# Life Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2016 QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2016 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sc-p1-gr12-s16-qp-afr/e8150de4-2833-4eca-b4cf-63219ae097d5
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2016 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/life-sc-p1-gr12-s16-qp-afr/e8150de4-2833-4eca-b4cf-63219ae097d5)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2016. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 12

                     SEPTEMBER 2016

                LEWENSWETENSKAPPE V1

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                              *LFSCA1*

                  Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                    LEWENSWETENSKAPPE V1                     (EC/SEPTEMBER 2016)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat die vrae beantwoord word.

1.     Beantwoord AL die vrae.

2.     Skryf AL die antwoorde in jou ANTWOORDEBOEK.

3.     Begin ELKE vraag boaan ŉ NUWE bladsy.

4.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
       gebruik is.

5.     Bied jou antwoorde aan volgens die instruksies van elke vraag.

6.     ALLE sketse moet met potlood gemaak word en die byskrifte met blou of swart ink.

7.     Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme SLEGS wanneer dit gevra word.

8.     Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE.

9.     MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

10. Jy mag ŉ nie-programmeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik waar
    nodig.

11. Skryf netjies en leesbaar.

12. Rond alle berekenings af tot twee desimale na die komma.

    Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)                     LEWENSWETENSKAPPE V1                                             3

 AFDELING A

 VRAAG 1

 1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die
        korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommer
        (1.1.1 tot 1.1.10 ) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.

        1.1.1    Die proses waartydens manlike gamete in die mens gevorm word, staan
                 bekend as ...

                 A      vasektomie.
                 B      spermatogenese.
                 C      oögenese.
                 D      mitose.

        1.1.2    Indien die buis van Eustachius geblokkeer word, sal dit die heel
                 waarskynlikste tot watter liggaamsgebrek lei?

                 A      Die beweging van die voedselbolus na die maag sal verhoed.
                 B      Gehoor sal aangetas word.
                 C      Versteuring van die liggaam se balans.
                 D      Uitskeiding van urine sal onmoontlik wees.

        1.1.3    Die fase in meiose waartydens die chromatiennetwerk sigbaar word as
                 chromosome:

                 A      Profase I
                 B      Telofase II
                 C      Anafase
                 D      Metafase II

        1.1.4    Inwendige bevrugting is die versmelting van haploïede kerne van ...

                 A      manlike en vroulike gamete in die vroulike geslagsorgaan.
                 B      manlike gamete en vroulike gamete buite die vroulike geslagsorgaan.
                 C      ŉ haploïede manlike gameet met ŉ diploïede vroulike gameet in die
                        vroulike geslagsorgaan.
                 D      ŉ haploïede manlike gameet met ŉ vroulike somatiese sel in die
                        vroulike geslagsorgaan.

   Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                       LEWENSWETENSKAPPE V1                 (EC/SEPTEMBER 2016)

         VRAAG 1.1.5 EN VRAAG 1.1.6 VERWYS NA DIE ONDERSTAANDE GRAFIEK
         WAT DIE MENSTRUELE SIKLUS EN DIE INVLOED WAT VERSKILLENDE
         HORMONE DAAROP HET, AANDUI.

                 Die invloed van hormoonvlakke op die menstruele siklus

                                         X           Y
             Pituitêre klier/
             hipofise
             hormoon-
             vlakke

            Groei van follikel

                                             1                 2
            Ovariale
            hormoonvlakke

           Dikte van
           uteruswand/
           endometrium

                                    0            7        14           21                28
                                                      Dae

         1.1.5   Op watter TWEE dae is die vlakke van hormone 1 en 2 die hoogste?

                 A       12 en 13
                 B       13 en 21
                 C       11 en 23
                 D       7 en 27

         1.1.6   Watter EEN van die volgende toon die tendens van die vlak van die hormone
                 X en Y van dag 13 tot 14?

                 A       X neem af en Y neem toe
                 B       Albei X en Y neem af
                 C       X neem toe en Y neem af
                 D       Albei X en Y neem toe

    Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)                                 LEWENSWETENSKAPPE V1                                5

        1.1.7    Die volgende funksies word deur die verskillende dele van die brein uitgevoer:

                 (i)     Om bewus te wees van wat rondom jou gebeur
                 (ii)    Beheer die asemhalingsproses
                 (iii)   Beheer willekeurige beweging
                 (iv)    Beheer spiertonus vir effektiewe postuur

                 Watter EEN van die volgende kombinasies verteenwoordig die funksies wat
                 deur die serebrum uitgevoer word?

