# Life Orientation Grade 12 NSC November 2021 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Life Orientation memorandum from the NSC November Exam 2021 (Afrikaans), 21 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-september-2021-mg-afr/c9ceba79-b8bc-4af8-996f-76fd0be52456
- Updated: 2026-10-29
- Subject: Life Orientation
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2021
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 21

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Orientation](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-orientation) › [Life Orientation Grade 12 NSC November 2021 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-september-2021-mg-afr/c9ceba79-b8bc-4af8-996f-76fd0be52456)

## About this document

Life Orientation · Grade 12 · NSC November Exam · 2021. Memorandum. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                   NASIONALE
                               SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                               LEWENSORIËNTERING

                        ALGEMENE ASSESSERINGSTAAK

                                 6 SEPTEMBER 2021

                                  NASIENRIGLYNE

PUNTE: 100

                      Hierdie nasienriglyne bestaan uit 21 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                             2                            DBE/September 2021
                         NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1       1.1.1      C   ()
          1.1.2      D   ()
          1.1.3      B   ()
          1.1.4      D   ()
          1.1.5      A   ()                                                                    (5)

1.2      1.2.1       Dehidrering/dehidrasie/ontwatering ()

         1.2.2       Kuberkundig/-skrander ()

         1.2.3       Balans ()                                                                 (3)

1.3.     1.3.1.      Gee TWEE voorbeelde van moontlike
                     geslagsongelykheidspraktyke in die werkplek.

                     Punte moet soos volg toegeken word:
                     EEN punt () vir elke antwoord.

                     Moontlike antwoorde kan insluit:
                        Ongelyke betaling vir dieselfde werk wat gedoen word ()
                        Vroue en jongmeisies as objekte beskou ()
                        Sekere geslagte wat meestal die onbetaalde werk doen ()
                        Etikettering/stereotipering op grond van geslag ()
                        Ongelyke geslagsverteenwoordiging ()
                        Diskriminasie gebaseer op geslag/gestremdheid/ras/klas/
                          ouderdom ()
                        Beperkings tot leierskapposisies wat op geslag gebaseer
                          word()
                        Behandeling van vroue/mans/ander geslagte as een
                          homogene/gelyksoortige groep ()
                        Vroue wat beskou word as die swakker geslag wat nie
                          werksdruk kan hanteer nie ()
                        Verwagtinge wat op 'n spesifieke geslag geplaas word wat
                          hulle negatief kan beïnvloed ()
                        'n Spesifieke geslag vir 'n werk kies op grond van
                          selfvertroue/-versekerdheid in plaas van bevoegdheid()
                        Te wyte aan regstellende aksie, mag mans oor die hoof
                          gesien word vir sekere posisies ()
                        Enige TWEE van die bostaande antwoorde vir EEN punt
                          elk.                                                  (2x1)           (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                             3                            DBE/September 2021
                         NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne

         1.3.2       Verduidelik hoekom die rook van sigarette 'n negatiewe
                     uitwerking op jou fisiese voorkoms kan hê.

                     Punte moet soos volg toegeken word:
                     TWEE punte () vir 'n antwoord wat goed verduidelik is.

                     Rook kan…
                        'n tekort aan suurstof in die bloedvate tot gevolg hê () wat
                           _______ kan veroorsaak. (enige een van die volgende
                           kwalifiseerders/motiverings) ()
                           - 'n verandering in velkleur
                           - onegalige velkleur/vlekke/merke op die vel
                           - slegte asem
                           - geel oë
                           - vlekke op die naels/vingers
                        skade aan/verkleuring van die tandvleis en tande
                        lei tot 'n hoë konsentrasie van chemikalieë in die liggaam ()
                           wat _____ kan veroorsaak. (enige een van die volgende
                           kwalifiseerders/motiverings) ()
                           - verslapping van/swakker elastisiteit die vel
                           - diep plooie in die gesig
                        die natuurlike groeiproses van die hare versteur () wat
                           verdunning van die hare/haarverlies/haarloosheid/bles by
                           sommige kan veroorsaak. .()
                        'n afname in aptyt veroorsaak () wat onnatuurlike
                           gewigsverlies tot gevolg kan hê. .()
                        Enige EEN van die bostaande antwoorde vir TWEE punte.
                                                                                   (1x2)        (2)

         1.3.3       Hoekom dink jy behoort munisipaliteite regulasies gereeld aan
                     te pas?

                     Punte moet soos volg toegeken word:
                     EEN punt () vir elke antwoord.

                     Dorpswette behoort aangepas te word, want…
                         die omgewing in 'n gemeenskap waar mense leef, verander
                          van tyd tot tyd. ()
                         verouderde wette kan die gesondheid en veiligheid van
                          mense in gevaar stel. ()
                     Dorpswette behoort aangepas te word om te verseker dat …
                         dit relevant/van toepassing bly tot die steeds veranderende
                          behoeftes van die gemeenskap. ()
                         die prosedures/metodes/praktyke wat gebruik word om alle
                          lede van die gemeenskap te beskerm, effektief is. ()
                         die konstitusionele reg tot 'n veilige samelewing ten alle tye
                          handhaaf word. ()
                         Enige TWEE van die bostaande antwoorde vir EEN punt elk.
                                                                                    (2x1)       (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                             4                             DBE/September 2021
                         NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne

         1.3.4       Bespreek die belangrikheid daarvan om haalbare gesondheids-
                     en fiksheidsdoelwitte te stel.

                     Punte moet soos volg toegeken word:
                     TWEE punte () vir 'n antwoord wat goed verduidelik is.

                     Dit is belangrik sodat dit…
                          makliker kan wees om jouself te reguleer () wat jou kan
                             aanmoedig om verantwoordbaar aan jouself te bly.()
                          jou kan help om spesifiek te wees oor jou doelwitte () wat
                             jou 'n duidelike idee kan oor gee watter aksies jy moet neem
                             om jou doelwitte te bereik. ()
                          jou kanse kan verhoog om jou doelwitte suksesvol te
                             voltooi() wat jou kan motiveer om groter doelwitte te stel
                             namate jy vorder. ()
                          kan verhoed dat jy ontmoedig word deur onrealistiese
                             doelwitte () wat jou kan help om dwarsdeur jou missie
                             gemotiveerd te bly. ()
                          kan verseker dat jy geniet wat jy moet doen om jou doelwitte
                             te bereik () wat kan voorkom dat jy gefrustreerd raak/in die
                             versoeking kom om op te gee op jou doelwitte nie. ()
                          makliker kan wees om jou vordering te monitor () wat jou
                             kan help om gefokus te bly op jou doelwitte. ()
                          Enige EEN van die bostaande antwoorde vir TWEE punte.
                                                                                    (1 x 2)       (2)

1.4      1.4.1       Verduidelik waarom entrepreneurs risiko's behoort te neem.

