# Life Orientation Grade 12 November 2024 NSC Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Life Orientation memorandum from the November 2024 NSC (Afrikaans), 26 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-september-2024-mg-afr/d6c194cf-0e75-443b-94e3-98deebdb296a
- Updated: 2026-10-29
- Subject: Life Orientation
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2024
- Exam period: November 2024 NSC
- Curriculum: CAPS
- Pages: 26

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Orientation](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-orientation) › [Life Orientation Grade 12 November 2024 NSC Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-september-2024-mg-afr/d6c194cf-0e75-443b-94e3-98deebdb296a)

## About this document

Life Orientation · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024. Memorandum. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

º

                            NATIONAL               SENIOR
                            SERTIFIKAAT

                               NASIONALE
                           SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                             LEWENSORIËNTERING

                       ALGEMENE ASSESSERINGSTAAK

                                SEPTEMBER 2024

                                 NASIENRIGLYNE
                                          M

    PUNTE: 100

                     Hierdie nasienriglyne bestaan uit 26 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Lewensoriëntering                             2                          DBE/September 2024
                       NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne

 AFDELING A (VERPLIGTEND)

 VRAAG 1

 1.1       1.1.1     B (✓)
           1.1.2     D (✓)
           1.1.3     B (✓)
           1.1.4     C (✓)
           1.1.5     A (✓)                                                                       (5)

 1.2      1.2.1      Propaganda (✓)                                                              (1)
          1.2.2      Vakbond (✓)                                                                 (1)
          1.2.3      Kronisme/Kronyisme/Gabbaïsme (✓)                                            (1)

 1.3      1.3.1      Noem TWEE moontlike finansiële uitdagings vir 'n opkomende sosiale
                     entrepreneur.

                     Punte moet soos volg toegeken word:
                     EEN punt (✓) vir elk van die TWEE antwoorde.

                     Moontlike finansiële uitdagings kan die volgende insluit:
                     • Die gebrek aan fondse om hulpbronne/aanvangskapitaal te kry om die
                       besigheid te begin. (✓)
                     • Die huiwerigheid/teensinnigheid van beleggers om die nuwe besigheid
                       te finansier. (✓)
                     • Afhanklikheid van toelaes/skenkings/beleggings om hul
                       ondernemings/dienslewering te finansier. (✓)
                     • Beperkte/Geen toegang tot finansiering/regeringsprogramme/ sosiale
                       impak beleggers. (✓)
                     • Kompeteer met nuwe/bestaande besighede/verbruikersvoorkeure te
                       verander. (✓)
                     • Ekonomiese skommelinge wat dienslewering beïnvloed. (✓)
                     • Die hoër koste/finansiële uitgawes in die verskaffing van dienste aan
                       minderbevoorregte of benadeelde bevolkings. (✓)
                     • Nie in staat om geskoolde werknemers te bekostig nie. (✓)
                     • Geen/swak krediettelling/gradering/slegte skuld. (✓)
                     • Die hoë koste verbonde by die belegging in infrastruktuur/
                       tegnologie. (✓)
                     • Die onvermoë om 'n aanvaarbare/behoorlike sakeplan/begroting vir
                       inkomstegenerering op te stel. (✓)
                     • Die gebrek aan finansiële geletterdheidsvaardighede. (✓)
                     • Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir EEN punt elk. (2x1)           (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Lewensoriëntering                            3                            DBE/September 2024
                      NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne

          1.3.2      Verduidelik die term regstelling in die werksplek.

                     Punte moet soos volg toegeken word:
                     TWEE punte (✓✓) vir ‘n antwoord wat goed verduidelik is.

                     Definisies:

                     Regstelling kan …
                     • verwys na die proses van regstelling/aanspreek (✓) 'n grief/
                       oortreding wat 'n werknemer dalk ervaar het. (✓)
                     • die neem van stappe om 'n situasie reg te stel/geregtigheid te
                       verseker behels, (✓) om verligting/vergoeding aan die
                       geaffekteerde/aangewese/gemarginaliseerde groepe te verskaf. (✓)
                     • beteken om die posisie/status van 'n werknemer te herstel as
                       gevolg van onbillike behandeling, (✓) deur finansiële vergoeding/
                       herinstelling/bevordering/ander voordele aan die geaffekteerde
                       werknemer te verskaf. (✓)
                     • 'n formele verskoning/regstellende aksie beleide/erkenning van die
                       oortreding insluit, (✓) om die werknemer se ervaring te bekragtig/ 'n
                       respekvolle werksomgewing te bevorder. (✓)
                     • onderhandeling van skikkings buite die hof behels, (✓) om
                       vergoeding te verskaf/dispute sonder uitgerekte regsgedinge op te
                       los. (✓)
                     • verseker dat oortredings/wanbalanse van die verlede reggestel
                       word, (✓) bevordering van 'n regverdige werkplek/wat voorkeur gee
                       aan benadeelde groepe. (✓)
                     • die implementering van nuwe beleide/wysiging van bestaande
                       insluit, (✓) om ’n herhaling van onbillike arbeidspraktyke wat
                       werknemers in die werkplek gely het, te voorkom. (✓)
                     • Enige EEN van die bogenoemde antwoorde vir TWEE punte. (1 x 2)             (2)

          1.3.3      Bespreek die voordeel daarvan om 'n oorbruggingsjaar te neem wanneer
                     daar op 'n finale loopbaankeuse besluit word.

                     Punte moet soos volg toegeken word:
                     TWEE punte (✓✓) vir ‘n antwoord wat goed verduidelik is.

                     Moontlike antwoorde kan insluit:
                     • Om tyd te neem om onafhanklike uitdagings in die werklike wêreld
                       te navigeer, kan lei tot groter volwassenheid/vertroue, (✓) wat na 'n
                       meer noukeurig oorweegde/gekose loopbaan lei. (✓)
                     • Selfverkenning tydens 'n oorbruggingsjaar is noodsaaklik vir 'n
                       vervullende loopbaan, (✓) wat verkenning van belangstellings/
                       passie/sterkpunte/swakpunte toelaat. (✓)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Lewensoriëntering                               4                          DBE/September 2024
                         NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne

                     •    Praktiese ondervinding/vrywillige werk tydens 'n
                          oorbruggingsjaar, (✓) wat insig gee in 'n beroepsveld wat
                          ooreenstem met jou verwagtinge/vaardighede.(✓)
                     •    Dieper/meer deeglike leer/verwerf van verskillende vaardighede kan
                          moontlik wees wanneer 'n mens 'n oorbruggingsjaar neem, (✓) en
                          hierdie nuutverworwe vaardighede kan jou na ander professionele
                          paaie lei. (✓)
                     •    Die ontwikkeling van 'n professionele netwerk tydens 'n
                          oorbruggingsjaar, (✓) kan geleenthede bied om met professionele
                          persone te netwerk, wat jou kan help om 'n meer ingeligte
                          loopbaanbesluit te neem. (✓)
                     •    Om van die norm af te wyk, bied 'n vars uitkyk op jou professionele
                          doelwitte/hou geen onmiddellike druk in om 'n voorafbepaalde pad
                          te volg nie, (✓) wat jou meer tyd gee om jou opsies te oorweeg/uit
                          te vind/na te vors watter beroep jy regtig wil navolg. (✓)
                     •    Werk tydens 'n oorbruggingsjaar kan jou help om vir jou eie studies
                          te betaal, (✓) wat jou meer buigsaamheid bied om jou loopbaan te
                          kies op grond van jou passie, eerder as jou behoeftes. (✓)
                     •    'n Oorbruggingsjaar bied 'n unieke geleentheid om ‘n stappie terug
                          te neem/te reflekteer/te groei/te verbeter op resultate, (✓) om te
                          verseker dat jou uiteindelike beroepskeuse in lyn is met jou
                          persoonlike/professionele doelwitte. (✓)
                     •    Enige EEN van die bogenoemde antwoorde vir TWEE punte. (1x2)             (2)

 1.4      1.4.1      Beskryf EEN sosiale voordeel om ontspanningsaktiwiteite by 'n
                     persoonlike leefstylplan in te sluit.

