# Life Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2023 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-gr12-qp-sept2023-afrikaans/df57b4c2-7cca-4a9e-99a6-a8ad4b3ec536
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-gr12-qp-sept2023-afrikaans/df57b4c2-7cca-4a9e-99a6-a8ad4b3ec536)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [LIFE SCIENCES P1 GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-gr12-memo-sept2023-afrikaans/4a6384bb-d099-47ae-9fde-15f096079e67) — Memo · 2023 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                     SENIORSERTIFIKAAT

                           GRAAD 12

                     SEPTEMBER 2023

                  LEWENSWETENSKAPPE V1

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

### Page 2

2                            LEWENSWETENSKAPPE V1                     (EC/SEPTEMBER 2023)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.    Beantwoord AL die vrae.

2.    Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.

3.    Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan ŉ NUWE bladsy.

4.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik word.

5.    Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan.

6.    Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink.

7.    Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.

8.    Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
      NIE.

9.    MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

10.   Jy moet ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
      waar nodig.

11.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2023)                      LEWENSWETENSKAPPE V1                              3

AFDELING A

VRAAG 1

1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
       Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
       (1.1.1 tot 1.1.9) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.10 D.

       1.1.1 Watter EEN van die volgende kliere in die menslike liggaam is ŉ
             endokriene klier?

               A       Prostaatklier
               B       Speekselklier
               C       Skildklier
               D       Sweetklier

       1.1.2 Hieronder is ŉ lys van effekte wat deur hormone veroorsaak word.

               (i)     Vernouing van die bloedvate van die vel
               (ii)    Verhoog bloedsirkulasie na die vel
               (iii)   Versnel die omskakeling van glikogeen na glukose
               (iv)    Verlaag die asemhalingstempo

               Watter van die volgende effekte word deur adrenalien veroorsaak?

               A       Slegs (i), (ii) en (iii)
               B       Slegs (ii), (iii) en (iv)
               C       Slegs (iii)
               D       Slegs (i) en (iii)

       1.1.3 Die bloedglukosevlak van ŉ mens word deur ... beïnvloed.

               A       tiroksien, glukagon en adrenalien
               B       insulien, glukagon en adrenalien
               C       insulien, aldosteroon en glukagon
               D       tiroksien, insulien en aldosteroon

       1.1.4 Watter deel van die brein prosesseer visuele impulse?

               A       Serebrum
               B       Serebellum
               C       Medulla oblongata
               D       Hipotalamus

       1.1.5 ŉ ‘Grommet’/Dreineringspypie word in die trommelvlies van die oor
             geplaas om ...

               A       bakterieë toe te laat om die besmette area te verlaat.
               B       lug deurlopend deur die middeloor te laat beweeg.
               C       oordruppels direk in die besmette area toe te dien.
               D       genesingsproses daagliks te monitor.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

4                             LEWENSWETENSKAPPE V1                      (EC/SEPTEMBER 2023)

    1.1.6 Watter deel van die oog bevat die fotoreseptore?

          A    Sklera
          B    Choroïed
          C    Retina
          D    Kornea

    1.1.7 Voorbehoedmiddels word deur baie vroue gebruik om swangerskap te
          voorkom. ’n Ondersoek is gedoen om die doeltreffendheid van verskillende
          voorbehoedmiddels te toets.

          Watter EEN van die volgende resultate kan gebruik word om af te lei watter
          voorbehoedmiddel die doeltreffendste was?

          A    Aantal vroue wat swanger geraak het.
          B    Aantal vroue wat nie-swanger gebly het nie.
          C    Frekwensie van bloeding onder vroue.
          D    Hoeveelheid bloed tydens elke menstruasie verloor.

    1.1.8 Watter deel van die sperm stel ŉ ensiem vry om die buitenste membraan
          van die eiersel op te los?

          A    Akrosoom
          B    Mitochondria
          C    Nukleus
          D    Chromatien

    1.1.9 Menslike immuniteitsgebrekvirus (MIV) word deur liggaamsvloeistowwe
          van ŉ besmette persoon na ŉ ander persoon oorgedra.

