# Life Sciences Grade 11 P1 Eastern Cape November 2015 QP

> Grade 11 Life Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2015 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sc-p1-gr11-qp-afr-nov2015/9b99beb7-4478-49e6-bcc5-e738e1dec80b
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/life-sciences) › [Life Sciences Grade 11 P1 Eastern Cape November 2015 QP](https://www.hlayiso.com/library/life-sc-p1-gr11-qp-afr-nov2015/9b99beb7-4478-49e6-bcc5-e738e1dec80b)

## About this document

Life Sciences · Grade 11 · Eastern Cape November · 2015. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 11

                       NOVEMBER 2015

                LEWENSWETENSKAPPE V1

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                   Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                              LEWENSWETENSKAPPE V1                   (EC/NOVEMBER 2015)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

2.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

3.    Lees AL die vrae noukeurig en beantwoord slegs dit wat gevra word.

4.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel in hierdie
      vraestel gebruik.

5.    Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word.

6.    Wys AL jou berekeninge, insluitende die eenhede en formules, waar nodig.

7.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)                LEWENSWETENSKAPPE V1                                      3

 AFDELING A

 VRAAG 1

 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
     Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die korrekte
     vraagnommer (1.1.1–1.1.10) in jou ANTWOORDEBOEK neer, bv1.1.11 A.

       1.1.1    Indien ŉ daling in die pH-vlakke van die bloed voorkom, sal die
                niere …

                A    die absorpsie van ureum verhoog.
                B    die absorpsie van natriumione verminder.
                C    die afskeiding van waterstofione verlaag.
                D    die herabsorpsie van bikarbonaatione verhoog.

       1.1.2    Watter van die volgende sal veroorsaak dat die niere meer
                natriumione herabsorbeer?

                A    ŉ Afname in bloeddruk
                B    ŉ Toename in die volume van die bloed
                C    Vernouing van die afferente arteriole
                D    ŉ Afname in die hoeveelheid ADH wat afgeskei word

       1.1.3    In watter van die volgende strukture word silia aangetref?

                A    Larinks
                B    Alveoli
                C    Tragea
                D    Pleura membrane

       1.1.4    Watter van die volgende vind in die sitoplasma van ŉ plantsel
                plaas, maar nie in die mitochondria nie?

                A    Oksidatiewe fosforilering
                B    Kreb se siklus
                C    Glikolise
                D    Ligafhanklike reaksie van fotosintese

       1.1.5    Die omskakeling van pirodruiwesuur na melksuur vind plaas
                tydens ...

                A    fotolise.
                B    glikolise.
                C    anaërobiese respirasie.
                D    oksidasie van glukose.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                  LEWENSWETENSKAPPE V1               (EC/NOVEMBER 2015)

      1.1.6   Watter van die volgende stowwe kan deur die bloed sonder
              verdere vertering geabsorbeer word?

              A   Vette
              B   Proteïene
              C   Stysel
              D   Glukose

      1.1.7   Watter van die volgende oorlewingskurwes verteenwoordig ŉ trop
              bobbejane?

      1.1.8   Fekunditeit is ...

              A   die gemiddelde aantal kinders wat per vrugbare vrou in een
                  generasie gebore word.
              B   die werklike aantal kinders wat per vrugbare vrou in een
                  generasie gebore word.
              C   die gemiddelde aantal kinders wat per 10 000 vrugbare vroue
                  gebore word.
              D   die gemiddelde aantal kinders gebore per vrou in een
                  generasie tussen die ouderdomme van 45 en 55 jaar oud.

      1.1.9   Die hulpbronverdeling waargeneem in ŉ ekosisteem verminder
              effektiewelik ….

              A   die vermoë van nouverwante spesies om in te teel.
              B   die mededinging tussen nouverwante spesies deur die
                  oorvleueling van ekologiese nisse te verminder.
              C   predatoriese instink van verwante spesies.
              D   die vermorsing van voedselbronne.

      1.1.10 Watter van die volgende verteenwoordig die kenmerkende
             eienskap van ontwikkelende lande soos Ethiopië, Mexiko en
             Tailand?

              A   Hoogs geïndustraliseerd
              B   Hoë geboortesyfer
              C   Langer lewensverwagting
              D   Lae suigeling sterftesyfer                             (10 x 2) (20)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)               LEWENSWETENSKAPPE V1                                        5

 1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
     Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.6) in die
     ANTWOORDEBOEK neer.

