# Life Sciences Grade 12 Eastern Cape June 2022 QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences question paper from the Eastern Cape June 2022 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-gr12-qp-june2022-afrikaans/591edbc2-079d-43ce-9a7b-cad0a13b2d0a
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Eastern Cape June
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 Eastern Cape June 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-gr12-qp-june2022-afrikaans/591edbc2-079d-43ce-9a7b-cad0a13b2d0a)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · Eastern Cape June · 2022 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                              GRAAD 12

                             JUNIE 2022

                  LEWENSWETENSKAPPE

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                  Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                  LEWENSWETENSKAPPE                             (EC/JUNIE2022)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.

1.    Beantwoord AL die vrae.

2.    Skryf AL die antwoorde in jou ANTWOORDEBOEK.

3.    Begin ELKE vraag boaan ŉ NUWE bladsy.

4.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

5.    Bied jou antwoorde aan volgens die instruksies van elke vraag.

6.    Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink.

7.    Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.

8.    Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
      NIE.

9.    MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

10.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik
      waar nodig.

11.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE2022)                            LEWENSWETENSKAPPE                                   3

 AFDELING A

 VRAAG 1

 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
     Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
     (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.

       1.1.1     Die sentrale senuweestelsel bestaan uit die ...

                 A    outonome en perifere senuweestelsels.
                 B    kraniale en spinale senuwees.
                 C    simpatiese en parasimpatiese senuwees.
                 D    brein en rugmurg.

       1.1.2     Watter EEN van die volgende behels die ontwikkeling van die kleintjies
                 binne die uterus, van die moeder, waar dit voedingstowwe deur die
                 plasenta ontvang?

                 A    Oviparie
                 B    Viviparie
                 C    Ovoviviparie
                 D    Amniotiese eier

       1.1.3     Waar word spermselle by die mens tydelik gestoor?

                 A    Epididimis
                 B    Vas deferens
                 C    Urienblaas
                 D    Prostaatklier

       1.1.4     ŉ Pasiënt ervaar ligte visuele en spraakversteurings na ŉ ernstige
                 kopbesering. Watter gedeelte van die brein is moontlik beskadig?

                 A    Serebrum
                 B    Serebellum
                 C    Hipotalamus
                 D    Medulla oblongata

       1.1.5     Voorbehoedpille wat swangerskap voorkom, sal waarskynlik hoë
                 vlakke van … bevat.

                 A    LH en estrogeen
                 B    slegs FSH
                 C    slegs progesteroon
                 D    FSH en progesteroon

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                   LEWENSWETENSKAPPE                             (EC/JUNIE2022)

         1.1.6 Die diagram toon die bloedgroepe van individue in ŉ gesin.

                                      A                     B

                             O                A                 AB

                Watter stelling oor die genotipes van die ouers is korrek?

                A      Albei ouers het allele vir bloedgroep A en B.
                B      Albei ouers het die alleel vir bloedgroep O.
                C      Slegs die pa het die alleel vir bloedgroep O.
                D      Slegs die ma het die alleel vir bloedgroep O.

         1.1.7 Watter EEN van die volgende is ŉ effek van die simpatiese
               senuweestelsel?

                A      Verhoogde hartklop
                B      Vernoude pupille
                C      Verlaagde bloeddruk
                D      Sametrekking van die blaaswand

         1.1.8 Die onderstaande tabel toon die persentasie basisse in DNS-
               monsters van verskeie organismes.

                 Bron van DNA             Adenien   Sitosien Guanien         Timien
                 Menslike lewer             30         20      20              Z
                 Hoenderlewer               W          40      40              10
                 Hondelewer                 24         26      24              26
                 Muis-beenmurg              23          X      26              25
                 Sonneblomblaar             10         39      Y               12

                Watter RY in die onderstaande tabel is ŉ korrekte weergawe van die
                ontbrekende datawaardes?

