# Life Sciences Grade 10 P1 Eastern Cape November 2019 QP

> Grade 10 Life Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2019 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-gr10-qp-nov2019-afr-d/d0ed5bb9-cdbf-43ec-83de-2566d1a34187
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 10
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/life-sciences) › [Life Sciences Grade 10 P1 Eastern Cape November 2019 QP](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-gr10-qp-nov2019-afr-d/d0ed5bb9-cdbf-43ec-83de-2566d1a34187)

## About this document

Life Sciences · Grade 10 · Eastern Cape November · 2019. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                           NASIONALE
                       SENIOR SERTIFIKAAT

                               GRAAD 10

                        NOVEMBER 2019

                  LEWENSWETENSKAPPE V1

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                                 *XLFSA1*

                   Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com

2                         LEWENSWETENSKAPPE V1                              (EC/NOVEMBER 2019)
 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat die vrae beantwoord word.

 1.      Beantwoord AL die vrae.

 2.      Skryf AL die antwoorde in jou ANTWOORDEBOEK.

 3.      Begin ELKE vraag boaan ŉ NUWE bladsy.

 4.      Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
         hierdie vraestel gebruik is.

 5.      Bied jou antwoorde aan volgens die instruksies van elke vraag.

 6.      ALLE sketse moet met potlood gemaak word en die byskrifte met blou of
         swart ink.

 7.      Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme SLEGS wanneer dit gevra
         word.

 8.      Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal
         geteken NIE.

 9.      MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

 10.     Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer
         gebruik waar nodig.

 11.     Rond ALLE berekeninge af tot twee desimale na die komma.

 12.     Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com

(EC/NOVEMBER 2019)                      LEWENSWETENSKAPPE V1                                       3

  AFDELING A

  VRAAG 1

  1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
           Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
           vraagnommers (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
           1.1.11 D.

           1.1.1     Die basiese eenheid van die lewe is ŉ ...

                     A   sigoot.
                     B   sel.
                     C   protoplasma.
                     D   selkern.

           1.1.2     Wat is die verskil tussen kraakbeen en been?

                     A   Been is rubberagtig en kraakbeen is ferm
                     B   Kraakbeen is rubberagtig en been is ferm
                     C   Been is ŉ meer primitiewe weefsel as kraakbeen
                     D   Been is binne-in die liggaam en kraakbeen is buite

           1.1.3     Watter tipe gewrig word tussen die humerus en die skapula gevorm?

                     A   Skarniergewrig
                     B   Bal-en-potjiegewrig
                     C   Glygewrig
                     D   Pektorale gordel

           1.1.4     Watter van die volgende is ŉ korrekte definisie van stamselle?

                     A   Selle met ŉ definitiewe kern wat deur ŉ membraan omsluit is.
                     B   Selle wat die drie soorte plastiede bevat.
                     C   Ongedifferensieerde selle wat die potensiaal het om te
                         differensieer om enige weefsel of orgaan in die liggaam te
                         vorm.
                     D   Selle wat onbeheerbaar en voortdurend verdeel en swelling
                         veroorsaak.

           1.1.5     Materiaal wat gebruik word om genetiese inligting in ŉ sel te stoor,
                     is ...

                     A   ribosoom.
                     B   deoksiribonukleïensuur.
                     C   endoplasmiese retikulum.
                     D   sentriole.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com

4                                  LEWENSWETENSKAPPE V1                      (EC/NOVEMBER 2019)

    1.1.6   Die diagramme hieronder toon sekere skeletsiektes.

            Watter van die volgende kombinasies verteenwoordig die siektes hierbo?

                                    X                                 Y
            A                  Osteoporose                        Athlerosis
            B                  Osteomalasie                      Osteoporose
            C                     Artritis                       Osteoporose
            D                   Athlerosis                       Osteomalasie

    1.1.7   Die reuse-organiese molekules wat elemente C, H, O, N en soms S bevat,
            waarvan die funksie is om verslete weefsels te herstel:

            A    Aminosure
            B    Proteïene
            C    Koolhidrate
            D    Lipiede

    1.1.8   Die diagram hieronder toon ensiemwerking.

                P              Q              R                   S      T

            Wat stel Q hierbo voor?

