# Life Sciences Grade 12 P1 NSC Supplementary 2016 QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 1 question paper from the NSC Supplementary Exam 2016 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-feb-march-2016-afr/db09420c-1fce-4269-91ad-856c0250ae46
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P1 NSC Supplementary 2016 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-feb-march-2016-afr/db09420c-1fce-4269-91ad-856c0250ae46)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2016. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                           LEWENSWETENSKAPPE V1

                             FEBRUARIE/MAART 2016

PUNTE: 150

TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                        2                            DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                           NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae begin beantwoord.

1.       Beantwoord AL die vrae.

2.       Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan.

6.       ALLE sketse moet met potlood gemaak word en die byskrifte met blou of
         swart ink.

7.       Teken diagramme, vloeidiagramme of tabelle slegs wanneer dit gevra word.

8.       Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
         NIE.

9.       MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

10.      Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
         waar nodig.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                                   3                      DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                                      NSS

AFDELING A
VRAAG 1
1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommer
         (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.
         1.1.1        Die mikroskopiese spasie tussen twee aangrensende neurone
                      is 'n …
                      A       akson.
                      B       dendriet.
                      C       sinaps.
                      D       selliggaam.
         1.1.2        Die volgende is 'n lys funksies wat deur verskillende organe in 'n
                      organisme uitgevoer word:
                      (i)         Beskerming
                      (ii)        Gaswisseling
                      (iii)       Voeding
                      (iv)        Ekskresie
                      Watter EEN van die volgende kombinasies verwys na die funksies
                      wat deur dele van die amniotiese eier uitgevoer word?
                      A       Slegs (i), (ii) en (iii)
                      B       Slegs (i), (iii) en (iv)
                      C       Slegs (ii), (iii) en (iv)
                      D       (i), (ii), (iii) en (iv)
         1.1.3        'n Ondersoek is uitgevoer om die uitwerking van alkohol op
                      'n persoon se reaksietyd te bepaal.
                      Reaksietyd is gemeet deur die tyd wat dit geneem het om 'n liniaal
                      te vang.
                      Die prosedure was soos volg:
                         Die persoon se reaksietyd is eers in 'n kamer met helder lig
                          gemeet.
                         Die persoon het toe 200 mℓ alkohol gekry om te drink.
                         Die persoon se reaksietyd is na 15 minute die tweede keer
                          gemeet terwyl hy/sy in 'n kamer met dowwe lig was.
                         Tien lesings is elke keer aangeteken en 'n gemiddeld is
                          bereken.
                      Hoe is die geldigheid van hierdie ondersoek verminder?
                      A       Die persoon se reaksietyd is die eerste keer in die afwesigheid
                              van alkohol gemeet.
                      B       Reaksietyd is gemeet deur die tyd wat dit geneem het om 'n
                              liniaal te vang.
                      C       Reaksietyd is in verskillende ligtoestande gemeet.
                      D       Slegs tien lesings is aangeteken.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                                         4                        DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                                            NSS

         1.1.4                         Watter EEN van die volgende verteenwoordig die KORREKTE
                                       kombinasie van 'n visuele gebrek, die aard daarvan en die
                                       regstellende maatreël?

                                               VISUELE       AARD VAN GEBREK       REGSTELLENDE
                                               GEBREK                                 MAATREËL
                                   A       Katarakte         Kromming van die lens Bikonkawe lense
                                                             is onewe
                                   B       Bysiendheid       Lens kan nie minder   Bikonkawe lense
                                                             konveks word nie
                                   C       Astigmatisme      Lens kan nie meer     Chirurgie
                                                             konveks word nie
                                   D       Versiendheid      Lens vertroebel en    Bikonkawe lense
                                                             word dof/ondeursigtig

         1.1.5                         Die grafiek hieronder toon die kromming van die menslike lens
                                       wanneer voorwerpe op verskillende afstande besigtig word.

                                  80

                                  70

                                  60

            Kromming van lens
                                  50

                                  40

                                  30

            (Arbitrêre eenhede)
                                  20

                                  10

                                   0
                                                1            2               3            4
                                                                 Voorwerpe

                                       Watter EEN van die volgende voorwerpe is die naaste aan die
                                       menslike oog?

