# Life Sciences Grade 12 P1 NSC June 2015 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2015 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-june-july-2015-afr/23f600db-701e-4222-9b66-a54dcf15d168
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P1 NSC June 2015 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-june-july-2015-afr/23f600db-701e-4222-9b66-a54dcf15d168)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · NSC June Exam · 2015. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                            LEWENSWETENSKAPPE V1

                                          2015

                                                                    PUNTE: 150

                                                                    TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                       2                                    DBE/2015
                                          SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.

1.       Beantwoord AL die vrae.

2.       Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan.

6.       ALLE sketse moet met potlood gemaak word en die byskrifte met blou of
         swart ink.

7.       Teken diagramme, vloeidiagramme of tabelle slegs wanneer dit gevra word.

8.       Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
         NIE.

9.       MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

10.      Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
         waar nodig.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                           3                                   DBE/2015
                                              SSE

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommer
         (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.

         1.1.1        Watter EEN van die volgende faktore sal voedselsekerheid laat
                      afneem?

                      A   Aanplant van meer vrugtebome
                      B   Toename in biodiversiteit
                      C   Toename in uitheemse plante
                      D   Beheerde gebruik van bemesting

         1.1.2        Watter gas wat by afvalterreine vrygestel         word    kan    vir
                      huishoudelike doeleindes gebruik word?

                      A   Koolstofdioksied
                      B   Suurstof
                      C   Koolstofmonoksied
                      D   Metaan

         1.1.3        Die gehoorsenuwee vervoer impulse na die ...

                      A   serebrum en medulla oblongata.
                      B   serebrum en serebellum.
                      C   serebellum en medulla oblongata.
                      D   serebrum en corpus callosum.

         1.1.4        Watter EEN van die volgende is 'n kenmerk van uitwendige
                      bevrugting?

                      A   Kopulasie vind plaas.
                      B   'n Groot hoeveelheid eiers word geproduseer.
                      C   Die embrio word in die vroulike liggaam beskerm.
                      D   Sperm word in die vroulike liggaam vrygestel.

         1.1.5        Tydens 'n 400 meter-resies sal die outonome senuweestelsel van
                      'n atleet die ... laat afneem.

                      A   hartklop
                      B   bloedvloei na die ingewande
                      C   bloedvloei na die spiere
                      D   asemhalingstempo

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                            4                                   DBE/2015
                                               SSE

VRAAG 1.1.6 en 1.1.7 verwys na die diagramme hieronder wat verskillende fases van
meiose illustreer.

         1.1.6        Die korrekte volgorde van die diagramme hierbo is ...

                      A   1, 2, 3, 4, 5.
                      B   3, 5, 1, 4, 2.
                      C   1, 3, 4, 2, 5.
                      D   3, 1, 5, 2, 4.

         1.1.7        In watter EEN van die fases hierbo sal ewekansige/toevallige
                      rangskikking van chromosome op die ewenaar plaasvind?

                      A   3
                      B   1
                      C   5
                      D   4

         1.1.8        'n Ekstraksie van 'n klier van 'n volwasse aap is in die bloedstroom
                      van 'n jong apie ingespuit. Dit het veroorsaak dat die jong apie
                      abnormaal lank geword het. Uit watter klier is die ekstraksie
                      geneem?

                      A   Hipotalamus
                      B   Bynier/Adrenale klier
                      C   Hipofise/Pituïtêre klier
                      D   Pankreas

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                           5                                     DBE/2015
                                              SSE

         1.1.9        Wanneer 'n persoon deur 'n kwaai hond gejaag word, sal ...

                      A   insulien- en glukagonvlakke afneem.
                      B   adrenalien- en tiroksienvlakke toeneem.
                      C   FSH- en tiroksienvlakke toeneem.
                      D   adrenalien- en insulienvlakke afneem.

         1.1.10       Watter EEN van die volgende sal 'n gevolg wees indien 'n persoon
                      'n groot volume water gedrink het?

