# Life Sciences Grade 10 P1 Eastern Cape November 2020 QP

> Grade 10 Life Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2020 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-gr10-qp-nov2020-afrikaans/9a5cbe7e-959f-4d2a-9da5-f96cc96618fd
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/life-sciences) › [Life Sciences Grade 10 P1 Eastern Cape November 2020 QP](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-gr10-qp-nov2020-afrikaans/9a5cbe7e-959f-4d2a-9da5-f96cc96618fd)

## About this document

Life Sciences · Grade 10 · Eastern Cape November · 2020 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [LIFE SCIENCES P1 GR10 MEMO NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-gr10-memo-nov2020-afrikaans/0b8ac40d-1249-40bd-946c-fdf77a899432) — Memo · 2020 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                  SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 10

                    NOVEMBER 2020

                LEWENSWETENSKAPPE V1
                    (EKSEMPLAAR)

PUNTE: 150

TYD:   2½ uur

                  Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

### Page 2

2                          LEWENSWETENSKAPPE V1                                (EC/NOVEMBER 2020)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.

 1.     Beantwoord AL die vrae.

 2.     Skryf AL die antwoorde in jou ANTWOORDEBOEK.

 3.     Begin ELKE vraag boaan ŉ NUWE bladsy.

 4.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is.

 5.     Bied jou antwoorde aan volgens die instruksies van elke vraag.

 6.     Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink.

 7.     Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.

 8.     Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
        NIE.

 9.     MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

 10.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik
        waar nodig.

 11.    Rond ALLE berekeninge af tot twee desimale na die komma.

 12.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/NOVEMBER 2020)                                      LEWENSWETENSKAPPE V1                   3

 AFDELING A

 VRAAG 1

 1.1   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
       Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
       vraagnommers (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
       1.1.11 D.

       1.1.1    Die algemene funksie van kalsium en fosfor by soogdiere is dat dit ...

                A       vorm deel van nukleïensuur.
                B       ŉ rol speel in die sintese van proteïene.
                C       voorkom ragitis.
                D       by die vorming van hemoglobien betrokke is.

       1.1.2    Watter van die volgende stowwe word deur die wortelhare uit die grond
                geabsorbeer?

                (i)     Minerale ione
                (ii)    Nitrate
                (iii)   Suurstof
                (iv)    Humus
                (v)     Water

                A       Slegs (i) en (ii)
                B       (i), (ii), (iv) en (v)
                C       (i), (ii), (iii), (iv) en (v)
                D       (i), (ii), (iii) en (v)

       1.1.3    By watter van die volgende prosesse is mitose NIE betrokke NIE?

                A       Produksie van sperms in die testes.
                B       Vervanging van selle in ŉ sny deur die vel.
                C       Groei van ŉ organisme.
                D       Produksie van identiese dogterselle.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

4                          LEWENSWETENSKAPPE V1                                   (EC/NOVEMBER 2020)

       VRAAG 1.1.4 en 1.1.5 is gebaseer op die onderstaande diagram wat die sel
       toon wat in ŉ sterk soutoplossing geplaas is.

       1.1.4   Die diagram hierbo stel ... voor.

               A     diffusie
               B     osmose
               C     plasmolise
               D     turgordruk

       1.1.5   Hoe sal die waterpotensiaal by 1, 2 en 3 vergelyk?

               A     Waterpotensiaal by 2 en 3 is hoër as 1.
               B     Waterpotensiaal by 1, 2 en 3 is gelyk.
               C     Waterpotensiaal by 3 is hoër as by 1 en 2.
               D     Waterpotensiaal by 1 is hoër as by 2 en 2 is hoër as by 3.

      1.1.6    Tamaties is rooi omdat ...

               A     meer suurstof deur ryp tamaties opgeneem word.
               B     baie chloroplaste word gevorm.
               C     pigmente in sel sap gevorm word.
               D     baie chromoplaste word gevorm.
      1.1.7    Watter eienskap van ensieme word deur die reeks diagramme hieronder
               voorgestel?

