# Life Sciences Grade 12 Life Sciences 2021 Guideline (Afr)

> Grade 12 Life Sciences exam guideline from the Life Sciences 2021 (Afrikaans), 18 pages. Read online or get the free PDF download.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-gr-12-exam-guidelines-2021-afr/c8650a20-e4fc-42d2-87d7-d1c7becae895
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Exam guideline
- Year: 2021
- Exam period: Life Sciences
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 Life Sciences 2021 Guideline (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-gr-12-exam-guidelines-2021-afr/c8650a20-e4fc-42d2-87d7-d1c7becae895)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · Life Sciences · 2021. Exam guideline, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                     LEWENSWETENSKAPPE

                          EKSAMENRIGLYNE

                                  GRAAD 12

                                       2021

                        Hierdie riglyne bestaan uit 18 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe                          2                                      DBE/2021
                                      Eksamenriglyne

INHOUDSOPGAWE

                                                                                   Bladsy

1.   INLEIDING                                                                        3

2.   SPESIFIEKE DOELWITTE VIR GRAAD 12 (KABV)                                         4

3.   ASSESSERING IN GRAAD 12
     3.1 Gewigstoekenning van kognitiewe vlakke vir graad 12 (KABV)                   4
     3.2 Gewigstoekenning van moeilikheidsgrade (KABV GEWYSIG)                        4
     3.3 Volgorde van onderwerpe vir graad 12 (KABV GEWYSIG)                          5
     3.4 Program van formele assessering vir graad 12 (KABV)                          5
     3.5 Formaat van die vraestel (KABV GEWYSIG)                                      5
     3.6 Die verspreiding van onderwerpe oor die twee vraestelle (KABV GEWYSIG)       6

4.   UITBREIDING VAN INHOUD VIR GRAAD 12 (KABV GEWYSIG)                             7–17

5.   SLOT                                                                            18

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe                            3                                       DBE/2021
                                        Eksamenriglyne

INLEIDING

Die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) vir Lewenswetenskappe beskryf die
aard en doel van die vak Lewenswetenskappe. Dit gee leiding aan die filosofie wat die basis is
van die onderrig en assessering van die vak in graad 12.

Die doel van hierdie Eksamenriglyne is om:

    Duidelikheid te gee oor die diepte en omvang van die inhoud wat in die graad 12 Nasionale
     Seniorsertifikaat-eksamen (NSS)-eksamen in Lewenswetenskappe geassesseer gaan word.
    Bystand te verleen aan onderwysers om leerders doelmatig vir die eksamens voor te berei.

Hierdie dokument gee aandag aan die finale graad 12 eksterne eksamens. Dit behandel op geen
vlak die Skoolgebaseerde Assessering (SBA) nie.

Hierdie eksamenriglyne moet gelees word saam met:

    Die Nasionale Kurrikulumstelling (NKS) se Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring
     (KABV): Lewenswetenskappe
    Die Nasionale Protokol vir Assessering: 'n Addendum tot die beleidsdokument, die Nasiona-
     le Senior Sertifikaat: 'n Kwalifikasie op Vlak 4 op die Nasionale Kwalifikasieraamwerk
     (NKR), rakende die Nasionale Protokol vir Assessering (Graad R–12)
    Die nasionale beleid met betrekking tot die program- en promosievereistes van die Nasiona-
     le Kurrikulumstelling, graad R–12
    Graad 12 Verkorte KABV Wysigings aan Afdeling 4 (Implementering: Januarie 2021)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe                                   4                                            DBE/2021
                                               Eksamenriglyne

2.      SPESIFIEKE DOELWITTE VIR GRAAD 12 (KABV)
Daar is drie breë vakspesifieke doelwitte in Lewenswetenskappe wat verband hou met die doel
van die leer van wetenskap, soos hieronder aangedui.

  SPESIFIEKE                                            UITBREIDING
   DOELWIT
Spesifieke Doel 1     Hou verband met die ken van die vakinhoud
Spesifieke Doel 2     Hou verband met die doen van wetenskaplike of praktiese werk en
                      ondersoeke
Spesifieke Doel 3     Hou verband met die begrip van toepassings van Lewenswetenskappe in
                      die alledaagse lewe, sowel as 'n begrip van die geskiedenis van
                      wetenskaplike ontdekkings en die verhouding tussen inheemse kennis
                      en wetenskap

Hierdie spesifieke doelwitte word in groter besonderhede in die KABV-beleidsdokument
(bladsy 13–18) beskryf. Dit is belangrik dat hierdie spesifieke doelwitte in beide leer en
assessering aangepak word.
3.      ASSESSERING IN GRAAD 12
Assessering in graad 12 moet voorsiening maak vir die verskillende vermoëns van leerders deur
'n verskeidenheid kognitiewe vlakke en moeilikheidsgrade te dek. Dit, tesame met die
vakinhoud, spesifieke doelwitte en 'n verskeidenheid vaardighede, moet gebruik word om die
beplanning en ontwikkeling van assesseringstake toe te lig.
3.1     GEWIGSTOEKENNING VAN KOGNITIEWE VLAKKE VIR GRAAD 12 (KABV)
Die volgende gewigstoekennings is van toepassing op assesseringstake wat vir graad 12
opgestel word:

                 KATEGORIE            KOGNITIEWE VLAKKE                     PERSENTASIE
                     A         Kennis                                           40
                     B         Verstaan/Begrip                                  25
                     C         Toepassing                                       20
                     D         Analise, Sintese en Evaluering                   15

3.2     MOEILIKHEIDSGRADE VIR EKSAMENS EN TOETSE (KABV GEWYSIG)

       30%                    40%                     25%                               5%
Maklik vir die       Matig uitdagend vir die   Moeilik vir die ge-   Baie moeilik vir die gemiddelde
gemiddelde           gemiddelde leerder om     middelde leerder      leerder om te antwoord. Die vaardig-
leerder om te        te antwoord.              om te antwoord.       hede en kennis wat nodig is om die
antwoord.                                                            vraag te beantwoord, maak voorsie-
                                                                     ning vir vlak 7-leerders (uiters hoë-
                                                                     presterende/leerders met 'n hoë ver-
                                                                     moë) om teen ander leerders met
                                                                     'n hoë vermoë/vaardighede te
                                                                     diskrimineer.