                     Punte moet soos volg toegeken word:
                     TWEE punte (✓✓) vir ‘n antwoord wat goed verduidelik is.

                     Moontlike antwoorde kan insluit:
                     • Voorsien ‘n platform aan individue om met soortgelyke individue
                       kontak te maak/nuwe vriendskappe te vorm/sosiale netwerke uit te
                       brei, (✓) wat sosiale ondersteuning/ samehorigheid/vermindering
                       van eensaamheid/isolasie tot gevolg kan hê. (✓)
                     • Om kwaliteit tyd saam met vriende/familie te spandeer kan
                       verhoudings versterk,(✓) wat wedersydse begrip/emosionele
                       verbindings kan verbeter. (✓)
                     • Ontspanningsaktiwiteite vereis dikwels interaksie met ander, (✓)
                       wat kan help om noodsaaklike kommunikasievaardighede te
                       ontwikkel (verbale/nie-verbale kommunikasie/aktiewe luister/om
                       jouself duidelik/effektief uit te druk). (✓)
                     • Spanwerkaktiwiteite soos sport/speletjies kan samewerkings-
                       vaardighede verbeter, (✓) om individue toe te laat om aan
                       gemeenskaplike doelwitte te werk/konflik te onderhandel/op te
                       los. (✓)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Lewensoriëntering                               5                          DBE/September 2024
                         NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne

                     •    Om by plaaslike klubs/groepe aan te sluit, kan gemeenskap
                          verbindinge bevorder/burgerlike betrokkenheid verhoog/deelname
                          aan gemeenskapsgeleenthede aanmoedig , (✓) om sodoende die
                          sosiale struktuur van die gemeenskapslewe te versterk. (✓)
                     •    Groepaktiwiteite kan informele ondersteuningsnetwerke
                          bevorder, (✓) wat aan individue 'n gevoel van sekuriteit/
                          verbondenheid gee. (✓)
                     •    Ontspanningsprogramme poog om inklusief te wees, (✓) wat
                          deelname vir alle ouderdomme/agtergronde/vermoëns/bevordering
                          van sosiale integrasie verseker. (✓)
                     •    Die voltooiing van ontspanningsaktiwiteite/om 'n nuwe vaardigheid
                          aan te leer/om ‘n speletjie te wen, (✓) kan sosiale interaksie
                          aanmoedig. (✓)
                     •    Enige EEN van die bogenoemde antwoorde vir TWEE punte. (1 x 2)           (2)

          1.4.2      Verduidelik hoe die volg van 'n volgehoue oefenroetine tot jou
                     geesteswelstand kan bydra.

                     Punte moet soos volg toegeken word:
                     TWEE punte (✓✓) vir ‘n antwoord wat goed verduidelik is.

                     Om 'n konsekwente oefenroetine te volg, kan ...
                     • help om slaappatrone te reguleer/tot beter slaapkwaliteit lei, (✓) wat
                       die brein toelaat om jou gemoed/kognitiewe funksie te verbeter. (✓)
                     • jou selfbeeld/liggaamsbeeld verbeter, (✓) wat daardeur help om jou
                       selfvertroue/gevoel van prestasie te versterk. (✓)
                     • die bloedvloei na die brein verhoog/fokus verbeter, (✓) wat
                       geestelike helderheid kan bevorder/gesonde hanterings-
                       meganismes kan ontwikkel. (✓)
                     • die vrystelling van endorfiene ('goedvoel'-hormone) tot gevolg
                       hê, (✓) aangesien hierdie chemikalieë kan help om pynwaarneming
                       te verminder/'n gevoel van euforie/algemene welstand te
                       veroorsaak. (✓)
                     • struktuur/voorspelbaarheid by jou dag voeg, (✓) wat 'n gevoel van
                       stabiliteit/beheer/troos kan verskaf tydens tye van onsekerheid/'n
                       positiewe uitkyk op die lewe skep. (✓)
                     • help met oplettendheid/ontspanning/bewus te wees van die hier en
                       nou, (✓) wat stres kan verminder. (✓)
                     • die produksie van adrenalien/kortisol stimuleer, (✓) wat jou kan help
                       om stresvolle situasies te hanteer/meer ontspanne te voel. (✓)
                     • nuwe aktiwiteitspatrone in die brein skep, (✓) wat aanhoudende
                       gevoelens van kalmte/vrede kan bevorder. (✓)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Lewensoriëntering                               6                              DBE/September 2024
                         NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne

                     •    dien as afleiding, (✓) sodat jy stil oomblikke kan vind om uit die
                          sameloop van negatiewe gedagtes te breek, wat depressie/angs
                          kan veroorsaak. (✓)
                     •    Enige EEN van die bogenoemde antwoorde vir TWEE punte. (1x2)                 (2)

           1.4.3     Bespreek EEN moontlike voordeel op 'n mens se langtermyn fisiese
                     gesondheid as 'n gebalanseerde dieetplan gevolg word.

                     Punte moet soos volg toegeken word:
                     TWEE punte (✓✓) vir ‘n antwoord wat goed verduidelik is.

                     Om 'n gebalanseerde voedingsplan te volg, kan help om...
                     • die aanbevole aantal kalorieë/voedingstowwe te verskaf, (✓) wat 'n
                       gesonde gewig/liggaamsmassa-indeks (LMI) bevorder, of die risiko
                       van vetsug/om oormatige gewig op te tel kan verminder. (✓)
                     • 'n gesonde dieet van die vyf voedselgroepe te handhaaf, (✓) wat
                       bloeddruk/cholesterolvlakke reguleer of hart gesondheid
                       verbeter. (✓)
                     • lae-glukemiese-indeks (GI) voedsel/voldoende koolhidrate/gesonde
                       vette/vesel in te sluit, (✓) wat bloedsuikervlakke reguleer. (✓)
                     • 'n voldoende inname van relevante vitamiene/voedingstowwe te
                       verseker, (✓) wat osteoporose/frakture voorkom, veral wanneer
                       ouer word. (✓)
                     • 'n hoë-vesel dieet te volg, (✓) wat ‘n gesonde spysvertering/
                       ingewande ondersteun/spysverteringsprobleme voorkom. (✓)
                     • 'n egalige toevoer van energie te verseker, (✓) wat algehele
                       produktiwiteit/fisiese prestasie verbeter/moegheid verminder. (✓)
                     • 'n gesonde immuunstelsel te handhaaf, (✓) wat die risiko om
                       leefstylsiektes te ontwikkel verminder/lei tot verbeterde algehele
                       fisiese welstand. (✓)
                     • Enige EEN van die bogenoemde antwoorde vir TWEE punte. (1x2)                      (2)

                                                                           TOTAAL AFDELING A:            20

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 7

Lewensoriëntering                               7                          DBE/September 2024
                         NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne

 AFDELING B (VERPLIGTEND)

 1.        In hierdie afdeling moet kandidate se antwoorde sover moontlik in volsinne geskryf
           word. Dus, vir 'n 3 of 4-punt-vraag moet 4, 3, 2, 1 of 0 (nul) punte toegeken word,
           afhangend van die vlak van die antwoord gegee.

