# Life Sciences Grade 11 P1 Eastern Cape November 2019 QP

> Grade 11 Life Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2019 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-gr11-qp-nov2019-afr-d/c4e8517e-b992-44df-b6fa-3e12cb9e3f9a
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/life-sciences) › [Life Sciences Grade 11 P1 Eastern Cape November 2019 QP](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-gr11-qp-nov2019-afr-d/c4e8517e-b992-44df-b6fa-3e12cb9e3f9a)

## About this document

Life Sciences · Grade 11 · Eastern Cape November · 2019. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                             GRAAD 11

                     NOVEMBER 2019

                LEWENSWETENSKAPPE V1

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                               *ILFSCA1*

                   Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                          LEWENSWETENSKAPPE V1                          (EC/NOVEMBER 2019)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat die vrae beantwoord word.

 1.     Beantwoord AL die vrae.

 2.     Skryf AL die antwoorde in jou ANTWOORDEBOEK.

 3.     Begin ELKE vraag boaan ŉ NUWE bladsy.

 4.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is.

 5.     Bied jou antwoorde aan volgens die instruksies van elke vraag.

 6.     ALLE sketse moet met potlood gemaak word en die byskrifte met blou of swart
        ink.

 7.     Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme SLEGS wanneer dit gevra
        word.

 8.     Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
        NIE.

 9.     MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

 10.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik
        waar nodig.

 11.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                      LEWENSWETENSKAPPE V1                                3

 AFDELING A

 VRAAG 1

 1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
        Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
        vraagnommer (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
        1.1.11 D.

        1.1.1    Die bloedvat wat bloed met suurstof en voedingstowwe na die niere
                 vervoer, is die ...

                 A     nieraar.
                 B     inferior vena cava.
                 C     nierslagaar.
                 D     aorta.

        1.1.2    Die vorm waarin oortollige glukose in die liggaam gestoor word.

                 A     Stysel
                 B     Vet
                 C     Proteïene
                 D     Glukagon

        VRAAG 1.1.3 EN 1.1.4 IS OP DIE TABEL HIERONDER GEBASEER.

                 Gas                 Konsentrasie in              Konsentrasie in
                                   ingeasemde lug (%)          uitgeasemde lug (%)
             Suurstof                      21                          16
          Koolstofdioksied                0,04                          4
              Stikstof                     78                          78
            Waterdamp                     0,96                          2

        1.1.3    Die rede waarom die hoeveelheid stikstof dieselfde is in ingeasemde
                 en uitgeasemde lug, is as gevolg van:

                 A     Stikstof word in die bloedstroom opgeneem en dieselfde
                       hoeveelheid beweeg na die alveoli om uitgeasem te word
                 B     Stikstofgas bereik nie die alveoli nie maar bly in die brongiole
                       totdat uitaseming plaasvind
                 C     Stikstofgas word in die liggaam gebruik, maar dieselfde
                       hoeveelheid word in die liggaam geproduseer as 'n afvalproduk,
                       wat dan uitgeasem word
                 D     Stikstof kan nie in gasvorm deur die liggaam opgeneem word
                       nie, dus is die hoeveelheid wat ingeasem word dieselfde as die
                       hoeveelheid wat uitgeasem word

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                               LEWENSWETENSKAPPE V1                        (EC/NOVEMBER 2019)

       1.1.4    Waarom is die hoeveelheid water in die uitgeasemde lug meer as in
                die ingeasemde lug?

                A       Water vanuit die selle word as waterdamp uitgeskei
                B       Bloedplasma syfer in die alveoli, wat dan as waterdamp
                        uitgeskei word
                C       ŉ Klein hoeveelheid water wat tydens sellulêre respirasie
                        geproduseer word, word uitgeskei
                D       Die asemhalingsoppervlak moet te alle tye klam gehou word en
                        ŉ deel van hierdie vog verdamp en word uitgeasem