               A     Ensieme kan ŉ chemiese reaksie bespoedig.
               B     Ensieme kan die aktiveringsenergie verlaag.
               C     Ensieme is proteïene.
               D     Ensieme is spesifiek in hul funksie.

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/NOVEMBER 2020)                          LEWENSWETENSKAPPE V1                                 5

       1.1.8     Watter van die volgende is eienskappe van eritrosiete?

                 (i)     Bevat hemoglobien.
                 (ii)    Vernietig bakterieë.
                 (iii)   Help met bloedstolling.
                 (iv)    Geproduseer in sponsagtige weefsel van lang eritrosiete.

                 A       (i) en (iv)
                 B       (ii) en (iii)
                 C       (iii) en (iv)
                 D       (i) en (ii)

       1.1.9     Die tabel hieronder toon die verskille tussen plant- en dierselle.
                 Watter vergelyking is verkeerd?

                                  Plantsel                            Diersel
                 A       Groot vakuool                    Vakuool is klein of afwesig
                 B       Selmembraan teenwoordig          Selmembraan afwesig
                 C       Sellulose selwand teenwoordig    Geen sellulose selwand nie
                 D       Chloroplaste teenwoordig         Geen chloroplaste nie

       1.1.10    Bestudeer die onderstaande diagram.

                 Die hooffunksie van die plantorgaan in die diagram hierbo is …

                 A       vervoer van water vanaf wortels na blare.
                 B       berging van water en minerale soute.
                 C       toenemende oppervlak vir absorpsie.
                 D       beweging van stowwe deur die plant.                     (10 x 2)     (20)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

6                          LEWENSWETENSKAPPE V1                                 (EC/NOVEMBER 2020)

 1.2   Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
       Skryf SLEGS die term langs die vraagnommers (1.2.1–1.2.10) in die
       ANTWOORDEBOEK neer.

       1.2.1    Koolhidrate wat uit drie of meer monosakkariede bestaan

       1.2.2    Die chemiese element in hemoglobien wat noodsaaklik is vir die
                vervoer van suurstof

       1.2.3    Die wasagtige laag wat die blaar bedek, wat oormatige verlies aan
                water deur verdamping voorkom

       1.2.4    ŉ Opening waardeur die rugmurg die skedel verlaat

       1.2.5    Bloedgroep bekend as ŉ universele skenker

       1.2.6    Gebruik van chemiese middels om kanker te behandel

       1.2.7    Vette wat hoofsaaklik van plante afkomstig is en is vloeibaar by
                kamertemperatuur

       1.2.8    Die tipe weefsel in die vaatbundel wat sekondêre verdikking
                veroorsaak

       1.2.9    ŉ Versameling selle van dieselfde tipe wat dieselfde funksie verrig

       1.2.10 Die verlies aan water in die vorm van waterdamp deur lugdele van ŉ
              plant                                                                        (10)

 1.3   Dui aan of elkeen van die stellings in KOLOM A van toepassing is op SLEGS
       A, SLEGS B, BEIDE A EN B, of GEEN van die items in KOLOM B nie. Skryf
       slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommers
       (1.3.1–1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                       KOLOM A                                KOLOM B
       1.3.1    Reaksies      waarby  ensieme      A:    Anabolies
                betrokke is                        B:    Katabolies
       1.3.2    Die medium waarin chemiese         A:    Ensieme
                reaksies    in    die liggaam      B:    Water
                plaasvind
       1.3.3    Die wetenskaplike wat die          A:    Robert Hooke
                elektronmikroskoop in 1939         B:    Max Knott
                uitgevind het
                                                                               (3 x 2)      (6)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/NOVEMBER 2020)                         LEWENSWETENSKAPPE V1                                  7

 1.4   Die onderstaande diagram stel ŉ sinoviale gewrig voor.

       1.4.1    Benoem dele A en B.                                                            (2)

       1.4.2    Identifiseer die sinoviale gewrig wat in die diagram hierbo geïllustreer
                word.                                                                          (1)

