# Life Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2018 (Afrikaans), 24 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-gr12-qp-sept2018-afr-d/af4c2c62-f0fa-45e1-9c23-2da70bb2fbaf
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 24

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-gr12-qp-sept2018-afr-d/af4c2c62-f0fa-45e1-9c23-2da70bb2fbaf)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2018. Question paper, 24 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                             GRAAD 12

                    SEPTEMBER 2018

                LEWENSWETENSKAPPE V1

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                              *LFSCA1*

                   Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                           LEWENSWETENSKAPPE V1                         (EC/SEPTEMBER 2018)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat die vrae beantwoord word.

 1.     Beantwoord AL die vrae.

 2.     Skryf AL die antwoorde in jou ANTWOORDEBOEK.

 3.     Begin ELKE vraag boaan ŉ NUWE bladsy.

 4.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is.

 5.     Bied jou antwoorde aan volgens die instruksies van elke vraag.

 6.     ALLE sketse moet in potlood gemaak word en die byskrifte met blou of swart
        ink.

 7.     Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.

 8.     Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
        NIE.

 9.     MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

 10.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik
        waar nodig.

 11.    Skryf netjies en leesbaar.

 12.    Rond alle berekenings af tot twee desimale na die komma.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                   LEWENSWETENSKAPPE V1                                   3

 AFDELING A

 VRAAG 1

 1.1   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae verskaf. Kies
       die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
       (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.

       1.1.1    Die struktuur wat twee susterchromatiede aanmekaar heg, word ŉ ...
                genoem.

                A       sentrosoom
                B       chiasma
                C       sentromeer
                D       sentriool

       VRAE 1.1.2 EN 1.1.3 is gebaseer op die inligting in die onderstaande tabel . Dit
       toon die hoeveelheid afvalprodukte wat elke jaar in stortingsterreine gestort word
       en die tyd wat benodig word vir elke soort produk om af te breek (ontbind).

            Soort produk           Hoeveelheid afval         Tyd om afval af te breek
                                       (in ton)                     (in jare)
           Plastieksakke                 200                           300
            Leerskoene                    30                            20
              Batterye                    20                           100
            Nylon vesel                  100                            50
         Aluminiumblikkies                50                            75

       1.1.2    Wat is die persentasie bydrae van aluminiumblikkies tot die totale
                hoeveelheid afval, vanuit die produkte wat gelys word?

                A       12,5%
                B       75%
                C       50%
                D       18,8%

       1.1.3    Die onderstaande stellings verwys na die inligting wat in die tabel hierbo
                gegee word.

                (i)     Plastieksakke neem 250 jaar langer as nylon vesel om te ontbind
                (ii)    Aluminiumblikkies ontbind vinniger as nylon vesel
                (iii)   Leerskoene ontbind die vinnigste
                (iv)    Batterye is verantwoordelik vir die grootste hoeveelheid afval wat
                        geproduseer word.

                Watter van hierdie stellings is korrek?
                A     slegs (i), (iii) en (iv)
                B     slegs (i) en (iv)
                C     slegs (i), (ii) en (iv)
                D     slegs (i) en (iii)

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                        LEWENSWETENSKAPPE V1               (EC/SEPTEMBER 2018)

       1.1.4   Negatiewe terugvoer-beheer behels die volgende vier fases:

               (i)     Effektore bring ŉ korrektiewe respons teweeg.
               (ii)    ŉ Reseptor neem ŉ verandering in die interne omgewing waar.
               (iii)   Faktor word na normale vlakke teruggebring.
               (iv)    Senuwee- of hormonale boodskappe word na effektore gestuur.

               Die volgorde waarin hierdie stadiums voorkom is:

               A       (ii), (iv), (iii), (i)
               B       (iv), (ii), (iii), (i)
               C       (ii), (iv), (i), (iii)
               D       (iv), (ii), (i), (iii)

       1.1.5   ŉ Vrou kan swanger raak al is haar regter fallopiusbuis geblokkeer. Dit
               is omdat …

               A       die corpus luteum progesteroon afskei.
               B       ovulasie kan vanaf die linker ovarium plaasvind.
               C       bevrugting in die baarmoeder plaasvind.
               D       menstruele bloed die blokkasie uitspoel.

       1.1.6   Die grafiek hieronder toon die verskillende vlakke van twee hormone
               wat by die menstruele siklus betrokke is.