          ŉ Besmette man, wat ŉ vasektomie gehad het (ŉ chirurgiese prosedure
          wat die vasa differentia sny en afbind), is steeds in staat om die MI-virus
          tydens seksuele omgang oor te dra omdat ...

          A    hy steeds in staat is om sperm, wat die virus dra, te ejakuleer.
          B    hy afskeidings van bykomende kliere wat die virus bevat, kan
               ejakuleer.
          C    die spore van urine in die uretra die virus bevat.
          D    die voering van uretra die virus tydens ejakulasie vrystel.
                                                                                  (9 x 2)   (18)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2023)                LEWENSWETENSKAPPE V1                                    5

1.2   Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
      Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.9) in die
      ANTWOORDEBOEK neer.

      1.2.1     Die spiraal-gedraaibuis buite die testis wat sperms totdat hulle
                volwasse is stoor

      1.2.2     Die veranderinge wat oor ŉ tydperk van 28 dae in die ovarium en
                uterus van ŉ vrou plaasvind

      1.2.3     Die plek van bevrugting

      1.2.4     ŉ Hol bol selle waarin die bevrugte ovum ontwikkel

      1.2.5     Die struktuur wat stimuli vanuit die omgewing ontvang

      1.2.6     Die vloeistof wat die ruimte tussen die kornea en die lens vul

      1.2.7     Die reseptore in die koglea

      1.2.8     Die deel van die brein wat die koolstofdioksiedvlakke in die bloed
                beheer

      1.2.9     ŉ Groep endokriene selle, in die pankreas, wat insulien afskei
                                                                                 (9 x 1)   (9)

1.3   Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS
      A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie.
      Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommers
      (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                           KOLOM I                               KOLOM II
      1.3.1     Manlike hormoon wat deur die      A:    TSH
                testes afgeskei word              B:    Tiroksien
      1.3.2     Sekondêre geslagskenmerke         A:    Ontwikkeling van borste
                by vroue                          B:    Ontwikkeling van
                                                        skaamhare
      1.3.3     Die beskermende membrane          A:    Kiemepiteel
                wat die brein en die rugmurg      B:    Meninges
                bedek
                                                                                 (3 x 2)   (6)

 Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

6                             LEWENSWETENSKAPPE V1                 (EC/SEPTEMBER 2023)

1.4   Diagramme 1, 2, 3 en 4 hieronder toon ŉ deel van ŉ homeostatiese proses
      by mense.

               C

               B

               A                                               D

                      DIAGRAM 1                        DIAGRAM 2

                                           F

                                            E

                     DIAGRAM 3                         DIAGRAM 4

      1.4.1   Identifiseer die homeostatiese proses wat in die diagram hierbo
              voorgestel word.                                                    (1)

      1.4.2   Noem die proses wat voorgestel word in:

              (a)    DIAGRAM 1                                                     (1)

              (b)    DIAGRAM 2                                                     (1)

      1.4.3   Gee die LETTER en NAAM van die deel wat:

              (a)    Die homeostatiese proses wat in die diagramme voorgestel
                     word beheer                                                   (2)

              (b)    Minder aktief op ŉ baie koue dag is                           (2)

      1.4.4   Noem die belangrikheid van die proses wat in DIAGRAM 4
              plaasvind.                                                           (2)

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2023)                    LEWENSWETENSKAPPE V1                              7

1.5    Die onderstaande diagram verteenwoordig twee neurone van die menslike
       senuweestelsel.

                                                                            A

                                                                                B

                                                 C

                      DIAGRAM 1                             DIAGRAM 2

       1.5.1    Identifiseer deel B.                                                  (1)

       1.5.2    Noem die deel(le) wat:

                (a)   Impulse ontvang en dit na deel B stuur                           (1)

                (b)   Impulse weg van deel B af gelei                                 (1)

       1.5.3    Identifiseer die neuron wat deur DIAGRAM 1 voorgestel word.           (1)

       1.5.4    Noem die tipe neuron wat as ŉ skakel tussen die neurone in
                DIAGRAM 1 en 2 in die sentrale senuweestelsel dien.                   (1)