 2.        Let daarop dat vir elke kategorie van die kandidate se antwoorde, moet daar
           onderskei word tussen uitstekende, goeie, bevredigende en swak antwoorde.

 VRAAG 2

 2.1       Definieer die term waarde van werk.

           Punte moet soos volg toegeken word:
           TWEE punte (✓✓) vir ‘n antwoord wat goed verduidelik is.

           *NOTA AAN ONDERWYSER: GEEN punte sal vir voorbeelde toegeken word
           NIE.

           Definisies:

           Dit kan verwys na die belangrikheid/waarde/betekenis van...
           • 'n individu se arbeid/finansiële waarde van werk (✓) wat betekenis aan die
               lewe gee/opbrengs op belegging. (✓)
           • pogings/bydraes in hul werk/beroep/loopbaan (✓) wat doel/'n gevoel van
               identiteit gee. (✓)
           • professionele groei/ontwikkeling (✓) as gevolg van die intrinsieke motivering
               om ywerig te werk. (✓)
           • werk binne 'n kultuur/samelewing (✓) wat sosiale norme/verwagtinge kan
               beïnvloed. (✓)
           • ‘n positiewe impak te maak (✓) in 'n gemeenskap/samelewing. (✓)
           • outonomie/eienaarskap van verantwoordelikhede te neem (✓) wat kan lei tot
               eie finansiële onafhanklikheid/sekuriteit. (✓)
           • selfvervulling/geluk/’n doel (✓) wat lei tot tevredenheid/bevrediging binne 'n
               loopbaan/persoonlike lewe. (✓)
           • Enige EEN van die bogenoemde antwoorde vir TWEE punte.                    (1x2)       (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Lewensoriëntering                             8                          DBE/September 2024
                       NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne

 2.2       Beskryf hoe Gen Z se ervaring van tegnologie hul probleemoplossings-
           vaardighede in die werkplek kan bevorder.

           Punte moet soos volg toegeken word:
           TWEE punte (✓✓) vir ‘n antwoord wat goed verduidelik is.

           Gen Z's kan...
           • meer gemaklik wees met tegnologie, (✓) waardeur hulle meer vaardighede
             kan kry deur digitale hulpbronne te gebruik om probleme maklik aan te
             pak. (✓)
           • meer blootgestel wees aan tegnologie, (✓) wat lei tot ongewone/kreatiewe/
             innoverende/kritiese denke/benaderings om moeilike kwessies op te los. (✓)
           • in staat wees om gebruik/veelvoudige take aan te pak op verskeie digitale
             platforms, (✓) om sodoende bekommernisse/uitdagings doeltreffend/vinnig
             te kommunikeer. (✓)
           • meer tegnologies vaardig wees, (✓) en kan doeltreffend/vinnig wees om
             sperdatums na te kom om uitdagings op te los. (✓)
           • beter toegerus wees om digitale hulpmiddels in die werkplek te gebruik, (✓)
             daarom kan hulle vinnig tegnologiese oplossings vir opkomende probleme
             vind. (✓)
           • vaardig wees in die gebruik van aanlynkursusse/tutoriale/aanlynseminare
             om nuwe vaardighede aan te leer, (✓) aangesien hierdie proaktiewe
             benadering hulle kan help om op hoogte te bly van die nuutste
             probleemoplossingstegnieke/-hulpmiddels. (✓)
           • in staat wees om 'n wêreldwye netwerk van hulpbronne te benut, (✓) wat lei
             tot meer diverse oplossings vir kwessies. (✓)
           Gen Z's...
           • het grootgeword met moderne tegnologie, (✓) dus kan hulle dalk vinnig data
             effektief insamel/ontleed. (✓)
           • gebruik digitale platforms om samewerking te fasiliteer, (✓) en hulle
             sodoende in staat stel om uitdagings as 'n span doeltreffend op te los. (✓)
           • Enige EEN van die bogenoemde antwoorde vir TWEE punte.                  (1x2)        (2)

 2.3       Verduidelik hoe toegang tot die internet 'n mens se strategie om take/projekte meer
           effektief te voltooi, kan verbeter.

           Punte moet soos volg toegeken word:
           TWEE punte (✓✓) vir ‘n antwoord wat goed verduidelik is.

           Moontlike antwoorde kan insluit:
           • Die hoeveelheid tyd wat aan navorsing bestee word, kan verminder
             word, (✓) om 'n mens te help om jou tyd wat aan take spandeer word
             doeltreffend te bestuur/meer produktief te wees/meer doeltreffend te
             werk. (✓)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Lewensoriëntering                             9                            DBE/September 2024
                       NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne

           •   Dit kan 'n mens in staat stel om take vinniger af te handel deur die gebruik
               van verskeie aanlynbronne, (✓) om sodoende te verseker dat spertye betyds
               gehaal word. (✓)
           •   Die besluitneming vir projekte wat spanwerk vereis, kan vergemaklik word
               deur instrumente soos e-pos/videokonferensies, (✓) wat die tydige voltooiing
               van take verseker. (✓)
           •   Die gebruik van 'n verskeidenheid aanlynhulpmiddels vir projekbestuur/
               skeduleringstake/spertye/nasporing van vordering spaar 'n mens se tyd, (✓)
               en dit kan verseker dat 'n mens se take korrek geprioritiseer word.(✓)
           •   'n Mens kan op meer ingewikkelde/kreatiewe areas van jou werk
               konsentreer deur eentonige/tydrowende take te outomatiseer, (✓) en
               sodoende foute/die hoeveelheid moeite wat benodig word, tot die minimum
               beperk, take vinniger/meer akkuraat te finaliseer. (✓)
           •   'n Mens kan op datum/hoogte gehou word van die nuutste tegnologiese
               vaardighede en kennis, (✓) om sodoende 'n mens se uitkomste in
               take/projekte te verbeter. (✓)
           •   Die gebruik van aanlynbronne/sagteware,(✓) elimineer die behoefte aan
               fisiese teenwoordigheid/hulpbronne,koste uit te skakel. (✓)
           •   Virtuele netwerke met professionele persone/kundiges, die bevordering van
               samewerking/mentorskap/uitruil van kennis kan maklik verkry word, (✓) oor
               die verskaffing van waardevolle insigte oor die voltooiing van take/
               projekte. (✓)
           •   Deur verskeie leerbronne aanlyn te raadpleeg teen hul eie tempo, (✓) kon
               suksesvolle prestasies van take/projekte verseker. (✓)
           •   Enige EEN van die bogenoemde antwoorde vir TWEE punte.                   (1x2) (2)

 2.4       Bespreek TWEE voordele vir jong werkers wat 'n gesonde werk-lewe-balans
           handhaaf.

           Punte moet soos volg toegeken word:
           TWEE punte (✓✓) vir elke antwoord wat goed verduidelik is.