       1.1.5    Watter EEN van die volgende faktore sal optimale groei in
                kweekhuise veroorsaak?

                A       Verryking met koolstofdioksied
                B       Temperatuur tussen 10 °C en 15 °C
                C       Dowwe beligting in die kweekhuis
                D       Besproei slegs een keer per week

       1.1.6    Die onderstaande eienskappe is almal op chloroplaste van
                toepassing.

                (i)     Bevat ŉ dubbele membraan
                (ii)    Bevat ŉ vloeistofmatriks met ensieme
                (iii)   Bevat parallelle sakkies wat lamellae genoem word
                (iv)    Bevat ŉ groen pigment wat chlorofil genoem word
                (v)     Bevat styselkorrels

                Watter kombinasie van eienskappe maak die chloroplast geskik om
                sy funksie te verrig?

                A       (i), (ii), (iv) en (v)
                B       (ii), (iii) en (iv)
                C       (ii), (iii) (iv) en (v)
                D       (i), (ii), (iii) en (v)

       1.1.7    ŉ Siekte-tekort wat veroorsaak word deur ŉ gebrek aan alle
                voedselgroepe en ŉ tekort aan energie, word ... genoem.

                A       Kwasjiorkor
                B       Bulimie
                C       Anoreksie
                D       Marasmus

       1.1.8    Watter EEN van die volgende eienskappe maak die blaar geskik vir
                fotosintese om plaas te vind?

                A       Die sponsagtige mesofil is langwerpig
                B       Die blaar het baie stoma vir gaswisseling in die onderste
                        epidermis
                C       Die boonste epidermis het ŉ wit kutikula
                D       Xileem is aanwesig om die produkte van fotosintese te vervoer

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                       LEWENSWETENSKAPPE V1                                5

        1.1.9        ŉ Sekere persoon is oorgewig en het vernoude slagare weens
                     oormatige voeding.

                     Watter EEN van die volgende toestande kan hieruit voortvloei?

                     A    Anorexia nervosa
                     B    Lae bloeddruk
                     C    Hoë bloeddruk
                     D    Lae bloedsuiker

        1.1.10       Waarom het ŉ tienerseun meer proteïene in sy dieet as ŉ volwasse
                     man nodig?

                     A    Tienerseuns het meer proteïene in hul dieet nodig om ŉ siekte-
                          tekort soos ragitis te voorkom
                     B    Die seun groei steeds en benodig die aminosure vir
                          spierontwikkeling
                     C    Volwasse mans het slegs ŉ klein hoeveelheid proteïene vir
                          sellulêre respirasie nodig, terwyl seuns groot hoeveelhede
                          proteïene benodig, aangesien proteïene die belangrikste
                          brandstof vir die proses is
                     D    Tienerseuns benodig meer proteïene in hul dieet om
                          beenskade te voorkom
                                                                                (10 x 2)    (20)

 1.2    Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf
        slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.9) in die
        ANTWOORDEBOEK neer.

        1.2.1    Die toestand wanneer die niere ophou funksioneer

        1.2.2    ŉ Organisme wat sy prooi jag, vang en doodmaak

        1.2.3    Die eenvoudige suiker wat tydens fotosintese by groen plante gevorm
                 word

        1.2.4    Die hormoon wat deur die pankreas vrygestel word, wat die
                 bloedglukosekonsentrasie verminder

        1.2.5    Die permanente beweging van organismes uit 'n spesifieke gebied

        1.2.6    Die proses om groot vetmolekules in klein druppels op te breek

        1.2.7    Die struktuur in die menslike asemhalingstelsel wat die larinks
                 toemaak

        1.2.8    Die kouproses wat voedselmolekules meganies opbreek

        1.2.9    Die finale waterstofontvanger tydens sellulêre respirasie
                                                                                 (9 x 1)    (9)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                           LEWENSWETENSKAPPE V1                           (EC/NOVEMBER 2019)

