# Life Sciences Grade 11 P1 Eastern Cape November 2017 QP

> Grade 11 Life Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2017 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-gr11-qp-nov-2017-afrikaans/a693d4da-9b70-42ef-82a1-62364ab743e2
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/life-sciences) › [Life Sciences Grade 11 P1 Eastern Cape November 2017 QP](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-gr11-qp-nov-2017-afrikaans/a693d4da-9b70-42ef-82a1-62364ab743e2)

## About this document

Life Sciences · Grade 11 · Eastern Cape November · 2017 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [LIFE SCIENCES P1 GR11 MEMO NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-gr11-memo-nov2017-afrikaans/7df20d63-e42b-4304-a4c6-711f21b5ecc5) — Memo · 2017 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                              GRAAD 11

                     NOVEMBER 2017

                  LEWENSWETENSKAPPE V1

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                              *ILFSCA1*

                     Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                               LEWENSWETENSKAPPE V1                      (EC/NOVEMBER 2017)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat die vrae beantwoord
 word.

 1.      Beantwoord AL die vrae.

 2.      Skryf AL die antwoorde in jou ANTWOORDEBOEK.

 3.      Begin ELKE vraag boaan ŉ NUWE bladsy.

 4.      Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
         hierdie vraestel gebruik is.

 5.      Bied jou antwoorde aan volgens die instruksies van elke vraag.

 6.      ALLE sketse moet in potlood gemaak word en die byskrifte met blou of
         swart ink.

 7.      Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme SLEGS wanneer dit gevra
         word.

 8.      Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal
         geteken NIE.

 9.      MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

 10.     Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer
         gebruik waar nodig.

 11.     Skryf netjies en leesbaar.

 12.     Rond alle berekenings af tot twee desimale na die komma.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                   LEWENSWETENSKAPPE V1                                    3

 AFDELING A

 VRAAG 1

 1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
        Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
        vraagnommer (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
        1.1.11 D.
        1.1.1        Plante gebruik suurstof ...
                     A   voortdurend.
                     B   slegs gedurende die dag.
                     C   slegs gedurende die nag.
                     D   slegs tydens fotosintese.

        1.1.2        Watter van die volgende stowwe kan direk deur die bloed sonder
                     verdere vertering geabsorbeer word?
                     A   Proteïene
                     B   Stysel
                     C   Glukose
                     D   Vette

        1.1.3        Watter van die volgende vind tydens inaseming by die mens plaas?
                     A   Druk in die borsholte verminder
                     B   Die longe val plat
                     C   Die diafragma ontspan
                     D   Druk in die buikholte verminder

        1.1.4        Die tempo van asemhaling word gereguleer deur die medulla
                     oblongata, hoofsaaklik ...
                     A   onder willekeurige beheer.
                     B   na gelang van die suurstofvlakke van die bloed.
                     C   na gelang van die bloeddruk.
                     D   na gelang van die koolstofdioksiedvlakke van die bloed.

        1.1.5        Watter van die volgende is die korrekte volgorde van aktiwiteite wat
                     tydens nierfunksionering plaasvind?
                     A   drukfiltrasie  uitskeiding  herabsorpsie
                     B   herabsorpsie  drukfiltrasie  uitskeiding
                     C   uitskeiding  drukfiltrasie  herabsorpsie
                     D   drukfiltrasie  herabsorpsie  uitskeiding

        1.1.6        Watter van die volgende is deel van die menslike
                     bloedsomloopstelsel?
                     A   Glomerulus
                     B   Kronkelbuise
                     C   Henlé-boog
                     D   Kapsel van Bowman

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                 LEWENSWETENSKAPPE V1                      (EC/NOVEMBER 2017)

       1.1.7     Watter van die volgende is ŉ digtheidsafhanklike faktor?

                 A     Droogte
                 B     Temperatuur
                 C     Predasie
                 D     Vuur

       1.1.8     Die siekte wat ontstaan as gevolg van ŉ onvoldoende inname van
                 energiekosse:

                 A     Kwasjiorkor
                 B     Marasmus
                 C     Arterosklerose
                 D     Bulimie

       1.1.9     Watter EEN van die volgende stellings is WAAR ten opsigte van die
                 verwantskap tussen ŉ predator en sy prooi?

