# Life Sciences Grade 12 P1 NSC Supplementary 2017 QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 1 question paper from the NSC Supplementary Exam 2017 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-feb-march-2017-afr/a43ab4eb-6cf2-4f66-a4a2-fb350b67a3ac
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P1 NSC Supplementary 2017 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-feb-march-2017-afr/a43ab4eb-6cf2-4f66-a4a2-fb350b67a3ac)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2017. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  GRAAD 12

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                          LEWENSWETENSKAPPE V1

                            FEBRUARIE/MAART 2017

PUNTE: 150

TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Lewens wetenskappe/V1                       2                            DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                           NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae begin beantwoord.

1.       Beantwoord AL die vrae.

2.       Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan.

6.       Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink.

7.       Teken diagramme, vloeidiagramme of tabelle slegs wanneer dit gevra word.

8.       Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
         NIE.

9.       MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

10.      Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
         waar nodig.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Lewens wetenskappe/V1                              3                      DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                                  NSS

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Skryf die vraagnommer (1.1.1–1.1.10) neer, kies die antwoord en maak
         'n kruisie (X) oor die letter (A–D) van jou keuse in die ANTWOORDEBOEK.

         VOORBEELD:

          1.1.11          A             B          C     D

         1.1.1        Nadat die spermselle in die mens geproduseer is, word hulle tot
                      rypwording in die … gestoor.

                      A       penis
                      B       uretra
                      C       epididimis
                      D       semenvesikels

         1.1.2        Watter EEN van die volgende dele in die diagram van 'n spermsel
                      bevat 'n haploïede getal chromosome?

                                              1                   3
                                                             2        4

                      A       1
                      B       2
                      C       3
                      D       4

         1.1.3        Watter EEN van die volgende planthormone is vir die ontkieming
                      van sade verantwoordelik?

                      A       Groeihormoon
                      B       Absisiensuur
                      C       Gibberellien
                      D       Ouksien

         1.1.4        Die fase in meiose wanneer individuele sentromere verdeel, word
                      … genoem.

                      A       anafase I
                      B       anafase II
                      C       metafase I
                      D       metafase II

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Lewens wetenskappe/V1                         4                          DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                             NSS

         1.1.5        Wanneer Jane in die sneeu speel, behou haar liggaam 'n
                      konstante interne temperatuur deur …

                      A   vasodilasie en te sweet.
                      B   vasokonstriksie en te bewe.
                      C   te sweet en te bewe.
                      D   vasokonstriksie en vasodilasie.

         1.1.6        Watter EEN van die volgende hormone sal die menslike liggaam
                      voorberei om op noodsituasies te reageer?

                      A   Insulien
                      B   Aldosteroon
                      C   Adrenalien
                      D   Groeihormoon

         VRAAG 1.1.7 EN 1.1.8 VERWYS NA DIE ONDERSOEK HIERONDER.

         'n Ondersoek is uitgevoer om die vrugbaarheidsvlakke by gesonde mans van
         verskillende ouderdomsgroepe te bepaal.

         Die prosedure wat gevolg is, was soos volg:

         •    50 gesonde mans in elk van die volgende ouderdomsgroepe is gevra om
              deel te neem: 20–29, 30–39, 40–49, 50–59 en 60–69.
         •    Semen is by elk van die mans verkry.

         Die getal aktiewe spermselle teenwoordig in die semen is vir elke man in elke
         ouderdomsgroep getel en gemiddeldes is bereken.

         1.1.7        Watter EEN van die volgende is die afhanklike veranderlike vir die
                      ondersoek?

                      A   Fiksheidsvlakke van die mans
                      B   Ouderdomsgroepe van die mans
                      C   Getal aktiewe spermselle
                      D   Hoeveelheid semen

         1.1.8        Watter EEN van die volgende veranderlikes is tydens hierdie
                      ondersoek konstant gehou?

                      A   Getal deelnemers in elke ouderdomsgroep
                      B   Vrugbaarheidsvlakke van die mans in elke ouderdomsgroep
                      C   Getal aktiewe spermselle
                      D   Ouderdomsgroepe van die mans

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Lewens wetenskappe/V1                                                  5                             DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                                                      NSS

         VRAAG 1.1.9 EN 1.1.10 VERWYS NA DIE GRAFIEK HIERONDER.
         DIE GRAFIEK TOON DIE VERANDERINGE IN DIE KONSENTRASIE
         VROULIKE HORMONE (LH EN FSH) BY TWEE VROUE IN DIE EERSTE
         TWEE WEKE VAN DIE MENSTRUELE SIKLUS.