Die raamwerk vir denke oor vraag/item moeilikheidsgraad bestaan uit die volgende vier algemene
kategorieë van moeilikheidsgraad:
     Inhoud (Onderwerp/konsep) moeilikheidsgraad
     Stimulus (vraag- en bronnemateriaal) moeilikheidsgraad
     Taak (proses) moeilikheidsgraad en
     Verwagte antwoord (memo) moeilikheidsgraad
Verwys na die Graad 12 Verkorte KABV-wysigings van Afdeling 4 vir die raamwerk om oor die
moeilikheidsgraad van vrae te dink.
Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe                             5                                         DBE/2021
                                         Eksamenriglyne

3.3    VOLGORDE VAN ONDERWERPE VIR GRAAD 12 (KABV GEWYSIG)

Die volgende volgorde van onderwerpe word vir graad 12 voorgestel, gebaseer op die
progressiewe ontwikkeling van konsepte deur die verskillende onderwerpe:

1.    DNS/DNA: Die Kode van die Lewe
2.    Meiose
3.    Voortplanting by Vertebrate
4.    Menslike Voortplanting
5.    Genetika en Oorerwing
6.    Reaksie op die Omgewing (Mense)
7.    Menslike Endokrienstelsel en Homeostase in die Mens
8.    Reaksie op die Omgewing (Plante)
9.    Evolusie

3.4    PROGRAM VAN FORMELE ASSESSERING VIR GRAAD 12 (KABV)

Daar is 'n paar veranderinge aan die Program van Assessering vir graad 12, wat op bladsy 70 van
die KABV-beleidsdokument genoem word, gemaak. Verwys na Verkorte Afdeling 4 Wysigings.

3.5    FORMAAT VAN DIE VRAESTEL

Die eksamen sal uit twee vraestelle van 2½ uur en 150 punte elk bestaan.
Elke vraestel het die volgende formaat:

AFDELING                      TIPES VRAE                                   Punte
   A     Kortantwoord-vrae soos meervoudigekeuse-vrae,
                                                                            50
         terminologie, kolom/item en pasitems
   B     'n Verskeidenheid vraagtipes:
         Twee vrae van 50 punte elk, onderverdeel in 'n              2 x 50 = 100
         aantal subvrae. Elkeen kan verder onderverdeel word

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe                        6                                      DBE/2021
                                    Eksamenriglyne

3.6    DIE VERSPREIDING       VAN   ONDERWERPE       VIR    DIE   TWEE     VRAESTELLE
       (KABV GEWYSIG)

VRAESTEL 1
         ONDERWERP                             GEWIG
                                          %            PUNTE
Kwartaal 1:
Voortplanting by Vertebrate               5                 8
Menslike Voortplanting                   27                41
Kwartaal 2:
Reaksie op die Omgewing (mense)          36                54
Kwartaal 3:
Reaksie op die Omgewing (plante)          9                13
Kwartaal 2 en 3:
Endokrien en Homeostase (mense)          23                34
TOTAAL                                   100               150

VRAESTEL 2
         ONDERWERP                             GEWIG
                                          %            PUNTE
Kwartaal 1:
DNS/DNA: Die Kode van die Lewe           18                27
Meiose                                   14                21
Kwartaal 1 en 2:
Genetika en Oorerwing                    32                48
Kwartaal 3:
Evolusie                                 36                54
TOTAAL                                   100               150

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe                                7                                            DBE/2021
                                            Eksamenriglyne

4.     UITBREIDING VAN INHOUD VIR GRAAD 12 (KABV GEWYIG)

'n Onderwerpgebaseerde uitbreiding volg hieronder wat bloot die basiese inhoud wat gedek moet
word, kortliks beskryf. Hierdie inhoud kan op al vier kognitiewe vlakke getoets word.

DNS/DNA: DIE KODE VAN DIE LEWE                               Kwartaal 1                    2 weke
Vraestel 2: 27 punte

       Inhoud                                            UITBREIDING
Inleiding                  Hersiening van die bou van die sel met die klem op die ribosoom, sitoplasma
                            en die dele van die selkern/nukleus

                           Die twee soorte nukleïensure: DNS/DNA en RNS/RNA

                           Nukleïensure bestaan uit nukleotiede

DNS/DNA: ligging,          Ligging van DNS/DNA:
struktuur en funksies           Teenwoordig in die selkern (selkern-DNS/DNA) – vorm gene op
                                 chromosome
                                Teenwoordig in mitochondria (mitochondriale DNS/DNA)
                                Teenwoordig in chloroplaste (plante)

                           Kort geskiedenis van die ontdekking van die DNS/DNA-molekuul (Watson &
                            Crick, Franklin & Wilkins)

                           Struktuur van DNS/DNA
                               Die natuurlike vorm van die DNS/DNA-molekuul is 'n dubbele heliks
                               Elke string van die heliks bestaan uit 'n volgorde DNS/DNA-nukleotiede

                           Drie komponente van 'n DNS/DNA-nukleotied:
                            • Stikstofbasisse wat met swak waterstofbindings aan mekaar gebind is:
                                o Vier stikstofbasisse van DNS/DNA: adenien (A), timien (T), sitosien (C),
                                    guanien (G)
                                o Paring van basisse in DNS/DNA vind soos volg plaas: A : T en G : C
                                Suikergedeelte (deoksiribose in DNS/DNA)
                                Fosfaat-gedeelte

