# Life Sciences Grade 11 P1 Eastern Cape November 2016 QP

> Grade 11 Life Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2016 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-gr11-qp-nov2016-afrikaans/37a5934e-b79a-4768-9061-e1f61624cdae
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/life-sciences) › [Life Sciences Grade 11 P1 Eastern Cape November 2016 QP](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-gr11-qp-nov2016-afrikaans/37a5934e-b79a-4768-9061-e1f61624cdae)

## About this document

Life Sciences · Grade 11 · Eastern Cape November · 2016 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                             GRAAD 11

                      NOVEMBER 2016

                  LEWENSWETENSKAPPE V1

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                              *ILFSCA1*

                     Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                               LEWENSWETENSKAPPE P1                     (EC/NOVEMBER 2016)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat vrae beantwoord word.

 1.     Beantwoord AL die vrae.

 2.     Skryf AL die antwoorde in jou ANTWOORDEBOEK.

 3.     Begin ELKE vraag boaan ŉ NUWE bladsy.

 4.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
        hierdie vraestel gebruik word.

 5.     Bied jou antwoorde aan volgens die instruksies van elke vraag.

 6.     ALLE sketse moet met potlood gemaak word en die byskrifte met blou
        of swart ink.

 7.     Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme SLEGS wanneer dit gevra
        word.

 8.     Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal
        geteken NIE.

 9.     MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

 10.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer
        gebruik waar nodig.

 11.    Skryf netjies en leesbaar.

 12.    Rond alle berekeninge af tot twee desimale na die komma.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)                  LEWENSWETENSKAPPE V1                                       3

 AFDELING A

 VRAAG 1

 1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
        Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
        vraagnommer (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
        1.1.11 D.

        1.1.1        Watter EEN van die volgende is ŉ direkte oorsaak van nierskade?

                     A   Hoë cholesterol
                     B   Te min fisiese oefening
                     C   Drink van warm tee
                     D   Hoë bloeddruk

        1.1.2        Waar vind die emulsifisering van vette plaas?

                     A   In die lewer
                     B   In die kolon
                     C   In die galblaas
                     D   In die dunderm

        1.1.3        Watter strukture vergroot die oppervlak-area van die longe?

                     A   Alveoli
                     B   Brongi
                     C   Die villi
                     D   Die pleuramembrane

        1.1.4        Die liggaampie van Malpighi ...

                     A   bestaan uit ŉ glomerulus en die kapsel van Bowman.
                     B   is deel van die Bowman-kapsel.
                     C   bestaan uit gesilieerde buisies.
                     D   bestaan uit die kapsel van Bowman en 'n gesilieerde buisie.

        1.1.5        Watter van die volgende vind plaas tydens inaseming by die mens?

                     A   Druk binne die borsholte verminder
                     B   Die longe word kleiner
                     C   Die diafragma ontspan
                     D   Druk in die buikholte verminder

        1.1.6        Watter van die volgende is die korrekte volgorde van aktiwiteite wat
                     tydens nierfunksionering plaasvind?

                     A   Druk-filtrasie → uitskeiding → herabsorpsie
                     B   Herabsorpsie → druk-filtrasie → uitskeiding
                     C   Uitskeiding → druk-filtrasie → herabsorpsie
                     D   Druk-filtrasie → herabsorpsie → uitskeiding

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                               LEWENSWETENSKAPPE P1                        (EC/NOVEMBER 2016)

       1.1.7     Watter van die volgende is ŉ digtheidsafhanklike faktor?

                 A    Droogte
                 B    Temperatuur
                 C    Predasie
                 D    Vuur

       1.1.8     Watter EEN van die volgende metodes word beskou as ŉ direkte
                 tegniek om bevolkingsgrootte te bepaal?

                 A    Sensus
                 B    Eenvoudige monsterneming
                 C    Merk-en-hervangtegniek
                 D    Belt transeksie tegniek

       1.1.9     Die gebruik van verskillende bronne of verskillende dele van
                 dieselfde hulpbron deur verskillende spesies binne ŉ ekosisteem om
                 kompetisie te verminder staan as ... bekend.