                                                 HERABSORPSIE
                            HOEVEELHEID           VAN WATER            VOLUME URINE
                            ADH AFGESKEI           VANUIT DIE          GEPRODUSEER
                                                   NIERBUISIE
                      A          Afname              Afname                Toename
                      B          Afname             Toename                 Afname
                      C         Toename              Afname                Toename
                      D         Toename             Toename                 Afname
                                                                                 (10 x 2)           (20)

1.2      Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
         Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.9) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.2.1        Die verskeidenheid plant- en dierespesies op die Aarde

         1.2.2        Die membraan wat klankvibrasies na die binne-oor gelei

         1.2.3        Die voortplantingstrategie waar die ontwikkeling van die kleintjie in
                      die uterus van die ma plaasvind

         1.2.4        Die voortplantingsbuis by mans wat die testis met die uretra
                      verbind

         1.2.5        Die voortplantingstrategie waartydens eiers gelê word

         1.2.6        Verdeling van die sitoplasma tydens seldeling

         1.2.7        Die toegang, vir alle mense te alle tye, tot genoeg, veilige en
                      voedsame kos

         1.2.8        Die deel van die oor wat die druk aan albei kante van die
                      timpaniese membraan dieselfde hou

         1.2.9        'n Defektiewe toestand in die oog waar 'n persoon naby voorwerpe
                      duidelik kan sien terwyl voorwerpe wat ver is, dof is     (9 x 1)             (9)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                            6                                     DBE/2015
                                               SSE

1.3      Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS
         A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie.
         Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer
         (1.3.1 tot 1.3.4) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                          KOLOM I                                  KOLOM II
          1.3.1   Gestimuleer deur veranderinge       A:   Makulae
                  in die posisie van die kop          B:   Kristae
          1.3.2   Vind tydens akkommodasie vir        A:   Suspensoriese ligamente verslap
                  afstandsvisie plaas                 B:   Lens word minder konveks
          1.3.3   Vind in dowwe lig in die iris       A:   Siliêre spiere ontspan
                  plaas                               B:   Radiale-/Lengtespiere trek saam
          1.3.4   'n Jong voëltjie is hulpeloos       A:   Prekosiële ontwikkeling
                  direk nadat dit uitgebroei het      B:   Altrisiële ontwikkeling
                                                                                   (4 x 2)         (8)

1.4      Bestudeer die diagram hieronder van 'n lengtesnee deur 'n menslike oog.

                         A

                     B                                                            F

                                                                                  E
                     C

                                                                                  D

         1.4.1           Benoem deel A, B en E.                                                    (3)

         1.4.2           Gee slegs die LETTER van die deel wat:

                         (a) Die delikate inwendige strukture beskerm                              (1)

                         (b) Impulse na die serebrum vervoer                                       (1)

                         (c) Melkerig of dof word soos 'n mens ouer word en lei tot 'n
                             afname in visie                                                       (1)

                         (d) Saamtrek of verslap wanneer die afstand van 'n voorwerp
                             vanaf die oog verander                                                (1)
                                                                                                   (7)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                         7                                  DBE/2015
                                            SSE

1.5      Bestudeer die diagram hieronder wat 'n fase van meiose toon.

                                                                           A

                                                                           B

                                                                           C

         1.5.1        Identifiseer:

                     (a) Gedeelte A                                                            (1)

                     (b) Deel B                                                                (1)

                     (c) Deel C                                                                (1)

                     (d) Fase van meiose                                                       (1)

                     (e) Proses wat tydens hierdie fase van meiose plaasvind                   (1)

         1.5.2        Voorspel wat sou gebeur indien die proses soos geïdentifiseer in
                      VRAAG 1.5.1(e) hierbo NIE plaasgevind het NIE.                           (1)
                                                                                               (6)

                                                              TOTAAL AFDELING A:               50

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                            8                                  DBE/2015
                                               SSE

AFDELING B

VRAAG 2

2.1      Bestudeer die diagram hieronder van 'n snit deur die menslike rugmurg en die
         neurone wat by 'n refleksboog betrokke is.