                        W        X           Y         Z
                 A       9       24          38        30
                 B      10       26          39        31
                 C      10       26          39        30
                 D      10       25          38        29

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE2022)                            LEWENSWETENSKAPPE                                    5

       1.1.9     Die diagram toon ŉ gesin waarin sommige lede aan ŉ siekte ly wat
                 deur ŉ resessiewe alleel veroorsaak word.

                                      1    2         Sleutel:

                                                           Man sonder die siekte

                                                           Vrou sonder die siekte
                      3           4            5
                                                           Man met die siekte

                                                           Vrou met die siekte

                     6                7

                 Identifiseer TWEE familielede wat heterosigoties vir die geen moet
                 wees.

                 A       5 en 7
                 B       3 en 6
                 C       2 en 3
                 D       1 en 4

       1.1.10 ŉ Ondersoek is uitgevoer om die vrugbaarheidsvlakke van gesonde
              mans in verskillende ouderdomsgroepe te bepaal.

                 Die prosedure wat gevolg is, was soos volg:
                 • 50 gesonde mans in elk van die volgende ouderdomsgroepe is
                    gevra om deel te neem: 20–29, 30–39, 40–49, 50–59 en 60–69.
                 • Semen is van elk van die mans versamel.
                 • Die aantal aktiewe spermselle teenwoordig in die semen is vir elke
                    man in elke ouderdomsgroep getel en gemiddeldes is bereken.

                 Watter EEN van die volgende is die afhanklike veranderlike in die
                 ondersoek?

                 A       Fiksheidsvlakke van die manne
                 B       Ouderdomsgroepe van die manne
                 C       Aantal aktiewe spermselle
                 D       Hoeveelheid semen                                   (10 x 2)   (20)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                    LEWENSWETENSKAPPE                             (EC/JUNIE2022)

 1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
     Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
     ANTWOORDEBOEK neer.

      1.2.1    Die tipe bevrugting waar die eiers binne die liggaam van die dier
               bevrug word

      1.2.2    ŉ Bloedvat in die naelstring wat voedingstowwe na die fetus vervoer

      1.2.3    Organel buite die kern van dierselle wat DNS bevat

      1.2.4    Die deel van die oor wat klankgolwe na die uitwendige gehoorkanaal
               lei

      1.2.5    Die struktuur in die kop van ŉ sperm wat verteringsensieme bevat

      1.2.6    Die stadium wanneer sekondêre geslagskenmerke by mans en vroue
               ontwikkel

      1.2.7    Die netwerk genetiese materiaal wat tydens interfase in die kern
               aangetref word

      1.2.8    Die tipe eier wat deur reptiele voortgebring word wat ekstra-
               embrioniese membrane bevat                            (8 x 1)                (8)

 1.3 Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I van toepassing is op slegs A, slegs
     B, beide A en B of geeneen van die items in KOLOM II nie. Skryf slegs A,
     slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.3)
     in die ANTWOORDEBOEK neer.

                          KOLOM I                                  KOLOM II
      1.3.1    Het die struktuur van die DNA-            A   Watson en Crick
               molekule ontdek                           B   White en Dart
      1.3.2    Voortplantingstrategie by voëls waar      A   Prekosiële
               broeilinge hulpeloos is en nie in staat   B   Altrisiële
               is om te beweeg en hulself te voed
               nie
      1.3.3    Tipe oorerwing waar beide allele          A   Onvolledige dominansie
               gelyk in die fenotipe uitgedruk word      B   Volledige dominansie
                                                                              (3 x 2)       (6)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE2022)                           LEWENSWETENSKAPPE                                   7

 1.4 Die onderstaande diagram verteenwoordig die resultate van ŉ vaderskap-
     ondersoek. Daar is vasgestel dat die drie kinders, broers en susters was en
     dieselfde biologiese ma deel. Hulle ma is Volwasse B.

