# Life Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2022 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-gr12-qp-sept2022-afrikaans/84b52180-4d06-46c1-9678-4af4f22b5a16
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-gr12-qp-sept2022-afrikaans/84b52180-4d06-46c1-9678-4af4f22b5a16)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 12

                     SEPTEMBER 2022

                  LEWENSWETENSKAPPE V1

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                       Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                            LEWENSWETENSKAPPE V1                       (EC/SEPTEMBER 2022)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.    Beantwoord AL die vrae.

2.    Skryf AL die antwoorde in jou ANTWOORDEBOEK.

3.    Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan ŉ NUWE bladsy.

4.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik word.

5.    Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan.

6.    Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink.

7.    Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.

8.    Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
      NIE.

9.    MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

10. Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer
    gebruik, waar nodig.

11. Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                  LEWENSWETENSKAPPE V1                                  3

AFDELING A

VRAAG 1

1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
       Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
       (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.

       1.1.1 Watter EEN van die volgende dele vang klankgolwe op?

               A      Pinna
               B      Timpaniese membraan
               C      Gehoorkanaal
               D      Eustachius-buis

       1.1.2 ŉ Toestel wat gebruik word om ŉ middeloor-infeksie te behandel, is
             ŉ ...

               A      ‘grommet’/dreineringspypie.
               B      kogleêre-inplanting.
               C      gehoorapparaat.
               D      bikonkawe lens.

       1.1.3 Watter EEN van die volgende verteenwoordig die korrekte volgorde
             tydens die oordrag van ŉ klankstimulus in die oor?

               A      Vibrasie → klankgolf → drukgolf → impuls
               B      Klankgolf → vibrasie → drukgolf → impuls
               C      Impuls → drukgolf → vibrasie → klankgolf
               D      Klankgolf → impuls → drukgolf → vibrasie

       1.1.4 Watter EEN van die volgende visuele defekte vind plaas wanneer die
             lens van ŉ oog troebel en ondeursigtig word?

               A      Versiendheid
               B      Bysiendheid
               C      Astigmatisme
               D      Katarakte

       1.1.5 Die laag van die oog wat ryklik van bloedvate voorsien word, is die ...

               A      retina.
               B      sklera.
               C      konjunktiva.
               D      choroïed.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                               LEWENSWETENSKAPPE V1                     (EC/SEPTEMBER 2022)

      1.1.6 ŉ Struktuur by die manlike voortplantingstelsel wat beide semen en
            urine vervoer is die ...

             A       epididimis.
             B       vas deferens.
             C       uretra.
             D       saadbuisies.

      1.1.7 Die hormoon wat die ontwikkeling van die endometrium stimuleer,
            is …

             A       FSH.
             B       LH.
             C       testosteroon.
             D       estrogeen.

      1.1.8 Die proses waardeur ŉ ovum uit die ovarium by die mens vrygestel
            word, staan as ... bekend.

             A       ovulasie
             B       oögenese
             C       bevrugting
             D       menstruasie

      1.1.9 ŉ Chirurgiese verwydering van die prostaatklier kan die kanse op
            voortplanting by mans verminder omdat ...

             A       spermselle in die suur toestande van die vagina kan sterf.
             B       spermselle wat geproduseer word, abnormaal sal wees en nie
                     kan beweeg nie.
             C       geen spermselle tydens kopulasie vrygestel sal word nie, slegs
                     semen.
             D       onvolwasse spermselle in die vagina vrygestel sal word.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                                        LEWENSWETENSKAPPE V1                                                     5

     1.1.10     Die onderstaande grafieke verteenwoordig moontlike bloedglukose-
                en insulienvlakke van ŉ persoon.