       1.4.3    Verduidelik wat sou gebeur as vloeistof in die holte gemerk C uitdroog.        (2)

       1.4.4    Noem TWEE siektes wat die gewrigte kan aantas.                                 (2)

 1.5   Voltooi die onderstaande tabel wat gebaseer is op chemiese toetse vir
       organiese voedselverbindings:

       Organiese                   Chemiese reagens         Verander vir ŉ positiewe
       verbindings                                          resultaat
                                                            Bruin jodiumoplossing word
       Stysel
                                   1.5.1                    blou-swart
       Proteïene                   1.5.2                    1.5.3
       1.5.4                       Eter                     1.5.5
       1.5.6                       1.5.7                    Oranje-bruin kleur resultate       (7)

                                                                 TOTAAL AFDELING A: 50

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

8                                 LEWENSWETENSKAPPE V1                                     (EC/NOVEMBER 2020)

 AFDELING B

 VRAAG 2

 2.1   Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

       Soms, tydens selmetabolisme word chemiese stowwe wat giftig vir die liggaam
       is, gevorm. Die liggaamselle word egter nie vernietig nie weens die
       aanwesigheid van ensieme wat hierdie giftige stowwe in skadelose produkte
       ontbind. Een so ŉ giftige stof wat tydens normale sellulêre reaksies as ŉ
       neweproduk vrygestel word, is waterstofperoksied. Die ensiem, katalase,
       verseker egter dat hierdie giftige stof so vinnig as moontlik in twee onskadelike
       produkte omgeskakel word.

         2H2O2                         2H2O +          O2
        waterstofperoksied             water         suurstof

                                                    [Bron: Liesl Sterrenberg en Helena Fouche, 1975]

       2.1.1    (a)     Wat is die funksie van ŉ ensiem?                                               (2)

                (b)     Beskryf die voordele wat mense het as gevolg van die funksie van
                        ensieme wat in VRAAG 2.1.1 genoem word.                                        (2)

                (c)     Identifiseer TWEE skadelose produkte wat tydens die ontbinding
                        van waterstofperoksied vrygestel word.                                         (2)

                (d)     Watter effek het die betrokkenheid van ŉ ensiem by ŉ chemiese
                        reaksie op sy struktuur en sy vermoë om aan daaropvolgende
                        reaksies deel te neem?                                                         (2)

       2.1.2    ŉ Eksperiment is uitgevoer om die effekte van verskillende temperature
                op die werking van die ensiemkatalase, wat in rou hoenderlewers
                voorkom, te bepaal. Die apparaat is opgestel soos hieronder aangetoon.

                (a)          Formuleer ŉ hipotese vir hierdie ondersoek.                               (2)

                (b)          In watter proefbuise A, B of C sou die reaksie die vinnigste
                             plaasvind? Gee ŉ rede vir jou antwoord.                                   (2)

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/NOVEMBER 2020)                          LEWENSWETENSKAPPE V1                               9

                (c)     Watter waarneming dui op ŉ positiewe reaksie van die katalase?        (1)

                (d)     Watter resultate sal na die eksperiment in proefbuise A en B
                        onderskeidelik waargeneem word?                                       (4)

                (e)     Noem die eienskap van ensieme wat in hierdie ondersoek
                        ondersoek word.                                                       (1)

                (f)     Identifiseer die TWEE faktore wat konstant in hierdie ondersoek
                        gehou moet word.                                                      (2)

                (g)     Gee ŉ rede waarom die ondersoek meer as een keer herhaal is
                        deur baie monsters te gebruik.                                        (1)

 2.2   Bestudeer die onderstaande mikrofoto’s wat twee organelle toon.

                      Organel 1                                        Organel 2

       2.2.1    Identifiseer organelle 1 en 2 onderskeidelik.                                 (2)

       2.2.2    Watter EEN van die organelle hierbo word slegs in ŉ plantsel aangetref?       (1)

       2.2.3    Teken ŉ volledig benoemde diagram van organel 2.                              (5)

       2.2.4    In watter deel van organel 2 is die pigment verantwoordelik vir die
                opname van lig?                                                               (1)