                     Punte moet soos volg toegeken word:
                     TWEE punte () vir 'n antwoord wat goed verduidelik is.

                     Dit kan…
                          hulle dryf om hulle doelwitte vir die besigheid te bereik ()
                            wat kan help om die sukses van die besigheid te
                            verseker.()
                          nuwe geleenthede skep () wat kan verhoed dat die
                            besigheid moontlik moet sluit/help dat die besigheid groei.()
                          hulle help om mislukking te aanvaar wat gepaard gaan met
                            risiko's neem () wat hulle kan toelaat om mislukking te sien
                            as 'n geleentheid om te leer/verbeter. ()
                          innoverende idees aanwakker om nuwe produkte/dienste te
                            lewer () wat kan verseker dat hulle die kan voorsien in die
                            veranderende behoeftes van kliënte/nuwe kliënte kan
                            trek.()
                          hulle help om die vrees vir mislukking te oorkom () wat hulle
                            meer vertroue kan gee om nuwe uitdagings die hoof te
                            bied.()
                          hulle help om hulle sterk- en swakpunte te ontdek () wat
                            hulle kan motiveer om nuwe vaardighede aan te leer en die
                            bestaande vaardighede te ontwikkel. ()
                          Enige EEN van die bostaande antwoorde vir TWEE punte.
                                                                                    (1 x 2)       (2)
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                             5                            DBE/September 2021
                         NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne

         1.4.2       Beveel EEN manier aan waarop 'n potensiële entrepreneur kan
                     bepaal of 'n besigheidsgeleentheid finansieel lewensvatbaar
                     sal wees. Motiveer jou antwoord.

                     Punte moet soos volg toegeken word:
                     TWEE punte () vir 'n antwoord wat goed verduidelik is.

                     'n Potensiële entrepreneur kan...
                          vasstel of daar 'n aanvraag/behoefte is vir die produkte/
                            dienste wat hy/sy wil verkoop/lewer () om te bepaal of die
                            produk verkoopbaar is/daar 'n volhoubare kliëntebasis vir die
                            diens is. ()
                          'n geskikte ligging vir die besigheid identifiseer () om te
                            verseker dat potensiële klante maklike toegang tot die
                            besigheid het. ()
                          navorsing doen oor die kompetisie () om verliese as gevolg
                            van oorversadigde mark te voorkom. ()
                          die nismark/'n spesifieke/klein teikengroep in die mark
                            identifiseer () om sodoende 'n gespesialiseerde
                            produk/diens te voorsien wat aan die vereistes van hierdie
                            verbruikers voldoen. ()
                          bepaal wat die lopende uitgawes van die besigheid sal wees
                            (bv. elektrisiteit, telefoon, huur, vervoer) () om 'n balans
                            tussen die inkomste en uitgawes te verseker. ()
                          die besigheids-idee vooraf toets ()om te bepaal of die idee
                            winsgewend sal wees. ()
                          navorsing doen oor hoe om die produk/diens te bemark ()
                            om te verseker dat die besigheid sal suksesvol sal wees. ()
                          Enige EEN van die bostaande antwoorde vir TWEE punte.
                                                                                   (1 x 2)      (2)

                                                                   TOTAAL AFDELING A:           20

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                           6                            DBE/September 2021
                       NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne

AFDELING B (VERPLIGTEND)

1.       In hierdie afdeling moet kandidate se antwoorde sover moontlik in volsinne
         geskryf word. Vir 'n 3- of 4-punt vraag moet 4, 3, 2, 1 of 0 (nul) punte dus
         toegeken word, afhangend van die vlak van die antwoord gegee.
2.       Let daarop dat vir elke kategorie van die kandidate se antwoorde, moet daar
         onderskei word tussen uitstekende, goeie, bevredigende en swak antwoorde.

VRAAG 2

2.1      Gee 'n definisie vir die term persoonlikheid.

         Punte moet soos volg toegeken word:
         TWEE punte () vir 'n antwoord wat goed verduidelik is.

         Definisie:

         Persoonlikheid is...
             'n samestelling van karaktertrekke/-eienskappe of kwaliteite () wat die
               kenmerkende karakter van 'n individu vorm. ()
             die kenmerkende denkpatrone, gevoelens en gedrag () wat 'n
               persoon uniek maak. ()
             'n reeks emosionele kwalitieite, optredes en houdings () wat een
               persoon anders van 'n ander maak. ()
         Persoonlikheid…
             sluit beide die inherente en aangeleerde gedragskenmerke in () wat
               een persoon van 'n ander onderskei. ()
             omvat die gemoedstemmings, houdings en opinies van 'n persoon ()
               wat duideliker uitgebeeld word deur die interaksie met ander
               mense.()
             Enige EEN van die bostaande antwoorde vir TWEE punte.             (1x2)         (2)

2.2      Noem TWEE faktore wat daartoe kon bydrae dat 'n jong persoon
         positiewe persoonlikheidseienskappe tydens kinderjare ontwikkel het.

         Punte moet soos volg toegeken word:
         EEN punt () vir elke voorbeeld.

         Faktore kan insluit:
             Konsekwente/beginselvaste dissiplinêre maatreëls deur ouers/broers
               en susters/onderwysers/versorgers ()
             Dissiplinêre maatreëls wat 'n kind kon lei oor hoe om gop 'n gepaste
               wyse op 'n situasie te reageer ()
             Ouers wat 'n situasie as 'n verenigde front hanteer ()
             Emosionele ondersteuning van ouers/broers en susters/uitgebreide
               familie/portuurs ()
             Blootstelling aan mense met 'n positiewe uitkyk op die lewe ()
             Opgegroei het onder liefdevolle, goedversorgde omstandighede ()
             Gelei was deur kulturele waardesisteme/religieuse-/geloofs-
               oortuigings()
             Enige TWEE van die bostaande antwoorde vir EEN punt elk.        (2x1)           (2)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                           7                            DBE/September 2021
                       NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne

2.3      Verduidelik hoe 'n negatiewe houding teenoor die lewe jou
         kommunikasie met ander kan beïnvloed.

         Punte moet soos volg toegeken word:
         TWEE punte () vir 'n antwoord wat goed verduidelik is.