    1.3   Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS
          A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie.
          Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer
          (1.3.1–1.3.4) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                          KOLOM I                              KOLOM II
          1.3.1   Die longsiekte waar die alveoli    A:   Longkanker
                  beskadig word deur groot           B:   Emfiseem
                  ongelyke sakkies te vorm
          1.3.2   Die plek in die menslike           A:   Die maag
                  spysverteringstelsel waar die      B:   Die dikderm
                  meeste absorpsie van verteerde
                  voedsel plaasvind
          1.3.3   Die tipe energie wat tydens        A:   Chemiese energie
                  fotosintese in voedselmolekules    B:   Potensiële energie
                  gestoor word
          1.3.4   Maniere waarop suurstof in die     A:   Los in die bloedplasma op
                  bloed vervoer word                 B:   Vorm ŉ verbinding met
                                                          hemoglobien
                                                                              (8 x 1)      (8)

    1.4   Die grafiek hieronder toon die bevolkingsgroei van ŉ kolonie bakterieë.

          1.4.1   Watter tipe groeikurwe word in die grafiek getoon?                        (1)

          1.4.2   Watter fase (A, B, C of D) het die volgende kenmerke?

                  (a) Bevolkingsgroei word stadiger                                         (1)

                  (b) Die bevolking groei stadig weens die nuwe omgewing                    (1)

                  (c)   Die fase waarin omgewingsweerstand begin toeneem                    (1)

                  (d) Die fase waar groei vinnig plaasvind omdat daar geen
                      beperkende faktore is nie                                             (1)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                     LEWENSWETENSKAPPE V1                                7

 1.5   Die diagram hieronder toon ŉ opstelling van ŉ eksperiment om vas te stel of
       koolstofdioksied vir fotosintese nodig is. Die plant is ontstysel voordat die
       apparaat opgestel is soos in die diagram getoon en in ŉ sonnige kamer geplaas.

       1.5.1    Noem vloeistof C.                                                          (1)

       1.5.2    Gee die funksie van vloeistof C.                                           (1)

       1.5.3    Watter resultaat kan by A gesien word?                                     (1)

       1.5.4    Verduidelik EEN rede vir die resultaat by B.                               (2)

       1.5.5    In watter fase van fotosintese word koolstofdioksied gebruik?              (1)

       1.5.6    Waar in die sel sal die fase genoem in VRAAG 1.5.5 plaasvind?              (1)

       1.5.7    Waarom is die plant eers ontstysel voordat die eksperiment uitgevoer
                is?                                                                        (1)

                                                               TOTAAL AFDELING A:          50

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                          LEWENSWETENSKAPPE V1                            (EC/NOVEMBER 2019)

 AFDELING B

 VRAAG 2

 2.1   Bestudeer die onderstaande diagramme wat die bevolkingspiramides van
       Malawi en Japan in 2017 toon.

                      Manlik          Vroulik             Manlik          Vroulik

                                                  25-29

                                                  15-19

            15-19

       2.1.1    Watter van die lande wat in die bevolkingspiramides hierbo
                verteenwoordig is, is ŉ ontwikkelde land?                                 (1)

       2.1.2    Gee EEN sigbare rede vir jou antwoord in VRAAG 2.1.1.                     (1)

       2.1.3    Wat kan jy uit die grafiek aflei, oor die ouderdomsgroep 0–19 jaar in
                Malawi?                                                                   (2)

       2.1.4    Noem DRIE faktore wat die samestelling van die grootte van ŉ
                bevolking kan verander.                                                   (3)

       2.1.5    Verduidelik waarom dit belangrik is vir die regering van ŉ land om
                toegang tot bevolkingspiramides te hê.                                    (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                      LEWENSWETENSKAPPE V1                               9

 2.2    Bestudeer die volgende diagram oor ŉ deel van die menslike
        spysverteringstelsel.

                                                              B

        2.2.1    Gee byskrifte vir die volgende dele:

                 (a)   A                                                                 (1)

                 (b)   B                                                                 (1)

                 (c)   C                                                                 (1)

                 (d)   E                                                                 (1)

        2.2.2    Gee die LETTER van die deel met die volgende funksie of
                 kenmerk:

                 (a)   Verantwoordelik vir die opname van die meeste water               (1)