       1.2.1    Die pigment wat verantwoordelik is vir die absorbering van
                stralingsenergie tydens fotosintese

       1.2.2    Verwagte kleurverandering van verdunde jodiumoplossing
                wanneer die teenwoordigheid van stysel in die blaar bevestig
                word

       1.2.3    Genetiese materiaal aangetref in die matriks van die mitochondria

       1.2.4    Die gas wat noodsaaklik is vir die Kreb se siklus om plaas te vind

       1.2.5    Voue wat op die binneste membraan van die mitochondrion
                aangetref word

       1.2.6    Fase van aërobiese respirasie waartydens koolstofdioksied
                vrygestel word                                            (6 x 1)      (6)

 1.3 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op
     Slegs A, Slegs B, Beide A en B of Geeneen van die items in KOLOM II
     nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
     vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                                 KOLOM Ι                             KOLOM ΙΙ
       1.3.1    ŉ Molekuul wat energie berg                     A.    ATP
                                                                B.    ADP
       1.3.2    Die brandstof wat vir selrespirasie benodig     A.    Glikogeen
                word                                            B.    Glukagon
       1.3.3    Produkte van anaërobiese respirasie in          A.    Alkohol
                gisselle                                        B.    CO2
       1.3.4    Die selorganel waarin fotosintese plaasvind     A.    Mitochondria
                                                                B.    Chloroplaste
       1.3.5    Berging van chlorofil                           A.    Grana
                                                                B.    Lamella
       1.3.6    Suur wat tydens vertering in die maag           A.    HCl
                afgeskei word                                   B.    Vetsuur
                                                                            (6 x 2)   (12)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                             LEWENSWETENSKAPPE V1                            (EC/NOVEMBER 2015)

1.4 Bestudeer die lengtesnit deur die menslike nier en beantwoord die vrae
    wat volg.

                                                      A
                               D
                                                      B

                               E

                                                      C

      1.4.1   Benoem dele A, B en C.                                                      (3)
      1.4.2   Watter benoemde deel kan die deurgang van die vloei van urine
              blokkeer wanneer ŉ niersteen gevorm word?                                   (1)
      1.4.3   Gee die NAAM en LETTER van die bloedvat wat ŉ hoër
              persentasie afvalstowwe bevat.                                              (2)
      1.4.4   Watter een van die benoemde bloedvate het die laagste
              bloeddruk?                                                                  (1)
1.5 Bestudeer die onderstaande uittreksel oor vetsug en beantwoord die vrae
    wat volg.

      Vetsug kan beskryf word as ŉ wanbalans tussen energie-inname en
      energieverbruik, in so ŉ mate dat oortollige energie in vetselle gestoor
      word wat dan vergroot of in getalle vermeerder. In ŉ steekproef van 7 726
      Suid-Afrikaanse vroue tussen die ouderdomme 15–95 jaar is gevind dat
      swart vroue die hoogste voorkoms van oorgewig en vetsug toon (58,5%),
      gevolg deur vroue van gemengde afkoms (52%), wit vroue (49,2%) en
      dan Indiër vroue (48,9%). ŉ Verskillende patroon is by mans
      waargeneem. In ŉ steekproef van 5 401 Suid-Afrikaanse mans tussen die
      ouderdomme 15–95 jaar was die voorkoms van oorgewig en vetsug die
      hoogste by wit mans (54,5%), gevolg deur Indiër mans (32,7%) en mans
      van gemengde afkoms (31%) met die laagste voorkoms in swart mans
      (25%). Sommige van die gesondheidsrisiko’s wat verband hou met vetsug
      is diabetes, koronêre hartsiekte, hoë bloeddruk, kanker en swak
      psigologiese gesondheid.
                                     Bron: http://www.mrc.ac.za/chronic/cdlchapter7.pdf

      1.5.1   Wat is die hoofoorsaak van vetsug?                                          (2)
      1.5.2   Wat is die totale aantal persone wat tydens die navorsing gebruik
              is?                                                                         (1)
      1.5.3   Wat kan as ŉ moontlike rede aangevoer word vir die verskille in
              die voorkoms van vetsug by mans en vroue?                                   (1)
      1.5.4   Noem EEN van die gesondheidsrisiko’s gemeld in die uittreksel
              wat kan lei tot ŉ beroerte.                                                 (1)
                                                     TOTAAL AFDELING A:                   50