                                                                    Beide vroue
                                                                    (A en B)

                  Konsentrasie van hormone in
                                                                                                              LH

                                                                                                              FSH

                  die bloed (arbitrêre eenhede)
                                                                      Vrou A

                                                                                                     Vrou B

                                                  0      2     4      6     8     10     12     14
                                                                Dae van menstruele siklus

         1.1.9                          Watter vrou sal NIE op dag 14 ovuleer NIE?

                                        A         Vrou A omdat die FSH-vlakke hoog is
                                        B         Vrou A omdat die LH-vlakke op dag 13 te hoog is
                                        C         Vrou B omdat LH die ontwikkeling van 'n follikel inhibeer
                                        D         Vrou B omdat 'n follikel nie in die ovarium ontwikkel het nie

         1.1.10                         Watter EEN van die volgende stellings oor vrou A is KORREK?

                                        A         FSH neem op dag 14 toe omdat die Graafse follikel
                                                  progesteroon afskei.
                                        B         FSH neem ná dag 9 toe omdat die pituïtêre klier/hipofise
                                                  progesteroon afskei.
                                        C         FSH neem ná dag 4 af om te verseker dat inplanting plaasvind.
                                        D         FSH neem in die eerste twee dae toe om die ontwikkeling van
                                                  'n follikel te stimuleer.                             (10 x 2)            (20)

Kopiereg voorbehou                                                                                     Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Lewens wetenskappe/V1                         6                          DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                             NSS

1.2      Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
         Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.8) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.2.1        Die diploïede sel wat deur die proses van bevrugting gevorm word

         1.2.2        'n Vloeistof wat die menslike embrio teen beserings              en
                      grootskaalse temperatuurveranderinge beskerm

         1.2.3        'n Siekte van die senuweestelsel wat deur die vernietiging/
                      afbreking van die miëlienskede van neurone gekenmerk word

         1.2.4        'n Hormoon wat deur die pituïtêre klier/hipofise geproduseer word,
                      wat die melkproduksie by vroue stimuleer

         1.2.5        Om daaglikse toegang tot voldoende voedsel te hê, verseker 'n
                      gesonde leefstyl

         1.2.6        'n Bloedvat in die naelstring wat voedingstowwe na die fetus
                      vervoer

         1.2.7        'n Gedeelte van die neuron wat impulse na die selliggaam gelei

         1.2.8        'n Siekte wat ontstaan as gevolg van die liggaam se onvermoë om
                      insulien te produseer                                     (8 x 1)         (8)

1.3      Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op
         SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in
         KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
         vraagnommer (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                            KOLOM I                               KOLOM II
         1.3.1        Die hormoon wat in groot        A:   ADH
                      hoeveelhede teenwoordig is in   B:   Tiroksien
                      'n persoon wat abnormaal lank
                      raak

         1.3.2        Die gedeelte van die outonome   A:   Simpaties
                      senuweestelsel wat              B:   Parasimpaties
                      onwillekeurige aksies beheer

         1.3.3        'n Hormoon wat die soutinhoud   A:   Adrenalien
                      in 'n mens se liggaam beheer    B:   Aldosteroon

                                                                                  (3 x 2)       (6)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Lewens wetenskappe/V1                         7                             DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                             NSS

1.4      Die diagram hieronder toon 'n fase van meiose in 'n diersel.

                                                                        A

                                                                        B

                                                                    C

         1.4.1        Identifiseer:

                      (a)   A                                                                     (1)

                      (b)   B                                                                     (1)

                      (c)   C                                                                     (1)

         1.4.2        Watter fase van meiose word in die diagram hierbo geïllustreer?             (1)

         1.4.3        Noem die fase wat volg op die een wat in die diagram hierbo
                      voorgestel word.                                                            (1)

         1.4.4        Hoeveel chromosome was daar in die sel hierbo voordat die
                      proses van meiose begin het?                                                (1)

         1.4.5        Wat is die spesifieke naam wat aan meiose gegee word wanneer
                      dit in 'n vrou plaasvind?                                                   (1)
                                                                                                  (7)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Lewens wetenskappe/V1                          8                          DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                              NSS

