# Life Sciences Grade 10 P1 Eastern Cape November 2018 QP

> Grade 10 Life Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2018 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sc-p1-qp-gr10-nov-2018-afrikaans/6369a975-f289-4a19-a7cc-86653673d2d2
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/life-sciences) › [Life Sciences Grade 10 P1 Eastern Cape November 2018 QP](https://www.hlayiso.com/library/life-sc-p1-qp-gr10-nov-2018-afrikaans/6369a975-f289-4a19-a7cc-86653673d2d2)

## About this document

Life Sciences · Grade 10 · Eastern Cape November · 2018 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [LIFE SC P1 MEMO GR10 NOV 2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sc-p1-memo-gr10-nov-2018-afrikaans/7ca9f0df-a921-4bcb-af62-db81d6542e85) — Memo · 2018 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                       NASIONALE
                   SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 10

                   NOVEMBER 2018

               LEWENSWETENSKAPPE V1

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                  Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                               LEWENSWETENSKAPPE V1                       (EC/NOVEMBER 2018)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord word.

1.    Beantwoord AL die vrae.

2.    Skryf AL die antwoorde in jou ANTWOORDEBOEK.

3.    Begin die antwoord op ELKE vraag boaan ŉ NUWE bladsy.

4.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik word.

5.    Bied jou antwoorde aan volgens die instruksies van elke vraag.

6.    Teken ALLE tekeninge in potlood en skryf die byskrifte in blou of swart ink.

7.    Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.

8.    Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
      NIE.

9.    MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

10.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en ŉ passer gebruik
      waar nodig.

11.   Rond alle berekeninge af tot twee desimale na die komma.

12.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                     LEWENSWETENSKAPPE V1                                 3

AFDELING A

VRAAG 1

1.1   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
      Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A‒D) langs die
      vraagnommer (1.1.1‒1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer byvoorbeeld
      1.1.10 D.

      1.1.1    Glukose en fruktose is voorbeelde van …

               A     proteïene.
               B     monosakkariede.
               C     disakkariede.
               D     polisakkariede.

      1.1.2    Die nie-proteïen, organiese vennote van ensieme is …

               A     katalisators.
               B     koënsieme.
               C     pro-ensieme.
               D     ensiemkomplekse.

      1.1.3    Die proses van osmose kan beskryf word as die beweging van …

               A     molekules van ŉ gebied met ŉ hoë konsentrasie na ŉ gebied met
                     lae konsentrasie.
               B     ŉ oplosmiddel deur ŉ differensieel-deurlatende membraan.
               C     ŉ opgeloste stof deur ŉ differensieel-deurlatende membraan.
               D     ŉ opgeloste stof wat van ŉ gebied met ŉ hoë konsentrasie na ŉ
                     gebied met ŉ lae konsentrasie beweeg.

      1.1.4    Die volgende is waar rakende ensieme behalwe ...

               A     ensieme word by uiterste temperature gedenatureer.
               B     ensieme word by uiterste pH-waardes gedenatureer.
               C     ensieme word opgebruik in chemiese reaksies.
               D     ensieme beheer en reguleer alle chemiese reaksies wat in ŉ sel
                     plaasvind.

      1.1.5    Die volgende is NIE van toepassing op xileemvate (houtvate) NIE:

               A     Lang, silindriese selle
               B     Geperforeerde dwarswande óf geen dwarswande nie
               C     Verdikte selwande wat lignien bevat
               D     Volwasse selle met ŉ duidelik-gedefinieerde selkern.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                LEWENSWETENSKAPPE V1                     (EC/NOVEMBER 2018)

      1.1.6   Die weefsel tussen die boonste en onderste epidermis in blare
              staan as … bekend.

              A       kutikula
              B       mesofil
              C       stoma
              D       okselstandig/aksillêre

      1.1.7   In plante met drywende blare word stomata aangetref …

              A       slegs op die onderste epidermis.
              B       slegs op die boonste epidermis.
              C       op die boonste en onderste epidermis.
              D       nie op die boonste of die onderste epidermis nie.

      1.1.8   Epiteelweefsel wat die mond en longe uitvoer staan as … bekend.

              A       kubiese
              B       kolom
              C       gesilieerde kolom
              D       plaveisel                                           (8 x 2)    (16)

1.2   Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
      Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1‒1.2.7) in jou
      ANTWOORDEBOEK neer.