                                                                Hormoon Z

                                            Hormoon X

                         Hormoon vlak

                                        0 2 4 6 8 10 12 14 16 18 20 22 24 26 28

               As bevrugting sou plaasvind, wat sou gebeur met die vlak van hormoon
               Z na dag 18?

               A       Sal verminder soos in die grafiek aangedui
               B       Sal eers verminder en dan verhoog
               C       Sal nie afneem nie
               D       Sal dieselfde patroon volg as hormoon X, soos in die grafiek
                       aangedui

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                 LEWENSWETENSKAPPE V1                                 5

       1.1.7     Die diagram hieronder verteenwoordig ŉ groeipunt van ŉ koleoptiel
                 (jong plantstingel) wat aan eensydige lig blootgestel word.

                                 Groeipunt van ŉ koleoptiel

                                                  Eensydige lig

                 Watter EEN van die volgende diagramme A, B C of D stel die
                 groeirigting van die koleoptiel, na ŉ week, korrek voor?

                        A                   B                C           D

       1.1.8     Die gebruik van testosteroonaanvullings om prestasie te verbeter, is
                 onwettig in mededingende sport. Die rede hiervoor is dat
                 testosteroon ...

                 A     oormatige sweet verminder.
                 B     die absorpsie van suurstof verhoog.
                 C     spierbou bevorder.
                 D     hemoglobienproduksie stimuleer.
       1.1.9     Watter EEN van die volgende is ŉ volhoubare metode wat gebruik word
                 om voedselsekuriteit te verbeter en wat nie die omgewing sal beskadig
                 nie?
                 A     Oormatige gebruik van kunsmisstowwe om opbrengs te verbeter
                 B     Deurlopende gebruik van plaagdoders om plae te verminder
                 C     Praktyk van monokultuur as boerderymetode
                 D     Praktyk van gewasrotasie as boerdery-metode
Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                           LEWENSWETENSKAPPE V1                           (EC/SEPTEMBER 2018)

      1.1.10    ŉ Studie is uitgevoer om die doeltreffendheid van verskeie
                voorbehoedmetodes te bepaal. Die resultate van die studie word
                hieronder gegee.

                        Voorbehoedmetode                Kontraseptiewe mislukking
                                                         binne die eerste jaar van
                                                               gebruik (%)
                Spermdoders (room wat chemikalieë
                                                                     28
                bevat wat spermselle doodmaak)
                Kondoom (manlik en vroulik)                          21
                Diafragma (struktuur wat in die
                vroulike voortplantingstelsel geplaas                12
                word om swangerskap te voorkom)
                Sterilisasie (manlik en vroulik)                     0,5

                ŉ Korrekte gevolgtrekking wat uit die resultate gemaak kan word, is
                dat ...

                A     die gebruik van spermdoders die mees effektiewe metode van
                      voorbehoeding is.
                B     die gebruik van kondome die gewildste metode van
                      voorbehoeding is.
                C     sterilisasie die mees effektiewe metode van voorbehoeding is.
                D     die gebruik van ŉ diafragma die oneffektiefste metode van
                      voorbehoeding is.
                                                                               (10 x 2) (20)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                   LEWENSWETENSKAPPE V1                                       7

 1.2   Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs
       die term langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.10) in die ANTWOORDBOEK neer.

       1.2.1     Die fase van meiose waar individuele chromosome hulself op die ewenaar
                 van die spoel rangskik

       1.2.2     Die vesikel, wat ensieme bevat, in die kop van ŉ spermsel

       1.2.3     Die hormoon wat die absorpsie van glukose deur die selle verhoog

       1.2.4     Die instandhouding van 'n konstante interne omgewing in die menslike
                 liggaam

       1.2.5     Die hormoon, wat deur die pituïtêre klier geproduseer word, wat die
                 ontwikkeling van die Graafse follikel stimuleer

       1.2.6     Die proses wat plaasvind aan die einde van meiose, wat aanleiding tot die
                 skeiding van dogterselle gee

       1.2.7     Die plek waar bevrugting plaasvind in die vroulike voortplantingstelsel

       1.2.8     Die proses wat hitte in die Aarde se atmosfeer vasvang deur gasse soos
                 koolstofdioksied

       1.2.9     Die hol bal selle wat uit ŉ sigoot ontwikkel

       1.2.10 Die vloeistof waarin die menslike fetus groei en ontwikkel
                                                                                       (10 x 1) (10)

 1.3   Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A, SLEGS
       B, BEIDE A EN B of GEEN van die items in KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs
       B, beide A en B of geen langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.4) in die
       ANTWOORDEBOEK neer.

