# Life Orientation Grade 12 NSC November 2021 QP (Afr)

> Grade 12 Life Orientation question paper from the NSC November Exam 2021 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-september-2021-afr/3ff93059-5e3b-43b3-9e3a-9a8d857c8a4c
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Orientation
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Orientation](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-orientation) › [Life Orientation Grade 12 NSC November 2021 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-september-2021-afr/3ff93059-5e3b-43b3-9e3a-9a8d857c8a4c)

## About this document

Life Orientation · Grade 12 · NSC November Exam · 2021. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                             LEWENSORIËNTERING

                       ALGEMENE ASSESSERINGSTAAK

                                6 SEPTEMBER 2021

PUNTE: 100

TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                            2                    DBE/September 2021
                              NSS – Algemene Assesseringstaak

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit drie afdelings, naamlik AFDELING A,
         AFDELING B en AFDELING C.

2.       Die vrae in AFDELING A en AFDELING B is VERPLIGTEND.

3.       Beantwoord enige TWEE vrae in AFDELING C.

4.       Lees AL die vrae aandagtig deur.

5.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

6.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                               3                            DBE/September 2021
                                  NSS – Algemene Assesseringstaak

AFDELING A (VERPLIGTEND)

Beantwoord AL die vrae in hierdie afdeling.

VRAAG 1

1.1     Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
        Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
        (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.6 D.

        1.1.1       'n Funksie van die Nasionale Normtoets (NNT) kan wees om ...
                    A    'n potensiële kandidaat, wat 'n spesifieke studieveld wil volg, se
                         vermoëns, sterk punte en swak punte te bepaal.
                    B    studente te adviseer oor watter tipe finansiële hulp op grond van
                         die toetsresultate vir hulle beskikbaar is.
                    C    te assesseer of potensiële studente vir gewone toelating of
                         uitgebreide programme in 'n spesifieke kursus kwalifiseer.
                    D    tersiêre instansies in staat te stel om studente in enige ander
                         studieveld te plaas wat op daardie tydstip beskikbaar is.
        1.1.2       Verduistering is 'n onwettige handeling om ...
                    A    geld, goedere of eiendom te bekom deur ander mense te mislei.
                    B    iets, veral geld, deur dwang of dreigemente te verkry.
                    C    gratis vergoeding te gee of te ontvang om iemand se aksies te
                         beïnvloed.
                    D    in die geheim geld te neem wat aan die maatskappy waarvoor jy
                         werk, behoort.
        1.1.3       Voorbeelde van gesondheidsverwante komponente van fiksheid:
                    A    Liggaamsamestelling, spieruithouvermoë en reaksietyd
                    B    Spieruithouvermoë, kardiovaskulêre fiksheid en soepelheid
                    C    Koördinasie, kardiovaskulêre fiksheid en spierkrag
                    D    Kardiovaskulêre fiksheid, soepelheid en liggaamsamestelling

        1.1.4       'n Evaluering van 'n impakstudie word gedoen om ...
                    A    al die nodige hulpbronne gereed te hê om die ingryping te voltooi.
                    B    die stappe te identifiseer wat nodig is om daardie spesifieke
                         ingryping uit te voer.
                    C    te besluit wie in beheer van die uitvoer van die ingryping sal wees.
                    D    die veranderinge as gevolg van spesifieke ingryping te bepaal.
        1.1.5       Die Wet op Gelyke Indiensneming (WGI), 1998 (Wet 55 van 1998) het
                    ten doel om ... te reguleer.

                    A    sielkundige toetsing en assessering van voornemende werknemers
                    B    die reg van werkers om nie by die werkplek uitgesluit te word
                         terwyl hulle staak nie
                    C    deelname van werknemers aan besluitneming deur middel van
                         werkplekforums
                    D    indiensneming van jong kinders onder die minimum
                         skoolverlatingsouderdom                                 (5 x 1)            (5)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                               4                                DBE/September 2021
                                  NSS – Algemene Assesseringstaak

1.2     Gee EEN woord/term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs
        die woord/term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.3) in die
        ANTWOORDEBOEK neer.
        1.2.1       'n Toestand wat vermy kan word deur gereeld water tydens liggaamlike
                    opvoedingsaktiwiteite te drink                                                      (1)
        1.2.2       Die term wat 'n persoon beskryf wat 'n uitsonderlike vermoë, kennis en
                    gesonde verstand oor die gebruik van moderne tegnologie toon                        (1)
        1.2.3       Die vermoë om 'n beheerde liggaamsposisie tydens 'n dansbeweging
                    te handhaaf                                                                         (1)

1.3     Beantwoord die volgende vrae deur die antwoord langs die vraagnommers
        (1.3.1 tot 1.3.4) in die ANTWOORDEBOEK te skryf. Skryf jou antwoorde in
        volsinne.