       1.4.1     Noem die tegniek wat gebruik word om die resultate hierbo te verkry.     (1)

       1.4.2     Watter EEN van die volwassenes is die kinders se pa?                     (1)

       1.4.3     Gee ŉ rede vir jou antwoord op VRAAG 1.4.2.                              (2)

       1.4.4     Watter van die kinders is ŉ identiese tweeling?                          (2)

       1.4.5     Noem TWEE ander gebruike van die tegniek in VRAAG 1.4.1
                 genoem.                                                                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                     LEWENSWETENSKAPPE                          (EC/JUNIE2022)

 1.5    By konyne is donsige sterte (F) dominant oor nie-donsige sterte (f). Bruin pels
        (B) is dominant oor wit pels (b).Twee konyne wat heterosigoties is vir beide
        eienskappe word gekruis.

        Die Punnet-diagram hieronder toon die moontlike gamete wat deur elke ouer
        geproduseer word.

                                FB         Fb           fB          fb

                      FB       FFBB         X         FfBB         FfBb

                      Fb       FFBb       FFbb         FfBb        Ffbb

                      fB       FfBB       FfBb         ffBB          Y

                       fb      FfBb       Ffbb         ffBb         ffbb

        1.5.1   (a)   Noem die tipe kruising wat hierbo voorgestel word.                    (1)

                (b)   Gee ŉ rede vir jou antwoord op VRAAG 1.5.1(a).                        (1)

        1.5.2   Hoeveel van die nageslag/nakomelinge het nie-donsige sterte en wit
                pels?                                                                       (1)

        1.5.3   Gee die genotipe van die ouerkonyne wat gekruis is.                         (1)

        1.5.4   Identifiseer die:

                (a)   Fenotipe van nageslag/nakomelinge X                                   (1)

                (b)   Genotipe van nageslag/nakomelinge Y                                   (1)

        1.5.5   Gee die persentasie van die nageslag wat donsige sterte sal hê.             (2)

                                                              TOTAAL AFDELING A:            50

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE2022)                              LEWENSWETENSKAPPE                                  9

AFDELING B

VRAAG 2

2.1    Die onderstaande diagram stel een string van ŉ DNS-molekule voor.

                                                  Y                             Z

            T          A         C      A         A    G                 C
                                                                 A                  G

       2.1.1     Identifiseer:

                 (a)   Suiker Y                                                              (1)

                 (b)   Molekuul Z                                                            (1)

       2.1.2     Beskryf die proses waardeur DNS ŉ kopie van homself maak.                   (6)

       2.1.3     Die tabel hieronder toon die bRNS-kodons en die aminosure waarvoor
                 hulle kodeer.

                                     bRNS-kodon                Aminosuur
                                        AAG                       Lys
                                        AGU                       Ser
                                        AUG                       Met
                                        UAC                       Tyr
                                        UCA                       Ser
                                        UGC                       Cys
                                        UUC                       Phe

                 Gebruik die tabel hierbo om die korrekte volgorde van aminosure wat
                 van links na regs gekodeer is deur die DNS-string hierbo neer te skryf.     (3)

       2.1.4     Tydens DNS-replisering het ŉ mutasie plaasgevind in die eerste DNS-
                 drietal van die DNS-molekule wat hierbo getoon is, en het TAC na TTC
                 verander.

                 Beskryf die effek van hierdie mutasie op die proteïen wat gevorm word.      (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                      LEWENSWETENSKAPPE                      (EC/JUNIE2022)

 2.2 Die diagram toon ŉ paar homoloë chromosome.

                                                                   1

                                    E              E

                                                               2

                                    a              A

                                    B              B

                                    D              d

      2.2.1 Identifiseer:

              (a)     Posisie 1                                                           (1)

              (b)     Struktuur 2                                                         (1)

      2.2.2 Noem of ŉ individu met hierdie chromosome homosigoties of
            heterosigoties is met betrekking tot die geen wat as A voorgestel word.       (1)