      1.2.1   Plastiede wat ŉ geel of oranje pigment bevat

      1.2.2   Selorganel wat verteringsensieme bevat

      1.2.3   Proses waardeur komplekse molekules, in lewende organismes,
              afgebreek word

      1.2.4   Selle wat die kurkkambium in stingels vorm

      1.2.5   Beheer die oorerwing van eienskappe van ouer na kinders
              (nakomelinge)

      1.2.6   Weefsel wat organiese voedsel vervoer in plante

      1.2.7   Organiese katalisator wat chemiese reaksies versnel         (7 x 2)    (14)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                    LEWENSWETENSKAPPE V1                                     5

1.3   Dui aan of elk van die stellings in KOLOM A van toepassing is op SLEGS A,
      SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM B nie. Skryf
      slegs A, slegs B, beide A en B, of geeneen langs die vraagnommer
      (1.3.1‒1.3.7) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                        KOLOM A                                 KOLOM B
      1.3.1    Oormaat voedingstowwe in water       A:   Chlorose
               wat lei tot die welige/digte groei   B:   Eutrofikasie
               van plante
      1.3.2    Onwillekeurige spierweefsel          A:   Hart
                                                    B:   Gestreepte
      1.3.3    Verminder wrywing tussen bene        A:   Glasagtige kraakbeen
               by gewrigte                          B:   Geel, elastiese kraakbeen
      1.3.4    Ensieme wat vette in die dieet       A:   Proteases
               afbreek                              B:   Lipases
      1.3.5    Nuwe ringe sekondêre xileem in       A:   Jaarringe
               stingels.                            B:   Kambiumringe
      1.3.6    Soogdierweefsel                      A:   Spiere
                                                    B:   Bloed
      1.3.7    Groot, gedifferensieerde selle wat   A:   Meristematiese weefsel
               in plantorgane aangetref word        B:   Permanente weefsel
                                                                               (7 x 2) (14)

1.4   Bestudeer die diagramme hieronder van voedseltoetse op organiese
      verbindings. Beantwoord die vrae wat volg.

                                                     [Bron: www.tes.com/teaching-resource]

      1.4.1    Vir watter organiese verbinding word getoets in?

               (a)    A

               (b)    B                                                                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                              LEWENSWETENSKAPPE V1                      (EC/NOVEMBER 2018)

      1.4.2   Noem die chemiese stof wat gebruik word om vir suiker te toets.           (1)

      1.4.3   Gee die positiewe kleurverandering(e) vir die volgende:

              (a)      A

              (b)      C

              (c)      D                                                                (3)

                                                            TOTAAL AFDELING A:          50

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                      LEWENSWETENSKAPPE V1                                     7

AFDELING B

VRAAG 2

2.1    Bestudeer die onderstaande diagram van dierweefsel en beantwoord die vrae
       wat volg.

                           1
   A                                            B

                           2                                                9
                                                7         8
                           3

                           4
                           5

                           6                  11    10

[Bron: www.termandhistology.wordpress.com]                       [Bron: www.slideplayer.com]

       2.1.1   Identifiseer A en B.                                                            (2)

       2.1.2   Verstrek byskrifte vir strukture 3, 4, 8 en 10.                                 (4)

       2.1.3   Gee EEN funksie van sel A.                                                      (1)

       2.1.4   Gee die NOMMER van die struktuur wat:

               (a)     Suurstof in die liggaam vervoer                                         (1)

               (b)     Die liggaam teen virusse en bakterieë verdedig/beskerm                  (1)

       2.1.5   Bespreek die uitwerking op die liggaam indien sel A beskadig word.              (3)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                  LEWENSWETENSKAPPE V1                        (EC/NOVEMBER 2018)

2.2   Bestudeer die onderstaande diagramme en beantwoord die vrae wat volg.

              D/S dikotiele wortel                         Wortelhaar

        [Plant-struktuur.weebly.com]

              [Bron: Plant-struktuur.weebly.com]                [Bron: www.sliderbase.com]

      2.2.1     Verskaf byskrifte vir 1 en 2.                                                 (2)

      2.2.2     Gee die nommer van die weefsel wat:

                (a)    Oorsprong gee aan sywortels                                            (1)

                (b)    Organiese voedsel in die plant vervoer                                 (1)

                (c)    Stysel berg in die wortel                                              (1)

                (d)    Water vervoer in die plant                                             (1)

      2.2.3     Noem EEN manier waarop die wortelhaar vir sy funksie struktureel
                aangepas is.                                                                  (2)

      2.2.4     Het wortelhare ŉ kutikula? Gee ŉ rede daarvoor.                               (3)

      2.2.5     Voorspel wat sou gebeur indien daar geen wortelhare was nie.                  (2)

      2.3       ŉ Wetenskaplike wou ondersoek instel om uit te vind of lig
                noodsaaklik is vir die ontkieming van sade. Sy het twee
                potplanthouers van dieselfde grootte met dieselfde hoeveelheid
                grond gevul.

