# Life Sciences Grade 12 P1 NSC Supplementary 2018 QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 1 question paper from the NSC Supplementary Exam 2018 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-feb-march-2018-afr/d59a0425-02d0-4d94-864a-d67d6fb91c54
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P1 NSC Supplementary 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-feb-march-2018-afr/d59a0425-02d0-4d94-864a-d67d6fb91c54)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2018. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  GRAAD 12

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                           LEWENSWETENSKAPPE V1

                             FEBRUARIE/MAART 2018

PUNTE: 150

TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                        2                            DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                           NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.       Beantwoord AL die vrae.

2.       Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan.

6.       Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink.

7.       Teken diagramme, vloeidiagramme of tabelle slegs wanneer dit gevra word.

8.       Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
         NIE.

9.       MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

10.      Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
         waar nodig.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                           3                               DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                              NSS

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommer
         (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.

         1.1.1        Die gedeelte van die vroulike voortplantingstelsel waar bevrugting
                      plaasvind, word die … genoem.

                      A   vagina
                      B   ovarium
                      C   Fallopiusbuis
                      D   serviks

         1.1.2        Die vibrasies op die timpaniese membraan word na die …
                      oorgedra.

                      A   gehoorbeentjies en dan na die ovale venster
                      B   ovale venster en dan na die gehoorbeentjies
                      C   gehoorbeentjies en dan na die ronde venster
                      D   koglea en dan na die gehoorbeentjies

         1.1.3        Die senuwee-impuls in die akson van 'n sensoriese neuron word
                      … vervoer.

                      A   na die dendriet van die sensoriese neuron
                      B   na die selliggaam van die sensoriese neuron
                      C   weg van die effektororgaan
                      D   weg van die selliggaam

         1.1.4        Watter deel van die oor skakel drukgolwe na senuwee-impulse
                      om?

                      A   Gehoorsenuwee
                      B   Orgaan van Corti
                      C   Eustachius-buis
                      D   Gehoorgang

         1.1.5        Gedurende tydperke wanneer die temperatuur laag is, …

                      A   is dit te wagte dat tiroksienvlakke laag sal wees.
                      B   sweet 'n mens meer.
                      C   verwyd die bloedvate na die vel.
                      D   is dit te wagte dat ADH-vlakke laag sal wees.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                           4                            DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                              NSS

         1.1.6        Die vlak van aldosteroon sal heel waarskynlik styg nadat …

                      A   voedsel met 'n hoë soutinhoud ingeneem is.
                      B   uitermatig gesweet is.
                      C   voedsel met 'n hoë glukose-inhoud ingeneem is.
                      D   die bloedvate na die vel vernou het.

         1.1.7        'n Persoon kan pyn in sy bene voel, maar kan nie sy bene beweeg
                      nie.

                      Dit is die gevolg van skade aan die …

                      A   sensoriese neuron.
                      B   sensoriese en motoriese neuron.
                      C   motoriese neuron.
                      D   sensoriese en interneuron.

         1.1.8        Kleurvisie is snags moeilik omdat, in halfdonker toestande, ...

                      A   stafies nie gestimuleer word nie.
                      B   die pupil verwyd.
                      C   keëls nie gestimuleer word nie.
                      D   die lens nie van vorm kan verander nie.

         1.1.9        Die tabel hieronder toon die invloed wat die drink van verskillende
                      hoeveelhede alkohol op die reaksietye van 'n groep mense het.

                      Die reaksietyd is bepaal deur die vangafstand op 'n liniaal, wat van
                      'n sekere hoogte laat val is, te gebruik.

                      Hoe langer die vangafstand op die liniaal, hoe langer is die
                      reaksietyd.

                      Eenhede alkohol (5% per volume)       0    1    2   3    4     5    6
                      Vangafstand op die liniaal (cm)      14 12 10 18 22 25 29

                      Die gevolgtrekking wat uit die ondersoek gemaak kan word, is dat
                      die drink van alkohol, ...

                      A   die reaksietyd laat toeneem.
                      B   aanvanklik die reaksietyd laat toeneem, waarna verdere
                          inname van alkohol die reaksietyd laat afneem.
                      C   geen invloed op die reaksietyd het nie.
                      D   aanvanklik die reaksietyd laat afneem, waarna verdere inname
                          van alkohol die reaksietyd laat toeneem.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                           5                              DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                              NSS

         1.1.10       Die tabel hieronder toon die spoed waarteen impulse deur
                      verskillende soorte senuweevesels, A, B, C en D, oorgedra word.