1.5      Die diagram hieronder stel 'n snit deur 'n menslike oog voor.

                      A                                           H

                      B
                                                                  G
                      C                                           F
                      D
                                                                  E

         1.5.1        Identifiseer:

                      (a)   A                                                                    (1)

                      (b)   B                                                                    (1)

                      (c)   C                                                                    (1)

         1.5.2        Gee die LETTER en NAAM van die deel wat:

                      (a)   Die hoeveelheid lig wat die oog binnekom, reguleer                   (2)

                      (b)   'n Donker pigment bevat wat oortollige lig in die oog
                            absorbeer                                                            (2)

                      (c)   Reseptore bevat wat ligsensitief is                                  (2)
                                                                                                 (9)

                                                                  TOTAAL AFDELING A:             50

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Lewens wetenskappe/V1                         9                             DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                             NSS

AFDELING B

VRAAG 2

2.1      Die diagram hieronder stel 'n vrou se voortplantingstelsel voor.

                                             A

                                                                                 B

                        D

                                                        C

         2.1.1        Identifiseer deel C.                                                        (1)

         2.1.2        Noem EEN funksie van deel D.                                                (1)

         2.1.3        Noem die hormoon wat tydens die eerste week van die menstruele
                      siklus deur deel B afgeskei word.                                           (1)

         2.1.4        Noem hoe die hormoon wat jy in VRAAG 2.1.3 genoem het, deel D
                      beïnvloed.                                                                  (1)

         2.1.5        Tydens buisafbinding word deel A chirurgies deurgesny of
                      afgebind.

                      Verduidelik hoe hierdie prosedure swangerskap voorkom.                      (3)
                                                                                                  (7)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Lewens wetenskappe/V1                         10                          DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                             NSS

2.2      'n Ondersoek is uitgevoer om die uitwerking van rook tydens swangerskap op
         die baba se gewig by geboorte te bepaal. Babas wat by geboorte 2 499 g of
         minder weeg, het 'n lae geboortegewig.

         Die tabel hieronder vergelyk die persentasie babas met 'n lae gewig by
         geboorte van moeders wat gerook het met moeders wat nie gerook het nie in
         2009 in 'n sekere stad.

             GEWIG BY             PERSENTASIE TOTALE GEBOORTES (% ) IN 2009
             GEBOORTE               MOEDERS WAT         MOEDERS WAT NIE
              (GRAM)                    ROOK               ROOK NIE
         <1 000                          0,7                  0,2
         1 000–1 499                     0,9                  0,3
         1 500–1 999                     2,2                  1,1
         2 000–2 499                     7,1                  3,2
                                                              [Aangepas uit www.ainw.gov.au]

         2.2.1        Trek 'n histogram om die persentasie geboortes              in elke
                      gewigsgroep van moeders wat gerook het, voor te stel.                       (6)

         2.2.2        Waarom is babas wat by geboorte meer as 2 500 g geweeg het,
                      nie by die ondersoek ingesluit nie?                                         (1)

         2.2.3        Noem 'n algemene gevolgtrekking vir die ondersoek, gebaseer op
                      die data in die tabel.                                                      (2)

         2.2.4        Beskryf hoe chemikalieë in sigaretrook die baba se bloed vanaf die
                      moeder se bloed kan binnegaan.                                              (2)
                                                                                                  (11)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Lewens wetenskappe/V1                                       11                                DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                                           NSS

2.3      Lees die uittreksel hieronder.

         Die wyfies van 'n seeskilpadspesie (hieronder getoon) verlaat die water om
         hulle eiers in 'n nes op die strand te lê. Die wyfie maak die nes deur met haar
         agterbene 'n gat te grou. Dit is bekend dat die wyfie omtrent 100 of meer eiers
         lê. Nadat die eiers gelê is, bedek die wyfie die nes met sand om dit vir
         predatore weg te steek en los dan die eiers om op hulle eie uit te broei.

         Dit neem die skilpadjies omtrent twee maande om uit die nes te voorskyn te
         kom. Die skilpadjies moet probeer om die see veilig te bereik. Slegs ongeveer
         10% van die skilpadjies bereik die see veilig en oorleef om voort te plant.

                                                         'n Seeskilpad

         Die grafiek hieronder toon die persentasie oorlewendes in 'n bevolking
         seeskilpaaie in 'n sekere periode.