                Pot 1 is gemerk ‘LIG’ en Pot 2 ‘DONKER’. Vyf blaarslaai-sade is in
                elke pot geplant. Beide plante is van genoeg water voorsien.
                Pot 1 is in direkte sonlig geplaas. ŉ Kartonboks is oor Pot 2 geplaas
                en geen lig kon inkom nie.

      2.3.1     Skryf ŉ hipotese vir die ondersoek neer.                                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                     LEWENSWETENSKAPPE V1                                    9

      2.3.2     Identifiseer die:

                (a)    Onafhanklike veranderlike                                             (1)

                (b)    Afhanklike veranderlike                                               (1)

      2.3.3     Noem TWEE veranderlikes wat konstant gehou is.                               (2)

      2.3.4     Stel TWEE maniere voor waarop die betroubaarheid van hierdie
                ondersoek verbeter kon word.                                                 (2)

2.4   Bestudeer die onderstaande grafieke van transpirasietempo in verskillende
      omgewings en beantwoord die vrae wat volg.

                                                                     [Bron: www.albet.io]

      2.4.1     Wat beteken die term transpirasie?                                           (2)

      2.4.2     Bestudeer grafiek A. Wat kan jy aflei omtrent die verhouding tussen
                temperatuur en transpirasietempo?                                            (2)

      2.4.3     Verduidelik die vorm van die grafiek by X, in grafiek C.                     (3)
                                                                                            [40]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                 LEWENSWETENSKAPPE V1                    (EC/NOVEMBER 2018)

VRAAG 3

3.1   Die wortel van ŉ ui is ŉ snelgroeiende deel van die ui. Baie selle sal in
      verskillende fases van mitose wees. ŉ Monster van die punt van ŉ ui is
      gekleur en onder ŉ mikroskoop bestudeer.
      Die verskillende fases van mitose is geïdentifiseer en die aantal selle in elke
      fase is getel. Die resultate is in die onderstaande tabel opgeteken.

                                                    Aantal selle
                               1                2                   3     Totaal
      Interfase               47               49                  58      154
      Profase                  5                7                  18       30
      Metafase                 2                4                   1        7
      Anafase                 10               10                   2       22
      Telofase                 4                4                   4       12

      3.1.1   Watter fase produseer die:

              (a)    Meeste (grootste aantal) selle?

              (b)    Minste (kleinste aantal) selle?                                       (2)

      3.1.2   Bereken die persentasie selle wat tydens profase geproduseer is.
              Toon ALLE berekeninge.                                                       (3)

      3.1.3   Beskryf kortliks die belangrikheid van mitose in ŉ lewende organisme.        (2)

      3.1.4   Aanvaar dat ŉ sel 24 uur neem om een siklus te voltooi. Bereken die
              lengte (tydsduur) van die interfase. Toon ALLE berekeninge.                  (3)

      3.1.5   Beskryf kortliks wat tydens die anafase van mitose plaasvind.                (2)

      3.1.6   Teken ŉ kolomgrafiek wat die totale aantal selle in elke fase van die
              selsiklus voorstel.                                                          (6)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                    LEWENSWETENSKAPPE V1                                        11

3.2   Bestudeer die onderstaande diagram wat ŉ deel van die pelviese
      (bekken) gordel en die onderste ledemate voorstel. Beantwoord die vrae
      wat volg.

                                            1
                                            2 sakrum
              9

                                            3 femur
                                            sacrumsac

                                             4
                                             5

                                             6
                                             7
                                             8
                                       [Bron: www.pocketdentistry.com/10-the-lower-limb]

      3.2.1       Noem die gewrig wat by 9 aangetref word. Gee ŉ rede waarom
                  dit ŉ diep potjie (asetabulum) het.                                      (2)

      3.2.2       Die femur is ŉ voorbeeld van ŉ langbeen. Dit bevat beide rooi
                  en geel murg. Wat is die funksie van die rooi murg?                      (2)

      3.2.3       Stel ŉ rede voor waarom die bekken(pelviese) gordel rigied
                  moet wees.                                                               (2)

      3.2.4       Differensieer tussen manlike en vroulike heupbene.                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                             LEWENSWETENSKAPPE V1                        (EC/NOVEMBER 2018)

3.3   Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

      Die woord artritis beteken inflammasie van die gewrigte, en daar is meer as
      100 soorte artritis. Een van die meer algemene soorte is osteoartritis.
      Osteoartritis kom dwarsoor die wêreld voor en affekteer mense verskillend,
      met skade aan die gewrigte wat oor jare kan ontwikkel of in sommige gevalle
      redelik vinnig.