           Die handhawing van 'n gesonde balans tussen werk en lewe kan...
           • daartoe lei dat hulle meer gefokus/doeltreffend/oplettend is gedurende
              werksure, (✓) wat produktiwiteit/werkprestasie/werktevredenheid
              verhoog.(✓)
           • tyd vir stokperdjies/persoonlike belangstellings/talente/selfverkenning
              verseker,(✓) wat bydra tot 'n individu se persoonlike ontwikkeling/bou van
              breër vaardighede/vertroue, en lei tot bevrediging by die werk/huis. (✓)
           • help om duidelike grense tussen werk en persoonlike lewe te stel,(✓) wat ‘n
              gevoel van beheer/struktuur bevorder, en die waarskynlikheid verminder dat
              werk met persoonlike tyd inmeng. (✓)
           • beter gesondheid verseker, wat die aantal dae verminder wat van die werk
              afgeneem is weens siekte,(✓) en lei tot konsekwente bywoning/
              betroubaarheid by die werk. (✓)
           • lei tot verhoogde werksbevrediging/’n gelukkige persoonlike lewe, (✓) wat
              algehele lewenskwaliteit/verbetering van verhoudings tot gevolg het. (✓)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Lewensoriëntering                            10                           DBE/September 2024
                       NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne

           •   angs/depressie/uitbranding 'n mens verseker, as gevolg van minder werk/
               huisstres, (✓) wat 'n positiewe impak op 'n mens se algehele welstand kan
               hê. (✓)
           •   toelaat dat tyd afgeneem word om te ontspan en krag te herwin, (✓) wat kan
               lei tot vernuwe energie om uitdagings die hoof te bied. (✓)
           •   Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir TWEE punte elk.            (2x2)       (4)

 2.5       Assesseer die waarde van gereelde terugvoering vir werknemers binne die
           werksomgewing.

           Punte moet soos volg toegeken word:
           TWEE punte (✓✓) vir elke antwoord wat goed verduidelik is.

           Gereelde terugvoer kan …
           • werknemers help om sterkpunte/swakpunte te identifiseer, (✓) waardeur
             hulle hul werk kan aanpas/algehele prestasie verbeter. (✓)
           • werknemers wys dat hul werk/bydrae waardeer/erken word, (✓) wat hul
             moraal kan bou/motivering/personeelbetrokkenheid kan verhoog en
             sodoende werknemers behou. (✓)
           • geleenthede vir groei/ontwikkeling bied, (✓) om sodoende werknemers te
             help om nuwe vaardighede te bou/areas vir verbetering aan te spreek. (✓)
           • oop kommunikasie kweek/kwessies aanspreek voordat dit vererger, (✓) om
             sodoende misverstande te verminder/'n kultuur van deursigtigheid/eerlikheid/
             harmoniese werksomgewing te bevorder. (✓)
           • werknemers aanspreeklik/verantwoordelik hou vir hul werk, (✓) wat die
             bevordering van eienaarskap van hul werk inhou. (✓)
           • werknemers help om 'n groei-ingesteldheid te ontwikkel, (✓) wat 'n padkaart
             vir persoonlike ontwikkeling verskaf. (✓)
           • 'n geleentheid skep vir werknemers om idees/voorstelle te deel, (✓) om
             sodoende innovasie/verbetering aan te moedig. (✓)
           • 'n verbintenis tot werknemerontwikkeling te demonstreer, (✓) wat
             vertroue/sterker verhoudings tussen kollegas en hul werkgewers kan
             bou. (✓)
           • hulle help om te verstaan wat van hulle verwag word/hoe hul werk tot die
             organisasie bydra/hulle op hoogte hou van die jongste ontwikkelings in die
             werkplek, (✓) wat lei tot beter fokus/hul sin van doel te verhoog/belyning met
             organisatoriese doelwitte. (✓)
           • help om hul foute dadelik reg te stel, (✓) wat lei tot voortdurende
             verbetering/hoër kwaliteit van werk. (✓)
           • Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir TWEE punte elk.(2 x 2)                   (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Lewensoriëntering                           11                           DBE/September 2024
                      NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne

 2.6       Beveel TWEE maniere aan waarop jy doeltreffende verhoudings in die werksplek
           kan onderhou. Dui ook in ELKE antwoord aan hoe dit jou in staat kan stel om meer
           produktief by die werk te wees.

           Punte moet soos volg toegeken word:
           DRIE punte (✓✓✓) vir elke antwoord wat goed verduidelik is.

           *NOTA AAN DIE ONDERWYSER:
           Om die volle DRIE punte toe te ken, moet kandidate 'n stelling gee, (✓), dit
           motiveer (✓) en 'n resultaat/uitkoms gee. (✓)

           Moontlike antwoorde kan insluit:
           • Leer ken/behandel kollegas met respek/vriendelikheid/empatie/
             professionaliteit, (✓) en erken/waardeer hul unieke perspektiewe/
             bydraes, (✓) wat daardeur help om moraal te bevorder/spanwerk te
             verbeter, wat lei tot groter produktiwiteit. (✓)
           • Deel gereeld vordering met jou span/werknemers om almal op hoogte te
             hou, (✓) wat misverstande voorkom en 'n kultuur van vertroue skep, (✓) en
             daardeur samewerking by die werk/doeltreffende voltooiing van take te
             verbeter. (✓)
           • Gee aandag/luister altyd aandagtig na wat ander sê sonder om hulle in die
             rede te val, (✓) om respek vir hul opinies te toon, en oop/eerlike
             kommunikasie aan te moedig, (✓) wat lei tot groter betrokkenheid tussen die
             twee partye. (✓)
           • Wees meer oop oor jou voornemens/besluite/foute, (✓) wat deursigtigheid
             bevorder, en 'n omgewing van eerlikheid skep, (✓) wat 'n meer gunstige
             werksomgewing tot gevolg het. (✓)
           • Gereelde erkenning/viering van die prestasies/pogings van jou kollegas, (✓)
             wat hulle waardeer laat voel/hul selfvertroue/motivering ’n hupstoot kan
             gee, (✓) wat lei tot verhoogde werksbetrokkenheid/pogings van
             spanlede. (✓)
           • Toon empatie/spreek dankbaarheid uit/moenie toelaat dat persoonlike
             probleme jou werk beïnvloed nie/oorweeg die emosies/perspektiewe van jou
             kollegas, (✓) wat 'n kalm/harmoniese werkplek/omgewing kan handhaaf, (✓)
             en lei tot sterker interpersoonlike verhoudings/beter konflikoplossing by die
             werk. (✓)
           • Werk aan gemeenskaplike doelwitte deur jou span te ondersteun, (✓) deur
             hulp aan te bied/bereid te wees om hulp te vra wanneer dit nodig is, (✓)
             aangesien dit werkers 'n gevoel van samehorigheid/verbondenheid/gedeelde
             verantwoordelikheid kan gee en lei tot die suksesvolle voltooiing van
             take. (✓)
           • Toon respek/waarde vir diverse agtergronde/vaardighede/perspektiewe
             onder jou kollegas, (✓) wat verseker dat almal ingesluit/gehoor voel by
             besprekings/besluitnemingsprosesse, (✓) en lei tot konsekwente kreatiwiteit
             binne werksverhoudings. (✓)
           • Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir DRIE punte elk.(2 x 3)            (6)
                                                                                           [20]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Lewensoriëntering                           12                           DBE/September 2024
                      NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne

 VRAAG 3

 3.1      Noem TWEE aksies wat jy onopsetlik in die eksamenlokaal kan pleeg, wat as
          oneerlik beskou kan word.

          *NOTA AAN ONDERWYSER:
          Punte moet nie toegeken word vir antwoorde wat aandui dat materiaal/toerusting in
          die eksamenlokaal ingebring word nie. Die fokus is op die aksies wat tydens 'n
          eksamensessie gepleeg word.

          Punte moet soos volg toegeken word:
          EEN punt (✓) vir elke antwoord.