                       SENUWEE-                                   GEMIDDELDE SPOED
                                        DEURSNEE (μm)
                         VESEL                                    VAN OORDRAG (m/s)
                           A                     15                      100
                           B                     7                        19
                           C                     3                        13
                           D                     1                        1

                      Watter EEN van die volgende is die beste interpretasie van die
                      inligting in die tabel hierbo?

                      A   Senuweevesel A word aangetref by pasiënte wat aan
                          veelvuldige sklerose ly.
                      B   Die spoed van oordrag van impulse is nie vir die oorlewing van
                          'n individu belangrik nie.
                      C   Hoe groter die deursnee van die senuweevesel, hoe vinniger
                          die spoed van oordrag.
                      D   Senuweevesel D word aangetref by pasiënte wat aan
                          Alzheimer se siekte ly.                               (10 x 2)            (20)

1.2      Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
         Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.8) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.2.1        Die kweek van dieselfde gewasspesie jaar na jaar op 'n plaas

         1.2.2        Die doodmaak van peste deur hulle natuurlike predatore of
                      parasiete te gebruik

         1.2.3        'n Hol balletjie selle wat uit die sigoot gevorm word

         1.2.4        Die hormoon wat vir osmoregulering verantwoordelik is

         1.2.5        Die onwettige doodmaak of verwydering van organismes uit hulle
                      omgewings

         1.2.6        Die vesikel/blasie wat ensieme bevat wat in die kop van 'n
                      spermsel aangetref word

         1.2.7        Die hormoon wat melkproduksie vir borsvoeding by mense
                      stimuleer

         1.2.8        Die gedeelte van die senuweestelsel wat uit kraniale en
                      rugmurgsenuwees bestaan                           (8 x 1)                     (8)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                              6                        DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                                 NSS

1.3      Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I van toepassing is op
         SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in
         KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
         vraagnommer (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                          KOLOM I                                  KOLOM II
         1.3.1        Verminder biodiversiteit         A:   Uitheemse plantindringing
                                                       B:   Oorbeweiding deur lewende
                                                            hawe
         1.3.2        Volhoubare gebruik van           A:   Verban alle verkope van
                      medisinale plante                     medisinale plante
                                                       B:   Versamel plante slegs uit
                                                            bergagtige gebiede
         1.3.3        Resultaat van nie-disjunksie     A:   Gameet met 22 chromosome
                      van chromosoompaar 21 by         B:   Gameet met 24 chromosome
                      mense
                                                                                   (3 x 2)       (6)
1.4      Die diagram hieronder stel die menslike brein voor.

                                                                       C
                       B

                       A                                               D

                                                                       E

         Gee die LETTER en NAAM van die deel van die brein verantwoordelik vir:

         1.4.1        Memorisering van 'n selfoonnommer                                          (2)

         1.4.2        Koördinering van alle willekeurige bewegings                               (2)

         1.4.3        Afskeiding van hormone                                                     (2)

         1.4.4        Verbinding van die twee hemisfere van deel B                               (2)

         1.4.5        Die refleksbeweging wat plaasvind wanneer jy kaalvoet op 'n skerp
                      voorwerp trap                                                              (2)
                                                                                                 (10)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                          7                           DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                             NSS

1.5      Die diagramme hieronder stel organismes met verskillende voortplanting-
         strategieë voor.

Vroulike vis      Manlike vis

                 Diagram 1                          Diagram 2                  Diagram 3

         1.5.1        Watter diagram(me) (1, 2 of 3) stel organisme(s) voor:

                      (a)   Waar uitwendige bevrugting plaasvind                                    (1)

                      (b)   Waar ekstra-embrioniese membrane ontwikkel om met die
                            beskerming en voeding van die embrio te help                            (2)

                      (c)   Wat ovipaar is                                                          (2)

         1.5.2        Noem die soort eier wat voortgebring word deur die organisme wat
                      in Diagram 2 voorgestel word.                                                 (1)
                                                                                                    (6)

                                                                 TOTAAL AFDELING A:                 50

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                           8                          DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                              NSS

AFDELING B

VRAAG 2

2.1      Die diagram hieronder stel die volgorde van gebeure voor wat tydens die
         ovariale siklus van 'n vrou plaasvind.