                             KOLOM I                                     KOLOM II
        1.3.1    Groeibeweging van plante in reaksie op         A   Geotropisme
                 swaartekrag                                    B   Hidrotropisme
        1.3.2    Die vrystelling van ŉ eiersel vanuit die       A   Ovulasie
                 ovarium                                        B   Ovariale siklus
        1.3.3    Produseer estrogeen                            A   Pituïtêre klier
                                                                B   Graafse follikel
        1.3.4    Die uitwerping van die uteruswand wat          A   Menstruasie
                 met bloeding gepaard gaan                      B   Menstruele siklus
                                                                                           (4 x 2)   (8)

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                             LEWENSWETENSKAPPE V1                           (EC/SEPTEMBER 2018)

 1.4   Die onderstaande diagramme verteenwoordig dele van die menslike vel.

                                                               A

                            Bloedvloei                   Bloedvloei

               Diagram 1                   Diagram 2                    Diagram 3

       1.4.1     Identifiseer die deel gemerk A.                                              (1)

       1.4.2     Gee die NOMMERS van die diagramme (1, 2 of 3) wat die liggaam se
                 reaksie op hoë omgewingstemperature voorstel.                                (2)

       1.4.3     Sal die vel meer hitte deur straling in Diagram 1 of Diagram 3 vrystel?      (1)

       1.4.4     Gee die NOMMER van die diagram (1, 2 of 3) wat vasokonstriksie
                 voorstel.                                                                    (1)

       1.4.5     Watter deel van die brein beheer termoregulering by die mens?                (1)

 1.5   Die onderstaande lys toon diere met verskillende voortplantingstrategieë.

               slange; visse; hoenders; sjimpansees; die mens; walvisse; krokodille

       Noem die organismes, uit die lys, met die volgende voortplantingstrategieë:

       1.5.1     Uitwendige bevrugting                                                        (1)

       1.5.2     Inwendige bevrugting met altrisiële ontwikkeling                             (2)

       1.5.3     Inwendige bevrugting met prekosiale ontwikkeling                             (1)

       1.5.4     Vivipare diere                                                               (2)

                                                                   TOTAAL AFDELING A:          50

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                   LEWENSWETENSKAPPE V1                                9

 AFDELING B

 VRAAG 2

 2.1   Bestudeer die onderstaande diagram en beantwoord dan die vrae wat volg.

       2.1.1    Skryf SLEGS die LETTER van die deel neer wat:

                (a)     Die vibrasies van die timpaniese membraan (trommelvlies)
                        versterk                                                              (1)

                (b)     Die reseptore vir gehoor bevat                                        (1)

       2.1.2    Otosklerose is 'n genetiese vorm van gehoorverlies wat veroorsaak word
                wanneer die stiebeuel nie meer kan beweeg nie. Verduidelik hoe hierdie
                toestand gehoorverlies kan veroorsaak.                                        (3)

       2.1.3    Twee toestelle wat gebruik word om doofheid te behandel, is
                gehoorapparate en kogleêre inplantings. Die manier waarop hulle
                funksioneer, word in die tabel hieronder gegee:

                          Toestel                     Metode van funksionering
                       Gehoorapparaat         Ontvang, stuur en versterk klankvibrasies
                                              Ontvang klankvibrasies en omskep dit in ŉ
                      Kogleêre inplanting     elektriese impuls wat direk na die
                                              gehoorsenuwee oorgedra word

                Deur na die diagram hierbo te verwys, gee die letters van die dele waar
                die defek mag voorkom:

                (a)     Wanneer ŉ gehoorapparaat gebruik word                                 (2)

                (b)     Wanneer ŉ kogleêre inplanting gebruik word                            (1)

       2.1.4    Die vestibulêre tak van die gehoorsenuwee stuur impulse vanaf die
                halfsirkelvormige kanale na die serebellum. Verduidelik wat die gevolg
                sal wees indien hierdie senuwee deur ŉ virus besmet is.                       (2)
Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                          LEWENSWETENSKAPPE V1                           (EC/SEPTEMBER 2018)

 2.2   Die volgende diagram verteenwoordig die manlike voortplantingsorgane.

       2.2.1   Gee die LETTER van die deel met die volgende funksie:

               (a)    Spermproduksie                                                        (1)

               (b)    Skei ŉ vloeistof af wat ŉ medium verskaf vir die sperm om in te
                      swem                                                                  (1)