                                       A   1
                                       B   2
                                       C   3
                                       D   4

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                                            5                            DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                                               NSS

                        1.1.6        Die grafiek hieronder toon die uitwerking van verskillende
                                     konsentrasies gibberelliene op die ontkieming van sade.

                                         Persentasie saadontkieming in verskillende
                                                konsentrasies gibberelliene
                        100
                         90
                         80

       Ontkieming (%)
                         70
                         60
                                                                                               1000 mg/ℓ
                         50
                                                                                               1500 mg/ℓ
                         40
                                                                                               500 mg/ℓ
                         30
                                                                                               0 mg/ℓ
                         20
                         10
                          0
                                1   2 3     4 5    6    7 8 9 10 11 12 13 14 15
                                                       Tyd (dae)

                                                                              [Aangepas uit HortScience 44(3)]

                                     Een moontlike gevolgtrekking wat uit die resultate hierbo gemaak
                                     kan word, is dat die …
                                     A     gibberellienkonsentrasie geen uitwerking op die ontkieming
                                           van die sade het nie.
                                     B     hoogste persentasie saadontkieming teen 'n gibberellien-
                                           konsentrasie van 1 500 mg/ℓ plaasvind.
                                     C     hoogste persentasie saadontkieming teen 'n gibberellien-
                                           konsentrasie van 1 000 mg/ℓ plaasvind.
                                     D     laagste persentasie saadontkieming teen 'n gibberellien-
                                           konsentrasie van 1 000 mg/ℓ plaasvind.

                        1.1.7        'n Tuinier verwyder gereeld die apikale knoppe van 'n roosboom in
                                     haar tuin. Die gevolg is dat die roosboom …
                                     A     meer sytakke sal produseer.
                                     B     hoër sal groei.
                                     C     dieselfde grootte sal bly.
                                     D     minder rose sal produseer.

                        1.1.8        Een van die gevare van opvullingsterreine is die kontaminasie van
                                     ondergrondse waterbronne. Dit word voorkom deur die …
                                     A     vullis met 'n laag grond te bedek.
                                     B     afval te kompakteer sodat water dit nie kan binnedring nie.
                                     C     grond met water te bespuit om stofvlakke te onderdruk.
                                     D     opvullingsterrein met 'n ondeurdringbare sperlaag uit te voer.

Kopiereg voorbehou                                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                                                 6                                  DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                                                    NSS

         1.1.9          Die volgende is 'n lys faktore wat deur aardverwarming beïnvloed
                        word:

                           (i)                  Veldbrande
                           (ii)                 Biodiversiteit
                           (iii)                Droogte
                           (iv)                 Oorstromings

                        Watter EEN van die volgende kombinasies vergroot/vermeerder as
                        gevolg van aardverwarming?

                        A                   Slegs (i), (ii) en (iii)
                        B                   Slegs (i), (iii) en (iv)
                        C                   Slegs (ii), (iii) en (iv)
                        D                   (i), (ii), (iii) en (iv)

         1.1.10         Die grafiek hieronder toon veranderinge in die hoeveelheid
                        DNS/DNA wat vir 'n tydperk van 36 uur in 'n sel teenwoordig is.

                                                                                  V         W

                     Hoeveelheid DNS/DNA

                                                                                                    Y

                      (arbitrêre eenhede)
                                                 T                            U         X

                                                                                                Z

                                                                          Tyd (uur)

                                                                                  [Aangepas uit www.slideshare.net]

                        Watter EEN van die volgende dele van die grafiek stel interfase
                        voor?