                 A     Daar is interspesifieke kompetisie.
                 B     Die grootte van die predator-populasie is digtheidsafhanklik en
                       word beheer deur die grootte van die prooibevolking.
                 C     ŉ Toename in die aantal predatore lei tot ŉ groter aantal prooi.
                 D     ŉ Vermindering in die aantal roofdiere lei tot ŉ afname in die
                       aantal prooi.

       1.1.10    Proefbuise A en B hieronder is in helder lig geplaas.

                         slakke                        waterplant

                                                         water

                                          A                                   B

                 Watter van die volgende is korrek met betrekking tot die proefbuise?

                 A     Die hoeveelheid CO2 in proefbuis A sal afneem
                 B     Die hoeveelheid CO2 in proefbuis B sal toeneem
                 C     Die hoeveelheid O2 in proefbuis B sal toeneem
                 D     Die hoeveelheid O2 in proefbuis A sal toeneem           (10 x 2)      (20)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                  LEWENSWETENSKAPPE V1                                         5

 1.2    Gee die korrekte BIOLOGIESE TERM vir elk van die volgende beskrywings.
        Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die
        ANTWOORDEBOEK neer.

        1.2.1        Die groen, ligsensitiewe pigment wat in plantblare voorkom en ŉ rol
                     tydens fotosintese speel

        1.2.2        Die splitsing van watermolekules in waterstof en suurstof in die
                     teenwoordigheid van lig

        1.2.3        Die setel van reaksies wat tydens die donkerfase van fotosintese in
                     die chloroplast plaasvind

        1.2.4        Die klein vingeragtige uitsteeksels in die dundermwand

        1.2.5        Die verteringsprodukte word deel van die protoplasma van die
                     liggaamselle

        1.2.6        ŉ Gebreksiekte by kinders wat deur ŉ hoë koolhidraatinhoud, maar
                     onvoldoende proteïene, in die dieet veroorsaak word

        1.2.7        Die dood van alle lede van ŉ bepaalde spesie

        1.2.8        Die algemene term wat die plantspesies beskryf wat heel eerste ŉ
                     omgewing bewoon                                            (8 x 1)              (8)

 1.3    Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op
        SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A en B of GEENEEN van die items in KOLOM II
        nie. Skryf SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A en B of GEENEEN langs die
        vraagnommer (1.3.1–1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.4
        SLEGS B.

                                  KOLOM І                                 KOLOM ІІ
        1.3.1        Buis wat urien van die nier na die blaas       A: ureter
                     vervoer                                        B: uretra
        1.3.2        Die hormoon(e) wat deur die byniere            A: ADH
                     afgeskei word om die soutkonsentrasie van
                     die bloed te reguleer                          B: aldosteroon
        1.3.3        Kenmerkende eienskap(pe) van ŉ dalende         A: hoë sterftesyfer
                     bevolking                                      B: lae geboortesyfer
                                                                                     (3 x 2)         (6)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                                     LEWENSWETENSKAPPE V1                       (EC/NOVEMBER 2017)

 1.4   Die grafiek hieronder toon die groeipatroon van ŉ konynbevolking in ŉ spesifieke
       habitat oor 20 jaar.

                                            A         B     C            D

                     BEVOLKINGSGROOOTTE

                                                      TYD (JARE)

       1.4.1    Identifiseer die groeipatroon wat in die bostaande grafiek geïllustreer
                word.                                                                                                   (1)

       1.4.2    Noem die fases A–D.                                                                                     (4)

       1.4.3    Gedurende watter fase:

                (a)                       Is nataliteit gelyk aan mortaliteit?                                          (1)

                (b)                       Is die bevolkingsgroei die vinnigste?                                         (1)

                (c)                       Oorskry nataliteit mortaliteit in die grootste mate?                          (1)

                (d)                       Kom omgewingsweerstand in werking?                                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                                                 Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)              LEWENSWETENSKAPPE V1                                         7

 1.5    Bestudeer die bevolkingspiramide hieronder.

                                    ouderdom

                         Mans (%)                            Vroue (%)