         Dit kan daartoe lei dat jy…
              bevooroordeeld teenoor ander is () wat kan veroorsaak dat jy altyd
                fout vind met ander wanneer jy met hulle kommunikeer. ()
              afbrekend/kortaf/bars is in jou kommunikasie met mense () wat alle
                vorme van kommunikasie/interaksie kan beperk/miskommunikasie met
                ander kan veroorsaak. ()
              gedurig oor alles kla () wat kan veroorsaak dat mense kommunikasie
                met jou vermy/nie kommunikasie met jou wil aanknoop nie. ()
              altyd dit wat ander sê verwerp/minag () wat kan veroorsaak dat
                mense nie inligting/idees/aangeleenthede met jou wil deel nie. ()
              oordryf/dinge erger maak as wat dit is () wat angstigheid/vrees in
                ander kan wek wanneer hulle met jou kommunikeer. ()
              Enige EEN van die bogenoemde antwoorde vir TWEE punte. (1 x 2)                 (2)

2.4      Bespreek waarom die vermyding van konflik vir enige verhouding
         ongesond is.

         Punte moet soos volg toegeken word:
         TWEE punte () vir elke antwoord wat goed verduidelik is.

          Dit kan…
               mense weerhou daarvan om die konflik op te los () wat die situasie
                 net kan vererger. ()
               veroorsaak dat jy onttrek/in jouself gekeer raak () wat tot
                 onherstelbare verskille in die verhouding kan lei. ()
               die probleem vererger () wat tot verdere/op die lange duur tot ander
                 kwessies kan lei. ()
               bydrae tot die betrokkenes se bestaande emosionele stres () wat die
                 onenigheid/skeuring tussen die partye kan vererger. ()
               veroorsaak dat 'n individu sy/haar ware gevoelens opsy moet skuif ()
                 wat tot frustrasie/ woede kan lei en daardie persoon se gesondheid
                 negatief kan beïnvloed. ()
               die vertroulikheid/nou band in die verhouding benadeel, () want alle
                 openhartige kommunikasie met die ander persoon kan belemmer/
                 beëindig word. ()
               'n verbrokkeling in kommunikasie/gespanne gevoelens teweegbring()
                 aangesien die vertroue en eerlikheid in die verhouding verloor kan
                 word. ()
               Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir TWEE punte elk.
                                                                               (2 x 2)        (4)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                            8                            DBE/September 2021
                        NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne

2.5      Waarom, dink jy, kan skikking (kompromieë aangaan) nie altyd as die
         mees ideale manier beskou word om meningsverskille op te los nie?
         Punte moet soos volg toegeken word:
         TWEE punte () vir elke antwoord wat goed verduidelik is.
          Moontlike antwoorde kan insluit:
             Aangesien 'n skikking/kompromie van beide kante verwag om iets op
               te gee sodat 'n ooreenkoms bereik kan word, () kan dit tot gevolg hê
               dat nie een van die partye tevrede is nie. ()
             Wanneer iemand 'n skikking/kompromie as 'n verskuilde agenda
               gebruik/misbruik maak van die ander persoon se gewilligheid om te
               skik () kan daar mettertyd 'n patroon ontstaan waar een individu altyd
               sy/haar sin mag kry/die ander persoon manipuleer om sy/haar sin te
               kry. ()
             'n Skikking/kompromie kan soms as 'n swakheid geskou word () wat
               kan veroorsaak dat mense hulpeloos/weerloos voel in die situasie. ()
             Sommige mense mag voorgee dat hulle skik/'n kompromie aangaan
               terwyl hulle eintlik heeltemal anders voel oor die situasie () wat tot 'n
               wrok/gegriefdheid/haatdraendheid tussen die partye kan lei.()
             'n Skikking/kompromie kan gesien word as 'n geval waar die ander
               party altyd tevrede gestel word () en dit kan gevoelens van bitterheid
               teenoor die ander party veroorsaak. ()
             Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir TWEE punte elk.
                                                                                  (2x2)        (4)

2.6      Hoe sou jy jou manier om veranderinge in enige verhouding te hanteer,
         verbeter? Dui ook in ELKE antwoord aan hoe die verbetering van hierdie
         hanteringsvaardighede jou kan help om die veranderinge in jou
         verhoudings te aanvaar.
         Punte moet soos volg toegeken word:
         DRIE punte () vir elke antwoord wat goed verduidelik is.

         Jy kan…
             evalueer watter mate van beheer jy oor 'n situasie in die verhouding
               het () deur te bepaal waarvoor jy verantwoordelikheid kan neem ()
               en sodoende mag jy in staat wees om dit te aanvaar wat jy nie kan
               verander in die verhouding nie. ()
             aanvaar dat, om verandering in die lewe te ondervind, onvermydelik
               is() wat jou in staat kan stel om skielike/onverwagse teleurstelling in
               'n verhouding beter te hanteer () en dit kan jou help om die
               uitdagings in 'n verhouding die hoof te bied. ()
             'n bewustelike besluit neem om nie die nodige aksies wat jy in 'n
               spesifieke situasie moet neem, uit te stel nie () sodat jy nie oorweldig
               word deur die onafwendbare nie () en dit kan jou help om vrede te
               maak met jou nuwe situasie. ()
             beter selfsorg uitoefen/beter na jouself omsien wanneer jy enige vorm
               van verlies ervaar (die dood van geliefde/einde van 'n verhouding) ()
               wat jou in staat kan stel om enige vorm van hartseer wat jy mag ervaar,
               beter te hanteer () en dit mag die risiko van angs oor jou
               omstandighede wat verander het, verlaag. ()
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                               9                                   DBE/September 2021
                           NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne

                   meer bedag wees op jou denkpatrone/die manier hoe jy dink () sodat
                    jy in staat kan wees om te evalueer hoe rasioneel/irrasioneel jou denke
                    is () en dit kan jou help om nie soos 'n mislukking te voel omdat jy die
                    ergste verwag in die verhouding nie. ()
                   visualiseer jouself in die toekoms van hierdie veranderde
                    omstandighede () wat jou kan help om meer hoopvol oor die toekoms
                    te wees () en dit kan jou help om meer positief te voel oor dit wat
                    voorlê. ()
                   herinner jouself aan oorgangstydperke/uitdagings wat jy suksesvol
                    bestuur het in die verlede () sodat jy kan oorweeg watter
                    eienskappe/aksies jou deur die huidige uitdagings in jou verhouding
                    kan dra () en dit kan jou help om te besef hoe sterk jy is wanneer jy
                    enige verandering in 'n verhouding moet hanteer. ()
                   verandering beskou as 'n geleentheid om te groei in jou verhouding ()
                    wat jou kan help om te fokus op wat jy kon leer uit hierdie nuwe
                    verwikkelinge () en dit kan jou help om te bepaal wat jou prioriteite
                    vorentoe in die verhouding gaan wees. ()
                   jouself bewus maak van die feit dat 'n verandering in 'n verhouding
                    ook positief kan wees () wat jou kan help om meer aanpasbaar te
                    wees vir enige nuwe/onverwagse verandering in omstandighede () en
                    dit kan jou toelaat om hierdie veranderinge in 'n verhouding as 'n
                    aangename transisie te ervaar. ()
                   Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir DRIE punte elk.
                                                                                       (2 x 3)           (6)
                                                                                                         [20]

VRAAG 3

3.1     Gee 'n definisie vir die term studievaardighede.

        Punte moet soos volg toegeken word:
        TWEE punte () vir 'n antwoord wat goed verduidelik is.