                 A    interspesifieke kompetisie
                 B    kompeterende uitsluiting
                 C    hulpbronafskorting
                 D    hofmakery-gedrag

       1.1.10    ŉ Afname in die grootte van ŉ bevolking is die gevolg van …

                 A    migrasie.
                 B    verhoogde immigrasie.
                 C    verhoogde emigrasie.
                 D    ŉ verhoogde geboortesyfer.
                                                                                 (10 x 2)    (20)

 1.2   Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
       Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.6) in die
       ANTWOORDBOEK neer.

       1.2.1    Die maksimum aantal individue wat deur die hulpbronne van ŉ
                bepaalde habitat geakkommodeer kan word

       1.2.2    Die tipe plastied wat stralingsenergie tydens fotosintese absorbeer

       1.2.3    Die verwydering van diere uit 'n kudde wanneer die bevolkingsgrootte
                die drakrag oorskry

       1.2.4    Die tipe kompetisie wanneer individue van dieselfde spesie wat in
                dieselfde habitat voorkom, vir dieselfde voedselbronne kompeteer

       1.2.5    Die funksionele en strukturele eenheid van die menslike nier

       1.2.6    Die uitwerping van soliede afval uit die liggaam
                                                                                  (6 x 1)     (6)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)               LEWENSWETENSKAPPE V1                                       5

 1.3    Dui aan of elk van die stellings in KOLOM І van toepassing is op SLEGS A,
        SLEGS B , BEIDE A en B of GEENEEN van die items in KOLOM ІІ nie.
        Skryf SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A en B of GEENEEN langs die
        vraagnommer in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.8 SLEGS B.

                              KOLOM І                                 KOLOM ІІ
                                                               A: Etielalkohol
        1.3.1   Anaërobiese respirasie by die mens
                                                               B: Melksuur
        1.3.2   Die proses waardeur oortollige aminosure in    A: Detoksifikasie
                die lewer afgebreek word                       B: Deaminering
        1.3.3   Die sosiale gedrag wat by bye waargeneem       A: Arbeidsverdeling
                word                                           B: Jag in troppe
        1.3.4   Die ensiem wat deur die pankreas afgeskei      A: Proteases
                word                                           B: Karbohidrase
                                                               A: Niere
        1.3.5   Die siekte bilharzia
                                                               B: Longe
                                                               A: ADH
        1.3.6   Osmoregulering
                                                               B: TSH
        1.3.7   Omskakeling van oortollige glukose na          A: Insulien
                glikogeen                                      B: Glukagon
                                                                               (7 x 2)     (14)

 1.4    Die diagram hieronder toon hoe die blaar van ŉ ontstyselde plant in ŉ
        eksperiment vir fotosintese, deur ŉ leerder gebruik is. Bestudeer die diagram
        en beantwoord die vrae wat volg.

        1.4.1   Wat is die doel van hierdie eksperiment?                                   (2)

        1.4.2   Wat is die afhanklike veranderlike in hierdie eksperiment?                 (1)

        1.4.3   Watter chemiese stof is gebruik om vir die teenwoordigheid van stysel
                in die blaar te toets?                                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                               LEWENSWETENSKAPPE P1                       (EC/NOVEMBER 2016)

       1.4.4   Watter kleurverandering kan waargeneem word in die dele van die
               blaar wat:

               (a)    Nie aan sonlig blootgestel was nie                                   (1)

               (b)    Aan sonlig blootgestel was                                           (1)

       1.4.5   Noem die:

               (a)    Menslike ensiem wat verantwoordelik is vir die vertering van die
                      gestoorde produk van fotosintese                                     (1)

               (b)    Kliere wat die ensiem in VRAAG 1.4.5(a) genoem, in die
                      mondholte afskei                                                     (1)

       1.4.6   Daar is twee gasse wat by die proses van fotosintese betrokke is.

               (a)     Watter gas sal nie geproduseer word nie, as die plant in 'n
                       donker kartondoos geplaas word?                                     (1)

               (b)     Watter van die bogenoemde gasse word deur lewende
                       organismes benodig om energie vir liggaamsprosesse te
                       genereer?                                                           (1)

                                                             TOTAAL AFDELING A:             50

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)                                 LEWENSWETENSKAPPE V1                                        7

 AFDELING B

 VRAAG 2

 2.1    Die onderstaande grafiek toon die tempo van fotosintese onder verskillende
        omgewingstoestande. Bestudeer die grafieke en beantwoord die vrae wat
        volg.

