# Life Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2015 QP

> Grade 11 Life Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2015 (Afrikaans), 24 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sc-p2-gr11-nov2015-qp-afr/69a9ad2f-9a87-4917-929d-c7bd9eea6d21
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 24

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/life-sciences) › [Life Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2015 QP](https://www.hlayiso.com/library/life-sc-p2-gr11-nov2015-qp-afr/69a9ad2f-9a87-4917-929d-c7bd9eea6d21)

## About this document

Life Sciences · Grade 11 · Eastern Cape November · 2015. Question paper, 24 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                              GRAAD 11

                        NOVEMBER 2015

               LEWENSWETENSKAPPE V2

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                             *ILFSCA2*

                  Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                LEWENSWETENSKAPPE V2                   (EC/NOVEMBER 2015)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur voordat die vrae beantwoord word.

1.   Beantwoord AL die vrae.

2.   Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK neer.

3.   Begin die antwoorde vir ELKE vraag boaan ŉ NUWE BLADSY.

4.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik word.

5.   Indien antwoorde NIE volgens die instruksies van elke vraag beantwoord
     word NIE sal kandidate punte verbeur.

6.   Maak alle sketse met potlood en byskrifte met blou of swart ink.

7.   Teken diagramme en vloeidiagramme SLEGS wanneer dit gevra word.

8.   Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
     NIE.

9.   Jy mag NIE grafiekpapier gebruik NIE.

10. Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik.

11. Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)                  LEWENSWETENSKAPPE V2                                       3

AFDELING A

VRAAG 1

1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
       Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
       vraagnommer (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer,
       byvoorbeeld 1.1.11 D.

       1.1.1     Die groep(e) plante wat van water afhanklik is vir voorplanting, is:

                 A     Pteridofiete and Briofiete
                 B     Slegs Briofiete
                 C     Slegs Gimnosperme
                 D     Angiosperme en Gimnosperme

       1.1.2     Ginesium (stamper) bestaan uit die ...

                 A     stempel, styl en vrugbeginsel.
                 B     stempel, kroonblare en vrugbeginsel.
                 C     styl, perigoon en meeldraad.
                 D     styl, kroonblare en meeldraad.

       1.1.3     ŉ Vrugbeginsel sal in ... gevind word.

                 A     gimnosperme
                 B     angiosperme
                 C     briofiete
                 D     pteridofiete

       1.1.4     Saprofitiese fungi kry voedingstowwe vanaf ...

                 A     lewende organismes.
                 B     die atmosfeer.
                 C     nie-lewende organiese stof.
                 D     beide A en B.

       1.1.5     Watter van die volgende word nie in Pteridofiete gevind nie?

                 A     Sori
                 B     Spore
                 C     Sporangiums
                 D     Sade

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                      LEWENSWETENSKAPPE V2                 (EC/NOVEMBER 2015)

      1.1.6    Bestudeer die volgende stellings aangaande Eukariotiese selle en
               beantwoord die vraag wat volg.

               Eukariotiese selle:

               (i)  Is meer kompleks as prokariotiese selle
               (ii) Het ŉ membraangebonde nukleus
               (iii)Word geglo dat dit meer onlangs ontstaan het as prokariotiese
                    selle
               (iv) Is gewoonlik kleiner as virusse

               Watter van die volgende stellings is waar omtrent Eukariotiese
               selle?

               A       (i), (ii) en (iv)
               B       (iii) en (iv)
               C       (i), (ii), (iii) en (iv)
               D       (i), (ii) en (iii)

      1.1.7    Watter deel van ŉ blom vervaardig manlike gamete?

               A       Kroonblare
               B       Vrugbeginsel
               C       Stuifmeel
               D       Saadknop

      1.1.8    Bestudeer die stellings oor geslagtelike voortplanting in plante en
               beantwoord die vraag wat volg.

               (i)   Dit genereer variasie in onstabiele omgewings
               (ii)  Sade help met die verspreiding van nageslag na meer afgeleë
                     omgewings
               (iii) Saaddormansie laat toe dat groei gestop word totdat skadelike
                     omgewingstoestande omgekeer is
               (iv) Nageslag kan baie vinnig gevorm word

               Watter stelling is ŉ voordeel van geslagtelike voortplanting in
               plante?