        1.3.1       Gee TWEE voorbeelde van moontlike geslagsongelykheidspraktyke in
                    die werkplek.                                            (2 x 1)                    (2)
        1.3.2       Verduidelik hoekom die rook van sigarette 'n negatiewe uitwerking op
                    jou fisiese voorkoms kan hê.                                  (1 x 2)               (2)
        1.3.3       Hoekom, dink jy, behoort munisipaliteite regulasies gereeld aan te
                    pas?                                                        (2 x 1)                 (2)
        1.3.4       Bespreek die belangrikheid daarvan om haalbare gesondheids- en
                    fiksheidsdoelwitte te stel.                             (1 x 2)                     (2)

1.4       Lees die bron hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Skryf jou
          antwoorde in volsinne.

                           ENTREPRENEURSKAP: PLAN A, B of C?

                RISIKONEMER

           [Aangepas uit www.entrepreneur-headlines.co.za. Toegang op 16 Februarie 2021 verkry.]

        1.4.1       Verduidelik waarom entrepreneurs risikonemers moet wees.              (1 x 2)       (2)

        1.4.2       Beveel EEN manier aan waarop 'n potensiële entrepreneur kan bepaal
                    of 'n besigheidsgeleentheid finansieel lewensvatbaar sal wees.
                    Motiveer jou antwoord.                                      (1 x 2)                 (2)
                                                                      TOTAAL AFDELING A:                20
Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                            5                                  DBE/September 2021
                               NSS – Algemene Assesseringstaak

AFDELING B (VERPLIGTEND)

Beantwoord AL die vrae in hierdie afdeling. Skryf jou antwoorde in volsinne.

VRAAG 2

Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                      DIE BELANGRIKHEID VAN KOMMUNIKASIE

Ons persoonlikhede beïnvloed hoe doeltreffend ons met ander kommunikeer. Daarom
is dit nodig om gepaste persoonlikheidseienskappe te ontwikkel om verskillende
persoonlikhede, emosies en konfliksituasies in die lewe doeltreffend te hanteer.

Om emosioneel gesond te wees, beteken nie noodwendig dat jy die heeltyd gelukkig is
of dat jy met jouself en jou verhoudings met ander tevrede is nie. Dit beteken eerder
dat jy van jou gevoelens en gedagtes oor jouself, sowel as dié van ander, bewus is.

Hierdie bewustheid en erkenning kan jou help om beter hanteringstrategieë te
ontwikkel wat gebruik kan word om konflik of veranderinge in verhoudings te hanteer.

                         [Aangepas uit www.familydoctor.org. Toegang op 25 Januarie 2021 verkry.]

2.1    Gee 'n definisie vir die term persoonlikheid.                                     (1 x 2)       (2)

2.2    Noem TWEE faktore wat daartoe kon bydra dat 'n jong persoon positiewe
       persoonlikheidseienskappe tydens die kinderjare ontwikkel het. (2 x 1)                          (2)

2.3    Verduidelik hoe 'n negatiewe houding teenoor die lewe jou kommunikasie met
       ander kan beïnvloed.                                                (1 x 2)                     (2)

2.4    Bespreek waarom die vermyding van konflik vir enige verhouding ongesond is.
                                                                            (2 x 2)                    (4)

2.5    Waarom, dink jy, kan skikking (kompromieë aangaan) nie altyd as die mees
       ideale manier beskou word om meningsverskille op te los nie?       (2 x 2)                      (4)

2.6    Hoe sou jy jou manier om veranderinge in enige verhouding te hanteer,
       verbeter? Dui ook in ELKE antwoord aan hoe die verbetering van hierdie
       hanteringsvaardighede jou kan help om die veranderinge in jou verhoudings te
       aanvaar.                                                              (2 x 3)                   (6)
                                                                                                       [20]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                              6                                 DBE/September 2021
                                 NSS – Algemene Assesseringstaak

VRAAG 3

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                  OORLEEF EKSAMENS

Die aflê van eksamens is bewys as die moeilikste aspek van algemene assessering
van studente. Die meeste studente druip 'n assessering, nie omdat hulle die inhoud nie
ken nie, maar omdat hulle nie die vrae binne die bepaalde tyd doeltreffend kan
beantwoord nie.