      Osteoartritis is ŉ degeneratiewe vorm van artritis wat dikwels middeljarige
      mense affekteer, maar kan ook by jong mense,wat aan gewrigsbeserings ly,
      voorkom.
      Reumatoloë is dokters wat deskundiges is in die diagnosering van artritis en
      ander siektes van die gewrigte, spiere en bene.
      Gevaartekens van hierdie siekte is tipies; pyn na ŉ aktiwiteit, beperkte
      bewegingsmoontlikhede en styfheid, en swelling en gevoeligheid van een of
      meer gewrigte.

      3.3.1   ŉ Gewrig is ŉ plek waar twee bene ontmoet. Noem die bindweefsel
              wat hierdie bene aanmekaar bind(heg).                                      (1)

      3.3.2   Noem die DRIE klasse waarin gewrigte geklassifiseer kan word.              (3)

      3.3.3   Beskryf die toestand van die gewrig indien ŉ persoon osteoartritis
              het.                                                                       (4)

      3.3.4   Stel EEN rede voor waarom osteoartritis meer algemeen by
              middeljarige mense voorkom.                                                (2)

      3.3.5   Gewrigsvervangings is besig om al meer voor te kom by mense wat
              aan osteoartritis ly. Allooie van kobalt-chroom en titaan word
              gewoonlik in hierdie prosedures gebruik. Waarom word yster nie
              gebruik nie?                                                               (4)
                                                                                        [40]

                                                           TOTAAL AFDELING B:            80

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                   LEWENSWETENSKAPPE V1                                  13

 AFDELING C

 VRAAG 4

 4.1    Die sel word beskou as die basiese eenheid van lewe. Dit bestaan uit ŉ
        aantal organelle wat die effektiewe funksionering verseker.

        Bespreek hierdie stelling met verwysing na die struktuur (bou) en die rol van
        die selmembraan, selkern en die mitochondria.

        NOTA:        GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van
                     vloeidiagramme, tabelle of diagramme nie.

                                                                            Inhoud:      (17)
                                                                            Sintese:      (3)

                                                            TOTAAL AFDELING C:            20
                                                                GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

## Related documents

- [LIFE SCIENCES P2 GR10 MEMO NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr10-memo-nov2018-afrikaans/c2a7733d-cd9f-4042-a6d8-c00aa9fdbc60) — Life Sciences · Memo · 2018 · Afr
- [LIFE SCIENCES P1 GR10 MEMO NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-gr10-memo-nov2020-afrikaans/0b8ac40d-1249-40bd-946c-fdf77a899432) — Life Sciences · Memo · 2020 · Afr
- [LIFE SCIENCES P1 GR10 MEMO NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-gr10-memo-nov2019-afrikaans/0657e915-6679-4c6b-881b-40a1f15851b9) — Life Sciences · Memo · 2019 · Afr
- [LIFE SCIENCES P1 NOV2018 ERRATA](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov2018-errata/1edeae7a-d479-483c-9d53-16296fa5e53e) — Life Sciences · Errata · 2018
- [LIFE SCIENCES P2 QP GR10 NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-qp-gr10-nov2018-afrikaans/4d43b51a-169c-45c8-96ff-9641f29ff4ad) — Life Sciences · QP · 2018 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 GR10 QP NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr10-qp-nov2017-afrikaans/e55b43d9-9787-4f2e-9a65-128f985b3bfe) — Life Sciences · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 10 Life Sciences

- [Gr10-Lewenswetenskappe-OG-studyguide LR](https://www.hlayiso.com/library/gr10-lewenswetenskappe-og-studyguide-lr/8e3e18e1-6b71-4e05-952d-de0944ef8eff) — Guide
- [Gr10-Life-Sciences-TG-studyguide LR](https://www.hlayiso.com/library/gr10-life-sciences-tg-studyguide-lr/5615738c-106e-4a50-9536-78ad61f5ee23) — Guide
- [KZN Life Sciences Grade 10 March 2026 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-life-sciences-2026-kzn-march-test-question-paper-and-memorandum/a3348de3-4618-469e-a3dc-d828cb2b83c5) — QP + Memo · 2026
- [Gr 10 Life Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-life-sci-atp-2023-24/ed5e1ff0-929f-4365-8c9b-45bddb8d3048) — ATP
- [EC Life Sciences Grade 10 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-life-sciences-grade-10-june-2025-qp-and-memo/aa6599b4-f6e3-4768-8731-6f1e10a5494e) — QP + Memo · 2025
- [FS Life Sciences Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/fs-life-sciences-grade-10-march-2025-qp-and-memo/3c40be94-69ee-40e0-9355-f835c10d452c) — QP + Memo · 2025

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