        *NOTA AAN DIE ONDERWYSER: Geen punte moet toegeken word vir
        voorbeelde van studiemetodes, strategieë of tegnieke nie.

        Studievaardighede verwys na…
            die vermoë m te konsentreer/inligting te begryp/korrek te verstaan ()
              om te onthou wat jy geleer het. ()
            'n vermoë wat jy aanleer om die strategieë/metodes/tegnieke wat jy
              geleer het, toe te pas () om jou studiedoelwitte te bereik/doeltreffend te
              leer. ()
            die vermoë om inligting te herroep/onthou/nuwe inligting op 'n logiese
              manier suksesvol te weergee. ()
            Enige DRIE van die bogenoemde antwoorde vir EEN punt elk.              (1x2)                (2)

3.2     Onderskei tussen die volgende                   aksiewoorde          soos     dit   in    'n
        eksamenvraestel gebruik word:
            Illustreer
            Identifiseer

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                           10                           DBE/September 2021
                       NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne

        Punte moet soos volg toegeken word:
        TWEE punte () vir 'n antwoord wat goed verduidelik is.

        Moontlike antwoorde kan insluit:
           Wanneer jy illustreer, sal jy 'n voorbeeld gee deur duidelik te wys wat jy
             bedoel () terwyl identifiseer beteken om iets te vind/noem/meld. ()
           Illustrasie beteken om dit wat verstaan moet word, duidelik te
             demonstreer () terwyl identifiseer behels die vermoë om iets uit 'n
             reeks faktore te kies. ()
           Om te illustreer beteken om iets deur middel van visuele aanbieding te
             verduidelik, bv. deur gebruik te maak van 'n grafiek/figuur/diagram ()
             terwyl identifisering beteken om uit te wys/die hoofpunte kortliks te
             beskryf. ()
           Wanneer jy iets illustreer kan jy vergelykings gebruik () terwyl
             identifisering sou beteken om iets slegs te uit te ken en uit te wys. ()
           Enige EEN van die bogenoemde antwoorde vir TWEE punte elk. (1x2)                  (2)

3.3     Verduidelik EEN voordeel daarvan om jou antwoorde te beplan wanneer
        jy eksamen afneem.

        Punte moet soos volg toegeken word:
        TWEE punte () vir 'n antwoord wat goed verduidelik is.

        Dit kan jou in staat stel om…
             te fokus op wat presies vereis word deur die vraag () sodat jy jou
               antwoorde volgens die kern-instruksie van die vraag kan formuleer/uit te
               werk. ()
             veranderinge aan te bring voordat jy jou finale antwoord saamstel ()
               om sodoende te verseker dat jou antwoorde duidelik/relevant tot die
               vraag is. ()
             slegs op die hoofaspekte van die vraag te fokus () sodat jy nie tyd
               mors op onbelangrike inligting nie. ()
             die vrae te kies wat jy goed ken () wat jou kan help om die nodige
               inligting maklik te herroep. ()
             om 'n vraag akkuraat te beantwoord () om sodoende te verseker dat jy
               die vereiste detail gee. ()
             jou gedagtes te orden sodat jy die inligting in volgorde van belangrikheid
               kan aanbied () sodat jy jou feite in 'n logiese/samehangende manier
               kan stel. ()
             Enige EEN van die bogenoemde antwoorde vir TWEE punte.             (1 x 2)      (2)

3.4     Bespreek TWEE maniere waarop jy tydens 'n eksamensessie angs
        doeltreffend kan hanteer.

        Punte moet soos volg toegeken word:
        TWEE punte () vir 'n antwoord wat goed verduidelik is.

         Jy kan…
             'n paar oomblikke neem om asemhalingsoefeninge te doen () wat jou
               kan help om jou senuwees te kalmeer/van enige gevoelens van kommer
               ontslae te raak. ()

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                            11                           DBE/September 2021
                        NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne

               jouself verseker dat jy goed genoeg/voldoende voorberei het vir die
                spesifieke vraestel () wat jou negatiewe denkpatrone kan
                verander/kan help om ontslae te raak van enige vrese van
                mislukking.()
               eerste fokus op die vrae waaroor jy selfversekerd voel/wat jy goed
                ken() wat jou kan help om enige onsekerheid wat jy mag hê oor hoe
                om die vrae te beantwoord, te laat vaar. ()
               jouself herinner aan ambisies vir die toekoms/hoekom jy jou eksamens
                suksesvol wil voltooi () wat jou kan inspireer om jou eksamen met die
                nodige wilskrag aan te pak. ()
               jouself herinner aan die suksesse wat jy in jou vorige eksamens behaal
                het () wat enige gevoelens van waardeloosheiduit die weg kan
                ruim/jou selfvertroue kan versterk/kalmeer/help om te fokus om jou
                beste te doen in die eksamen waarmee jy tans besig is. ()
               aanvaar die feit dat eksamenstres normaal is vir almal () wat jou
                senuweeagtigheid op daardie oomblik kan stuit. ()
               aanvaar die uitdagings wat gepaardgaan met eksamen skryf () wat jou
                kan help om beter beheer te neem/om in beheer te bly van jou
                situasie.()
               Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir TWEE punte elk. (2x2)              (4)

3.5     Assesseer hoe tydsbestuursvaardighede jou kan help om doeltreffend in
        jou graad 12-assesserings te presteer.

        Punte moet soos volg toegeken word:
        TWEE punte () vir elke antwoord wat goed verduidelik is.

        Dit kan jou in staat stel om…
             dit wat jy moet lewer, te prioritiseer () en dit kan jou help om met meer
               gemak by die sperdatums/teikens van jou assesseringstake te hou. ()
             die beplanning/skedulering van jou take/projekte behoorlik te doen ()
               en dit kan verseker dat jy alle werksverwante aktiwiteite betyds kan
               voltooi. ()
             te monitor dat die tyd wat jy aan elke taak spandeer, redelik is () en dit
               kan verseker dat jy nie te veel tyd aan een taak spandeer ten koste van
               'n ander nie. ()
             realistiese doelwitte te stel om take te voltooi () en dit kan jou help om
               die uitkomste vir 'n dag/spesifieke periode te bereik. ()
             om jou werkslading op 'n sistematiese manier te versprei () en dit kan
               jou help om goed georganiseerd te bly/die hoeveelheid werk sonder
               moeite te hanteer. ()
             om nie te veel take binne 'n gegewe tydperk te wil doen nie () en dit
               kan jou help om assesserings meer suksesvol te voltooi. ()
             jou werksomgewing op 'n manier te organiseer om enige iets te
               elimineer wat jou aandag kan aflei () wat kan verseker dat jou tyd nie
               opgeneem word deur minder belangrike aktiwiteite wanneer jy jou
               assesserings moet voltooi nie. ()
             Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir TWEE punte elk. (2x2)                (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                           12                           DBE/September 2021
                       NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne

3.6     Hoe sal jy jou leesvaardighede aanpas om eksamenvrae doeltreffend te
        beantwoord? Dui ook in ELKE antwoord aan hoe dit jou vermoë kan
        verbeter om maksimum punte in 'n vraag te behaal.