          Moontlike antwoorde kan insluit:
          • Maak notas tydens leestyd. (✓)
          • Praat met ander leerders/nie-verbale gebare/lyftaal/omdraai om 'n vraag te vra
            tydens die eksamen. (✓)
          • Leen/optel/ruil skryfbehoeftes met ander leerders. (✓)
          • Vra vir verduideliking/raad oor eksameninstruksies/vrae aan toesighouers. (✓)
          • Die gebruik van slimhorlosies/nie weet dat jy ‘n programmeerbare
            sakrekenaar in jou besit het in die eksamenlokaal nie. (✓)
          • Loer/kyk voortdurend rond na ‘n maat se antwoordblad om te sien of jy op
            dieselfde spoor is/teen dieselfde pas werk. (✓)
          • Lees jou vrae/antwoorde hardop. (✓)
          • Verander jou handskrifstyl. (✓)
          • Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir EEN punt elk.                (2x1)       (2)

 3.2      Waarom, dink jy, kan sommige leerders onder druk voel om in die NSS-eksamen
          goed te presteer?

          Punte moet soos volg toegeken word:
          TWEE punte (✓✓) vir ‘n antwoord wat goed verduidelik is.

          Moontlike antwoorde kan insluit:
          • Hoë verwagtinge van hulself/ouers/onderwysers/skool/gemeenskap/
            universiteite, (✓) aangesien hulle dalk nie hierdie partye wil teleurstel as
            hulle nie aan die vereiste standaarde vir finansiële hulp/toelatingsvereistes
            voldoen nie. (✓)
          • Onvoldoende hersiening van materiaal/nie voorbereid wees/verstaan nie
            inhoud nie, (✓) weens swak studiegewoontes/uitstel wat lei tot angs/paniek
            wanneer die eksamen naby is. (✓)
          • Kompetisie binne hul graad/wil nie hul plek op die toppresteerderslys verloor
            nie, (✓) en kan hulle die behoefte gee om beter te presteer as ander om
            hoër onderwysgeleenthede te verkry. (✓)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Lewensoriëntering                            13                            DBE/September 2024
                       NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne

          •   Finansiële druk binne die huishouding, (✓) wat lei tot 'n sterk behoefte/
              gevoel om te voorsien/om vir die gesin te kan sorg na die voltooiing van
              graad 12. (✓)

          •   Swak prestasie in hul SBA deur die jaar (✓) kan hulle desperaat maak om
              hul finale uitslae te verbeter. (✓)
          •   Enige EEN van die bogenoemde antwoorde vir TWEE punte.                (1x2) (2)

 3.3     Verduidelik hoe oneerlikheid tydens die NSS-eksamen 'n invloed kan hê op
         'n leerder se toelating tot hoëronderwys-instansies.

         Punte moet soos volg toegeken word:
         TWEE punte (✓✓) vir ‘n antwoord wat goed verduidelik is.

         Moontlike antwoorde kan insluit:
         • Kan moontlik nie hul NSS-sertifikaat ontvang nie, wat noodsaaklik is vir
           toelating tot hoëronderwysinstellings, (✓) aangesien hul eksamenuitslae
           gekanselleer/weerhou kan word. (✓)
         • 'n Leerder se dissiplinêre rekord/formele teregwysings/dissiplinêre optrede
           word negatief beskou wanneer aansoek gedoen word vir hoër onderwys, (✓)
           kan die kanse belemmer om deur die toelatingsbeamptes aanvaar te
           word. (✓)
         • Diskwalifisering van 'n leerder van toekomstige eksamens, (✓) wat lei tot
           leemtes in hul akademiese rekord/onvoltooide kwalifikasies en
           onbevoegdheid vir toelating tot hoër onderwys. (✓)
         • Skorsing van 'n leerder uit die eksamen/skool, (✓) kan negatief beskou word
           wanneer die tersiêre instelling 'n leerder se geskiktheid vir toelating
           oorweeg. (✓)
         • Die verlies aan vertroue van onderwysers/opsieners/skoolhoof/
           toelatingsbeamptes, (✓) wat dit vir 'n leerder moeiliker maak om positiewe
           aanbevelings/verwysings vir aansoek by tersiêre instellings te verkry. (✓)
         • Beperk hul geskiktheid vir merietebeurse/beurse/finansiële hulp/
           leerlingskappe, (✓) aangesien hul akademiese integriteit bevraagteken kan
           word. (✓)
         • Regsgevolge van die Departement van Onderwys, (✓) wat hul reputasie/
           verdere vooruitsigte van leer kan benadeel op grond van die tersiêre
           instelling se eie toelatingsbeleide. (✓)
         • Om 'n leerder te verhoed om die Nasionale Normtoetse (NNT'e)
           betyds/suksesvol te skryf, (✓) as gevolg van die uitgerekte wagtydperk op
           die uitkomste van dissiplinêre prosesse. (✓)
         • Kriminele rekord wat hulle mag hê weens oneerlikheid, (✓) kan hulle regdeur
           hul akademiese/professionele reis volg/toekoms/wêreldwye geleenthede
           beperk. (✓)
         • Enige EEN van die bogenoemde antwoorde vir TWEE punte.                   (1x2)      (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

Lewensoriëntering                           14                          DBE/September 2024
                      NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne

 3.4     Bespreek TWEE maniere waarop jy jou eie studiestrategieë kan hersien om
         te verseker dat jy goed voorbereid vir die eksamen is.

         Punte moet soos volg toegeken word:
         TWEE punte (✓✓) vir elke antwoord wat goed verduidelik is.

         Jy kan jou benadering tot leer aanpas deur...
         • jou studiemateriaal op te breek in hanteerbare dele, (✓) wat jou help om jou
            studiedoelwitte/mikpunte te bereik. (✓)
         • die assessering van jou huidige studietegnieke, (✓) wat jou help om na meer
            effektiewe metodes te verander. (✓)
         • die identifisering van areas wat meer fokus benodig, (✓) wat leiding voorsien
            oor hoe om te verbeter in hierdie geïdentifiseerde gebiede. (✓)
         • alternatiewe leeromgewings te oorweeg, (✓) om gefokus te bly wanneer jy
            leer. (✓)
         • die materiaal aan iemand anders te onderrig/verduidelik, (✓) om jou eie vlak
            van begrip na te gaan. (✓)
         • jou studieskedule na te gaan, (✓) om volledige dekking van alle
            studiemateriaal te verseker. (✓)
         • meer aktiewe leerstyle te oorweeg, (✓) wat jou kan help om retensie te
            verbeter. (✓)
         • Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir TWEE punte elk.             (2x2)     (2)

 3.5     Assesseer TWEE maniere waarop die nakoming van die NSS-
         eksamenbelofte jou kan help om akademiese integriteit te handhaaf.

         Punte moet soos volg toegeken word:
         TWEE punte (✓✓) vir elke antwoord wat goed verduidelik is.