       2.2.2   Deel B word chirurgies tydens ŉ vasektomie gesny.

               Verduidelik hoe hierdie prosedure as ŉ metode van voorbehoeding kan
               dien.                                                                        (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                  LEWENSWETENSKAPPE V1                               11

 2.3   Die volgende diagram verteenwoordig die struktuur van die menslike oog.

       2.3.1    Identifiseer dele:

                (a)    D                                                                     (1)

                (b)    E                                                                     (1)

                (c)    F                                                                     (1)

       2.3.2    Gee die LETTERS van twee benoemde dele wat by die breking van lig
                betrokke is.                                                                 (2)

       2.3.3    Die spier wat A gemerk is, kan in spasma ingaan (ŉ toestand van
                konstante sametrekking). Verduidelik die gevolge van hierdie toestand
                vir afstand-visie.                                                           (3)

       2.3.4    Verduidelik waarom die skyn van ŉ kragtige laserstraal direk in ŉ
                persoon se oog, tot die verlies van visie kan lei.                           (2)

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                             LEWENSWETENSKAPPE V1                           (EC/SEPTEMBER 2018)

 2.4   Die onderstaande tabel toon die variasie in lengte by negejarige kinders aan.
       Die inligting, van 425 kinders, is tydens ŉ ondersoek by ŉ skool versamel .

       Lengte
       (cm)          134 135 136 137 138 139 140 141 142 143 144 145 146

       Aantal
       kinders       10   15   20    30    40   60    75    65   45    35    15      10     5

       2.4.1     Watter hormoon stimuleer groei by jong kinders?                                  (1)

       2.4.2     Hoe het die ondersoeker die betroubaarheid van hierdie ondersoek
                 verseker?                                                                        (1)

       2.4.3     Gee die persentasie kinders met lengtes wat wissel van 138 cm tot
                 140 cm tydens die ondersoek. Toon ALLE berekeninge.                              (2)

       2.4.4     Teken 'n lyngrafiek van die data in die tabel wat die lengte van die
                 kinders, van 140 cm tot 146 cm, voorstel.                                        (6)

 2.5   Lees die volgende gedeelte oor aardverwarming.

       Koolstofdioksied is een van die ‘kweekhuisgasse’ wat tot aardverwarming bydra.
       Mense en hul aktiwiteite speel ŉ noemenswaardige rol in die toename van CO2-
       konsentrasie in die atmosfeer. Ons koolstofvoetspoor is ŉ kragtige instrument
       om die impak van ons leefwyse op aardverwarming te verstaan. Die beste
       manier om CO2-vrystellings te bereken, is gebaseer op die verbruik van
       brandstowwe soos petrol, diesel en olie. Die langtermyn resultate van ŉ
       verhoogde kweekhuiseffek is ŉ styging in globale temperature. Daar word
       beraam dat die atmosferiese temperatuur teen die jaar 2100 met tussen 1,4 °C
       en 5,8 °C sal styg.

       2.5.1     Wat word met die term koolstofvoetspoor bedoel?                                  (2)

       2.5.2     Volgens die uittreksel, wat is die beste manier om ons koolstof-
                 voetspoor te bereken?                                                            (1)

       2.5.3     Noem TWEE maniere waarop die regering tot die vermindering van die
                 koolstofvoetspoor van die land kan bydra.                                        (2)
                                                                                                 [40]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                  LEWENSWETENSKAPPE V1                               13

 VRAAG 3

 3.1   Die onderstaande diagram verteenwoordig ŉ ontwikkelende menslike fetus in
       die uterus.

       3.1.1    Noem TWEE bloedvate wat in die gedeelte gemerk B aangetref word.             (2)

       3.1.2    Tabuleer EEN verskil in die samestelling van bloed wat na en van
                deel B van die fetus vloei.                                                  (3)

       3.1.3    Noem die proses wat die uitruiling van stowwe tussen die fetus en die
                moeder, by A moontlik maak.                                                  (1)

       3.1.4    Een komplikasie tydens swangerskap is dat ŉ deel van A van die
                baarmoeder mag wegskeur.

                Verduidelik die gevolge van sodanige skade vir die fetus.                    (3)

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                              LEWENSWETENSKAPPE V1                     (EC/SEPTEMBER 2018)

 3.2   ŉ Plantkundige het die effek van absissiensuur op die ontkieming van sade
       ondersoek.

