# Life Orientation Grade 12 NSC November 2023 QP (Afr)

> Grade 12 Life Orientation question paper from the NSC November Exam 2023 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-september-2023-afr/a7e96d0c-b5cd-4c57-8f5f-b160c86556c7
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Orientation
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Orientation](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-orientation) › [Life Orientation Grade 12 NSC November 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-september-2023-afr/a7e96d0c-b5cd-4c57-8f5f-b160c86556c7)

## About this document

Life Orientation · Grade 12 · NSC November Exam · 2023. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                              NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                 GRAAD 12

                           LEWENSORIËNTERING

                     ALGEMENE ASSESSERINGSTAAK

                              SEPTEMBER 2023

PUNTE: 100

TYD: 2½ uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                             Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                            2                   DBE/September 2023
                               NSS – Algemene Assesseringstaak

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings, naamlik AFDELING A,
         AFDELING B en AFDELING C.

2.       Die vrae in AFDELING A en AFDELING B is verpligtend.

3.       Beantwoord enige TWEE vrae in AFDELING C.

4.       Lees AL die vrae aandagtig deur.

5.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

6.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                              3                          DBE/September 2023
                                 NSS – Algemene Assesseringstaak

AFDELING A (VERPLIGTEND)

Beantwoord AL die vrae in hierdie afdeling.

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.6 D.

         1.1.1       'n Studiestrategie wat jou kan help om doeltreffend te studeer, kan
                     insluit om …

                     A    binne 'n verkorte tydperk te studeer.
                     B    die toepaslike studiemateriaal te hê.
                     C    oor 'n langer tydperk te studeer.
                     D    uitgebreide voorbereidingstyd te gebruik.

         1.1.2       Die Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV/'LRA'), 1995 (Wet 66 van
                     1995) maak voorsiening vir die ontslag van werkers gebaseer op …

                     A    die beleid om ongelykhede reg te stel.
                     B    die wet op regstellende aksie.
                     C    bewyse van ongelyke geslagsrolle.
                     D    'n werker se algehele funksionering.

         1.1.3       'n Voorbeeld van verduistering kan wees om …

                     A    die maatskappy se bronne vir persoonlike gewin te gebruik.
                     B    'n kontrak toe te staan sonder om prosedures te volg.
                     C    betaling te ontvang om iemand toe te laat om te steel.
                     D    vergoeding by 'n gekontrakteerde diensverskaffer te eis.

         1.1.4       Om 'n kwessie in 'n eksamenvraestel te bespreek, beteken om …

                     A    die belangrikheid van iets te bepaal.
                     B    te wys hoe verskillende dele in mekaar pas.
                     C    jou redeneringsvermoëns te demonstreer.
                     D    die presiese betekenis van konsepte te gee.

         1.1.5       Die regering het 'n plig om vryheid van spraak tot 'n sekere mate te
                     beperk …

                     A    om burgers teen hofsake te beskerm.
                     B    vir redes ten opsigte van openbare beginsels.
                     C    om 'n godsdienstige praktyk te bevorder.
                     D    om openbare uitsending te bestuur.                        (5 x 1)       (5)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                             4                              DBE/September 2023
                                NSS – Algemene Assesseringstaak

1.2      Gee EEN woord/term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs
         die woord/term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.3) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.2.1       Gemeenskaplike oortuigings, gebruike, aktiwiteite, tradisies,
                     waardes, gelowe en idees wat algemeen tot 'n spesifieke groep of
                     samelewing is                                                                   (1)

         1.2.2       'n Sterk gevoel van geskik wees om 'n spesifieke loopbaan, werk,
                     professie of beroep te volg                                                     (1)

         1.2.3       Die gebruik van tegnologie om iemand doelbewus te teister of te
                     intimideer deur dreigende boodskappe te stuur                                   (1)

1.3      Beantwoord die volgende vrae deur die antwoord langs die vraagnommers
         (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK te skryf. Skryf jou antwoorde in
         volsinne.

         1.3.1       Noem TWEE voordele daarvan om stres op 'n gepaste manier te
                     bestuur, wat die gehalte van jou lewe kan verbeter. (2 x 1)                     (2)

         1.3.2       Verduidelik die term nasiebou.                                    (1 x 2)       (2)

         1.3.3       Bespreek EEN voordeel van vluglees as 'n leesvaardigheid.         (1 x 2)       (2)

1.4      Lees die bron hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Skryf jou
         antwoorde in volsinne.

                         AANPASSING BY GROEI EN VERANDERING IN
                              'N GEGLOBALISEERDE WÊRELD

         Jongmense vandag leef in 'n dinamiese en geglobaliseerde¹ wêreld waar
         verandering onvermydelik is. Daarom moet hulle hulself voorberei op 'n
         inklusiewe, globale² en volhoubare³ wêreld van werk.