               A       (i), (ii), (iii) en (iv)
               B       (i), (iv)
               C       (ii), (iii) en (iv)
               D       (i), (ii) en (iii)

      1.1.9    Teenliggaampies is proteïene wat ...

               A       patogene afbreek.
               B       biochemiese reaksies kataliseer.
               C       deur T-selle geproduseer word, wat siekte veroorsakende
                       virusse doodmaak.
               D       met spesifieke antigene bind.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)                     LEWENSWETENSKAPPE V2                                     5

       1.1.10        Inenting kan die verspreiding van ŉ … beheer.

                     A    genetiese afwyking
                     B    aansteeklike siekte
                     C    voedingstekort
                     D    omgewing siekte                                       (10 x 2)    (20)

1.2    Gee die korrekte BIOLOGIESE TERM vir elk van die volgende beskrywings.
       Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.10) in die
       ANTWOORDEBOEK neer.

       1.2.1         Die liggaamsplan van organismes waarin dele van
                     ooreenstemmende grootte en vorm, aan weerskante van of
                     rondom ŉ ‘as’ gerangskik

       1.2.2         Swelling aan die punt van ŉ vertikale hife van Rhizopus waarin
                     spore gevorm word

       1.2.3         Jellie-agtige laag tussen die ektoderm en endoderm

       1.2.4         Die verwydering van groot getal bome sodat toestande
                     woestynagtig word

       1.2.5         Molekules wat uit drie suurstofatome bestaan

       1.2.6         Die term wat gebruik word om die konsentrasie van senuweeselle
                     of organe wat aan die voorpunt van ŉ liggaam gekonsentreer is, te
                     beskryf

       1.2.7         Tipe ongeslagtelike voortplanting waar bakterieë in twee verdeel,
                     soos in mitose

       1.2.8         Die kiemlaag wat aanleiding gee tot spiere en inwendige organe
                     anders as die spysverteringstelsel

       1.2.9         Stowwe wat natuurlik deur mikro-organismes afgebreek kan word

       1.2.10        Die verwydering van grond deur water of wind               (10 x 1)    (10)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                             LEWENSWETENSKAPPE V2                     (EC/NOVEMBER 2015)

1.3   Dui aan of elk van die stellings in KOLOM Ι van toepassing is op SLEGS A,
      SLEGS B, BEIDE A en B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie.
      Skryf SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A en B of GEENEEN langs die
      vraagnommer in die ANTWOORDEBOEK neer.

                       KOLOM Ι                             KOLOM ΙΙ
      1.3.1     Ektoderm, mesoglea en            A.   Triploblasties
                endoderm                         B.   Diploblasties
      1.3.2     Koolstofvoetspoor kan            A.   Herwinning
                verminder word deur              B.   Hergebruik
      1.3.3     Gebied wat gebou is om van       A.   Reservoir
                afval ontslae te raak            B.   Landvullingsterrein
      1.3.4     Faktore wat die water            A.   Vernietiging van vleilande
                beskikbaarheid verminder         B.   Eksotiese plante
      1.3.5     Die verdeling van die liggaam    A.   Kefalisasie
                in ŉ reeks van dieselfde         B.   Segmentasie
                eenhede
      1.3.6     Diere wat ŉ ware liggaamsholte   A.   Coelomate
                het                              B.   Acoelomate
      1.3.7     ŉ Sirkulerende sisteem waar      A.   Geslote bloedsisteem
                bloed in bloedvate vloei         B.   Oop bloedsisteem
      1.3.8     ŉ Proses om skaliegas-           A.   Hidrobreking (‘Fracking’)
                reserwes uit ondergrondse        B.   Loging
                rotse te ontgin
                                                                          (8 x 2)    (16)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)                  LEWENSWETENSKAPPE V2                                        7

1.4    Chloorfluoorkoolstowwe (CFK’s) het ongelukkig aansienlike skade aan die
       osoonlaag veroorsaak, wat tot groot ‘gate’ in die atmosfeer gelei het.
       Bestudeer die grafiek hieronder wat die omvang van die skade (grootte van
       ‘gat’) in die Antarktika-osoonlaag aandui en beantwoord die vrae wat volg.

       1.4.1     Gedurende watter jaar was die ‘gat’ in Antarktika gebied die:

                 (a)   Grootste?                                                             (1)

                 (b)   Kleinste?                                                             (1)

       1.4.2     Wat was die grootte van die ‘gat’ (miljoen km2) in die jare:

                 (a)   2000 en                                                               (1)

                 (b)   2005?                                                                 (1)

                                                               TOTAAL AFDELING A:             50

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                LEWENSWETENSKAPPE V2                      (EC/NOVEMBER 2015)

AFDELING B

VRAAG 2

2.1   Blomme is voortplantingstrukture wat vir geslagtelike voortplanting in
      angiosperme gebruik word. Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord
      die vrae wat volg.