            A    ŉ Ensiem
            B    Ensiem-substraat-kompleks
            C    Produk
            D    Substraat

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com

(EC/NOVEMBER 2019)                                      LEWENSWETENSKAPPE V1                             5

  1.1.9    Die grafiek hieronder toon die effek van temperatuur op ensiemaktiwiteit.

                                         6.0
                                         5.0

                     Ensiemaktiwiteit.
                                         4.0
                                         3.0
                                         2.0
                                         1.0
                                         0.0
                                               0   20        30       40       50
                                                                  °
                                                   Temperatuur ( C)

           Watter gevolgtrekking kan uit die bostaande grafiek gemaak word?

           A          Hoe hoër die temperatuur, hoe hoër is die tempo van ensiemaktiwiteit.
           B          Ensieme word deur hoë temperature gedenatureer.
           C          ŉ Toename in ensiemaktiwiteit laat temperatuur styg.
           D          Ensieme funksioneer goed by uiters lae temperature.

  1.1.10 Die senuwee-weefsel wat impulse vanaf die sintuigorgane (reseptore) na die
         sentrale senuweestelsel vervoer:

           A          Motoriese
           B          Sensoriese
           C          Bipolêre
           D          Inter/verbindings                                                   (10 x 2)       (20)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com

6                                  LEWENSWETENSKAPPE V1                        (EC/NOVEMBER 2019)

 1.2     Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf
         slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.10) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.2.1       ŉ Tekorte siekte wat deur die vergeling van plantblare gekenmerk
                     word

         1.2.2       Die boustene van lipiede

         1.2.3       Selle wat ryk aan hemoglobien is en suurstof na alle liggaamsdele
                     vervoer

         1.2.4       Die produksie van geneties identiese organismes

         1.2.5       ŉ Tekorte siekte wat verband hou met bloeiende tandvleis

         1.2.6       Weerstand teen infeksie deur organismes wat siekte veroorsaak

         1.2.7       Selorganelle wat sentrums vir sellulêre respirasie is

         1.2.8       Groen pigment wat in groen plante voorkom

         1.2.9       Die eenhede wat gebruik word om die klein struktuur van 'n sel met
                     behulp van ŉ mikroskoop te meet

         1.2.10      Die apparaat wat gebruik word om die transpirasietempo te meet
                                                                               (10 x 1)           (10)

 1.3     Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op
         SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM
         II nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
         vraagnommer (1.3.1–1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                           KOLOM I                                   KOLOM II
         1.3.1 Ongedifferensieerde selle kom voor           A:   Meristematiese weefsel
               op die punte van stingels en wortels         B:   Permanente weefsel
               wat aktief deur mitose verdeel word
               om nuwe selle te produseer
         1.3.2 Die versagting van bene by kinders           A:   Ragitis
               wat lei tot frakture en been-                B:   Artritis
               misvorming
         1.3.3 Soogdierweefsel                              A:   Spier
                                                            B:   Bloed
                                                                                    (3 x 2)        (6)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com

(EC/NOVEMBER 2019)                       LEWENSWETENSKAPPE V1                                    7

 1.4    Die diagram hieronder toon ŉ groep soogdierweefsels.

        1.4.1        Skryf die LETTER en die NOMMER van die weefsel/sel neer:

                     (a)   Vorm bene wat die skelet van soogdiere vorm                           (2)

                     (b)   Dra impulse vanaf die sentrale senuweestelsel na die effektore
                           (spiere of klier)                                                     (2)

                     (c)   Verantwoordelik vir vrywillige beweging, soos beenbewegings
                           tydens loopbeweging                                                   (2)

                     (d)   Bevat mikroskopiese haaragtige projeksies in die voering van
                           neusholtes en lugpyp                                                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com

8                             LEWENSWETENSKAPPE V1                      (EC/NOVEMBER 2019)

 1.5   Bestudeer die onderstaande tabel en vul die ontbrekende woorde in wat met
       die nommers (1.5.1–1.5.6) aangedui is. Skryf SLEGS die korrekte antwoord
       langs die ooreenstemmende nommer neer.