                      Konsentrasie in bloed
                                                           W                                                  X

                                                                            Konsentrasie in bloed

                                              Tyd na die maaltyd                                    Tyd na die maaltyd
                                                   geëet is                                              geëet is
                                                       Y                                                     Z

                      Konsentrasie in bloed                                 Konsentrasie in bloed

                                              Tyd na die maaltyd geëet                              Tyd na die maaltyd
                                                         is                                              geëet is

                                                                    Glukose-vlak
                                                                    Insulienvlak

                Watter EEN van die grafieke verteenwoordig die bloedglukose- en
                insulienvlakke van ŉ persoon sonder diabetes mellitus na ŉ
                maaltyd?

                A                             W
                B                             X
                C                             Y
                D                             Z                                                                   (10 x 2)   (20)

Kopiereg voorbehou                                                                                                Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                             LEWENSWETENSKAPPE V1                       (EC/SEPTEMBER 2022)

1.2   Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
      Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.10) in die
      ANTWOORDEBOEK neer.

      1.2.1    ŉ Hormoon wat die produksie van melk by vrouens stimuleer

      1.2.2    Die tipe seldeling wat tot die vorming van ŉ morula vanaf ŉ sigoot
               lei

      1.2.3    Die pad wat deur ŉ impuls geneem word om ŉ reaksie op ŉ
               stimulus tydens ŉ refleksaksie teweeg te bring

      1.2.4    Die tak van die perifere senuweestelsel wat uit simpatiese en
               parasimpatiese senuwees bestaan

      1.2.5    Die mikroskopiese gaping wat tussen twee opeenvolgende
               neurone aangetref word

      1.2.6    Die deel van die skedel wat die brein beskerm

      1.2.7    Die tydperk van ontwikkeling van die fetus

      1.2.8    ŉ Hormoon van die pituïtêre klier wat die skildklier stimuleer om sy
               hormoon te produseer

      1.2.9    Die homeostatiese beheer van watervlakke in die bloed

      1.2.10 Die deel van die brein wat die regter- en die linkerhemisfere verbind
                                                                          (10 x 1)     (10)

1.3   Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op
      SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in
      KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
      vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                           KOLOM I                            KOLOM II
      1.3.1   ŉ Breinafwyking wat               A:    Alzheimer se siekte
              geheueverlies tot gevolg het      B:    Veelvuldige sklerose
      1.3.2   Die vermoë van die oog om die     A:    Pupilmeganisme
              vorm van die lens te verander     B:    Binokulêre visie
              om op ŉ voorwerp wat naby of
              ver is te fokus
      1.3.3   ŉ Deel van die oor wat die        A:    Buis van Eustachius
              middeloor met die farinks         B:    Gehoorbeentjies
              verbind
                                                                             (3 x 2)    (6)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                  LEWENSWETENSKAPPE V1                                    7

 1.4   Die diagram verteenwoordig die homeostatiese beheer van watervlakke in
       die bloed wanneer ŉ persoon tydens ŉ sokkerwedstryd dehidreer.

                                      Klier B stel meer
                                       hormoon C in
                                        die bloed vry

            Deel A van die                                         Deel D in die
           brein gestimuleer                                          niere

            Watervlak in die                                      Watervlak in die
              bloed daal                                            bloed styg

                                 Normale watervlak in die bloed

       1.4.1 Identifiseer:

                (a)    Deel A                                                             (1)

                (b)    Klier B                                                            (1)

                (c)    Hormoon C                                                          (1)

                (d)    Struktuur D                                                        (1)

       1.4.2 Noem die effek van hormoon C op struktuur D by hierdie persoon.              (1)

       1.4.3 Noem EEN fisiologiese proses wat tot die lae watervlakke in die
             bloed van hierdie persoon sal lei.                                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                               LEWENSWETENSKAPPE V1                  (EC/SEPTEMBER 2022)

 1.5 Die diagram hieronder verteenwoordig twee tipes neurone.

         A

                                        DIAGRAM I

                                                     C

                                   B                       D

                                        DIAGRAM II

      1.5.1   Identifiseer die neuron in:

              (a)     DIAGRAM I                                                      (1)

              (b)     DIAGRAM II                                                     (1)