                                                                 C
                                                                               CO2      30 °C
                                                                               0,1%

           Tempo van fotosintese
                                                                 B             CO2      20 °C
                                                                               0,1%

                                                                 A             CO2 20°C (en 30 °C)
                                                                               0,04%

                                                       Ligintensiteit (lux)

        2.1.1                      Watter van die grafieke toon die hoogste glukose-produksie?               (1)

        2.1.2                      Hoekom is die glukose-produksie in grafiek A laag?                        (1)

        2.1.3                      Watter faktor in grafiek B en C beperk die tempo van fotosintese?         (1)

        2.1.4                      Voorspel hoe die grafieke sou lyk indien die temperatuur eerstens tot
                                   40 °C en daarna tot 60 °C gestyg het.                                     (2)

        2.1.5                      Gee ŉ rede vir jou antwoord in VRAAG 2.1.4.                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                    LEWENSWETENSKAPPE P1                      (EC/NOVEMBER 2016)

 2.2     'n Eksperiment is uitgevoer om die effek van ligintensiteit op die tempo van
         fotosintese te ondersoek. Die apparaat is opgestel soos in die
         onderstaande diagram. Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae.

              Gasborrels

           Water plus
           natriumbikarbonaat                                                  Lamp

                 waterplant

         2.2.1       Gee ŉ rede:

                     (a)   Vir die keuse van ŉ waterplant in plaas van ŉ terrestriële plant
                           in hierdie spesifieke eksperiment                                        (1)

                     (b) Vir die toevoeging van natriumbikarbonaat (bakpoeier) by die
                         water                                                                      (1)

         2.2.2       Hoe is die tempo van fotosintese met behulp van hierdie
                     eksperiment gemeet?                                                            (1)

         2.2.3       Die data in die onderstaande tabel is tydens die eksperiment
                     aangeteken:

                              A                        B                       C
                      Afstand tussen die     100 W gloeilampie           Aantal borrels
                     waterplant en ligbron      Ligintensiteit =         vrygestel in ŉ
                           (meter)              drywing / Area              minuut.
                                             Ligintensiteit = W/m2
                               1,0                    7,96                      8
                               0,5                   31,85                     28
                              0,25                  127,39                    105
                             0,125                  510,20                    105

                     Met verwysing na die bostaande resultate, watter afleiding kan
                     gemaak word met betrekking tot die verhouding tussen die lig
                     intensiteit en die tempo van fotosintese?                                      (3)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)                 LEWENSWETENSKAPPE V1                                       9

          2.2.4      Verduidelik waarom daar geen verandering in die aantal borrels is
                     wat vrygestel word, wanneer die ligbron 0,25 m en 0,125 m van die
                     waterplant is nie.                                                           (4)

 2.3      Die diagram hieronder illustreer die mikroskopiese struktuur van ŉ villus.
          Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae wat volg.

                                                          5

                                                          4
                                                          3
                                                          2
                                                          1

          2.3.1      Identifiseer die deel genommer 3 en sy funksie.                              (2)

          2.3.2      Watter genommerde deel bevat bloed met ŉ relatief hoër
                     hoeveelheid glukose en aminosure?                                            (1)

          2.3.3      Noem die proses wat die mens in staat stel om die voedingstowwe
                     wat in VRAAG 2.3.2 genoem is, te absorbeer.                                  (1)

          2.3.4      Verduidelik hoe die villus struktureel aangepas is om die absorpsie
                     van verteerde voedingstowwe vanaf die dunderm te verhoog.
                                                                                  (3 x 2)         (6)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                LEWENSWETENSKAPPE P1                         (EC/NOVEMBER 2016)

 2.4     Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                        TE VEEL KOOLHIDRATE EN TE MIN PROTEÏENE

         Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) definieer wanvoeding as “die
         sellulêre wanbalans tussen die verskaffing van voedingstowwe en energie
         en die aanvraag van die liggaam daar na om groei, instandhouding, en
         spesifieke funksies te verseker.” Die term proteïen-energie wanvoeding
         (PEW) is van toepassing op ŉ groep verwante versteurings. Dit behels die
         onvoldoende inname van proteïene en kalorieë en word gekenmerk deur
         wegtering (uiterste maerheid). Die term is die eerste keer in 1933 gebruik,
         en dit verwys na ŉ onvoldoende proteïen-inname tesame met ŉ redelike
         kalorie (energie) inname.