Om jou inhoud te ken, beteken nie altyd dat jy eksamenvrae suksesvol kan
beantwoord nie omdat daar faktore is, soos hoe om angs te hanteer, wat 'n bepalende
rol in jou sukses in 'n eksamen speel.

Interessant genoeg is eksamenskryfvaardighede, soos tydsbestuur, tipiese lewens-
vaardighede, want dit kan gebruik word om die daaglikse vereistes van die lewe te
hanteer.

        [Aangepas uit www.study-help/understanding-question. Toegang op 15 Februarie 2021 verkry.]

3.1      Gee 'n definisie vir die term studievaardighede.                                 (1 x 2)       (2)

3.2      Onderskei tussen die volgende aksiewoorde soos dit in 'n eksamenvraestel
         gebruik word:
             Illustreer
             Identifiseer                                                                (1 x 2)       (2)

3.3      Verduidelik EEN voordeel daarvan om jou antwoorde te beplan wanneer jy 'n
         eksamen aflê.                                                    (1 x 2)                       (2)

3.4      Bespreek TWEE maniere waarop jy tydens 'n eksamensessie angs
         doeltreffend kan hanteer.                              (2 x 2)                                 (4)

3.5      Assesseer hoe tydsbestuursvaardighede jou kan help om doeltreffend in jou
         graad 12-assesserings te presteer.                                (2 x 2)                      (4)

3.6      Hoe sal jy jou leesvaardighede aanpas om eksamenvrae doeltreffend te
         beantwoord? Dui ook in ELKE antwoord aan hoe dit jou vermoë kan verbeter
         om maksimum punte vir 'n vraag te behaal.                        (2 x 3)                       (6)
                                                                                                        [20]

                                                                      TOTAAL AFDELING B:                40

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                             7                                 DBE/September 2021
                                NSS – Algemene Assesseringstaak

AFDELING C

Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.

Jou antwoorde moet uit paragrawe bestaan. Punte sal SLEGS toegeken word vir
antwoorde wat in volsinne geskryf is.

VRAAG 4

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                     DIE VERWOESTING VAN KRISISSE EN RAMPE

Die onvoorsiene verwoesting wat veroorsaak is deur wêreldwye krisisse en rampe,
soos die Covid-19-pandemie en MIV/Vigs, het 'n beduidende uitwerking op mense
dwarsoor die wêreld gehad. Die vinnige verspreiding van sulke siektes veroorsaak
wêreldwye krisisse wat 'n ernstige impak op die lewensbestaan1 van mense het.

Woordelys:

¹lewensbestaan: inkomste, indiensneming, besigheid en werk

             [Aangepas uit https://www.medicalnewstoday.com. Toegang op 29 Januarie 2021 verkry.]

Skryf paragrawe oor krisisse en rampe.

Gebruik die volgende as 'n riglyn:

   Noem VIER voordele vir 'n persoon wat 'n siekte vroeg genoeg ontdek.                 (4 x 1)       (4)

   Analiseer die negatiewe uitwerking van mense se persoonlike sieninge oor
    aansteeklike siektes op die gesondheid en veiligheid van mense.   (2 x 4)                          (8)

   Evalueer die impak van 'n krisis, soos die wêreldwye Covid-19-pandemie, op die
    huidige tendense in die arbeidsmark.                                    (2 x 4)                    (8)
                                                                                                       [20]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                              8                                  DBE/September 2021
                                 NSS – Algemene Assesseringstaak

VRAAG 5

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                          KRITIESE ANALISE VAN DIE MEDIA

Beperkings op die vryheid om jou mening te gee, verseker openbare veiligheid, terwyl
die toenemende digitale gaping1 tussen verskillende groepe in die samelewing 'n
negatiewe uitwerking op toegang tot inligting vir almal het.