      2.1.1   Is hierdie ŉ insek, wind of voëlbestuifde blom?                              (1)

      2.1.2    Lys DRIE kenmerke van hierdie blom wat dit goed aanpasbaar maak
               vir jou antwoord soos in VRAAG 2.1.1 gegee.                                 (3)

2.2   Angiosperme is ŉ groep plante wat sade deur middel van geslagtelike
      voortplanting produseer.

      2.2.1    Wat is die grootste voordele van geslagtelike voortplanting vir plante?     (1)

      2.2.2    ŉ Saadbank in Noorweë stoor sade van ŉ seldsame en bedreigde
               plant. Om die sade vars te hou was 120 sade van hierdie plant gekies
               om te groei. Uit die 120 sade, het slegs 90 ontkiem.

               Watter persentasie van die sade was nie vrugbaar nie? Toon al jou
               bewerkings.                                                                 (2)

      2.2.3    Verduidelik hoe elk van die volgende eienskappe van die sade
               belangrik is vir die plant se oorlewing:

               (a)    Sade kan vir lang tye dormant bly                                    (1)

               (b)    Sommige sade bevat endosperm-weefsel                                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)                         LEWENSWETENSKAPPE V2                                            9

2.3   Bestudeer die filogenetiese boom hieronder en neem kennis van hoe die vier
      plantafdelings verander het, en beantwoord die vrae wat volg.

                          Filogenetiese boom wat plantevolusie toon

                       Moss        Varing     Gimnosperme                   Angiosperme

                                                                                Vrugte
                                                Naakte sade
                                                                                Toe sade
                                                   Keëls
                                                                                Blomme

                                                                Stuifmeel

                       Nie     Beweeglike sperm            Nie-beweeglike sperm
                     vaskulêre
                                 Saadloos                          Saad

                                            Wortels, stingels, blare

                                                  Vaskulêr

                              Beweeglike gamete

                                    Alge

      2.3.1      Wat is die voorvaderlike vorm van al die plantafdelings aangedui?                        (1)

      2.3.2      Watter plantafdeling is die beste vir lewe op land aangepas?                             (1)

      2.3.3      Watter plante is die meeste naverwant aan mekaar?                                        (2)

2.4   Die Wêreld Gesondheidsorganisasie (WGO) versamel data van siektes
      wêreldwyd. Die tabel hieronder toon data, soos gepubliseer deur die WGO,
      van insidente van tuberkulose (TB) in die jare 2000 en 2008, vir verskillende
      inkomstegroepe. Bestudeer die tabel en beantwoord die vrae wat volg.

                                      INSIDENTE VAN TB PER 1 000 000 BEVOLKING
      Inkomstegroep                          In 2000                In 2008
      Lae                                      280                    280
      Laer middelklas                          150                    150
      Boonste middelklas                       100                    110
      Hoë                                       17                     14

      2.4.1     Gebruik die inligting hierbo en vergelyk die data van 2000 en 2008 in
                die vier inkomstegroepe.                                                                  (4)

Kopiereg voorbehou                                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                             LEWENSWETENSKAPPE V2                     (EC/NOVEMBER 2015)

     2.4.2    Die hoogste voorkoms van TB word met die lae-inkomste- groep
              geassosieer. Stel DRIE redes voor waarom die voorkoms van TB die
              hoogste in die lae-inkomstegroep is.                                       (3)

2.5 Die diagram hieronder toon die natuurlike kweekhuiseffek en die verhoogde
    kweekhuiseffek. Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae wat volg.