                         100

            Persentasie organismes

                  wat oorleef

                                 0
                                                    Tyd (maande)

                                                                 [Aangepas uit https://bioweb.uwlax.edu]

         2.3.1                        Skryf neer of die soort voortplanting by seeskilpaaie ovipaar,
                                      vivipaar of ovovivipaar is.                                                     (1)
Kopiereg voorbehou                                                                               Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Lewens wetenskappe/V1                           12                        DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                               NSS

         2.3.2        Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 2.3.1.                               (1)

         2.3.3        Die grafiek se vorm sou verskil het as daar ouersorg was.

                      (a)   Beskryf hoe die vorm van die grafiek sou verskil het as daar
                            ouersorg was.                                                        (1)

                      (b)   Verduidelik jou antwoord op VRAAG 2.3.3(a).                          (2)
                                                                                                 (5)

2.4      Die diagram hieronder stel dele van die menslike oor voor.

                                                              B

                                     A

                                           D
                                                          C

         2.4.1        Identifiseer deel:

                      (a)   B                                                                    (1)

                      (b)   C                                                                    (1)

                      (c)   D                                                                    (1)

         2.4.2        Verduidelik hoe deel A en D gesamentlik aangepas is om klank te
                      versterk.                                                                  (3)

         2.4.3        Noem EEN voordeel daarvan dat die middeloor met lug gevul is.              (1)
                                                                                                 (7)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Lewens wetenskappe/V1                           13                              DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                               NSS

2.5      Lees die uittreksel hieronder.

                 'N SKAKEL TUSSEN HARSINGSKUDDING EN BREINSKADE

         'n Voormalige Amerikaanse voetbalspeler is in 2002 dood in sy bakkie
         aangetref. Die dokter wat die lykskouing gedoen het, het bevind dat die
         voetbalspeler ernstige breinskade gehad het en dat sy dood deur herhaalde
         houe teen sy kop of herhaalde harsingskuddings veroorsaak is. Hy het hierdie
         siekte chroniese traumatiese ensefalopatie (CTE) genoem.

         'n Meer onlangse studie is gedoen waarby die breine van 165 mense wat
         voetbal op hoërskool, kollege of professionele vlak gespeel het, betrokke was.
         Die studie het bewyse van CTE in 131 van die breine gekry.

                                          [Aangepas uit www.wikipedia.org en www.theatlantic.com]

         2.5.1        Die deel van die brein wat deur CTE beïnvloed word, is die
                      serebrum.

                      Noem TWEE moontlike simptome van hierdie siekte.                                 (2)

         2.5.2        Noem EEN manier waarop die brein beskerm word.                                   (1)

         2.5.3        Verduidelik waarom CTE nie normaalweg lewensbelangrike
                      prosesse soos asemhaling of hartklop beïnvloed nie.                              (2)
                                                                                                       (5)

2.6      TSH en tiroksien is beide sekresies van endokriene kliere, naamlik die
         pituïtêre klier/hipofise en die tiroïedklier onderskeidelik.

         2.6.1        Waar sal jy na bewyse soek om die vlakke van TSH en tiroksien in
                      die menslike liggaam op te spoor?                                                (1)

         2.6.2        'n Hoë vlak van TSH word in die menslike liggaam opgespoor.

                      Verduidelik TWEE moontlike oorsake van hoë vlakke van TSH in
                      die liggaam.                                                                     (4)
                                                                                                       (5)
                                                                                                       [40]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Lewens wetenskappe/V1                            14                           DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                                NSS

VRAAG 3

3.1      'n Ondersoek is uitgevoer om die invloed van ouksiene op die groei van
         koleoptiele te bepaal.

         Die prosedure was soos volg:

         •    Die punt van een koleoptiel (jong loot) is verwyder en op 'n blokkie agar-
              jellie geplaas, soos in diagram A getoon.
         •    Die agar-jellie is na twee ure op die afgesnyde oppervlak van die
              oorspronklike koleoptiel geplaas, soos in diagram B getoon.
         •    Die koleoptiel is met 'n swart boks bedek en toe vir twee dae gelos om te
              groei, soos in diagram C getoon.