                                                       [Bron: http://emedicine.medscape.com]

         2.4.1       Noem die Wêreldgesondheidsorganisasie se definisie vir
                     wanvoeding.                                                                    (2)

         2.4.2       Aan watter toestand kan kinders ly indien hulle genoegsame energie
                     voedsel soos brood, rys en pap kry, maar nie genoegsame
                     proteïene nie?                                                                 (1)

         2.4.3       Beskryf die chemiese vertering van proteïene in die maag.                      (5)

 2.5     Verduidelik hoe die menslike longe struktureel geskik is om as ŉ
         doeltreffende gaswisselingsorgaan te funksioneer.                                       (6)
                                                                                                [40]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)               LEWENSWETENSKAPPE V1                                     11

 VRAAG 3

 3.1      Die volgende apparaat is in 'n laboratorium opgestel. Bestudeer die skets en
          beantwoord dan die vrae.

          3.1.1      Watter dele van die menslike luggange verteenwoordig byskrifte A
                     en B?                                                                        (2)

          3.1.2      Verduidelik wat sal gebeur met die ballonne as die rubber-
                     diafragma afwaarts getrek word?                                              (3)

          3.1.3      Hoe verskil die werking van die model in die bostaande diagram
                     van die asemhalingstelsel in die menslike liggaam?                           (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                              LEWENSWETENSKAPPE P1                       (EC/NOVEMBER 2016)

 3.2 Die meegaande diagram toon ŉ gedeelte van die uitskeidingstelsel van die
     menslike liggaam. Bestudeer die diagram en die onderstaande tabel en
     beantwoord dan die vrae wat daarop volg.

      3.2.1    Identifiseer die byskrifte A, B en C.                                        (3)

               Die tabel hieronder toon die samestelling van die vloeistof in
               Struktuur A en Struktuur B van die diagram aan.

                                            Struktuur A            Struktuur B
                    Komponent             Konsentrasie (%)       Konsentrasie (%)
               ureum                             3                     200
               glukose                           10                     0
               aminosure                         5                      0
               soute                             72                    150
               proteïene                        800                     0

      3.2.2    Deur die vergelyking van die inhoud van struktuur A en B, watter
               gevolgtrekking kan met betrekking tot die funksies van die niere
               gemaak word?                                                                  (1)

      3.2.3    Sou jy sê dat die persoon met die mediese verslag hierbo getoon
               waarskynlik aan diabetes mellitus ly? Verduidelik jou antwoord.               (4)

      3.2.4    Watter organiese stowwe in die tabel word as nuttig beskou? Gee 'n
               rede vir jou antwoord.                                                        (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)               LEWENSWETENSKAPPE V1                                     13

 3.3 Die grafiek hieronder toon die interaksie tussen twee diere bevolkings vir
     meer as 80 jaar. Bestudeer die grafiek en beantwoord die vrae wat volg.

       3.3.1    Noem DRIE vereistes waaraan ŉ groep organismes moet voldoen
                voordat dit ŉ bevolking genoem kan word.                                  (3)

       3.3.2    Watter tipe interaksie tussen die konyn en die rooikat word deur die
                grafiek hierbo geïllustreer?                                              (1)

       3.3.3    Wat was die bevolkingsgrootte van die rooikatte in 1950?                  (1)

       3.3.4    Wat het gebeur met die rooikat-bevolking soos die aantal konyne
                vanaf 1945 tot 1950 toegeneem het? Verduidelik jou antwoord.              (2)

 3.4 Definieer die volgende biologiese konsepte:

       (a)      Mutualisme                                                                (2)

       (b)      Kommensalisme                                                             (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                 LEWENSWETENSKAPPE P1                    (EC/NOVEMBER 2016)

 3.5     Die grafiek verteenwoordig die aantal bakterieë in ŉ groeikultuur oor ŉ
         tydperk van 24 uur. Bestudeer die grafiek en beantwoord die volgende vrae.

