# Life Sciences Grade 10 P1 National Exemplar 2012 QP (Afr)

> Grade 10 Life Sciences Paper 1 question paper from the National Exemplar Exam 2012 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-gr-10-exemplar-afr/7607d08f-5221-4c70-8f96-b41fb3c5792c
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 10
- Document type: Question paper
- Year: 2012
- Exam period: National Exemplar Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/life-sciences) › [Life Sciences Grade 10 P1 National Exemplar 2012 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-gr-10-exemplar-afr/7607d08f-5221-4c70-8f96-b41fb3c5792c)

## About this document

Life Sciences · Grade 10 · National Exemplar Exam · 2012. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                               NASIONALE
                           SENIOR SERTIFIKAAT

                                 GRAAD 10

                        LEWENSWETENSKAPPE V1

                                 MODEL 2012

PUNTE: 150

TYD: 2½ uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                           2                                 DBE/2012
                                      NSS – Graad 10 Model

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.       Beantwoord AL die vrae.

2.       Skryf AL die antwoorde in jou ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan.

6.       ALLE sketse moet met 'n potlood gemaak word en die byskrifte met blou of
         swart ink.

7.       Teken diagramme en vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.

8.       Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
         NIE.

9.       MOENIE grafiekpapier gebruik nie.

10.      Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                            3                                  DBE/2012
                                       NSS – Graad 10 Model

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
         Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die
         vraagnommer (1.1.1 tot 1.1.9) in jou ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
         1.1.10 D.

         1.1.1       Watter van die volgende bedek eksterne liggaamsoppervlakke en
                     voer die interne holtes?

                     A   Epiteelweefsel
                     B   Bindweefsel
                     C   Spierweefsel
                     D   Senuweeweefsel

         1.1.2       Die versterkingsweefsel met 'n selwand wat veral by die hoeke
                     verdik is, word … genoem.

                     A   kollenchiem
                     B   floëem
                     C   chlorenchiem
                     D   sklerenchiem

         1.1.3       Watter anorganiese stof kom die meeste voor in die liggame van
                     plante en diere?

                     A   Vitamiene
                     B   Water
                     C   Proteïene
                     D   Koolhidrate

         1.1.4       'n Verdeling van een sel deur mitose sal die volgende vorm:

                     A   Twee nukleusse, elk met 'n chromosoomgetal die helfte van
                         die ouernukleus
                     B   Vier nukleusse, elk met 'n chromosoomgetal die helfte van die
                         ouernukleus
                     C   Twee nukleusse elk met dieselfde getal chromosome as die
                         ouernukleus.
                     D   Vier nukleusse, elk met dieselfde getal chromosome as die
                         ouernukleus

         1.1.5       Die foramen magnum word in die ... gevind.
                     A   onderste ledemaat
                     B   skedel
                     C   werwelkolom
                     D   boonste ledemaat

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                                  4                               DBE/2012
                                             NSS – Graad 10 Model

         1.1.6       Die groeipunt van die wortel van 'n plant bestaan hoofsaaklik uit ...

                     A       begeleidingselle.
                     B       epidermisselle.
                     C       meristematiese weefsel.
                     D       geleidingsweefsel.

         1.1.7       Watter van die volgende is bene van die onderste ledemaat?

                     (i)       Fibula
                     (ii)      Ilium
                     (ii)      Tibia
                     (iii)     Femur

                     A       (i) en (ii)
                     B       (ii) en (iii)
                     C       (i) en (iii)
                     D       (i), (ii) en (iv)

         1.1.8       Die rooi pigment in bloed wat suurstof vervoer, …

                     A       word in die leukosiete gevind.
                     B       word in die plaatjies gevind.
                     C       word nie in eritrosiete gevind nie.
                     D       staan as hemoglobien bekend.

         1.1.9       Watter van die volgende is voorbeelde van bindweefsel?

                     (i) Plaveiselweefsel
                     (ii) Bloedweefsel
                     (iii) Kolomweefsel
                     (iv) Tendons

                     A       Slegs (i) en (ii)
                     B       Slegs (ii) en (iii)
                     C       Slegs (iv)
                     D       Slegs (ii) en (iv)                                     (9 x 2)         (18)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                          5                                     DBE/2012
                                     NSS – Graad 10 Model

1.2      Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
         Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.8) in jou
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.2.1       Die ligvasleggingspigment wat in blare gevind word

         1.2.2       'n Beweging van gasmolekules van 'n omgewing met 'n hoër
                     konsentrasie na 'n omgewing met 'n laer konsentrasie