       Die prosedure was soos volg:

       -   Hy het ŉ gelyke hoeveelhede blaarslaaisade in twee potte/bakke (A en B)
           geplaas. Albei bakke het dieselfde grond bevat en is tydens die ondersoek
           aan dieselfde omgewingstoestande onderwerp.
       -   Die persentasie sade wat in bak A ontkiem het is elke 10 dae vir 40 dae
           bereken.
       -   Terselfdertyd is ŉ monster sade uit bak B geneem en die hormoon-
           konsentrasie in die saad is bepaal.

       Die resultate van die ondersoek word in die onderstaande tabel verskaf:

                                                                   Konsentrasie
                                         % sade ontkiem in
               Tyd (dae)                                       absissiensuur in sade
                                              Bak A
                                                                in Bak B (in ng / g)
                      0                              0                  350
                     10                             10                   70
                     20                             65                   50
                     30                             80                   20
                     40                             95                   10

       3.2.1   Formuleer ŉ hipotese vir hierdie ondersoek.                                 (2)

       3.2.2   Identifiseer elk van die volgende in hierdie ondersoek:

               (a)        Afhanklike veranderlike                                          (1)

               (b)        Onafhanklike veranderlike                                        (1)

       3.2.3   Noem TWEE maniere waarop die plantkundige die geldigheid van die
               ondersoek verseker het.                                                     (2)

       3.2.4   Wat sal die konsentrasie absissiensuur na 50 dae in die sade in bak A
               wees?                                                                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                 LEWENSWETENSKAPPE V1                              15

 3.3   Die onderstaande diagram verteenwoordig ŉ sel gedurende ŉ sekere fase
       van meiose.

       3.3.1    Identifiseer die fase van meiose wat deur bostaande diagram
                voorgestel word.                                                      (1)

       3.3.2    Gee EEN sigbare rede vir jou antwoord in VRAAG 3.3.1.                 (1)

       3.3.3    Beskryf die proses wat die oorerwing van ŉ kombinasie van beide
                ouerlike eienskappe in chromatiede A en B veroorsaak het.             (3)

       3.3.4    Noem TWEE redes waarom hierdie chromosome homoloë
                chromosome is.                                                        (2)

Kopiereg voorbehou                                               Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                           LEWENSWETENSKAPPE V1                              (EC/SEPTEMBER 2018)

 3.4   In ŉ ondersoek deur ŉ groep graad 12-leerders is watermonsters van drie
       riviere (A, B en C) geneem en in aparte glasbottels gestoor. Die monsters is
       vir twee dae by 37 °C geïnkubeer en vir ŉ soort bakterie genaamd Escherichia
       coli (E. coli) getoets. E. coli-bakterieë woon gewoonlik in die dikderm van die
       mens.

       ŉ Chemiese indikator is gebruik om die teenwoordigheid van E. coli in die water
       te bepaal. As die chemiese indikator van rooi na ‘n ‘melkerige’ geel verander,
       is E. coli teenwoordig.

       Die resultate van die ondersoek word in die tabel hieronder getoon:

       Kleur van chemiese
                                        Rivier A          Rivier B           Rivier C
       indikator
       Voor inkubasie                     Rooi              Rooi               Rooi
       Na inkubasie                       Rooi         ‘melkerig’ geel         Rooi

       3.4.1    Volgens die inligting in die tabel, watter rivier bevat E. coli?                (1)

       3.4.2    Gee ŉ rede vir jou antwoord in VRAAG 3.4.1.                                     (1)

       3.4.3    Noem EEN manier waarop E. coli in die rivier kon beland.                        (1)

       3.4.4    Verduidelik hoekom die watermonsters by 37 °C geïnkubeer word.                  (2)

       3.4.5    Verduidelik hoe hoë vlakke van bakterieë in water die suurstofvlakke
                in die water sal beïnvloed.                                                     (2)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                                      LEWENSWETENSKAPPE V1                                 17

 3.5   Lees die uittreksel en grafiek hieronder.

       Plaagbeheer behels die gebruik van plaagdoders om plae dood te maak wat met
       mense vir kos meeding. Plaagdoders dring die weefsel van gesonde plante
       binne, vernietig die plante en verminder sodoende gewasproduksie.
       Plaagdoders is duur, hulle verhoog die koste van voedsel en verminder dus die
       toegang tot voedsel deur arm verbruikers. Een manier om plaagbevolkings te
       beheer, as ŉ boerderypraktyk, is om biologiese beheer te gebruik.