         Die nakoming van die NSS-eksamenbelofte kan...
         • jou verplig om 'n persoonlike verbintenis te maak om hierdie standaarde te
            handhaaf/jou vasberadenheid versterk om eties op te tree selfs wanneer jy
            gespanne tydens die eksamen is, (✓) en bind jou daardeur aan die reëls en
            standaarde wat jy moet volg. (✓)
         • jou verbintenis versterk om getrou aan jouself te wees, (✓) om jou daardeur
            meer bewus te maak van die gevolge van oneerlikheid. (✓)
         • 'n gevoel van aanspreeklikheid skep deurdat jy 'n belofte aan jouself/maats/
            onderwysers gemaak het om etiese standaarde te handhaaf, (✓) en
            sodoende te verseker dat jy verantwoordelikheid neem/betroubaar is vir jou
            eie optrede/oneerlike gedrag voorkom. (✓)
         • etiese besluitneming bevorder, veral wanneer gekonfronteer word met
            uitdagende akademiese druk/groepdruk om te kul tydens die eksamen, (✓)
            en sodoende jou interne motivering om eerlik op te tree versterk. (✓)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Lewensoriëntering                            15                             DBE/September 2024
                       NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne

         •   verseker dat jy vertroue tussen jou en jou maats/onderwysers/skoolhoof
             bou, (✓) wat jou daartoe verbind om hoë standaarde van akademiese
             gedrag te handhaaf/seker te maak dat jou eweknieë ook aan dieselfde
             standaarde voldoen. (✓)
         •   jou verbintenis tot etiese gedrag bevestig, (✓) wat ook jou optrede in alle
             akademiese pogings kan beïnvloed. (✓)
         •   jou voortdurend herinner aan die belangrikheid van eerlike gedrag, (✓) en
             daardeur dien as 'n afskrikmiddel om nie hierdie standaarde te oortree nie,
             aangesien dit ernstige gevolge vir jou sal inhou. (✓)
         •   selfrefleksie aanmoedig, (✓) wat jou help om jou gedrag in lyn te bring met
             die waardes/verwagtinge van die NSS. (✓)
         •   Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir TWEE punte elk.               (2x2)    (4)

 3.6     Analiseer hoe sterk werksetiek jou professionele vaardighede in die
         toekoms kan bevorder. Dui ook in elke antwoord aan hoe dit tot langtermyn-
         loopbaansukses kan bydra.

         Punte moet soos volg toegeken word:
         DRIE punte (✓✓✓) vir elke antwoord wat goed verduidelik is.

         *NOTA AAN DIE ONDERWYSER:
         Om die volle DRIE punte toe te ken, moet kandidate 'n stelling gee, (✓), dit
         motiveer (✓) en 'n resultaat/uitkoms gee. (✓)

         Om sterk werksetiek te hê soos ...
         • verantwoordelikheid/selfdissipline, (✓) kan jou help om jou fokus op
           langtermyndoelwitte te behou, (✓) en hierdie konsekwente prestasie kan 'n
           stabiele loopbaanpad bevorder/nuwe geleenthede oopmaak. (✓)
         • samewerking met ander, (✓) kan spanwerk bevorder, (✓) wat lei tot
           moontlike leierskaprolle.(✓)
         • aanpasbaarheid in 'n snel-bewegende werksomgewing, (✓) kan jou toelaat
           om te floreer te midde van verandering/buigsaam te wees,(✓) wat jou in
           staat stel om nuwe uitdagings/rolle aan te pak.(✓)
         • stiptelikheid/doeltreffendheid/effektiewe tydsbestuur, (✓) wat kan help om
           werksproduktiwiteit te verhoog/suksesvolle projekvoltooiing/nakoming van
           daaglikse doelwitte/nakoming van spertye, (✓) kan geleenthede vir
           toekomstige professionele vooruitgang verbeter.(✓)
         • integriteit/verantwoordbaarheid, (✓) kan verseker dat jy nie ander blameer
           nie/gepaste keuses maak/jou verbind tot 'n kultuur van verantwoordelikheid
           met kollegas/werkgewers/kliënte, (✓) wat deure oopmaak vir toekomstige
           loopbaanvooruitsigte/bevordering van loopbaangroei.(✓)
         • deurlopend professioneel te wees, (✓) kan jou reputasie in jou bedryf
           verbeter, (✓) wat jou 'n verkose medewerker/kandidaat vir bevorderings
           maak. (✓)
         • kwaliteit werk te lewer (✓) kan jou reputasie as 'n betroubare werknemer
           bou, (✓) wat jou help om mededingend in jou veld te bly.(✓)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 16

Lewensoriëntering                           16                            DBE/September 2024
                      NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne

         •   deursigtigheid (✓) kan jou in staat stel om waardevol/lojaal/eerlik te
             wees/vertrouensverhoudings met mentors te vestig, (✓) wat lei tot moontlike
             verwysings vir uitvoerende/strategiese posisies binne organisasies.(✓)
         •   Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir DRIE punte elk.            (2x3)     (6)

                                                                                              [20]

                                                                    TOTAAL AFDELING B: 40

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 17

Lewensoriëntering                           17                            DBE/September 2024
                      NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne

 AFDELING C

 1.        Kandidate moet enige TWEE vrae in hierdie afdeling beantwoord. Indien die
           kandidaat al drie vrae beantwoord, moet slegs die eerste TWEE vrae nagesien
           word. ŉ Streep moet deur die oorblywende antwoord getrek word en die
           volgende afkorting moet daarby neergeskryf word: 'OGVV' (Oorskry Getal Vrae
           wat Vereis word).

 2.        Kandidate se antwoorde moet in die vorm van PARAGRAWE wees. Punte sal
           slegs toegeken word vir antwoorde wat in volsinne geskryf is.

 VRAAG 4

 *NOTA AAN DIE ONDERWYSER:
 In hierdie vraag moet kandidate se antwoorde in volsinne geskryf word. Dus, vir 'n 4 punt-
 antwoord kan en behoort 4, 3, 2 en1 of 0 (nul) aan kandidate toegeken te word,
 afhangende wat die vlak van die antwoorde is

 Noem kortliks VIER rolle van die media in die bevordering van sport in Suid-Afrika.

 Punte moet soos volg toegeken word:
 EEN punt (✓) vir elke antwoord.

 Moontlike antwoorde kan insluit:
 • Die opvoeding van die publiek oor verskillende sportsoorte/geskiedenis/reëls/
   strategieë/die belangrikheid van fisiese aktiwiteit. (✓)
 • Om borge/befondsing vir sportspanne/geleenthede aan te trek of finansiële
   ondersteuning vir die ontwikkeling van sport te verbeter. (✓)
 • Verhoog sigbaarheid, bereik wyer gehore/meer toeskouers. (✓)
 • Help met advertensies/bemarking van produkte wat verband hou met sport/
   sportbefondsing. (✓)
 • Dit vorm openbare opinie/persepsie/bewustheid/belangstellings oor sport. (✓)
 • Uitdagende stereotipes wat verband hou met geslag/ras/gestremdheid/bevorder
   inklusiwiteit/deelname van onderverteenwoordigde groepe. (✓)
 • Beklemtoon gesondheidsvoordele/prestasies/talente van atlete/spanne. (✓)
 • Motiveer betrokkenheid aan sport/sportgeleenthede/toernooie/deelname/
   nasiebou/eenheid in sport. (✓)
 • Skep geleenthede om met sportpersoonlikhede plaaslik/wêreldwyd op
   sosialemediaplatforms betrokke te raak. (✓)
 • Verskaf uitgebreide dekking van sportbyeenkomste/kompetisies/atlete. (✓)
 • Om toegewyde kanale te hê/regstreekse uitsendings van sportgebeurtenisse. (✓)
 • Die verskaffing van platforms vir besprekings/debatte/ontleding van sport. (✓)
 • Vermaak die publiek oor sportbyeenkomste. (✓)
 • Enige VIER van die bogenoemde antwoorde vir EEN punt elk.                      (4x1)           (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 18

Lewensoriëntering                           18                            DBE/September 2024
                      NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne

 Bespreek breedvoerig hoe sportpersoonlikhede jongmense moontlik kan beïnvloed om 'n
 loopbaan in sport te oorweeg.

 Punte moet soos volg toegeken word:
 VIER punte(✓✓✓✓)vir elke antwoord wat goed verduidelik is.