      1.5.2   Identifiseer deel C.                                                   (1)

      1.5.3   Gee die LETTER en die NAAM van die deel wat:

              (a)     Elektriese isolasie verskaf                                    (2)

              (b)     Inkomende impulse ontvang                                      (2)

      1.5.4   Watter neuron (I of II) dra impulse na die sentrale senuweestelsel
              oor?                                                                   (1)

                                                         TOTAAL AFDELING A:          50

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)               LEWENSWETENSKAPPE V1                                  9

 AFDELING B

 VRAAG 2

 2.1 DIAGRAM I toon die struktuur van ŉ normale vroulike voortplantingstelsel en
     DIAGRAM II toon die struktuur van ŉ vroulike voortplantingstelsel met
     ‘didelphys uterus’ (dubbele uterus). Vroue met ‘didelphys uterus’ kan ŉ
     normale swangerskap hê, maar daar kan in sommige gevalle komplikasies
     wees soos ektopiese swangerskappe, intra-uteriene fetale groeibeperking,
     abnormale plasentasie en fetale wanposisie.

        Serviks
                                               Serviks                   Serviks
                                                 s

                      DIAGRAM I                            DIAGRAM II

       2.1.1   Tabuleer TWEE strukturele verskille tussen die vroulike
               voortplantingstelsels soos in DIAGRAM I en DIAGRAM II getoon. (5)

       2.1.2   Noem TWEE moontlike komplikasies wat tydens swangerskap by ŉ
               vrou met ‘didelphys uterus’ (dubbele uterus) kan voorkom.    (2)

       2.1.3   ŉ Vrou met ‘didelphys uterus’ (dubbele uterus) is 10 weke swanger.

               Verduidelik waarom geen ander inplanting gedurende hierdie tyd in
               die tweede uterus sal plaasvind nie.                              (4)

 2.2 Beskryf die strukture wat na inplanting ontwikkel om beskerming en voeding
     van die ontwikkelende embrio te verseker.                                  (8)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                            LEWENSWETENSKAPPE V1                     (EC/SEPTEMBER 2022)

 2.3     Die diagram hieronder toon die strukture betrokke by termoregulering in
         die vel.

             Veloppervlak

        Sweetklier
                                                                         A

         2.3.1 Identifiseer deel A.                                                   (1)

         2.3.2 Verduidelik die toestand van deel A op ŉ koue dag.                     (3)

         2.3.3 Vriesbrand word veroorsaak deur die dood van die weefsel
               rondom die tone wanneer ŉ persoon vir ŉ lang tydperk aan ŉ
               ernstige koue toestand blootgestel word.

                Verduidelik waarom die toestand van deel A wat in VRAAG 2.3.2
                genoem word, tot vriesbrand kan lei.                                  (3)

         2.3.4 Anhidrose is ŉ toestand wat daartoe lei dat die sweetkliere geen
               sweet produseer nie. Dit kan die hele liggaam of ŉ klein deel van
               die liggaam beïnvloed. Anhidrose kan veroorsaak word deur
               ernstige brandwonde, bestraling, infeksie, inflammasie of ander
               beserings aan die vel.

                Verduidelik waarom anhidrose wat die hele liggaam aantas tot die
                dood kan lei wanneer die persoon vir ŉ paar uur aan baie warm
                toestande blootgestel word.                                           (4)

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                LEWENSWETENSKAPPE V1                                    11

 2.4 Die diagram hieronder toon ŉ voëlnes in ŉ hoë boom met ŉ paar pas uitgebroeide
     voëls.

       2.4.1 Noem TWEE waarneembare redes waarom hierdie tipe ontwikkeling as
             altrisieël beskou kan word.                                      (2)

       2.4.2 Verduidelik EEN voordeel van die nes wat hoog in die boom vir die
             altrisiële ontwikkeling in ŉ ekosisteem is.                       (3)

       2.4.3 Verduidelik die volume van die eiergeel in ŉ amniotiese eier van die voël
             wat prekosieël is in vergelyking met dieselfde grootte voël wat altrisieël is. (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                             LEWENSWETENSKAPPE V1                        (EC/SEPTEMBER 2022)

2.5   ŉ Ondersoek is gedoen om die effek van sink-aanvulling op die vlakke van
      testosteroon in die bloed van manlike gewigoptellers te bepaal.