                     WEEFSEL/SEL                        FUNKSIE
                        Bloed                              1.5.1
                                              Bevat hemoglobien wat die bloed
                       1.5.2                          rooi kleur gee
                   Witbloedselle                           1.5.3
                       1.5.4                         Vorm bloedklonte
                  Chlorenchiem                             1.5.5
                Sponsagtige mesofil                        1.5.6
                                                                         (6 x 1)     (6)

                                                        TOTAAL AFDELING A:           50

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com

(EC/NOVEMBER 2019)                    LEWENSWETENSKAPPE V1                                 9

 AFDELING B

 VRAAG 2

 2.1    Die diagramme hieronder stel verskillende fases van ŉ bepaalde proses
        voor.

        2.1.1   Identifiseer die proses hierbo voorgestel.                           (1)

        2.1.2   Benoem strukture A, B en C.                                          (3)

        2.1.3   Watter fase word deur diagram 3 voorgestel?                          (1)

        2.1.4   Teken ŉ benoemde diagram van ŉ fase wat volg op die fase
                genoem in VRAAG 2.1.3 hierbo.                                        (3)

        2.1.5   Verduidelik wat sou gebeur as die proses in VRAAG 2.1.1 genoem,
                nie plaasvind nie.                                                   (2)

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com

10                                 LEWENSWETENSKAPPE V1                       (EC/NOVEMBER 2019)

 2.2   Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg.

                            Piek beenmassa
                                                         Ouderdomsverwante
                                                         beenverlies

        Beenmassa
                                                                            Mans

                                             Menopousale
                                                                           Vroue
                                             beenverlies

                                      Ouderdom (jare)

       2.2.1        Noem die siekte van die skeletstelsel waarin bene as gevolg van
                    swak beenvorming gebuig word.                                          (1)

       2.2.2        Beskryf die verband tussen beendigtheid en ouderdom.                   (2)

       2.2.3        Met verwysing na die grafiek, wanneer word die piek beendigtheid
                    by mans en vroue gevorm?                                               (2)

       2.2.4        Gee TWEE redes waarom gewigoptel-oefeninge en kalsiumryke
                    voedsel die risiko vir lae beendigtheid kan verlaag.                   (2)

       2.2.5        Noem watter deel van die liggaam deur die kranium beskerm word.        (1)

       2.2.6        Afgesien van die beskerming, noem enige ander DRIE funksies van
                    ŉ skelet.                                                              (3)

 2.3   Noem en beskryf DRIE verskillende skeletsisteme wat in lewende
       organismes voorkom.                                      (3 x 2)                    (6)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com

(EC/NOVEMBER 2019)                    LEWENSWETENSKAPPE V1                                       11

2.4     Die volgende diagramme stel verskillende soorte selle voor.

        2.4.1    Identifiseer die tipe selle wat deur diagramme I en II voorgestel
                 word.                                                                       (2)

        2.4.2    Gee die NOMMER en die NAAM van die organel wat as
                 opbergplek vir water- en minerale soute dien.                               (2)

        2.4.3    Voorsien byskrifte vir dele A, B en C.                                      (3)

        2.4.4    Noem of deel D deurlaatbaar, ondeurdringbaar of selektief
                 deurlaatbaar is. Gee EEN rede vir jou antwoord.                             (3)