        1.5.1   Stel die piramide ŉ ontwikkelde of ontwikkelende land voor?                        (1)

        1.5.2   Watter geslag lewe die langste, soos deur hierdie piramide getoon?                 (1)

 1.6    Bestudeer die diagram en beantwoord dan die vrae:

                Blaar B met
                geperforeerde tinfoelie

                             Blaar A

                Kaliumhidroksied /
                Natriumhidroksiedoplossing

        1.6.1   Hoekom is die plant vir 48 uur lank in ŉ donker plek gehou voordat dit in
                sonlig geplaas is?                                                                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                               LEWENSWETENSKAPPE V1                    (EC/NOVEMBER 2017)

       1.6.2    Deur te kyk na die diagramme wat getoon word, watter blaar (A of B)
                sal gebruik word:

                (a)   Om te wys dat CO2 vir fotosintese nodig is                         (1)

                (b)   Om te wys dat lig vir fotosintese nodig is                         (1)

       1.6.3    Wat is die rol van die kaliumhidroksied/natriumhidroksied in hierdie
                eksperiment?                                                             (1)

       1.6.4    Watter chemikalie sal jy gebruik om te toets of fotosintese wel
                plaasvind?                                                               (1)

                                                             TOTAAL AFDELING A:          50

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                 LEWENSWETENSKAPPE V1                                    9

 AFDELING B

 VRAAG 2

 2.1    Wanneer lig op die waterplant, Elodea sp, skyn word gasborrels vrygestel.
        Die tempo waarteen die gasborrels geproduseer word, kan gebruik word om
        die tempo van fotosintese te meet. ŉ Ondersoek is uitgevoer om die effek
        wat verskillende kleure lig op die tempo van fotosintese in Elodea het, te
        bestudeer.

        Die apparaat is opgestel soos in die diagram hieronder getoon.

           Die waterplant is blootgestel aan een kleur lig en is vir 5 minute gelos
            voordat metings geneem is.
           Na elke 20 borrels wat vrygelaat is, is die tyd aangeteken
           Die prosedure is herhaal telkens met verskillende kleure lig maar met
            dieselfde intensiteit.
           Die resultate word in die tabel hieronder getoon.

                     Kleur van die lig            Tyd (in sekondes) vir elke 20
                                                        borrels wat vorm
                          Violet                                80
                          Groen                                 40
                           Blou                                160
                          Rooi                                 140
                          Geel                                  70

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                  LEWENSWETENSKAPPE V1                (EC/NOVEMBER 2017)

       2.1.1 Watter kleur lig is die beste vir fotosintese?                            (1)

       2.1.2 Noem die:

               (a)       Onafhanklike veranderlike                                     (1)

               (b)       Afhanklike veranderlike                                       (1)

               (c)       Twee vaste veranderlikes                                      (2)

       2.1.3 Bereken die gemiddelde tyd wat dit neem om 20 borrels, vir al die
             kleure saam, vry te stel. Toon al jou berekeninge.                        (2)

       2.1.4 Teken ŉ staafgrafiek van die resultate wat in die tabel getoon word.      (6)

 2.2   Bestudeer die onderstaande diagramme met enkele dele van die menslike
       asemhalingstelsel. Beantwoord die vrae wat volg.

                     A

                     B

                                                                   Proses 1

           C

           D

                               E

                                                     Proses 2

       Dele van die menslike asemhalingstelsel

       2.2.1 Identifiseer dele A, B en C.                                              (3)

       2.2.2 Watter proses in die bostaande diagramme illustreer inaseming
             (Proses 1 of Proses 2)?                                                   (1)

       2.2.3 Gee TWEE redes vanuit die diagramme om jou antwoord op
             VRAAG 2.2.2 te ondersteun.                                                (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)              LEWENSWETENSKAPPE V1                                        11

        2.2.4 Gee die LETTERS en die NAME van die spiere, wat in die diagram
              getoon word, wat by inaseming betrokke is.                                    (4)

        2.2.5 Teken en benoem ŉ diagram wat gaswisseling oor ŉ alveolus toon.
              Gebruik pyltjies om die rigting waarin die gasse beweeg te wys.               (5)

        2.2.6 Wanneer ŉ mens ŉ verwarmer gebruik om ŉ kamer te verwarm, word
              daar aanbeveel om ŉ bakkie water langs die verwarmer te plaas.
              Verduidelik die doel van hierdie praktyk.                                     (4)

        2.2.7 ŉ Persoon se torakale wand word tydens ŉ motorongeluk aangetas.
              Verduidelik hoe hierdie besering die asemhalingsproses sal
              beïnvloed.                                                                    (2)