                           Stokdiagram van 'n DNS/DNA molekuul om die bou te illustreer

                           Funksies van DNS/DNA:
                               DNS/DNA vorm gene wat draers van oorerflike inligting is
                               DNS/DNA bevat gekodeerde inligting vir proteïensintese

DNS/DNA-replisering        Proses van DNS/DNA-replisering:
                               Wanneer dit in die selsiklus plaasvind
                               Waar dit in die sel plaasvind
                               Hoe DNS/DNA-replisering plaasvind (name van ensieme nie vereis nie)
                               Die belangrikheid van DNS/DNA-replisering

DNS/DNA-profiele           Interpretasie van DNS/DNA-profiele

                           Gebruike van DNS/DNA-profiel

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe                                 8                                            DBE/2021
                                             Eksamenriglyne

      Inhoud                                             UITBREIDING
RNS/RNA: ligging,          Ligging van RNS/RNA:
struktuur en funksies           b-RNS/mRNA word in die selkern gevorm en funksioneer by die ribosoom
                                o-RNS/tRNA word in die sitoplasma aangetref

                           Struktuur van RNS/RNA:
                               'n Enkele string molekule wat uit nukleotiede bestaan

                           Drie komponente van 'n RNS/RNA-nukleotied:
                                Stikstofbasisse
                                o Vier stikstofbasisse van RNS/RNA:
                                o adenien (A), urasiel (U), sitosien (C), guanien (G)
                                Suikergedeelte (ribose in RNS/RNA)
                                Fosfaat-gedeelte

                           Stokdiagram van b-RNS/mRNA en o-RNS/tRNA-molekule om die bou te
                            illustreer
                           Funksie van RNS/RNA
                                 RNS/RNA speel 'n rol tydens proteïensintese

Proteïensintese            Die rol van DNS/DNA en RNS/RNA in proteïensintese:
                                Transkripsie
                                o Die dubbele heliks DNS/DNA draai af.
                                o Die dubbele stringe van DNS/DNA rits los/swak waterstofbindings breek
                                     om twee aparte stringe te vorm.
                                o Een string dien as templaat
                                o om b-RNS/mRNA te vorm
                                o deur vrye RNS/RNA-nukleotiede van die nukleoplasma te gebruik.
                                o Die b-RNS/mRNA is 'n komplement van die DNA.
                                o b-RNS/mRNA bevat nou die gekodeerde boodskap vir proteïensintese.
                                b-RNS/mRNA beweeg vanaf die selkern tot in die sitoplasma en heg aan •
                                 Translasie
                                die ribosoom vas.
                                o Elke o-RNS/tRNA dra 'n spesifieke aminosuur.
                                o Wanneer die antikodon op die o-RNS/tRNA
                                o by die kodon van die b-RNS/mRNA pas
                                o dan bring o-RNS/tRNA die aminosuur wat benodig word, na die
                                     ribosoom.
                                o (Name van spesifieke kodons, antikodons en hul aminosure
                                     moenie gememoriseer word nie.)
                                o Aminosure word aan mekaar verbind deur peptiedbindings
                                o om die proteïen wat benodig word, te vorm.

                           Eenvoudige diagram om transkripsie en translasie tydens proteïensintese te
                            illustreer

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe                                9                                            DBE/2021
                                            Eksamenriglyne

MEIOSE                                                         Kwartaal 1                1½weke
Vraestel 2: 21 punte
       Inhoud                                           UITBREIDING
Inleiding                 Hersiening van die struktuur van 'n sel met spesifieke verwysing na die dele van
                           die selkern/nukleus, die sentrosoom en die sitoplasma
                          Struktuur/bou van chromosome:
                              Chromosome bestaan uit DNS/DNA (wat gene vorm) en proteïene
                              Die getal chromosome in 'n sel is 'n kenmerkend van 'n organisme
                               (bv. mense het 46 chromosome)
                              Chromosome wat enkele stringe is, word dubbel (twee chromatiede geheg
                               deur 'n sentromeer) as gevolg van DNS/DNA-replisering
                          Onderskei tussen:
                             Haploïede (n) en diploïede (2n) selle in terme van hul chromosoomgetal
                             Geslagselle (gamete) en somatiese selle (liggaamselle)
                             Geslagschromosome (gonosome) en outosome
                          Hersiening van die proses van mitose
Meiose – Die proses       Definisie van meiose
                          Plek waar meiose in plante en diere plaasvind
                          Meiose is 'n deurlopende proses, maar die gebeure word gerieflikheidshalwe in
                           verskillende fases ingedeel
                          Gebeure tydens interfase:
                             DNS/DNA-replisering vind plaas
                              o Enkeldraad-chromosome word dubbel
                              o Elke chromosoom sal nou uit twee chromatiede bestaan wat deur 'n
                                 sentromeer verbind word
                              o DNS/DNA-replisering help met die verdubbeling van die genetiese
                                 materiaal sodat dit deur die nuwe selle wat na seldeling onstaan, gedeel
                                 kan word
                          Die gebeure van die volgende fases van Meiose I, deur diagramme te gebruik:
                               Profase I – sluit 'n beskrywing van oorkruising in
                               Metafase I – sluit die ewekansige rangskikking van chromosome in
                               Anafase I
                               Telofase I
                          Die gebeure van elke fase van Meiose II, deur diagramme te gebruik:
                               Profase II
                               Metafase II – sluit die ewekansige rangskikking van chromosome in
                               Anafase II
                               Telofase II
Belangrikheid van         Die belangrikheid van meiose:
meiose                         Produksie van haploïede gamete
                               Die halverende effek van meiose oorkom die verdubbelingseffek van be-
                                vrugting, dus instandhouding van 'n konstante chromosoomgetal van een
                                generasie na die volgende
                               Meganisme om genetiese variasie te weeg te bring deur:
                               o Oorkruising
                               o Die ewekansige rangskikking van chromosome by die ewenaar
Abnormale meiose          Nie-disjunksie en die gevolge daarvan
                          Nie-disjunksie van chromosome op posisie 21 tydens Anafase by mense om
                           abnormale gamete met 'n ekstra kopie van chromosoom 21 te vorm
                          Die versmelting tussen 'n abnormale gameet (24 chromosome) en 'n normale
                           gameet (23 chromosome) wat tot Down-sindroom kan lei
Vergelyking van mi-       Ooreenkomste van mitose en meiose
tose en meiose
                          Verskille tussen mitose en meiose