      2.2.3 Gee ŉ rede vir jou antwoord in VRAAG 2.2.2.                                   (1)

      2.2.4 Verduidelik waarom hierdie homoloë chromosome soortgelyk is maar
            nie identies is nie.                                                          (3)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE2022)                            LEWENSWETENSKAPPE                                    11

 2.3 Die diagram toon sommige van die stadiums in menslike voortplanting, van
     ovum (eier) tot fetus.

                                                                           Fetus
           ovum

            1               2                  3           4               5

       2.3.1     Identifiseer voortplantingstruktuur by:

                 (a)    3                                                                      (1)

                 (b)    4                                                                      (1)

       2.3.2     Noem die proses wat by stadium 2 plaasvind.                                   (1)

       2.3.3     Waar in die liggaam vind die proses by stadium 2 plaas?                       (1)

       2.3.4     Beskryf die proses wat verantwoordelik is vir die vorming van die
                 voortplantingsel wat in stadium 1 gewys word.                                 (6)

       2.3.5     Beskryf TWEE maniere waarop die fetus beskerm word.                           (2)

 2.4 ‘Piebaldisme’ is ŉ genetiese toestand wat gekenmerk word deur ŉ persoon met
     ŉ wit streep in hul hare. ‘Piebaldisme’ word beheer deur ŉ enkele dominante
     alleel (H).

       Die diagram hieronder toon ŉ persoon met ‘piebaldisme’.

       ŉ Man met ŉ wit streep in sy hare en ŉ vrou met ŉ wit streep in haar hare het
       twee kinders:
       - Die eerste kind is sonder ŉ wit streep in sy hare gebore.
       - Die tweede kind is met ŉ wit streep in sy hare gebore

       Gebruik ŉ genetiese kruising om die moontlikheid te toon om kinders, met die
       fenotipes wat hierbo beskryf word, te produseer.                                        (6)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                  LEWENSWETENSKAPPE                         (EC/JUNIE2022)

 2.5 Die diagram toon die chromosome in een menslike sel.

                      1        2        3       4         5         6

                      7        8       9        10        11       12

                       13      14      15       16        17      18

                      19      20        21      22        XX

      2.5.1    Noem die tipe diagram hierbo getoon.                                      (1)

      2.5.2    Identifiseer die chromosome gemerk 1–22.                                  (1)

      2.5.3    Noem of die individu wat getoon word ŉ man of ŉ vrou is.                  (1)

      2.5.4    Gee ŉ rede vir jou antwoord op VRAAG 2.5.3.                               (2)

      2.5.5    Beskryf hoe hierdie menslike sel opgeëindig het met die aantal
               chromosome wat by posisie 21 gewys word.                                 (5)
                                                                                       [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE2022)                           LEWENSWETENSKAPPE                                13

 VRAAG 3

 3.1 Die onderstaande diagram verteenwoordig ŉ fase tydens meiose.

                                                                     W

                                                                    X

       3.1.1     Identifiseer strukture gemerk:

                 (a)   W                                                                  (1)

                 (b)   X                                                                  (1)

       3.1.2     Identifiseer die fase wat getoon word.                                   (1)

       3.1.3     Gee ŉ rede vir jou antwoord in VRAAG 3.1.2.                              (1)

       3.1.4     Noem die aantal chromosome wat elke dogtersel aan die einde van
                 meiose sal bevat.                                                        (1)

       3.1.5     Gee bewyse uit die diagram wat aandui dat die resulterende
                 dogterselle geneties verskillend sal wees.                               (1)

       3.1.6     Verduidelik die belangrikheid daarvan dat die dogterselle geneties
                 verskil.                                                                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                 LEWENSWETENSKAPPE                          (EC/JUNIE2022)

 3.2 Die onderstaande grafiek toon die veranderinge in die vlakke van hormone
     tydens die menstruele siklus van ŉ vrou.