 2.3    Bestudeer die voorstelling van ŉ Malpighi-liggaampie in die nefron.

        2.3.1   Identifiseer die voorstelling van ŉ gedeelte van die nefron wat getoon
                word.                                                                       (1)

        2.3.2   Noem die gedeeltes wat A en B gemerk is.                                    (2)

        2.3.3   Verduidelik waarom die bostaande diagram nie een van die
                strukturele aanpassings vir die proses wat daarin plaasvind,
                akkuraat verteenwoordig nie.                                                (3)
                                                                                           [40]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                  LEWENSWETENSKAPPE V1                       (EC/NOVEMBER 2017)

 VRAAG 3

 3.1     Bestudeer die volgende tabel wat die vloeitempo en konsentrasie van sekere
         stowwe in gebiede A, B, C en D van die nefron in die menslike nier toon.

          Deel            Vloei-                 Opgeloste konsentrasie (g/100cm3)
          van             tempo
         nefron         (cm3/min)   Proteïene     Glukose   Natrium-   Ammonium-         Ureum
                                                              ione       ione
            A               4           0           0,0         0,60       0,04          1,80
            B              200          0           0,1         0,72         0           0,05
            C               40          0           0,0         0,30         0           0,15
            D             2000          7           0,1         0,72         0           0,05

        3.1.1     Noem, met ŉ rede, watter van die dele (A, B, C of D) van die nefron
                  die volgende voorstel:

                  (a)      Afferente arteriool                                                         (2)

                  (b)      Kapsel van Bowman (Kapsulêre ruimte)                                        (2)

                  (c)      Henlé-boog                                                                  (2)

                  (d)      Buis van Bellini/Versamelbuis                                               (2)

 3.2    In ŉ ondersoek om die grootte van die slakbevolking in ŉ tuin te bepaal, is slakke
        willekeurig versamel. Elkeen is met ŉ X gemerk en dan in die tuin teruggeplaas.
        Ná een week is ŉ tweede monster slakke versamel. Die diagram toon die slakke
        wat tydens die tweede monster gevang is.

                                                                                     X

                                                            X

                            X

                                             X
                X

        3.2.1        Noem die tegniek wat gebruik is om die grootte van die slakbevolking
                     in hierdie ondersoek te bepaal.                                                   (1)

        3.2.2        Sou hierdie metode as ŉ direkte of indirekte metode beskou?                       (1)

        3.2.3        Hoekom moet jy ŉ waterbestande merker gebruik?                                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                 LEWENSWETENSKAPPE V1                                     13

        3.2.4        Waarom was daar ŉ interval van slegs een week tussen die twee
                     monsters en nie ŉ maand of meer nie? Gee TWEE redes.                        (2)

        3.2.5        Met behulp van ŉ formule is bepaal dat daar 60 slakke in die
                     bevolking is. Hoeveel slakke was daar in die eerste steekproef/
                     monster?                                                                    (4)

        3.2.6        Noem TWEE maniere waarop die betroubaarheid van hierdie metode
                     verbeter kan word.                                                          (2)

 3.3    Definieer die volgende terme:

        (a)     Dravermoë van ŉ habitat                                                          (2)

        (b)     Ekologiese suksessie                                                             (2)

 3.4    Die onderstaande diagram toon die apparaat wat gebruik is om te demonstreer
        dat CO2 tydens selrespirasie vrygestel word. Die apparaat is opgestel soos in
        die diagram getoon en vir ŉ paar uur in ŉ donker kas geplaas. ŉ Suigpomp is
        gekoppel by die uitlaat wat X gemerk is om ŉ bestendige vloei van lug deur die
        apparaat te verseker.