                                 punt van koleoptiel
         koleoptiel
                                  agar-jellie
                                                         swart boks

                        Diagram A                      Diagram B                 Diagram C
                                                             [Aangepas uit www.plantphys.info.com]

         3.1.1        Verduidelik waarom die punt van die koleoptiel vir twee ure aan die
                      begin van die ondersoek op die agar-jellie geplaas is.                         (2)

         3.1.2        Beskryf wat in diagram C gebeur het wat veroorsaak het dat die
                      koleoptiel krom gegroei het, alhoewel geen lig teenwoordig was
                      nie.                                                                           (4)

         3.1.3        Beskryf 'n kontrole vir hierdie ondersoek.                                     (2)
                                                                                                     (8)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Lewens wetenskappe/V1                          15                          DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                              NSS

3.2      Die diagram hieronder stel 'n tipiese Snellen-kaart voor, wat gebruik word om
         gesigskerpte (vermoë om helder te sien) te bepaal. Die uittreksel verduidelik
         hoe die Snellen-kaart gebruik word.

                                                 Ry-  Verhouding
                                               nommer     van
                                                      gesigskerpte

                                                    1       6/60

                                                    2       6/30

                                                    3       6/22,5
                                                    4       6/15
                                                    5       6/12
                                                    6       6/9
                                                    7       6/7,5
                                                    8       6/6

         'n Persoon wie se gesigskerpte getoets word, staan 6 m weg van die kaart.
         Een oog word toegehou en hy/sy lees die letters in elke ry hardop, van bo na
         onder. Die kleinste ry wat akkuraat gelees kan word, dui die gesigskerpte van
         daardie spesifieke oog aan.

         Gesigskerpte word as 'n verhouding uitgedruk en die ry wat as 6/6 vertoon
         word, is die kleinste ry wat 'n persoon met normale gesigskerpte op 'n afstand
         van 6 m kan lees.

         Wanneer iemand sy/haar gesigskerpte laat toets om 'n bestuurslisensie te
         kry, word spesiale toerusting gebruik wat die letters in verskillende patrone,
         volgordes en groottes voorstel.                  [Aangepas uit www.wikipedia.org]

         3.2.1        'n Persoon is slegs in staat om akkuraat tot aan die einde van ry 5
                      op die Snellen-kaart te lees.

                      Wat is sy/haar gesigskerpte-verhouding?                                     (1)

         3.2.2        Verduidelik EEN rede waarom die spesiale toerusting, wat die
                      letters in verskillende patrone, rangskikkings en groottes voorstel,
                      gebruik word wanneer die oë vir 'n bestuurslisensie getoets word.           (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Lewens wetenskappe/V1                          16                              DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                              NSS

         3.2.3        Sommige klinieke het kaarte wat die helfte van die grootte is en op
                      'n afstand van 3 m in plaas van 6 m gelees moet word.

                      Beskryf die proses wat in die oog plaasvind om te verseker dat die
                      letters van die kaart op 3 m in fokus is.                                       (4)
                                                                                                      (7)

3.3      Lees uittreksel hieronder.

                      TONNE VOEDSEL WORD ELKE JAAR WEGGEGOOI

         Ongeveer 9 miljoen ton voedsel word jaarliks in Suid-Afrika as afval
         weggegooi,      terwyl   ongeveer     13,8  miljoen  Suid-Afrikaners   nie
         voedselsekerheid het nie. Daar word verwag dat die getal Suid-Afrikaners
         wat nie voedselsekerheid het nie, sal toeneem met die droogte wat tans die
         land raak. Hierdie vermorsing van voedsel kos die ekonomie van
         Suid-Afrika jaarliks ongeveer R60 biljoen.

         Die tabel hieronder toon voedselgroepe met hulle koste van vermorsing.

                             Voedselgroep           Koste van vermorsing
                                                       (biljoene rand)
                          Vrugte en groente                   23
                          Vleis                               17
                          Seekos                               8
                          Ander                               12

         Die grootste hoeveelheid afval word gevorm wanneer voedsel vervoer word,
         veral oor lang afstande. Verpakking en prosessering is verantwoordelik vir die
         tweede grootste hoeveelheid afval.
                                                    [Aangepas uit The New Age, 1 Februarie 2016]

         3.3.1        Noem TWEE faktore wat volgens die uittreksel lei tot die grootste
                      hoeveelheid voedsel wat vermors word.                                           (2)

         3.3.2        Stel TWEE maniere voor waarop winkeleienaars die hoeveelheid
                      voedsel wat vermors word, kan verminder.                                        (2)