         1.2.3       Die vorming van 'n vergroeisel/tumor as gevolg van onbeheerste
                     mitose

         1.2.4       Die algemeenste plantweefsel met dun selwande en intersellulêre
                     holtes

         1.2.5       Die voedingstof waarop 'n ensiem reageer

         1.2.6       Die totale getal torakale werwels in die menslike liggaam

         1.2.7       'n Opening in die epidermis van die blaar omring deur twee
                     sluitselle

         1.2.8       Die strukturele eenheid van die senuweestelsel                               (8)

1.3      Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A,
         SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II. Skryf
         slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer
         (1.3.1 tot 1.3.9) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                             KOLOM I                          KOLOM II
         1.3.1 Die fase in die selsiklus wanneer     A: Interfase
               die sel sy normale funksies verrig    B: Sitokinese
         1.3.2 Verantwoordelik vir proteïensintese   A: Ribosome
                                                     B: Lisosome
         1.3.3   Die eerste werwel van die           A: Aksis
                 werwelkolom van die mens            B: Atlas
         1.3.4   Vervoer organiese voedsel in plante A: Floëem
                                                     B: Sifvate
         1.3.5   Verbind die ribbes aan die sternum A: Kraakbeen
                                                     B: Been
         1.3.6   Die wasagtige laag op die           A: Epidermis
                 buiteoppervlak van die blaar        B: Kutikula
         1.3.7   Die dun membraan wat 'n             A: Periosteum
                 spierweefsel omring                 B: Sarkolemma
         1.3.8   Plantselle sonder 'n nukleus        A: Parenchiem
                                                     B: Begeleidingselle
         1.3.9   Beheer stadige, onwillekeurige      A: Gestreepte
                 bewegings in die menslike liggaam      spierweefsel
                                                     B: Gladde spierweefsel
                                                                                   (9 x 2)        (18)
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                       6                                         DBE/2012
                                  NSS – Graad 10 Model

1.4      Bestudeer die volgende tabel.

                                                             Gevind in
                 Selorganel          Funksie
                                                         plante/diere/beide
               Golgi-apparaat            1.4.1                 1.4.2

                     1.4.3      Sellulêre respirasie           1.4.4

               Chloroplaste              1.4.5                 1.4.6

         Voltooi die tabel hierbo deur slegs die nommers (1.4.1 tot 1.4.6) en jou
         antwoord langsaan neer te skryf.                                                          (6)

                                                                 TOTAL AFDELING A:                 50

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                           7                                 DBE/2012
                                      NSS – Graad 10 Model

AFDELING B

VRAAG 2

2.1      Bestudeer die diagramme hieronder wat twee selle met hul organelle toon.

                                             A

                                                                                   C

                                             B                                     D

                     Sel X                                       Sel Y

         2.1.1        Watter sel (X of Y) verteenwoordig 'n plantsel?                          (1)

         2.1.2        Gee TWEE sigbare redes vir jou antwoord.                                 (2)

         2.1.3        Benoem deel A en deel B.                                                 (2)

         2.1.4        Struktuur C speel 'n belangrike rol in sel Y. Noem DRIE funksies         (3)
                      van die struktuur.
         2.1.5        Noem die organiese stof waaruit deel D in sel Y hoofsaaklik
                      bestaan.                                                                 (1)
                                                                                               (9)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                         8                                     DBE/2012
                                    NSS – Graad 10 Model

2.2      Bestudeer die diagramme hieronder wat verskillende fases van mitose toon.

                 1                         2                         3

                            A
                            B

                                                           C

                            D

                 4                         5                                   E

         2.2.1       Benoem struktuur A, B, D en E.                                             (4)

         2.2.2       Deur SLEGS NOMMERS te gebruik, rangskik die fases in die
                     korrekte volgorde.                                                         (5)

         2.2.3       Skryf die getal chromosome in 'n dogtersel aan die einde van die
                     proses hierbo getoon, neer.                                                (1)

         2.2.4       Noem EEN verskil tussen plant- en dierselle met betrekking tot die
                     proses wat by C plaasvind.                                                 (2)

         2.2.5       Gee TWEE redes waarom mitose 'n biologies belangrike proses
                     is.                                                                        (2)
                                                                                                (14)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                           9                                         DBE/2012
                                      NSS – Graad 10 Model

2.3      Die diagramme hieronder illustreer 'n           proses      deur 'n    differensieel
         deurlaatbare membraan.