                 (b)   Verantwoordelik vir die afbreek van voedselmolekules deur
                       meganiese en chemiese vertering                                   (1)

                 (c)   Bevat die kringspier wat verantwoordelik is vir die beheer
                       van defekasie                                                     (1)

        2.2.3    Teken ŉ benoemde diagram van die strukture in E wat
                 verantwoordelik is vir die absorpsie van verteerde molekules.           (4)

        2.2.4    Bulimie is ŉ kondisie waar ŉ persoon groot hoeveelhede voedsel
                 eet, gevolg deur ŉ skuldgevoel en dan probeer om van die kos uit
                 te braak of lakseermiddels te gebruik.

                 Verduidelik die gevolge van hierdie toestand op struktuur A.            (3)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                         LEWENSWETENSKAPPE V1                            (EC/NOVEMBER 2019)

 2.3   Die foto hieronder toon ŉ stinklelie. Hierdie blomplant het geen blare nie en
       gebruik ander plantgashere om voedsel te kry.

       2.3.1    Watter soort voedingsverhouding bestaan tussen die stinklelie en sy
                gashere?                                                                    (1)

       2.3.2    Verduidelik waarom hierdie plant hierdie soort voeding sal moet
                gebruik.                                                                    (2)

       2.3.3    Die gashere van die stinklelie is hoofsaaklik wingerde van baie lande.

                Verduidelik hoe dit die ekonomie van hierdie lande kan beïnvloed.           (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                    LEWENSWETENSKAPPE V1                              11

 2.4 Die diagram hieronder toon ŉ fotosintese-eksperiment wat gedoen is om te
     ondersoek of ŉ gas tydens die proses geproduseer word. Voordat die
     eksperiment begin is, is ŉ klein hoeveelheid natriumkarbonaat by die water
     gevoeg.

       2.4.1    Noem die gas wat deur die plant geproduseer word.                       (1)

       2.4.2    Beskryf ŉ toets vir die gas in VRAAG 2.4.1 genoem.                      (2)

       2.4.3    Verduidelik waarom natriumkarbonaat by die water gevoeg is.             (2)

       2.4.4    Waarom is hierdie eksperiment onder water gedoen?                       (1)

       2.4.5    Verduidelik TWEE maniere waarop die tempo van hierdie
                eksperiment verhoog kan word.                                          (4)
                                                                                      [40]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                          LEWENSWETENSKAPPE V1                                 (EC/NOVEMBER 2019)

 VRAAG 3

 3.1   ŉ Eksperiment is in ŉ laboratorium uitgevoer om die effek van die
       konsentrasie sukrose op die respirasietempo in gisselle te ondersoek. Die
       volgende stappe is gevolg:

        Vier proefbuise is gebruik, elk met ŉ verskillende sukrose konsentrasie.
        Proefbuis A het 100 mℓ water gehad en geen sukrose is bygevoeg nie;
         proefbuis B het 0,5 g sukrose opgelos in 100 mℓ water gehad, proefbuis C
         het 1 g sukrose in 100 mℓ water gehad en proefbuis D het 1,5 g sukrose
         in 100 mℓ water gehad.
        Dieselfde spesie gis is by elke proefbuis gevoeg.
        ŉ Klein hoeveelheid sout is by elke proefbuis gevoeg om die tempo van
         sellulêre respirasie te vertraag.
        Elke apparaat is vir tien minute laat staan.
        Die volume gas wat deur die gisselle in elke proefbuis geproduseer word,
         is gemeet en die resultate is getabuleer soos hieronder getoon.