                        A                   T tot V
                        B                   W tot X
                        C                   V tot Y
                        D                   X tot Z                                                            (10 x 2)       (20)

Kopiereg voorbehou                                                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                          7                            DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                             NSS

1.2      Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
         Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.8) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.2.1        'n Tipe voortplanting by mense waar die fetus binne die uterus
                      ontwikkel

         1.2.2        Strukture wat slegs in dierselle gevind word wat gedurende
                      selverdeling die spoel vorm

         1.2.3        Die beweging van 'n deel van 'n plant in reaksie op swaartekrag

         1.2.4        Die hoeveelheid koolstofdioksied wat deur 'n individu per
                      tydeenheid as gevolg van sy/haar aktiwiteite geproduseer word

         1.2.5        Die stadium by mense wanneer manlike en vroulike individue
                      geslagsrypheid bereik

         1.2.6        'n Verandering in die interne of eksterne omgewing wat deur 'n
                      reseptor waargeneem sal word en na 'n impuls omgeskakel sal
                      word

         1.2.7        Klein buisies wat in die timpaniese membraan geplaas word om
                      vloeistof uit die middeloor te dreineer

         1.2.8        Die deel van die menslike oor wat klankgolwe na die gehoorkanaal
                      lei                                                       (8 x 1)              (8)

1.3      Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op
         SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in
         KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
         vraagnommer (1.3.1 tot 1.3.4) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                            KOLOM I                                  KOLOM II
         1.3.1        'n Tipe ontwikkeling by voëls    A:   Prekosiële ontwikkeling
                      waar die nageslag by geboorte    B:   Altrisiële ontwikkeling
                      swak ontwikkel is en hulleself
                      dus nie kan voed nie
         1.3.2        Vorm die plasenta                A:   Chorioniese villi
                                                       B:   Endometrium
                      Die toestand van die bloedvate   A:   Vernou
         1.3.3
                      in die menslike vel wanneer      B:   Verwyd
                      die omgewingstemperatuur
                      hoog is
                      Om te alle tye toegang tot       A:   Monokultuur
         1.3.4
                      genoeg kos van hoë gehalte       B:   Eutrofikasie
                      te hê
                                                                                       (4 x 2)       (8)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                         8                          DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                            NSS

1.4      Die diagram hieronder stel 'n gedeelte van die manlike voortplantingstelsel
         voor.

                         D

                         C

                         B

                                                                    E
                         A

         1.4.1        Gee die LETTER en NAAM van die deel wat:

                     (a) By kopulasie gebruik word                                            (2)

                     (b) Testosteroon produseer                                               (2)

         1.4.2        Gee SLEGS die LETTERS van die TWEE dele in die diagram wat:

                     (a) Tot die vorming van semen bydra                                      (2)

                     (b) 'n Kanaal vir die spermselle verskaf                                 (2)
                                                                                              (8)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                          9                       DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                             NSS

1.5        Die diagram hieronder toon 'n refleksboog.

                                B                  C

                                                                                  D

       A

                                                                                  E

                                             F

           1.5.1      Gee SLEGS die LETTER van die deel wat die volgende
                      verteenwoordig:

                     (a) Effektor                                                           (1)

                     (b) Interneuron/Verbindingsneuron                                      (1)

                     (c) Sensoriese neuron                                                  (1)

           1.5.2      Gee die LETTER en NAAM van die neuron in die diagram wat
                      waarskynlik beskadig is indien 'n persoon die stimulus kan
                      waarneem, maar nie daarop kan reageer nie.                            (2)

           1.5.3      Noem of die senuwee-impuls van D na E of van E na D beweeg.           (1)
                                                                                            (6)

                                                             TOTAAL AFDELING A:             50

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                              10                          DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                                 NSS

AFDELING B

VRAAG 2

2.1      Die diagram hieronder stel 'n deel van die menslike oor voor.

                                                                     B

                     A
                                                                                   C

                                                                                   D

         2.1.1           Identifiseer deel:

                         (a)   A                                                                        (1)

                         (b)   D                                                                        (1)

         2.1.2           Noem die reseptore wat in deel B gevind word.                                  (1)

         2.1.3           Verduidelik die gevolg vir die menslike liggaam indien:

                         (a)   Deel C beskadig word                                                     (2)

                         (b)   Deel A verhard                                                           (2)
                                                                                                        (7)

2.2      Verduidelik waarom mense met middeloorontsteking gewoonlik aangeraai
         word om nie per vliegtuig te reis nie.                                                         (4)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                          11                               DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                             NSS

2.3      'n Ondersoek is uitgevoer om die verhouding tussen die ouderdomme van
         vroue, die getal swangerskappe per maand en die kanse op miskrame te
         bepaal.