Woordelys:

¹digitale gaping: ongelykhede om toegang tot inligting en kommunikasietegnologie te
verkry

                      [Aangepas uit https://www.justice.gov.za. Toegang op 29 Januarie 2021 verkry.]

Skryf paragrawe oor beperkinge en toegang tot inligting.

Gebruik die volgende as 'n riglyn:

   Noem VIER maniere waarop die media toegang tot inligting vir alle gemeenskappe
    kan verseker.                                                            (4 x 1)                     (4)

   Analiseer hoe beperkings op die media se reg op vryheid om hulle menings te
    gee, kan help om openbare veiligheid te bevorder.                    (2 x 4)                         (8)

   Bespreek krities die impak van die toenemende digitale gaping op verskillende
    groepe in die samelewing, spesifiek die armer gemeenskappe.           (2 x 4)                        (8)
                                                                                                         [20]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                               9                                 DBE/September 2021
                                 NSS – Algemene Assesseringstaak

VRAAG 6

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                           OM BETEKENIS IN WERK TE VIND

Om werk as betekenisvol te ervaar, is iets wat elke werker behoort te beleef. Sommige
mense kan egter nie betekenis in hulle werk vind nie, dus sal hulle heel waarskynlik
oneties in die werkplek optree.

         [Aangepas uit https://sloanreview.mit.edu/article/what-makes-work-meaningful-or-meaningles.
                                                                 Toegang op 3 Desember 2020 verkry.]

Skryf paragrawe oor die waarde van werk en werksetiek.

Gebruik die volgende as 'n riglyn:

   Noem VIER maniere waarop werk jou kan laat voel dat jy 'n doel in die lewe het.
                                                                               (4 x 1)                 (4)

   Analiseer waarom dit vir alle werkers nodig is om die vereiste etiese gedrag in die
    werkplek te volg.                                                           (2 x 4)                (8)

   Bespreek krities die belangrikheid daarvan om jou kernwaardes te verstaan om te
    verseker dat jy betekenis in jou werk vind.                              (2 x 4)                   (8)
                                                                                                       [20]

                                                                       TOTAAL AFDELING C:              40
                                                                           GROOTTOTAAL:                100

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Life Orientation September 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-september-2021-eng/5738c74f-dd01-42be-ad40-a8363bb51448) — Life Orientation · QP · 2021 · Eng
- [Life Orientation September 2021 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-september-2021-mg-afr/c9ceba79-b8bc-4af8-996f-76fd0be52456) — Life Orientation · Memo · 2021 · Afr
- [Life Orientation September 2021 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-september-2021-mg-eng/a34d56d1-636e-402c-9901-8895032d660a) — Life Orientation · Memo · 2021 · Eng
- [Life Orientation GR 12 Examination Guideline 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-gr-12-examination-guideline-2021-eng/ca702858-1631-4ebf-8970-419919fe3a89) — Life Orientation · QP · 2021 · Eng
- [Life Orientation GR 12 Examination Guideline 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-gr-12-examination-guideline-2021-afr/87665638-aad7-433f-9259-36905efe6608) — Life Orientation · QP · 2021 · Afr
- [Life Orientation September 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-life-orientation-2025-nsc-november-exam-question-paper/abe2aa0a-60a9-4cc2-ac95-868fd62f2f43) — Life Orientation · QP · 2025 · Afr

## More from Grade 12 Life Orientation

- [Gr 12 Teacher s Guide (moderated)](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-teacher-s-guide-moderated/edfad90f-26e9-4c9a-8675-fb4b70efa861) — Guide
- [Gr 12 LO ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-lo-atp-2023-24/589ac481-b8bd-47bf-8f5f-622e6c43559a) — ATP
- [Life Orientation Survival Kit](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-survival-kit/d44546d3-bbeb-4310-83d2-878410571d70) — Guide
- [Life Orientation September 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-life-orientation-2025-nsc-november-exam-memorandum/3eb9235f-a07f-4bed-bb32-8316c569d9a4) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Orientation September 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-life-orientation-2025-nsc-november-exam-memorandum/b8c3fc57-e7ff-493a-ba1a-3786633b3d49) — Memo · 2025 · Eng
- [LO CAT APPROVED MARKING GUIDELINE ENGLISH watermark](https://www.hlayiso.com/library/lo-cat-approved-marking-guideline-english-watermark/90848a33-8520-43a5-a5c1-c839b0c4a33e) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