        Punte moet soos volg toegeken word:
        DRIE punte () vir elke antwoord wat goed verduidelik is.

        Jy kan die vaardigheid beoefen om...
            reflektief te lees ('skim and scan') () om sodoende…
              - 'n algehele oorsig van die vraag en/of verwante tekste/stimuli te
                  kry() (of)
              - die inligting met vorige kennis/ervaring te verbind () en dit kan jou
                  alreeds 'n aanduiding gee van die formaat/lengte van die antwoorde
                  wat vereis word. ()
            jou leesspoed te ontwikkel () wat jou kan help om…
              - 'n vraag en/of verwante tekste/stimuli meer vloeiend te lees () (of)
              - inligting vinniger te absorbeer/in te neem () (of)
              - jou konsentrasie te verbeter () (of)
              - die verskillende instruksies in een vraag vas te vang () en dit kan
                  verseker dat jy elke deel van die vraag suksesvol kan
                  beantwoord.()
            aktief te lees () sodat jy kan leer om…
              - ook die titels/subtitels/kaarte/grafieke/onderskrifte in ag te
                  neem() (of)
              - te bepaal wat jy verstaan of nie verstaan omtrent die vraag en/of
                  stimuli nie () (of)
              - die kernaspekte van 'n vraag te identifiseer () (of)
              - te evalueer hoe relevant die inligting is () en dit kan jou help om 'n
                  sinvolle/beduidende antwoorde te formuleer. ()
            strategieë te lees () wat jou in staat kan stel om…()
              - die manier hoe jy inligting ontsyfer/sin maak van inligting, te
                  verbeter() (of)
              - voldoende inligting van die vraag/bron te verkry () (of)
              - betekenisvolle inligting vanuit 'n vraag/bron saam te stel () en op
                  die manier kan jy die vraag binne die regte konteks beantwoord. ()
            met begrip te lees () wat kan verseker dat jy die vraag in diepte/met
              die volle omvang beantwoord () en op die manier mag jy in staat wees
              om die mees gepaste antwoord te verskaf om volpunte te behaal. ()
            Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir DRIE punte elk.
                                                                                   (2x3)      (6)
                                                                                              [20]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:           40

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                           13                           DBE/September 2021
                       NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne

AFDELING C

 1.    Kandidate moet enige TWEE vrae inhierdie afdeling beantwoord. Indien die
       kandidaat al drie vrae beantwoord, moet slegs die eerste TWEE vrae
       nagesien word. Die oorblywende antwoord moet deurgehaal word en die
       volgende afkorting moet daarby neergeskryf word: 'OGVV' (Oorskry Getal
       Vrae wat Vereis word).

 2.    Kandidate se antwoorde moet in die vorm van PARAGRAWE wees. Punte sal
       slegs toegeken word vir antwoorde wat in volsinne geskryf is.

VRAAG 4

Kandidaat se antwoord moet in paragrawe wees.

NOTA AAN ONDERWYSER:
   In hierdie vraag moet kandidate se antwoorde in vol sinne geskryf word.
     Dus, vir 'n 3-punt antwoord kan en behoort 3, 2, en 1 of 0 (nul) aan
     kandidate toegeken te word, afhangende wat die vlak van die antwoorde
     is.
   Om die volle VIER punte toe te ken, moet kandidate 'n stelling gee, ()
     uitbrei op die stelling, () dit motiveer () en 'n resultaat/uitkoms gee. ()

Noem VIER voordele vir 'n persoon wat 'n siekte vroeg genoeg ontdek.

Punte moet soos volg toegeken word:
EEN punt () vir elke antwoorde.

Moontlike antwoorde kan insluit:
   Die kanse vir iemand om volkome te herstel, is beter. ()
   Onnodige sterftes kan voorkom word/die kanse om te oorleef is groter.()
   Behandeling kan meer effektief wees. ()
   'n Persoon se lewenskwaliteit sal nie so erg geaffekteer/beïnvloed word nie. ()
   Om te herstel/goeie gesondheid te handhaaf, sal nie so duur wees nie. ()
   Die kondisie kan bestuur/beheer word in plaas daarvan dat dit vererger. ()
   Intervensies kan gedoen word om 'n gepaste leefstyl te handhaaf wat tot 'n
     langer, gesonder lewe kan lei. ()
   Skade aan ander organe in die liggaam kan verhoed word/dit kan jou algehele
     gesondheid beskerm. ()
   Dit kan voorkom dat die siekte ten volle ontwikkel. ()
   Die kans om vir 'n langtermyn genees te wees. is beter as wanneer die siekte
     ontwikkel het. ()
   Enige VIER van die bogenoemde antwoorde vir EEN punt elk.                  (4x1)          (4)

Analiseer die negatiewe uitwerking van mense se persoonlike sieninge oor
aansteeklike siektes op die gesondheid en veiligheid van mense.

Punte moet soos volg toegeken word:
VIER punte () vir elke antwoord wat goed verduidelik is.
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                            14                            DBE/September 2021
                        NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne

Indien mense...
    hulle eie teorieë oor die siekte/virus sou vorm, () kan dit ander beïnvloed om
       daardie opinies te glo () wat kan lei tot die verspreiding van valse inligting ()
       en dit kan verwarring veroorsaak by mense oor of hulle die veiligheidsregulasies
       moet volg of nie. ()
    die sosiale en ekonomiese aktiwiteite wat as normaal voorkom, sou misbruik ()
       en te gerus raak met die krisissituasie () kan dit veroorsaak dat hulle
       onverskillig omgaan met ander () en kan sodoende 'n hoër risiko vir hulleself
       en ander stel om die siekte/virus op te doen. ()
    sou verkies om die realiteit van die siekte te ontken () as hulle eie manier om
       so 'n gesondheidskrisis te hanteer () kan dit veroorsaak dat hulle die
       verwoestende effek van so 'n siekte ignoreer () en dit kan verder veroorsaak
       dat hulle die siekte/virus onopsetlik versprei. ()
    sou redeneer dat dit hulle reg is om nie die status van hulle gesondheid te
       verklaar nie, () wetende dat hulle ander kan infekteer, () sal hulle daardeur
       net hulle eie belange in ag neem () en dit kan ander hulle reg ontneem om
       veilig en gesond te wees. ()
    sou verkies om nie die wetenskaplike bewyse te vertrou oor hoe die siekte/virus
       opgedoen/versprei word nie () kan dit hulle laat glo dat die siekte bloot 'n
       politieke sameswering is () en mag hulle dan weier om die verpligte
       veiligheidsmaatreëls te volg () wat kan veroorsaak dat hulle die erns van die
       siekte misken/verontagsaam. ()
    hulle geloof geheel en al in religieuse/tradisionele praktyke sou plaas, () mag
       hulle glo dat hulle sodoende nie die siekte/virus sal opdoen nie () wat kan
       veroorsaak dat hulle moontlik nie enige ander vorm van
       voorkoming/behandeling sal vertrou nie () en dit kan tot onnodige
       siekte/ontydige sterftes lei. ()
    Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir VIER punte elk.                      (2x4)      (8)