                 'n 'Sel' wat 'n suiker-                     'n 'Sel' wat water bevat,
                 oplossing bevat, in 'n                       in 'n beker met suiker-
                  beker water geplaas                           oplossing geplaas

                                           suiker-
                                           oplossing
                                           membraan

                                             water

                     FIGUUR 1                                        FIGUUR 2

         2.3.1        Wat word bedoel met 'n differensieel deurlaatbare membraan?                    (2)

         2.3.2        Beskryf wat in FIGUUR 2 gebeur en verduidelik jou antwoord deur
                      aan te dui in watter rigting die water beweeg en waarom.                       (4)

         2.3.3        Watter fisiologiese proses word in FIGUUR 2 verteenwoordig?                    (1)
                                                                                                     (7)
                                                                                                     [30]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                          10                                    DBE/2012
                                     NSS – Graad 10 Model

2.4      Die tabel hieronder toon die voedingswaarde van 'n sekere soort ontbytgraan.
         Bestudeer die inligting voordat die vrae hieronder beantwoord word.

                         VOEDINGSWAARDE VAN ONTBYTGRAAN

                        Bestanddele                 Voedingswaarde-inligting
                                                      (Waardes per 100 g)

                                                Energie                2 000 kJ
                 Volgraanhawermout,             Proteïene               12,5 g
                 geroosterde graanvlokkies,     Koolhidrate              50 g
                 rietstroop, bruinsuiker,       Vette                   12,5 g
                 groente-olie, songedroogde     Vesel                    25 g
                 rosyntjies                     Cholesterol              0 mg

         2.4.1       Verduidelik EEN voordeel van die feit dat hierdie ontbytgraan geen
                     cholesterol bevat nie.                                                       (2)

         2.4.2       Die totale energiewaarde van 100 g ontbytgraan is 2 000 kJ. Die
                     seun benodig 5 500 kJ energie per dag. Hoeveel gram (g)
                     ontbytgraan moet hy eet om hierdie energie te bekom (neem aan
                     hy eet geen ander voedsel nie)? Toon jou berekening.                         (2)

         2.4.3       Trek 'n sirkelgrafiek om die relatiewe verhouding van die proteïene,
                     koolhidrate, vette en vesel van die 100 g ontbytgraan te toon                (6)
                                                                                                  (10)
                                                                                                  [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                          11                                     DBE/2012
                                     NSS – Graad 10 Model

VRAAG 3

3.1      Noem VIER funksies van die menslike skelet.                                               (4)

3.2      Bestudeer die diagram hieronder wat 'n deursnit deur 'n arm en
         elmbooggewrig van die mens is en beantwoord die vrae wat volg.

                                                            A

                                                            B

                                                            Kapsule

                                            X               C
                                                            D

         3.2.1       Benoem struktuur B, C en D onderskeidelik.                                    (3)

         3.2.2       Identifiseer die tipe sinoviale gewrig getoon in die diagram.                 (1)

         3.2.3       Noem:

                     (a) TWEE funksies van die kapsule                                             (2)

                     (b) EEN funksie van B                                                         (1)

         3.2.4       Noem die struktuur wat die spier aan die been gemerk X sal heg.
                                                                                                   (1)
         3.2.5       Teken 'n diagram, met byskrifte, om 'n lengtesnit deur 'n langbeen
                     te toon.                                                                      (6)
                                                                                                   (14)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                          12                                     DBE/2012
                                     NSS – Graad 10 Model

3.3      'n Ondersoek is gedoen om die effek van ligintensiteit op die oop- en toemaak
         van stomata te bestudeer.

         1.      Apparaat X (getoon in die diagram hieronder) is gebruik om die tempo
                 van waterverlies uit die blare by verskillende ligintensiteite te meet.
         2.      By elke ligintensiteit is die apparaat vir 15 minute gelos voordat daar
                 met die metings begin is.
         3.      Die waterverlies is in die donker en by vier verskillende ligintensiteite
                 aangeteken.

                                                                Plant

                                                                Watte

                                                                Olielaag
                       Water

                                                                Balans

                                     Apparaat X

         3.3.1       Gee 'n hipotese vir die ondersoek.                                            (3)

                     Die tabel hieronder toon die resultate van die ondersoek.

                          Ligintensiteit      Verlies aan water
                             (kilolux)              (g/uur)
                                 0                     1
                                 10                   15
                                 20                   20
                                 30                   22
                                 40                   20

         3.3.2       Noem die afhanklike veranderlike van die ondersoek hierbo.                    (1)

         3.3.3       Watter bewys ondersteun die stelling dat die stomata ten volle oop
                     is by 'n ligintensiteit van 30 kilolux?                                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                              13                                   DBE/2012
                                         NSS – Graad 10 Model

         3.3.4       Wat is die doel van die olielaag op die wateroppervlak in die fles?             (1)
         3.3.5       Waarom word die apparaat vir 15 minute by elke nuwe ligintensiteit
                     gelaat voordat daar met metings begin word?                                     (2)
         3.3.6       Voorspel wat die effek op die resultate sal wees as die ondersoek
                     by 'n laer temperatuur uitgevoer sou word                                       (1)
         3.3.7       Verduidelik jou voorspelling in VRAAG 4.1.6.                                    (2)
         3.3.8       Verduidelik EEN manier waarop die betroubaarheid van die
                     resultate wat by elke ligintensiteit verkry is, verbeter kan word.              (2)
                                                                                                     (14)

3.4      Die diagram hieronder toon hoe drie verskillende voedseltoetse (1, 2, en 3)
         gedoen is. A, B en C toon die voedselmonster en W, X en Y die reagens wat
         by die voedselsoort gevoeg is. Elkeen het 'n positiewe resultaat.