         2.1.1        Definieer 'n refleksaksie.                                                  (2)

         2.1.2        Identifiseer neuron A, B en C.                                              (3)

         2.1.3        Skryf slegs die LETTER neer van die neuron (A of C) wat
                      waarskynlik beskadig is indien 'n persoon:

                     (a) Die prikkel/stimulus kan voel, maar nie daarop kan reageer nie           (1)

                     (b) In staat is om te loop, maar geen prikkel/stimulus kan
                         waarneem nie                                                             (1)

         2.1.4        Noem die belangrikheid van 'n refleksaksie by mense.                        (1)
                                                                                                  (8)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                          9                                        DBE/2015
                                             SSE

2.2      Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                 OEFENING EN SPERMTELLING

         Navorsing is gedoen om die invloed wat lewenstyl op die spermtelling van
         jong mans het, te bepaal. Tydens hierdie studie het 189 jong manstudente
         van 'n universiteit in New York vraelyste in verband met hulle fisiese
         aktiwiteite, dieet, spanning en ander faktore wat hulle lewenstyl beïnvloed,
         voltooi. Elke manstudent het toe 'n semenmonster gegee.

         Die resultate het getoon dat die manstudente wat meer as 15 uur 'n week
         geoefen het, se spermtelling 73 persent hoër was as dié wat minder as 5 uur
         'n week geoefen het.

         'n Tweede ondersoek het getoon dat mans wat meer as 20 uur 'n week TV
         kyk in plaas daarvan om te oefen, se spermtelling 44 persent laer was as die
         mans wat min of geen TV gekyk het nie.

         'n Persoon wat oefen, skei meer antioksidant-ensieme af wat kan voorkom
         dat 'n natuurlike proses, bekend as oksidatiewe spanning, selmembrane in
         die liggaam beskadig. Hierdie skade kan die vorming van nuwe sperms
         versteur. Wanneer iemand TV kyk of sit, word die skrotum teen die liggaam
         vasgedruk wat die omgewing van die testis warmer maak en die vorming van
         nuwe sperms moontlik kan voorkom.
                                       [Aangepas uit National Geographic News, Februarie 2013]

         2.2.1        Noem die spesifieke meiotiese proses wat vir die vorming van
                      spermselle verantwoordelik is.                                                  (1)

         2.2.2        Verduidelik waarom 'n hoë temperatuur in die omgewing van die
                      testis die vorming van nuwe sperms kan voorkom.                                 (2)

         2.2.3        Gee 'n algemene gevolgtrekking wat uit die resultate van die eerste
                      ondersoek gemaak kan word.                                                      (2)

         2.2.4        Noem EEN manier waarop die betroubaarheid van hierdie studie
                      verhoog kan word.                                                               (1)

         2.2.5        Teken 'n benoemde diagram om die bou van 'n spermsel aan te
                      toon.                                                                           (4)
                                                                                                      (10)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                          10                                       DBE/2015
                                             SSE

2.3      Studies het getoon dat, wanneer die alkoholinhoud van die bloed
         0,1 mg/100 ml oorskry, 'n persoon stadiger motoriese koördinasie toon, asook
         swak oordeelsvermoë en gehoor het.

         'n Ondersoek is uitgevoer om die invloed van die alkoholinhoud van bloed op
         reaksietyd te bepaal. Die reaksietyd is getoets deur die tyd wat dit 'n
         motorfietsryer geneem het om te rem, te meet.

         Die resultate word in die tabel hieronder getoon.

             ALKOHOLINHOUD VAN DIE                       REAKSIETYD OM TE REM
                BLOED (mg/100 ml)                                 (s)
                       0                                         0,572
                      0,15                                       0,585
                      0,25                                       0,610
                                                             [Aangepas uit www-nrd.nhtsa.dot.gov]

         2.3.1        Bereken hoeveel langer (in sekondes) dit die motorfietsryer
                      geneem het om te rem toe daar 0,25 mg/100 ml alkohol in sy bloed
                      was in vergelyking met toe daar geen alkohol in sy bloed was nie.               (2)

         2.3.2        Beskryf die algemene verwantskap tussen die alkoholinhoud van
                      die bloed en die reaksietyd om te rem.                                          (2)

         2.3.3        Verduidelik waarom swak oordeelsvermoë van 'n motoris tot 'n
                      ongeluk kan lei.                                                                (2)

         2.3.4        Identifiseer die deel van die brein wat deur alkohol beïnvloed word
                      en tot die volgende lei:

                      (a)   Gehoor word beïnvloed                                                     (1)

                      (b)   Verlies van oordeelsvermoë                                                (1)

                      (c)   Motoriese koördinasie word beïnvloed                                      (1)

         2.3.5        Verduidelik die doel daarvan om die remreaksie van die
                      motorfietsryer te meet toe die alkoholinhoud van die bloed
                      0 mg/100 ml was.                                                                (2)
                                                                                                      (11)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                            11                                   DBE/2015
                                               SSE

2.4      Lerato het 'n ondersoek uitgevoer om die invloed wat oefening op
         veltemperatuur het, te bepaal.

         Sy het 100 leerders in haar skool gevra om aan die ondersoek deel te neem.
         Die steekproef het uit 100 meisies van dieselfde ouderdom bestaan.

         Die ondersoek is soos volg uitgevoer:

         •       Die leerders is in twee groepe van 50 elk (Groep A en B) ingedeel.
         •       Die veltemperatuur van al die deelnemers is gemeet.
         •       Groep A is gevra om vir 10 minute om die sportveld te hardloop.
         •       Groep B is gevra om vir 10 minute op die banke langs die sportveld te
                 bly sit.

         Na 10 minute is al die deelnemers se veltemperatuur gemeet en die
         gemiddeld is vir elke groep (A en B) bereken.

         2.4.1        Vir hierdie ondersoek, identifiseer die:
                      (a)   Onafhanklike veranderlike                                             (1)

                      (b)   Afhanklike veranderlike                                               (1)

         2.4.2        Noem TWEE stappe wat Lerato tydens die beplanningstadium van
                      die ondersoek in ag geneem het.                                             (2)

         2.4.3        Wat is die verwagte resultate vir die deelnemers in groep A?                (1)

         2.4.4        Noem EEN faktor wat Lerato tydens die ondersoek konstant gehou
                      het.                                                                        (1)

         2.4.5        Watter van die twee groepe (A of B) sal meer sweet vrystel?                 (1)

         2.4.6        Verduidelik waarom sweetproduksie by die           groep   wat     in
                      VRAAG 2.4.5. geïdentifiseer is, sal toeneem.                                (4)
                                                                                                  (11)
                                                                                                  [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                         12                                    DBE/2015
                                            SSE

VRAAG 3

3.1      Die tabel hieronder toon die konsentrasie van absissiensuur en gibberelliene
         in ontkiemende sade oor 'n tydperk van 10 dae aan.

                                      HORMOONKONSENTRASIE IN ONTKIEMENDE
                  TYD
                                            SADE (ARBITRÊRE EENHEDE)
                 (DAE)
                                       ABSISSIENSUUR        GIBBERELLIENE
                     0                       20                   0
                     2                       8                    1
                     4                       4                    4
                     6                       3                    7
                     8                       2                   10
                     10                      1                   12
                                                     [Aangepas uit Biology Cambridge, 2013]

         3.1.1   Teken 'n lyngrafiek om die veranderinge in die konsentrasie van
                 absissiensuur oor die tydperk van die ondersoek aan te dui.                      (6)

         3.1.2   Noem wat met die konsentrasie van elk van die volgende hormone oor
                 die tydperk van die ondersoek gebeur het:

                 (a)      Absissiensuur                                                           (1)

                 (b)      Gibberelliene                                                           (1)
                                                                                                  (8)

3.2      Verduidelik die groeireaksie van 'n plant wanneer die stingel blootgestel word
         aan lig wat slegs van een kant af kom.                                                   (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                           13                                DBE/2015
                                              SSE

3.3      Bestudeer die vloeidiagram hieronder wat die reaksie van 'n endokriene klier
         op verandering in die hoeveelheid glukose wat in bloed voorkom, toon.