Evalueer die impak van 'n krisis, soos die wêreldwye Covid-19-pandemie, op die
huidige tendense in die arbeidsmark.

Punte moet soos volg toegeken word:
VIER punte () vir elke antwoord wat goed verduidelik is.

NOTA AAN ONDERWYSER: Om die volle VIER punte toe te ken vir die
EVALUERING, moet kandidate 'n stelling gee, () die stelling motiveer, () 'n
tweede stelling gee en die tweede stelling motiveer. ()

Moontlike antwoorde kan insluit:
   Daar was 'n ekstreme/uiterse afname in ekonomiese aktiwiteite as gevolg van
     die globale/wêreldwye krisis () wat verder 'n erger impak gehad het op die
     werksmoontlikhede vir die jeug, () maar die situasie het 'n geleentheid vir baie
     jongmense geskep om entrepreneurs te word/met innoverende besigheids-
     idees na vore te kom () wat uiteindelik langtermyn/volhoubare besigheids-
     opsies vir baie van hulle geword het. ()
      Die ekonomiese beperkings wat die globale pandemie meegebring het, het 'n
       enorme/massiewe afname in werksgebaseerde opleidingsgeleenthede
       veroorsaak() wat die probleme beklemtoon wat jong werksoekers reeds voor
       die pandemie ervaar het, () maar baie virtuele platforms is intussen geskep()
       wat mense alternatiewe toegang tot opleidingsgeleenthede bied. ()
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                            15                           DBE/September 2021
                        NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne

      'n Nog groter persentasie van jongmense moet nou kompeteer vir een werk ()
       wat hoofsaaklik die jongmense met die beste vaardighede bevoordeel het; ()
       dit het egter ander genoodsaak/forseer om hulle tekortkominge te
       identifiseer/erken () wat geleenthede vir hulle teweeggebring het om nuwe
       vaardighede te bekom om in die huidige klimaat van werk soek te oorleef. ()
      Baie mense het hulle werk verloor/se salarisse was verminder/het
       onderbrekings in hulle loopbane gehad () wat beteken dat hulle nou moet
       kompeteer met 'n nuwe kohort/groep wat die arbeidsmag betree het () wat
       baie mense aanspoor om ander talente/entrepreneursvaardighede te ontsluit()
       wat 'n totale nuwe wêreld van werk vir hulle geopen het. ()
      Daar is 'n verandering ten opsigte van die werksvaardighede wat vereis word()
       wat baie werkers forseer om vinnig aan te pas en nuwe tegnologiese
       vaardighede aan te leer () wat 'n groter aanvraag vir tegniese kursusse/kort
       aanlynkursusse in tegnologie teweeggebring het () sodat dit mense in staat
       kon stel om op 'n nasionale/internasionale vlak oor 'n afstand te kan werk. ()
      Baie maatskappye moes hulle besigheidstrategieë verander om in hierdie
       resessietydperk te oorleef () om relevant te bly in hierdie skielik veranderende
       ekonomiese klimaat () wat daartoe gelei het dat hulle met innoverende idees
       moes opkom om hulle besighede te bemark () wat nuwe werksgeleenthede vir
       ander geskep het. ()
      Werwingsprosesse kon nie meer in persoon gedoen word nie as gevolg van die
       inperkingsregulasies () wat groot oponthoude veroorsaak het met die aanstel
       van mense in beskikbare posisies; () maatskappy moes andersins aanpas om
       die werwingsprosesse aanlyn te doen () wat 'n makliker/vinniger manier
       geword het om kandidate te kontak/enige van die nodige dokumentasie/inligting
       van kandidate te bekom. ()
      Die meeste besighede moes werk van die huis af doen () sodat hulle steeds
       dienste kon lewer/hulle kliënt kon behou/besigheid maak; () inteendeel, van
       die huis af werk het baie werkers geïsoleerd laat voel () aangesien hulle nie
       meer kollegas rondom hulle het op wie hulle kon staatmaak vir ondersteuning
       nie. ()
      Die meeste maatskappye het werkers afgedank () aangesien hulle besef het
       dat die maatskappy klaar kan kom sonder sekere posisies; () terwyl ander
       maatskappye die situasie as 'n geleentheid gebruik het om die werk van die
       werknemers meer deeglik te monitor/evalueer () en sodoende meer mense
       verantwoordbaar te hou vir hulle produktiwiteit/werk wat hulle moet lewer. ()
      Baie mense, veral die wat hoofsaaklik op kantoor gewerk het, moes aanpas om
       van de huis af te werk () wat hulle geforseer het om nuwe maniere aan te leer
       om te werk en terselfdertyd hulle huishoudelike verantwoordelikhede te
       bestuur() (enige een dan die volgende)...
         - wat daartoe gelei het dat sommige mense dit as 'n geleentheid aangegryp
            het om meer tyd met hulle families deur te bring () en daarom verkies om
            as digitale nomades te werk. ()
         - wat daartoe gelei het dat ander die interaksie met ander kollegas/die
            werksomgewing mis () en daarom steeds verkies om van die kantoor af te
            werk. ()
      Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir VIER punte elk.                 (2 x 4)      (8)
                                                                                                [20]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                           16                           DBE/September 2021
                       NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne

VRAAG 5

NOTA AAN ONDERWYSER:
   In hierdie vraag moet kandidate se antwoorde in vol sinne geskryf word.
     Dus, vir 'n 3-punt antwoord kan en behoort 3, 2, en 1 of 0 (nul) aan
     kandidate toegeken te word, afhangende wat die vlak van die antwoorde
     is.

Noem VIER maniere waarop die media toegang tot inligting vir alle
gemeenskappe kan verseker.

Punte moet soos volg toegeken word:
EEN punt () vir elke antwoord.