                      Volume gas geproduseer deur die gisselle (m )
          Tyd (min)      0 g sukrose    0,5 g      1 g sukrose       1,5 g
                         per 100 m   sukrose per per 100 m       sukrose per
                                       100 m                        100 m
               0              2,0        2,0            2,0           2,0
               1              2,0        2,1            2,2           2,8
               2              2,0        2,2            2,4           3,0
               3              2,0        2,4            2,6           3,1
               4              2,0        2,6            2,9           3,4
               5              2,0        2,8            3,0           3,7
               6              2,0        3,0            3,6           4,6
               7              2,0        3,5            4,0           5,5
               8              2,0        3,8            4,6           6,7
               9              2,0        4,3            5,2           8,2
               10             2,0        5,0            6,2           9,4
                                                 [Inligting aangepas uit httpa://ngss.ntsa.org]

       3.1.1    Identifiseer die:

                (a)    Afhanklike veranderlike                                                    (1)

                (b)    Onafhanklike veranderlike                                                  (1)

       3.1.2    Noem die gas wat deur die gisselle geproduseer is.                                (1)

       3.1.3    Verduidelik hoe die ondersoekers ŉ toets kan doen om die gas
                genoem in VRAAG 3.1.2 te verifieer.                                               (2)

       3.1.4    Noem TWEE maniere waarop die ondersoekers die geldigheid van
                hierdie ondersoek kon verhoog het.                                                (2)

       3.1.5    Verduidelik die belangrikheid van die insluiting van proefbuis A in die
                eksperiment.                                                                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                       LEWENSWETENSKAPPE V1                                    13

        3.1.6    Watter gevolgtrekking kan gemaak word op grond van die inligting in
                 die tabel?                                                                       (2)
        3.1.7    Verduidelik hoe hierdie proses in gisselle gebruik kan word om
                 alkoholiese drank soos bier te produseer.                                        (3)

 3.2    Die volgende tabel toon die hoeveelheid lug wat deur ŉ persoon binne ŉ
        tydperk van 120 sekondes ingeasem word.

                          Tyd (sek)          Volume lug ingeasem (liter)
                             10                          3,5
                             20                          3,5
                             30                          3,5
                             40                          3,5
                             50                          3,5
                             60                          5,0
                             70                          5,0
                             80                          5,0
                             90                          4,5
                            100                          4,0
                            110                          3,5

        3.2.1    Gebruik die inligting in die tabel om ŉ lyngrafiek vir 30 tot
                 100 sekondes te teken.                                                           (7)
        3.2.2    Hoe lank het hierdie persoon geoefen?                                            (2)
        3.2.3    Verduidelik jou antwoord in VRAAG 3.2.2.                                         (2)
        3.2.4    Verduidelik hoe die inligting in die tabel anders sou wees as hierdie
                 persoon aan asma sou ly.                                                         (2)

 3.3    Lees die volgende uittreksel oor hulpbronverdeling onder roofdiere.

        ŉ Studie uit die laat 1990s in die Serengeti het getoon dat beide leeus en
        hiënas die jagluiperde uitkompeteer. Beide leeus en hiënas vang meer
        Thomson-gemsbokke, wat die gemeenskaplike prooi van al drie spesies is.
        Dieselfde studie het getoon dat jagluiperde die beste oorleef in gebiede met
        ŉ laer konsentrasie gemsbokke. Hierdie gebiede trek minder ander roofdiere
        aan, en die gemsbokke in hierdie gebiede sal waarskynlik nie deur die
        jagluiperde opgemerk word nie.

                                                         [Aangepas uit Study & Master, bl. 25]

        3.3.1    Definieer die term hulpbronverdeling.                                            (1)

        3.3.2    Noem die tipe kompetisie tussen leeus, jagluiperde en hiënas.                    (1)

        3.3.3    Wat was die oorspronklike doel van die ondersoek volgens die
                 inligting in die uittreksel?                                                     (2)

        3.3.4    Verduidelik hoe plante met verskillende soorte wortels ook ŉ
                 voorbeeld van hulpbronverdeling is.                                              (3)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                         LEWENSWETENSKAPPE V1                            (EC/NOVEMBER 2019)

 3.4   ŉ Groep studente het verskillende soorte plante in die binneland van ŉ sekere
       oewergebied ondersoek.