     2.5.1    Noem TWEE hoof kweekhuisgasse.                                             (2)

     2.5.2    Waarom is dit belangrik om die natuurlike kweekhuiseffek te onderhou?      (2)

     2.5.3    Noem EEN menslike aktiwiteit wat ŉ verhoogde kweekhuiseffek
              veroorsaak.                                                                (1)

     2.5.4    Verduidelik EEN verskil tussen die TWEE diagramme hierbo.                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)                 LEWENSWETENSKAPPE V2                                      11

2.6    Lees die uittreksel hieronder, bestudeer die tabel en beantwoord die vrae wat
       volg.

       ŉ Omgewingsgesondheidsbeampte by 'n plaaslike munisipaliteit het klagtes van
       inwoners wat langs 'n rivier woon ontvang, dat daar dooie visse in die rivier dryf.
       Die beampte het opgemerk dat daar ŉ rioolsuiweringsaanleg en ŉ myn in die
       omgewing is en dat beide hul afval in dieselfde gedeelte van die rivier vrystel.
       Die beampte het ŉ monster A en monster B van die rivier water, vanaf ŉ punt
       voor en na die rioolsuiweringsaanleg en myn geneem waar die afval in die rivier
       gestort word. Die watermonster was in ŉ laboratorium ontleed. Die tabel toon
       die resultate van die analise.

                     TABEL: RESULTATE VAN DIE ANALISE VAN WATER.

                                         MONSTER A                   MONSTER B
       Stowwe/faktore in                (Geneem voor                (Geneem nadat
       monsters gevind                afvalwater in rivier        afvalwater in rivier
                                         vrygestel is)               vrygestel is)
       Fekale coli bakterieë
       (tel/100ml)                            500                       130 000
       Nitrate (mg/l)                         1,6                         5,2
       Fosfate (mg/l)                         0,1                         0,9
       Natrium (mg/l)                          25                         175
       Chloriede (mg/l)                        15                         180
       pH                                     6,7                         3,5

       2.6.1     Watter DRIE van die stowwe is waarskynlik van die
                 rioolsuiweringsaanleg afkomstig?                                             (3)

       2.6.2     Wanneer die vlakke van fekale coli-bakterieë in MONSTER A en
                 MONSTER B vergelyk word, hoe goed dink jy het die
                 rioolsuiweringsaanleg gefunksioneer? Gee ŉ rede vir jou antwoord.            (3)

       2.6.3     Noem TWEE water-oordraagbare siektes wat deur onbehandelde
                 afvalwater versprei word.                                                    (2)

       2.6.4     Is die water in MONSTER B, meer suur, of meer alkalies as die water
                 van MONSTER A?                                                               (1)

       2.6.5     Verduidelik wat bedoel word met suur-mynwaterdreinering.                     (2)

       2.6.6     Gee TWEE moontlike oorsake vir die dood van die visbevolking in die
                 rivier na aanleiding van die data in die tabel.                              (2)
                                                                                             [40]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                               LEWENSWETENSKAPPE V2                       (EC/NOVEMBER 2015)

VRAAG 3

3.1   ŉ Student ondersoek die aantal bakterieë wat op die vel van mense se hande
      voorkom nadat dit gewas en afgedroog is. Dieselfde metode om hande te was
      was gebruik, maar die hande was afgedroog deur warm lug vanaf ŉ
      warmlugblasser of papierhanddoeke te gebruik. Deppers was gebruik om
      monsters van die droë vel te kry en bakterieë was dan gekweek vanaf die
      deppers. Die tabel toon die aantal bakterieë wat gekweek was. Bestudeer die
      tabel en beantwoord die vrae wat volg.

        MONSTERS                AANTAL BAKTERIEË (x108) PER VIERKANTE
                           SENTIMETER (CM2) OP VEL VAN HANDE GEVOLG DEUR
                                             WAS EN AFDROOG
                             Vel met lug afgedroog    Vel met handdoek afgedroog
              1                       8,91                       1,11
              2                       9,75                       0,98
              3                       6,14                       0,42
              4                       8,72                       1,02

      3.1.1       Noem die doel van die student se ondersoek.                                    (1)

      3.1.2       Stel DRIE faktore voor wat in die ondersoek gekontroleer moet word,
                  om dit ŉ billike toets te maak.                                                (3)

      3.1.3       Gebaseer op die resultate van die ondersoek, skryf die gevolgtrekking
                  neer wat die student kon maak.                                                 (1)

      3.1.4       Teken ŉ staafgrafiek om die aantal bakterieë op vier verskillende vel-
                  monsters te toon nadat dit met ŉ papierhanddoek afgedroog was.                 (6)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/NOVEMBER 2015)                  LEWENSWETENSKAPPE V2                                   13

3.2     Die diagram hieronder toon die beweging van koolstofdioksied in en uit die
        atmosfeer. Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae wat volg.