         Die resultate van die ondersoek word in die tabel hieronder getoon.

                 OUDERDOMME           SWANGERSKAPPE                MISKRAME
                  VAN VROUE            PER MAAND (%)                  (%)
                      22                    25                         10
                      28                    24                         11
                      34                    18                         15
                      40                     6                         24
                      46                     2                         50
                                        [Aangepas uit http://www.children.gov.on.ca]

         2.3.1        Teken 'n lyngrafiek om die verhouding tussen die ouderdomme van
                      die vroue en die persentasie swangerskappe per maand te toon.                   (6)

         2.3.2        Beskryf die verhouding wat bestaan tussen die ouderdomme van
                      vroue en die kanse dat hulle miskrame sal hê.                                   (2)

         2.3.3        Volgens die data bekom, indien daar 12 swanger vroue is wat
                      46 jaar oud is, hoeveel van hulle sal waarskynlik 'n miskraam hê?
                      Toon ALLE bewerkings.                                                           (2)
                                                                                                      (10)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                          12                         DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                             NSS

2.4      Lees die uittreksel hieronder.

         Anele het uitgevind dat sy littetekenweefsel het wat beide haar Fallopiese
         buise blokkeer en daarom sou sy nie 'n baba kon hê nie. Sy het besluit om
         in vitro-bevrugting (IVB) te probeer.

         Die IVB-prosedure is soos volg uitgevoer:
          Anele het hormoonaanvullings gekry om ova-produksie in die ovariums te
             stimuleer.
          Die ryp ova is daarna ingesamel en in 'n proefbuis geplaas.
          Haar lewensmaat is gevra om sy semen in 'n spesiale houer te stort.
          Die ova en die semen is in 'n proefbuis gemeng.
          Die morulas wat na 'n paar dae ontwikkel het, is in Anele se uterus
             geplaas.

         Die diagram hieronder stel die prosedure wat gevolg is, voor.

                                                                          Ovum

                                                    Morula

                                                                             Sperms

         2.4.1        Verduidelik waarom Anele se toestand voorkom het dat sy
                      swanger raak.                                                             (2)

         2.4.2        Noem EEN hormoon wat:

                      (a)   Aan Anele gegee is om te verseker dat ova in die ovariums
                            geproduseer word                                                    (1)

                      (b)   Deur die ontwikkelende follikels in die ovariums geproduseer
                            is, soos wat die ova ryp geword het                                 (1)

         2.4.3        Beskryf die gebeure wat na bevrugting in die proefbuis plaasvind,
                      totdat 'n blastosist gevorm word.                                         (4)

         2.4.4        Verduidelik EEN moontlike gevolg vir die ontwikkelende embrio
                      indien die corpus luteum onmiddellik na inplanting disintegreer.          (3)
                                                                                                (11)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                         13                         DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                            NSS

2.5      Die diagramme hieronder toon twee fases van meiose in 'n diersel.

                     DIAGRAM A                                   DIAGRAM B

         2.5.1        Identifiseer die fase wat deur DIAGRAM B voorgestel word.               (1)

         2.5.2        Verduidelik waarom die homoloë chromosome in DIAGRAM B
                      'n mengsel van genetiese materiaal van elke chromosoom bevat.           (2)

         2.5.3        Noem die fase wat op die een wat in DIAGRAM A voorgestel word,
                      sal volg.                                                               (1)

         2.5.4        Beskryf die gebeure wat plaasvind in die fase wat in VRAAG 2.5.3
                      genoem word.                                                            (3)

         2.5.5        Noem EEN plek waar meiose in 'n man plaasvind.                          (1)
                                                                                              (8)
                                                                                              [40]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                            14                        DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                               NSS

VRAAG 3

3.1      Die diagram hieronder stel een deel van die negatiewe-terugkoppeling-
         reaksie voor wat plaasvind wanneer 'n mens gedehidreer is.