                 A       (i) en (iii)
                 B       (i), (ii), (iii) en (iv)
                 C       (i), (iii) en (iv)
                 D       (ii), (iii) en (iv)

        1.1.8    Die deel van die oor waarin klankgolwe omgeskakel word in senuwee-
                 impulse, is die ...

                 A       drie gehoorbeentjies.
                 B       orgaan van Corti.
                 C       drie halfsirkelvormige kanale.
                 D       middeloor.

        1.1.9    Die volgende gasse word in die atmosfeer aangetref:

                 (i)     Koolstofdioksied
                 (ii)    Metaan
                 (iii)   Suurstof
                 (iv)    Osoon

                 Watter EEN van die volgende kombinasies verteenwoordig kweekhuisgasse?

                 A       Slegs (i) en (iv)
                 B       (i), (iii) en (iv)
                 C       (i), (ii) en (iv)
                 D       (ii), (iii) en (iv)

        1.1.10 Indringerplante floreer in ŉ nuwe habitat omdat hulle ...

                 A       nie natuurlike vyande het nie en daarom in staat is om die inheemse
                         spesies uit te kompeteer.
                 B       in staat is om beter te fotosinteer as inheemse spesies.
                 C       in staat is om hulself teen siektes te verdedig.
                 D       in staat is om met beperkte hulpbronne te oorleef.
                                                                                         (10 x 2)       (20)

   Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                     LEWENSWETENSKAPPE V1                         (EC/SEPTEMBER 2016)

1.2      Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs
         die term langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.10) in die ANTWOORDEBOEK neer.

         1.2.1   Die vertakking van ŉ selliggaam van ŉ neuron wat impulse weglei van die
                 selliggaam af

         1.2.2   Strukture wat veranderinge in die omgewing waarneem en inligting na die
                 sentrale senuweestelsel stuur

         1.2.3   ŉ Maatstaf van die totale hoeveelheid kweekhuisgasse wat deur ŉ individu of
                 ŉ maatskappy oor ŉ gegewe tydperk geproduseer word

         1.2.4   Die permanente vernietiging van woude

         1.2.5   Die verskeidenheid lewende spesies in die omgewing

         1.2.6   ŉ Deel van die senuweestelsel wat onwillekeurige handelinge beheer en ŉ
                 homeostatiese funksie het

         1.2.7   Die hormoon wat verantwoordelik is vir die omskakeling van glikogeen na
                 glukose

         1.2.8   ŉ Hol bal selle waarin die bevrugte eiersel ontwikkel

         1.2.9   Die membrane wat die sentrale senuweestelsel omsluit en beskerm

         1.2.10 Die deel van die brein wat spiertonus, balans en ewewig handhaaf
                                                                                          (10 x 1)       (10)

1.3      Dui aan of elk van die stellings in KOLOM І van toepassing is op SLEGS A,
         SLEGS B, BEIDE A en B of GEENEEN van die items in KOLOM ІІ nie. Skryf SLEGS
         A, SLEGS B, BEIDE A en B of GEENEEN langs die vraagnommer in die
         ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.4 SLEGS B.

                               KOLOM І                                     KOLOM ІІ
         1.3.1   Beheer die metaboliese tempo in die          A    Groeihormoon
                 liggaam                                      B    Insulien
         1.3.2   Die ontwikkeling in voëls waar die           A    Prekosiale ontwikkeling
                 kleintjies kort na geboorte kan beweeg       B    Altrisiële ontwikkeling
         1.3.3   Eiers in neste uitgebroei                    A    Ovovivipaar
                                                              B    Ovipaar
                                                                                           (3 x 2)       (6)

    Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)                      LEWENSWETENSKAPPE V1                                          7

 1.4    Die onderstaande diagram stel ŉ roete voor wat ŉ proses moontlik maak wat in die
        mens plaasvind. Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae:

                                                       B

                                        A

                                                                                    C

                                                                                    D

                                                           E
                            F

        1.4.1    Watter proses word deur die pad wat in die diagram getoon word moontlik
                 gemaak?                                                                               (1)

        1.4.2    Identifiseer die LETTER wat die ...

                 (a)     stimulus/prikkel verteenwoordig.                                              (1)

                 (b)     effektor verteenwoordig.                                                      (1)

        1.4.3    Gee die naam van die mikroskopiese gaping wat deur die deel gemerk D
                 aangedui is.                                                                          (1)

        1.4.4    Skade aan watter neuron (B, C of E) sal … veroorsaak

                 (i)     die onvermoë om te reageer                                                    (1)

                 (ii)    verlies aan sensasie                                                          (1)

                 (iii)   verlies aan beide sensasie en die vermoë om te reageer                        (1)

   Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                      LEWENSWETENSKAPPE V1                  (EC/SEPTEMBER 2016)

1.5      Die diagram hieronder verteenwoordig die chromosome in verskillende fases van
         meiose.

         (Die geskakeerde chromosome is moederlik in oorsprong en die ongeskakeerde
         chromosome is vaderlik in oorsprong).