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)               LEWENSWETENSKAPPE V1                                      7

 AFDELING B

 VRAAG 2

 2.1 Bestudeer die Ouderdom-geslagspiramides wat twee verskillende lande
     voorstel en beantwoord die vrae wat volg.

       2.1.1    Meld watter inligtingsbron benodig word om die bostaande
                grafiek te plot.                                                     (1)

       2.1.2    Watter bevolkingspiramide (A of B) dui ŉ toenemende bevolking
                aan?                                                                 (1)

       2.1.3    Verduidelik jou antwoord op VRAAG 2.1.2.                             (4)

       2.1.4    Beskryf die bevolkingsgroei tendens in grafiek A.                    (3)

       2.1.5    Verteenwoordig grafiek A ŉ toenemende, dalende of stabiele
                bevolking?                                                           (1)
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                              LEWENSWETENSKAPPE V1                      (EC/NOVEMBER 2015)

2.2 Leerders by ŉ sekere skool het ŉ ondersoek gedoen om die
    gemeenskaplike interaksie tussen twee verskillende spesies in ŉ
    bepaalde ekologiese nis te bestudeer.
      Die ondersoek is soos volg opgestel:
       Twee verskillende spesies van Tribolium-bevolkings (ŉ meelkewer) is
         in ses verskillende bottels met meel geplaas en is genommer 1–6 soos
         aangedui in die onderstaande diagram. (Die bottels met meel dien as
         voedsel en habitat).
       Elke bottel het ongeveer 100 kewers van elke spesie bevat.
       Elk van die bottels is aan verskillende temperature- en
         humiditeitstoestande blootgestel.

         Na ŉ tyd is die getalle van elke oorlewende spesie bepaal en die
          resultate is aangeteken.
      Die resultate word hieronder aangedu:
                                  Relatiewe          Aantal           Aantal
                 Temperatuur
      Bottel                     humiditeit      T. castaneum     T. confusum
                     (°C)
                                    (in %)        wat oorleef      wat oorleef
         1            34              70              100               0
         2            34              30               10               90
         3            29              70               86               14
         4            29              30               13               87
         5            24              70               29               70
         6            24              30               0               100

      2.2.1   Definieer die volgende terme:
              (a)    Gemeenskap                                                     (2)
              (b)    Ekologiese nis                                                 (2)
      2.2.2   Watter een van die spesies is meer verdraagsaam teenoor lae
              temperature en lae humiditeit? Gee ŉ rede vir jou antwoord.           (2)
      2.2.3   Is die faktore wat ondersoek word digtheidsafhanklik of
              digtheidsonafhanklik?                                                 (1)
      2.2.4   Watter afleiding kan vanuit die bostaande resultate gemaak word
              met betrekking tot die tipe kompetisie wat plaasgevind het?           (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)                                             LEWENSWETENSKAPPE V1                                              9

 2.3 Bestudeer die onderstaande grafiek wat die groei van die menslike
     bevolking aandui en beantwoord die vrae wat volg:

                                                              Menslike bevolkingsgroei
                                               8000
                                                                vanaf 1650 tot 2015
                                               7500
                                               7000
                                               6500
                                               6000

               Bevolkingsgrootte in miljoene
                                               5500
                                               5000
                                               4500
                                               4000
                                               3500
                                               3000
                                               2500
                                               2000
                                               1500
                                               1000
                                                500
                                                  0
                                                   1650      1850       1930        1975        1999        2015
                                                                      Tyd in jare

       2.3.1                                   Watter tipe groeivorm word by die mens aangetref?                           (1)

       2.3.2                                   Watter fase van die groeivorm, genoem VRAAG 2.3.1 word vanaf
                                               1930 tot 1999 aangedui?                                                     (1)

       2.3.3                                   Verduidelik waarom die fase van bevolkingsgroei, soos aangedui
                                               vanaf 1930 tot 1999 plaasgevind het.                                        (4)

       2.3.4                                   Noem TWEE redes vir die stadige bevolkingsgroei vanaf 1999 tot
                                               2015.                                                                       (2)

       2.3.5                                   Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat
                                               volg:

                                               Die huidige wêreldbevolking van meer as 7 miljard is alreeds twee
                                               tot drie keer hoër as die volhoubare vlak. ŉ Aantal onlangse
                                               studies toon dat die aarde se hulpbronne sowat 2 miljard mense
                                               op ŉ Europese lewensstandaard kan volhou.
                                                               http://www.worldpopulationbalance.org/3_times_sustainable

                                               (a) Voorspel die lot van die mens indien die huidige tendens van
                                                   die bevolkingsgroei sonder enige beheermaatreëls volgehou
                                                   word.                                                                   (1)
                                               (b) Stel ŉ praktiese oplossing voor om die versnelde groei van
                                                   die menslike bevolking te verminder.                                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                             LEWENSWETENSKAPPE V1                       (EC/NOVEMBER 2015)

2.4 ŉ Eksperiment is uitgevoer om vas te stel of lig noodsaaklik is vir
    fotosintese. Die prosedure wat gevolg is, word hier onder aangedui:
     ŉ Geranium potplant is ontstysel
     ŉ Kruisvormige ligspleet is op aluminiumfoelie uitgesny
     Die aluminiumfoelie-stensil is aan een van die ontstyselde blare, soos
        aangedui in die onderstaande diagram, vasgemaak
     Die potplant is vir 4–5 ure aan skerp sonlig blootgestel
     Na 5 ure is die aluminiumfoelie verwyder en die blaar is vir die
        teenwoordigheid van stysel getoets

      2.4.1   Hoe is die plant ontstysel?                                            (1)

      2.4.2   Verduidelik waarom al die stysel tydens die proses genoem in
              VRAAG 2.4.1 verdwyn het.                                               (4)

      2.4.3   Beskryf die verskillende stappe, in die korrekte volgorde, wat
              tydens die styseltoets gevolg is.                                      (4)

      2.4.4   Teken ŉ benoemde diagram van die blaar om die resultaat van
              die ondersoek aan te toon. Gebruik ŉ potlood en kleur die
              gedeelte wat positief getoets het vir stysel, in.                      (3)
                                                                                    [40]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)              LEWENSWETENSKAPPE V1                                   11

 VRAAG 3

 3.1 Die onderstaande diagram toon ŉ plantverspreider aan wat deur
     wetenskaplikes gebruik kan word om temperatuur, ligintensiteit en
     koolstofdioksiedkonsentrasies te beheer:

          Die wetenskaplikes het die blaarslaai plante aan verskillende
           temperature, CO2-konsentrasies en ligintensiteit blootgestel.
          Die onderstaande grafiek illustreer die resultate.
          Die gemiddelde massa van die blaarslaai plante gee ŉ aanduiding van
           die tempo van fotosintese.

       Bestudeer die onderstaande resultate en beantwoord die vrae wat volg:

                              Resultate van die ondersoek
                     Gemi
                     ddeld
                        e
                     mass
                        a
                     blaars
                      laai
                     na 21
                     dae in
                     gram

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                             LEWENSWETENSKAPPE V1                      (EC/NOVEMBER 2015)

      3.1.1   Watter invloed het ligintensiteit op die gemiddelde massa van die
              blaarslaai?                                                           (2)

      3.1.2   Noem die TWEE beperkende faktore wat die fotosintese tempo
              beïnvloed soos wat die ligintensiteit toeneem.                        (2)

      3.1.3   Hoe het die wetenskaplikes die tempo van fotosintese tot die
              maksimum vlak verhoog?                                                (3)

      3.1.4   Wat sal met die fotosintese tempo gebeur indien die temperatuur
              hoër as 35 ºC gestel word? Gee ŉ rede vir jou antwoord.               (2)

3.2 Die diagram hieronder toon dele van die menslike spysverteringstelsel
    aan. Bestudeer dit en beantwoord die vrae wat volg.

      3.2.1   Identifiseer die dele gemerk A, B en D.                               (3)

      3.2.2   Gee die naam en letter van die klier wat ŉ verteringssap, met
              geen ensieme, afskei.                                                 (2)

      3.2.3   Noem enige VIER funksies van die verteringssap wat deur die
              deel gemerk D afgeskei word.                                          (4)

      3.2.4   Gee die naam van die kroniese gesondheidsrisiko wat deur die
              wanfunksionering van deel B veroorsaak word.                          (1)

      3.2.5   Beskryf kortliks die homeostatiese rol van deel B in die
              handhawing van ŉ konstante glukosevlak in die bloed.                  (8)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)               LEWENSWETENSKAPPE V1                                        13

 3.3 Die diagram hieronder toon die struktuur van ŉ nierliggaampie
     (malpighi-liggaampie) aan. Bestudeer die diagram en beantwoord die
     vrae wat volg.