                                                                                    B

                                                                                    C

                                                     A

         2.1.1        Gee die naam van die:

                      (a)   Hormoon wat die ontwikkeling van struktuur A beheer                 (1)

                      (b)   Proses wat by C plaasvind                                           (1)

         2.1.2        Beskryf die verandering wat in die uterus plaasvind as gevolg van
                      die hormoon wat deur struktuur A afgeskei word.                           (2)

         2.1.3        Struktuur B degenereer indien bevrugting nie plaasvind nie.

                      Verduidelik die implikasies hiervan vir die:

                     (a) Ovariale siklus                                                        (3)

                     (b) Uteriensiklus/Uterale siklus                                           (3)
                                                                                                (10)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                            9                           DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                               NSS

2.2      Diagram I en II hieronder stel gametogenese in mans en vroue voor (nie in
         enige spesifieke volgorde nie).

         Die diagramme is NIE volgens skaal geteken NIE.

                                              Meiose I

         1                                                    1
                                              Meiose II

                                                                                            3
                                 2
         Degenererende selle

                 Diagram I                                         Diagram II

         2.2.1        Identifiseer die spesifieke soort gametogenese in Diagram I.                   (1)

         2.2.2        Verduidelik jou antwoord op VRAAG 2.2.1 deur na 'n sigbare
                      verskil tussen Diagram I en Diagram II te verwys.                              (2)

         2.2.3        Waar in die menslike liggaam vind die soort gametogenese plaas
                      wat in Diagram II getoon word?                                                 (1)

         2.2.4        Gee die chromosoomgetal van:

                      (a)    Die selle by 1                                                          (1)

                      (b)    Sel 2                                                                   (1)

         2.2.5        Noem TWEE prosesse wat tydens Meiose I plaasvind wat tot
                      genetiese variasie lei in die vier selle wat by 3 in Diagram II getoon
                      word.                                                                          (2)

         2.2.6        Verduidelik die implikasie vir die menslike bevolkingsgrootte indien
                      die drie selle waarna in Diagram I verwys word, nie gedegenereer
                      het nie, maar as gamete gebly het.                                             (2)
                                                                                                     (10)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                               10                         DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                                  NSS

2.3      Die diagram hieronder stel die struktuur van die menslike oog voor.

                        Iris
                                                                             C

                            B

                            A

         2.3.1        Noem EEN funksie van deel:

                      (a)       A                                                                     (1)
                      (b)       C                                                                     (1)

         2.3.2        Nagdiere slaap bedags en is snags aktief.

                      Verduidelik hoe deel:

                      (a)       B by nagdiere sal verskil van dit wat by diere aangetref word
                                wat bedags aktief is                                                  (2)
                      (b)       C by nagdiere sal verskil van dit wat by diere aangetref word
                                wat bedags aktief is                                                  (2)

         2.3.3        Beskryf hoe die iris die hoeveelheid lig beheer wat die oog
                      binnedring wanneer 'n persoon aan skerp lig blootgestel word.                   (4)
                                                                                                      (10)

2.4      Beskryf hoe balans en ewewig deur die oor gehandhaaf word wanneer
         'n persoon sy/haar spoed en rigting verander.                                                (5)

2.5      Soos wat die menslike bevolking in Suid-Afrika toeneem, is daar 'n
         proporsionele toename in die hoeveelheid vaste afval waarvan ontslae geraak
         moet word.

         2.5.1        Noem      TWEE      maniere   (behalwe  herwinning)  waarop
                      stortingsterreine bestuur kan word om verdere besoedeling te
                      voorkom.                                                                        (2)

         2.5.2        Verduidelik hoe die herwinning van papier indirek aardverwarming
                      kan verminder.                                                                  (3)
                                                                                                      (5)
                                                                                                      [40]
Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                              11                              DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                                 NSS

VRAAG 3

3.1      Bestudeer die uittreksel en tabel hieronder.

                       VRYSTELLINGS VAN ELEKTRISITEITSPRODUKSIE

         Die meeste van die elektrisiteit in Suid-Afrika word geproduseer deur
         steenkool te verbrand. Steenkoolverbranding is 'n baie 'vuil' of
         ondoeltreffende manier om energie te produseer omdat daar vir elke eenheid
         energie wat geproduseer word, meer CO2 vrygestel word as met ander
         brandstowwe of metodes.