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe                                10                                           DBE/2021
                                            Eksamenriglyne

VOORTPLANTING IN VERTEBRATE                                  Kwartaal 1                   ½week
(WERWELDIERE)
Vraestel 1: 8 punte

       Inhoud                                             UITBREING
Diversiteit van           Die rol van die volgende voortplantingstrategieë by diere om voortplanting-
voortplanting-             sukses in verskillende omgewings te verhoog (gebruik toepaslike voorbeelde):
strategieë                    Uitwendige bevrugting en inwendige bevrugting
                              Ovipaar, ovovivipaar en vivipaar
                              Amniotiese eier
                              Prekosiële en altrisiële ontwikkeling
                              Ouersorg

MENSLIKE VOORTPLANTING                                         Kwartaal 1                  3 weke
Vraestel 1: 41 punte

       Inhoud                                            UITWERKING
Inleiding                 Hersiening van die skematiese oorsig van die menslike lewensiklus om die rol
                           van meiose, mitose en bevrugting te toon
Bou van die manlike       Bou van die manlike voortplantingstelsel, deur 'n diagram te gebruik
voortplantingstelsel
                          Funksies van die testis, epididimis, vas deferens, semenvesikel, prostaatklier,
                           Cowper se klier, penis en die uretra
Bou van die vroulike      Bou van die vroulike voortplantingstelsel, deur 'n diagram te gebruik
voortplantingstelsel
                          Funksies van die ovarium, Fallopiusbuise, uterus uitgevoer met die endometrium,
                           serviks, vagina met sy eksterne opening en die vulva
                          Bou van die ovarium, gebruik 'n diagram, wat die primêre follikels, die Graafse
                           follikel en die corpus luteum toon
Puberteit                 Belangrikste veranderinge wat by manlike eienskappe voorkom tydens puberteit
                           onder die invloed van testosteroon
                          Belangrikste veranderinge wat voorkom by vroulike eienskappe tydens puberteit
                           onder die invloed van estrogeen
Gametogenese              Vorming van gamete (gametogenese) deur meiose
                              Manlike gamete deur spermatogenese gevorm
                              Vroulike gamete deur oögenese gevorm
                          Spermatogenese:
                             Onder die invloed van testosteroon
                             ondergaan diploïede selle in die saadbuisies/seminale buisies/tubules in die
                              testes meiose
                             om haploïede spermselle te vorm
                          Bou van 'n sperm, deur van 'n diagram gebruik te maak
                          Funksies van die dele van 'n spermsel (akrosoom, kop met haploïede nukleus,
                           middelstuk/nek met mitochondria en 'n stert)
                          Oögenese:
                             Diploïede selle in die ovarium ondergaan mitose
                             om talle follikels te vorm.
                             Sodra puberteit begin
                             en onder die invloed van FSH
                             vergroot een sel binne 'n follikel en ondergaan meiose.
                             Van die vier selle wat gevorm word, oorleef slegs een om 'n volwasse,
                              haploïede ovum te vorm.
                             Dit vind in 'n maandelikse siklus plaas
                          Bou van 'n ovum, deur van 'n diagram gebruik te maak
                          Funksies van die verskillende dele van die ovum (jellielaag, haploïede nukleus,
                           sitoplasma)

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe                                 11                                               DBE/2021
                                             Eksamenriglyne

       Inhoud                                               UITBREIDING
Menstruele siklus          Die menstruele siklus sluit die uterus- en ovariale siklus in

                           Gebeure in die ovariale siklus:
                              Ontwikkeling van die Graafse follikel
                              Ovulasie
                              Vorming van die corpus luteum

                           Gebeure in die uteriene siklus:
                              Veranderinge wat in die dikte van die endometrium plaasvind
                              Menstruasie

                           Hormonale beheer van die menstruele siklus (ovariale en uteriene siklusse) met
                            verwysing na die werking van FSH, estrogeen, LH en progesteroon
                           Negatiewe-terugkoppelingsmeganisme waarby FSH en progesteroon betrokke is
                            om die produksie van ovums te beheer
Bevrugting en              Definisie van kopulasie en bevrugting
ontwikkeling van
sigoot tot blastosist      Proses van bevrugting

                           Ontwikkeling van sigoot  embrio (morula en blastula/blastosist)  fetus
Inplanting, gestasie       Definisie van inplanting
en die rol van die
plasenta                   Die rol van estrogeen en progesteroon in die handhawing van swangerskap

                           Struktuur van die ontwikkelende fetus in die uterus, met gebruik van 'n diagram

                           Funksies van die volgende dele:
                              Chorion en chorioniese villi
                              Amnion, amnionholte en amnionvloeistof
                              Naelstring (insluitend naelstringslagaar/-arterie en naelstringaar/-vene)
                              Plasenta

GENETIKA EN OORERWING                                          Kwartaal 1 & 2                   3½weke
Vraestel 2: 48 punte

       Inhoud                                               UITWERKING
Inleiding                  Noem Mendel as die 'vader' van genetika
Konsepte in                Chromatien en chromosome
Oorerwing
                           Gene en allele

                           Dominante en resessiewe allele

                           Fenotipe en genotipe

                           Homosigoties en heterosigoties

                           Die Wet van Dominansie
                               Wanneer twee homosigotiese organismes met kontrasterende eienskappe
                                gekruis word, sal al die individue van die F 1-generasie die dominante eien-
                                skap vertoon
                               'n Individu wat heterosigoties vir 'n bepaalde eienskap is sal die dominante
                                eienskap as die fenotipe hê.