       1.5.5    DIAGRAM 2 toon ŉ strukturele defek (afwyking) van die neuron.

                Noem die:

                (a)   Defek (afwyking) wat in die diagram getoon word                  (1)

                (b)   Effek van die defek (afwyking) op die oordrag van die impuls    (1)

                (c)   Naam van die afwyking wat deur hierdie defek (afwyking)
                      veroorsaak word                                                 (1)

                                                          TOTAAL AFDELING A:           50

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

8                             LEWENSWETENSKAPPE V1                     (EC/SEPTEMBER 2023)

AFDELING B

VRAAG 2

2.1   Die onderstaande diagram verteenwoordig verskillende ontwikkeling-
      stadiums van die uterusvoering tydens die menstruele siklus.

                                Dae van die maand

      2.1.1   Identifiseer:

              (a)    Deel A                                                            (1)

              (b)    Die proses wat gedurende die eerste 4 dae plaasvind               (1)

      2.1.2   Noem die ovariale hormoon wat vanaf dag 15–28 op ŉ hoër vlak is.         (1)

      2.1.3   Verduidelik die verdikking van die uterusvoering vanaf dag 7–13.         (6)

2.2   Sommige voorbehoedpille bevat ŉ hoë dosis progesteroon.

      Verduidelik hoekom ŉ vrou wat hierdie soort pil gebruik nie swanger sal raak
      nie.                                                                             (4)

2.3   Beskryf oögenese.                                                                (5)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2023)                   LEWENSWETENSKAPPE V1                                9

2.4    ŉ Ondersoek is gedoen om die invloed van ŉ eksterne stimulus op die
       groeirigting in plante te bepaal.

       Die prosedure was soos volg:

       • ŉ Ontkiemende saailing is op ŉ nat sneesdoekie op ŉ skyf vasgesteek
         soos in die diagram getoon.
       • Die skyf is in ŉ vertikale/regop posisie in ŉ donker kamer geplaas.
       • Die saailinge is daagliks versigtig met water gespuit.
       • Na 4 dae is die skyf na die posisie wat in DIAGRAM 2 getoon word
         gedraai. Dit is vertikaal regop en stilgehou.
       • Na ŉ week is waarnemings gemaak en die groeirigting in die jong
         stam/loot en wortel is aangeteken.

                                                                    Draai die skyf
         Jong loot       A                                          kloksgewys en
                               Jong wortel                            hou dit stil.

                                             B

                        Skyf                                 Skyf

                      Stilstaande
                          skyf
                      DIAGRAM 1                        DIAGRAM 2

       2.4.1    Noem die verspreidingspatroon van die groeihormoon by:

                (a)     A                                                              (1)

                (b)     B                                                              (1)

       2.4.2    Verduidelik EEN rede waarom die skyf in ŉ donker kamer gehou is.       (2)

       2.4.3    Teken ŉ netjiese diagram om die groeirigting van die jong loot/stam
                en wortel in DIAGRAM 2 na ŉ week te toon.                              (3)

       2.4.4    Verduidelik die groeirigting van die jong wortel nadat dit in die
                posisie geplaas is, soos in DIAGRAM 2 getoon.                          (7)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

10                            LEWENSWETENSKAPPE V1                      (EC/SEPTEMBER 2023)

2.5   Die soutkonsentrasie in die bloed word deur aldosteroon beheer.

      2.5.1   Noem die klier wat aldosteroon afskei.                                    (1)

      2.5.2   Noem die stelsel in die liggaam waarvan die klier ŉ deel vorm.            (1)

      2.5.3   ŉ Persoon eet ŉ maaltyd met ŉ hoë soutinhoud.

              Verduidelik die verandering in die:

              (a)    Aldosteroonvlak in die bloed van die persoon                       (3)

              (b)    Samestelling van urien                                             (2)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/SEPTEMBER 2023)                                                   LEWENSWETENSKAPPE V1                              11

2.6    ŉ Ondersoek is gedoen om die effek van die duur van blootstelling aan
       selfoonbestraling op spermtelling te bepaal.