         Die skoonste metodes om elektrisiteit te produseer is dié wat hernubare
         energiebronne gebruik. Sonenergie, hidroëlektriese energie (vallende water
         dryf turbines aan wat elektrisiteit opwek) of windkrag is voorbeelde van
         hernubare energiebronne. Hierdie hernubare energiebronne verbrand nie
         enige brandstof nie. Minder as 1% van Suid-Afrika se elektrisiteit kom van
         hernubare energiebronne.

         Kernkragproduksie voorkom ook die vrystelling van kweekhuisgasse. Anders
         as hernubare energie, het kernkrag egter gevaarlike kernafval en hoë
         veiligheids- en sekerheidsrisiko's tot gevolg.

                      [Vertaal uit 'Climate change, Ethekweni Municipality Environmental Management
                        Department', 2007, http://www.durban.gov.za/durban/municipality/environment]

         Die tabel hieronder toon die hoeveelheid CO2 wat vrygestel word wanneer
         energie uit verskillende bronne geproduseer word.

                                                                CO2-VRYSTELLING
                     ENERGIEBRON
                                                                   (kg CO2/kW)
                       Steenkool                                       0,30
                         Petrol                                        0,24
                         Diesel                                        0,25
                       Paraffien                                       0,20
                 Son-, wind-, hidrokrag                                 0,0

         3.1.1        Noem waarom steenkool, petrol, diesel en paraffien nie hernubare
                      energiebronne is nie.                                                              (1)

         3.1.2        Noem waarom die verbranding van steenkool om elektrisiteit te
                      produseer, as 'vuil' beskou word in vergelyking met die gebruik van
                      hernubare bronne of kernkrag.                                                      (1)

         3.1.3        Noem EEN kweekhuisgas, behalwe CO2.                                                (1)

         3.1.4        Verduidelik hoe stygende CO2-vrystellings voedselsekerheid kan
                      laat daal.                                                                         (4)

         3.1.5        Teken 'n staafgrafiek om die inligting in die tabel hierbo voor te
                      stel.                                                                              (6)
                                                                                                         (13)
Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                               12                            DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                                  NSS

3.2      'n Groep graad 12-leerders het die invloed van verskillende konsentrasies
         ouksiene op die groei van pluimpies ondersoek. 'n Pluimpie is 'n jong stingel
         wat uit 'n saadjie groei.

         Die prosedure was soos volg:

            35 boontjiesade is ontkiem.
            Die saailinge is toe in vyf groepe van sewe saailinge elk verdeel.
            In elke groep is die sewe saailinge met Prestik geplak op filtreerpapier,
             waarop 'n 10 mm x 10 mm-ruitnet ('grid') geteken is.
            Die filtreerpapier met saailinge is toe met gom binne 'n petribakkie geplak.
            Elkeen van hierdie vyf petribakkies is toe in 'n beker, wat 'n ander
             konsentrasie ouksiene bevat het, geplaas.

         Die diagram hieronder toon die opstel van 'n enkele beker.

                                                          Petribakkie

                                                         Saailinge
                                                         Filtreerpapier met
                                                         10 mm x 10 mm-ruitnet
                                                         energiebronne
                                                         Beker
                                                          Ouksienoplossing

            Al vyf bekers is vir drie dae in 'n donker kas geplaas.
            Die toename in die lengte van elke pluimpie is na drie dae gemeet.
            Die gemiddelde toename in lengte van die pluimpie in elke beker is
             bereken en in die tabel hieronder aangeteken.

         Die tabel hieronder toon die resultate van die ondersoek na drie dae.

                                    OUKSIENKONSENTRASIE                 GEMIDDELDE TOENAME
          BEKERNOMMER                IN DELE PER MILJOEN                 IN PLUIMPIELENGTE
                                             (dpm)                              (mm)
                     1                         0,1                               1,5
                     2                          1                                3,2
                     3                         10                                4,8
                     4                         50                                2,3
                     5                        100                                 0

         3.2.1           Vir hierdie ondersoek, identifiseer die:

                         (a)   Onafhanklike veranderlike                                               (1)

                         (b)   Afhanklike veranderlike                                                 (1)

         3.2.2           Noem die doel van die ruitnet wat in elke petribakkie geplaas is.             (1)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                          13                         DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                             NSS