                           BEWEGING VAN CO2 IN DIE ATMOSFEER

        3.2.1     Noem ŉ lewensproses wat:

                  (a)   Koolstofdioksied inneem en                                           (1)

                  (b)   Koolstofdioksied vrystel                                             (1)

        3.2.2     Watter uitwerking het verhoogde vlakke van koolstofdioksied in die
                  atmosfeer op die temperatuur van die atmosfeer?                            (1)

        3.2.3     Noem hierdie uitwerking in wat VRAAG 3.2.2 genoem word.                    (1)

        3.2.4     Wat is ŉ ‘koolstofput’?                                                    (1)

        3.2.5     Gee ŉ voorbeeld van ŉ ‘koolstofput’.                                       (1)

        3.2.6     Wat sal met die koolstofdioksiedvlakke in die atmosfeer gebeur as die
                  ‘koolstofputte’ verminder word?                                            (1)

 Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                                LEWENSWETENSKAPPE V2                    (EC/NOVEMBER 2015)

3.3   ŉ Groep graad 11-leerders voer ŉ ondersoek uit om die impak wat rotasie-oes sal
      hê op die langtermyn opbrengs van die Duiwelsklouplant. Hulle vergelyk die
      digtheid van Duiwelsklou oor ŉ tydperk vir twee verskillende gebiede A en B. By
      gebied A het tradisionele genesers dit in kleiner dele verdeel. Elke keer word ŉ
      ander deel geoes. By gebied B versamel stropers Duiwelsklou vanuit enige area
      (gereelde oes). Kwadrante is ewekansig gegooi in beide gebiede om die digtheid
      van Duiwelsklou oor twee agtereenvolgende jare te bepaal. Die resultate word in
      die staafgrafiek hieronder aangetoon. Bestudeer die grafiek en beantwoord die
      vrae wat volg.

                                    Resultate van verskillende oesmetodes van Duiwelsklou

                               10
                                                      9                    9
                               9
                                                  8
                               8

         Aantal plante geoes
                               7
                               6
                                                                                                2007
                               5
                                                                               4                2008
                               4
                               3
                               2
                               1
                               0
                                                 Rotasie                  Gereelde
                                                  oes                       oes
                                                           Oesmetodes

      3.3.1                     Wat is rotasie-oes?                                                            (1)

      3.3.2                     Noem EEN voordeel van rotasie-oes.                                             (1)

      3.3.3                     Skryf ŉ hipotese vir hierdie ondersoek.                                        (2)

      3.3.4                     Stel die resultate van die ondersoek in tabelvorm voor.                        (4)

      3.3.5                     Wat kan jy aflei uit die studie wat gemaak is?                                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)                 LEWENSWETENSKAPPE V2                                     15

3.4    Die diagram A hieronder stel ŉ volledige dier voor terwyl diagram B ŉ dwarssnit
       deur die hoofliggaam toon. Bestudeer die diagramme hieronder en beantwoord
       die vrae wat volg.

       3.4.1     Identifiseer die filum waaraan hierdie organisme behoort.                   (1)

       3.4.2     Noem die tipe simmetrie wat in hierdie organisme getoon word.               (1)

       3.4.3     Verduidelik die voordeel wat hierdie simmetrie het vir die manier van
                 lewe vir die organisme.                                                     (2)

       3.4.4     Noem DRIE filums wat jy bestudeer het, wat ŉ seloom het.                    (3)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                               LEWENSWETENSKAPPE V2                       (EC/NOVEMBER 2015)

3.5   Die diagram hieronder toon twee metodes, wat gebruik word om mense
      beskerming teen siektes te bied. Metode A toon aktiewe immuniteit en
      Metode B toon passiewe immuniteit. Metode A kan word teen polio
      gebruik. Metode B word gereeld teen tetanus gebruik.

               METODES GEBRUIK OM BESKERMING VIR MENSE TE BIED
                      Metode A                             Metode B

              Persoon ontvang klein               Tetanus bakterieë
              dosis van polio virus               (antigeen) word in dier
              (antigeen)                          ingespuit

              Virus vermeerder stadig in          Teenliggaampies word in
              liggaam                             die dier se liggaam
                                                  gemaak

              Teenliggaampies word                Bloed word uit dier
              gemaak                              verwyder; gebruik om ŉ
                                                  serum met
                                                  teenliggaampies te maak

              Tweede dosis van                    Serum word in ŉ persoon
              verswakte virus word                ingespuit wat met tetanus
              gegee; meer                         besmet is
              teenliggaampies word
              gemaak