Kopiereg voorbehou                                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe                                    12                                             DBE/2021
                                                Eksamenriglyne

      Inhoud                                                 UITBREIDING
Monohibried-                 Die formaat wat gebruik word om genetiese kruisings te toon
kruisings
                             Mendel se Beginsel van Segregasie – 'n Organisme beskik oor twee 'faktore' wat
                              skei of segregeer sodat elke gameet slegs een van hierdie 'faktore' bevat
                           Tipes Dominansie:
                              Volledige dominansie – een alleel is dominant en die ander is resessief, in so
                               'n mate dat die resessiewe alleel deur die dominante alleel in die heterosigo-
                               tiese toestand verberg word
                              Onvolledige dominansie – geeneen van die twee allele van 'n geen is
                               dominant oor die ander nie, wat 'n intermediêre fenotipe in die heterosigotiese
                               toestand tot gevolg het
                              Kodominansie – beide allele van 'n geen is ewe dominant en beide allele kom
                               in die fenotipe in die heterosigotiese toestand voor
                             Genetiese probleme wat elk van die drie soorte dominansie insluit
                             Proporsie en verhouding van genotipes en fenotipes
Geslagsbepaling              22 pare chromosome by mense is outosome en een paar chromosome is ge-
                              slagschromosome/gonosome
                             Mans het XY-chromosome en vrouens het XX-chromosome
                             Onderskei tussen geslagschromosome (gonosome) en outosome in die
                              kariotipes van manlike en vroulike individue
                             Voorstelling van 'n genetiese kruising om die oorerflikheid van geslag aan te toon
Geslagsgekoppelde            Geslagsgekoppelde allele en geslagsgekoppelde afwykings
Oorerflikheid
                             Genetiese probleme wat die volgende geslagsgekoppelde afwykings insluit:
                                 Hemofilie
                                 Kleurblindheid
Bloedgroepe                  Verskillende bloedgroepe is 'n gevolg van meervoudige allele
                                        A   B
                             Die allele I , I en ii in verskillende kombinasies het vier bloedgroepe tot gevolg
                             Genetiese probleme wat met oorerwing van bloedgroepe verband hou
Dihibriedkruisings           Mendel se Beginsel van Onafhanklike Sortering – Die verskillende 'faktore' wat
                              die verskillende eienskappe beheer, is afsonderlike entiteite, beïnvloed mekaar
                              nie op enige manier nie, en sorteer hulself onafhanklik tydens gameetvorming
                              uit.
                             Dihibriede genetiese probleme
                             Bepaal proporsie/verhouding van genotipes en fenotipes
Genetiese                    'n Genetiese afstammeling/stamboom spoor oorerflike eienskappe oor baie
afstammelinge/                generasies op
stambome
                             Interpreteer stamboomdiagramme
Mutasies                     Definisie van 'n mutasie
                             Invloed van mutasies: skadelike mutasies, skadelose mutasies en nuttige
                              mutasies
                             Mutasies dra tot genetiese variasie by
                             Definisie van 'n geenmutasie en 'n chromosoommutasie
                             Twee soorte mutasies wat kenmerke kan verander wat tot genetiese afwykings
                              lei:
                              Geenmutasies
                                Hemofilie – afwesigheid van bloedstollingsfaktore
                                Kleurblindheid – as gevolg van die afwesigheid van die proteïene wat óf die
                                 rooi óf die groen keëltjies/fotoreseptore in die oog uitmaak
                              Chromosoommutasies
                                Down-sindroom – weens die ekstra kopie van chromosoom 21 as gevolg
                                 van nie-disjunksie tydens meiose

Kopiereg voorbehou                                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe                               13                                           DBE/2021
                                           Eksamenriglyne

       Inhoud                                            UITBREIDING
Genetiese manipula-       Biotegnologie is die manipulasie van biologiese prosesse om aan menslike
sie                        behoeftes te voldoen.
                          Genetiese manipulasie is 'n aspek van biotegnologie en sluit in:
                               Stamselnavorsing – bronne en gebruike van stamselle
                               Geneties gemanipuleerde organismes – kort uiteensetting van proses (name
                                van betrokke ensieme is nie nodig nie) en die voordele van genetiese mani-
                                pulasie
                               Kloning – kort uiteensetting van proses en voordele van kloning
Vaderskaptoetse           Die rol van elk van die volgende in vaderskapstoetse:
                               Bloedgroepering
                               DNS/DNA-profiele
Genetiese skakels         Mutasies in mitochondriale DNS/DNA wat gebruik word om vrouens se herkoms
                           op te spoor

REAKSIE OP DIE OMGEWING (MENSE)                                     Kwartaal 2               4 weke
Vraestel 1: 54 punte