      Die prosedure was soos volg:

      60 gesonde manlike gewigoptellers van dieselfde ouderdom is gevra om
      aan die ondersoek deel te neem.

      •   Hulle is vir 6 weke dieselfde dieet gegee
      •   Die testosteroonvlakke in hul bloed is elke dag vir die 6-weke tydperk
          gemeet
      •   Hulle is vir 6 weke elke dag ŉ sink-aanvulling saam met hul dieet gegee
      •   Die testosteroonvlakke in hul bloed is elke dag weer gemeet
      •   Die gemiddelde testosteroonvlakke in die bloed is voor en na die sink-
          aanvulling bereken

      Die gemiddelde vrye testosteroon per groep voor en na die ondersoek word
      hieronder gegee:

                                                Gemiddelde testosteroon in bloed
                                                           (ulU/mL)
      Voor die sink-aanvulling toediening                    16,8
      Na die sink-aanvulling toediening                      22,5

      2.5.1    Identifiseer in hierdie ondersoek die:

               (a)    Onafhanklike veranderlike                                          (1)

               (b)    Afhanklike veranderlike                                            (1)

      2.5.2    Beskryf die kontrole wat vir hierdie ondersoek gedoen is.                 (2)

      2.5.3    Noem TWEE veranderlikes in verband met die sink-aanvullings
               wat oorweeg moes word om die geldigheid van die ondersoek te
               verseker.                                                                 (2)

      2.5.4    Noem TWEE maniere waarop die betroubaarheid van die resultate
               vir hierdie ondersoek verseker is.                                        (2)

      2.5.5    Skryf ŉ algemene gevolgtrekking wat uit die resultate wat verkry is,
               gemaak kan word.                                                          (2)

      2.5.6    Noem TWEE funksies van testosteroon by mans tydens
               voortplanting.                                                            (2)
                                                                                        [50]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                    LEWENSWETENSKAPPE V1                                13

VRAAG 3

3.1    Die onderstaande diagram toon ŉ deel van die menslike oor.

                                                     C

                                                      D
       B
                                                                        E

           A

       3.1.1    Identifiseer deel D.                                                       (1)

       3.1.2    Noem EEN funksie van deel E.                                               (1)

       3.1.3    Noem hoekom deel A die oortollige drukgolwe moet absorbeer.                (1)

       3.1.4    Beskryf hoe die strukture wat deur C aangedui word, balans
                handhaaf.                                                                  (7)

       3.1.5    Verduidelik waarom ŉ skeur (gat) in deel B tot gehoorverlies kan lei.      (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                            LEWENSWETENSKAPPE V1                       (EC/SEPTEMBER 2022)

3.2   ŉ Ondersoek is gedoen om die effek van swaartekrag op die groeirigting
      van die stam/stingel te bepaal.

      Die prosedure was soos volg:

      • Twee plante van dieselfde spesie, hoogte en ouderdom is geselekteer
      • Plante is aan dieselfde omgewingstoestande blootgestel
        (water, voedingstowwe en tipe grond)
      • Beide plante is aan ŉ klinostaat geheg soos in die diagram getoon
      • Hulle is toe vanuit alle rigtings aan lig blootgestel

      Die eksperimente is opgestel soos in die diagram hieronder getoon.