                                                  Tetanus teenliggaampies
                                                  verswak in die persoon se
                                                  liggaam

      3.5.1     Noem die stowwe wat deur die liggaam geproduseer word om
                skadelike virusse en bakterieë te vernietig.                              (1)

      3.5.2     Waarom bied metode A langdurige beskerming teen polio?                    (1)

      3.5.3     Metode B bied nie langdurige beskerming teen tetanus nie.
                Hoekom?                                                                   (1)

      3.5.4     In immunisasie teen polio, word ŉ tweede dosis van ŉ verswakte
                virus toegedien (bekend as ŉ booster). Verduidelik waarom hierdie
                booster noodsaaklik is.                                                   (1)

      3.5.5     Waarom is metode B baie goed om vinnige met ŉ infeksie soos
                tetanus klaar te speel?                                                   (1)

                                                         TOTAAL AFDELING B:               80

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)               LEWENSWETENSKAPPE V2                                    17

AFDELING C

VRAAG 4

4.1    Skryf ŉ opstel waarin jy verduidelik wat bedoel word met die konsep van
       voedselsekuriteit. Beskryf ook die maniere hoe swak saai boerderypraktyke ŉ
       bedreiging vir voedselsekuriteit in Suid-Afrika inhou. Noem ook hoe geneties
       gemodifiseerde voedsel kan help om die probleem van voedseltekort aan te
       spreek.
                                                                               Inhoud (17)
                                                                               Sintese (3)
                                                                                       (20)

       LET WEL: GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van
                vloeidiagramme of diagramme nie.

                                                             TOTAAL AFDELING C:           20
                                                                 GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [LIFE SC P2 GR11 NOV2015 QP ENG](https://www.hlayiso.com/library/life-sc-p2-gr11-nov2015-qp-eng/156c2441-7b15-4029-ac03-febe3a6593eb) — Life Sciences · QP · 2015 · Eng
- [LIFE SC P2 GR11 NOV2015 MEMO ENG](https://www.hlayiso.com/library/life-sc-p2-gr11-nov2015-memo-eng/bb537cc3-1de9-4ea2-923d-5357218c3980) — Life Sciences · Memo · 2015 · Eng
- [LIFE SC P2 GR11 NOV2015 MEMO AFR](https://www.hlayiso.com/library/life-sc-p2-gr11-nov2015-memo-afr/b67e9a14-b4ce-4764-9843-edb733a880d7) — Life Sciences · Memo · 2015 · Afr
- [LIFE SC P1 GR11 QP AFR NOV2015](https://www.hlayiso.com/library/life-sc-p1-gr11-qp-afr-nov2015/9b99beb7-4478-49e6-bcc5-e738e1dec80b) — Life Sciences · QP · 2015 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 GR11 QP NOV 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr11-qp-nov-2022-afrikaans/1dc5c137-1205-4c5f-93eb-bd628fbe2fcf) — Life Sciences · QP · 2022 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 QP GR11 NOV2020ENG D](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-qp-gr11-nov2020eng-d/19d1d8df-c0d8-47f8-963c-b975379e9946) — Life Sciences · QP · 2020

## More from Grade 11 Life Sciences

- [Gr 11 Life Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-life-sci-atp-2023-24/4ab88214-8173-4f6e-98ea-ab509ada756b) — ATP
- [LEWENSWETENSKAPPE V1 GR11 MEMO NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-gr11-memo-nov2025-afrikaans-watermark/1bdf579b-8063-4dc2-a5bd-522094c45c65) — Memo · 2025 · Afr
- [LIFE SCIENCES P1 GR11 MEMO NOV2025 English watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-gr11-memo-nov2025-english-watermark/595fffde-81ad-4f4d-be06-d944b73bcfd5) — Memo · 2025 · Eng
- [KZN Life Sciences Grade 11 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-life-sciences-grade-11-june-2025-qp-and-memo/31a59d87-a46a-4536-91d0-2fe1264e946a) — QP + Memo · 2025
- [EC Life Sciences Grade 11 June 2024 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-life-sciences-grade-11-june-2024-qp-and-memo/68ed48c4-d02f-4f7f-97fb-736190106d11) — QP + Memo · 2024
- [LIFE SCIENCES P2 GR 11 MEMO NOV2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-life-sciences-2024-eastern-cape-november-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/1768e181-1a1b-418d-890f-2e94f97be7f3) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