       3.3.1    Benoem die dele gemerk A, B en C.                                      (3)

       3.3.2    Watter fisiologiese proses vind in bostaande diagram plaas?            (1)

       3.3.3    Verduidelik hoe die verskil in deursnee tussen A en B
                verantwoordelik is vir die proses wat plaasvind in die malpighi-
                liggaampie.                                                            (6)

       3.3.4    Gee die naam van die gespesialiseerde selle wat in D aangetref
                word.                                                                  (1)

       3.3.5    Beskryf hoe die selle struktureel aangepas is om hul funksie te
                verrig.                                                                (2)
                                                                                      [40]
                                                           TOTAAL AFDELING B:          80

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                            LEWENSWETENSKAPPE V1                     (EC/NOVEMBER 2015)

AFDELING C

VRAAG 4

Beskryf die meganisme van die asemhalingsproses en verduidelik hoe die
korrekte vlakke van respiratoriese gasse herstel word kort nadat ŉ 100 m-
naelloop gehardloop is.
                                                                        Inhoud:   17
                                                                       Sintese:   3

                                                      TOTAAL AFDELING C:           20
                                                          GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

## Related documents

- [LIFE SC P1 GR11 MEMO AFR NOV2015](https://www.hlayiso.com/library/life-sc-p1-gr11-memo-afr-nov2015/c2dac26c-b807-4cb8-a06a-eb65ca9fee98) — Life Sciences · Memo · 2015 · Afr
- [LIFE SC P2 GR11 NOV2015 QP AFR](https://www.hlayiso.com/library/life-sc-p2-gr11-nov2015-qp-afr/69a9ad2f-9a87-4917-929d-c7bd9eea6d21) — Life Sciences · QP · 2015 · Afr
- [LIFE SC P2 GR11 NOV2015 QP ENG](https://www.hlayiso.com/library/life-sc-p2-gr11-nov2015-qp-eng/156c2441-7b15-4029-ac03-febe3a6593eb) — Life Sciences · QP · 2015 · Eng
- [LIFE SCIENCES P1 QP GR11 NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-qp-gr11-nov2022-afrikaans/28f8e037-0338-4732-a6d2-f84e1691873e) — Life Sciences · QP · 2022 · Afr
- [LIFE SCIENCES P1 QP GR11 NOV 2020 AFR](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-qp-gr11-nov-2020-afr/18a24e65-e159-47af-9eb1-3ab23c8d9d01) — Life Sciences · QP · 2020 · Afr
- [LIFE SCIENCES P1 GR11 QP NOV2019 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-gr11-qp-nov2019-eng-d/cc5b7ced-f860-4445-ae31-6450f19e246c) — Life Sciences · QP · 2019 · Eng

## More from Grade 11 Life Sciences

- [Gr 11 Life Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-life-sci-atp-2023-24/4ab88214-8173-4f6e-98ea-ab509ada756b) — ATP
- [LEWENSWETENSKAPPE V1 GR11 MEMO NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-gr11-memo-nov2025-afrikaans-watermark/1bdf579b-8063-4dc2-a5bd-522094c45c65) — Memo · 2025 · Afr
- [LIFE SCIENCES P1 GR11 MEMO NOV2025 English watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-gr11-memo-nov2025-english-watermark/595fffde-81ad-4f4d-be06-d944b73bcfd5) — Memo · 2025 · Eng
- [KZN Life Sciences Grade 11 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-life-sciences-grade-11-june-2025-qp-and-memo/31a59d87-a46a-4536-91d0-2fe1264e946a) — QP + Memo · 2025
- [EC Life Sciences Grade 11 June 2024 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-life-sciences-grade-11-june-2024-qp-and-memo/68ed48c4-d02f-4f7f-97fb-736190106d11) — QP + Memo · 2024
- [LIFE SCIENCES P2 GR 11 MEMO NOV2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-life-sciences-2024-eastern-cape-november-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/1768e181-1a1b-418d-890f-2e94f97be7f3) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
