ELKE antwoord dui ook aan hoe
ELKE maatreël die werksetiek van werkers kan verbeter.

Punte moet as volg toegeken word.
DRIE punte elk () vir TWEE antwoorde wat goed verduidelik is.

NOTA AAN ONDERWYSER:
   In hierdie vraag moet kandidate se antwoorde in vol sinne geskryf word.
     Dus, vir 'n 3-punt antwoord kan en behoort 3, 2, en 1 of 0 (nul) aan
     kandidate toegeken te word, afhangende wat die vlak van die antwoorde
     is.
   Om die volle drie punte toe te ken, moet kandidate 'n stelling gee, () die
     stelling motiveer () en 'n resultaat/uitkoms gee. ()

Werkgewers kan…
      die verwagtinge ten opsigte van aanwesigheid by die werk gereeld
       beklemtoon () sodat alle werkers ten alle tye duidelikheid kan hê daaroor()
       en dit mag verseker dat hulle ten alle tye verantwoordelike keuses sal maak
       oor werk toe te kom. ()
      die beleid vir werksbywoning voortdurend afdwing () sodat werkers die erns
       daarvan kan besef () en sodoende mag daar meer dissipline wees ten
       opsigte van bywoning in die werksplek. ()
      seker maak dat alle werkers weet wat om te doen wanneer hulle laat sou
       wees/'n dag sou mis () sodat hulle die gepaste prosedure kan volg () en
       sodoende verseker dat hul afwesigheid van die werk nie hul produktiwiteit
       negatief beïnvloed nie. ()
      die bedrag wat vir tyd-af toegestaan word, evalueer () wat
       beplande/onbeplande afwesigheid van werk kan verminder () en dit mag
       werkers se toewyding tot die werk verbeter. ()

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Life Orientation October 2019 Memo Eng rewrite](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-october-2019-memo-eng-rewrite/9080e14f-31c0-4cc6-bd8d-c7ebb07089c2) — Life Orientation · Memo · 2019 · Eng
- [Life Orientation September 2019 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-september-2019-memo-eng/55085aef-0184-45ca-af52-34667ce6c138) — Life Orientation · Memo · 2019 · Eng
- [Life Orientation October 2019 Memo Afr rewrite](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-october-2019-memo-afr-rewrite/a0cc817c-b0bd-4524-8029-ef27c3e8d536) — Life Orientation · Memo · 2019 · Afr
- [Life Orientation September 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-september-2019-afr/80e5b2b4-9baa-4a12-84f8-dce5fa2d6007) — Life Orientation · QP · 2019 · Afr
- [Life Orientation September 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-september-2019-eng/a1270b5e-62bf-41a1-ad53-16931f0f6473) — Life Orientation · QP · 2019 · Eng
- [Life Orientation September 2023 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-september-2023-mg-eng/be6d5213-b7eb-4309-8697-c72e689d4c1a) — Life Orientation · Memo · 2023 · Eng

## More from Grade 12 Life Orientation

- [Gr 12 Teacher s Guide (moderated)](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-teacher-s-guide-moderated/edfad90f-26e9-4c9a-8675-fb4b70efa861) — Guide
- [Gr 12 LO ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-lo-atp-2023-24/589ac481-b8bd-47bf-8f5f-622e6c43559a) — ATP
- [LIFE ORIENTATION GRADE 12 GUIDE FOR LEARNERS IN PREPARATION](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-grade-12-guide-for-learners-in-preparation/4cbe4f78-ed37-4854-b10a-324af4cbb09a) — QP
- [LIFE ORIENTATION GRADE 12 NOTES](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-grade-12-notes/61b25c4c-69f0-4ecc-8253-a481c31acdb1) — QP
- [Grade 12 Life Orientation Summaries](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-life-orientation-summaries/96777165-0e60-4c42-a65d-6bacf5fc3919) — QP
- [Life Orientation Survival Kit](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-survival-kit/2cf9dd76-141c-4e1c-839c-600c620b0477) — QP

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