         Woordelys:
         ¹geglobaliseerde: idees, kennis, inligting, goedere en dienste wat regoor die
         wêreld gedeel word
         ²globale: wêreldwye/internasionale
         ³volhoubare: om oor 'n tydperk voort te bestaan
                                   [Aangepas uit www.qs-gen.com. Toegang op 03/01/2023 verkry.]

         1.4.1       Verduidelik wat dit beteken om in sosiale omstandighede by
                     veranderinge aan te pas.                             (1 x 2)                    (2)

         1.4.2       Bespreek EEN voordeel vir jou loopbaanontwikkeling om in 'n
                     geglobaliseerde wêreld te leef.                      (1 x 2)                    (2)

         1.4.3       Stel EEN manier voor waarop jy jouself kan voorberei om suksesvol
                     by globale veranderinge in die wêreld van werk aan te pas. Motiveer
                     jou antwoord.                                               (1 x 2)             (2)

                                                                    TOTAAL AFDELING A:               20
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                               5                               DBE/September 2023
                                  NSS – Algemene Assesseringstaak

AFDELING B (VERPLIGTEND)

Beantwoord AL die vrae in hierdie afdeling. Skryf jou antwoorde in volsinne.

VRAAG 2

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

               LANGTERMYNDEELNAME AAN FISIESE AKTIWITEITE
                    VOORKOMING VAN LEEFSTYLSIEKTES

Daar is bewys dat een van die grootste gesondheidsuitdagings wêreldwyd is om fisies
onaktief te wees, wat tot leefstylsiektes lei. Ten spyte van die feite oor die voordele
daarvan om fisies aktief te wees, is 'n onaktiewe leefstyl en die negatiewe gevolge
daarvan wêreldwyd steeds kommerwekkend.

Navorsing het getoon dat jou energievlakke verhoog kan word deur fisies aktief te
wees. Dit kan ook help met die voorkoming van leefstylsiektes en verhoed dat mense
hulle tot skadelike middele wend wanneer hulle die uitdagings van die lewe in die gesig
staar.

Onlangse navorsing in Suid-Afrika het ook bevind dat daar verskeie faktore is wat
mense se deelname aan fisiese aktiwiteite beïnvloed. Dit sluit intrapersoonlike,
interpersoonlike, omgewings- en sosiale faktore in.

Om tot 'n aksieplan verbind te wees, kan help om te verseker dat jy jou gesondheid
verbeter; om 'n behoorlike plan van aksie te hê, is egter belangrik.

                     [Aangepas uit www.openpublichealthjournal.com. Toegang op 02/01/2023 verkry.]

2.1      Definieer die term leefstylsiektes.                                              (1 x 2)       (2)

2.2      Beskryf EEN manier hoe om deel te wees van 'n fiksheidsgroep jou kan
         motiveer om toegewyd aan fisiese aktiwiteite deel te neem.     (1 x 2)                         (2)

2.3      Verduidelik EEN omgewingsfaktor wat jou kan ontmoedig om aan fisiese
         aktiwiteite deel te neem.                                    (1 x 2)                           (2)

2.4      Bespreek hoe langtermyndeelname aan fisiese aktiwiteite jou energievlakke
         kan verhoog.                                                       (2 x 2)                     (4)

2.5      Hoe kan jy, deur fisies aktief te wees, verhoed dat jy jou tot skadelike middele
         wend wanneer jy die uitdagings van die lewe in die gesig staar?           (2 x 2)              (4)

2.6      Assesseer die belangrikheid van behoorlike beplanning wanneer jy jou
         verbind tot 'n aksieplan om jou gesondheid te verbeter. Dui ook in ELKE
         antwoord aan hoe dit die kanse kan verhoog om jou plan suksesvol uit te
         voer.                                                             (2 x 3)                      (6)
                                                                                                        [20]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                           6                                DBE/September 2023
                              NSS – Algemene Assesseringstaak

VRAAG 3

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

       SUID-AFRIKAANSE JEUG: TEKORT AAN VEREISTE VAARDIGHEDE
                         WERWINGSTENDENSE

Die meeste Suid-Afrikaanse naskoolse jeug sukkel steeds om geskikte werk te kry,
hoofsaaklik as gevolg van 'n tekort aan die vereiste vaardighede en hulle onvermoë om
tred te hou met die nuutste werwingstendense in die arbeidsmark.

Werwingstendense verander met verloop van tyd. Die verwagtinge van maatskappye,
menslikehulpbronwerwers en kandidate verander voortdurend, wat beteken dat 'n
mens dienooreenkomstig by hierdie veranderinge moet aanpas.