         3.2.3        Verduidelik waarom die bekers in 'n donker kas geplaas is.                (2)

         3.2.4        Noem EEN manier waarop die leerders die betroubaarheid van
                      hierdie ondersoek verseker het.                                           (1)

         3.2.5        Noem DRIE faktore, wat nie in die prosedure aangedui is nie, wat
                      tydens hierdie ondersoek konstant gehou moet word.                        (3)

         3.2.6        Noem die gevolgtrekking wat uit die resultate in die tabel gemaak
                      kan word.                                                                 (2)
                                                                                                (11)

3.3      Die diagram hieronder toon een van die twee selle wat tydens Telofase I van
         meiose in 'n organisme gevorm het.

         Teken 'n benoemde diagram om die sel tydens Anafase II van meiose te
         toon.                                                                                  (5)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                               14                       DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                                  NSS

3.4      Die diagram hieronder stel die verwantskap tussen die bloedstelsel van die
         fetus en dié van die moeder voor. Die pyle dui die rigting van bloedvloei in die
         bloedvate aan.

              Bloedvat A van                                        Bloedvat B van
              die moeder                                            die moeder

                                                                    Bloedspasie/
                                                                    Sinusse van die
                                                                    moeder

                                                                    Plasenta

                 Bloedvat D van
                 die fetus                                          Bloedvat C van
                                                                    die fetus
                     Naelstring
                                                                    Fetus

         3.4.1        Buiten om 'n rol te speel in die diffusie van stowwe van die moeder
                      se bloed na die fetus se bloed, en vice versa, noem TWEE ander
                      funksies van die plasenta.                                                  (2)

         3.4.2        Bloedvat D is 'n arterie.

                      Tabuleer TWEE verskille tussen die samestelling van bloed wat in
                      bloedvat C aangetref word en bloed wat in bloedvat D aangetref
                      word.                                                                       (5)

         3.4.3        Verduidelik EEN gevolg vir die fetus indien bloedvat D verstop raak
                      en bloedvloei keer.                                                         (2)

         3.4.4        Indien die bloed van die moeder en die bloed van die fetus met
                      mekaar in kontak kom, kan dit tot die dood van die fetus lei.

                      Beskryf waarom dit sou plaasvind.                                           (2)
                                                                                                  (11)
                                                                                                  [40]

                                                                TOTAAL AFDELING B:                80
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                      15                         DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                         NSS

AFDELING C

VRAAG 4

'n Styging in die metaboliese tempo tydens veeleisende oefeninge veroorsaak
'n daling in die glukosevlak en 'n styging in die CO2-vlak in die bloed.

Beskryf die meganisme wat tot 'n styging in die metaboliese tempo lei en die
meganismes betrokke by die styging in die glukosevlak en die daling in die CO2-vlak
terug na normaal toe.
                                                                            Inhoud:       (17)
                                                                            Sintese:      (3)
                                                                                          (20)

LET WEL: GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van tabelle,
         vloeidiagramme of diagramme NIE.

                                                            TOTAAL AFDELING C:            20
                                                                GROOTTOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Life Sciences P1 Nov 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2018-afr/12a337df-bd94-4623-80e8-1f7baba2ce86) — Life Sciences · QP · 2018 · Afr
- [Life Sciences P1 Nov 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2018-eng/f78a2850-007f-41f2-9e3b-939d8311bf0d) — Life Sciences · QP · 2018 · Eng
- [Life Sciences P1 Feb March 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-feb-march-2016-eng/1289bece-5f76-4cc1-912c-95fa7f8270ac) — Life Sciences · QP · 2016 · Eng
- [Life Sciences P2 Feb March 2018 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-feb-march-2018-memo-afr/3446f3c9-dda0-4d73-8f83-759be6e74d1d) — Life Sciences · Memo · 2018 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Science P1 Preparatory 2018 Possible Answer](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-science-p1-preparatory-2018-possible-answer/ef5b118c-f250-4bd1-b98a-e6b935b9c562) — Life Sciences · Memo · 2018
- [Grade 12 NSC Life Science P1 (Afrikaans) Preparatory 2018 Possible Answer](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-science-p1-afrikaans-preparatory-2018-possible-answer/47d1fae5-b964-4653-aaa6-a3b2ad4a2512) — Life Sciences · Memo · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