                                                               3

                                                                            1

                                                   2

             A               B            C             D            E                F

         1.5.1   Skryf die LETTER neer wat die volgende voorstel:

                 (a)     Die paring van homoloë chromosome                                           (1)

                 (b)     Oorkruising                                                                 (1)

                 (c)     Chromosoom in anafase 2                                                     (1)

                 (d)     Chromosome in metafase 1                                                    (1)

         1.5.2   Identifiseer die dele genommer:

                 (a)     1                                                                           (1)

                 (b)     2                                                                           (1)

                 (c)     3                                                                           (1)

                                                                    TOTAAL AFDELING A:               50

    Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)                         LEWENSWETENSKAPPE V1                                         9

 AFDELING B

 VRAAG 2

 2.1    Die onderstaande diagram toon die struktuur van die manlike voortplantingstelsel by
        die mens.

                                                                         A
                                                                         B

                                                                         C
                                                                         D

                                                                         E

        2.1.1    Identifiseer die struktuur en gee EEN funksie vir elk van die volgende byskrifte:

                 (a)    A                                                                                (2)

                 (b)    C                                                                                (2)

        2.1.2    Identifiseer die deel B.                                                                (1)

        2.1.3    Gee die LETTER van die deel wat ...

                 (a)    die spermselle produseer.                                                        (1)

                 (b)    as ŉ tydelike stoorplek van sperms dien.                                         (1)

        2.1.4    Noem die struktuur wat verantwoordelik is vir die oordrag van die sperms tot
                 binne in die vroulike voortplantingskanaal.                                             (1)

        2.1.5    Verduidelik wat sal gebeur met die vermoë om voort te plant as die deel wat
                 C gemerk is permanent geblokkeer is.                                                    (3)

   Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                       LEWENSWETENSKAPPE V1                       (EC/SEPTEMBER 2016)

2.2       Thando voer ŉ eksperiment uit om te bepaal watter geslag die vinnigste reaksie-tyd
          onder sy klasmaats het. Uit 15 leerders in sy klas het hy lukraak ŉ toetsmonster van 5
          meisies en 5 seuns gekies. Die volgende stappe is vir elke lid van die toetsmonsters
          gedurende die eksperiment gevolg:

                 Thando het ŉ meterstok tussen sy duim en wysvinger net bokant die 100 cm-
                  merk vasgehou.
                 Die leerling het sy duim en wysvinger aan weerskante van die meterstok op die
                  0 cm merk geplaas, sodat slegs die duim daaraan raak.
                 Soos Thando die meterstok laat val, het die leerder dit gegryp deur die duim en
                  wysvinger te sluit.
                 Tydens elke poging het Thando die afstand aangeteken waar die meterstok
                  gevang is.
                 Die prosedure is vyf keer vir elke leerling herhaal.

          Die onderstaande tabel toon die gemiddelde afstand waar die meterstok deur 5 seuns
          en 5 dogters tydens vyf pogings gevang is.

             Gemiddelde afstand waar die meterstok tydens 5 pogings gevang is (cm)
               Seuns                                 Dogters
               Seun 1               5,8              Dogter 1              4,8
               Seun 2               5,0              Dogter 2              4,7
               Seun 3               4,9              Dogter 3              4,2
               Seun 4               4,8              Dogter 4              4,0
               Seun 5               4,6              Dogter 5              3,9
           Gemiddelde (cm)         5,02          Gemiddelde (cm)          4,32

          2.2.1     Thando se aanvanklike hipotese is verwerp weens die resultate wat verkry is.
                    Stel voor wat die aanvanklike hipotese van Thando moontlik kon gewees het.            (2)

          2.2.2     Identifiseer die …

                    (a)    afhanklike veranderlike van die eksperiment, en                                (1)

                    (b)    onafhanklike veranderlike van die eksperiment.                                 (1)

          2.2.3     Gee TWEE redes waarom die resultate van hierdie eksperiment as
                    betroubaar beskou kan word.                                                           (2)

          2.2.4     Noem TWEE faktore wat tydens die eksperiment konstant gehou moet word.                (2)

          2.2.5     Gee ŉ rede waarom die reaksietyd van elke individu waarskynlik al beter word
                    namate die proefnemings/pogings vorder.                                               (1)

     Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)                           LEWENSWETENSKAPPE V1                                          11

 2.3    Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat daarop volg.