        2.4.5    ŉ Plantsel op ŉ foto word op 15 mm dwarsoor gemeet. As die
                 werklike grootte van die sel 0,015 mm is, wat is die vergroting op
                 die foto?                                                                   (3)
                                                                                            [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com

12                              LEWENSWETENSKAPPE V1                             (EC/NOVEMBER 2019)

VRAAG 3

3.1   Lees die volgende gedeelte en beantwoord die vrae wat volg.

      Kanker veroorsaak meer sterftes in Suid-Afrika as MIV/vigs, tuberkulose en
      malaria. Dit is die oorsaak van ongeveer een uit elke vier sterftes, wat beteken
      dat 25% van die sterftes weens kanker is. Wêreldwyd is longkanker boaan die
      lys vir mans, gevolg deur prostaatkanker en kolorektale kanker. By vroue is
      borskanker die algemeenste; dan servikale / baarmoederkanker en longkanker.
      Die top vyf kankers volgens koste was: leukemie (R280 000) veelvuldige
      myeloom (R230 000), kanker van die sentrale senuweestelsel (R180 000),
      longkanker (R160 000) en kolorektale kanker (R120 000), gemiddeld per geval.
                            [Bron: www.iol.co.za/cancer. Toegang op 15 September 2018 verkry.]

      3.1.1    Wat is kanker?                                                                       (1)

      3.1.2    Watter tipe kanker kom die meeste by mans voor?                                      (1)

      3.1.3    Noem TWEE maniere waarop kanker behandel kan word.                                   (2)

      3.1.4    Gebruik die inligting in die onderstaande tabel en teken ŉ kolomgrafiek
               om die top vyf kankers en hul koste per geval aan te toon.

                        TIPE KANKER                           KOSTE PER GEVAL
               Leukemie                                           R280 000
               Veelvuldige myeloom                                R230 000
               Kanker van die sentrale                            R180 000
               senuweestelsel
               Longkanker                                           R160 000
               Kolorektale kanker                                   R120 000                        (6)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com

(EC/NOVEMBER 2019)                   LEWENSWETENSKAPPE V1                                    13

3.2    Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

       3.2.1    Noem die dele gemerk A–D.                                                     (4)

       3.2.2    Verduidelik enige TWEE strukturele aanpassings van deel D wat dit in
                staat stel om sy funksie effektief te verrig.                                 (4)

       3.2.3    Wat is die versamelnaam van die weefsels wat water en voedsel
                vervoer, in die struktuur hierbo?                                             (1)

       3.2.4    Gee EEN funksie van deel B.                                                   (1)

       3.2.5    Tabuleer TWEE verskille tussen ŉ dwarssnitstruktuur van ŉ wortel en ŉ
                stam.                                                                         (5)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com

14                              LEWENSWETENSKAPPE V1                         (EC/NOVEMBER 2019)

 3.3 ŉ Groep graad 10-leerders het ŉ eksperiment uitgevoer om te toets of sekere
     voedingstowwe teenwoordig is. Hulle het eierwit, glukose-oplossing,
     styselpoeieroplossing sowel as olyfolie gebruik. Die apparaat is opgestel soos
     hieronder aangedui.

      3.3.1    Wat is die doel van Toets 1 en Toets 2 in die bostaande diagram?                   (2)

      3.3.2    Identifiseer:

               (a)   Oplossing X                                                                  (1)

               (b)   Oplossing Y                                                                  (1)

      3.3.3    Wat is die positiewe resultate vir kleur 1 en kleur 2 in bogenoemde toetse?        (2)

      3.3.4    Gee TWEE voorsorgmaatreëls wat in ag geneem moet word by die
               opstelling van bogenoemde apparaat.                                                (2)

      3.3.5    Lys enige DRIE stappe wat in die beplanning van die eksperiment hierbo
               gevolg is.                                                                         (3)

      3.3.6    Stel EEN manier voor waarop die betroubaarheid van die eksperiment
               kan verbeter.                                                                      (1)