                                         Glukosevlak

                             Te HOOG                     Te LAAG

                                      Waargeneem deur 'n
                                       endokriene klier

                            Hormoon 1                   Hormoon 2

                             Reaksie                         Reaksie

         3.3.1        Definieer die term endokriene klier.                                      (2)

         3.3.2        Identifiseer:

                      (a)   Hormoon 1                                                           (1)

                      (b)   Hormoon 2                                                           (1)

         3.3.3        Noem die klier wat hormoon 1 en hormoon 2 vrystel.                        (1)

         3.3.4        Verduidelik die gevolge vir 'n persoon indien die klier wat in
                      VRAAG 3.3.3 genoem is, nie daarin slaag om hormoon 1 vry te
                      stel nie.                                                                 (4)
                                                                                                (9)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                           14                                       DBE/2015
                                              SSE

3.4      Energie in Suid-Afrika word hoofsaaklik deur steenkoolkragstasies opgewek.
         Die sirkelgrafiek hieronder toon die energieverbruik deur verskillende sektore
         in 'n Suid-Afrikaanse stad in 2007.

                         Energieverbruik deur verskillende sektore in 'n stad

                                              Ander
                                               6%

                                                      Residensieel
                                                          X%

                                    Vervoer                  Industrieel
                                     45%                        17%

                                                       Kommersieel
                                                          14%

                                            [Aangepas uit Energy scenarios for CT to – 2050, 2011]

         3.4.1        Bepaal die waarde van X. Toon ALLE berekeninge.                                  (2)

         3.4.2        Watter sektor in hierdie stad verbruik die meeste energie?                       (1)

         3.4.3        Die energieverbruik in die residensiële gebiede in hierdie stad het
                      in 2009 met 3% gestyg. Gee TWEE moontlike redes vir hierdie
                      styging.                                                                         (2)

         3.4.4        Verduidelik die impak van die verhoogde verbruik van energie,
                      wat deur steenkoolkragstasies opgewek word, op klimaats-
                      veranderinge.                                                                    (4)

         3.4.5        Suid-Afrika, soos baie ander lande, het 'n verklaring onderteken
                      om sy CO 2 -vrystellings oor 'n tydperk te verminder.

                      Verduidelik TWEE strategieë wat die Suid-Afrikaanse regering kan
                      implementeer om hierdie verlaging in CO 2 -vrystellings te bereik.               (4)
                                                                                                       (13)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                         15                                DBE/2015
                                            SSE

3.5      Waterhiasint is 'n indringer- uitheemse spesie. Dit groei en dryf in damme en
         mere. Dit is 'n snelgroeiende spesie wat die hele dam of meer kan indring,
         bedek en oorvat.

         3.5.1        Wat word bedoel met indringer- uitheemse spesie?                    (2)

         3.5.2        Verduidelik TWEE maniere hoe uitheemse plante, soos die
                      waterhiasint, die balans in ekosisteme kan versteur.                (4)
                                                                                          (6)
                                                                                          [40]

                                                              TOTAAL AFDELING B:          80

AFDELING C

VRAAG 4

Beskryf die interaksie en die invloed van hormone op die gebeure tydens die
menstruele siklus.
                                                                    Inhoud:               (17)
                                                                    Sintese:              (3)

LET WEL:     GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van
             vloeidiagramme, diagramme of tabelle nie.

                                                              TOTAAL AFDELING C:          20
                                                                  GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Life Sciences P1 Nov 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2015-eng/7dd0fbbe-9034-4c26-b59e-2b3065a119d0) — Life Sciences · QP · 2015 · Eng
- [Gr 12 Life Sciences P1 (English) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-life-sciences-p1-english-june-2024-question-paper/4fc6ccbd-0c7e-4401-885a-2cf93f82dfd5) — Life Sciences · QP · 2024 · Eng
- [Life Sciences P1 May June 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-may-june-2022-eng/88be2a14-1b51-47ea-bec4-810a3bbfd3b4) — Life Sciences · QP · 2022 · Eng
- [Life Sciences P1 May June 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-may-june-2019-eng/b144aa01-02ec-4195-99cc-5ac17d9aff9c) — Life Sciences · QP · 2019 · Eng
- [Life Sciences P1 May June 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-may-june-2019-afr/bf964714-bd3d-49d5-8af3-4c9d54303789) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [Life Sciences P1 May June 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-may-june-2016-eng/4addd979-3df3-4173-8efe-c084d7b2b2d0) — Life Sciences · QP · 2016 · Eng

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