       Inhoud                                            UITBREIDING
Inleiding                 Die senuweestelsel (waar senuwees betrokke is) en endokriene stelsel (waar
                           hormone betrokke is) as twee komponente wat ons help om op die omgewing te
                           reageer
Menslike senuwee-         Die noodsaaklikheid van 'n senuweestelsel by mense:
stelsel                        Reaksie op stimuli (stimuli kan uitwendig en inwendig wees)
                               Koördinasie van die verskillende aktiwiteite van die liggaam
Sentrale                  Die brein en rugmurg word deur meningisse beskerm
senuweestelsel
                          Ligging en funksies van die volgende dele:
                               Brein
                               o Serebrum
                               o Serebellum
                               o Corpus callosum
                               o Medulla oblongata
                               Rugmurg
Perifere senuwee-         Ligging en funksies van die perifere senuweestelsel (kraniale en rugmurg-
stelsel                    senuwees)
Outonome senuwee-         Ligging en funksies van die outonome senuweestelsel (simpatiese en parasim-
stelsel                    patiese afdelings)
Bou en                    Senuwees stuur en dra seine na en van alle dele van die liggaam en bestaan uit
funksionering van 'n       neurone (sensoriese of motoriese)
senuwee
                          Funksies van sensoriese en motoriese neurone
                          Bou en funksies van die dele van sensoriese en motoriese neurone, gebruik
                           diagramme: nukleus, selliggaam, sitoplasma, miëlienskede, akson en dendriete
Die eenvoudige re-        Definisie van 'n refleksaksie en 'n refleksboog
fleks boog
                          Bou van 'n refleksboog en noem funksies van elke deel, gebruik 'n diagram:
                           reseptor, sensoriese neuron, dorsale wortel van rugmurgsenuwee, rugmurg, in-
                           terneuron, motoriese neuron, ventrale wortel van rugmurgsenuwee, effektor
                          Die funksionering van 'n eenvoudige refleksaksie deur 'n voorbeeld te gebruik
                          Die belangrikheid van 'n refleksaksie
                          Die belangrikheid van sinapse
Afwykings van die         Oorsake en simptome van die volgende afwykings van die senuweestelsel:
SSS                           Alzheimer se siekte
                              Veelvuldige sklerose
Reseptore                 Funksies van reseptore, neurone en effektore om op die omgewing te reageer
                          Die liggaam reageer op 'n verskeidenheid stimuli, soos lig, klank, aanraking,
                           temperatuur, druk, pyn en chemikalieë (smaak en reuk). (Geen struktuur en
                           name is nodig nie, behalwe die name van die reseptore in die oog en oor.)
Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe                               14                                             DBE/2021
                                           Eksamenriglyne

       Inhoud                                            UITWERKING
Menslike oog             Bou en funksies van die dele van die menslike oog, gebruik 'n diagram

                         Binokulêre visie en die belangrikheid daarvan

                         Die veranderinge wat in die menslike oog by elk van die volgende plaasvind, ge-
                          bruik diagramme:
                              Akkommodasie
                              Pupilmeganisme

                         Die aard en behandeling van die volgende visuele defekte, gebruik diagramme:
                              Bysiendheid
                              Versiendheid
                              Astigmatisme
                              Katarakte
Menslike oor             Bou van die menslike oor en die funksies van die verskillende dele, gebruik 'n
                          diagram

                         Funksionering van die menslike oor tydens:
                            Gehoor (sluit die rol van die orgaan van Corti in, sonder besonderhede van
                             die bou daarvan)
                            Balans (sluit die rol van makulae en kristae in, sonder besonderhede van die
                             bou daarvan)

                         Oorsaak en behandeling van die volgende gehoordefekte:
                            Middeloorinfeksie (die gebruik van dreineringspypies ('grommets')
                            Doofheid (die gebruik van gehoorapparate en kogleêre inplantings)

ENDOKRIENE STELSEL EN HOMEOSTASE                              Kwartaal 2 en 3               2½weke
Vraestel 1: 34 punte

      Inhoud                                             UITBREIDING
Endokriene stelsel       Verskille tussen 'n endokriene en 'n eksokriene klier
                         Definisie van 'n hormoon
                         Ligging van elk van die volgende kliere, deur 'n diagram te gebruik, die hormone
                          wat hulle sekreteer asook die funksie(s) van elke hormoon:
                             Hipotalamus (ADH)
                             Pituïtêre / Hipofise (GH, TSH, FSH, LH, prolaktien)
                             Tiroïedklier (tiroksien)
                             Eilandjies van Langerhans in die pankreas (insulien, glukagon)
                             Byniere (adrenalien, aldosteroon)
                             Ovarium (estrogeen, progesteroon)
                             Testis (testosteroon)
Inleiding –              Homeostase as die proses van die handhawing van 'n konstante, interne omge-
Homeostase                wing binne perke, ongeag interne en eksterne veranderinge wat plaasvind
                         Die toestande binne-in selle is afhanklik van die toestande binne-in die interne
                          omgewing (weefselvloeistof)
                         Faktore soos koolstofdioksied, glukose, sout- en waterkonsentrasie, temperatuur
                          en pH moet konstant in die interne omgewing (weefselvloeistof) gehou word.
Homeostase:              Negatiewe terugkoppelingsmeganisme wat elk van die volgende in die liggaam
Negatiewe terug-          beheer:
koppelings-                 Tiroksienvlakke
meganismes                  Bloedglukosevlakke
                            Koolstofdioksiedvlakke in die bloed
                            Waterbalans (osmoregulering)
                            Sout
                         Afwykings wat veroorsaak word deur 'n wanbalans in vlakke van:
                            Tiroksien – Goitre
                            Bloedglukose – Diabetes mellitus

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe                                    15                                          DBE/2021
                                                Eksamenriglyne

       Inhoud                                                  UITBREIDING
Homeostase:                   Termoregulering
Negatiewe terug-              Bou van die vel, gebruik 'n diagram, met 'n klem op die dele wat by termoregule-
koppelings-                    ring betrokke is
meganismes
                               Die rol van die volgende in negatieweterugkoppelingsmeganisme vir die beheer
(... vervolg)
                                van temperatuur/termoregulering:
                                  Sweet
                                  Vasodilatasie
                                  Vasokonstriksie

REAKSIE OP DIE OMGEWING (PLANTE)                                            Kwartaal 3         1 week
Vraestel 1: 13 punte

       Inhoud                                                  UITBREIDING
Planthormone                  Algemene funksies van die volgende:
                                  Ouksiene
                                  Gibberelliene
                                  Absisiensuur

                              Die beheer van onkruid deur planthormone te gebruik

                              Die rol van ouksiene in:
                                  Geotropisme
                                  Fototropisme
Plantverdedigings-            Rol van die volgende as plantverdedigingsmeganismes:
meganismes                        Chemikalieë
                                  Dorings

Evolusie                                                             Kwartaal 3               4 weke
Vraestel 2: 54 punte