       2.2.5    Ondersteun die stelling wat sê dat organel 1 die ‘kragstasie’ van die sel
                genoem word?                                                                  (2)

       2.2.6    Watter sel tussen ŉ spiersel en ŉ velsel bevat meer van organel 1?
                Verduidelik jou antwoord.                                                     (2)

       2.2.7    Tabuleer DRIE verskille tussen organelle 1 en organelle 2.                    (7)

       2.2.8    Bereken die werklike grootte van die mikrofoto van organel 2 in
                mikrometer as die grootte van die beeld met behulp van ŉ liniaal 86 mm
                is en die elektronmikroskopiese vergroting 4000x is.                          (3)
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

10                         LEWENSWETENSKAPPE V1                                (EC/NOVEMBER 2020)

 2.3   Bestudeer die onderstaande diagram.

       2.3.1   Verskaf die byskrif vir die diagram hierbo.                                 (1)

       2.3.2   Teken ŉ benoemde diagram van die bostaande struktuur en dui met ŉ
               pyl die vloeirigting van ŉ impuls aan.                                      (3)

       2.3.3   Identifiseer ŉ struktuur uit die diagram in VRAAG 2.3.2 met die volgende
               funksie:

               (a)   Verskaf voeding en energie aan die impuls

               (b)   Vorm ŉ sinoptiese gaping en vervoer impuls van die neuron af          (2)
                                                                                          [50]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/NOVEMBER 2020)                          LEWENSWETENSKAPPE V1                                 11

 VRAAG 3

 3.1   Die histogram hieronder toon die samestelling van diëte van twee mense.

       3.1.1    (a)   Noem TWEE soorte voedingstowwe uit dieet B uit die histogramme
                      wat ŉ soortgelyke persentasie dieet verteenwoordig.                        (2)

                (b)   Gee TWEE funksies van graan in ŉ diet.                                     (2)

                (c)   Bereken die verskil tussen die persentasies vrugte / groente in dieet
                      A en B?                                                                    (3)

                (d)   Watter dieet verskaf meer energie? Gee ŉ rede vir jou antwoord.            (2)

                (e)   Dieet B word deur ŉ vegetariër geëet, maar dit is duidelik dat hierdie
                      persoon ook suiwelprodukte verbruik. Verskaf bewyse uit die
                      grafiek.                                                                   (1)

       3.1.2    (a)   Definieer die term vetsug.                                                 (2)

                (b)   Gee EEN rede waarom vetsug as ŉ lewensbedreigende toestand
                      beskou word?                                                               (2)

                (c)   Diabetes is een van die siektes wat deur vetsug veroorsaak word.
                      Gee die oorsake en maniere waarop diabetes voorkom kan word.               (7)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 12

12                         LEWENSWETENSKAPPE V1                            (EC/NOVEMBER 2020)

 3.2   Die diagram hieronder toon ŉ tweesaadlobbige blaar:

       3.2.1   Gee TWEE funksies van hierdie plantorgaan.                              (2)

       3.2.2   Wat is die versamelnaam vir die dele gemerk A en C?                     (1)

       3.2.3   Noem die metaboliese proses wat by B plaasvind.                         (1)

       3.2.4   Identifiseer die LETTER en die NAAM van die weefsel met kompakte
               selle waar fotosintese plaasvind.                                       (2)

 3.3   Die onderstaande diagram toon ŉ deel van ŉ menslike skelet.

       3.3.1   Noem die sinoviale gewrig wat been C met bene D en E verbind.           (1)

       3.3.2   Gee die LETTERS van die bene waaruit die borsgordel bestaan.            (3)

       3.3.3   Verskaf byskrifte vir onderdele genommer F en G.                        (2)

       3.3.4   Skryf die aantal falanges in elke hand neer.                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/NOVEMBER 2020)                        LEWENSWETENSKAPPE V1                                13