          Op die oewer is ŉ klein plantspesie met die naam ‘Sand Couch’ (Elytrigia
           juncea) gevind.
          Toe hulle weg van die oewer beweeg, het hulle Marram-gras gevind wat
           meer grond bedek het met ŉ paar kolle kaal sand.
          Nog verder weg het hulle blomplante gevind, met ŉ beperkte ruimte tussen
           die plantegroei, en daarna kleiner en dan groter houtagtige plante soos
           bome.

       3.4.1    Watter soort verskynsel word in hierdie ondersoek aangetoon?               (1)

       3.4.2    Gee EEN rede vir jou antwoord in VRAAG 3.4.1.                              (1)

       3.4.3    Volgens hierdie verskynsel, as watter soort spesie kan die ‘Sand
                Couch’ geklassifiseer word?                                                (1)

       3.4.4    Verduidelik EEN faktor wat hierdie proses kan beïnvloed.                  (2)
                                                                                         [40]

                                                           TOTAAL AFDELING B:              80

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                   LEWENSWETENSKAPPE V1                            15

 AFDELING C

 VRAAG 4

 Beskryf hoe die sout- en watervlakke van ŉ gedehidreerde persoon wat hoë
 konsentrasies sout verbruik het, gehandhaaf word.

                                                                       Inhoud:      (17)
                                                                       Sintese:      (3)

 LET WEL:       GEEN punte word toegeken vir antwoorde in die vorm van ŉ tabel,
                vloeidiagramme of diagramme nie.

                                                        TOTAAL AFDELING C:           20
                                                            GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com



## Related documents

- [LIFE SCIENCES P1 GR11 QP NOV2019 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-gr11-qp-nov2019-eng-d/cc5b7ced-f860-4445-ae31-6450f19e246c) — Life Sciences · QP · 2019 · Eng
- [LIFE SCIENCES P2 GR11 QP NOV 2019 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr11-qp-nov-2019-eng-d/ab23dc5b-3195-400d-8fa7-0eb3e63f38a5) — Life Sciences · QP · 2019 · Eng
- [LIFE SCIENCES P2 GR11 QP NOV 2019 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr11-qp-nov-2019-afr-d/5b75d9fc-9e77-4ea1-b520-f75561526607) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [LIFE SCIENCES P1 QP GR11 NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-qp-gr11-nov2022-afrikaans/28f8e037-0338-4732-a6d2-f84e1691873e) — Life Sciences · QP · 2022 · Afr
- [LIFE SCIENCES P1 QP GR11 NOV 2020 AFR](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-qp-gr11-nov-2020-afr/18a24e65-e159-47af-9eb1-3ab23c8d9d01) — Life Sciences · QP · 2020 · Afr
- [LIFE SCIENCES P1 QP GR11 NOV 2018 English](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-qp-gr11-nov-2018-english/85a3c188-086b-45ef-83bc-d8ab8ae30b6e) — Life Sciences · QP · 2018 · Eng

## More from Grade 11 Life Sciences

- [Gr 11 Life Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-life-sci-atp-2023-24/4ab88214-8173-4f6e-98ea-ab509ada756b) — ATP
- [LEWENSWETENSKAPPE V1 GR11 MEMO NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-gr11-memo-nov2025-afrikaans-watermark/1bdf579b-8063-4dc2-a5bd-522094c45c65) — Memo · 2025 · Afr
- [LIFE SCIENCES P1 GR11 MEMO NOV2025 English watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-gr11-memo-nov2025-english-watermark/595fffde-81ad-4f4d-be06-d944b73bcfd5) — Memo · 2025 · Eng
- [KZN Life Sciences Grade 11 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-life-sciences-grade-11-june-2025-qp-and-memo/31a59d87-a46a-4536-91d0-2fe1264e946a) — QP + Memo · 2025
- [EC Life Sciences Grade 11 June 2024 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-life-sciences-grade-11-june-2024-qp-and-memo/68ed48c4-d02f-4f7f-97fb-736190106d11) — QP + Memo · 2024
- [LIFE SCIENCES P2 GR 11 MEMO NOV2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-life-sciences-2024-eastern-cape-november-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/1768e181-1a1b-418d-890f-2e94f97be7f3) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