Die media kan...
    verseker dat alle gedrukte media/subskripsies vir elektroniese media
      bekostigbaar is. ()
    in die behoefte van al die verskillende taalgemeenskappe voorsien (insluitend
      braille). ()
    netwerk met die staat se telekommunikasie afdeling om te help met die
      voorsiening van infrastruktuur/torings vir uitsending. ()
    radio/TV-uitsendings uitbrei deur te help om meer radio/TV uitsaaistasies/
      kanale tot stand te bring. ()
    gemeenskappe aanmoedig om hulle eie plaaslike koerante/tydskrifte/
      radiostasies te hê. ()
    belangrike plaaslike/internasionale nuus/gebeure op advertensieborde/
      pamflette/by gemeenskapsgeleenthede/via mobiele stasies adverteer. ()
    gebruik maak van 'n massaboodskapstelsel () om alle gemeenskappe ingelig
      te hou oor enige belangrike nuus. ()
    nuwe tipe koerante soos ponie-/sensasiekoerante gratis nuusblaaie, ens.
      instel.()
    Enige VIER van die bogenoemde antwoorde vir EEN punt elk.                  (4x1)         (4)

Analiseer hoe beperkings op die media se reg op vryheid om hulle menings te
gee, kan help om openbare veiligheid te bevorder.

Punte moet soos volg toegeken word:
VIER punte () vir elke antwoord wat goed verduidelik is.

NOTA AAN ONDERWYSER: Om die volle VIER punte toe te ken, moet kandidate
'n stelling gee, () uitbrei op die stelling, () dit motiveer () en 'n
resultaat/uitkoms gee. ()

Deur…
   die oorbeklemtoning van kriminele insidente/aktiwiteite in hulle verslaggewing te
     beperk, () kan die media die roekelose gebruik van skokkende details in
     nuusberigte beheer () en kan sodoende help om die publiek kalm te hou ()
     en op die manier kan dit verhoed dat landsburgers by enige gewelddadige
     onrus/aksies/ misdaad betrokke raak wat mense se lewens in gevaar kan
     stel.()

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                           17                           DBE/September 2021
                       NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne

      te verseker dat nuus oor die plaaslike/provinsiale/nasionale regerings waar/
       akkuraat is, () word die regering in 'n positiewe lig gestel () wat die
       landsburgers aanmoedig om die regering te respekteer/vertrou () en dit kan
       help om publieke uitbarstings/gewelddadige betogings oor sake van publieke
       belang te voorkom. ()
      die identiteit van kinders te beskerm wat slagoffers van
       misbruik/uitbuiting/skuldig is aan jeugmisdaad () kan die kinders se veiligheid
       in ag geneem word () wat hulle teen verdere uitbuiting deur
       oortreders/pedofiele/kriminele kan beskerm () en dit kan dan help om hulle
       persoonlike welstand te verseker. ()
      die uitsending/publikasie van ontstellende onderhoude/foto's van mense wat in
       beskermende bewaring is, te beperk, () kan hulle veilig laat voel () met die
       wete dat hulle die regssisteem kan vertrou () en dit kan help om hulle te
       beskerm teen enige verdere viktimisering deur/dreigement van die
       oortreders.()
      die publikasie/verspreiding van onwettige protesaksies van die gemeenskap
       reguleer, () mag hulle in staat wees om te verhoed dat oproere na ander areas
       versprei () en dit mag die sosiale orde in hierdie gemeenskappe verseker ()
       en sodoende die landsburgers beskerm teen gevaar/voorkom dat eiendomme
       gevandaliseer/beskadig word. ()
      mediaverslaggewing oor kwessies van nasionale sekuriteit en publieke orde te
       beskerm, () word die media verplig om verantwoordelik om te gaan met hulle
       uitsendings; () sodoende kan hulle beperk word om inligting te publiseer wat
       die nasionale sekuriteit in gedrang kan bring () en dit mag die
       landsburgers/die land teen moontlike nasionale bedreigings beskerm. ()
      Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir VIER punte elk.                 (2x4)      (8)

Bespreek krities die impak van die toenemende digitale gaping op verskillende
groepe in die samelewing, spesifiek die armer gemeenskappe.

Punte moet soos volg toegeken word:
VIER punte () vir elke antwoord wat goed verduidelik is.

NOTA AAN ONDERWYSER: Om die volle VIER punte toe te ken, moet kandidate
'n stelling gee, () uitbrei op die stelling, () dit motiveer () en 'n
resultaat/uitkoms gee. ()

Moontlike antwoorde kan insluit:
   Die armer gemeenskappe word weereens agtergelaat in die voortdurende
     veranderende tegnologiese ontwikkeling, () want hierdie gemeenskappe word
     moontlik nie voorsien van die gevorderde tegnologiese infrastruktuur wat hulle
     benodig nie () sodat hulle ook onbeperkte toegang tot die moderne inligtings-
     en kommunikasietegnologie kan hê () en as 'n gevolg kan dit die sosio-
     ekonomiese ontwikkeling/status in hierdie gemeenskappe selfs verder
     kniehalter.()
   Mense wat in ver afgeleë areas bly mag dalk nie in staat wees om vir werk
     aansoek te doen wat op die verskillende digitale netwerke/platforms
     geadverteer word nie() aangesien hulle nie die nodige middele/toestelle het
     om toegang tot die inligting te verkry wat op hierdie platforms/netwerke verskaf
     word nie, () wat kan lei tot die konstante toenemende werkloosheidskoers in
     hierdie gemeenskappe () en dit kan die bestaande sosiale ongelykhede/die
     gaping tussen ryk en arm verder laat eskaleer/toeneem. ()
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                            18                           DBE/September 2021
                        NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne

      Benadeelde gemeenskappe mag steeds baie beperkte blootstelling aan
       virtuele/ aanlyn/geleenthede vir afstandsleer/opvoedkundige programme hê ()
       wat kan veroorsaak dat hierdie gemeenskappe nie die kwaliteit opvoeding kry
       wat hulle ook verdien nie; () gevolglik kan daar altyd 'n toename wees in
       ongeletterde/ onopgevoede massas () en dit mag 'n negatiewe impak hê op
       hulle kanse om vir beter werk te kwalifiseer wat hulle sosio-ekonomiese
       omstandighede kan verbeter. ()
      Onvoldoende e-kommunikasie kan daartoe lei dat sommige groepe verder
       verwyder word van die samelewing () wat hulle meer geïsoleerd kan laat
       voel() en dit kan veroorsaak dat hulle selfs meer afsydig raak teenoor
       belangrike kwessies wat hulle direk affekteer, () want hulle word ontneem van
       geleenthede om deel te hê aan die breër samelewing. ()
      Armer gemeenskappe mag ontneem word van toegang tot digitale/elektroniese
       inligting wat hulle magteloosheid/weerloosheid verder beklemtoon () en
       sodoende neem hulle onvermoë om hulle opinies te uiter net verder toe () wat
       hulle net nog verder magteloos maak () aangesien hulle nie in staat mag wees
       om deel te hê aan/hulle invloed kan uitoefen op besluitnemingsprosesse wat
       hulle lewens affekteer nie. ()
      Deur nie toegang tot inligting te hê nie beperk die moontlikheid om die
       armoede-siklus te stop, () want kennis is krag () en deur inligting te beperk
       kan landsburgers onderdruk () terwyl dit in stede daarvan as 'n instrument
       gebruik behoort te word om alle gemeenskappe by die breër samelewing in te
       sluit/te integreer. ()
      Nie alle individue mag weet hoe om die moderne inligtings- en
       kommunikasietoestelle te gebruik nie () en kan daarom nie in staat wees om
       hierdie tegnologiese kommunikasiegapings te oorbrug () en die modern
       tegnologie optimaal te benut nie, () daarom bly die ekonomiese status van
       mense wat in sulke gemeenskappe bly onveranderd. ()
      Die digitale gaping skend die siviele regte van mense in armer
       gemeenskappe,() want dit veroorsaak dat hierdie gemeenskappe nog verder
       agter raak met die moderne inligtings- en kommunikasietegnologie () wat 'n
       duidelike aanduiding is dat die belange en besorgdhede nie voldoende aandag
       geniet nie () en dit kan verder bydra tot die bestaande dilemma van armoede
       in hierdie gemeenskappe wat uitgesluit word. ()
      Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir VIER punte elk.                 (2 x4)      (8)
                                                                                               [20]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                           19                            DBE/September 2021
                       NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne

VRAAG 6

Kandidaat se antwoord moet in paragrawe wees.

NOTA AAN ONDERWYSER:
   In hierdie vraag moet kandidate se antwoorde in vol sinne geskryf word.
     Dus, vir 'n 3-punt antwoord kan en behoort 3, 2, en 1 of 0 (nul) aan
     kandidate toegeken te word, afhangende wat die vlak van die antwoorde
     is.

Noem VIER maniere waarop werk jou kan laat voel dat jy 'n doel in die lewe het.

Punte moet soos volg toeken word:
EEN punt () vir elke antwoord.

Moontlike antwoorde kan insluit:
   Elke dag van jou lewe kan gevul wees met daaglikse doelwitte om te bereik. ()
   Jy het 'n spesifieke rol om te vervul by die werk. ()
   Jy kan nuwe vaardighede aanleer en elke dag nuwe dinge ervaar. ()
   Jy kan 'n gevoel van kameraadskap/ervaar dat jy deel is van/behoort aan/inpas
     by jou portuurs/kollegas. ()
   Dit kan jou geleenthede bied om in die verskillende fasette van jou lewe te groei
     as persoon/alternatiewe loopbane te verken. ()
   Jy is in staat om by te dra tot die ekonomie en jou gemeenskap. ()
   Dit kan gevoelens van eiewaarde/bekwaamheid/betekenis by jou vestig. ()
   Jy kan dit doen waarvoor jy lief is/jou roeping in die lewe volg. ()
   Jy kan jou lewe as waardevol en lonend vir jouself en ander beskou. ()
   Dit kan jou balans bied in die lewe. ()
   Dit kan jou sekerheid/finansiële en/of emosionele stabiliteit/rigting in die lewe
     bied. ()
   Jy kan as 'n rolmodel vir ander lede van jou gemeenskap dien. ()
   Enige VIER van die bogenoemde antwoorde vir EEN punt elk.                       (4x1)      (4)

Analiseer waarom dit vir alle werkers nodig is om die vereiste etiese gedrag in
die werkplek te volg.

Punte moet soos volg toegeken word:
VIER punte () vir elke antwoord wat goed verduidelik is.

NOTA AAN ONDERWYSER: Om die volle VIER punte toe te ken, moet kandidate
'n stelling gee, () uitbrei op die stelling, () dit motiveer () en 'n
resultaat/uitkoms gee. ()

Indien alle werkers…
    hulle werk met ywer/toewyding sou doen () sal hulle strewe om voortdurend
       op hulle beste te presteer () wat die algehele produktiwiteit in die werksplek
       grootliks sal bevorder () en dit kan help dat die gemene doel van die
       maatskappy bereik word. ()
    sou verbind om altyd doeltreffend te funksioneer, () kan dit enige moontlike
       frustrasie tussen medewerkers verminder () wat 'n gevoel van 'n verenigde
       werksmag kan skep () en dit kan almal in staat stel om hulle werk binne die
       vereiste tydperke te voltooi. ()
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Life Orientation September 2021 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-september-2021-mg-eng/a34d56d1-636e-402c-9901-8895032d660a) — Life Orientation · Memo · 2021 · Eng
- [Life Orientation September 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-september-2021-eng/5738c74f-dd01-42be-ad40-a8363bb51448) — Life Orientation · QP · 2021 · Eng
- [Life Orientation September 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-september-2021-afr/3ff93059-5e3b-43b3-9e3a-9a8d857c8a4c) — Life Orientation · QP · 2021 · Afr
- [Life Orientation September 2023 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-september-2023-mg-eng/be6d5213-b7eb-4309-8697-c72e689d4c1a) — Life Orientation · Memo · 2023 · Eng
- [Life Orientation September 2022 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-september-2022-mg-afr/f917ccfc-0196-4ceb-b8da-caca74aa7227) — Life Orientation · Memo · 2022 · Afr
- [Life Orientation September 2022 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-september-2022-mg-eng/d071d640-5b0c-44bb-9c33-3baf520349c2) — Life Orientation · Memo · 2022 · Eng

## More from Grade 12 Life Orientation

- [Gr 12 Teacher s Guide (moderated)](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-teacher-s-guide-moderated/edfad90f-26e9-4c9a-8675-fb4b70efa861) — Guide
- [Gr 12 LO ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-lo-atp-2023-24/589ac481-b8bd-47bf-8f5f-622e6c43559a) — ATP
- [LIFE ORIENTATION GRADE 12 GUIDE FOR LEARNERS IN PREPARATION](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-grade-12-guide-for-learners-in-preparation/4cbe4f78-ed37-4854-b10a-324af4cbb09a) — QP
- [LIFE ORIENTATION GRADE 12 NOTES](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-grade-12-notes/61b25c4c-69f0-4ecc-8253-a481c31acdb1) — QP
- [Grade 12 Life Orientation Summaries](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-life-orientation-summaries/96777165-0e60-4c42-a65d-6bacf5fc3919) — QP
- [Life Orientation Survival Kit](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-survival-kit/2cf9dd76-141c-4e1c-839c-600c620b0477) — QP

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