       3.3.5    TWEE stelle spiere is onderskeidelik aan die voor- en agterkant van die
                humerus vasgemaak.

                (a)   Noem hierdie TWEE spiere.                                               (2)

                (b)   Noem die stof wat spierweefsel opbou en herstel.                        (1)

                (c)   Beskryf hoe hierdie spiere funksioneer om beweging te
                      bewerkstellig.                                                          (1)

                (d)   Wat sou die gevolge wees as die spier wat aan die agterkant van
                      die humerus vas is, nie funksioneer nie?                                (1)

 3.4   Die diagram hieronder toon ŉ sel wat ŉ fase in seldeling ondergaan, genaamd
       mitose.

       3.4.1    Identifiseer die fase van mitose wat hierbo voorgestel word.                  (1)

       3.4.2    Gee EEN rede vir jou antwoord op VRAAG 3.4.1.                                 (1)

       3.4.3    Identifiseer dele gemerk A, B en C.                                           (3)

       3.4.4    Noem die fase wat na die fase hierbo volg.                                    (1)

       3.4.5    Hoeveel chromosome sal aan die einde van mitose in die sel hierbo
                voorkom?                                                                      (1)

       3.4.6    Watter naam word gegee aan die abnormale en onbeheerbare verdeling
                van selle wat tot die vorming van ŉ gewas lei?                                (1)

       3.4.7    Noem DRIE biologiese belangrikhede van mitose.                               (3)
                                                                                            [50]

                                                                TOTAAL AFDELING B:          100
                                                                    GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

## Related documents

- [LIFE SC P1 QP GR10 NOV 2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sc-p1-qp-gr10-nov-2018-afrikaans/6369a975-f289-4a19-a7cc-86653673d2d2) — Life Sciences · QP · 2018 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR10 NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr10-nov2020-afrikaans/526feaf4-9afb-47ec-ad9f-5ddbc15dc1cc) — Life Sciences · Memo · 2020 · Afr
- [LIFE SCIENCES P1 GR10 MEMO NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-gr10-memo-nov2019-afrikaans/0657e915-6679-4c6b-881b-40a1f15851b9) — Life Sciences · Memo · 2019 · Afr
- [LIFE SC P1 MEMO GR10 NOV 2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sc-p1-memo-gr10-nov-2018-afrikaans/7ca9f0df-a921-4bcb-af62-db81d6542e85) — Life Sciences · Memo · 2018 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 GR10 QP NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr10-qp-nov2017-afrikaans/e55b43d9-9787-4f2e-9a65-128f985b3bfe) — Life Sciences · QP · 2017 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 GR10 MEMO NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr10-memo-nov2019-afrikaans/e7a029c4-1a57-4fd2-8fe0-7dd48b83d249) — Life Sciences · Memo · 2019 · Afr

## More from Grade 10 Life Sciences

- [Gr10-Lewenswetenskappe-OG-studyguide LR](https://www.hlayiso.com/library/gr10-lewenswetenskappe-og-studyguide-lr/8e3e18e1-6b71-4e05-952d-de0944ef8eff) — Guide
- [Gr10-Life-Sciences-TG-studyguide LR](https://www.hlayiso.com/library/gr10-life-sciences-tg-studyguide-lr/5615738c-106e-4a50-9536-78ad61f5ee23) — Guide
- [KZN Life Sciences Grade 10 March 2026 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-life-sciences-2026-kzn-march-test-question-paper-and-memorandum/a3348de3-4618-469e-a3dc-d828cb2b83c5) — QP + Memo · 2026
- [Gr 10 Life Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-life-sci-atp-2023-24/ed5e1ff0-929f-4365-8c9b-45bddb8d3048) — ATP
- [EC Life Sciences Grade 10 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-life-sciences-grade-10-june-2025-qp-and-memo/aa6599b4-f6e3-4768-8731-6f1e10a5494e) — QP + Memo · 2025
- [FS Life Sciences Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/fs-life-sciences-grade-10-march-2025-qp-and-memo/3c40be94-69ee-40e0-9355-f835c10d452c) — QP + Memo · 2025

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