Die algemeenste bekommernis wat werkgewers oor jong werksoekers het, is dat hulle
moontlik nie besef nie dat hulle hoofsaaklik self hulle kanse om werk te kry, belemmer.
Werkgewers is ook van mening dat die meeste jongmense wat werk kry, meer
bereidwillig moet wees om hulle vaardighede in die werk te verbeter.

Nog 'n kommerwekkende kwessie is dat jong werksoekers nie tred hou met die
werwingstendense wat deur werwers gebruik word nie.

Jong werksoekers moet ook die belangrikheid daarvan besef om 'n persoonlike
handelsmerk te hê, dit wil sê 'n persoonlike en unieke manier waarop hulle hulself in
die hedendaagse wêreld van werk kan bemark.

                               [Aangepas uit https://job-hunt.org. Toegang op 07/01/2023 verkry.]

3.1      Definieer die term werwingstendense.                                            (1 x 2)      (2)

3.2      Beskryf EEN manier waarop jong werksoekers hulle kanse kan belemmer om
         vir 'n onderhoud oorweeg te word.                                (1 x 2)                     (2)

3.3      Waarom is dit belangrik dat jong werkers hulle vaardighede in 'n werk
         voortdurend verbeter?                                           (1 x 2)                      (2)

3.4      Bespreek TWEE maniere waarop jy, as 'n jong werksoeker, kan verseker dat
         jy met die nuutste werwingstendense tred hou.                     (2 x 2)                    (4)

3.5      Hoe kan jy, deur 'n persoonlike handelsmerk te hê, jou kanse verbeter om 'n
         werk te kry?                                                         (2 x 2)                 (4)

3.6      Assesseer TWEE voordele van die nuutste tendense in tegnologie wat vir
         werwingsprosesse gebruik word. Dui ook in ELKE antwoord die voordeel vir
         jou as werksoeker aan.                                           (2 x 3)                     (6)
                                                                                                      [20]

                                                                   TOTAAL AFDELING B:                 40

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                            7                              DBE/September 2023
                               NSS – Algemene Assesseringstaak

AFDELING C

Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.

Jou antwoorde moet uit paragrawe bestaan. Punte sal SLEGS toegeken word vir
antwoorde wat in volsinne geskryf is.

VRAAG 4

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                    MENSLIKE FAKTORE WAT SIEKTES VEROORSAAK
                       STEREOTIPERING AS 'N SOSIALE FAKTOR

Stereotipering¹ as 'n sosiale faktor kan tot die sosiale klassifikasie van andere lei, wat
een van die redes is vir die 'hulle'- en 'ons'-ingesteldheid wat sommige mense mag hê.
Om mense op hierdie manier te behandel, kan uiteindelik 'n negatiewe impak op die
geestesgesondheid van sulke slagoffers hê.

Woordelys:
¹Stereotipering: sluit dikwels in om mense te veroordeel, gebaseer op verskeie faktore,
sonder om hulle individuele eienskappe en kenmerke in ag te neem

                          [Aangepas uit www.simplypsychology.org. Toegang op 04/01/2023 verkry.]

Skryf paragrawe oor menslike faktore wat siektes veroorsaak: sosiale faktore.

Gebruik die volgende as 'n riglyn:

   Noem kortliks VIER moontlike sosiale faktore wat tot stereotipering kan lei. (4 x 1)            (4)

   Analiseer TWEE negatiewe gevolge van 'n sosiale faktor, soos stereotipering, op
    die geestesgesondheid van slagoffers van stereotipering.                (2 x 4)                 (8)

   Bespreek krities hoe 'n persoon kan bepaal of hy/sy andere dalk onopsetlik
    stereotipeer.                                                      (2 x 4)                      (8)
                                                                                                    [20]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                            8                              DBE/September 2023
                               NSS – Algemene Assesseringstaak

VRAAG 5

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                         ENTREPRENEURSKAP
       'N INNOVERENDE STRATEGIE OM WERKLOOSHEID TEEN TE WERK

Innovering en passie is die hart van entrepreneurskap. Dit is belangrik vir
entrepreneurs of opkomende entrepreneurs om te verstaan waarom dit belangrik is om
innoverend en passievol te wees en hoe dit vir 'n besigheid tot voordeel kan wees.
Potensiële entrepreneurs moet ook die denkwyse van 'n entrepreneur aanleer.

                               [Aangepas uit www.igi-global.com. Toegang op 22/03/2023 verkry.]

Skryf paragrawe oor entrepreneurskap.