         3.5.1       Identifiseer die fase:

                     (a)   A                                                                      (1)

                     (b)   B                                                                      (1)

                     (c)   D                                                                      (1)

         3.5.2       Gedurende watter fase (A, B, C of D) het die geboortesyfer die
                     sterftesyfer die meeste oorskry?                                             (1)

         3.5.3       Verduidelik waarom die groeikoers by C afneem.                               (2)

         3.5.4       Die grootte van die menslike bevolking het byna die dravermoë
                     bereik. Verduidelik die kanse op oorlewing van die mensdom indien
                     die huidige geboortesyfer aanhou toeneem.                                    (2)

 3.6     Noem enige TWEE fases wat tydens ekologiese suksessie plaasvind.                        (2)
                                                                                                [40]

                                                               TOTAAL AFDELING B:                 80
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)             LEWENSWETENSKAPPE V1                                       15

 AFDELING C

 VRAAG 4

 Beskryf die verskillende stadiums/fases in aërobiese respirasie en verduidelik hoe
 hoë CO2-vlakke wat tydens strawwe oefening in die menslike liggaam geproduseer
 word, na normaal verlaag word.
                                                                                Inhoud:        (17)
                                                                               Sintese:         (3)

 LET WEL:       GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van
                vloeidiagramme of diagramme nie.

                                                             TOTAAL AFDELING C:                 20
                                                                 GROOTTOTAAL:                  150

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [LIFE SCIENCES P1 MEMO GR11 NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-memo-gr11-nov2022-afrikaans/517533c3-ff51-4284-855a-667be5c924b5) — Life Sciences · Memo · 2022 · Afr
- [LIFE SCIENCES P1 MEMO GR11 NOV 2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-memo-gr11-nov-2018-afrikaans/7839a03f-5438-4e0c-801b-89ccb1dd7577) — Life Sciences · Memo · 2018 · Afr
- [LIFE SCIENCES P1 GR11 MEMO NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-gr11-memo-nov2017-afrikaans/7df20d63-e42b-4304-a4c6-711f21b5ecc5) — Life Sciences · Memo · 2017 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 QP GR11 NOV2020 Afrikaans .docx](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-qp-gr11-nov2020-afrikaans-docx/6bfde4c0-705a-4366-b519-da158a210651) — Life Sciences · QP · 2020 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 QP GR11 NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-qp-gr11-nov2020-afrikaans/548b157e-3fe2-429d-945d-ed753014122b) — Life Sciences · QP · 2020 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 GR11 QP NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr11-qp-nov2018-afrikaans/6384ce3f-cccc-427f-a368-7b8fe8b152a4) — Life Sciences · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 11 Life Sciences

- [Gr 11 Life Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-life-sci-atp-2023-24/4ab88214-8173-4f6e-98ea-ab509ada756b) — ATP
- [LEWENSWETENSKAPPE V1 GR11 MEMO NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-gr11-memo-nov2025-afrikaans-watermark/1bdf579b-8063-4dc2-a5bd-522094c45c65) — Memo · 2025 · Afr
- [KZN Life Sciences Grade 11 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-life-sciences-grade-11-june-2025-qp-and-memo/31a59d87-a46a-4536-91d0-2fe1264e946a) — QP + Memo · 2025
- [EC Life Sciences Grade 11 June 2024 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-life-sciences-grade-11-june-2024-qp-and-memo/68ed48c4-d02f-4f7f-97fb-736190106d11) — QP + Memo · 2024
- [LIFE SCIENCES P2 GR 11 MEMO NOV2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-life-sciences-2024-eastern-cape-november-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/1768e181-1a1b-418d-890f-2e94f97be7f3) — Memo · 2024 · Afr
- [KZN Life Sciences Grade 11 June 2024 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-life-sciences-grade-11-june-2024-qp-and-memo/16f6b3c9-ef72-40fd-8904-5ab062f8ed6e) — QP + Memo · 2024

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