 *NOTA AAN DIE ONDERWYSER:
 Om die volle VIER punte toe te ken, moet kandidate 'n stelling gee, (✓) uitbrei op die
 stelling, (✓) dit motiveer (✓) en 'n resultaat/uitkoms gee. (✓)

 Sportpersoonlikhede kan …
 • dien as rolmodelle/deel hul eie unieke stories, (✓) waardes soos spanwerk/
   dissipline/deursettingsvermoë te demonstreer, (✓) wat noodsaaklik is vir sukses in
   sport/lewe, (✓) om sodoende die jeug te help om loopbaan-/lewensdoelwitte te
   ontwikkel. (✓)
 • bewustheid oor verskeie sportsoorte/loopbane bevorder vir alle geslagte, (✓) deur
   jongmense bloot te stel aan nuwe moontlikhede/geleenthede, (✓) sodat hulle
   geïnspireer kan word om nuwe sportsoorte te probeer/hul deelname/opwinding te
   verhoog/hul passie te stimuleer, (✓) en dus ander sportloopbane aantrekliker
   maak. (✓)
 • optree as mentors deur afrigtingsklinieke, (✓) verskaffing van leiding/ondersteuning/
   vaardigheidsontwikkeling, (✓) om sodoende selfvertroue/vaardighede binne
   verskillende sportkodes te bevorder, (✓) en hulle motiveer om hul vaardighede toe te
   pas deur loopbane in hierdie verwante sportsoorte te volg. (✓)
 • roem/sukses behaal, (✓) wat aantreklik kan wees vir jongmense (✓) wie dalk
   dieselfde suksesvolle leefstyl begeer, (✓) en die jeug laat glo dat hulle ook dieselfde
   status in die lewe kan bereik. (✓)
 • word soms soos bekendes behandel, (✓) wie 'n hoë vlak van erkenning/bewondering
   van die publiek ontvang, (✓) wat kan veroorsaak dat die jeug hierdie soort
   behandeling soek/begeer, (✓) sodat hulle ook dieselfde bekendheid in sport wil
   bereik. (✓)
 • finansieel suksesvol wees, (✓) en dit kan aanloklik wees vir jongmense, (✓) wat dalk
   ook finansiële sekuriteit wil hê, (✓) wat die finansiële vryheid verbonde aan
   sportloopbane aanloklik/aantreklik laat voorkom. (✓)
 • soms luukse leefstyle vertoon, (✓) wat toegang tot eksklusiewe geleenthede/reise/
   luukse geriewe/fasiliteite het, (✓) soos hulle dikwels in die media verskyn, wat
   aanloklik vir jongmense kan wees (✓) en diegene wat dit geniet om in die kollig te
   wees, kan kies om dieselfde beroepskeuses te volg. (✓)
 • Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir VIER punte elk.
   (2x4)                                                                                          (8)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 19

Lewensoriëntering                            19                             DBE/September 2024
                       NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne

 Ondersoek TWEE maniere waarop die media meer verantwoordelik kan berig oor beweerde
 (vermeende) skandale van sportpersoonlikhede.

 Punte moet soos volg toegeken word:
 VIER punte(✓✓✓✓)vir elke antwoord wat goed verduidelik is.

 *NOTA AAN DIE ONDERWYSER:
 Om die volle VIER punte toe te ken, moet kandidate 'n stelling gee, (✓) uitbrei op die
 stelling, (✓) dit motiveer (✓) en 'n resultaat/uitkoms gee. (✓)

 Die media moet...
 • feitekontrole/verifikasie van vermeende/beweerde voorvalle oor sport persoonlikhede
    doen, (✓) wat die egtheid te bekragtig/die verspreiding van valse inligting deur
    betroubare bronne te voorkom, (✓) om te verseker of die inligting wat ontvang word
    akkuraat/feitelik is, (✓) en dit is eers dan dat hierdie inligting met die publiek gedeel
    kan word. (✓)
 • die beginsel handhaaf dat individue onskuldig is totdat hulle skuldig bewys word, (✓)
    dus moet verslaggewing die bewerings voorstel as eise wat ondersoek moet
    word, (✓) sonder om te delf in aspekte van 'n sportpersoonlikheid se lewe wat nie
    relevant is vir die beweerde skandaal nie, (✓) om sodoende te verseker dat hulle
    verantwoordelik verslag doen oor spesifieke kwessies wat van openbare belang kan
    wees. (✓)
 • perspektiewe insluit van alle kante wat by die skandaal betrokke is, (✓) insluitend
    verklarings van die beskuldigde/die beskuldigers/regskenners/enige relevante
    instansies (bv. sportverenigings), (✓) aangesien die verskaffing van konteks
    deurslaggewend is vir die atleet se prestasierekord/implikasies van die skandaal (✓)
    en hierdie perspektiewe kan die gehoor/leser help om die situasie beter te
    verstaan. (✓)
 • bewus wees van die potensiële impak van hul verslagdoening op die lewens/
    loopbane van die betrokkenes, (✓) insluitend die sportpersoonlikheid/hul familie/die
    beweerde slagoffers/ander wat met die saak geassosieer word, (✓) wat daardeur die
    versterking van negatiewe persepsies van die betrokke mense/besmetting van hul
    reputasies vermy, (✓) en op hierdie manier sou die media nie vooroordeel in hul
    dekking toon nie. (✓)
 • gebruik maak van die dienste van ondersoekende joernaliste/opgeleide
    joernaliste, (✓) wat etiese/verantwoordelike verslaggewing verseker, (✓) om enige
    botsing van belange/privaatheidskwessies/vooroordeel wat kan ontstaan aan te
    spreek, (✓) en sodoende 'n billike/akkurate verslag te verseker. (✓)
 • sensasie vermy, (✓) deur nie misleidende opskrifte/foto's/video's/twiets/plasings te
    gebruik om lesers te lok nie, (✓) aangesien dit die gehoor/lesers kan mislei, (✓) en
    sodoende 'n neutrale toon te behou/emosioneel gelaaide/bevooroordeelde taal te
    vermy. (✓)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 20

Lewensoriëntering                            20                           DBE/September 2024
                       NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne

 •   atlete by hul navorsing betrek oor die bewerings, (✓) deur hulle uit te nooi om hul
     stories/ervarings te deel/verdedig, (✓) om sodoende 'n meer
     gebalanseerde/onpartydige siening oor die beweerde skandaal voor te stel, (✓) en dit
     kan die gehoor/lesers help om die situasie beter te verstaan deur aan beide kante
     van die storie blootgestel te word. (✓)
 •   voldoen aan professionele standaarde, (✓) deur te streef om botsing van belange/
     haatspraak te vermy, (✓) en op hierdie manier kan die media geloofwaardigheid
     behou, (✓) sodat die sportpersoonlikheid met respek/regverdigheid behandel
     word. (✓)
 •   Enige TWEE van die bogenoemde antwoorde vir VIER punte elk.                      (2x4)        (8)

 VRAAG 5

 *NOTA AAN DIE ONDERWYSER:
 • In hierdie vraag moet kandidate se antwoorde in volsinne geskryf word. Dus, vir 'n
    4 punt-antwoord kan en behoort 4, 3, 2 en1 of 0 (nul) aan kandidate toegeken te word,
    afhangende wat die vlak van die antwoorde is.

 Noem kortliks VIER maniere waarop jongmense veilige en gesonde omgewings om in te
 leef, kan bevorder.

 Punte moet soos volg toegeken word:
 EEN punt (✓) vir elke antwoord.