                Natronkalk
                                                                                             X

    Inkomende                                                                             Uit-
    lug                                                                                   gaande
                                  Y                                                       lug

   Natrium                      Kalk-
                                                                     Kalk-
   hidroksied                   water
                                                                     water
   oplossing

                         A                  B                 C                    D

        3.4.1        Wat is die funksie van die natronkalk?                                         (1)

        3.4.2        Hoekom is die apparaat in die donker geplaas?                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                             LEWENSWETENSKAPPE V1                       (EC/NOVEMBER 2017)

        3.4.3   Hoekom is die glasbuis wat Y gemerk is bo die oppervlak van die
                oplossing geplaas?                                                         (2)

        3.4.4   Watter waarneming sou jy, na ŉ paar uur, in bottel B en D verwag?
                Verduidelik jou waarnemings.                                               (5)

 3.5    Bestudeer die volgende uittreksel en beantwoord die vrae wat daarop volg.

        Baie voedsel- en drankbedrywe is heeltemal afhanklik van die
        fermentasieproses om hul produkte te vervaardig. Sommige van die
        vervaardigde produkte word plaaslik versprei en verkoop, terwyl die ander na
        die buiteland uitgevoer word.

        3.5.1   Noem EEN voedsel- en drankproduk wat van die fermentasieproses
                tydens die vervaardigingproses gebruik maak.                               (1)

        3.5.2   Verduidelik TWEE maniere waarop die produksie van voedsel en
                drank, deur fermentasie, die Suid-Afrikaanse ekonomie bevoordeel.
                                                                            (2 x 2)        (4)

        3.5.3   Watter voordeel hou die fermentasieproses vir die gisselle in?            (2)
                                                                                         [40]

                                                            TOTAAL AFDELING B:             80

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)             LEWENSWETENSKAPPE V1                                   15

 AFDELING C

 VRAAG 4

 4.1    Beskryf die vertering en absorpsie van voedsel wat slegs koolhidrate bevat.
        Beskryf ook die vervoer van die produkte van koolhidraatvertering, nadat
        absorpsie plaasgevind het.
                                                                               Inhoud: (17)
                                                                               Sintese: (3)

        LET WEL:      GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van
                      vloeidiagramme, tabelle of diagramme nie.

                                                            TOTAAL AFDELING C:              20
                                                                GROOTTOTAAL:               150

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

## Related documents

- [LIFE SCIENCES P2 GR11 QP NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr11-qp-nov2017-afrikaans/5c136a7a-ccf7-4459-99cd-5fb4f04747c4) — Life Sciences · QP · 2017 · Afr
- [LIFE SCIENCES P1 MEMO GR11 NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-memo-gr11-nov2022-afrikaans/517533c3-ff51-4284-855a-667be5c924b5) — Life Sciences · Memo · 2022 · Afr
- [LIFE SCIENCES P1 MEMO GR11 NOV 2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-memo-gr11-nov-2018-afrikaans/7839a03f-5438-4e0c-801b-89ccb1dd7577) — Life Sciences · Memo · 2018 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 QP GR11 NOV2020 Afrikaans .docx](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-qp-gr11-nov2020-afrikaans-docx/6bfde4c0-705a-4366-b519-da158a210651) — Life Sciences · QP · 2020 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 QP GR11 NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-qp-gr11-nov2020-afrikaans/548b157e-3fe2-429d-945d-ed753014122b) — Life Sciences · QP · 2020 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 GR11 QP NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr11-qp-nov2018-afrikaans/6384ce3f-cccc-427f-a368-7b8fe8b152a4) — Life Sciences · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 11 Life Sciences

- [Gr 11 Life Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-life-sci-atp-2023-24/4ab88214-8173-4f6e-98ea-ab509ada756b) — ATP
- [LEWENSWETENSKAPPE V1 GR11 MEMO NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-gr11-memo-nov2025-afrikaans-watermark/1bdf579b-8063-4dc2-a5bd-522094c45c65) — Memo · 2025 · Afr
- [KZN Life Sciences Grade 11 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-life-sciences-grade-11-june-2025-qp-and-memo/31a59d87-a46a-4536-91d0-2fe1264e946a) — QP + Memo · 2025
- [EC Life Sciences Grade 11 June 2024 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-life-sciences-grade-11-june-2024-qp-and-memo/68ed48c4-d02f-4f7f-97fb-736190106d11) — QP + Memo · 2024
- [LIFE SCIENCES P2 GR 11 MEMO NOV2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-life-sciences-2024-eastern-cape-november-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/1768e181-1a1b-418d-890f-2e94f97be7f3) — Memo · 2024 · Afr
- [KZN Life Sciences Grade 11 June 2024 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-life-sciences-grade-11-june-2024-qp-and-memo/16f6b3c9-ef72-40fd-8904-5ab062f8ed6e) — QP + Memo · 2024

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