       Die prosedure was soos volg:

       •                                       100 gesonde, nie-rokende manlike vrywilligers wat nie alkohol drink nie, is
                                               gekies
       •                                       Die deelnemers was:
                                               - In 4 gelyke groepe verdeel, volgens die hoeveelheid tyd wat hulle hul
                                                 selfone per dag gebruik
                                               - Dieselfde tipe selfone gegee om te gebruik
                                               - Opdrag gegee om los onderklere vir ŉ week voor die versameling van
                                                 semen te dra
       •                                        Semen was individueel van elke deelnemer in die groep ingesamel
       •                                        Die gemiddelde spermtelling van elke groep is bepaal
       •                                        Die prosedure is elke 2 maande vir ŉ jaar herhaal

       Die resultaat van die ondersoek word in die onderstaande grafiek getoon:

                                                       GRAFIEK WAT DIE INVLOED VAN DIE DUUR VAN
                                                      BLOOTSTELLING AAN SELFOONBESTRALING OP
                                                                 SPERMTELLING TOON

       Die gemiddelde Spermtelling per groep
                                      100

                                               90

                                               80

                                               70

                                               60

                (arbitrêre eenhede)
                                               50

                                                            Groep 1         Groep 2          Groep 3          Groep 4
                                               40

                                               30

                                               20

                                               10

                                                0
                                                        0uur/dag       <2uur/dag      2–4uur/dag        >4uur/dag
                                                          Duur van blootstelling aan selfoonstraling per dag
                                                                      (in ure)

       2.6.1 Identifiseer die:

                                                (a)   Onafhanklike veranderlike                                              (1)

                                                (b)   Afhanklike veranderlike                                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                                                      Blaai om asseblief

### Page 12

12                           LEWENSWETENSKAPPE V1                      (EC/SEPTEMBER 2023)

       2.6.2 Hoeveel keer in ŉ jaar het hulle semenmonsters van elke groep
             deelnemers getoets?                                                       (1)

       2.6.3 Noem EEN manier waarop die ondersoeker die betroubaarheid van
             hierdie ondersoek verseker het.                                           (1)

       2.6.4 Noem DRIE veranderlikes wat konstant gehou moes word om die
             geldigheid van hierdie ondersoek te verbeter.                             (3)

       2.6.5 Gebruik die resultate van die grafiek om ŉ gevolgtrekking vir hierdie
             ondersoek te maak.                                                        (2)

       2.6.6 Gee ŉ rede waarom al die deelnemers opdrag gegee is om los
             onderklere, ŉ week voor die versameling van semen, te dra.               (2)
                                                                                     [50]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/SEPTEMBER 2023)                  LEWENSWETENSKAPPE V1                                13

VRAAG 3
3.1    Die diagram toon ŉ refleksboog.

                                             A

                                                             B         spyker

                                                                     Reseptor

                                                        C             Effektor
                                              D

       3.1.1 Gee die LETTER wat die sentrale senuweestelsel voorstel.                    (1)
       3.1.2 ’n Persoon het met sy voet op ’n spyker getrap en dit dadelik
             weggetrek.

               Beskryf die pad van die impuls tydens die refleksaksie vanaf die
               oomblik dat hy op die spyker getrap het totdat hy sy voet weggetrek
               het.                                                                      (5)
       3.1.3 In die diagram hierbo verteenwoordig A, B, C en D verskillende
             gebiede van die menslike senuweestelsel.

               In ŉ motorongeluk het verskillende mense verskillende senuwee-
               stelselbeserings opgedoen. By die hospitaal het die dokter ŉ stomp
               voorwerp gebruik om die voetsole van elke pasiënt liggies te vryf om
               vir senuweeskade te toets.