 Jongmense kan...
 • hul maat onderrig deur werkswinkels/sosiale mediaveldtogte/informele
    besprekings. (✓)
 • pleit vir beter beleide/praktyke/hul koolstofvoetspoor verminder binne hul
    skole/gemeenskappe. (✓)
 • veilige ruimtes skep/aan deelneem waar maats kwessies openlik kan bespreek. (✓)
 • aktief aan gemeenskapsdiensprojekte deelneem. (✓)
 • sosiale media platforms gebruik om inligting te deel/bewusmaking te verhoog. (✓)
 • leerderkomitees/klubs vorm/by aansluit. (✓)
 • geleenthede beplan/hou soos gesondheidskoue/fiksheidsuitdagings/
    geestesgesondheidswerkswinkels. (✓)
 • terugvoer gee aan skool-/gemeenskapsleiers vir verbeterings op huidige
    praktyke/programme/inisiatiewe. (✓)
 • rolmodelle/fluitjieblasers wees wat persoonlike verantwoordelikheid toon. (✓)
 • promosiemateriaal versprei/gebruik. (✓)
 • Enige VIER van die bogenoemde antwoorde vir EEN punt elk.                     (4x1)             (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 21

Lewensoriëntering                           21                          DBE/September 2024
                      NSS – Algemene Assesseringstaak – Nasienriglyne

 Bespreek breedvoerig hoe deelname aan gemeenskapsdiens die jeug kan help om hulle
 indiensnemingsvaardighede te verbeter.

 Punte moet soos volg toegeken word:
 VIER punte(✓✓✓✓)vir elke antwoord wat goed verduidelik is.

 *NOTA AAN DIE ONDERWYSER:
 Om die volle VIER punte toe te ken, moet kandidate 'n stelling gee, (✓) uitbrei op die
 stelling, (✓) dit motiveer (✓) en 'n resultaat/uitkoms gee. (✓)

 Deelname aan gemeenskapsdiens kan …
 • aan jongmense geleenthede bied om met mense van diverse agtergronde te
   kommunikeer, (✓) wat hulle toelaat om deel te neem aan inklusiewe gemeenskaps-/
   kultuurprojekte, (✓) en hulle daardeur die belangrikheid van diversiteit/buigsaamheid
   leer, (✓) aangesien die vermoë om inklusief te wees 'n toenemend belangrike
   vaardigheid in 'n globale arbeidsmag is. (✓)
 • die jeug aanmoedig om die inisiatief/verantwoordelikheid van leierskaprolle te
   neem/aktiwiteite te beplan, (✓) deur besluite onder druk te neem/om betrokke te raak
   by praktiese ervaring, (✓) wat 'n gevoel van aanspreeklikheid/eienaarskap oor take kan
   skep, (✓) en daardeur hul leierseienskappe hoogs gesog by werkgewers maak. (✓)
 • openbare debatte/leiding van vergaderings/deelname aan een-tot-een gesprekke
   vereis (✓) en hierdie aktiwiteite kan hulle help om hul kommunikasievaardighede te
   oefen, (✓) om sodoende hul verbale kommunikasievaardighede verbeter, (✓) wat hulle
   meer welsprekend/selfversekerd in die uitdrukking van hul idees te maak. (✓)
 • geleenthede bied om meningsverskille/dispute te oefen/op te los, (✓) soos hulle leer
   om situasies te kompromitteer/bemiddel, (✓) deur wedersyds aanvaarbare oplossings
   te vind, (✓) wat belangrik is vir effektiewe konflikoplossing. (✓)
 • die bestuur van verskeie take/verbintenisse/gebeurtenisse/vergaderings/aktiwiteite
   vereis, (✓) en hierdie ervaring help die jeug om hul tyd effektief te
   prioritiseer/bestuur, (✓) wat die belangrikheid van die stel/nakom van spertye
   benadruk, (✓) en daardeur sterk organisatoriese/tydbestuursvaardighede ontwikkel,
   wat kritieke vaardighede in enige werk is. (✓)
 • onverwagte uitdagings bied (✓) waar die jeug leer om krities/kreatief te dink deur
   oplossings vir probleme te vind, (✓) wat hulle daardeur leer om buigsaam/aanpasbaar
   te wees by veranderende omstandighede, (✓) en hulle meer veerkragtig maak vir
   verandering in die werkplek. (✓)
 • werk met beperkte hulpbronne behels/in verskillende werksomgewings, (✓) om die
   jeug aan te moedig om innoverende maniere te vind om hul doelwitte te bereik, (✓) en
   sodoende hul probleemoplossingsvermoëns verbeter, (✓) wat die bevordering van
   sterk analitiese vaardighede wat in die werkplek nodig is tot gevolg het. (✓)
 • aan jongmense werkservaring gee, (✓) deur hierdie vrywilligersaktiwiteite, (✓) wat by
   hul CV's gevoeg kan word, (✓) en hul vermoë demonstreer om maklik by die werkplek
   te integreer. (✓)
 • 'n goeie/betroubare verwysing verskaf van projekkoördineerders, (✓) wat hul
   getuigskrifte bekragtig, (✓) en aandui dat hulle die nodige eienskappe/kwaliteite
   het, (✓) wat hulle van ander kandidate kan onderskei. (✓)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Life Orientation September 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-september-2024-eng/c07c6058-c85b-49c9-98f8-dcc957376ae6) — Life Orientation · QP · 2024 · Eng
- [Life Orientation September 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-september-2024-afr/e6b3685a-3916-4e9e-82be-11bd8fb86f9b) — Life Orientation · QP · 2024 · Afr
- [Life Orient Sept 2024 ENG D watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-orient-sept-2024-eng-d-watermark/2ddf7eb2-a50f-4c58-ad83-ce71262795e0) — Life Orientation · QP · 2024 · Eng
- [2024 LO CAT Last Push Strategy 2024](https://www.hlayiso.com/library/2024-lo-cat-last-push-strategy-2024/30aeecd3-3c95-441b-b0e6-7d23261b60fe) — Life Orientation · QP · 2024
- [GDE Grade 12 Revision Pack - Life Orientation 12 June 2024](https://www.hlayiso.com/library/gde-grade-12-revision-pack-life-orientation-12-june-2024/a681cba3-646a-452f-9964-21940371ede6) — Life Orientation · QP · 2024
- [Life Orientation September 2022 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-september-2022-mg-afr/f917ccfc-0196-4ceb-b8da-caca74aa7227) — Life Orientation · Memo · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Life Orientation

- [Gr 12 Teacher s Guide (moderated)](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-teacher-s-guide-moderated/edfad90f-26e9-4c9a-8675-fb4b70efa861) — Guide
- [Gr 12 LO ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-lo-atp-2023-24/589ac481-b8bd-47bf-8f5f-622e6c43559a) — ATP
- [LIFE ORIENTATION GRADE 12 GUIDE FOR LEARNERS IN PREPARATION](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-grade-12-guide-for-learners-in-preparation/4cbe4f78-ed37-4854-b10a-324af4cbb09a) — QP
- [LIFE ORIENTATION GRADE 12 NOTES](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-grade-12-notes/61b25c4c-69f0-4ecc-8253-a481c31acdb1) — QP
- [Grade 12 Life Orientation Summaries](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-life-orientation-summaries/96777165-0e60-4c42-a65d-6bacf5fc3919) — QP
- [Life Orientation Survival Kit](https://www.hlayiso.com/library/life-orientation-survival-kit/2cf9dd76-141c-4e1c-839c-600c620b0477) — QP

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