         3.3.3        Watter persentasie dra seekos by tot die totale koste van
                      vermorsing van voedsel in Suid-Afrika? Toon AL jou berekeninge.                 (2)

         3.3.4        Verduidelik TWEE maniere waarop verwag word dat die droogte
                      sal lei tot 'n toename in die aantal Suid-Afrikaners wat nie
                      voedselsekerheid het nie.                                                       (4)
                                                                                                      (10)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Lewens wetenskappe/V1                                         17                         DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                                             NSS

3.4                 Die grafiek hieronder toon die veranderinge in die menslike bevolking en die
                    bevolking papegaaie ('n soort voël) in 'n sekere land oor 'n tydperk van
                    500 jaar.

                                   Veranderinge in menslike en papegaaibevolkings oor 500 jaar

                               7

                               6

        Bevolking (miljoene)
                               5
                                                                                                       Mense
                                                                                                      Humans
                               4
                                                                                                       Pape-
                                                                                                      Parrots
                               3                                                                        gaaie

                               2

                               1

                               0
                                1500 1550 1600 1650 1700 1750 1800 1850 1900 1950 2000
                                                         Jaar
                                                                                [Aangepas uit www.people.eku.edu]

                    3.4.1             Wanneer het die menslike bevolking op 3 miljoen gestaan?                  (1)

                    3.4.2             Beskryf die verskil in die tendense tussen die menslike bevolking
                                      en die papegaaibevolking sedert 1800.                                     (2)

                    3.4.3             Stel TWEE redes voor vir die tendens wat jy in VRAAG 3.4.2
                                      beskryf het.                                                              (4)

                    3.4.4             Indien die huidige tempo van afname in die papegaaibevolking
                                      voortduur, verduidelik hoe die organismes wat hoofsaaklik op die
                                      papegaaibevolking voed, beïnvloed sou word.                               (2)
                                                                                                                (9)

3.5                 Beskryf hoe die oormatige gebruik van bemestingstowwe deur boere 'n
                    uitwerking op die gehalte van water het.                                                    (6)
                                                                                                                [40]

                                                                               TOTAAL AFDELING B:               80

Kopiereg voorbehou                                                                         Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Lewens wetenskappe/V1                       18                           DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                           NSS

AFDELING C

VRAAG 4

Nontobeko het in die woestyn geloop, sonder water, vir twee dae, toe sy skielik 'n
geluid agter haar hoor. Sy het haar kop gedraai en sien toe 'n slang wat in haar rigting
beweeg. Sy het bang geword, omgedraai en weggehardloop. Terwyl sy besig was om
te hardloop, het sy gestruikel en geval.

Beskryf hoe haar liggaam gedurende die twee dae waterinhoud gereguleer het en
beskryf hoe haar balans herstel sou word nadat sy geval het.
                                                                       Inhoud:                (17)
                                                                      Sintese:                (3)
                                                                                              (20)

LET WEL:       GEEN punte sal vir antwoorde in die vorm van vloeidiagramme, tabelle
               of diagramme toegeken word NIE.

                                                               TOTAAL AFDELING C:             20
                                                                   GROOTTOTAAL:               150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Life Sciences P2 Feb March 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-feb-march-2017-eng/7e62377f-2abd-4a09-be12-9a33dc3af21b) — Life Sciences · QP · 2017 · Eng
- [Life Sciences P1 Feb March 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-feb-march-2016-eng/1289bece-5f76-4cc1-912c-95fa7f8270ac) — Life Sciences · QP · 2016 · Eng
- [Life Sciences P2 Feb March 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-feb-march-2017-memo-eng/859c3d51-42fc-4a5f-acda-48de5f985ffe) — Life Sciences · Memo · 2017 · Eng
- [Grade 12 NSC Life Sciences P1 (Afrikaans) Preparatory 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-afrikaans-preparatory-2017-possible-answers/4d8cb2b6-23ab-4f9d-966d-af83482574f4) — Life Sciences · Memo · 2017 · Afr
- [Life Sciences P1 May June 2017 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-may-june-2017-memo-afr/6ce6aa26-87f0-4faa-a5ac-3e80605e1582) — Life Sciences · Memo · 2017 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-qp-sept2017-afrikaans/bf87cb58-23d4-4b06-adf5-25fd58ae662a) — Life Sciences · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