                                                                  Sleutel
                                            B                           X
                                                                        Y
                         A                                              Z

       Hormoon                                                          Estrogeen
       vlak

                     0         7          14            21           28
                                      Tyd (in dae)

      3.2.1 Identifiseer die gebeurtenisse in die menstruele siklus gemerk:

              (a)        A                                                               (1)

              (b)        B                                                               (1)

      3.2.2 Noem die hormoon:

              (a)        X                                                               (1)

              (b)        Z                                                               (1)

      3.2.3 Noem die funksie van hormoon X.                                              (1)

      3.2.4 Verduidelik die effek van die afname in die vlak van hormoon Z tot die
            vlak wat in die grafiek hierbo getoon word.                                  (5)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE2022)                           LEWENSWETENSKAPPE                                  15

 3.3 Die onderstaande diagram toon ŉ deel van die menslike oor.

       3.3.1     Gee die LETTER en NAAM van die deel wat:

                 (a)    Die druk tussen die buitenste oor en die middeloor balanseer        (2)

                 (b)    Oortollige drukgolwe in die binneoor absorbeer                      (2)

       3.3.2     Gee ŉ funksie van die deel gemerk F.                                       (1)

       3.3.3     Verduidelik die belangrikheid van die rangskikking van die strukture
                 gemerk A.                                                                  (3)

 3.4 Beskryf die pad van ŉ impuls in ŉ refleksboog tydens ŉ refleksaksie.                   (7)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                   LEWENSWETENSKAPPE                          (EC/JUNIE2022)

 3.5 Wetenskaplikes het die effek van ouderdom op die fokusafstand van die oog
     ondersoek.

      Die metode wat hulle gebruik het, word hieronder beskryf:
      • Vrywilligers van verskillende ouderdomme se oë is getoets
      • Drie individue van elke geselekteerde ouderdom is gebruik
      • Elke vrywilliger is gevra om uit ŉ boek te lees
      • Die boek is nader aan hul oë geskuif
      • Toe die woorde uit fokus geraak het, is die afstand aangeteken

      Die resultate van die ondersoek word in die tabel hieronder getoon:

                                        Afstand (mm)                   Gemiddelde
       Ouderdom van       Individu 1     Individu 2  Individu 3          afstand
        vrywilligers                                                      (mm)
            40                 256            261           257            258
            45                 282            275           280            279
            50                 292            301           297             X
            55                 311            309           307            309

      3.5.1    Bereken die gemiddelde afstand vir die vrywilligers van 50 jaar wat as
               X in die tabel aangedui word.                                               (3)

      3.5.2    (a)    Noem die proses waardeur die oog ŉ duidelike beeld kan vorm
                      wanneer die boek nader aan die oë van die individue beweeg
                      word.                                                                (1)

               (b)    Beskryf die proses in VRAAG 3.5.2(a) genoem.                         (5)

      3.5.3    Gebruik die data in die tabel om ŉ staafgrafiek te teken wat die
               gemiddelde fokusafstand van vrywilligers van 40, 45 en 55 jaar toon.        (6)

      3.5.4    Noem die gevolgtrekking van hierdie ondersoek.                             (2)
                                                                                         [50]

                                                            TOTAAL AFDELING B:           100
                                                                GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

## Related documents

- [LIFE SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-memo-sept2022-afrikaans/7cca7322-63ed-4fb0-a67b-5df57d647597) — Life Sciences · Memo · 2022 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/4c141cfe-8e69-4401-8dd4-97d64de4938a) — Life Sciences · QP · 2020 · Afr
- [LIFE SCIENCES P1 QP SEPT2019 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-qp-sept2019-afrikaans-final/507e9f66-d103-4b88-8f92-e9436c3a40aa) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P1 (Afrikaans) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/6ca916a7-2250-4497-9409-7188154ce36b) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/ef93fd9a-8d6c-457f-9666-9b77ed91aae4) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-qp-sept2017-afrikaans/bf87cb58-23d4-4b06-adf5-25fd58ae662a) — Life Sciences · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