                                    Herwinning van afvalmateriaal
        Elke ton (1 000 kg) papier wat herwin word, spaar 17 bome en gebruik 40 persent
        minder energie, en 50 persent minder water. As alle huishoudelike papier/karton
        herwin word, kan 750 000 kubieke meter opvullingsterrein spasie ŉ jaar gespaar word,
        wat Suid-Afrikaanse munisipaliteite R60-miljoen per jaar in die versameling en
        opvullingsterrein koste kan spaar. Die energie wat deur papierherwinning gespaar
        word in ŉ jaar, is voldoende om elektrisiteit aan 512 huise vir ŉ jaar te verskaf.
                                                                              [http://treevolution.co.za]

        2.3.1         Wat word met ŉ stortingsterrein bedoel?                                                (1)

        2.3.2         Wat is die moontlike bedrag geld wat oor twee jaar deur Suid-Afrikaanse
                      munisipaliteite gespaar kan word as alle huishoudelike papier/karton herwin
                      sou word?                                                                              (1)

        2.3.3         Stel TWEE redes voor vir die herwinning van huishoudelike afval, buiten wat
                      alreeds in die uittreksel genoem is.                                                   (2)

        2.3.4         Afgesien van herwinning, watter TWEE daaglikse inkopiegewoontes kan
                      aangekweek word om huishoudelike afval te verminder?                                   (2)

        2.3.5         Verduidelik hoe stortingsterreine en opvullingsterreine tot aardverwarming
                      kan bydra.                                                                             (2)

        2.3.6         Die herwinningskoerse vir verskillende afvalmateriale tydens die
                      herwinningproses word hieronder gegee:

                               Afvalmateriaal herwin                   Persentasie herwin
                                     Blikkies                                  69
                                      Papier                                   59
                                       Glas                                    25
                                     Plastiek                                  17
                                                                              [http://treevolution.co.za]

                      Gebruik die bostaande inligting om ŉ kolomgrafiek te trek wat die data
                      voorstel.                                                                              (6)

        2.3.7         Watter EEN van die afvalmateriale is die …

                        (i)    minste herwin?                                                                (1)

                        (ii)   meeste herwin?                                                                (1)

        2.4           Definieer die volgende terme (begrippe):

                      2.4.1    Kariotipe                                                                     (2)

                      2.4.2    Eutrofikasie                                                                  (2)
                                                                                                            [40]

   Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                     LEWENSWETENSKAPPE V1                       (EC/SEPTEMBER 2016)

VRAAG 3

3.1       ŉ Eksperiment is uitgevoer deur ŉ leerder om die groeibewegings in plante te
          ondersoek. ŉ Saailing is horisontaal in die donker geplaas soos in diagram A.
          Diagram B toon die resultate na 5 dae.

                          DIAGRAM A                                 DIAGRAM B

                     Gravitasiekrag                             Gravitasiekrag

          3.1.1     Gee die term vir die beweging van ŉ deel van ŉ plant in reaksie op ŉ
                    stimulus.                                                                           (1)

          3.1.2     Watter planthormoon stimuleer die groeibeweging getoon in Diagram B?                (1)

          3.1.3     Gee enige ander TWEE funksies van die hormoon wat in VRAAG 3.1.2
                    genoem is.                                                                          (2)

          3.1.4     Veroorsaak die versameling van die hormoon genoem in VRAAG 3.1.2 dat
                    selverlenging in die groeipunt van ŉ stingel geïnhibeer of gestimuleer word?        (1)

          3.1.5     Verduidelik waarom die deel van die plant wat ŉ reaksie soos in Diagram B
                    geïllustreer, sal reageer soos aangetoon.                                           (6)

3.2       Beskryf die negatiewe terugvoermeganisme tussen tiroksien en die
          tiroïedstimulerende hormoon (TSH).                                                            (6)

     Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)                        LEWENSWETENSKAPPE V1                                      13

 3.3    Die grafiek hieronder illustreer die afskeiding van groeihormoon met ouderdom.
        Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg:

                                                                             Bron: buylegalhgh.com

        3.3.1         Beskryf die tendens wat in die grafiek waargeneem word.                           (2)

        3.3.2         Die hoogste groeitempo word onder tieners waargeneem. Gee ŉ
                      waarneembare rede uit die grafiek om hierdie stelling te staaf.                   (1)

        3.3.3         Noem die siekte wat voortspruit uit ŉ …

                      (a)     oorafskeiding van die hormoon vroeg in ŉ mens se lewe.                    (1)

                      (b)     onder-afskeiding van die hormoon vroeg in ŉ mens se lewe.                 (1)