         Die afname in bloedvolume, as gevolg van die oormatige waterverlies, word
         deur die brein waargeneem.

                                          Hormoon X        Teikenorgaan          Reaksie

         3.1.1        Identifiseer die:

                      (a)   Hormoon X                                                           (1)

                      (b)   Endokriene klier wat hormoon X afskei                               (1)

                      (c)   Teikenorgaan                                                        (1)

         3.1.2        Beskryf die negatiewe-terugkoppeling-reaksie wat plaasvind
                      wanneer 'n persoon gedehidreer is, nadat dit deur die brein
                      waargeneem is.                                                            (4)
                                                                                                (7)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                                        15                         DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                                           NSS

3.2      Sommige mense met tipe I-diabetes is nie in staat om insulien te produseer
         nie en daarom moet hulle gereeld ingespuit word (insulien-afhanklik).

         'n Ondersoek is uitgevoer om die werking van twee tipes insulien (A en B)
         te bepaal. Die glukoseopnametempo van selle, wanneer elke tipe insulien
         gebruik word, is met verloop van tyd gemeet.

                                    Glukoseopname onder die invloed van Insulien A en
                                                 Insulien B in 24 uur
                                8

           Glukoseopnametempo
                                7
                                6
                                5
                                4
                                                                                         Insulien A

                (mg/kg/min)
                                3
                                                                                         Insulien B
                                2
                                1
                                0
                                    0       5       10      15        20       25
                                                     Tyd (uur)

                                                                        [Aangepas uit www.webmed.com]

         3.2.1                      Noem die menslike orgaan wat insulien produseer.                          (1)

         3.2.2                      Gebruik die inligting in die grafiek en noem TWEE verskille in die
                                    werking van insulien A en insulien B.                                     (4)
                                                                                                              (5)

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                           16                       DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                              NSS

3.3      'n Ondersoek is uitgevoer om die uitwerking van verskillende hoeveelhede
         tiroksien op die liggaamsgewig van rotte te bepaal.

         Die prosedure was soos volg:

             45 gesonde vroulike rotte van dieselfde spesie is gebruik.
             Hulle is in drie groepe van 15 elk (Groep A, B en C) ingedeel.
             Hulle gemiddelde liggaamsgewig is bepaal en aangeteken.
             Groep A is daagliks met metimosool ingespuit wat tiroksienproduksie by
              rotte inhibeer.
             Groep B is daagliks met DL-tiroksien ingespuit wat die produksie van
              meer tiroksien as onder normale toestande by rotte stimuleer.
             Groep C het geen behandeling ontvang nie.
             Al drie groepe is vir 2 maande aan die toestande hierbo blootgestel.
             Die gemiddelde liggaamsgewig van al die groepe is weekliks bepaal.

         3.3.1        In die ondersoek identifiseer die:

                      (a)   Onafhanklike veranderlike                                          (1)

                      (b)   Afhanklike veranderlike                                            (1)

         3.3.2        Noem DRIE faktore wat gedurende die ondersoek konstant gehou
                      is.                                                                      (3)

         3.3.3        Watter groep rotte (A, B of C) sal na verwagting die meeste gewig
                      optel?                                                                   (1)

         3.3.4        Verduidelik jou antwoord op VRAAG 3.3.3.                                 (3)

         3.3.5        By watter groep rotte (A, B of C) sal die TSH-vlakke in die bloed
                      laag wees?                                                               (1)

         3.3.6        Verduidelik jou antwoord op VRAAG 3.3.5.                                 (2)
                                                                                               (12)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                         17                            DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                            NSS

3.4      Lees die uittreksel hieronder.

                                WATERKRISIS IN SUID-AFRIKA

         Die invloed van die waterskaarste sal binnekort een van Suid-Afrika se
         grootste probleme wees. 'n Provinsie moes onlangs die watertoevoer afskakel
         omdat die damme 'so naby aan die rand' was. Daar word genoem dat mense
         meer water gebruik as wat beskikbaar is; die aanvraag is meer as die
         aanbod.