                              1                   2                 3

                                     W                 X                 Y

                                     A                 B                 C

                             Skud               Kook in          Skud en voeg 7
                            deeglik           waterbad vir      druppels water by
                                                 3 min

                            Swart              Oranje             Wolkerige
                            kleur              neerslag           wit kleur

         3.4.1       Identifiseer die reagense W, X en Y onderskeidelik.                             (3)
         3.4.2       Gee die name van die voedingstowwe                       waarvoor     in
                     voedselmonsters 1, 2 en 3 getoets is.                                           (3)
         3.4.3       Noem die kleur wat jy sou waarneem as die resultate negatief
                     was in:
                     (a)   Toets 1                                                                   (1)
                     (b)   Toets 2                                                                   (1)
                                                                                                     (8)
                                                                                                     [40]
                                                                   TOTAAL AFDELING B:                80

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                        14                                   DBE/2012
                                   NSS – Graad 10 Model

AFDELING C

VRAAG 4

Beskryf die opname van water deur 'n wortelhaar van 'n plant sowel as die opwaartse
beweging van die geabsorbeerde water vanaf die wortelhaar tot by die xileem van die
wortel. Verduidelik ook die verskillende wyses waarop die xileem struktureel geskik is
om water opwaarts in plante te vervoer.
                                                                              Inhoud:       (17)
                                                                             Sintese:       (3)

         LET WEL:      GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm
                       van vloeidiagramme of diagramme nie.

                                                             TOTAAL AFDELING C:             20
                                                                 GROOTTOTAAL:               150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Life Sciences P1 GR 10 Exemplar Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-gr-10-exemplar-eng/114fda25-3612-4a7c-bf6c-73e6ba22f18c) — Life Sciences · QP · 2012 · Eng
- [Life Sciences P1 GR 10 Exemplar Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-gr-10-exemplar-memo-eng/22d99d73-1fb4-4501-ac69-530d8a501b7f) — Life Sciences · Memo · 2012 · Eng
- [Life Sciences P1 GR 10 Exemplar 2012 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-gr-10-exemplar-2012-memo-afr/12460a0d-dcf4-4f50-9bed-062e80f1a311) — Life Sciences · Memo · 2012 · Afr
- [Life Sciences P2 GR 10 Exemplar 2012 Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr-10-exemplar-2012-afr/5e3efd87-2d4d-4a8f-a432-1fad4dd8f760) — Life Sciences · QP · 2012 · Afr
- [Life Sciences P2 GR 10 Exemplar 2012 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr-10-exemplar-2012-eng/47078c13-0c44-47ba-bfb8-6bfcad9fb0b4) — Life Sciences · QP · 2012 · Eng
- [Life Sciences P3 GR 10 Exemplar 2012 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p3-gr-10-exemplar-2012-eng/92171bff-9160-405d-a9e5-e6c61a315cd9) — Life Sciences · QP · 2012 · Eng

## More from Grade 10 Life Sciences

- [Gr10-Lewenswetenskappe-OG-studyguide LR](https://www.hlayiso.com/library/gr10-lewenswetenskappe-og-studyguide-lr/8e3e18e1-6b71-4e05-952d-de0944ef8eff) — Guide
- [Gr10-Life-Sciences-TG-studyguide LR](https://www.hlayiso.com/library/gr10-life-sciences-tg-studyguide-lr/5615738c-106e-4a50-9536-78ad61f5ee23) — Guide
- [KZN Life Sciences Grade 10 March 2026 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-life-sciences-2026-kzn-march-test-question-paper-and-memorandum/a3348de3-4618-469e-a3dc-d828cb2b83c5) — QP + Memo · 2026
- [Grade 10 Life Sciences P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-life-sciences-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1/7cd01b5e-09b4-433c-9125-b004c26811cd) — Memo · 2026 · Eng
- [Grade 10 Life Sciences P2 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-life-sciences-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-2/deda828d-ebf9-499d-a570-e4ba51257bbb) — Memo · 2026 · Eng
- [Grade 10 Life Sciences P1 November 2026 Mock 2 Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-life-sciences-2026-november-mock-exam-2-memorandum-paper-1/2cca23be-2318-4e79-adc5-bc33177854a5) — Memo · 2026 · Eng

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