               Skryf slegs die korrekte LETTER vir elke stelling hieronder om die
               beskadigde gebied van die senuweestelsel aan te dui.
               (a) Die pasiënt kan die gevryf voel, maar kan nie sy voete beweeg
                   nie.                                                                  (1)
               (b) Die pasiënt kan nie die gevryf voel nie, maar is in staat om sy
                   voete te beweeg.                                                      (1)
               (c)    Die pasiënt kan nie die gevryf voel of sy voete beweeg nie         (1)
               (d) Die pasiënt kan nie die gevryf voel of sy boonste en onderste
                   ledemate beweeg nie.                                                  (1)
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

14                           LEWENSWETENSKAPPE V1                    (EC/SEPTEMBER 2023)

3.2   Die onderstaande diagram verteenwoordig die menslike middeloor.

      3.2.1   Noem die funksie van deel A.                                           (1)

      3.2.2   Beskryf die pad van ŉ klankstimulus EN die rol van die relevante
              strukture vanaf die trommelvlies tot by die serebrum.                  (7)

      3.2.3   Van watter deel van die liggaam beweeg lug in die middeloor in?        (1)

      3.2.4   Verduidelik waarom lug deur die buis B in die middeloor geforseer
              word wanneer die lugdruk buite die liggaam toeneem.                    (4)

3.3   Die onderstaande diagram stel twee broeilinge, kort nadat hulle uitgebroei
      het, voor.

                      A                                         B

      3.3.1 Noem die tipe ontwikkeling wat in A getoon word.                         (1)

      3.3.2 Gee EEN waarneembare rede vir jou antwoord op VRAAG 3.3.1.               (1)

      3.3.3 Verduidelik DRIE kenmerke van prekosiale voëls wat hulle in staat
            stel om in hul habitat te oorleef.                                       (6)

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 15

(EC/SEPTEMBER 2023)                 LEWENSWETENSKAPPE V1                                    15

3.4    Die onderstaande diagram verteenwoordig ŉ oog van ŉ persoon met
       bysiendheid.

          Voorwerp 10 m
          van die oog af

       3.4.1 Noem die struktuur van die oog wat die lig die meeste buig.                    (1)

       3.4.2 Gee TWEE strukturele defekte van die oog wat bysiendheid
             veroorsaak soos in die diagram waargeneem.                                     (2)

       3.4.3 Beskryf die visuele vermoë van ŉ persoon wat aan bysiendheid ly.               (2)

       3.4.4 Noem die tipe lens wat gebruik word om die visuele gebrek reg te stel.         (1)

       3.4.5 Die onderstaande tabel toon die voorkoms van bysiendheid onder
             12-jarige kinders in vyf lande.

                      NAAM VAN LAND                   12-JARIGE KINDERS MET
                                                          BYSIENDHEID (%)
               Singapoer                                        62
               Hongkong                                         53
               China                                            50
               Verenigde State van Amerika                      20
               Indië                                            10

               Teken ŉ staafgrafiek om die data in die tabel voor te stel.                  (6)

3.5    ŉ Persoon was in ŉ woestyn, sonder water, gestrand. Hy moes ŉ lang afstand
       stap om hulp te soek. Hy was baie dors en gedehidreer omdat hy oormatig
       gesweet het.

       Beskryf die homeostatiese meganisme wat die korrekte watervlak in sy bloed
       handhaaf.                                                                            (7)
                                                                                           [50]

                                                             TOTAAL AFDELING B:            100
                                                                 GROOTTOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

## Related documents

- [LIFE SCIENCES P1 QP SEPT2019 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-qp-sept2019-afrikaans-final/507e9f66-d103-4b88-8f92-e9436c3a40aa) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-qp-sept2017-afrikaans/bf87cb58-23d4-4b06-adf5-25fd58ae662a) — Life Sciences · QP · 2017 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P1 (Afrikaans) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/6ca916a7-2250-4497-9409-7188154ce36b) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P1 10832 (Afrikaans) Preperatory 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-10832-afrikaans-preperatory-2016-question-paper/f3d96818-aad0-4820-91c5-b7b9cea1287f) — Life Sciences · QP · 2016 · Afr
- [LIFE SCIENCES GR12 MEMO JUNE2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-gr12-memo-june2023-afrikaans/13160f50-20e6-4826-ae63-e352a478afd3) — Life Sciences · Memo · 2023 · Afr
- [LIFE SCIENCES P1 QP SEPT 2021 Xhosa D](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-qp-sept-2021-xhosa-d/bf73c123-831d-499a-9ecd-62ac37eff2bf) — Life Sciences · QP · 2021

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