         Ongeveer 37% van die skoon, drinkbare water word deur swak infrastruktuur
         (pype wat lek, krane wat drup) en vermorsing verloor. Ongeveer 60% word vir
         besproeiing gebruik.

         Nywerhede en myne dra ook tot die waterkrisis by deur besoedeling van ons
         watermassas. Hulle genereer skadelike afval wat soms in watermassas
         gestort word en suur mynwater veroorsaak. Die invloed van
         klimaatsverandering dra ook tot die waterkrisis by.

         Daar is voorgestel dat Suid-Afrika saam met buurlande moet werk om
         oplossings te kry. 'n Voorbeeld is dat landbouprodukte in buurlande met 'n
         hoër reënval aangeplant word en dan voer Suid-Afrika hierdie produkte in.

                                           [Aangepas uit mg.co.za/article en www.news24.com]

         3.4.1        Verwys na die uittreksel en noem TWEE oorsake van die
                      waterkrisis wat Suid-Afrika in die gesig staar.                             (2)

         3.4.2        Noem hoe die invoer van landbouprodukte uit buurlande
                      Suid-Afrika se waterkrisis sal laat afneem.                                 (1)

         3.4.3        Verduidelik hoe die afskakel van die watertoevoer nywerhede sal
                      beïnvloed wat van water afhanklik is.                                       (2)

         3.4.4        Die Suid-Afrikaanse regering kan moontlik die waterkrisis oplos
                      deur die koste van water te verhoog.

                      Stel TWEE maniere voor waarop hierdie oplossing kan help om die
                      waterkrisis te laat afneem.                                                 (2)
                                                                                                  (7)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                            18                        DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                               NSS

3.5      Uitheemse indringerplante kan omgewingsprobleme in 'n gebied veroorsaak.

         3.5.1        Verduidelik die invloed van uitheemse indringerplante op:

                      (a)   Voedselsekerheid                                                   (3)

                      (b)   Waterbeskikbaarheid                                                (2)

         3.5.2        Verduidelik EEN NADEEL daarvan om uitheemse indringerplante
                      met gebruik van die volgende metodes te beheer:

                      (a)   Biologiese metode                                                  (2)

                      (b)   Meganiese metode                                                   (2)
                                                                                               (9)
                                                                                               [40]

                                                                TOTAAL AFDELING B:             80

AFDELING C

VRAAG 4

Plante en diere is albei daartoe in staat om lig waar te neem en daarop te reageer.

Verduidelik hoe stingels van plante op eensydige lig reageer en beskryf die pad van lig
deur die menslike oog totdat dit in 'n impuls omgeskakel word.
                                                                               Inhoud:         (17)
                                                                              Sintese:         (3)
                                                                                               (20)

LET WEL:         GEEN punte sal vir antwoorde in die vorm van vloeidiagramme, tabelle
                 of diagramme toegeken word NIE.

                                                                TOTAAL AFDELING C:             20
                                                                    GROOTTOTAAL:               150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Life Sciences P1 Feb March 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-feb-march-2016-eng/1289bece-5f76-4cc1-912c-95fa7f8270ac) — Life Sciences · QP · 2016 · Eng
- [Grade 12 NSC Life Sciences P1 10832 (Afrikaans) Preperatory 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-10832-afrikaans-preperatory-2016-question-paper/f3d96818-aad0-4820-91c5-b7b9cea1287f) — Life Sciences · QP · 2016 · Afr
- [Life Sciences P1 May June 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-may-june-2016-eng/4addd979-3df3-4173-8efe-c084d7b2b2d0) — Life Sciences · QP · 2016 · Eng
- [Life Sciences P1 Nov 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2016-eng/f9972eee-7003-48cf-abd1-093a89c505c4) — Life Sciences · QP · 2016 · Eng
- [Life Sciences P2 Feb March 2016 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-feb-march-2016-memo-eng/f26c26e8-9a6f-40ce-9cdf-2296b0af028f) — Life Sciences · Memo · 2016 · Eng
- [Life Sciences P2 Feb March 2016 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-feb-march-2016-memo-afr/53779821-f25b-4aba-9f2a-b868578454de) — Life Sciences · Memo · 2016 · Afr

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