Gebruik die volgende as 'n riglyn:

   Noem kortliks VIER redes waarom entrepreneurs innoverend moet wees.                (4 x 1)       (4)

   Analiseer TWEE maniere waarop jy die denkwyse van 'n entrepreneur kan
    aanleer.                                                       (2 x 4)                           (8)

   Bespreek krities hoe 'n jong entrepreneur se passie ander jongmense in sy/haar
    gemeenskap kan beïnvloed om entrepreneurs te word.                      (2 x 4)                  (8)
                                                                                                     [20]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Lewensoriëntering                               9                             DBE/September 2023
                                     NSS – Algemene Assesseringstaak

VRAAG 6

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                VERANTWOORDELIKHEID VAN GEMEENSKAPPE OM
                'N VEILIGE EN GESONDE LEEFWYSE TE VERSEKER
                   SUID-AFRIKA SE WATERSTELSELS IN KRISIS

Dit lyk asof waterstelsels oor die hele land nie doeltreffend in stand gehou word nie,
wat tot die swak gehalte van water in die meeste gemeenskappe lei. Daar is ook
bevind dat die gedrag van gemeenskappe een van die bydraende faktore is wat tot
waterbesoedeling lei.

Dit lyk ook asof ingrypingsprogramme, met die doel om 'n veilige en gesonde leefwyse
te bevorder, ook nie volhoubaar is nie. Die meeste gemeenskappe poog nou om die
plaaslike regering in 'n petisie/versoekskrif¹ te vra vir hulle dringende optrede ten
opsigte van die waterkrisis.

Woordelys:
¹petisie/versoekskrif: 'n formele, geskrewe versoek, geteken deur baie mense, aan
diegene in magsposisies met eise rakende 'n spesifieke saak
                                [Aangepas uit http://jamiat.org.za. Toegang op 09/01/2023 verkry.]

Skryf paragrawe oor die verantwoordelikheid van gemeenskappe om 'n veilige en
gesonde leefwyse te verseker.

Gebruik die volgende as 'n riglyn:

   Noem kortliks VIER voordele van aanlyn petisies/versoekskrifte aan plaaslike
    regerings vir dringende optrede ten opsigte van die waterkrisis in gemeenskappe.
                                                                                (4 x 1)              (4)

   Analiseer TWEE maniere waarop gemeenskappe saam met plaaslike regering kan
    werk om waterbronne te help beskerm.                                (2 x 4)                      (8)

   Bespreek krities TWEE maniere hoe om die volhoubaarheid te verseker van
    ingrypingsprogramme wat die doel het om 'n veilige en gesonde leefwyse te
    bevorder.                                                          (2 x 4)                       (8)
                                                                                                     [20]

                                                                    TOTAAL AFDELING C:               40
                                                                        GROOTTOTAAL:                 100

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Life Orientation September 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-september-2023-eng/9248e9ef-7dfb-485a-9adc-ea96ae592987) — Life Orientation · QP · 2023 · Eng
- [Life Orientation September 2023 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-september-2023-mg-afr/d0e48a41-7563-4615-b188-6ed4fcbcb4e8) — Life Orientation · Memo · 2023 · Afr
- [Life Orientation September 2023 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-september-2023-mg-eng/be6d5213-b7eb-4309-8697-c72e689d4c1a) — Life Orientation · Memo · 2023 · Eng
- [Life Orientation September 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-september-2023-eng/605d70e3-9d9e-4821-9f86-367f543efddd) — Life Orientation · QP · 2023 · Eng
- [Life Orientation September 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-september-2023-afr/67f337c6-ece2-4f2f-a420-cdccf94d750f) — Life Orientation · QP · 2023 · Afr
- [Life Orientation September 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-life-orientation-2025-nsc-november-exam-question-paper/abe2aa0a-60a9-4cc2-ac95-868fd62f2f43) — Life Orientation · QP · 2025 · Afr

## More from Grade 12 Life Orientation

- [Gr 12 Teacher s Guide (moderated)](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-teacher-s-guide-moderated/edfad90f-26e9-4c9a-8675-fb4b70efa861) — Guide
- [Gr 12 LO ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-lo-atp-2023-24/589ac481-b8bd-47bf-8f5f-622e6c43559a) — ATP
- [Life Orientation Survival Kit](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-survival-kit/d44546d3-bbeb-4310-83d2-878410571d70) — Guide
- [Life Orientation September 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-life-orientation-2025-nsc-november-exam-memorandum/3eb9235f-a07f-4bed-bb32-8316c569d9a4) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Orientation September 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-life-orientation-2025-nsc-november-exam-memorandum/b8c3fc57-e7ff-493a-ba1a-3786633b3d49) — Memo · 2025 · Eng
- [LO CAT APPROVED MARKING GUIDELINE ENGLISH watermark](https://www.hlayiso.com/library/lo-cat-approved-marking-guideline-english-watermark/90848a33-8520-43a5-a5c1-c839b0c4a33e) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