      Inhoud                                                  UITBREIDING
Inleiding                    Definisie van biologiese evolusieverandering in die kenmerke van spesies met
                              verloop van tyd

                             Die verskil tussen 'n hipotese en 'n teorie

                             Die Teorie van Evolusie word as 'n wetenskaplike teorie beskou word omdat
                              verskeie hipoteses in verband met evolusie met tyd getoets en geverifieer is
Bewyse vir                   Rol van die volgende as bewyse vir evolusie:
evolusie                         Fossielrekord – Koppel aan Graad 10
                                 Biogeografie – Koppel aan Graad 10
                                 Modifikasie deur afstamming (homoloë strukture)
                                 Genetika
Variasie                     Definisie van 'n biologiese spesie en 'n bevolking
                             'n Hersiening van die bydrae van elk van die volgende tot variasie wat onder
                              individue van dieselfde spesie bestaan:
                                  Meiose.
                                  o Oorkruising
                                  o Ewekansige rangskikking van chromosome
                                  Mutasies
                                  Ewekansige bevrugting
                                  Ewekansige paring
                             Tipes variasie:
                                 Kontinue variasie – daardie eienskappe waar daar 'n verskeidenheid inter-
                                  mediêre fenotipes is, bv. lengte
                                 Diskontinue variasie – daardie eienskappe wat in duidelike kategorieë val,
                                  bv. bloedgroepe

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe                                16                                             DBE/2021
                                            Eksamenriglyne

      Inhoud                                             UITBREIDING
Oorsprong van 'n         Idees oor evolusie in die volgorde van hul oorsprong is soos volg:
idee van evolusie            Lamarckisme
('n historiese               Darwinisme
ontwikkeling)                Gepunte ewewig
Lamarckisme              Lamarck het twee 'wette' gebruik om evolusie te verduidelik:
(Jean Baptiste de           'Wet' van gebruik en onbruik
Lamarck –                   'Wet' van oorerwing van verworwe eienskappe
1744–1829)
                         Redes vir die verwerp van Lamarck se teorie
Darwinisme               Darwin se teorie van evolusie deur natuurlike seleksie:
(Charles Darwin –            Daar is 'n groot mate van variasie onder die nageslag.
1809–1882)                   Sommige besit gewenste eienskappe en sommige nie.
                             Wanneer daar 'n verandering in die omgewingstoestande is of as kompetisie
                              ontstaan,
                             sal organismes met eienskappe wat hulle geskikter maak, oorleef
                             terwyl organismes met eienskappe, wat hulle minder geskik maak, uitsterf.
                             Die organismes wat oorleef, plant voort
                             en dra dus die alleel vir die gewenste eienskap aan hul nakomelinge oor.
                             Die volgende generasie sal dus 'n groter verhouding hê van individue met die
                              gewenste eienskap
Gepunte Ewewig           Gepunte Ewewig verduidelik die tempo waarteen evolusie plaasvind:
(Eldredge en Gould           Evolusie behels lang periodes waartydens spesies glad nie verander nie of
– 1972)                       geleidelik deur natuurlike seleksie verander (bekend as ewewig).
                             Dit word afgewissel met (word gepunt deur) kort periodes waartydens vinnige
                              veranderinge deur natuurlike seleksie plaasvind
                             waartydens nuwe spesies oor 'n kort periode kan vorm.
Kunsmatige selek-        Kunsmatige seleksie met betrekking tot:
sie                          'n Mak dierspesie/huisdierspesie
                             'n Gewasspesie
Vorming van nuwe         Biologiese spesie konsep: soortgelyke organismes wat in staat is om te kruisteel
spesies                   om vrugbare nakomelinge te produseer

                         Spesiasie/Spesievorming en uitwissing en die uitwerking van elk op biodiversiteit

                         Spesiasie/Spesievorming deur middel van geografiese isolasie:
                             As 'n bevolking wat uit 'n enkele spesie bestaan deur 'n geografiese versper-
                              ring (see, rivier, berg, meer) geskei word
                             dan verdeel die bevolking in twee.
                             Daar is nou geen geenvloei tussen die twee bevolkings nie
                             Omdat elke bevolking aan verskillende omgewingstoestande blootgestel kan
                              word/die seleksiedruk anders mag wees,
                             vind natuurlike seleksie onafhanklik in elk van die twee bevolkings plaas
                             in so 'n mate dat die individue van die twee bevolkings baie van mekaar begin
                              verskil,
                             genotipies en fenotipies.
                             Selfs al sou hierdie twee bevolkings weer met mekaar meng,
                             sal hulle nie in staat wees om te kan kruisteel nie.
                             Die twee bevolkings is nou verskillende spesies.

                         Spesiasie/Spesievorming deur geografiese isolering in EEN van die volgende:
                            Galapagos-vinke
                            Galapagos-skilpaaie
                            Plante op verskillende landmassas (gekoppel aan kontinentale verskuiwing)
                             o Kremetartbome in Afrika en Madagaskar
                             o Proteas in Suid-Afrika en Australië
                            Enige voorbeeld van soogdiere op verskillende landmassas