       Die volgende grafiek toon hoe ŉ plaagbevolking verander het nadat ŉ biologiese
       beheer-agens geïmplementeer is om van die plaag ontslae te raak in plaas
       daarvan om duur plaagdoders te gebruik.
                                         Verandering in bevolkingsgrootte oor ŉ tydperk van 45
                                                                maande

             Bevolking (duisende)
                                     5
                                                               Vlak waarbo plaag skadelik is
                                    4
                                    3
                                                                             Biologiese beheer
                                    2                            Plaag       agens
                                    1
                                    0
                                         0     5    10   15      20    25     30    35     40       45
                                                              Tyd (maande)

       3.5.1                        Wat word met die term biologiese beheer bedoel?                                (2)

       3.5.2                        Beskryf die verhouding tussen die plaag en die beheerspesie
                                    (beheeragens) tussen 15 en 20 maande.                                          (2)

       3.5.3                        Verduidelik EEN rede waarom die beheerstelsel hierbo as ŉ goeie
                                    boerderypraktyk beskou kan word.                                               (2)

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                                                LEWENSWETENSKAPPE V1                       (EC/SEPTEMBER 2018)

 3.6   ŉ Mondelingse glukose-toleransietoets word gebruik om te bepaal of ŉ persoon
       normaal of alreeds ŉ diabeet is.

       Hierdie toets is op twee mense uitgevoer. Nadat hulle 12 uur lank gevas het, is
       elke persoon dieselfde glukose-oplossing gegee om te drink en daarna is hul
       bloedglukosevlakke elke 30 minute vir twee uur gemeet.

       Die resultate van die ondersoek word in die grafiek hieronder getoon.

                                      250
                                                                                         Pasiënt 1
                                                                                         Pasiënt 2
                                      200

               Serum glukose(mg/dL)
                                      150

                                      100

                                       50

                                            0      30       60      90      120
                                            Tyd na mondelingse glukose-toediening
                                                          (minute)

       3.6.1                Gee TWEE redes vanaf die grafiek waarom pasiënt 2 diabeties is.                    (2)

       3.6.2                Verduidelik waarom pasiënt 1 oor ŉ langer tydperk sonder kos as
                            pasiënt 2 kan oorleef.                                                             (2)
                                                                                                              [40]

                                                                                    TOTAAL AFDELING B:          80

Kopiereg voorbehou                                                                             Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                LEWENSWETENSKAPPE V1                               19

 AFDELING C

 VRAAG 4

 ŉ Krap knyp Thando se toon terwyl hy in ŉ rotspoel swem. Alhoewel hy nie die krap
 kan sien nie, trek hy dadelik sy voet weg.

 Beskryf die volgorde van gebeure wat hom in staat stel om onmiddellik te reageer,
 asook die belangrikheid van hierdie vinnige reaksie. Beskryf ook die senuwee-roete
 wat hom in staat stel om die krap te sien.

                                                                               Inhoud: (17)
                                                                               Sintese: (3)

 LET WEL:       Geen punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van
                vloeidiagramme, diagramme of tabelle nie.

                                                             TOTAAL AFDELING C:         20
                                                                 GROOTTOTAAL:          150

Kopiereg voorbehou                                               Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [LIFE SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2018 English](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-qp-sept2018-english/77f4ce99-c134-4c97-bb48-a35ebaf63702) — Life Sciences · QP · 2018 · Eng
- [Life Sciences P1 Nov 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2018-afr/12a337df-bd94-4623-80e8-1f7baba2ce86) — Life Sciences · QP · 2018 · Afr
- [Life Sciences P1 Nov 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2018-eng/f78a2850-007f-41f2-9e3b-939d8311bf0d) — Life Sciences · QP · 2018 · Eng
- [LIFE SCIENCES P1 GR12 QP SEPT2023 isiXhosa](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-gr12-qp-sept2023-isixhosa/4bfbd428-d580-44bb-9e04-f4e5ad0bda53) — Life Sciences · QP · 2023 · isiXhosa
- [LIFE SCIENCES P1 QP SEPT 2021 Xhosa D](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-qp-sept-2021-xhosa-d/bf73c123-831d-499a-9ecd-62ac37eff2bf) — Life Sciences · QP · 2021
- [LIFE SCIENCES P1 QP GR12 SEPT2021 English](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-qp-gr12-sept2021-english/51bdf0cb-548d-43fc-b083-c4f0f664b370) — Life Sciences · QP · 2021 · Eng

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