      3.3.7    Waar in die diereweefsel kan jy die organiese verbindings vind wat in
               toets 1 getoets is?                                                                (1)

      3.3.8    Gee EEN biologiese belang van die verbinding wat getoets is in:

               (a)   Toets 1                                                                      (1)

               (b)   Toets 2                                                                     (1)
                                                                                                [40]

                                                                TOTAAL AFDELING B:              80
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com

(EC/NOVEMBER 2019)                   LEWENSWETENSKAPPE V1                                      15

 AFDELING C

 VRAAG 4

 ŉ Blaar is een van die belangrikste organe van ŉ plant. Beskryf hoe die blaar
 aangepas is om die funksies van fotosintese, transpirasie, respirasie en guttasie uit
 te voer.

                                                                             Inhoud:           (17)
                                                                             Sintese:           (3)

 LET WEL:       GEEN punte word toegeken vir antwoorde in die vorm van
                vloeidiagramme, tabelle of diagramme nie.

                                                             TOTAAL AFDELING C:                 20
                                                                 GROOTTOTAAL:                  150

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com



## Related documents

- [LIFE SCIENCES P1 GR10 QP NOV2019 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-gr10-qp-nov2019-eng-d/cded76a6-8260-402d-9435-3f582ce6818b) — Life Sciences · QP · 2019 · Eng
- [LIFE SCIENCES P1 GR10 MEMO NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-gr10-memo-nov2019-afrikaans/0657e915-6679-4c6b-881b-40a1f15851b9) — Life Sciences · Memo · 2019 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 GR10 NOV .2019 EngD](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr10-nov-2019-engd/f55efed9-bce4-4582-b2e4-a2da60b806f6) — Life Sciences · QP · 2019
- [LIFE SCIENCES P2 GR10 NOV .2019 AfrD](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr10-nov-2019-afrd/b29b227c-5b7f-4cbe-bcbf-20ba3d23a1ba) — Life Sciences · QP · 2019
- [NW NSC GR 10 LIFE SCIENCES P1 AFR NOV 2019](https://www.hlayiso.com/library/nw-nsc-gr-10-life-sciences-p1-afr-nov-2019/7116547d-b8e4-4df7-ba4f-b2806693b26f) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [NW NSC GR 10 LIFE SCIENCES P1 ENG NOV 2019](https://www.hlayiso.com/library/nw-nsc-gr-10-life-sciences-p1-eng-nov-2019/d0028f12-ce82-4394-bf39-72482841f25d) — Life Sciences · QP · 2019 · Eng

## More from Grade 10 Life Sciences

- [Gr10-Lewenswetenskappe-OG-studyguide LR](https://www.hlayiso.com/library/gr10-lewenswetenskappe-og-studyguide-lr/8e3e18e1-6b71-4e05-952d-de0944ef8eff) — Guide
- [Gr10-Life-Sciences-TG-studyguide LR](https://www.hlayiso.com/library/gr10-life-sciences-tg-studyguide-lr/5615738c-106e-4a50-9536-78ad61f5ee23) — Guide
- [KZN Life Sciences Grade 10 March 2026 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-life-sciences-2026-kzn-march-test-question-paper-and-memorandum/a3348de3-4618-469e-a3dc-d828cb2b83c5) — QP + Memo · 2026
- [Grade 10 Life Sciences P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-life-sciences-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1/7cd01b5e-09b4-433c-9125-b004c26811cd) — Memo · 2026 · Eng
- [Grade 10 Life Sciences P2 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-life-sciences-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-2/deda828d-ebf9-499d-a570-e4ba51257bbb) — Memo · 2026 · Eng
- [Grade 10 Life Sciences P1 November 2026 Mock 2 Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-life-sciences-2026-november-mock-exam-2-memorandum-paper-1/2cca23be-2318-4e79-adc5-bc33177854a5) — Memo · 2026 · Eng

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