        3.3.4         Noem EEN funksie van die hormoon tydens die fisiese ontwikkeling van ŉ
                      tiener.                                                                           (1)

   Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                     LEWENSWETENSKAPPE V1                         (EC/SEPTEMBER 2016)

3.4       Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

          Verskeie onlangse studies het daarop gedui dat daar ŉ geleidelike afname in die
          produksie van sperms in mans is. Endokriene ontwrigters asook lewenstyl is
          voorgestel as risikofaktore. Een lewenstylfaktor wat vrugbaarheid by die mens kan
          beïnvloed, is die bestuur van ŉ voertuig oor ŉ lang tydperk. Daar word voorgestel dat
          die posisie van die bestuurder die skrotumtemperatuur kan verhoog.

          3.4.1     Noem enige EEN risikofaktor wat deur die navorsers geïdentifiseer word.               (1)

          3.4.2     Verduidelik waarom die gereelde bestuur oor lang afstande, met geen
                    onderbrekings, moontlik die spermtelling in gesonde mans kan verlaag.                 (3)

          3.4.3     Stel voor ŉ moontlike gevolg van ŉ laer spermtelling by mans.                         (2)

          3.4.4     Noem enige EEN daaglikse lewenstyltendens of roetine (behalwe die een
                    wat in die uittreksel genoem word) wat vermy moet word om sodoende die
                    optimale skrotumtemperatuur te handhaaf.                                              (1)

3.5       Temperatuurregulering is ŉ voorbeeld van ŉ homeostatiese proses.

          3.5.1     Wat word bedoel met die biologiese term homeostase?                                   (2)

          3.5.2     Watter orgaan in die liggaam is verantwoordelik vir die handhawing van ŉ
                    konstante liggaamstemperatuur?                                                        (1)

          3.5.3     Verduidelik waarom die liggaamstemperatuur konstant gehou moet word?                  (2)

3.6       ŉ Leerder het twee pakkies skyfies tydens pouse geëet.

          3.6.1     Beskryf hoe die liggaam die soutkonsentrasie in die liggaamsvloeistowwe
                    reguleer wanneer die vlakke hoog is.                                                  (4)

          3.6 .2    Watter ander hormoon werk saam met die hormoon wat in VRAAG 3.6.1
                    genoem is om homeostase teweeg te bring?                                               (1)
                                                                                                          [40]

                                                                       TOTAAL AFDELING B:                 80

     Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)                    LEWENSWETENSKAPPE V1                                      15

 AFDELING C

 VRAAG 4

 ŉ Bal word 50 m hoog tydens ŉ dag-aand krieketwedstryd die lug in geslaan. Amla hardloop
 baie vinnig, posisioneer homself onder die bal en vang dit teen die helder spreilig.

 Beskryf die veranderinge wat plaasvind in Amla se oë terwyl hy op die bal fokus soos dit sy
 hande tref en beskryf die veranderinge wat plaasvind terwyl hy na die helder lig kyk. Beskryf
 ook die rol wat adrenalien speel om hom in staat te stel om vinnig te hardloop.
                                                                                         Inhoud: (17)
                                                                                        Sintese: (3)

 LET WEL: GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van vloeidiagramme
          of diagramme nie.
                                                               TOTAAL AFDELING C:                      20
                                                                    GROOTTOTAAL:                      150

   Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [LIFE SC P1 GR12 S16 MEMO ENG](https://www.hlayiso.com/library/life-sc-p1-gr12-s16-memo-eng/4630878b-8cd1-4138-9bfb-f01031ac7116) — Life Sciences · Memo · 2016 · Eng
- [LIFE SCIENCES P2 GR12 SEPT2016 QP Engl FINAL](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-sept2016-qp-engl-final/660dff8f-a299-49ec-8bcf-9bdb39099fa3) — Life Sciences · QP · 2016
- [Grade 12 NSC Life Sciences P1 10832 (Afrikaans) Preperatory 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-10832-afrikaans-preperatory-2016-question-paper/f3d96818-aad0-4820-91c5-b7b9cea1287f) — Life Sciences · QP · 2016 · Afr
- [Life Sciences P1 May June 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-may-june-2016-eng/4addd979-3df3-4173-8efe-c084d7b2b2d0) — Life Sciences · QP · 2016 · Eng
- [Life Sciences P1 Nov 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2016-eng/f9972eee-7003-48cf-abd1-093a89c505c4) — Life Sciences · QP · 2016 · Eng
- [Life Sciences P1 Feb March 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-feb-march-2016-eng/1289bece-5f76-4cc1-912c-95fa7f8270ac) — Life Sciences · QP · 2016 · Eng

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