           Roterende klinostaat                          Stilstaande klinostaat
               DIAGRAM I                                     DIAGRAM II

      3.2.1    Stel EEN rede voor waarom dit belangrik is dat die stam/stingel van
               die plant na die lig toe groei.                                        (1)

      3.2.2    Wat is die term wat gegee word vir die groeibeweging van ŉ deel
               van ŉ plant in reaksie op swaartekrag?                                 (1)

      3.2.3    Noem die doel van die rotasie van die klinostaat in DIAGRAM I
               tydens die ondersoek.                                                  (1)

      3.2.4    Verduidelik die resultate wat na 2 weke in DIAGRAM II verkry sal
               word.                                                                  (5)

      3.2.5    Indien die groeipunt van die stingel in DIAGRAM I aan die begin
               van die ondersoek verwyder is, verduidelik die resultate wat na 2
               weke verkry sou word.                                                  (4)

      3.2.6    Noem EEN, ander hormoon wat die groei van die plant stimuleer.         (1)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                 LEWENSWETENSKAPPE V1                                15

3.3    Die onderstaande diagram verteenwoordig die struktuur van die menslike
       oog.

           A

           B
          C
          D
          E

       3.3.1 Identifiseer deel B.                                                     (1)

       3.3.2 Beskryf die werking van deel D wanneer ŉ persoon in dowwe lig is.        (2)

       3.3.3 Verduidelik die rol van deel A en E wanneer ŉ voorwerp nader
             beweeg.                                                                  (3)

       3.3.4 Gloukoom is ŉ oogsiekte wat tot blindheid kan lei. Dit kom voor
             wanneer die oortollige watervog die oog nie kan verlaat nie omdat die
             dreineringskanale in die kornea en iris geblokkeer is. Hierdie
             blokkasie skep meer druk in die oog wat die fotoreseptore en die
             optiese senuwee sal beskadig.

               (a)     Gee die LETTER wat watervog voorstel.                          (1)

               (b)     Beskryf hoe die druk in die oog kan toeneem.                   (2)

               (c)     Verduidelik waarom ŉ persoon met gloukoom blind kan word.      (3)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                                                              LEWENSWETENSKAPPE V1                      (EC/SEPTEMBER 2022)

3.4   Die onderstaande grafiek verteenwoordig die homeostatiese beheer van
      soutvlakke in die bloed van ŉ persoon.

           Vlak van sout in die bloed (in arbitrêre eenhede)
                                                                               B

                                                                                                          Normale               E
                                                                                               C           vlak
                                                                 A

                                                                                                               D

                                                                                        Tyd (ure)

      3.4.1 Noem die:

                                                               (a)   Orgaan wat die soutvlakke in die bloed reguleer                     (1)

                                                               (b)   Hormoon wat die soutvlakke in die bloed beheer                      (1)

      3.4.2 Verduidelik die:

                                                               (a)   Vorm van die grafiek tussen B en C                                  (5)

                                                               (b)   Soutkonsentrasie in die urine wat tussen D en E uitgeskei word     (4)
                                                                                                                                       [50]

                                                                                                          TOTAAL AFDELING B:            100
                                                                                                              GROOTTOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou                                                                                                      Blaai om asseblief

## Related documents

- [LIFE SCIENCES P1 QP SEPT2019 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-qp-sept2019-afrikaans-final/507e9f66-d103-4b88-8f92-e9436c3a40aa) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-memo-sept2022-afrikaans/7cca7322-63ed-4fb0-a67b-5df57d647597) — Life Sciences · Memo · 2022 · Afr
- [LIFE SCIENCES P1 GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-gr12-memo-sept2023-afrikaans/4a6384bb-d099-47ae-9fde-15f096079e67) — Life Sciences · Memo · 2023 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-qp-sept2017-afrikaans/bf87cb58-23d4-4b06-adf5-25fd58ae662a) — Life Sciences · QP · 2017 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P1 (Afrikaans) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/6ca916a7-2250-4497-9409-7188154ce36b) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P1 10832 (Afrikaans) Preperatory 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-10832-afrikaans-preperatory-2016-question-paper/f3d96818-aad0-4820-91c5-b7b9cea1287f) — Life Sciences · QP · 2016 · Afr

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