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe                                       17                                          DBE/2021
                                                 Eksamenriglyne
                                                               UITBREIDING
Meganismes                  'n Kort uiteensetting van voortplantingsisolasiemeganismes wat help om spesies a-
van voortplantings-          part te hou:
isolasie                         Teling/broei op verskillende tye van die jaar
(Hou spesies apart)              Spesie-spesifieke hofmakery
                                 Plantaanpassing by verskillende bestuiwingsagente
                                 Steriele nakomelinge
                                 Voorkoming van bevrugting
Evolusie tans               Enige EEN voorbeeld van natuurlike seleksie en evolusie tans:
                                 Die gebruik van insekdoders en gevolglike weerstandigheid teen insekdoders by
                                  insekte
                                 Die ontwikkeling van weerstandbiedende variante van die bakterieë wat tuberku-
                                  lose veroorsaak (MDR en XDR) teen antibiotika as gevolg van mutasies
                                  (variasies) by bakterieë en die onvermoë om antibiotikakursusse te voltooi
                                 MIV-weerstandigheid teen antiretrovirale middels
                                 Snawel- en liggaamsgrootte by die Galapagos-vinke
Bewyse van gemeen-          Interpreteer 'n filogenetiese stamboom om die plek van die familie Hominidae in die
skaplike voorouers vir       diereryk te toon
lewende hominiede,
insluitend die mens         Kenmerke wat mense met Afrika-ape in gemeen het
                            Anatomiese verskille tussen Afrika-ape en mense, deur diagramme te gebruik,
                             wat op die volgende kenmerke van toepassing is:
                                 Tweevoetigheid/bipedalisme (foramen magnum, ruggraat en bekkengordel)
                                 Breingrootte
                                 Tande (gebit)
                                 Prognatisme
                                 Vorm van verhemelte
                                 Kraniale riwwe
                                 Wenkbrou-riwwe
                            Tydlyne as bewyse wat die idee van gemeenskaplike voorouers vir lewende
                             hominiede, insluitend mense, ondersteun:
                                 Fossielbewyse: Bewyse van fossiele van verskillende ouderdomme toon dat die
                                  anatomiese kenmerke van organismes geleidelik met tyd verander het.
                                 Klem op evolusionêre tendense wat deur die anatomiese kenmerke van
                                  fossiele van die volgende drie genera voorsien is:
                                 o    Ardipithecus
                                 o    Australopithecus
                                 o    Homo
                                 o    Sowel as:
                                 o    Die ouderdom van elke fossiel wat gevind is /tydlyn vir die bestaan van
                                      die drie genera
                                 o Die terreine waar die fossiele gevind is: klem op die fossielterreine wat
                                      deel van die Wieg van die Mensdom vorm
                                 o Die wetenskaplikes wat hulle ontdek
                                 Genetiese bewyse: mitochondriale DNS/DNA
                                 Kulturele bewyse: Die maak van gereedskap
Uit Afrika-Hipotese         Die Uit Afrika-hipotese: Die moderne mens het sy oorsprong in Afrika gehad en het
                             toe na ander kontinente migreer
                            Bewyse vir die Uit Afrika-hipotese:
                                 Fossielbewyse: inligting oor elk van die volgende fossiele wat dien as bewyse
                                  vir die Uit Afrika-hipotese:
                                 o Ardipithecus (fossiele wat slegs in Afrika gevind is)
                                 o Australopithecus (fossiele wat slegs in Afrika gevind is, Karabo, Little Foot,
                                     Taung Child, Mrs Ples) ingesluit
                                 o Homo (fossiele van Homo habilis wat slegs in Afrika gevind is; oudste fossiele
                                     van Homo erectus en Homo sapiens wat in Afrika gevind is, terwyl die jonger
                                     fossiele is in ander dele van die wêreld gevind is)
                                 Genetiese bewyse: mitochondriale DNS/DNA

                            Tydlyn vir die bestaan van verskillende spesies van die genus Homo en die
                             belangrike kenmerke van elke soort fossiel om die verskille tussen hulle te toon
                            Interpretasie van filogenetiese stambome deur verskillende wetenskaplikes voorge-
                             stel wat die moontlike evolusionêre verwantskappe toon soos wat dit op hominiede
                             evolusie van toepassing is

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe                             18                                      DBE/2021
                                         Eksamenriglyne

5.     SLOT

Hierdie Eksamenriglyne-dokument is bedoel om die assesseringsaspirasies wat in die KABV-
dokument voorgestaan word, te verwoord. Dit is derhalwe nie 'n plaasvervanger van die KABV-
dokument, wat onderwysers vir onderrig moet gebruik, nie.

Kwalitatiewe kurrikulum-dekking, soos uiteengesit in die KABV, kan nie oorbeklemtoon word nie.

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Life Sciences P2 Sept2021 Prep Errata](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-sept2021-prep-errata/489c9171-931e-4a91-a798-55846a1144ba) — Life Sciences · Errata · 2021
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO SEPT2021 Sesotho](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-sept2021-sesotho/83f68bb0-0ec1-4a72-a70a-994a6f9af99e) — Life Sciences · Memo · 2021 · Sesotho
- [LIFE SCIENCES P1 QP SEPT 2021 Xhosa D](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-qp-sept-2021-xhosa-d/bf73c123-831d-499a-9ecd-62ac37eff2bf) — Life Sciences · QP · 2021
- [LIFE SCIENCES P1 QP GR12 SEPT2021 English](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-qp-gr12-sept2021-english/51bdf0cb-548d-43fc-b083-c4f0f664b370) — Life Sciences · QP · 2021 · Eng
- [LIFE SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2021 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-qp-sept2021-afr-d/b7cdfe9c-5e90-4696-bc67-e8fca24f68fe) — Life Sciences · QP · 2021 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 QP GR12 SEPT2021 XHOSA D](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-qp-gr12-sept2021-xhosa-d/f43645b2-00fd-4ad4-bdbe-7bc3201c5a62) — Life Sciences · QP · 2021

## More from Grade 12 Life Sciences

- [Life Sciences Grade 12 NSC QP March 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-qp-march-2025-kzn/b1598f8e-58e0-4c09-b513-b9f61ae73c47) — QP · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-mpumalanga/17b4cc42-641c-4d7d-9c53-6bac113ce83c) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-mpumalanga/be917127-6071-4190-b900-3c475d5bfdd4) — QP · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 QP September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-north-west/9dc29799-a675-40eb-9573-df7341b3572f) — QP · 2025
- [Life Sciences P2 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-may-june-2025-afr/f068fe02-7f70-4bf4-91ad-4ead880d1a88) — QP · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
